# Economics Grade 12 Paper 1 NSC June 2019 Memo (Afrikaans)

> Grade 12 Economics Paper 1 memorandum from the NSC June Exam 2019 (Afrikaans), 21 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-may-june-2019-memo-afr/9323a943-cd0c-4978-bf35-1d81c0a0acac
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Economics
- Grade: Grade 12
- Document type: Memorandum
- Year: 2019
- Exam period: NSC June Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 21

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/economics) › [Economics Grade 12 Paper 1 NSC June 2019 Memo (Afrikaans)](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-may-june-2019-memo-afr/9323a943-cd0c-4978-bf35-1d81c0a0acac)

## About this document

Economics · Grade 12 · NSC June Exam · 2019. Memorandum, 21 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                 SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
            NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                                    EKONOMIE V1

                                          2019

                                  NASIENRIGLYNE

                                                                       PUNTE: 150

                      Hierdie nasienriglyne bestaan uit 21 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                     2                                      DBE/2019
                                      SS/NSS – Nasienriglyne

AFDELING A (VERPLIGTEND)
VRAAG 1
1.1      MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE
         1.1.1        B – faktor 
         1.1.2        C – spesialiseer 
         1.1.3        A – drie 
         1.1.4        A – hoë vraag na krediet 
         1.1.5        C – ekonomiese groei 
         1.1.6        B – kritieke infrastruktuur 
         1.1.7        D – produksieprysindeks 
         1.1.8        D – fiskale                                                  (8 x 2)         (16)

1.2      BYPASSENDE ITEMS
         1.2.1        H – 'n klein aanvanklike styging in besteding lei tot 'n proporsioneel
                           groter toename in totale inkomste 

         1.2.2        A – as 'n staatsbeheerde besigheid aan 'n private sektor
                          sakeonderneming verkoop word 

         1.2.3        E – hoë kwaliteit standaarde word ingestel wat die invoer van
                          goedere bemoeilik 

         1.2.4        F – die waarde van 'n geldeenheid in terme van 'n ander, soos
                          bepaal deur markkragte 

         1.2.5        D – internasionale instelling wat opgerig is om herstel en
                           ontwikkeling te bevorder 

         1.2.6        I – 'n nywerheidsgebied wat fisies omhein is en aan 'n hawe of 'n
                          lughawe grens 

         1.2.7        B – bring benadeelde groepe op 'n gelyke vlak van aanstelling,
                          bevordering en ander aspekte van indiensneming 

         1.2.8        G – meet veranderinge in pryse van 'n gemiddelde mandjie
                          goedere en dienste wat deur 'n verbruiker aangekoop word 
                                                                                (8 x 1)              (8)

1.3      GEE DIE TERM
         1.3.1        Bruto binnelandse produk 
         1.3.2        Ekstrapolasie 
         1.3.3        Betalingsbalans 
         1.3.4        Ekonomiese ontwikkeling 
         1.3.5        Desentralisasie 
         1.3.6        Amplitude                                                      (6 x 1)        (6)

                                                                  TOTAAL AFDELING A:                 30

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                        3                                             DBE/2019
                                         SS/NSS – Nasienriglyne

AFDELING B
Beantwoord enige TWEE              van     die   drie   vrae      in   hierdie   afdeling   in    die
ANTWOORDEBOEK.
VRAAG 2: MAKRO-EKONOMIE
2.1      Beantwoord die volgende vrae.
         2.1.1       Noem enige TWEE monetêre beleidsinstrumente wat deur die
                     Suid-Afrikaanse Reserwebank gebruik word.
                     •    Rentekoerse 
                     •    Kontantreserwevereistes 
                     •    Opemarktransaksies 
                     •    Morele oorreding 
                     •    Wisselkoersbeheer                                                (2 x 1)         (2)
         2.1.2       Wat is die doel van die tendenslyn van 'n sakesiklus?
                     Die tendens dui die algemene rigting aan waarin indekse wat in die
                     sakesiklus gebruik word, beweeg 
                     (Aanvaar enige ander korrekte relevante respons)          (1 x 2)                      (2)

2.2      DATARESPONS
         2.2.1       Wat word in die diagram hierbo uitgebeeld?
                     Ekonomiese kringloopmodel / Tweesektor-ekonomie                                       (1)

         2.2.2       Identifiseer EEN voorbeeld van 'n reële vloei.
                     Goedere en dienste/Produksiefaktore                                                   (1)

         2.2.3       Beskryf kortliks die term produkmark.
                     Die mark waar finale verbruiksgoedere en dienste verhandel (koop
                     en verkoop) 
                     (Aanvaar enige ander korrekte relevante respons)                                       (2)
         2.2.4           Wat kan die Minister van Finansies doen om ekonomiese
                         aktiwiteite in Suid-Afrika te bevorder?
                         Die minister kan:
                         • meer vertroue te skep in makro-ekonomiese beleide tussen al
                            die rolspelers in die ekonomie 
                         • 'n beleggingsvriendelike wetgewing ontwikkel wat geleenthede
                            skep vir deelnemers met die nodige vermoë bv. KMMOs 
                         • toesien dat SA-ekonomie funksioneer in 'n wêreldekonomie
                            eerder as 'n geslote een 
                         • wette maak wat deelname toelaat 
                         • navorsing doen op verskeie vlakke om ekonomiese aktiwiteite
                            te bevorder 
                            (Aanvaar enige ander korrekte relevante respons)
                            (Aanvaar response wat die heffing van direkte en indirekte
                             belasting insluit asook owerheidsbesteding)                                    (2)

Kopiereg voorbehou                                                                     Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                     4                                     DBE/2019
                                      SS/NSS – Nasienriglyne

         2.2.5       Hoe kan die buitelandse direkte investering (BDI) die nasionale
                     inkome beïnvloed?
                     ‘n Styging in BDI sal die nasionale inkome positief beïnvloed deur:
                     • meer investering (‘n inspuiting in die ekonomiese kringloop) wat
                          produksie sal verhoog 
                     • stygende indiensneming geleenthede wat sal lei tot ‘n groter
                          vraag na goedere en dienste 
                     • 'n styging in die totale vraag (vermenigvuldiger effek) 
                          (Aanvaar enige ander korrekte relevante respons)          (2 x 2)         (4)
                          (Ken punte toe vir antwoorde as kandidate die bogenoemde
                           verduidelik het op ‘n negatiewe wyse)

2.3      DATARESPONS

         2.3.1        Noem EEN kenmerk van die trog van 'n sakesiklus.

                      •   minder sake-aktiwiteite 
                      •   vermindering in bestedingspatrone 
                      •   hoë werkloosheid 
                      •   daling in winste 
                      •   ekonomie word vertraag / afname in ekonomiese aktiwiteite 
                      •   rentekoerse daal 
                          (Aanvaar enige ander korrekte relevante respons)                          (1)

         2.3.2        In watter sektor funksioneer die landbou?

                      Primêre                                                                      (1)

         2.3.3        Beskryf kortliks die term sakesiklus.

                      Die sakesiklus toon fluktuasies (inkrimping en uitbreiding) van
                      ekonomiese aktiwiteite 
                      (Aanvaar enige ander korrekte relevante respons)                              (2)

         2.3.4        Watter ekonomiese oorspoeleffekte kan ontstaan as gevolg
                      van die 2,5% BBP-groei?

                      •   Groter indiensneming in die ekonomie 
                      •   Meer investering in kapitaalintensiewe produksiemetodes 
                      •   Groter deelname aan die ekonomie 
                      •   Verhoogde verbruik en produktiwiteit 
                      •   Dit kan hoër inflasie skep 
                      •   Negatiewe fluktuasies in die lande se wisselkoerse (uitvoere
                          kan negatief beïnvloed word) 
                      •   Inflasie kan styg as gevolg van ‘n hoër aanbod 
                      •   Styging in rentekoerse 
                          (Aanvaar enige ander korrekte relevante respons)
                          (Aanvaar 'n negatiewe respons indien gemotiveer)                          (2)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                   5                                     DBE/2019
                                    SS/NSS – Nasienriglyne

         2.3.5        Hoe kan die mynbousektor ekonomiese groei stimuleer?

                      Mynbou kan ekonomiese groei verder stimuleer deur:
                      • verbeterde produksietegnieke wat produksie en uitvoere sal
                        verhoog en produksiekoste verlaag 
                      • stimulering van nywerhede verwant aan vervaardiging bv. die
                        staal- en ingenieursbedrywe 
                      • finalisering en implementering van 'n wêreldwye aanvaarde
                        mynbeleid wat meer investering sal lok 
                      • vermindering van arbeidsaksies deur toepaslike loon
                        onderhandelinge 
                      • motivering van werkers met die hulp van produksie-aansporings
                        as ekstra inkomste 
                        (Aanvaar enige ander korrekte relevante respons)      (2 x 2)             (4)

2.4     Beskryf kortliks inkomevlakke en voorkeur en smaak as vraagredes vir
        internasionale handel.

        Inkomevlakke:
        • Veranderinge in inkomste veroorsaak ’n verandering in die vraag na goedere
            en dienste 
        • Verbruikbare inkomste mag byvoorbeeld styg as gevolg van laer belasting of
            hoë indiensneming van produksiefaktore wat lei tot verhoogde
            verbruiksbesteding 
        • Hoër inkomste skep meer behoeftes, begeertes en gevolglik groter vraag na
            'n groter verskeidenheid goedere selfs as dit nodig is om die goedere van
            oorsee af in te voer 
        • 'n styging in die per capita inkomste van mense lei tot meer verbruikbare
            inkomste wat spandeer kan word aan plaaslike goedere en dienste, waarvan
            sommige ingevoer moet word                                     (Maks 4)

        Voorkeur en smaak:
        • Nie al die goedere waarvoor daar 'n aanvraag bestaan, word in 'n land
            geproduseer nie 
        • Verbruikersvoorkeur en smaak speel 'n beslissende rol in die vraag na
            goedere van ander lande 
        • As verbruikers in China 'n voorkeur vir tee het en verbruikers in Amerika het
            'n voorkeur vir koffie, sal die relatiewe pryse van tee en koffie tussen hierdie
            lande verskil 
        • Dit word beïnvloed deur internasionale migrasie in terme van geloof en
            leefstyle                                                            (Maks 4)
           (Aanvaar enige ander korrekte relevante respons)                          (2 x 4)            (8)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                 6                                   DBE/2019
                                  SS/NSS – Nasienriglyne

2.5     Evalueer belasting as deel van die owerheidstrategie om die ekonomie te
        laat groei.

        Die owerheid stimuleer ekonomiese aktiwiteite deur belasting, met die:
        • verskaffing van belastingaansporings aan uitvoer-gedrewe produsente 
        • styging in die aantal zero-koers produkte wat verbruik verhoog 
        • behoud van maatskappybelasting teen laer vlakke 
        • vermindering van invoerregte op kapitaalgoedere wat uiteindelik geen
            negatiewe uitwerking op binnelandse pryse sal hê nie 
        • vermindering van die belastingkoers vir buitelandse beleggers as 'n
            aansporing op inwaartse investering                              (Maks 4)

        Belasting onderdruk ekonomiese aktiwiteite met 'n styging in die:
        • BTW-koers wat definitief besteding op noodsaaklike goedere sal beperk by
           laer inkomstegroepe en 'n negatiewe uitwerking sal hê op produksie 
        • Persoonlike inkomstebelasting van individue wat werkers sal ontmoedig in
           hoër inkomstegroepe om uitgebreide ure te werk 
        • Brandstofheffings wat uiteindelik sal lei tot hoër produksiekoste wat 'n
           negatiewe uitwerking sal hê op totale vraag van ekonomiese goedere en
           dienste 
        • Aksynsregte wat landbouproduksie onderdruk omdat daar 'n laer vraag na
           invoere bestaan                                                   (Maks 4)       (8)
           (Aanvaar enige ander korrekte relevante respons)
           (Ken 'n maksimum van 2 punte toe vir blote opnoem van feite / voorbeelde)
                                                                                              [40]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                    7                                      DBE/2019
                                     SS/NSS – Nasienriglyne

VRAAG 3: EKONOMIESE STREWES

3.1      Beantwoord die volgende vrae.

         3.1.1        Noem enige TWEE sake wat deur die Noord/Suidverdeling
                      aangespreek word.

                      • Oneweredige lewenstandaarde 
                      • Uitdagings van globalisering 
                      • Omgewingskwessies 
                      • Volhoubare ontwikkeling 
                      (Aanvaar enige ander korrekte relevante respons)              (2 x 1)         (2)

         3.1.2        Hoe sal 'n verbetering in produktiwiteit                 buitelandse
                      investering in Suid-Afrika bevoordeel?

                      Wanneer 'n produsent addisionele eenhede van 'n goed teen 'n
                      laer ekstra koste as ander in die nywerheid kan produseer, mag dit
                      lei tot minder produksiefaktore wat benodig word om dieselfde
                      produksie-uitset en te lewer en kan dit werkloosheid laat styg 
                      (Aanvaar enige ander korrekte relevante respons)              (1 x 2)         (2)

3.2      DATARESPONS

         3.2.1        Noem    EEN     ongelykheid   wat   deur           die    nasionale
                      ontwikkelingsplan aangespreek moet word.

                      •   Armoede 
                      •   Werkloosheid 
                      •   Vaardigheidsontwikkeling 
                      •   Onderwys 
                      •   Lewenstandaard 
                      •   Verspreiding van inkomste en welvaart 
                          (Aanvaar enige ander korrekte relevante respons)                          (1)

         3.2.2        Watter ekonomiese aanwyser meet die lewenstandaard van 'n
                      gemeenskap?

                      Reële per capita BBP / Inkome per capita                                     (1)

         3.2.3        Beskryf kortliks die term indiensneming.

                      Die aantal mense in 'n ekonomie wat dienste verskaf teen betaling
                      onder kontrak sowel as persone self-indiens / die aantal mense in
                      diens as persentasie van die EAB / iemand wat werk en in staat is
                      om waarde tot hul gemeenskap of land toe te voeg en bydra tot die
                      ekonomie 
                      (Aanvaar enige ander korrekte relevante respons)                              (2)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                   8                                   DBE/2019
                                    SS/NSS – Nasienriglyne

         3.2.4        Hoekom moet die owerheid op kleinsake-ontwikkeling fokus
                      om die groot werkloosheidsprobleem op te los?

                      •   Klein ondernemings het die kapasiteit om werk te skep en
                          geniet langtermyn voorspoed in die land as geheel 
                      • Entrepreneurskap word gesien as ‘n manier om volhoubare
                          ekonomie in die toekoms te verseker met laer werkloosheid
                          koerse 
                      • Dra by tot die BBP van die land sowel as streeksgroei deur op
                          jeug-indiensnemingsubsidies te fokus om die jeug se
                          werkloosheidskoers te verlaag 
                      (Aanvaar enige ander korrekte relevante respons)                          (2)

         3.2.5        Hoe sal die sukses van die NOP die ekonomie bevoordeel?

                      Die NOP sal die ekonomie bevoordeel deur die verbetering van:
                      • ekonomiese groei deur werkskepping 
                      • lewenstandaarde en kleiner afhanklikheid van sosiale toelaes
                         
                      • ekonomiese integrasie binne en buite grense van die land 
                      • kwaliteit uitset in beide goedere en dienste 
                      • ekonomiese doeltreffendheid – hoër produktiwiteit – hoër winste
                         
                      • beleggingsvertroue – investerings – meer produksie-eenhede
                                                                              (2 x 2)         (4)
                      (Aanvaar enige ander korrekte relevante respons)

3.3      DATARESPONS

         3.3.1        Waarvoor staan die akroniem BBSEB?

                      Breëbasis swart ekonomiese bemagtiging                                   (1)

         3.3.2        Watter staatsdepartement is verantwoordelik om te verseker
                      dat die BBSEB-beleid 'n werklikheid word?

                      Departement van handel en nywerheid / DHN                                (1)

         3.3.3        Beskryf kortliks die term nywerheidsontwikkeling.

                      Die buitengewone ontwikkeling van georganiseerde ekonomiese
                      aktiwiteite met die doel om vervaardiging te skep, mynbou,
                      landbou- en dienstebedryf 
                      (Aanvaar enige ander korrekte relevante respons)                          (2)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                    9                                   DBE/2019
                                     SS/NSS – Nasienriglyne

         3.3.4        Watter positiewe rol speel die Nywerheidsbeleid-aksieplan
                      (NBAP) in swart ekonomiese bemagtiging?

                      NBAP sal ‘n positiewe rol in swart ekonomiese bemagtiging speel
                      deur:
                      • te fokus op baie sektore (klerasie, tekstiele, motors, toerisme)
                         wat ‘n geleentheid aan die benadeeldes gee om aktief aan die
                         ekonomie deel te neem 
                      • nuwe SEB-besigheidsondernemings deur raad en toegang tot
                         finansiering te gee 
                      • verskaffing van vaardigheids-ontwikkelingsprogramme aan
                         SEB-entrepreneurs veral in die arbeidsintensiewe bedrywe 
                        (Aanvaar enige ander korrekte relevante respons)                         (2)

         3.3.5        Wat kan gedoen word om die toetrede                  van    swart
                      entrepreneurs tot besighede te bevorder?
                      Toetrede van swart entrepreneurs in besighede kan bevorder word
                      deur:
                      • inisiëring van behoorlike en effektiewe wetgewing (voorkeur
                          verkryging) 
                      • ondersteuning van         huise    of  kamers     wat  gelyke
                          verteenwoordiging in die ekonomie voorstaan 
                      • behoorlike onderwys, opleiding en mentorskap vir almal te
                          verseker 
                      • aanbieding van finansiële ondersteuning waar nodig 
                      • die nakom van SEB programme te monitor deur wetgewing
                          (Aanvaar enige ander korrekte relevante respons)     (2 x 2)           (4)

3.4      Bespreek kortliks die aanbodkant-benadering in die bevordering van
         ekonomiese groei.
         •   Die aanbodkant benadering se doelwit is hoër ekonomiese groei deur die
             ekonomiese vermoë om goedere en dienste te lewer, te verbeter 
         • Owerheidsinmenging se doelwit is om 'n gladde werksverrigting vir
             markte te fasiliteer om groei en ontwikkeling te stimuleer 
         • Dit sluit enigiets in wat die totale aanbod van goedere en dienste
             beïnvloed, met die fokus op mikro-ekonomiese komponente  bv.
             mededinging en potensiële uitset 
         • Deur beskerming van mededinging, word KMMO's bevorder met
             integrering van swart mense in die hoofstroom ekonomie en gedeeltelike
             privatisering van die publieke sektor 
         • Verbeterde onderwys en opleiding verseker belastingkontrole en
             regulering wat investering aanmoedig                        (Maks 8)
         (Ken punte toe vir enige data ingesluit onder die effektiwiteit en
         doeltreffendheid van markte, sakedoeltreffendheid en koste om sake te doen)             (8)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                 10                                     DBE/2019
                                   SS/NSS – Nasienriglyne

Natuurlike hulpbronne 
   • Natuurlike hulpbronne is belangrik in ons ekonomie omdat hulle die basis van
     produksie in die primêre sektor vorm 
   • Natuurlike hulpbronne word ‘n belangrike inset tot die vervaardigingsproses van
     die sekondêre sektor as ru-materiale en sommige intermediêre goedere vir
     volhoubare produksie 

   Arbeidsmag / menslike hulpbronne 
    • Die kwaliiteit van ‘n land se arbeid, word aan die lig gebring in die vaardighede,
      kennis en gesondheid van sy werkers wat die voordeel van mensekapitaal
      verteenwoordig 
   • Hoër vlakke van kwaliteit mense lei tot hoër produktiwiteit van arbeid, wat lei tot ‘n
      hoër uitset van goedere en dienste 

   Kapitaal 
   • ‘n Land kan sy kapitaalgoedere en styging in produksiekapasiteit gebruik sowel as
     die verskaffing van infrastruktuur om produksie te ondersteun 
   • As kapitaalvorming plaasvind is daar ‘n styging in die beskikbare kapitaalvoorraad
     
   • Dit stel produsente in staat om meer goedere en dienste te produseer, wat sal lei
     tot ‘n styging in ekonomiese groei 

    Entrepreneurs 
    • Dit behels die uitdaging om produksiefaktore te kombineer in die mees
      doeltreffende wyse om kwaliteit goedere en dienste te produseer 
    • Lande wat betrokke is in entrepreneurskap-programme geniet ekonomiese
      welvaart, wat aangedui word in hul hoë per capita inkomevlakke 

    Tegnologie 
    • ‘n Sleutelaspek tot ontwikkeling is om voor te berei en aanpassings te maak tot die
      vierde industriële rewolusie in die sakewêreld 
      (Aanvaar enige ander korrekte relevante respons)
      (Ken ‘n maksimum van 4 punte toe vir voorbeelde of blote opnoem van feite)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                 11                                    DBE/2019
                                   SS/NSS – Nasienriglyne

3.5      Hoekom is spesiale ekonomiese sones belangrik vir die ekonomie?
         Spesiale ekonomiese sones is belangrik omdat:
         • hulle in geografies afgebakende gebiede van 'n land geleë is om
            spesifieke ekonomiese aktiwiteite te teiken, wat ondersteun word deur
            spesiale ooreenkomste, en wette en ondersteuningstelsels insluit wat
            nywerheidsontwikkeling bevorder 
         • SES'e word gebruik deur baie ekonomieë om ekonomiese groei en
            industrialisering te bevorder 
         • SES'e word gebruik as instrumente om buitelandse direkte investering te
            trek, grootskaalse werkloosheid te verminder, uitvoere te ontwikkel en te
            diversifiseer en met nuwe beleide te eksperimenteer 
         • die DHN streef deur hierdie beleid om werk te skep en ekonomies te groei
            met die vestiging van 'n sterk nywerheidsbasis in Suid-Afrika 
         • die meeste uitkomste van die SES'e brei die vervaardigingsektor uit en
            skep meer nywerhede 
         • Konsepwetgewing stel die basis vir die SES'e vir 'n groter verskeidenheid
            nywerheidsparke en ekonomiese infrastruktuur 
         • 'n effektiewe groep prosesse wat waarde toevoeg verskaf word waar
            werkskepping plaasvind en 'n wye verskeidenheid vaardighede benodig
            word in vervaardiging (arbeidsintensief) 
         • SES’e dien as ‘n magneet vir snelle ontwikkeling en investering in sleutel
            groeigebiede 
         • SES’e lei tot die ontwikkeling van nuwe industriële streke deur die stigting
            van nuwe nywerheidsgroeipunte (industrial hubs) in onderontwikkelde
            streke 
         • SES’e       word     gebruik    vir  aspekte    soos     uitvoerbevordering,
            besigheidsontwikkeling, stedelike hernuwing, landelike ontwikkeling en
            streeksproduksie 
         • SES’e ondersteun die owerheid se strategiese doelwitte vir industrialisasie
            en werkskepping 
         • SES-programme is noodsaaklik vir binnelandse investering as gevolg van
            aansporings 
         (Aanvaar enige ander korrekte relevante respons)
         (Ken 'n maksimum van 2 punte toe vir blote opnoem van feite / voorbeelde)
                                                                                                (8)
                                                                                                [40]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                   12                                      DBE/2019
                                     SS/NSS – Nasienriglyne

VRAAG 4: MAKRO-EKONOMIE EN EKONOMIESE STREWES

4.1      Beantwoord die volgende vrae.

         4.1.1        Gee enige TWEE voordele van die Uitgebreide Openbare
                      Werke-program (UOWP).

                      • Verskaf werk en 'n inkomste 
                      • Skep geleenthede om vaardighede (werksondervinding) te
                        ontwikkel 
                      • Verskaf     infrastruktuur, bestaansbeveiliging  (verminder
                        armoede) en verbeter lewenstandaarde                (2 x 1)
                        (Aanvaar enige ander korrekte relevante respons)                            (2)

         4.1.2        Hoe sal desentralisering van nywerhede tot werkskepping in
                      die land bydra?

                      Die effektiewe gebruik van beskikbare arbeid en produksiefaktore
                      tot voordeel van ontwikkeling van die plaaslike gemeenskappe / die
                      mense van landelike gebiede kan voorsien word van vaardighede
                      en opleiding                                             (1 x 2)            (2)
                      (Aanvaar enige ander korrekte relevante respons)

4.2      DATARESPONS

         4.2.1        Gee EEN voorbeeld van 'n nie-duursame goed.

                      Voedsel / Brandstof 
                      (Aanvaar enige ander korrekte relevante respons)                              (1)

         4.2.2        *Noem EEN ander item wat gebruik word om BBP(E) te
                      bereken.

                      •   *Finale verbruiksbesteding deur die owerheid 
                      •   *Bruto kapitaalvorming 
                      •   *Residuele item 
                          (Aanvaar enige ander korrekte relevante respons)                          (1)

         4.2.3        Beskryf kortliks die term duursame goedere.

                      Dis goedere wat oor en oor gebruik word oor 'n lang tydperk                 (2)
                      (Aanvaar enige ander korrekte relevante respons)

         4.2.4        Waarom is die syfers hierbo NIE 'n ware weerspieëling van die
                      BBP-groei NIE?

                      Die syfers hierbo reflekteer huidige pryse / Die pryse reflekteer NIE
                      konstante pryse NIE / Inflasie word nie uitgesluit nie                      (2)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                    13                                 DBE/2019
                                      SS/NSS – Nasienriglyne

         4.2.5        Bereken die persentasiebydrae van dienste op die finale
                      verbruiksbesteding van huishoudings in 2017.

                      % bydrae        = 1 199 221  X 100 
                                        2 764 397     1

                                     = 43.38% / 43.4 / 43 

                      OF

                      % bydrae = 1 199 221  x 100 
                                 2 765 056     1

                                 = 43.37% / 43.4 / 43                                          (4)

4.3      DATARESPONS

         4.3.1        Watter ministerie (departement) is verantwoordelik vir die
                      voorlegging van die nasionale begrotingstoespraak aan die
                      parlement?

                      Departement van finansies                                                (1)

         4.3.2        Noem EEN vorm van direkte belasting betaalbaar aan die
                      staat.

                      Inkomstebelasting (LBS) / kapitaalbelasting / eiendomsbelasting /
                      maatskappybelasting 
                      (Aanvaar enige ander korrekte relevante respons)                          (1)

         4.3.3        Beskryf kortliks die term begroting.

                      'n Begroting is 'n dokument wat die verwagte inkomste en
                      beraamde besteding toon 
                      (Aanvaar enige ander korrekte relevante respons)                          (2)

         4.3.4        Hoe sal 'n styging in koolstofbelasting op plastieksakke die
                      ekonomie bevoordeel?

                      • Dit sal omgewingsbesoedeling verminder 
                      • Dit sal owerheidsinkome verhoog 
                        (Aanvaar enige ander korrekte relevante respons)                        (2)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                   14                                   DBE/2019
                                     SS/NSS – Nasienriglyne

         4.3.5        Beskryf kortliks die omvang waartoe die begroting aan
                      ekonomiese gelykheid aandag gee.
                      Die begroting spreek ekonomiese gelykheid aan deur:
                      • herverdeling van welvaart deur 'n progressiewe belastingstelsel,
                         waar hoër inkomstegroepe meer belasting betaal 
                      • verskaffing van die belangrikste gratis maatskaplike dienste
                         soos onderwys, primêre gesondheidsorg, gratis tersiêre
                         onderrig, verskaffing van behuising aan die armste deel van die
                         gemeenskap 
                      • verskaf ‘n platform vir alle geslags- en rassegrense wat
                         oorgesteek moet word 
                      Die begroting misluk om ekonomiese gelykheid aan te spreek deur:
                      • verhoging van BTW met 1%, wat armes baie ernstig benadeel
                         in vergelyking met ander inkomstegroepe 
                      • ingebruikneming van koolstofbelasting        het individue se
                         verbruikbare inkome en maatskappywinste verlaag 
                         (Aanvaar enige ander korrekte relevante respons)       (2 x 2)          (4)

4.4      Bespreek kortliks vryemarkoriëntering en mededingendheid as riglyne
         vir streeksontwikkeling in Suid-Afrika.
         Vryemark oriëntering:
         • Ekonomieë benodig die ondersteuning van nywerheidsontwikkelings-
            beleide, sleutelaksieplanne met voldoende menslike- en finansiële
            hulpbronne om te verseker dat grootskaalse strukturele veranderinge in
            die ekonomie kan realiseer 
         • Dit behels aanpassing van nywerheidsfinansiering om spesifieke
            beperkinge en geleenthede aan te spreek volgens die Wêreld
            Handelsorganisasie (WHO) reëls 
         • Finansiering moet voorwaardelik toegeken word sodra meetbare
            verwysingspunte wat besighede bereik het, ontvangs is 
         • Owerheidsinmenging in markte moet tot ‘n minimum beperk word om die
            kragte van aanbod en vraag en winsmotiewe toe te laat dat doeltreffende
            toekenning van hulpbronne plaasvind                           (2 x 2)
         Mededingendheid:
         • Nywerhede of besighede wat opgerig is as gevolg van streeksbeleide moet
            mededingend raak 
         • Hulle moet nie volgehoue finansiële hulp van die owerheid vereis nie 
         • Om mee te ding in wêreldmarkte en voldoen aan die uitdagings van
            globalisering, moet ekonomieë meer fokus op produkdifferensiasie en
            korter produksiesiklusse 
         • Dit behoort te lei tot groter integrasie tussen besighede nasionaal en
            internasionaal 
         • Groter produk-innovering en kwaliteit wat gelei het tot 'n beweging weg van
            massaproduksie van gestandaardiseerde produkte na vervaardiging van 'n
            verskeidenheid produkte aangepas by die behoeftes van klante, deur 'n
            vaardige en aanpasbare werksmag                                   (2 x 2)
         (Aanvaar enige ander korrekte relevante respons)                       (2 x 4)
         (Ken 'n maksimum van 4 punte toe vir blote opnoem van feite / voorbeelde)               (8)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                  15                                      DBE/2019
                                    SS/NSS – Nasienriglyne

4.5      Hoe sal 'n verbeterde ruilvoet die saldo op die lopende rekening
         beïnvloed?

         •    Die ruilvoet dui die verhouding van die indeks van uitvoerpryse tot
              invoerpryse aan 
         •    'n styging in uitvoerpryse / ‘n daling in invoerpryse sal die ruilvoet
              verbeter 
         •    Dit sal lei tot ‘n verbetering van uitvoere in vergelyking met invoere wat
              die lopende rekening positief beïnvloed 
         •    Dit kan lei tot 'n kleiner tekort of groter surplus van die lopende rekening
              
         •    wat die druk op die reserwes sal verminder 
         •    Dit mag egter oor die langtermyn lei tot ‘n daling in verkoopvolumes,
              afhangende van die pryselastisiteit van vraag in die buiteland 
         •    Minder inkomste sal gegenereer word deur uitvoere wat sal lei tot ‘n
              welvaartsverlies                                                    (4 x 2)
              (Aanvaar enige ander korrekte relevante respons)
              (Ken 'n maksimum van 2 punte toe vir blote opnoem van feite /
              voorbeelde)                                                                          (8)
                                                                                                   [40]

                                                                 TOTAAL AFDELING B:                80

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                               16                                   DBE/2019
                                 SS/NSS – Nasienriglyne

AFDELING C
VRAAG 5: MAKRO-EKONOMIE
•  Bespreek invoervervanging as 'n internasionale handelsbeleid onder die
   volgende hoofde:
   - Voordele (8 punte)
   - Nadele (8 punte)
   - Metodes (8 punte)                                             (26 punte)
• Hoekom behoort vryhandel bo beskerming verkies te word?          (10 punte)                [40]
INLEIDING
Wanneer lande beleide instel om ingevoerde goedere plaaslik te produseer 
(Aanvaar enige ander korrekte relevante respons)                          (Maks 2)
INHOUD: HOOFDEEL
VOORDELE
Verhoogde indiensneming 
• Neem eerder plaaslike werkers as buitelanders in diens om goedere te produseer
   wat buitelandse goedere vervang 
• Verhoogde indiensneming, stimuleer die ekonomie en BBP neem toe 
Groter keuse 
• Omdat goedere nie langer ingevoer word nie maar plaaslik geproduseer word,
   raak buitelandse valuta beskikbaar wat gebruik kan word vir ander invoere, en so
   die keuses beskikbaar aan verbruikers vergroot 
• Daar bestaan ‘n breër industriële basis en lande raak minder kwesbaar as gevolg
   van boikotte en sanksies 
• ‘n Daling in invoere wat ‘n positiewe impak op die betalingsbalans het 
Diversifikasie 
• Die binnelandse ekonomie raak meer geversifiseer deur die produksie van 'n
   groter verskeidenheid plaaslik goedere 
• wat minder kwesbaar is vir buitelandse aksies en toestande soos prysstygings van
   buitelandse goedere en finansiële skommelinge in die buitelandse markte 
                                                                           (Maks 8)
NADELE
Kapitaal en entrepreneurstalent 
• Dit word getrek uit gebiede van komparatiewe voordeel na gebiede waar
   beskerming winste kunsmatig stimuleer 
Tegnologie word ontleen uit die buiteland 
• Waar 'n oorvloed van kapitaal bestaan, is tegnologie nie 'n probleem nie 
• Gevolglik word produksiemetodes wat nie pas by 'n land se produksiestruktuur nie,
   in diens geneem 
• Dit verlaag die mededingendheid van sektore waar 'n komparatiewe voordeel
   bestaan 
• Dit lei tot die vraag na beskerming van nywerhede wat insette verskaf 
• Kapitaal en entrepreneurstalent word onttrek uit die gebiede van mededingende
   voordeel tot gebiede waar hoër winste gemaak kan word as gevolg van
   beskerming 

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                17                                  DBE/2019
                                  SS/NSS – Nasienriglyne

•   Invoere daal nie noodwendig nie, omdat tegnologie en intermediêre produkte van
    die buiteland af ingevoer word 
•   Kunsmatige winste word geskep as gevolg van die beskerming van nywerhede 
•   Mededingendheid in sektore word verlaag waar daar ‘n komparatiewe voordeel
    bestaan 
•   Plaaslike produksie mag onvoldoende wees omdat hulle beskerm word van
    internasionale mededinging 
    (Aanvaar enige ander korrekte relevante respons)                        (Maks 8)
    (Ken ‘n maksimum van 8 punte toe vir blote opnoem van feite or voorbeelde)
METODES
Tariewe 
• Dit staan ook as doeanebelasting of invoerbelasting bekend soos belasting op
    ingevoerde goedere 
• Dit kan ad valorem as persentasie van die waarde van luukse goedere wees 
• soos motors en juweliersware) 
• of spesifiek as bedrag per eenheid, massa of grootte 
• wat bv. op voedsel en diere toegepas word 
• Die uitwerking van 'n heffing is om pryse vir binnelandse verbruikers te verhoog,
    en as daar geen weerwraak is nie, verskuif die vraag van ingevoerde na plaaslik
    vervaardigde goedere 
Kwotas 
• 'n Kwota is 'n beperking op die verskaffing van 'n goed of diens 
• Alhoewel kwotas ingestel word op uitvoere, is kwotas meer algemeen bv. 'n kwota
  mag 'n beperking plaas op die invoere van fietse – so 10 000 per jaar of tot
  R10 000 in waarde 
• Die uitwerking van 'n kwota is om aanbod te verlaag en die prys te verhoog 
• Buitelandse sakeondernemings sal 'n daling in die hoeveelheid wat hulle verkoop
  ondervind, maar hulle sal voordeel trek uit die hoër prys as die vraag na hul
  produkte onelasties is 
Subsidies 
• Subsidies op vervoeronkoste of diensneming by binnelandse sakeondernemings
   wat goedere uitvoer, kan gebruik word as 'n indirekte manier om hulle te
   beskerm 
• soos die subsidies betaal aan Europese boere 
• Hierdie subsidies mag hoë koste binnelandse sakeondernemings in staat stel om
   buitelandse sakeondernemings in die binnelandse mark doeltreffend uit te sny 
Wisselkoersbeheer 
• 'n Regering of 'n vryhandelgebied, poog om invoere te verlaag deur die
   hoeveelheid buitelandse valuta te beperk wat beskikbaar gestel word aan diegene
   wat goedere en dienste wil invoer 
• Wisselkoersbeheer vereis dat alle buitelandse valutaverdienste deur inwoners
   oorhandig moet word aan die sentrale bank by ontvangs 
• Dié wat buitelandse betalings moet maak, moet aansoek doen by die sentrale
   bank, wat hulle rasioneer 
Fisiese beheer 
• Fisiese beheer neem die vorm aan van 'n totale verbod of embargo op die invoer
    van sekere goedere 
• 'n Embargo is 'n verbod op die uitvoer of invoer van 'n produk of 'n verbod op
    handel met 'n sekere land 
Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                 18                                     DBE/2019
                                   SS/NSS – Nasienriglyne

•   'n land mag byvoorbeeld die uitvoer van wapens na 'n land met swak menseregte
    rekords verbied 
•   Dit mag ook invoere verbied soos dwelms en is geneig om handelsverhoudings
    met 'n land te verbreek tydens militêre konflik 
Wegkeer van handel 
• Invoerdeposito’s / kwaliteitstandaarde         /   administratiewe   struikelblokke   /
  tydrowende doeaneprosedure 
Plaaslike inhoudsvereistes 
• Die owerheid kan vereis dat ‘n sekere persentasie van die goedere plaaslik
   vervaardig kan moet word                                              (Maks 10)
(Aanvaar enige ander korrekte relevante respons)                           (Maks 26)
(Ken 'n maksimum van 8 punte toe vir blote opnoem van feite of voorbeelde)
INHOUD: ADDISIONELE DEEL
Vryhandel sal verkies word bo beskerming omdat vryhandel:
• die land bevoordeel wat spesialiseer in die produksie van sekere produkte of
    dienste en so doeltreffend moontlik gebruik maak van hulpbronne, teenoor
    beskerming waar dit moeilik is om ‘n beleid van beskerming te ontwerp wat besluit
    of ‘n sekere nywerheid tot voordeel van die hele sal wees of nie 
• markte ontsluit en mededinging verhoog in internasionale markte in vergelyking
    met beskerming wat invoervervanging aanmoedig – nie die uitvoer van goedere
    nie 
• 'n verskeidenheid goedere en dienste moontlik maak in die plaaslike markte en
    verbruikers met groter keuse bederf, teenoor beskerming wat die inflasiespiraal
    aktiveer, omdat koste van beskerming lei tot duurder plaaslik vervaardigde
    goedere 
• besighede bystaan om beter maniere te vind om hul ekonomieë van skaal te
    verbeter terwyl hulle steeds kwaliteit produksie-uitsette lewer, teenoor beskerming
    waar die nadele van hoër pryse teenoor die voordele van goedkoper ingevoerde
    produkpryse moeilik is om op te weeg oor die langtermyn 
• nuwe tegnologie en uitvindings bring om sake te doen op die mees koste-
    effektiewe manier moontlik, teenoor beskerming waar ekonomiese groei
    (produksie toename) en werkskepping onderdruk word 
• bydra tot die maklike beweging van mense en goedere tussen nasies, teenoor die
    meer rigiede benadering van beskerming waar dit moeilik is om kleuternywerhede
    te identifiseer wat tydelike beskerming sal noodsaak 
• kennis en spesialiteit-gapings tussen nasies verminder en 'n gemaklike en
    eenvoudige manier skep vir interaksie tussen nasies, teenoor beskerming waar
    nywerhede wat beskerming geniet, neig om afhanklik te raak en nie daarsonder
    kan oorleef nie                                                         [Maks 10]
    (Aanvaar enige ander korrekte relevante hoër orde respons)
    (Ken 'n maksimum van 2 punte toe vir blote opnoem van feite of voorbeelde)
   (Ken ‘n maksimum van 6 punte toe as kandidate slegs op vryhandel of beskerming
     fokus)
SLOT
'n Land se graad van oorlewing hang primêr af van sy vermoë tot volhoubaarheid in
die wyse van funksionering ondanks die behoefte aan internasionale handel 
(Aanvaar enige ander korrekte relevante hoër orde respons)                 Maks (2)              [40]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                 19                                    DBE/2019
                                   SS/NSS – Nasienriglyne

VRAAG 6: EKONOMIESE STREWES

•  Bespreek sosiale aanwysers volledig onder die volgende hoofde:
   - Onderwys                  (8 punte)
   - Dienste                  (8 punte)
   - Demografie               (10 punte)                          (26 punte)
• Hoe kan die owerheid sosiale aanwysers in besluitneming gebruik?
                                                                  (10 punte)                    [40]

INLEIDING

Sosiale aanwysers is meetinstrumente wat ekonome of regerings gebruik om die
prestasie van 'n land in terme van die maatskaplike welsyn van sy landsburgers te
evalueer 
(Aanvaar enige ander relevante respons)                                 (Maks 2)

INHOUD: HOOFDEEL
ONDERWYS

Mense se lewenstandaard word direk verbind met hul vlak van opleiding. Vyf of ses
jaar skoling is noodsaaklik vir die bereik van aanvaarbare geletterdheid en
syfervaardigheid 
• Persentasie publieke besteding  Dit toon die mate van besteding wat aan
    onderwys toegewys is 
• Persentasie sekondêre inskrywings  Dit toon die persentasie van die aangewese
    ouderdomsgroep wat sekondêre onderrig ontvang  In hoë inkome lande,
    ontvang leerders van 'n jonger ouderdom sekondêre onderrig 
• Primêre voltooiing  Dit toon die persentasie van die aangewese ouderdomsgroep
    wat primêre onderrig voltooi het.  Dit dien as 'n aanduiding van doeltreffendheid
    
• Jeuggeletterdheidkoers  Dit toon die persentasie van die aangewese
    ouderdomsgroep (15–24) wat geletterd is.  Dit gee 'n aanduiding van die
    uitkoms van die onderwysstelsel                                         (Maks 8)

DIENSTE

Dienste is noodsaaklik om mense se leefstyl te verbeter asook die vlak van
ekonomiese en sosiale ontwikkeling. In Suid-Afrika word menswaardigheid en sosiale
regverdigheid in terme van die Grondwet identifiseer  as volg:
• Elektrisiteit 
    o Die nasionale energiereguleerder rapporteer dat 84% van huishoudings
      toegang tot elektrisiteit in 2011 gehad het 
• Vuilgoedverwydering 
    o 61% van huishoudings in Suid-Afrika het toegang tot vuilgoedverwydering deur
      die plaaslike owerhede eenkeer per week 
• Waterverskaffing 
    o Omtrent 89% huishoudings het toegang tot skoon water in 2010 
    o Dis die gemiddeld van stedelike en landelike toegang tot verbeterde
      waterskemas 

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                 20                                    DBE/2019
                                   SS/NSS – Nasienriglyne

    o Verbeterde waterbronne verwys na voldoende water vanaf bronne 
    o Voorbeelde hiervan is huishoudelike verbindings/krane in jaart/publieke krane/
      boorgate/beskermde fonteine/opvang van reënwater 
•   Sanitasie 
    o Net meer as 71% huishoudings in Suid-Afrika het toegang tot basiese sanitasie
      in 2010 
    o bv. Spoeltoilette/puttoilette met ventilasiepype/chemiese toilette 
•   Bestaansveiligheid 
    o Die owerheid verskaf welsynstoelaes in die vorm van kontantoordragte aan
      individue wie kwalifiseer en armoede verligtingsprogramme 
•   Telekommunikasie 
    o Die aantal mense wat toegang het tot landlyne en selfone het aansienlik oor die
      laaste aantal jare toegeneem 
    o Dit het besigheid en die ekonomie positief ondersteun 
•   Vervoer 
    o Suid-Afrika het die grootste vervoernetwerk in Afrika, wat gebruik word deur die
      werksmag en besighede om by die werkplek te kom 
    o Vervoer is die ruggraat van enige land en ‘n effektiewe stelsel kan ekonomiese
      groei en ontwikkeling bevorder                                        (Maks 8)

DEMOGRAFIE
•   Demografie verwys na data ingesamel wat verwant is aan die samestelling van die
    bevolking in 'n land, soos die grootte, ras, ouderdom, geslag, inkomste,
    geografiese verspreiding, taal, onderrig, beroep, geloof, geboortekoers,
    vrugbaarheidskoers, lewensverwagting by geboorte, geboorte sterftekoers,
    sterftekoers 
•   Verskillende demografiese kriteria word gebruik om mense in 'n bevolking te
    klassifiseer 
•   Hierdie kriteria sluit ouderdom, ras, geslag, inkome en opvoedingsvlakke in 
•   Demografie word dikwels gebruik as 'n aanwyser wat die samestelling van 'n groep
    binne 'n bevolking moet wees 
•   In Suid-Afrika word daar van die arbeidsmag van 'n besigheid verwag om rasse
    demografie van die bevolking te reflekteer waar die besigheid gesetel is
•   Volgens die Verenigde Nasies is die jaarlikse groeikoers van die Suid-Afrikaanse
    bevolking van 2010 na 2015 0,5% 
•   Een rede vir hierdie neiging is die hoë voorkoms van MIV/Vigs wat lei tot 'n hoë
    sterftekoers 
•   Demografie is verwant aan die ouderdomsamestelling van die bevolking wat
    belangrike implikasies het vir publieke besteding 
•   Die absolute grootte van die bevolking sowel as die verandering in die bevolking is
    belangrik wanneer demografie as 'n sosiale aanwyser oorweeg word 
•   Die Menslike Ontwikkelingsindeks verteenwoordig 'n intensie om menslike
    welstand meer in breë terme te definieer. Dit verskaf 'n saamgestelde maatstaf van
    die drie basiese dimensies van menslike ontwikkeling: gesondheid, opvoeding en
    inkome                                                                 (Maks 10)
    (Aanvaar enige ander korrekte relevante respons)                        (Maks 26)
    (Ken 'n maksimum van 8 punte toe vir blote opnoem van feite of voorbeelde)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                               21                                  DBE/2019
                                 SS/NSS – Nasienriglyne

INHOUD: ADDISIONELE DEEL

Sosiale aanwysers help in besluitneming deur:
• verskaffing van 'n duidelike rigting in terme van beleids-besluitneming 
• bystand te gee aan die owerheid om na ander areas te kyk wat bystand uit die
   begroting benodig 
• verbetering van sosiale samehorigheid en interafhanklikheid 
• te fokus op die gebiede wat dringend hulp benodig in gemeenskappe en besteding
   toe te ken 
• verbeterde gesondheid- en onderwysfasiliteite 
• investeer meer in die toekomstige kwaliteit van die arbeidsmag vir vooruitgang van
   die ekonomie 
• groter besteding aan verbetering van lewenskwaliteit van die algemene bevolking en
   maatskaplike druk te verlig 
• assessering van basiese dienste soos water, behuising en elektrisiteit 
• die vooruitgang in gemeenskappe van verskillende lande te vergelyk 
• die prestasie van ‘n land in terme van die maatskaplike welsyn van sy burgers te
   evalueer                                                                (Maks 10)
   (Aanvaar enige ander korrekte relevante hoër orde respons)
   (Ken 'n maksimum van 2 punte toe vir blote opnoem van feite of voorbeelde)

SLOT

Sosiale aanwysers is die belangrikste instrument om die gesondheid en onderrig van
mense te kontroleer, en help die owerheid om fondse toe te ken om die gesondheid en
onderwys te verbeter wat sal lei tot sinvolle mense ontwikkeling         (Maks 2)
(Aanvaar enige ander korrekte relevante hoër orde respons)                          [40]

                                                            TOTAAL AFDELING C:           40
                                                                GROOTTOTAAL:             150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Economics P2 May June 2019 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-may-june-2019-memo-afr/846aeb3c-b8bb-4c9d-ab48-312d9bac1aa4) — Economics · Memo · 2019 · Afr
- [Economics P1 Nov 2019 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-nov-2019-memo-afr/5356311e-5173-4723-8d25-e9cf4c6c6da0) — Economics · Memo · 2019 · Afr
- [Economics P1 May June 2017 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-may-june-2017-memo-afr/7f77f7c6-d257-4f04-959a-d7b20acf4acb) — Economics · Memo · 2017 · Afr
- [Economics P1 June July 2015 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-june-july-2015-memo-afr/b5b06235-58b3-4850-94d2-65c0f871f204) — Economics · Memo · 2015 · Afr
- [Grade 12 NSC Economics P1 (Afrikaans) X10 2019 Preparatory Examination Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-economics-p1-afrikaans-x10-2019-preparatory-examination-question-paper/37295a41-5de8-4317-9725-dc223714aee3) — Economics · QP · 2019 · Afr
- [Grade 12 NSC Economics P1 (English) X05 2019 Preparatory Examination Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-economics-p1-english-x05-2019-preparatory-examination-question-paper/618dbdee-e64c-45f5-9118-413e4c86db2a) — Economics · QP · 2019 · Eng

## More from Grade 12 Economics

- [ECONOMICS P2 GR12 QP JCT 2025 AFR D watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-gr12-qp-jct-2025-afr-d-watermark/3dba3588-624d-493b-bc60-00d7e2783cae) — QP · 2025 · Afr
- [Economics Grade 12 NSC P1 QP September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-12-nsc-p1-qp-september-2025-free-state/4def59dd-ebf4-4191-89e7-2b6d4609d6cc) — QP · 2025
- [Economics Grade 12 NSC P1 QP September 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-12-nsc-p1-qp-september-2025-mpumalanga/5449d7a4-548e-416d-91b4-1da462710798) — QP · 2025
- [Economics Grade 12 NSC P2 QP September 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-12-nsc-p2-qp-september-2025-mpumalanga/efbb0e99-1236-496b-bc64-5b31b3784493) — QP · 2025
- [Economics P1 May-June 2025 Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-may-june-2025-afr/e9c77643-7f83-42e3-b28d-cf84e96050ca) — QP · 2025 · Afr
- [Economics P2 May-June 2025 Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-may-june-2025-afr/4c93e067-5237-46b7-ab21-5c2cea219788) — QP · 2025 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
