# Economics Grade 11 P1 Eastern Cape November 2015 Memo (Afr)

> Grade 11 Economics Paper 1 memorandum from the Eastern Cape November 2015 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-memo-afr-gr11-nov-2015/52916bf4-5dff-4b0e-870a-c4b381b04e45
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Economics
- Grade: Grade 11
- Document type: Memorandum
- Year: 2015
- Exam period: Eastern Cape November
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 12

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/economics) › [Economics Grade 11 P1 Eastern Cape November 2015 Memo (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-memo-afr-gr11-nov-2015/52916bf4-5dff-4b0e-870a-c4b381b04e45)

## About this document

Economics · Grade 11 · Eastern Cape November · 2015. Memorandum, 12 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                         NASIONALE
                     SENIOR SERTIFIKAAT

                           GRAAD 11

                       NOVEMBER 2015

                        EKONOMIE V1
                        MEMORANDUM

PUNTE:   150

                  Hierdie memorandum bestaan uit 12 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                    EKONOMIE V1                         (EC/NOVEMBER 2015)

AFDELING A (VERPLIGTEND)

VRAAG 1

1.1    MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

       1.1.1   C      Entrepreneur
       1.1.2   B      bygetel
       1.1.3   B      die regering
       1.1.4   C      steenkool
       1.1.5   B      Kapitaalwinsbelasting
       1.1.6   B      Ekonomiese groei
       1.1.7   A      onder
       1.1.8   C      het waarde slegs omdat dit algemeen as ŉ
                        ruilmiddel aanvaar word.                              (8 x 2)    (16)

1.2    PAS ITEMS

       1.2.1   D       die bedrag geld wat ŉ natuurlike hulpbron verdien bo en
                        behalwe sy oordrag verdienste
       1.2.2   A       gebeur wanneer die waarde van alle uitsette van al die
                        ondernemings in die ekonomie net bymekaargetel word
       1.2.3   B       gee die beste moontlike uitkoms met ’n gegewe stel
                        omstandighede
       1.2.4   E       sluit beskerming, sanitasie en water in
       1.2.5   H       verhouding tussen reële uitset en inset
       1.2.6   F       ’n statistiese maatstaf wat gebruik word om die ongelykheid
                        van inkome verdeling uit te druk
       1.2.7   G       die waarde van bankbates wat gehou word in die vorm van
                        kontant om die dag-tot-dag onttrekkings deur kliënte asook
                        finansiële verpligtinge na te kom
       1.2.8   C       finansiële bystand wat nie terugbetaal moet word nie              (8)
                                                                             (8 x 1)

1.3    GEE EEN BEGRIP

       1.3.1   Nominale lone 
       1.3.2   Nie-duursame goedere 
       1.3.3   Privatisering 
       1.3.4   Ekonomiese ontwikkeling 
       1.3.5   Verbruikerskaarte 
       1.3.6   Handelstekort                                                  (6 x 1)    (6)

                                                         TOTAAL AFDELING A:               30

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2015)                      EKONOMIE V1                                          3

AFDELING B: (Beantwoord enige DRIE vrae uit hierdie afdeling.)

VRAAG 2: MAKRO-EKONOMIE
2.1   2.1.1     Individue moet hul grondwetlike reg gebruik om te stem vir die
                 politieke party wat dieselfde doelwitte as hulle nastreef. 
                Hulle moet deelneem aan die amptelike strukture wat in plek is, soos
                 rade, komitees en forums. 
                Hulle doen beroepe deur die media, openbare
                  gemeenskapsorganisasies, soos belastingbetalersverenigings,
                  petisies en gemagtigde betogings en optogte.            (Enige 2 x 1)        (2)

      2.1.2    Die totale waarde van alle finale goedere en dienste wat binne die grens
               van ŉ land in ŉ spesifieke periode, gewoonlik een jaar, geproduseer
               word.                                                           (1 x 2)         (2)

2.2   DATA RESPONS

      2.2.1    Is mense wat nie geskik is vir werk nie. 
               Mense bo die ouderdom van 65. 
               Diegene onder die ouderdom van 15 jaar. 
                                                          (Enige toepaslike antwoord)
                                                                           (Enige 1 x 2)         (2)

      2.2.2    4 364/17 482 x 100 = 25% of 24,9%                                               (2)

      2.2.3    Daar is ’n toename/neem toe.                                                    (2)

      2.2.4         Skool opvoeding 
                    Werkverwante opleiding 
                    Gesondheid                                          (Enige 2 x 2)         (4)

2.3   DATA RESPONS
      2.3.1    Is ŉ ekonomie wat vraag en aanbod gebruik om die vrae wat, hoe en vir
               wie om goedere en dienste te produseer, te beantwoord.                          (2)

      2.3.2    Individue neem hulle eie besluite en het vryheid van keuse sonder om
               deur die regering voorgeskryf te word. 
               Die produksiefaktore word privaat besit en beheer. 
                                   (Enige toepaslike antwoord)            (Enige 1 x 2)          (2)

      2.3.3    Selfbelang of private gewin.                                                    (2)

      2.3.4         Dit werk outomaties 
                    Innovering 
                    Keuse 
                    Ekonomiese groei 
                    Verspreiding van inkome en rykdom 
                    Doeltreffendheid                                    (Enige 2 x 2)         (4)

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                      EKONOMIE V1                          (EC/NOVEMBER 2015)

2.4   Verduidelik kapitaal- (intermediêre) goedere en dienste.

       Hierdie goedere help om ander goedere te vervaardig en word nie direk
        opgebruik nie. 
       Bv. masjinerie en toerusting wat gebruik word in produksie. 
       Word gekoop deur vervaardigers van goedere en dienste. 
       Sluit ook goedere en dienste in wat half-klaar is of die finale stadium moet
        bereik voordat dit vir verbruik gereed is. 
       Vereis nog prosessering ten einde dit ŉ finale produk te maak. 
                                                                           (Enige 4 x 2)         (8)

2.5   Bespreek kortliks die doeltreffendheid in die lewering van sosiale
      dienste in Suid-Afrika.

       Onderwys en opleiding 
        Onderwys is die enkele grootste uitgawe-item in die begroting. 
        Dit sluit in basiese onderwys in skole, VOO kolleges en universiteite, om
        geletterdheid te verhoog.

       Gesondheidsorg
        Om basiese gesondheidsdienste aan die hele gemeenskap te verskaf. 
        Vraag na gesondheidsorg gaan waarskynlik toeneem namate meer pasiënte
        behandeling moet ontvang vir MIV/Vigs en TB. 

       Behuisingsfunksie 
        Sluit die voorsiening van behuising aan armes is. 

       Sosiale sekuriteit 
        Probeer die basiese behoeftes van sommige individue bevredig.
        Dit beskerm ook en bevorder die regte van weerlose groepe soos kinders,
        ouer persone, vroue en mense met gebreke. 

       Openbare orde en veiligheid 
        Fisiese beskerming sluit in die weermag, polisie, kriminele regstelsel en
        korrektiewe dienste.
        Dit is kollektiewe dienste. 
        Die kwaliteit en doeltreffendheid van hierdie dienste maak dat
        gemeenskappe en individue veilig en beskerm voel, of nie.             (2 x 4)      (8)
                                                                                            [40]

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2015)                     EKONOMIE V1                                         5

VRAAG 3: EKONOMIESE STREWES

3.1   3.1.1     Vlak van onderwys en tersiêre kwalifikasies. 
                Ligging van streek, met hoër inkome in stedelike gebiede in
                 vergelyking met plattelandse gebiede. 
                Ekonomiese sektor met primêre sektor verdienste wat laer is as
                 verdienste in die tersiêre sektor. 
                Mate van gelyke indiensname, waar daar inkome verskille is as
                 gevolg van ras- en geslagsdiskriminasie. 
                                   (Enige toepaslike antwoord.)         (Enige 2 x 1)          (2)

      3.1.2     Om die funksionering van markte te versterk. 
                Om ekonomiese groei en ontwikkeling te bevorder. 
                Om herverdeling van inkome en rykdom te verseker. 
                                                                     (Enige 1 x 2)             (2)

3.2   DATA RESPONS

      3.2.1         Angola 
                    Botswana 
                    DRK 
                    Lesotho 
                    Malawi 
                    Mauritius 
                    Mosambiek 
                    Namibië 
                    RSA
                    Seychelle 
                    Swaziland 
                    Tanzanië 
                    Zambië 
                    Zimbabwe 
                    Madagaskar                                        (Enige 2 x 1)          (2)

      3.2.2    Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap                                     (2)

      3.2.3     Ekonomiese welstand 
                Verbetering van lewensstandaard en lewenskwaliteit 
                Vryheid en sosiale regverdigheid en vrede en sekuriteit vir die mense
                 van Suider-Afrika.                                    (Enige 1 x 2)         (2)

      3.2.4         Vryhandelgebied 
                    Doeane-unie 
                    Gemeenskapsmark 
                    Ekonomiese-unie 
                    Monetêre-unie                                     (Enige 2 x 2)         (4)

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                     EKONOMIE V1                          (EC/NOVEMBER 2015)

3.3   DATA RESPONS

      3.3.1   ŉ Bankmislukking vind plaas wanneer ŉ bank nie in sy kliënte se vraag
              na kontant kan voorsien nie.                                                    (2)
      3.3.2   SARB meng in om ŉ verlies aan vertroue in die banksektor te
              voorkom. 
              Die SARB waarborg dat deposante nie die geld sal verloor wat hulle by
              geregistreerde banke gedeponeer het nie.                                        (2)
      3.3.3      Het die geld verloor. 
                 Verloor beleggingsaandeel in die bank. 
                 Verloor vertroue in die bankstelsel. 
                 Kan huis verloor.  (Enige toepaslike antwoord)        (Enige 1 x 2)         (2)
      3.3.4    Swak bestuur 
               Swak kredietbeheer 
               Slegte skuld                                             (Enige 2 x 2)        (4)

3.4    Bespreek kortliks die doelwitte van monetêre beleid.
       Verseker ekonomiese groei in die land deur die waarde van die geldeenheid
        te beskerm. 
       Beheer die aanbod van geld en die vlakke van krediet tot voordeel van
        verbruikers en ondernemings. 
       Bestuur stabiele toestande in die finansiële industrie. 
       Stel rentekoerse vas en bevorder beleggings en besparings, maar moet ook
        redelik wees teenoor diegene wat geld leen. 
       Wisselkoerse, wat voordelig is vir die hele land, behoort in stand gehou te
        word.                                                                 (4 x 2)
3.5   Ontleed lae lewensstandaard en lae vlakke van produktiwiteit as kenmerke
      van ontwikkelende lande.
      Lae lewenstandaard
       Lewensstandaard word gemeet kragtens per capita BNI, of kragtens reële
        per capita BNI indien dit oor ’n tydperk gemeet word. 
       Die lewensstandaard in ontwikkelende lande is oor die algemeen laag,
        hoofsaaklik as gevolg van die lae vlakke van inkome. 
       Dit lei tot armoede, onvoldoende behuising, swak gesondheidsorg, beperkte
        onderwys, hoë kinder-mortaliteit en lae lewensverwagting. 
       Mense sukkel om hulle basiese behoeftes te bevredig en voldoen nie aan
        hulle potensiaal nie.                                             (2 x 2)             (4)

      Lae vlakke van produktiwiteit
       Produktiwiteitvlakke is laag as gevolg die gebrek aan kundigheid, veral in
        sleutelgebiede soos wetenskappe en tegnologie. 
       Ander toestande soos swak gesondheid, swak voeding en gebrek aan
        innovasie kom ook algemeen voor.                                     (2 x 2)      (4)
                                                                                           [40]

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2015)                      EKONOMIE V1                                          7

VRAAG 4: MAKRO-EKONOMIE EN EKONOMIESE STREWES

4.1   4.1.1     Sellulêre-telefoon 
                Satelliet-telefoon 
                Radio-telefoon          (Enige toepaslike antwoord aanvaarbaar)
                                                                              (2 x 1)        (2)

      4.1.2    Is mense wat uitgesluit word van betekenisvolle deelname in die
               gemeenskap, en wie se behoeftes meestal nie deur die owerhede
               aangespreek word nie.       (Enige toepaslike antwoord)       (1 x 2)       (2)

4.2   DATA RESPONS

      4.2.1    Is die totale besteding deur plaaslike huishoudings en private nie-
               winsnemende instellings wat huishoudings bedien, op nuwe finale
               goedere en dienste                                                          (2)

      4.2.2     Duursame goedere 
                Semi-duursame goedere                                          (2 x 1)    (2)

      4.2.3    Neem toe teen ŉ geringe stadige pas/neem af/daal. 
                                                (Aanvaar enige toepaslike antwoord)          (2)

      4.2.4    Nie-duursame goedere – word verbruik of vernietig in die proses van
               verbruik 
               Byvoorbeeld – voedsel, drank en tabak, huishoudelike brandstof, krag
               en water        (Aanvaar enige toepaslike voorbeeld)          (2 x 2)       (4)

4.3   DATA RESPONS

      4.3.1    Verstedeliking – is die beweging van mense van plattelandse gebiede
               na stedelike gebiede.           (Aanvaar enige toepaslike voorbeeld)        (2)

      4.3.2     Hoër ekonomiese groei in stedelike gebiede lok mense op soek na
                 werksgeleenthede. 
                Vir beter onderwys. 
                Beter gesondheidsorgdienste 
                Besoek familie 
                            (Aanvaar enige toepaslike antwoord)        (Enige 2 x 2)         (4)

      4.3.3     Vlak van ontwikkeling                                                     (2)

      4.3.4     Gebrekkige infrastruktuur – tekort aan behuising, skole, hospitale,
                 water- en elektrisiteitverskaffers. 
                Oorbevolking – vervoerprobleme en verkeersopeenhopings 
                Omgewingskade deur ontwikkeling van informele behuising 
                Hoë werkloosheid 
                             (Aanvaar enige toepaslike antwoord)          (Enige 1 x 2)      (2)

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                    EKONOMIE V1                         (EC/NOVEMBER 2015)

4.4   Verduidelik kortliks enige TWEE faktore wat die wins van ŉ entrepreneur
      beïnvloed.

       Die vaardigheid van die entrepreneur 
        Entrepreneur wat kostes kan beheer, doeltreffend produseer en pryse en
        verkope akkuraat kan skat en verdien waarskynlik hoër winste as
        diegene met ŉ gebrek aan soortgelyke vaardighede. Hulle is bevoeg. 

       Produksieprosesse en -tegnieke 
        Entrepreneurs moet besluit watter produksiemetodes hulle gaan
        gebruik. 
        Besluite moet geneem word oor of hulle op groot skaal gaan produseer of
        slegs op bestelling. 
        Die masjinerie wat tydens produksie van goedere gebruik word, sal die
        produksiekoste sowel as die pryse van die produkte bepaal. 

       Die vraag na die produk 
        ŉ Vraag na goedere het ŉ invloed op wins. As die vraag na die produk hoog
        is, sal verkope toeneem en die wins sal ook hoër wees en omgekeerd. 
                                                                      (Enige 2 x 4)       (8)

4.5   Bespreek die doelwitte van NEPAD                                                    (8)

       Om volhoubare groei en ontwikkeling in Afrika-lande te verseker. 
       Voorkom dat Afrika gemarginaliseerd word en ontwikkel die vermoë om op
        wêreldmarkte mee te ding. 
       Verlig armoede deur agterstande in dienslewering uit te wis. 
       Versnel die bemagtiging van die vrou. 
       Bereik die Millennium Ontwikkelingsdoelwitte                 (Enige 4 x 2)      (8)
                                                                                         [40]

                                                            TOTAAL AFDELING B:                80

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2015)                     EKONOMIE V1                                          9

AFDELING C
Beantwoord enige EEN van die twee vrae uit hierdie afdeling in die
ANTWOORDEBOEK.

STRUKTUUR VAN DIE OPSTEL                                    PUNTETOEKENNING
Inleiding                                                        Maks. 2
Inhoud:                                                         Maks. 26
Hoofgedeelte: Bespreek in detail/In diepte
bespreking/Ondersoek/Bespreek krities/Ontleed/
Vergelyk/Evalueer/Onderskei/ Verduidelik/
Assesseer/Debatteer
Addisionele gedeelte: Gee eie mening/Bespreek                      Maks.10
krities/Evalueer/Evalueer krities/Teken ŉ grafiek en
verduidelik/Gebruik gegewe grafiek en verduidelik/
Voltooi die gegewe grafiek/Bereken/Lei af/Vergelyk/
Verduidelik/Onderskei/ Interpreteer/Debatteer kortliks
Slot                                                                Maks .2
TOTAAL                                                                40

VRAAG 5: MAKRO-EKONOMIE
Bespreek die ekonomiese belangrikheid van primêre sektor in die ekonomie.
Evalueer die programme wat die regstelling van die grondkwessie in Suid-Afrika
aanspreek, krities.
INLEIDING
Die primêre sektor bestaan uit alle ekonomiese aktiwiteite wat in die eerste stap van
die produksieproses van primêre produkte is, byvoorbeeld mynwese, landbou,
bosbou en visserye. 
                            (Aanvaar enige toepaslike inleiding)               Maks. 2      (3)
INHOUD
Belangrikheid van die primêre sektor
 Verskaf voedsel en minerale:  Sommige landbouprodukte word ingevoer.
 Suid-Afrika is amper selfvoorsienend in alle minerale behalwe ru-olie en ander
  olieprodukte wat ingevoer moet word. 
 Verdien buitelandse valuta deur uitvoere, wat inruil weer vir invoere van ander
  produkte betaal 
 Lei werkers op en skep werksgeleenthede 
  Werkers moet in die gebruik van masjinerie opgelei word.
  Werksgeleenthede word in die mynbou industrie geskep. 
  Landbou is ’n belangrike werkverskaffer vir plattelandse mense, alhoewel die
  getalle in die laaste jare afgeneem het. 
 Voorsiening van grondstowwe vir die sekondêre nywerhede 
  Visserye, mynbou en bosbou speel ŉ belangrike rol in die uitbreiding en vestiging
  van die sekondêre nywerhede in Suid-Afrika. 
 Bydrae tot BBP 
  A.g.v. die daling in die bydrae van die primêre sektor tot die BBP, is dit belangrik
  dat die primêre sektor se rol in werkskepping steeds bestaan. 

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                                   EKONOMIE V1                         (EC/NOVEMBER 2015)

 Bron van kapitaalvorming 
  Die primêre sektor benodig groot bedrae kapitaal om goedere te produseer.
  Buitelandse investering speel ŉ belangrike rol in die uitbreiding van hierdie
  nywerhede. 
 Stimulasie van navorsing en ontwikkeling 
  In die primêre sektor is daar navorsingsinstitute wat navorsing doen oor metodes
  om produktiwiteit en kwaliteit ŉ hupstoot te gee.
 Bron van staatsinkome 
  In hierdie sektor ontvang die SAID belastings van alle nywerhede. 
  Goudmynmaatskappye betaal ekstra belasting, wat deel van ’n belangrike bron vir
  staatsinkome uitmaak. 
 Positiewe invloed op infrastruktuur 
  Die ontwikkeling van landboustreke en die ontdekking van minerale het ŉ
  belangrike rol in die land gespeel.                                      Maks. 26
                                                     (Maks. 9 indien slegs genoem)

 ADDISIONELE GEDEELTE
  Krities evalueer die programme wat die regstelling van die grondkwessie in Suid-
  Afrika aanspreek, krities.

 Grondhervormings/Grondrestitusieprogram 
  Die doel van hierdie program is om die geldigheid van eise te ondersoek, grond
  terug te gee of finansiële vergoeding aan eisers uit te betaal. 
  Mense wie van hulle grond onteien is as gevolg van rasse-diskriminerende
  wette en praktyke.
 Grondherverdelingsprogram 
  Die doel is om voorheen benadeelde Suid-Afrikaners toegang tot landbougrond te
  gee. 
  Die regering het oorspronklik gemik om 30% van Suid-Afrikaners se landbougrond
  teen 2014 te herverdeel.
  Hulle het in 2010 toegegee dat die doelwit nie teen 2014 bereik sou word nie en
  2025 as ŉ meer realistiese datum aangedui. 
  Die klem het verskuif van vinnige herverdeling van grond na meer ondersteuning
  aan gevestigde begunstigdes.                                          Maks. 10
                                                (Indien slegs genoem maks. 2 punte)

SLOT

Die primêre sektor het ŉ baie belangrike rol, deur mense van voedsel en
grondstowwe sedert die antieke tyd te voorsien.                         Maks. 2
                                                      (Aanvaar enige toepaslike slot)

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2015)                      EKONOMIE V1                                          11

VRAAG 6: EKONOMIESE STREWES

   Bespreek en evalueer die metodes wat deur die regering gebruik word om
    inkome en rykdom te herverdeel.
   Verduidelik kortliks die redes vir ongelyke verdeling van inkome.

INLEIDING
Een van die makro-ekonomiese doelwitte van die regering is om te ekonomiese
regverdigheid in die land te verseker. 
Daarom moet die regering maatreëls instel om die grootte van die inkomstegaping
tussen die ryk en die arm te laat krimp. 
                            (Aanvaar enige toepaslike inleiding)         Maks. 3

INHOUD
Herverdelingsmetodes
   Belasting 
    Belasting is ŉ instrument wat deur die regering gebruik word vir die
    herverdeling van inkome. 
    Meeste regerings gebruik ŉ progressiewe belastingstelsel om inkome te
    herverdeel 
    In terme van progressiewe belasting, betaal die wat meer verdien, meer
    belasting.
    Die addisionele inkome wat verkry word indien die belastingkoers verander,
    kan gebruik word om sosiale sekuriteitsprogramme te finansier. 
    Die regering herverdeel dus inkome van die rykes na die armes op hierdie
    manier. 

   Sosiale sekuriteit 
    Regering gebruik inkomste uit belasting om te betaal vir sy sosiale sekuriteit
    programme.
    Oordragbetalings soos ouderdomspensioene en ongeskiktheidstoelaes word
    betaal uit belasting inkome. 
    Die regering voorsien ook nie-kontant voordele soos kospakkies, gratis
    onderwys en gratis mediese dienste aan die armes. 
    Hierdie voordele help om die lewensstandaard van diegene in lae inkome
    groepe te verhoog en verklein die ongelykheidsgaping.

   Minimum lone 
    Die regering kan minimum loon vereistes implementeer. 
    Geen werkgewer word toegelaat om sy werkers ŉ laer loon as die voorgeskrewe
    minimum loon te betaal nie. 
    Dis om te verseker dat werkers ten minste aan die minimum lewensstandaard
    kan voldoen.

   Regstellende beleide 
    Daar is ŉ aantal beleide wat deur die Suid-Afrikaner regering geïmplementeer is
    om die ongelykhede van die verlede aan te spreek. 
    ŉ Verskeidenheid beleide is sedertdien ingestel om die voorheen benadeelde
    groepe te bemagtig. 

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                                   EKONOMIE V1                         (EC/NOVEMBER 2015)

 Swart Ekonomiese Bemagtiging 
  SEB is ŉ regerings inmengingsbeleid wat in 1996 ingestel is om ongelykhede
  van die verlede aan te spreek.  Die wet voorsien die fondasie vir
  transformasie van die Suid-Afrikaanse ekonomie sodat swartmense wat die land
  se ekonomie besit, bestuur en beheer beduidend kan verhoog en inkome
  ongelykhede daadwerklik kan verminder. 

 Grondhervorming en grondherverdeling 
  Die doel is om grond terug te gee aan diegene wat dit verloor het as gevolg van
  diskriminerende wette en praktyke.
  Grondherverdeling fokus op grond vir residensiële en produktiewe gebruik.
  Dit word gebaseer op ŉ gewillige-koper, gewillige-verkoper beginsel. 
  Die regering mik daarna om 30% van die land se landbougrond aan voorheen
  benadeelde mense te oorhandig. Grond is ŉ groot rykdom bate as dit behoorlik
  aangewend word. 

 Eiendom subsidies 
  Eiendomme word gebruik om begunstigdes te help om eienaarskap van vaste
  residensiële eiendom te bekom. 
  Die regering se behuisingsubsidie-skema voorsien ses befondsingopsies aan
  kwalifiserende persone wat minder as R3 500 per maand verdien. 
  Die subsidie mag gebruik word om lenings van banke aan te vul. 

ADDISIONELE GEDEELTE
Verduidelik kortliks die redes vir ongelyke verdeling van inkome.

Ongelyke besit van rykdom  – Wanneer rykdom inkomste genereer in die vorm
van wins, rente en dividende, veroorsaak verskille in rykdom ook verskille in
inkome.
Verskille in die samestelling van huishoudings –  Sommige huishoudings is
groot en ander is klein. 
Verskille in vaardighede en kwalifikasies –  Diegene met gevorderde
vaardighede en kwalifikasies is geneig om meer te verdien.
Diskriminasie –  Die inkome van sommige groepe is nadelig beïnvloed deur
diskriminasie in terme van werksgeleenthede, vergoeding en
bevorderingsmoontlikhede.                                            (Enige 5 x 2)    (10)
                                              (Indien slegs genoem maks. 4 punte)

SLOT

In Suid-Afrika, word ekonomiese regstelling aangewend om die lewensstandaard
van alle mense te verbeter. Dit word gedoen deur elkeen se toeganklikheid tot
ekonomiese hulpbronne, te verbeter, deur gelyke geleenthede te bied.      Maks. 2
                                                 (Aanvaar enige toepaslike slot)        [40]

                                                           TOTAAL AFDELING C:            40
                                                               GROOTTOTAAL:             150

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

## Related documents

- [ECONOMICS P1 QP ENG GR11 NOV 2015](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-qp-eng-gr11-nov-2015/684febc9-bef9-4583-a90a-17343f308555) — Economics · QP · 2015 · Eng
- [Gr11 Econ P2 N15 MEMO Eng](https://www.hlayiso.com/library/gr11-econ-p2-n15-memo-eng/5e90f3ff-a867-4fa8-96aa-7c768fa903c5) — Economics · Memo · 2015 · Eng
- [Gr11 ECN P1 November 2015 Possible Answer](https://www.hlayiso.com/library/gr11-ecn-p1-november-2015-possible-answer/80daaf1a-0365-4c61-8c0c-594b1b16f936) — Economics · Memo · 2015
- [ECONOMICS P1 GR11 MEMO NOV2022 English](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr11-memo-nov2022-english/f3b27fa1-7373-4ceb-8730-0144367736fd) — Economics · Memo · 2022 · Eng
- [ECON P1 GR11 QP MEMO NOV2020 ENG D](https://www.hlayiso.com/library/econ-p1-gr11-qp-memo-nov2020-eng-d/5406dfaf-8a50-4533-8505-38d7c36c55cb) — Economics · Memo · 2020 · Eng
- [ECON P1 GR11 MEMO NOV 2020](https://www.hlayiso.com/library/econ-p1-gr11-memo-nov-2020/6e7ae738-7a79-48c2-9a56-892701af1d5a) — Economics · Memo · 2020

## More from Grade 11 Economics

- [ECONOMICS P2 GR11 QP NOV2025 Afrikaans watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-gr11-qp-nov2025-afrikaans-watermark/86767b41-58b1-48f1-8398-85ff62ae0406) — QP · 2025 · Afr
- [LP CS Economics Grade 11 March 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-cs-economics-grade-11-march-2025-qp-and-memo/5d9f6601-bdd5-43eb-9f96-7f2865b253de) — QP + Memo · 2025
- [ECONOMICS GRADE 11 P2 QP NOV 2024 AFR D watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-11-p2-qp-nov-2024-afr-d-watermark/8703b89d-9b76-462c-932b-0bec6afe2b03) — QP · 2024 · Afr
- [Gr 11 Economics P2 (Afrikaans) June 2024 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-economics-p2-afrikaans-june-2024-question-paper/286fd14c-e55e-40fd-bc7c-063349f9423e) — QP · 2024 · Afr
- [Gr 11 Economics P2 (English) June 2024 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-economics-p2-english-june-2024-question-paper/a5bf3155-bcd3-4b96-83c6-1d36905153a9) — QP · 2024 · Eng
- [NW 11 ECONOMICS P2 QP AFR NOV 2024](https://www.hlayiso.com/library/nw-11-economics-p2-qp-afr-nov-2024/7a818f82-3a68-4706-bcd0-8984b2f584ac) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
