# Economics Grade 12 P1 National June 2020 Memo (Afrikaans)

> Grade 12 Economics Paper 1 memorandum from the National June 2020 (Afrikaans), 21 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-may-june-2021-mg-afr/a05dbc29-dc7e-48a9-8396-c39b668193f6
- Updated: 2026-10-29
- Subject: Economics
- Grade: Grade 12
- Document type: Memorandum
- Year: 2020
- Exam period: National June
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 21

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/economics) › [Economics Grade 12 P1 National June 2020 Memo (Afrikaans)](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-may-june-2021-mg-afr/a05dbc29-dc7e-48a9-8396-c39b668193f6)

## About this document

Economics · Grade 12 · National June · 2020. Memorandum. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                  SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
             NASIONALE SENIORSERTIFIKAATEKSAMEN

                                    EKONOMIE V1

                                          2021

                                  NASIENRIGLYNE

                                                                        PUNTE: 150

                      Hierdie nasienriglyne bestaan uit 21 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                    2                                      DBE/2021
                                     SS/NSS – Nasienriglyne

AFDELING A (VERPLIGTEND)

VRAAG 1

1.1      1.1.1        B – Kitchin 
         1.1.2        D – depresiasie 
         1.1.3        D – kleuter 
         1.1.4        C – reële vloeie 
         1.1.5        A – plaaslike 
         1.1.6        C – Uitgebreide Openbare Werke Program 
         1.1.7        B – sosiale 
         1.1.8        A – korridor                                                (8 x 2)       (16)

1.2      1.2.1        B – 'n algehele verbod wat op die invoer van goedere uit 'n sekere
                           land ingestel word 

         1.2.2        C – gemeet van piek tot piek of trog tot trog 

         1.2.3        A – wanneer 'n land by buitelandse handel en ŉ gegewe goed teen
                          'n laer insetkoste as ander lande produseer betrokke raak 

         1.2.4        D – die gedeelte van inkomste wat huishoudings nie gebruik nie 

         1.2.5        E – verbruik deur een persoon verminder nie verbruik van 'n
                          ander persoon nie 

         1.2.6        H – gehef op eiendom volgens hul markwaarde 

         1.2.7        I – 'n omvangryke styging in georganiseerde ekonomiese aktiwiteit
                          om te vervaardig, te ontgin, boer en dienste te lewer 

         1.2.8        F – Ekonomiese goedere wat nie ŉ tasbare, of opgebergbare vorm
                          aanneem nie                                       (8 x 1)               (8)

1.3      1.3.1        Phillips 
         1.3.2        Geslote 
         1.3.3        Geïntegreerde vervaardigingstrategie 
         1.3.4        Ruimtelike Ontwikkelingsinisiatiewe 
         1.3.5        Spesifieke 
         1.3.6        Endogene /Keynesiaanse                                       (6 x 1)       (6)

                                                                 TOTAAL AFDELING A:               30

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                      3                                             DBE/2021
                                       SS/NSS – Nasienriglyne

AFDELING B

Beantwoord enige TWEE            van     die   drie   vrae      in   hierdie   afdeling   in    die
ANTWOORDEBOEK.

VRAAG 2: MAKRO-EKONOMIE

2.1      Beantwoord die volgende vrae.

         2.1.1       Noem enige TWEE voorbeelde van 'n strategiese nywerheid.
                      Energie (brandstof)/SASOL/Eskom
                      Yster en staal/Yskor 
                      Landbou (basiese voedselsoorte) 
                      Chemikalieë (kunsmisstowwe) 
                      Mynbou
                      Telekommunikasie
                      Entstofvervaardigers
                      Toerisme
                      Outomobiel
                     Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                     (2 x 1)         (2)

         2.1.2       Hoe sal 'n progressiewe inkomstebelastingstelsel die
                     herverdeling van inkome beïnvloed?
                     Hoër inkomsteverdieners word teen hoër koerse belas, wat inkome
                     herverdeling beïnvloed deurdat die gaping tussen ryk en arm
                     verklein / verseker 
                     (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)         (1 x 2)                    (2)

2.2      Bestudeer die tabel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

         2.2.1       Watter jaar word tans deur die Suid-Afrikaanse Reserwebank as
                     basisjaar gebruik?
                     2010 / 2015                                                                         (1)

         2.2.2       Identifiseer die syfer wat gebruik word om vir foute en
                     weglatings voorsiening te maak, wanneer die bruto binnelandse
                     produk teen markpryse bereken word.
                     R19 097 m                                                                           (1)

         2.2.3       Beskryf kortliks die term bruto binnelandse besteding
                     Besteding op alle goedere en dienste geproduseer binne die grense
                     van 'n land binne 'n spesifieke tydperk 
                     (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                                    (2)

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                    4                                   DBE/2021
                                     SS/NSS – Nasienriglyne

         2.2.4       Watter effek sal ŉ toename in ingevoerde klerasie op
                     binnelandse tekstielvervaardigers hê?
                      Binnelandse tekstiel-vervaardigers sal voor groter mededinging
                        te staan kom wat hulle sal dwing om minder te produseer 
                      Hulle sal minder klante/markaandeel/verkope beleef wat winste
                        sal verlaag 
                      Hulle mag gedwing word om meer oorspronklik te wees as
                        gevolg van groot mededinging van buitelandse produsente 
                      Kwaliteit van hul produkte sal verbeter en hulle sal meer
                        mededingend op wêreldmarkte raak 
                     (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                           (2)
         2.2.5       Hoe sal bruto kapitaalvorming 'n positiewe trefkrag op die
                     ekonomie hê?
                      Die verhoogde kapitaalbasis van die land, sal die
                        produksiekapasiteit verhoog 
                      Bruto kapitaalvorming sal bydra tot die groeipotensiaal van die
                        ekonomie deur 'n toegevoegde waarde-proses 
                      Betalingsbalansprobleme sal verminder, deur 'n styging in
                        uitvoerproduksie 
                      Huishoudings kan baat vind by werksgeleenthede, sodoende
                        word armoede verlig/ die regering sal sy doelwit van volle
                        indiensneming bereik en meer belastinginkomste invorder
                     (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)         (2 x 2)           (4)
2.3      Bestudeer die uittreksel en beantwoord die vrae wat volg.
         2.3.1       Noem die instelling wat handelsliberalisering bevorder.
                     Wêreldhandelsorganisasie / WHO                                             (1)
         2.3.2       Gee EEN vorm van ekonomiese integrasie.
                        Doeane-unie 
                        Gemeenskapsmark 
                        Ekonomiese unie 
                        Monetêre unie 
                        Vryhandelgebied                                                        (1)

         2.3.3       Beskryf kortliks die term vryhandel.
                     Vryhandel is wanneer verbruikers en produsente vry is om goedere
                     en dienste enige plek in die wêreld te koop, sonder beperkings 
                     (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                           (2)

         2.3.4       Hoekom sal invoervervanging oor die lang termyn 'n negatiewe
                     effek op verbruikers hê?
                      Verbruikerskeuse sal verklein, omdat hulle beperk sal word tot
                       slegs binnelandse produkte 
                      Verbruikers mag hoër pryse vir plaaslike produkte betaal, as
                       gevolg van minder mededinging 
                       (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                         (2)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                           5                                           DBE/2021
                                            SS/NSS – Nasienriglyne

         2.3.5   Hoe kan Afrikalande uit 'n nuwe vryhandel ooreenkoms
                 voordeel trek?
                  genieting van laer pryse op goedere en dienste 
                  geniet vrye beweging en werksgeleenthede oor grense 
                  spesialisasie in produksie van goedere waar hulle 'n
                     komparatiewe voordeel geniet 
                  produksie van goedere in groot hoeveelhede as gevolg van
                     spesialisasie 
                  produseer beter kwaliteit produkte as gevolg van verbeterde
                     innovering 
                  verbetering in verhoudings deur wedersydse voordele verkry uit
                     die ruil van goedere 
                  verbetering van verbruikerswelstand as gevolg van 'n groter
                     keuse van goedere en dienste 
                    (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)    (2 x 2)                              (4)
2.4      Verduidelik, met behulp van 'n korrek benoemde grafiek, die effek van
         vraagkantbeleide in die stimulering van ekonomiese aktiwiteite
         gedurende 'n resessie.
             
                        TV        TV1                        TA

              Algemene prysvlak
                                                   
                                                                                Puntetoekenning:
                                                                     Korrekte benoem van asse = 1 punt
                                                           e1       Styging in prys = 1 punt
                                  P1                                 Styging in hoeveelheid = 1 punt
                                  P                    e             Styging in TV na TV1 = 1 punt
                                                                                        Maksimum = 4 punte

                                       TA                            TV     TV1

                                   0               Q       Q1               Uitset / Reële BBP

             Die vraagkantbeleide behels utbreidende monetêre beleide, soos 'n
              verlaging in rentekoerse wat lenings aanmoedig en wat besteding en
              belegging sal verhoog. 
             Uitbreidende fiskale beleid wat 'n verlaging in belasting en ook 'n
              toename in staatsbesteding behels, sal ook ‘n verhoging in besteding tot
              gevolg het. 
             Beide beleide sal lei tot 'n verskuiwing van die totale vraag van TV na
              TV1 terwyl die totale aanbod by TA bly. 
             Reële BBP sal toeneem van Q na Q1 wanneer die totale vraag toeneem
              
             Die algemene prysvlak sal styg van P na P1 
             Die vraagkantbeleid kan gebruik om ekonomiese groei te stimuleer,
              hoewel inflasie mag toeneem 
          (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)
         (Ken 'n maksimum van 4 punte toe vir die blote opnoem van feite/voorbeelde)
                                                                                (Maks 4)
Kopiereg voorbehou                                                                       Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                6                                    DBE/2021
                                 SS/NSS – Nasienriglyne

2.5     Hoe kan 'n styging in investering tot 'n hoër nasionale inkome in die
        ekonomie bydra?
        Investering kan bydra tot 'n hoër nasionale inkome deur:
         vergroting van die kapitale basis van die ekonomie wat die kapasiteit om
            meer goedere en dienste te produseer, sal uitbrei 
         skepping van meer werksgeleenthede en verhoogde inkomevlakke van
            huishoudings, wat totale vraag stimuleer 
         groter mededinging as nuwe besighede ontstaan, wat lei tot verhoogde
            doeltreffendheid in produksie 
         aanmoediging van die bekendstelling van nuwe produksietegnologieë wat sal
            lei tot hoër produktiwiteit 
         uitbreiding van die belastingbasis vir die owerheid, wat lei tot hoër
            belastinginkomste om infrastruktuurontwikkeling projekte te finansier 
         styging in mededingendheid van plaaslike besighede in wêreldmarkte /
            stimuleer vraag na uitvoere 
        (Aanvaar enige ander korrekte relevante hoërorde-antwoord)
        (Ken 'n maksimum van 2 punte toe vir die blote opnoem van feite/voorbeelde)          (8)
                                                                                             [40]

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                   7                                    DBE/2021
                                    SS/NSS – Nasienriglyne

VRAAG 3: EKONOMIESE STREWES
3.1      Beantwoord die volgende vrae.
         3.1.1        Noem enige TWEE voorbeelde van Nywerheidsontwikkeling-
                      sones in Suid-Afrika.
                         Coega 
                         OR Tambo Internasionale Lughawe 
                         Oos-Londen 
                         Richardsbaai 
                         Mafikeng IDZ 
                         Saldanhabaai 
                         DUBE tradeport                                         (2 x 1)       (2)
         3.1.2        Hoe kan publieke-privaatsektor vennootskappe meer tot
                      streeksontwikkeling bydra?
                      Publieke-privaatsektor vennootskappe stimuleer die ontwikkeling
                      van infrastruktuur in onderontwikkelde gebiede 
                      (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)       (1 x 2)           (2)

3.2      Bestudeer die uittreksel en beantwoord die vrae wat volg.
         3.2.1        Identifiseer die instelling wat klein besighede bevorder.

                      Kleinsake-ontwikkelingsagentskap (KSOA) 
                      Kleinsake-finansieringsagentskap / (KSFA)                                (1)
         3.2.2        Watter ekonomiese uitdaging word deur die klein, medium en
                      mikro-ondernemings in die ekonomie aangespreek?
                       Werkloosheid/ indiensneming
                       Armoede / Verdeling van inkomste 
                       Ekonomiese en sosiale ongelykhede 
                      (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                         (1)
         3.2.3        Beskryf kortliks die term indiensneming.

                      Wanneer mense tussen 15 en 65, wat gewillig en in staat is om te
                      werk, werk vind waarvoor hulle 'n loon of salaris ontvang vir
                      dienste gelewer 
                      (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                         (2)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                    8                                    DBE/2021
                                     SS/NSS – Nasienriglyne

         3.2.4        Hoe word die klein, medium en mikro-ondernemings deur die
                      kleinsake-ondersteuningsprogram bevoordeel?

                      word bevoordeel deur die KSOP deur:
                        KMMOs ontvang 'n belastingvrye kontanttoelae vir investering
                         in nywerhede 
                        Nuwe of uitbreidende besighede ontvang 'n toelae vir drie jaar,
                         waarna die maatskappy selfonderhoudend moet wees 
                        Voorsiening van besigheidsadvies en verwante dienste 
                        Het toegang tot platforms wat onderneming                   die
                         infrastruktuurondersteuning bied en 'n regulerende omgewing
                         wat entrepreneurs in staat stel om te floreer. 
                      (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                           (2)
         3.2.5        Wat is die uitdagings by die implementering van breëbasis
                      swart ekonomiese bemagtiging?

                      Die uitdagings wat BBSEB in die gesig staar is:
                       die meerderheid van swart mense wat nie die nodige finansies
                          het om aandele te koop om te kan deel in die eienaarskap /
                          aandeelhouding van maatskappye nie 
                       landelike en plaaslike gemeenskappe wat nie almal toegang
                          tot ekonomiese geleenthede het nie 
                       korrupsie in die toeken van kontrakte, wat daartoe lei dat slegs
                          'n paar mense uit BBSEB voordeel trek 
                       vooropplasing ('Fronting') wat daartoe lei dat baie swart mense
                          nie voordeel trek uit die beleid nie 
                       'n gebrek aan vaardighede en nodige kennis wat daartoe lei
                          dat baie swart vroue en die jeug nie in staat is om top
                          strategiese bestuursposisies in maatskappye te bekom nie 
                      (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)           (2 x 2)         (4)

3.3      Bestudeer die diagram en beantwoord die vrae wat volg.

         3.3.1        Watter fokusarea verskaf ekonomiese infrastruktuur vir
                      nywerheidsontwikkeling?
                      
                      Spesiale ekonomiese sones /SES'e / Ruimtelike
                      ontwikkelingsinisiatiewe/ ROI                                              (1)

         3.3.2        Noem die nywerheidsontwikkelingsbeleid wat die owerheid se
                      breë benadering tot nywerheidsontwikkeling bepaal.

                      Nasionale nywerheidsbeleidsraamwerk / NNBR                                 (1)

         3.3.3        Beskryf kortliks die term innovering.

                      Die inkorporasie van nuwe idees tot produksieprosesse 
                      (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                           (2)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                    9                                   DBE/2021
                                     SS/NSS – Nasienriglyne

         3.3.4        Hoe bevorder nywerheidsontwikkeling, entrepreneurskap in
                      die ekonomie?
                      Nywerheidsontwikkeling:
                       moet entrepreneurs aan om die wêreldekonomie te benut, om
                          handel te dryf en kennis te verkry 
                       verstewig innovering en tegnologie 
                       motiveer entrepreneurs om grootskaalproduksie te bedryf 
                      (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                          (2)

         3.3.5        Wat is die uitdagings waarvoor die Nywerheidsbeleid-
                      aksieplan te staan kom?
                       ‘n Gebrek aan beleidsamehorigheid en program-opstelling
                       Die oopstel van die ekonomie aan ‘n diversiteit van deelnemers
                         het nog nie gebeur nie 
                       Konsentrasie en vertikale integrasie binne sektore het sedert
                         1994 toegeneem, wat versterk is deur hindernisse tot
                         toetrede 
                       Hoë privaatsektor insetkoste – staal, chemikalieë en produkte in
                         die plastiek waardeketting, bly ‘n volgehoue beperking op
                         mededingendheid in SA-vervaardiging 
                       Volgehoue styging in elektrisiteitskoste 
                       Hoë hawegelde en ondoeltreffendheid is ‘n groot hindernis en
                         stremming op die uitvoer van toegevoegde-waarde goedere 
                       Huidige struktuur van die SA-ekonomie lei nie tot die skepping
                         van ‘n groot aantal werksgeleenthede met toepaslike
                         vaardigheidsvlakke nie 
                       onvoldoende staatsondersteuning vir belegging, opgradering,
                         innovasie en tegnologie
                      (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)       (2 x 2)            (4)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                10                                    DBE/2021
                                  SS/NSS – Nasienriglyne

3.4      Bespreek die algemene maatstaf-kriteria vir streeksontwikkeling.

            Goeie staatsbeheer vereis demokratiese besluitneming, deursigtigheid,
             finansiële bestuur en beheer 
          'n Geïntegreerde benadering om te verseker dat die voordele van een
             streek oorspoel na ander nywerhede en gebiede 
          Vennootskappe moet opgebou word tussen die sentrale owerheid en die
             privaatsektor 
          Verskaffing van voldoende hulpbronne aan hulpbron-arm gebiede 
          Mededingendheid vereis dat nywerhede en besighede wat opgerig word
             as gevolg van streeksbeleide, nie volgehoue finansiële hulpbron van die
             owerheid nodig het nie 
          Ontwikkeling van mense, vir mense, deur mense het ten doel om mense
             te dien deur opleiding, opvoeding, verbeterde produktiwiteit en die
             verskaffing van noodsaaklike goedere en dienste om die lewenstandaard
             in streke te verhoog 
          Ontwikkeling van onder af onsentreer op kwessies op voetsoolvlak waar
             die dringendste menslike behoeftes bestaan. Dit begin met die hantering
             van die armoedeprobleem
          Totale ontwikkeling as ’n multi-dimensionele proses Beskou ontwikkeling
             vanuit ’n globale perspektief deur alle dimensies van die mens se
             bestaan in ag te neem, insluitend die interaksie van maatskaplike kragte
             in ’n gemeenskap, bv, onderwys, gesondheid, voeding
         (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)
         (Ken 'n maksimum van 4 punte toe vir blote opnoem van feite/voorbeelde)
                                                                               (2 x 4)         (8)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                11                                   DBE/2021
                                  SS/NSS – Nasienriglyne

3.5      Evalueer die gebruik van aanbodkant-maatreëls, om die volgehoue lae
         ekonomiese groei in Suid-Afrika op te los.

         Aanbodkant-maatreëls was suksesvol in die oplos van voortdurende lae
         ekonomiese groei in Suid-Afrika deur:
          aansporings te bied, soos kontanttoelaes en subsidies, om
            uitvoerbevordering te vergroot en beide privaatsektor investering en BDIs
            te trek 
          verlaagde belastingkoerse om mense te motiveer om harder te werk om
            hul inkomste te verhoog wat die produksievlakke in die ekonomie
            verhoog 
          verlaagde belastingkoerse wat mense sal aanmoedig om meer van 'n
            hoër verbruikbare inkomste te spaar, wat die beskikbaarheid van leenbare
            fondse vir investering sal verbeter 
          verbeterde arbeidsproduktiwiteit deur beter onderrig, opleiding en
            gesondheidsdienste, wat sal lei tot hoër produksie-uitset 
          bevordering van entrepreneurskap deur oprigting van klein besighede en
            nuwe nywerhede wat mededinging verhoog en monopolieë en oligopolieë
            se magte beperk 

         Aanbodkant-maatreëls moet nog verbeter word, in terme van:
          versekering van 'n doeltreffende en betroubare verskaffing van
            infrastruktuur-dienste, soos vervoer en energie, om die koste van 'n
            besigheid om sake te doen, te verminder 
          verminderde administratiewe koste, soos inspeksies en onnodige
            regulasies / deur eenvoudiger belasting en operasionele regulasies in te
            stel 
          privatisering van sommige van die staatsbeheerde bates, om
            doeltreffendheid in dienslewering te verbeter 
          verminderde owerheidsinmenging, deur onnodige reëls en regulasies te
            verwyder / 'n vryemarkstelsel te verseker / markdoeltreffendheid te
            verbeter 
         (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)
         (Ken 'n maksimum van 2 punte toe vir blote opnoem van feite/voorbeelde)              (8)
                                                                                              [40]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                   12                                     DBE/2021
                                     SS/NSS – Nasienriglyne

VRAAG 4: MAKRO-EKONOMIE EN EKONOMIESE STREWES

4.1      Beantwoord die volgende vrae.

         4.1.1        Noem enige TWEE effekte van internasionale handel.

                       spesialisasie 
                       massaproduksie / grootskaalse produksie/ekonomiese groei
                       doeltreffendheid / kompetisie 
                       globalisering 
                      (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)     (2 x 1)                (2)

         4.1.2        Hoe trek verbruikers in die invoerland voordeel uit storting?
                      Verbruikers sal laer pryse vir ingevoerde goedere betaal
                      (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)          (1 x 2)           (2)

4.2      DATARESPONS
         4.2.1        Identifiseer die rekening in die betalingsbalans wat die uitvoer
                      en invoer van goedere en dienste opteken.
                      Lopende rekening                                                            (1)
         4.2.2        Watter kommoditeit word as 'n aparte uitvoeritem in die Suid-
                      Afrikaanse betalingsbalans opgeteken?
                      Goud                                                                        (1)
         4.2.3        Beskryf kortliks die term ruilvoet.

                      Ruilvoet druk 'n land se uitvoerpryse in terme van sy invoer pryse
                      uit 
                      (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                            (2)

         4.2.4        Verduidelik die impak van 'n styging in uitvoerpryse op Suid-
                      Afrika se handelsbalans.
                        Uitvoerverdienste of die waarde van totale uitvoere sal styg, en
                         lei tot 'n styging in die waarde van die handelsbalans /
                       Vraag na uitvoere sal daal, wat die volume uitvoere verminder,
                         en die handelsbalans benadeel 
                      (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                            (2)

         4.2.5        Hoe kan invoerbeheer gebruik word om die betalingsbalans-
                      tekort reg te stel?

                        Betalingsbalanstekort kan reggestel word deur invoertariewe
                         en invoerkwotas in te stel 
                       Invoertariewe maak ingevoerde goedere duurder, en
                         ontmoedig plaaslike markte om daar te koop 
                       Invoerkwotas beperk die hoeveelheid of kwantiteit invoere wat
                         in die ekonomie toegelaat word 
                      (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)       (2 x 2)              (4)
Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                   13                                   DBE/2021
                                     SS/NSS – Nasienriglyne

4.3      DATARESPONS

         4.3.1        Watter staatsdepartement is vir die begroting
                      verantwoordelik?

                      Departement van finansies                                                 (1)
         4.3.2        Noem EEN faktor wat tot die afgradering van die Suid-
                      Afrikaanse ekonomie bygedra het.
                       Stygende skuld (fiskale)
                       Dalende inkomste 
                       Verbreding van tekort 
                       Korrupsie 
                       Lae BBP groei 
                       Hoë werkloosheid 
                       Kragtekort
                       Swak beleggingsvertroue
                      (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                          (1)
         4.3.3        Beskryf kortliks die term regstellende aksie.
                      'n Beleid wat poog om diskriminasie wat in die verlede plaasgevind
                      het reg te stel, deur die aktiewe gebruik van maatreëls wat gelyke
                      geleenthede verseker, soos in onderwys en werksgeleenthede 
                      (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                          (2)
         4.3.4        Watter impak sal Suid-Afrika se krediet-opgradering na
                      rommelstatus, op die ekonomie hê?
                        Die regering sal meer rente moet betaal, wat minder geld laat
                         vir dienste (gesondheidsorg, onderwys) en investering in
                         infrastruktuur 
                       Regering sal meer geld benodig om sy basiese uitgawes te
                         dek 
                       Afgradering mag lei tot 'n styging in belasting 
                       Disinvestering kan plaasvind wat lei tot lae ekonomiese groei
                         en verhoogde vlakke van werkloosheid. 
                      (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                          (2)
         4.3.5        Hoe kan staatsbeheerde ondernemings tot die uitbreiding van
                      die ekonomie bydra?
                        Skep meer werksgeleenthede en kundige bestuur moet
                         aangestel word 
                       Bied vaardigheidsontwikkelingsprogramme aan om
                         produktiwiteit van bestaande werkers te verbeter 
                       Onderhou en diens masjinerie en toerusting gereeld, om
                         kwaliteit dienslewering te verseker 
                       Hanteer van korrupsie om vermorsing van publieke fondse te
                         verminder 
                        (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)      (2 x 2)           (4)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                 14                                   DBE/2021
                                   SS/NSS – Nasienriglyne
4.4     Beskryf kortliks ekstrapolasie en amplitude as kenmerke in die vooruit-
        skatting van sakesiklusse.
        Ekstrapolasie:
         Voorspellers gebruik data uit die verlede bv. neigings, en deur aan te neem
           dat hierdie neiging sal voortduur, maar hulle vooruitskattings oor die
           toekoms 
         'n Onbekende word vanaf feite en inligting wat bekend is, beraam 
         Dit is duidelik dat die sakesiklus deur 'n trog beweeg het na 'n bloeitydperk,
           mag voorspellers voorspel dat die ekonomie sal groei in die maande wat
           volg 
         Dit word ook gebruik om ekonomiese voorspellings in ander terreine te maak
            bv. Voorspelling van toekomstige aandeelpryse                   (Maks 4)
        Amplitude:
         Die verskil tussen die totale uitset tussen 'n piek en 'n trog 
         Meet die afstand van ossilasie van 'n veranderlike van die tendenslyn 
         Die intensiteit (hoogte) van die opswaai en afswaai (inkrimping en uitbreiding)
           in ekonomiese aktiwiteit 
         'n Groot amplitude gedurende 'n opswaai dui op sterk onderliggende magte –
           wat lei tot langer siklusse 
         Hoe groter die amplitude, hoe erger die veranderinge wat mag voorkom /
           omvang van verandering 
         Gedurende die opswaai, mag inflasie toeneem van 5% tot 10% ('n 100%
           toename) 
        (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)
        (Ken 'n maksimum van 4 punte toe vir die blote opnoem van feite/voorbeelde)
                                                                                (Maks 4)            (8)
4.5      Evalueer die impak van die depresiasie van die rand op die Suid-
         Afrikaanse ekonomie.
         ‘n Depresieerde rand sal die Suid - Afrikaanse ekonomie positief op die
         volgende maniere beïnvloed:
           Uitvoere sal relatief goedkoper word, wat sal lei tot 'n groter vraag vir
             Suid-Afrikaanse goedere
           Die vraag na Suid-Afrikaanse uitvoere soos basismetale en
             mineraalprodukte sal styg, namate dit relatief goedkoper word
           Buitelandse toeriste-aankomste sal toeneem, omdat dit goedkoper raak
             om geld in Suid-Afrika te spandeer 
           Verbetering in die handelsbalans, aangesien uitvoere meer as invoere sal
             wees
         ‘n Depresieerde rand sal die Suid - Afrikaanse ekonomie negatief op die
         volgende maniere beïnvloed:
           Ingevoerde produksie-insette soos ru-olie en voertuigonderdele, raak al
             duurder wat kostedruk-inflasie aanblaas 
           Hoër koste van ingevoerde produksieinsette, sal plaaslike produksie en
             ekonomiese groei laat daal 
          (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)
         (Ken 'n maksimum van 2 punte toe vir die blote opnoem van feite/voorbeelde)           (8)
                                                                                               [40]
                                                              TOTAAL AFDELING B:               80

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                               15                                         DBE/2021
                                 SS/NSS – Nasienriglyne

AFDELING C

Beantwoord enige EEN       van    die   twee    vrae      in   hierdie   afdeling   in   die
ANTWOORDEBOEK.

VRAAG 5: MAKRO-EKONOMIE

 Bespreek in detail die doelwitte van die openbare sektor.                   (26 punte)

 Hoe sal openbare sektor mislukking, ekonomiese stabiliteit in Suid-Afrika
  negatief beïnvloed?                                                (10 punte)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                 16                                    DBE/2021
                                   SS/NSS – Nasienriglyne

INLEIDING
Die owerheid reageer op markmislukking deur staatsbeheerde ondernemings te vestig
en te onderhou, om publieke goedere en dienste te verskaf 
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                       (Maks 2)

INHOUD: HOOFDEEL

1. EKONOMIESE GROEI 

   'n Styging in die produksie van goedere en dienste van die ekonomie 
   Dit word gemeet in terme van 'n styging in die reële bruto binnelandse produk 
   Reële BBP is die waarde van goedere, geproduseer in die land nadat die effek van
    inflasie in berekening gebring is 
   Vir ekonomiese ontwikkeling om plaas te vind, moet die ekonomiese groeikoers
    hoër as die bevolkingsgroeikoers wees 
   'n Hoë ekonomiese groeikoers beteken dat daar minder mense is wat afhanklik is
    van die staat om hul basiese behoeftes te bevredig 
   Die staat poog om te verseker dat daar 'n volgehoue groei in hierdie kapasiteit is,
    omdat dit lei tot 'n verbetering in die lewenstandaard 

2. VOLLE INDIENSNEMING 

   Bereiking van hoë vlakke van indiensneming, is een van die mees belangrike
    ekonomiese doelwitte vir alle regerings 
   Volle indiensneming beteken dat alle mense wat wil werk en werk soek, in staat is
    om werk te vind of self werk te skep 
   Die werkloosheidskoers het die afgelope paar jaar toegeneem en is sedert die
    Covid19-pandemie bo 30% 
   Informele sektoraktiwiteite moet bevorder word, omdat dit 'n gebied is waar
    indiensneming toeneem 
   Oor die kort termyn, versnel die regering werkskepping, deur direkte
    indiensnemingskemas, geteikende subsidies en uitbreidende makro-ekonomiese
    pakkette 
   Oor die medium termyn ondersteun die staat arbeidsintensiewe aktiwiteite in die
    landbou en ligte vervaardigingsektore 
   As volle diensneming oor die langer termyn bereik word, ondersteun die regering
    kennis-intensiewe en kapitaalintensiewe sektore om kompeterend te bly 

3. WISSELKOERS STABILITEIT / BETALINGSBALANS EWEWIG 

   Depresiasie en appresiasie van 'n geldeenheid, skep onsekerheid by produsente
    en handelaars en moet beperk word 
   Die owerheid gebruik sy monetêre en fiskale beleide om te verseker dat die
    wisselkoers relatief stabiel bly so lank as moontlik 
   Betalingsbalans-ewewig beïnvloed die vloei van goedere, dienste en kapitaal in 'n
    land 
   Wisselkoersstabiliteit het 'n sterk impak op die inflasiekoers en ander makro-
    ekonomiese veranderlikes 

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                 17                                   DBE/2021
                                   SS/NSS – Nasienriglyne

   Die keuse en bestuur van 'n wisselkoersstelsel vorm 'n kritieke deel van
    ekonomiese bestuur, om mededingendheid te beskerm en aan te moedig, en
    makro-ekonomiese stabiliteit en groei te verseker 
   Meer geldinvloeie na die land lei tot 'n surplus op die betalingsbalansrekening 
   SARB het die wisselkoers van ’n beheerde swewing na ’n vryswewing-wisselkoers
    omgeskakel.
   Bevorder binnelandse produksie wat uitvoere verhoog 

4. PRYSSTABILITEIT 

   Markekonomieë produseer beter resultate in terme van ekonomiese groei en
    indiensneming, as pryse relatief stabiel is 
   In Suid-Afrika beteken relatiewe prysstabiliteit dat die inflasiekoers binne die
    inflasieteiken van 3–6% bly 
   Rentekoerse, gebaseer op die repokoers, is die belangrikste instrumente wat
    gebruik word om prysstabiliteit te bewerkstellig. 
   Die voordeel van die inflasieteiken is 'n groter mate van deursigtigheid in die
    monetêre beleid 
   As inflasie die boonste vlak van die teiken oorskry, moet die Reserwebank 'n
    verhoogde rentekoers oorweeg, om die oorverhitte ekonomie af te koel 

5. EKONOMIESE GELYKHEID 

  'n Herverdeling van inkomste en rykdom is noodsaaklik in markekonomieë 
  Daar is sekere groepe in die gemeenskap wat 'n groot hoeveelheid geld verdien,
   terwyl ander baie min verdien 
 Progressiewe inkomstebelasting en belasting op winste, rykdom en besteding,
   word gebruik om gratis maatskaplike dienste te finansier 
 Basiese onderwys, primêre gesondheidsorg, basiese ekonomiesee dienste en
   kontanttoelaes aan armes en ander kwesbare groepe, sal ekonomiese gelykheid
   verbeter 
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                       (Maks 26)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                 18                                    DBE/2021
                                   SS/NSS – Nasienriglyne

ADDISIONELE DEEL

Die publieke sektor mislukking het 'n negatiewe impak op ekonomiese stabiliteit
deurdat dit:
 onstabiliteit in pryse veroorsaak wat verbruikersbesteding onderdruk 
 beleidsonsekerheid veroorsaak wat beleggersvertroue verminder 
 werkloosheid verhoog omdat die ekonomie misluk om nuwe werksgeleenthede te
   skep 
 uitvoerders ontmoedig as gevolg van wisselkoers onstabiliteit 
 die volume uitvoere verminder, wat die betalingsbalans-tekort mag vergroot 
 die ekonomie mag uitlewer aan 'n resessie as gevolg van 'n gebrek aan reël BBP-
   groei 
 die fiskale las vergroot as gevolg van vermorsing van hulpbronne, veral deur
   parastatale 
 produksie van goedere en dienste verlaag, omdat parastatale/staatsbeheerde
   ondernemings misluk om sleutelinsetdienste te verskaf  bv. Energie en
   vervoer 
 die koste om sake te doen verhoog in die ekonomie as gevolg van
   ondoeltreffendheid 
   (Aanvaar enige ander korrekte relevante hoër orde antwoorde)           (Maks 10)

SLOT

Die staat speel 'n belangrike rol in die bereiking van makro-ekonomiese doelwitte, deur
die ekonomie te rig deur middel van die nasionale begroting 
(Aanvaar enige ander korrekte relevante hoër orde slot)                      Maks (2)

                                                                                                [40]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                 19                                    DBE/2021
                                   SS/NSS – Nasienriglyne

VRAAG 6: EKONOMIESE STREWES

 Bespreek die verskillende ekonomiese aanwysers in detail.                 (26 punte)

 Hoe het die COVID-19-pandemie, die Suid-Afrikaanse ekonomie negatief
  beïnvloed?                                                     (10 punte)

INLEIDING

Owerhede gebruik verskillende statistiese data om ekonomiese neigings te voorspel,
en formuleer toepaslike ontwikkelingstrategieë om die rigting wat die ekonomie moet
neem, te beïnvloed / ekonomiese aanwysers word gebruik om die prestasie van 'n
ekonomie in terme van die basiese ekonomiese doelwitte, te bepaal 
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                          (Maks 2)

INHOUD: HOOFDEEL

1. PRODUKSIE AANWYSERS 

Nominale BBP (teen huidige / markpryse) 
 Nominale BBP kan nie gebruik word nie, omdat die bedrag neig om oorskat te word
  (inflasie) 

Reële BBP (teen konstante pryse) 
 Die groeiprestasie van 'n ekonomie word gemeet in terme van reële BBP-syfers 
 Reële BBP word verkry as die effek van inflasie uit die data verwyder word 
 As nominale groei 8% en inflasie 3% is, is reële groei 5% 

Per capita reële BBP 
 Per capita reële BBP word bereken deur die reële BBP-syfer deur die totale
   bevolking te deel 
 Die doelwit van per capita reële BBP is om die ekonomiese ontwikkeling aan te dui
   / aandui van lewenstandaarde / vergelyk lewenstandaarde tussen lande 

2. PRODUKTIWITEIT AANWYSERS 

Arbeidsproduktiwiteit 
 Moet noukeurig dopgehou word, veral in verhouding tot reële loon stygings 
 In Suid-Afrika styg produktiwiteit minder as vergoeding vir arbeid 
 Arbeidsproduktiwiteit word gemeet deur die reële BBP deur die aantal werkers in
   diens te deel 

Vergoeding per werker 
 As produktiwiteit styg teen 'n laer koers as die reële loonstygings, sal inflasiedruk
   voorkom 
 Die verhouding tussen produktiwiteit en lone is noodsaaklik vir werkgewers om in
   kragtige markte te oorleef, en vir werkers om op hul salarisse te oorleef 
(Aanvaar 'n analise of enige ander soort produktiwiteit)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                20                                   DBE/2021
                                  SS/NSS – Nasienriglyne

3. BUITELANDSE HANDEL AANWYSERS 

Die ruilvoet 
 Veranderinge in die ruilvoet dien as 'n aanwyser van veranderinge wat mag
   oorspoel na die betalingsbalans, en mag lei tot 'n tekort 
 Die ruilvoet sal verswak, as 'n groter volume uitvoere geproduseer moet word om
   verdienste konstant te hou 

Die wisselkoers 
 Veranderinge in 'n wisselkoers beïnvloed die pryse van invoere en pryse van
   uitvoere 
 'n Depresiasie van die rand teenoor die dollar, sal lei daartoe dat goedere en
   dienste van die VSA baie duur plaaslik verkoop word, en verdienste uit uitvoere na
   die VSA styg 

4. DIE INFLASIEKOERS 

Inflasie kan beskryf word as 'n styging in die algemene prysvlak in 'n ekonomie, wat
volhoubaar is oor tyd 
SARB poog om die inflasiekoers stabiel te hou tussen 3 en 6% 

Die volgende instrumente meet inflasie:
Verbruikerspryse (VPI) 
 Dis die geweegde gemiddelde van die pryse van 'n algemene mandjie goedere en
   dienste wat heel waarskynlik deur verbruikers gekoop sal word 

Produksiepryse (PPI)
 Meet pryse van plaaslik geproduseerde goedere sodra hulle die fabriek verlaat en
   ingevoerde goedere sodra hulle die land binnekom 
 Dien as 'n aanwyser om verbruikersinflasie (VPI) te voorspel 

5. INDIENSNEMING 

Die ekonomies-aktiewe bevolking (EAB / arbeidsmag) 
 Die amptelike ouderdomme vir indiensneming in Suid-Afrika is tussen 15 en 65, wat
   bereid is om te werk en sluit werkers in die formele sektor, informele sektor,
   werkgewers, self-indiensgeneemde persone en werkloses in 

Indiensneming koers 
 Die aantal mense in diens uitgedruk as 'n persentasie van die EAP gee die
   indiensnemingskoers 
 Die Suid-Afrikaanse indiensnemingskoers was 70,9% gedurende 2019 en het nie
   gepaardgegaan met 'n soortgelyke groei in indiensneming-syfers nie 

Werkloosheid koers 
 Die werkloosheidkoers word uitgedruk as persentasie van werklose mense uit die
  totale aantal mense wat gewillig en in staat is om te werk 
 In Suid-Afrika was die amptelike werkloosheidkoers in 2019, 29.1% en die
  belangrikste oorsaak van armoede 

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                21                                   DBE/2021
                                  SS/NSS – Nasienriglyne

6. GELDAANBOD 

   Geldaanbod is van kritieke belang en gee vroegtydige waarskuwing van moontlike
    veranderinge in inflasie 
   Die Suid-Afrikaanse Reserwebank definieer geld in verskillende kategorieë: M1 –
    munte en note; M2 - gelyk aan M1 plus alle kort- en mediumtermyndeposito's; M3 -
    gelyk aan M2 plus alle langtermyndeposito's van binnelandse privaatsektor by
    monetêre instellings 

7. RENTEKOERSE 

Repokoers 
 Repokoers is die koers waarteen die Suid-Afrikaanse Reserwebank geld aan
  kommersiële banke leen 
 Rentekoers is gebaseer op die repokoers; as die repokoers verander, sal die
  rentekoers ook verander                                       (Maks 26)

ADDISIONELE DEEL

Die COVID-19-pandemie het die Suid-Afrikaanse ekonomie negatief beïnvloed deur:
 sluiting van nywerheids- en sakesektore, wat gelei het tot die verlaging in
    produksie van nie-noodsaaklike goedere en dienste 
 afplatting van ekonomiese groei wat werkloosheid verhoog het / 'n verlies aan
    inkome 
 wêreldhandel te beperk, wat gelei het tot 'n daling in die vraag na Suid-Afrikaanse
    produkte 
 aanleiding te gee tot meer betalingsbalansprobleme omdat uitvoere afgeneem
    het 
 vermindering in mynbou- en vervaardiging produktiwiteit as gevolg van
    operasionele beperkings of afskaling 
 beweging van mense aan bande te lê wat toeriste-aktiwiteite binnelands en
    internasionaal verminder het 
 belastinginkomste aan die staat te verminder, wat gelei het tot handelsbeperkings
    op nie-noodsaaklike produkte soos alkohol en tabak 
 'n daling in reële BBP-groei met 'n moontlike resessie in die ekonomie, as gevolg
    van die negatiewe impak op produksie van goedere en dienste 
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                        Maks (10)

SLOT

Die gebruik van ekonomiese aanwysers is belangrik, omdat analiste die data gebruik         [40]
om huidige of toekomstige beleggingsmoontlikhede te interpreteer 
(Aanvaar enige ander korrekte relevante hoër orde antwoord)              Maks (2)

                                                             TOTAAL AFDELING C:            40
                                                                 GROOTTOTAAL:              150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Grade 12 NSC Economics P1 (Afrikaans) 2020 Preparatory Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-economics-p1-afrikaans-2020-preparatory-question-paper/468fe2d7-94f8-43ec-88c6-86cf12e31969) — Economics · QP · 2020 · Afr
- [Grade 12 NSC Economics P2 (Afrikaans) 2020 Preparatory Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-economics-p2-afrikaans-2020-preparatory-possible-answers/ba246fa2-7d32-4ab7-981e-10d6b2dd4a91) — Economics · Memo · 2020 · Afr
- [Economics 2020 KZN Prelim P2 Memo](https://www.hlayiso.com/library/economics-2020-kzn-prelim-p2-memo/2a3bfbce-05b8-4cbd-9146-7977c5ad09ff) — Economics · Memo · 2020
- [ECONOMICS P1 GR12 MEMO SEPT 2023 English](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr12-memo-sept-2023-english/2f2dfcd4-99d6-4ca1-b941-aa653985e502) — Economics · Memo · 2023 · Eng
- [Economics 2023 MP Prelim P1 Memo](https://www.hlayiso.com/library/economics-2023-mp-prelim-p1-memo/53074720-b0f1-469b-9c4e-f02da85f4b55) — Economics · Memo · 2023
- [ECONOMICS P1 MEMO GR12 JUNE 2022 English](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-memo-gr12-june-2022-english/b0040ad5-e898-4f57-b592-36a4884f9a63) — Economics · Memo · 2022 · Eng

## More from Grade 12 Economics

- [ECONOMICS P2 GR12 QP JCT 2025 AFR D watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-gr12-qp-jct-2025-afr-d-watermark/3dba3588-624d-493b-bc60-00d7e2783cae) — QP · 2025 · Afr
- [Economics Grade 12 NSC P1 QP September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-12-nsc-p1-qp-september-2025-free-state/4def59dd-ebf4-4191-89e7-2b6d4609d6cc) — QP · 2025
- [Economics Grade 12 NSC P1 QP September 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-12-nsc-p1-qp-september-2025-mpumalanga/5449d7a4-548e-416d-91b4-1da462710798) — QP · 2025
- [Economics Grade 12 NSC P2 QP September 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-12-nsc-p2-qp-september-2025-mpumalanga/efbb0e99-1236-496b-bc64-5b31b3784493) — QP · 2025
- [Economics P1 May-June 2025 Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-may-june-2025-afr/e9c77643-7f83-42e3-b28d-cf84e96050ca) — QP · 2025 · Afr
- [Economics P2 May-June 2025 Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-may-june-2025-afr/4c93e067-5237-46b7-ab21-5c2cea219788) — QP · 2025 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
