# Economics Grade 12 P1 NSC June 2025 Question Paper (Afr)

> Grade 12 Economics Paper 1 question paper from the NSC June Exam 2025 (Afrikaans), 13 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-may-june-2025-afr/e9c77643-7f83-42e3-b28d-cf84e96050ca
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Economics
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2025
- Exam period: NSC June Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 13

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/economics) › [Economics Grade 12 P1 NSC June 2025 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-may-june-2025-afr/e9c77643-7f83-42e3-b28d-cf84e96050ca)

## About this document

Economics · Grade 12 · NSC June Exam · 2025 · Afrikaans. Question paper, 13 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Vertroulik

                 SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
            NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                                  EKONOMIE V1

                                 MEI/JUNIE 2025

                                                                   PUNTE: 150

                                                                     TYD: 2 uur

                     Hierdie vraestel bestaan uit 13 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                              Blaai om asseblief

### Page 2

Ekonomie/V1                                        2                  DBE/Mei/Junie 2025
                                              SS/NSS Vertroulik

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 1.       Beantwoord VIER vrae soos volg in die ANTWOORDEBOEK:

          AFDELING A:      VERPLIGTEND
          AFDELING B:      Beantwoord TWEE van die drie vrae.
          AFDELING C:      Beantwoord EEN van die twee vrae.

 2.       Beantwoord slegs die vereiste getal vrae. Addisionele antwoorde sal NIE
          nagesien word NIE.

 3.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
          vraestel gebruik is.

 4.       Skryf die vraagnommer boaan elke antwoord.

 5.       Lees die vrae aandagtig deur.

 6.       Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.

 7.       Laat 2–3 reëls tussen onderafdelings van vrae oop.

 8.       Beantwoord die vrae in volsinne en maak seker dat die formaat, inhoud en
          konteks van jou antwoorde aan die kognitiewe vereistes van die vrae voldoen.

 9.       Gebruik slegs swart of blou ink.

 10.      Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

 11.      Skryf netjies en leesbaar.   2025

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 3

Ekonomie/V1                                   3                         DBE/Mei/Junie 2025
                                       SS/NSS Vertroulik

 AFDELING A (VERPLIGTEND)

 VRAAG 1                                                      30 PUNTE – 20 MINUTE

 1.1      Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
          Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
          (1.1.1 tot 1.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.9 D.

          1.1.1      Verbruikersbesteding wat onafhanklik van die vlak van inkome is,
                     staan as … verbruik bekend.

                     A   afgeleide
                     B   outonome
                     C   huishoudelike
                     D   totale

          1.1.2      'n Beraming van nuwe data wat onbekend is, gegrond op feite wat
                     bekend is, staan as ... bekend.

                     A   ekstrapolasie
                     B   tendenslyn
                     C   'n bewegende gemiddelde
                     D   die lengte van 'n siklus

          1.1.3      'n Niebetaler kan nie by die verbruik van … goedere uitgesluit word
                     nie.

                     A   niemeriete-
                     B   meriete-
                     C   kollektiewe
                     D   gemeenskaps-

          1.1.4      'n Daling in die waarde van een geldeenheid in terme van 'n ander
                     geldeenheid as gevolg van markkragte, staan as ... bekend.

                     A   appresiasie
                     B   evaluasie
                     C   depresiasie
                     D   devaluasie

          1.1.5      'n Handelsooreenkoms wat die reëls vaslê wat handel van goedere
                     tussen lande beheer, staan as ... bekend.

                     A   'n handelsprotokol
                     B   handelsliberalisering
                     C   vryhandel
                     D   'n handelskontrak

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 4

Ekonomie/V1                                 4                            DBE/Mei/Junie 2025
                                     SS/NSS Vertroulik

          1.1.6      Die toepassing van wetenskaplike kennis om nuwe innovasies in die
                     produksieproses te ontwikkel, staan as ... bekend.

                     A   natuurlike hulpbronne
                     B   entrepreneurskap
                     C   tegnologie
                     D   arbeid

          1.1.7      Die owerheid se sleutelaktiwiteite en tydraamwerke vir die
                     implementering van nywerheidsontwikkelingsprogramme is in die …
                     geformuleer.

                     A   Nasionale Nywerheidsbeleidsraamwerk
                     B   Nywerheidsbeleid-aksieplan
                     C   Nasionale Navorsing- en Ontwikkelingstrategie
                     D   Geïntegreerde Vervaardigingstrategie

          1.1.8      'n Wêreldorganisasie wat finansiële steun verleen om ekonomiese
                     ontwikkeling in ontwikkelende lande te verhoog, staan as die ...
                     bekend.

                     A   Verenigde Nasies
                     B   Wêreldhandelsorganisasie
                     C   Internasionale Monetêre Fonds
                     D   Wêreldbank                                               (8 x 2)      (16)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 5

Ekonomie/V1                                   5                             DBE/Mei/Junie 2025
                                       SS/NSS Vertroulik

 1.2      Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by die item in KOLOM A pas.
          Skryf slegs die letter (A–I) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.8) in die
          ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.2.9 J.

                      KOLOM A                                    KOLOM B
          1.2.1      Reële vloei                 A     streef daarna om teen 2030
                                                       armoede te elimineer en
          1.2.2      Phillips-kromme                   ongelykheid te verminder

          1.2.3      Nasionalisering             B     'n oormatige opeenhoping van
                                                       liggaamsvette wat gesondheid
          1.2.4      Absolute voordeel                 negatief beïnvloed

          1.2.5      Ekonomiese unie             C     oordrag van funksies en
                                                       eienaarskap van entiteite van die
          1.2.6      Nasionale                         privaat sektor na die openbare
                     Ontwikkelingsplan                 sektor

          1.2.7      Vaardigheids-         D           'n aansporing wat daarna streef om
                     ondersteuningsprogram             belegging in die opleiding van die
                                                       Suid-Afrikaanse arbeidsmag te
          1.2.8      Obesiteit                         voorsien

                                                 E     lande deel 'n enkele monetêre
                                                       stelsel, een sentrale bank en 'n
                                                       verenigde fiskale stelsel

                                                 F     oordrag van funksies en
                                                       eienaarskap van entiteite van die
                                                       openbare sektor na die privaat
                                                       sektor

                                                 G     beweging van goedere, dienste en
                                                       produksiefaktore tussen
                                                       ekonomiese deelnemers

                                                 H     wanneer 'n land 'n goed of diens
                                                       goedkoper as ander lande kan
                                                       produseer hoewel dieselfde
                                                       hulpbronne gebruik word

                                                 I     illustreer die verhouding tussen
                                                       werkloosheid en inflasie
                                                                                      (8 x 1)      (8)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 6

Ekonomie/V1                                 6                           DBE/Mei/Junie 2025
                                     SS/NSS Vertroulik

 1.3      Gee EEN term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term langs
          die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.6) in die ANTWOORDEBOEK neer.
          Afkortings, akronieme en voorbeelde sal NIE aanvaar word NIE.

          1.3.1      Die proporsie van addisionele inkomste wat huishoudings verkies
                     om op goedere en dienste te bestee

          1.3.2      'n Ekonomiese aanwyser wat op dieselfde tyd as die ekonomie
                     verander

          1.3.3      Die item in die betalingsbalans wat transaksies aanteken wat aan
                     die verkoop van besighede of vaste eiendom gekoppel is

          1.3.4      Diskresionêre veranderinge in monetêre en fiskale beleide wat
                     probeer om die vlak van totale vraag te verander

          1.3.5      Die samewerking tussen die owerheid en private maatskappye om
                     groot infrastruktuurprojekte te finansier, bou en bedryf

          1.3.6      Meet die aantal kinders wat sterf voordat hulle een jaar oud word,
                     per duisend lewende geboortes in 'n jaar                    (6 x 1)       (6)

                                                               TOTAAL AFDELING A:              30

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 7

Ekonomie/V1                                   7                               DBE/Mei/Junie 2025
                                       SS/NSS Vertroulik

 AFDELING B

 Beantwoord enige TWEE           van    die   drie   vrae   in   hierdie    afdeling    in     die
 ANTWOORDEBOEK.

 VRAAG 2: MAKRO-EKONOMIE                                          40 PUNTE – 30 MINUTE

 2.1      Beantwoord die volgende vrae.

          2.1.1      Noem enige TWEE soorte wisselkoersstelsels.                            (2 x 1)     (2)

          2.1.2      Waarom    word    investering  as           'n    inspuiting      in       die
                     ekonomiesekringloop-model beskou?                                      (1 x 2)     (2)

 2.2      Bestudeer die spotprent hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                          SUID-AFRIKA SE EKONOMIESE AKTIWITEIT

                               RESESSIESTRAAT

                                                                  [Aangepas uit https://x.com/zapiro]

          2.2.1      Identifiseer 'n inkrimpingsfase van die sakesiklus in die spotprent
                     hierbo.                                                                            (1)

          2.2.2      Noem enige EEN monetêre beleidsinstrument wat gebruik kan word
                     om ekonomiese aktiwiteit te beïnvloed.                                             (1)

          2.2.3      Beskryf kortliks die term amplitude.                                               (2)

          2.2.4      Waarom is leidende aanwysers belangrik vir beleidmakers in die
                     ekonomie?                                                                          (2)

          2.2.5      Hoe kan ekonomiese herstel die Suid-Afrikaanse ekonomie
                     bevoordeel?                                       (2 x 2)                          (4)
Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 8

Ekonomie/V1                                                   8                                DBE/Mei/Junie 2025
                                                       SS/NSS Vertroulik

 2.3      Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                                    SUID-AFRIKA SE RUILVOET

                          200
                                   176,8                        176,6

                                           154,8
                                                                        162,4
                                                                                          Export       price
                                                                                           Uitvoerprysindeks
                          150
                                                                                          index

           Indekssyfers
                                                   114,2
                                                                                108,7

                                                                                          Import      price
                          100
                                                                                           Invoerprysindeks

                          50                                                              index

                           0
                                                                                          Terms
                                                                                           Ruilvoet of

                                           2022                         2023              trade (ToT)
                                                               [Aangepas uit SARB: Kwartaallikse Bulletin, Junie 2024]

          2.3.1                 Identifiseer die uitvoerprysindeks vir 2023 in die grafiek hierbo.                       (1)

          2.3.2                 Noem die formule vir die berekening van die ruilvoet.                                    (1)

          2.3.3                 Beskryf kortliks die term globalisering.                                                 (2)

          2.3.4                 Verduidelik die effek van internasionale handel op produksie van
                                goedere en dienste.                                                                      (2)

          2.3.5                 Hoe kan 'n daling in die ruilvoet die ekonomie beïnvloed?                 (2 x 2)        (4)

 2.4      Bespreek die finansiële mark binne die VIERSEKTOR-ekonomiesekringloop-
          model.                                                          (4 x 2)                                        (8)

 2.5      Hoe kan aanbodkantmaatreëls gebruik word om die vlak van ekonomiese
          aktiwiteit in die gladstryking van sakesiklusse te stimuleer? (4 x 2)                                          (8)
                                                                                                                         [40]

Kopiereg voorbehou                                                                               Blaai om asseblief

### Page 9

Ekonomie/V1                                 9                                  DBE/Mei/Junie 2025
                                     SS/NSS Vertroulik

 VRAAG 3: EKONOMIESE STREWES                                        40 PUNTE – 30 MINUTE

 3.1      Beantwoord die volgende vrae.

          3.1.1      Noem enige TWEE kontantvoordele wat deur die owerheid aan
                     huishoudings voorsien word.                         (2 x 1)                      (2)

          3.1.2      Waarom is hoë landelik-stedelike migrasie 'n probleem vir plaaslike
                     owerhede?                                                   (1 x 2)              (2)

 3.2      Bestudeer die tabel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                        SUID-AFRIKA SE INDIENSNEMINGSAANWYSERS
               Termyn     Indiensnemings-      Werkloosheids-               Ekonomiese
                               koers               koers                 aktiewe bevolking
                                                                               (EAB)

              Kw1: 2024         67,1%                32,9%                   24,9 miljoen

              Kw2: 2024         66,5%                33,5%                   25,1 miljoen

                                                         [Aangepas uit https://www.statssa.gov.za]

          3.2.1      Identifiseer die indiensnemingskoers vir die tweede kwartaal van
                     2024 in die tabel hierbo.                                                        (1)

          3.2.2      Gee EEN rede vir die hoë werkloosheidskoers in Suid-Afrika.                      (1)

          3.2.3      Beskryf kortliks die term ekonomiese aktiewe bevolking (EAB).                    (2)

          3.2.4      Verduidelik die belangrikheid daarvan om die verbruikersprys-
                     indeks(VPI)-syfers saam te stel.                                                 (2)

          3.2.5      Hoe kan die Suid-Afrikaanse ekonomie uit 'n toename in
                     indiensneming voordeel trek?                     (2 x 2)                         (4)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 10

Ekonomie/V1                                10                            DBE/Mei/Junie 2025
                                     SS/NSS Vertroulik

 3.3      Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                      SPESIALE EKONOMIESE SONES IN SUID-AFRIKA

          Spesiale ekonomiese sones (SES'e) in Suid-Afrika het nie ten volle aan hulle
          potensiaal voldoen nie. Daar is aspekte van Suid-Afrika se SES-model wat
          duidelik moet verander, waarvan een is dat die sones binne 'n langtermyn-
          ontwikkelingsplan moet pas, eerder as om onbeplande projekte te wees.
          Die owerheid moet eerlik en bekwaam                wette    implementeer     wat
          beleggersvertroue in SES'e sal inboesem.
                                                                       [Bron: www.mg.co.za]

          3.3.1      Identifiseer enige EEN uitdaging waarvoor Suid-Afrika te staan kom
                     by die implementering van spesiale ekonomiese sones (SES'e) in
                     die uittreksel hierbo.                                                     (1)

          3.3.2      Noem die spesiaal geboude nywerheidsterrein wat fisies omhein en
                     aan 'n internasionale lughawe of hawe verbind is.                          (1)

          3.3.3      Beskryf kortliks die term streeksontwikkeling.                             (2)

          3.3.4      Verduidelik die belangrikheid van positiewe beleggersvertroue vir
                     die ekonomie.                                                              (2)

          3.3.5      Hoe kan besighede voordeel trek deur in spesiale ekonomiese
                     sones (SES'e) bedryf te word?                         (2 x 2)              (4)

 3.4      Bespreek kortliks die Uitgebreide Openbare Werke-program (UOWP) en die
          Breëbasis- Swart Ekonomiese Bemagtigingsprogram (BBSEB) as Suid-Afrika
          se groei- en ontwikkelingsbeleide.                              (2 x 4)               (8)

 3.5      Hoe kan die Suid-Afrikaanse owerheid die sukses van streeksontwikkelings-
          beleide verseker?                                                 (4 x 2)             (8)
                                                                                                [40]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 11

Ekonomie/V1                                 11                                DBE/Mei/Junie 2025
                                      SS/NSS Vertroulik

 VRAAG 4: MAKRO-EKONOMIE EN EKONOMIESE STREWES
                                            40 PUNTE – 30 MINUTE

 4.1      Beantwoord die volgende vrae.

          4.1.1      Gee enige TWEE voorbeelde van eksogene oorsake van
                     sakesiklusse.                                 (2 x 1)                           (2)

          4.1.2      Waarom is dit belangrik vir die owerheid om 'n meer doeltreffende
                     vervoerinfrastruktuur in die ekonomie te bevorder?         (1 x 2)              (2)

 4.2      Bestudeer die tabel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                           NASIONALE-REKENINGOMSKAKELINGS
                                   SUID-AFRIKA 2023
           ITEM                                                                    BEDRAG
                                                                                 (R miljoen)
           Bruto waarde toegevoeg (BWT) teen faktorkoste                           6 175 572
           Belasting op produksie                                                     148 361
           Subsidies op produksie                                                      13 104
           Bruto waarde toegevoeg (BWT) teen basiese pryse                                  (A)
           Belasting op produkte                                                      730 506
           Subsidie op produkte                                                        17 341
           Bruto binnelandse produk (BBP) teen markpryse                           7 023 994

                                                 [Bron: SARB, Kwartaallikse Bulletin, Junie 2024]

          4.2.1      Identifiseer die item wat verwys na die pryse wat deur verbruikers
                     vir goedere en dienste betaal word.                                             (1)

          4.2.2      Noem enige EEN voorbeeld van belasting op produkte.                             (1)

          4.2.3      Beskryf kortliks die term faktorkoste.                                          (2)

          4.2.4      Verduidelik die impak van subsidies op produksie aan produsente
                     van goedere en dienste.                                                         (2)

          4.2.5      Gebruik die inligting in die tabel hierbo om die waarde van die bruto
                     waarde toegevoeg teen basiese pryse (A) te bereken. Toon ALLE
                     berekeninge.                                                                    (4)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 12

Ekonomie/V1                                12                             DBE/Mei/Junie 2025
                                     SS/NSS Vertroulik

 4.3      Bestudeer die dialoog hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                           VERBETER DIE LEWENSTANDAARD DEUR
                               VAARDIGHEIDSONTWIKKELING

                            Ek dink geletterdheid is die mees basiese vaardigheid.

                          Ja! Dit is waarom vaardigheidsontwikkeling
                            deel is van die owerheid se plan om die
                          lewenstandaard in hierdie land te verbeter.

                                  Daarom moet die owerheid
                              programme hê om die vaardighede
                                 van baie mense te ontwikkel.

                                                 [Aangepas uit www.google.com/humandevelopment]

          4.3.1      Identifiseer 'n menslike-ontwikkelingsindeks-aanwyser wat met
                     onderwys verband hou in die dialoog hierbo.                                (1)

          4.3.2      Noem die groei- en ontwikkelingstrategie wat beoog om die
                     uitdagings van vaardigheidstekorte in Suid-Afrika op te los.               (1)

          4.3.3      Beskryf kortliks die term ekonomiese ontwikkeling.                         (2)

          4.3.4      Verduidelik die belangrikheid van gesondheidsorg vir menslike
                     ontwikkeling.                                                              (2)

          4.3.5      Hoe kan die owerheid vaardigheidsontwikkeling in Suid-Afrika
                     bevorder?                                            (2 x 2)               (4)

 4.4      Bespreek kortliks natuurlike hulpbronne en klimaatstoestande as aanbod-redes
          vir internasionale handel.                                            (2 x 4)         (8)

 4.5      Ontleed die belangrikheid van demografiese aanwysers vir die Suid-Afrikaanse
          owerheid.                                                              (4 x 2)        (8)
                                                                                                [40]

                                                                TOTAAL AFDELING B:              80

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 13

Ekonomie/V1                                13                                DBE/Mei/Junie 2025
                                      SS/NSS Vertroulik

 AFDELING C

 Beantwoord enige EEN van die twee vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK.

 Jou antwoord sal soos volg geassesseer word:

                                                                               PUNTE-
                      STRUKTUUR VAN OPSTEL
                                                                             TOEKENNING
 Inleiding
 Die inleiding is 'n laerorde-antwoord:                                          Maks. 2
 • 'n Goeie begin is om die sleutelkonsep wat met die vraag verband hou,
     te definieer of te omskryf.
 • MOENIE enige deel van die vraag by die inleiding insluit NIE.
 • MOENIE enige deel van die inleiding by die liggaam herhaal NIE.
 • MOENIE in die inleiding noem wat jy in die liggaam gaan bespreek NIE.
 Liggaam
 Hoofdeel: Bespreek in detail/Diepgaande bespreking/Ondersoek/                   Maks. 26
 Bespreek krities/Analiseer/Vergelyk/Evalueer/Onderskei/Differensieer/
 Verduidelik/Assesseer/Debatteer
 'n Maksimum van 8 punte kan vir opskrifte/voorbeelde toegeken word.
 Addisionele deel: Bespreek krities/Evalueer/Evalueer krities/Lei af/            Maks. 10
 Vergelyk/Onderskei/Stel voor/Interpreteer/Debatteer/Hoe
 'n Maksimum van 2 punte kan vir die blote noem van feite toegeken
 word.
 Slot
 Enige hoërorde-slot behoort die volgende in te sluit:                           Maks. 2
 • 'n Kort samevatting van wat alreeds bespreek is, sonder die herhaling
    van feite wat reeds genoem is
 • Enige mening/opinie of waardeoordeel oor die feite wat bespreek is
 • Addisionele ondersteuningsinligting wat die bespreking/analise versterk
 • 'n Teenstrydige sienswyse met motivering, indien gevra
 • Aanbevelings
 TOTAAL                                                                             40

 VRAAG 5: MAKRO-EKONOMIE                                         40 PUNTE – 40 MINUTE

 •   Bespreek in detail die redes vir openbaresektor-mislukking.                                  (26)

 •   Hoe kan fiskale beleid gebruik word om die ekonomie positief te beïnvloed?                   (10)
                                                                                                  [40]

 VRAAG 6: EKONOMIESE STREWES                                     40 PUNTE – 40 MINUTE

 •   Bespreek in detail die argumente ten gunste van beskerming.                                  (26)

 •   Waarom is dit belangrik vir Suid-Afrika om sy uitvoerkapasiteit te verhoog?                  (10)
                                                                                                  [40]

                                                                   TOTAAL AFDELING C:             40
                                                                       GROOTTOTAAL:               150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Economics P1 May-June 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-economics-2024-nsc-june-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/c2bfc0d8-b28a-4a2f-a315-4aef54130cc1) — Economics · QP · 2024 · Afr
- [Economics P2 May-June 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-may-june-2025-mg-afr/4cc1190f-9c0a-43ea-98bc-3252875816a9) — Economics · Memo · 2025 · Afr
- [ECONOMICS P1 GR12 QP JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr12-qp-june-2024-afrikaans/c346a16c-1f30-4d4f-bcd0-fc46002d1c9d) — Economics · QP · 2024 · Afr
- [ECONOMICS P1 GR12 QP SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr12-qp-sept2024-afrikaans/8c1cb29b-6587-4828-ae16-d72e2952b976) — Economics · QP · 2024 · Afr
- [Gr12 Economics P1 (Afrikaans) SEP 2022 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr12-economics-p1-afrikaans-sep-2022-question-paper/4b579af8-e0b1-4689-a729-7d9986eea052) — Economics · QP · 2022 · Afr
- [Grade 12 NSC Economics P1 (Afrikaans) 2020 Preparatory Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-economics-p1-afrikaans-2020-preparatory-question-paper/468fe2d7-94f8-43ec-88c6-86cf12e31969) — Economics · QP · 2020 · Afr

## More from Grade 12 Economics

- [MTG Economics Afr](https://www.hlayiso.com/library/mtg-economics-afr/9848e5ba-3f16-47f5-8714-26d23f3a8bf5) — Guide · Afr
- [Economics P2 Memo Afr watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-memo-afr-watermark/c9d66fa3-0b40-419d-a6f6-d862847d4e82) — Memo · 2025 · Afr
- [ECONOMICS P1 GR12 MEMO SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr12-memo-sept-2024-afrikaans/4e5fd6f8-b056-49dd-befb-68b8106fad9c) — Memo · 2024 · Afr
- [ECONOMICS P2 QP SEPT FINAL 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-qp-sept-final-2024-afrikaans/f341d75d-5790-4f3a-a3d5-07b296615d67) — QP · 2024 · Afr
- [Gr 12 Economics P2 (Afrikaans) June 2024 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-economics-p2-afrikaans-june-2024-question-paper/b63a0d0e-df37-4750-b5b1-eca932045c79) — QP · 2024 · Afr
- [Gr 12 Economics P2 (Afrikaans) 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-economics-p2-afrikaans-2024-possible-answers/d54cb2c3-c826-4990-8f30-6eaeb86b12e4) — Memo · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
