# Economics Grade 10 P1 Eastern Cape November 2019 Memo (Afr)

> Grade 10 Economics Paper 1 memorandum from the Eastern Cape November 2019 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-memo-gr10-nov-2019-afrikaans/2f110dad-04a5-4bf3-b05d-d881f351d4c0
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Economics
- Grade: Grade 10
- Language: Afrikaans
- Document type: Memorandum
- Year: 2019
- Exam period: Eastern Cape November
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 10](https://www.hlayiso.com/library/grade-10) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-10/economics) › [Economics Grade 10 P1 Eastern Cape November 2019 Memo (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-memo-gr10-nov-2019-afrikaans/2f110dad-04a5-4bf3-b05d-d881f351d4c0)

## About this document

Economics · Grade 10 · Eastern Cape November · 2019 · Afrikaans. Memorandum, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                    NASIONALE
                SENIOR SERTIFIKAAT

                        GRAAD 10

                  NOVEMBER 2019

                   EKONOMIE V1
                   NASIENRIGLYN

PUNTE:   150

               Hierdie nasienriglyn bestaan uit 16 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                     EKONOMIE V1                         (EC/NOVEMBER 2019)

 AFDELING A (VERPLIGTEND)

 VRAAG 1

 1.1   MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

       1.1.1    B         sekondêre

       1.1.2    D         besparing; belasting

       1.1.3    C         handelaars- en vakmanorganisasies

       1.1.4    A         mortaliteit

       1.1.5    C         metallurgie

       1.1.6    B         herstel

       1.1.7    A         afname in die koers van inkomstebelasting

       1.1.8    D         mense tussen werke beweeg                      (8 x 2)    (16)

 1.2   PASITEMS

       1.2.1     E         Die fisiese omgewing en toestand wat mense se
                            lewens beïnvloed

       1.2.2     G         Ander naam vir mikro-ekonomie

       1.2.3     F         Die som van investering, staatsbesteding en
                            uitvoerinkomste

       1.2.4     A         Opeenvolgende periodes van toenemende en
                            dalende ekonomiese aktiwiteite

       1.2.5     H         Mense produseer self wat hulle nodig het

       1.2.6     C         Die uitbreiding van ŉ land se mag en invloed in die
                            wêreld deur politieke verhoudinge of militêre mag

       1.2.7     B         Die deel van die arbeidsmag wat kan werk

       1.2.8     D         Inmenging in die bevordering van handel vir
                            ekonomiese ontwikkeling, wat daarop gemik is om die
                            prestasie van ŉ ekonomiese gebied te verbeter
                                                                          (8 x 1)     (8)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019)                          EKONOMIE V1                                  3

 1.3    GEE EEN BEGRIP

        1.3.1        Arbeid 

        1.3.2        Internasionale ekonomie / globaal 

        1.3.3        Huishoudings 

        1.3.4        Vrye goedere 

        1.3.5        Waardevermindering 

        1.3.6        Arbeidsmag-deelnamekoers / Arbeidsmag-absorpsiekoers (6 x 1)       (6)

                                                           TOTAAL AFDELING A:           30

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                    EKONOMIE V1                       (EC/NOVEMBER 2019)

 AFDELING B

 Beantwoord TWEE van die drie vrae uit hierdie afdeling in die
 ANTWOORDEBOEK.

 VRAAG 2: MAKRO-EKONOMIE

 2.1    Beantwoord die volgende vrae.

        2.1.1   Noem enige TWEE ekonomiese benaderings.
                 Mikro-ekonomie 
                 Makro-ekonomie                                                   (2)

        2.1.2   Hoekom maak ekonome gebruik van ekonomiese modelle?
                 Om werklikheid te vereenvoudig ten einde beter te verstaan 
                 Om ekonomiese kwessies te bestudeer en te ondersoek             (2)

 2.2    2.2.1   Identifiseer die trog in bostaande sakesiklus.
                 A                                                                (1)

        2.2.2   Wat word die Yx lyn in ekonomie genoem?
                 Tendenslyn                                                       (1)

        2.2.3   Omskryf die begrip sakesiklus.
                 ŉ Sakesiklus is opeenvolgende periodes van stygende of
                  dalende ekonomiese aktiwiteit 
                  (Enige ander toepaslike definisie)                               (2)

        2.2.4   Verduidelik die herstelfase in ŉ tipiese sakesiklus.
                 Vervaardigingsproduksie neem toe 
                 Rentekoerse neem verder af 
                 Inflasie neem af 
                 Rand appresieer en uitvoere styg  
                  (Enige toepaslike antwoord)                                       (2)

        2.2.5   Wat kan die regering doen om ŉ erge afname in die sakesiklus
                uit te stryk?
                 Die regering behoort belasting te verlaag 
                 Daling in rentekoerse 
                 Laat die wisselkoers toe om te appresieer    (Enige 2 x 2)       (4)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019)                         EKONOMIE V1                                       5

 2.3    DATARESPONS

        2.3.1    By watter soort verbruiksgoedere behoort lekkergoed?
                  Nie-duursame verbruiksgoedere 
                                                                                           (1)
        2.3.2    Noem enige basiese behoefte van huishoudings.
                  Klere 
                  Skuiling 
                  Voedsel 
                  Water                                                (Enige EEN)      (1)

        2.3.3    Omskryf kortliks die begrip skaarsheid.
                  Skaarsheid vind plaas die hulpbron/hulpbronne om behoeftes
                   mee te bevredig, in beperkte hoeveelhede beskikbaar is. /
                   Beperkte aantal hulpbronne                                            (2)

        2.3.4    Wat is geleentheidskoste?
                  Dit is die koste van die volgende beste alternatief van ŉ produk of
                   diens.                                                                (2)

        2.3.5    Hoe beïnvloed skaarsheid die keuse van verbruikers?
                  Skaarsheid beteken dat die verbruiker meer wil hê as wat
                   beskikbaar is, daarom vereis skaarsheid ŉ keuse 
                  Verbruikers moet kies watter van hulle behoeftes hulle sal
                   bevredig en watter hulle onbevredig sal laat 
                  Skaarsheid forseer verbruikers om ŉ keuse uit te oefen (neem
                   minder van iets anders)                                  (2 x 2)      (4)

 2.4             Bespreek kortliks die invloed van MIV/Vigs op die Suid-
                 Afrikaanse arbeidsmag.
                  Verlies aan inkome soos wat werkers siek raak 
                  Beïnvloed arbeidproduktiwiteit 
                  Dit lei uiteindelik tot ŉ daling in die arbeidsmag as gevolg van
                    dood 
                  Dit belas die res van die werkers, in die huishouding,
                    finansieel 
                  Finansiële afhanklikheid op die regering neem toe, bv. toelaes 
                  Afname in Bruto Binnelandse Produk (BBP) 
                    (Enige ander toepaslike antwoord)                            (4 x 2)   (8)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                   EKONOMIE V1                       (EC/NOVEMBER 2019)

 2.5    Hoe kan ekonomiese kwessies menseregte beïnvloed?

        Positief
         Deur in menseregte te belê, sal die ekonomiese groeikoers van ŉ land
          heelwaarskynlik toeneem 
         Investering in menseregte, stel mense in staat om vryheid van spraak te
          geniet 

        Negatief
         Ekonomiese kwessies soos armoede, verswak mense se
          lewenstandaard, wat tot misdaad mag lei 
         Ekonomiese kwesbare mense word uitgesluit uit ekonomiese
           deelname 
          (Enige ander toepaslike antwoord)                               (4 x 2)     (8)
                                                                                     [40]

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019)                        EKONOMIE V1                                     7

 VRAAG 3: EKONOMIESE STREWES

 3.1    3.1.1    Noem enige TWEE ekonomiese gevolge van die mynbou- en
                 nywerheidstadium.
                  Ontwikkeling van ŉ markekonomie 
                  Verstedeliking 
                  Verbeterde vervoer 
                  Verbeterde kommunikasie 
                  Ander dienste, bv. finansiële dienste         (2 x 1)               (2)

        3.1.2    Wat is die doel van markte in die ekonomie?
                  Is om kopers en verkopers bymekaar te bring 
                  Om handel tussen potensiële produsente en verbruikers te
                   bewerkstellig 
                   (Aanvaar enige ander toepaslike antwoord).             (1 x 2)       (2)

 3.2    DATARESPONS

        3.2.1    Wat beteken oumense in die Suid-Afrikaanse arbeidsmag?
                  Alle senior burgers wat nie deel uitmaak van die ekonomiese
                   bedrywige bevolking nie 
                  Ouer as 65 jaar 
                   (Aanvaar enige ander toepaslike antwoord)                            (1)

        3.2.2    Wat het met die deelnamekoers tussen 2001 en 2019 gebeur?
                  Deelnamekoers het afgeneem                                          (1)

        3.2.3    Omskryf werkloosheid kortliks.
                  Wanneer ŉ persoon wil werk en beskikbaar is om binne ŉ week
                    te begin werk; die persoon aktiewe stappe geneem het om werk
                    te soek of om ŉ besigheid te begin vier weke voor die
                    onderhoud 
                  Werkloosheid vind plaas wanneer ŉ persoon nie oor die laaste
                    week gewerk het nie 
                   (Enige ander toepaslike antwoord)                                    (2)

        3.2.4    Wat is die ouderdomsperk van die Suid-Afrikaanse
                 arbeidsmag?
                  15–65 jaar                                                         (2)

        3.2.5    Waarom verander die aanbod van arbeid in Suid-Afrika?
                 Aanbod van arbeid verander wanneer:
                  daar migrasie is – die beweging van werkers van streek na streek
                   of land na land 
                  die aantal vroue wat hulself beskikbaar stel vir
                  indiensnemingsgeleenthede beduidend styg/daal 
                  daar ŉ wanaanpassing is van vaardighede en ander vermoëns
                   wat in die ekonomie benodig word 
                  arbeid self beskikbaar gemaak word vir indiensname en dit word
                   uitgedruk deur die arbeidsmag-deelnamekoers (AMDK)                 (4)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                     EKONOMIE V1                          (EC/NOVEMBER 2019)

3.3    DATARESPONS

       3.3.1   Onder watter ekonomiese sektor word mynbou geklassifiseer?
                Primêre                                                                (1)

       3.3.2   Noem enige ekonomiese aktiwiteit waarby vroeëre
               gemeenskappe betrokke was.
                Boerdery 
                Landbou                                                                (1)

       3.3.3   Beskryf kommersialisering kortliks.
                Kommersialisering is die proses waardeur nuwe produkte en
                 dienste na die mark gebring word  
                Die breër handeling van kommersialisering behels produksie,
                 verspreiding, bemarking, verkope, kliëntediens en ander
                 sleutelfunksies wat krities van aard is in die bereiking van die
                 kommersiële sukses van die nuwe produk en diens 
                 (Enige ander toepaslike antwoord)                                       (2)

       3.3.4   Verduidelik die verandering wat deur die evolusie van markte
               teweeggebring is.
                Duisende immigrante het na Suid-Afrika verhuis
                Die swak bestaande infrastruktuur moes ontwikkel word om aan
                  die behoeftes van die mynbounywerheid te voldoen  
                Beter infrastruktuur het boere gehelp om hul produkte by die
                  markte te kry 
                Vraag na plaasprodukte het beduidend toegeneem met die
                  ontwikkeling van mynboustede                                           (2)

       3.3.5   Hoe hou BBP verband met ekonomiese groei?
                ŉ Styging in BBP lei tot ŉ verbetering in die ekonomiese groei 
                Hoe groter die produksievermoë, hoe groter die arbeid van
                 eenhede wat vereis word 
                Skep werksgeleenthede 
                Werkskepping verhoog die lewenspeil van mense 
                Toenemende besteebare inkome van huishoudings, lei tot ŉ
                 groter vraag na goedere wat geproduseer moet word 
                                                                      (Enige 2 x 2)      (4)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019)                        EKONOMIE V1                                      9

 3.4   Verduidelik die sosiale en ekonomiese invloed op werkloosheid.
       Ekonomiese impak
       Werkloosheid lei tot:
        daling in die belastingbasis en koopkrag 
        ŉ toename in oordragbetalings  bv. werkloosheidsversekering 
        afname in produksie a.g.v. ŉ daling in besteding 
        afhanklikheid van sosiale toelaes. 
        ŉ toename in slegte skuld en verlaagde winste 
        die terugneem van bates 
        afname in welvaart 
         (Enige toepaslike antwoord)                                 (2 x 2) (4)

       Sosiale impak
       Werkloosheid lei tot:
        Hoë misdaadkoers 
        Sosiale onrus 
        Styging in oprigting van onwettige besighede 
         (Aanvaar enige ander toepaslike antwoord)                        (2 x 2) (4)     (8)

 3.5   Gee jou mening oor die invloed van immigrasie en vlugtelinge op die
       bevolking van Suid-Afrika.
        Immigrasie van geskoolde mense spreek die vraag na skaars
          vaardighede en kundigheid aan 
        Konflik rondom migrant arbeiders wat die poste van SA inwoners
          afneem, het onlangs ŉ oënskynlike probleem begin raak 
        Reuse invloei van onwettige immigrante verhoog die bevolking van SA
          en dit lei tot ŉ styging in die finansiële las van die regering 
        Onwettige immigrante en vlugtelinge dra by tot die ontwikkeling van
          informele sektore 
        Invloei dra by tot die druk op regering om onderwys en basiese
          gesondheidsdienste te verskaf 
          (Aanvaar enige ander toepaslike antwoord)                          (4 x 2)
                                                                                         (8)
                                                                                        [40]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                                  EKONOMIE V1                      (EC/NOVEMBER 2019)

 VRAAG 4: MAKRO-EKONOMIE EN EKONOMIESE STREWES

 4.1    4.1.1 Noem enige TWEE voorbeelde van hernieubare natuurlike
              hulpbronne.
               sonenergie 
               wind energie 
               water 
               lug 
               plante
               bio-brandstowwe 
               diere 
                (Enige ander toepaslike antwoord)                (2 x 1)         (2)
        4.1.2 Wat bepaal die bevolkingsgroeikoers?
              Dit word bepaal deur:
               die aantal geboortes wat die sterftes oorskry 
               immigrante meer as emigrante                       (1 x 2)    (2)
 4.2    DATARESPONS
        4.2.1 Wat verteenwoordig die blok met die byskrif A?
               Ondernemings / besighede                                        (1)
        4.2.2 Watter soort ekonomie word in bostaande kringloop
              geïllustreer?
               Geslote                                                         (1)
        4.2.3 Omskryf die begrip produksie.
               Dit is ŉ proses waar ŉ entrepreneur beskikbare hulpbronne
                (grond, arbeid en kapitaal) kombineer en dit in een of ander
                soort produk verander wat aangewend word om die behoeftes
                en begeertes van die bevolking te bevredig.                    (2)
        4.2.4 Verduidelik wat met die nasionale inkome sal gebeur as
              invoere toeneem.
               Die nasionale inkome sal afneem as gevolg van ŉ lekkasie in
                 die vorm van invoerbesteding                                  (2)
        4.2.5 Hoe kan die regering skaars hulpbronne aanwend om te
              probeer om Suid-Afrikaners se onbeperkte behoeftes te
              bevredig?
               Mense moet te alle tye keuses uitoefen. Ons moet almal keuses
                maak om die skaars beskikbare hulpbronne aan te wend ten
                einde maksimum bevrediging te skep 
               Produsente moet kies wat hulle wil produseer, hoe om dit te
                produseer en vir wie dit geproduseer moet word.  Bv. as
                hulle hout gebruik om papier mee te vervaardig, kan hulle nie
                terselfdertyd dieselfde hout gebruik om meubels mee te
                vervaardig nie
               Produsente besit skaars hulpbronne wat hulle moet aanwend in
                hulle poging om mense se onbeperkte behoeftes en begeertes
                mee te bevredig                                                (4)

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019)                        EKONOMIE V1                                    11

 4.3   DATARESPONS

       4.3.1    Noem die metode waarvolgens die BBP in bostaande tabel
                bereken is.
                 Produksie / Bruto toegevoegde waarde                                 (1)

       4.3.2    In watter ekonomiese sektor doen banke besigheid?
                 Tersiêre                                                             (1)

       4.3.3    Omskryf die begrip sekondêre sektor.
                 Is alle vervaardigingsentiteite / -besighede 
                 Is al die besighede wat grondstowwe uit die primêre sektor in
                  finale goedere en dienste omskep 
                  (Enige ander toepaslike antwoord)                                     (2)

       4.3.4    Verduidelik die tendens van die sekondêre sektor bydrae
                tussen 2013 en 2017.
                 Die sekondêre sektor het sedert 1981 ŉ afname getoon                (2)

       4.3.5    Bereken die waarde van die primêre sektor se bydrae (A) in
                2013.
                Primêre sektor bydrae is:
                 16,0 + 7,1 
                    = 23,1                                                           (4)

 4.4   Onderskei tussen absolute en relatiewe skaarsheid.
        Absolute skaarsheid bestaan wanneer dit nie moontlik is om die aanbod
         van ŉ goed te verhoog nie, omdat die hulpbronne beperk is 
        Dit is gewoonlik van toepassing op goedere en dienste wat noodsaaklik is
         vir menslike oorlewing  bv. voedsel en water              (Maks. 4)
        Relatiewe skaarsheid is wanneer jy hulpbronne kies om een ding te
         doen in plaas van ŉ ander ding 
        Daarom is die hulpbron skaars omdat dit nie beide produkte kan
         produseer nie,  bv. as ons besluit om die hulpbron te gebruik in die
         produksie van brood in plaas van koek, sal koek dan relatief skaars
         wees 
         (Enige ander toepaslike antwoord)                               (Maks. 4)       (8)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                                    EKONOMIE V1                          (EC/NOVEMBER 2019)

 4.5   Stel VIER moontlike oplossings vir omgewingsprobleme voor.
        Omgewingsbelasting (groen belasting) moet gehef word op
          maatskappye en mense wat die omgewing besoedel. 
        Maatskappye wat omgewingsvriendelike goedere verkoop, moet
          finansiële voordele ontvang, soos ŉ subsidie. 
        Heffing vir die gebruik van die omgewing – regering kan ŉ fooi hef op
          verbruikers en produsente vir die afval wat hulle nalaat in die omgewing,
          bv. SA se plaaslike owerhede hef ’n fooi vir vullisverwydering of riolering
          op huishoudings, besighede en andere. 
        Toestaan van eiendomsregte – dit verseker dat mense omsien na dinge
          wat aan hulle behoort. 
        Morele oorreding – omgewingsbewusmaking sodat mense hulle op so ŉ
          manier gedra dat dit omgewingsvriendelik is. 
        (Enige toepaslike antwoord)                                          (4 x 2)    (8)
                                                                                        [40]

                                                            TOTAAL AFDELING B:            80

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019)                     EKONOMIE V1                                   13

 AFDELING C
 Beantwoord EEN van die volgende twee vrae in hierdie afdeling in die
 ANTWOORDEBOEK.
 Jou antwoord sal soos volg geassesseer word.
 VRAAG 5: MAKRO-EKONOMIE
  Bespreek die fases in die sakesiklus.                               (26 punte)
  Hoe kan inspuitings bydra tot ŉ ekonomiese opswaai?                 (10 punte)      [40]
 INLEIDING
  Sakesiklusse verwys na aaneenlopende periodes van toenemende en
   inkrimpende ekonomiese aktiwiteit.  
   (Aanvaar enige toepaslike inleiding)                                                   (2)
 HOOFGEDEELTE
 Voorspoedfase
  Daar is ŉ toename in die ekonomiese aktiwiteite van ŉ land 
  Daar is ŉ toename in uitset, die werkverskaffingskoers en lone 
  Mense se lewenspeil verbeter 
  Verbruik: Gedurende voorspoed het verbruikers meer geld. 
  Reële BBP: Besighede maak meer wins want daar is ŉ toename in vraag. Dit lok
   meer entrepreneurs om toe te tree tot die mark en uitset verhoog. 
  Investering: Ten einde meer goedere te produseer om in die vraag te voldoen,
   verhoog besighede investering in hulle ondernemings. Hulle doen dit op verskeie
   maniere
  Geboue: Nuwe besighede kan nuwe geboue koop, bou of huur. Besighede kan
   ook nuwe takke oopmaak in ander gebiede. 
  Toerusting: Nuwe en bestaande besighede koop meer masjinerie en toerusting
   ten einde groter hoeveelhede goedere en dienste te produseer 
  Voorrade: Gedurende voorspoed is daar ŉ toename in voorraad om in die
   stygende vraag te voorsien. 
  Werkverskaffing: Die styging in die vraag na goedere, skep ŉ toename in die
   vraag na arbeid om meer goedere te produseer. Meer werkers word in diens
   geneem. Mense wat voorheen werkloos was, mag nou dalk werk kry 
  Voorspoed eindig wanneer die siklus sy piek bereik (Maks. 8 punte)
 Resessie
  Ekonomiese groei daal waarna verwys kan word as ŉ negatiewe ekonomiese
   groeikoers 
  Besighede raak pessimisties en verminder uitset 
  ŉ Daling in die indiensnemingskoers soos wat sommige werkers afgedank word,
   wat lei tot ŉ daling in inkome  
  Verbruik: Mense het minder geld in hulle sakke. Hulle verbruik dus minder.
   Daarom verminder totale vraag 
  Reële BBP: Die hoeveelheid goedere en dienste wat geproduseer word, neem af
   as gevolg van die daling in vraag. Soos wat uitset afneem, so neem reële BBP
   ook af. Ekonomiese groei daal 
  Investering: Besighede verminder investering. Minder geld word spandeer op die
   aankoop van kapitaalgoedere 
  ŉ Resessie eindig met die trog (Maks. 6 punte)

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                                     EKONOMIE V1                       (EC/NOVEMBER 2019)

 Depressie
  As ŉ resessie oor ŉ lang tedperk voortduur, raak dit ŉ depressie 
  Depressie is ŉ ernstige vorm van resessie 
  Gedurende ŉ depressie is daar grootskaalse werkloosheid en ŉ ernstige tekort
   aan goedere en dienste 
  Depressies is skaars omdat regerings stappe doen om te verhoed dat resessies in
   depressies verander                                           (Maks. 6 punte)

 Herstel
  Die ekonomie begin weer groei.  
  Herstel begin gewoonlik stadig en tel spoed op oor tyd. 
  Daar is ŉ geleidelike toename in vraag en ŉ toename in uitset, wat uiteindelik in
   voorspoed sal verander                                      (Maks. 6 punte)      (26)

 ADDISIONELE GEDEELTE

 Hoe kan inspuitings tot ŉ ekonomiese opswaai bydra?

    Verbetering in die lewenspeil van mense in die ekonomie 
    Beide uitvoere en investering lei tot groter geldvloei na SA 
    Groter produksie in SA bevoordeel dus die SA ekonomie 
    Meer werksgeleenthede word geskep 
    Verbetering in die ontwikkeling van die infrastruktuur 
     (Aanvaar enige toepaslike antwoord)                                                   (10)

 SLOT

 Sakesiklusse is langtermynneigings en kan van 3 tot 5 jaar duur of selfs 10 jaar 
 (Aanvaar enige ander slot)                                                                 (2)
                                                                                           [40]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019)                       EKONOMIE V1                                     15

 VRAAG 6: EKONOMIESE STREWES

 Bespreek veeteelt en landbou onder die volgende hoofde:

    Kenmerke                                                          (10)
    Faktore wat ontwikkeling bevorder                                  (8)
    Faktore wat ontwikkeling strem                                      (8)               (26)
    Waarom moet die nasie aangemoedig word om te spaar?                                   (10)

 INLEIDING

 Die bewys van Suid-Afrikaanse ekonomiese ontwikkeling is gewortel in sy
 geskiedenis, wat by die Khoisan-mense begin het 
 (Enige toepaslike inleiding)                                                          (2)

 HOOFGEDEELTE

 Veeteelt en landbou

 Kenmerke van die landboustadium van ekonomiese ontwikkeling
  Mense het landbouprodukte vir hulself geproduseer en selde om mee handel te
   dryf 
  Daar was min handel, meestal in die vorm van ruilhandel 
  Daar was geen goed-ontwikkelde markte nie 
  Meeste van die ekonomiese aktiwiteit in Suid-Afrika was op landbou en jag
   gerig 
  Daar was ŉ klein bevolking op groot stukke grond 
  Arbeid was skaars; slawe is ingevoer as ekstra arbeid 
  Kapitaal was skaars 
  Meeste boere het bykans alles wat hulle nodig gehad het self geproduseer 
                                                                     (Maks. 10 punte)
       
 Faktore wat ekonomiese ontwikkeling in landbou bevorder het
  Die Hollanders kon ruilhandel toepas met die Khoi en die San vir grond 
  Baie wild het jag maklik gemaak 
  ŉ Klein mark is ontwikkel vir die verkoop van voedselprodukte aan verbygaande
   skepe 
  Die koloniale magte het die markte beskerm. Bv. Engeland het invoere van
   Franse wyne belas om die verkoop van wyne uit die Kaap te bevorder by mense
   in Engeland 
  In die Kaap het plaaslike belastings op invoere, die plaaslike produksie van
   voedsel bevorder. Byvoorbeeld, ŉ belasting op koringinvoere in die 1820’s het
   boere aangemoedig om koring te produseer 
  Vervoer en infrastruktuur is verbeter.                             (Maks. 8 punte)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
16                                  EKONOMIE V1                         (EC/NOVEMBER 2019)

 Faktore wat ekonomiese ontwikkeling in landbou gestrem het
  Gebrek aan kapitaal 
  Arbeid was skaars 
  Daar was min of geen skole en ander onderwysinstellings nie; meeste mense
     het min of geen onderwys ontvang nie  
  Meeste gebiede het min of geen infrastruktuur gehad 
  Die koloniale magte het dikwels monopolieë in die markte gehad, 
     byvoorbeeld, boere kon hulle produkte slegs aan die Hollands Oos-Indiese
     Maatskappy verkoop 
  Ongelyke handel met die koloniale lande het beteken dat handel hoofsaaklik die
     koloniale magte bevoordeel het, byvoorbeeld, boere het wol in Suid-Afrika
     geproduseer en dit uitgevoer na Engeland. Die wol is dan in Engeland verwerk
     tot lappe en die duurder lappe is weer na Suid-Afrika ingevoer  
  Suid-Afrika is ŉ moeilike land om in te boer, as gevolg van gereelde droogtes en
     ŉ gebrek aan vrugbare grond. 
  Die groot afstande het toegang tot markte bemoeilik en infrastruktuur was
     duur.                                                         (Maks. 8 punte)    (26)

 ADDISIONELE GEDEELTE

 Waarom moet die nasie aangemoedig word om te spaar?
  Verbeterde vlakke van besparingspatrone stel banke in staat om meer uit te leen
   aan besighede, sodat hulle meer in kapitaalgoedere kan investeer 
  Kapitaalvorming gaan oor besparings en hoe besparings in investering
   omgeskakel word 
  Besparings het begin om ŉ baie belangrike rol in die groei van die ekonomie te
   speel 
  Investering en groei van ekonomieë hang af van die grootte van beskikbare
   besparings 
  Besparings voeg waarde toe aan mense se rykdom 
  Hoër vlakke van kapitaalvoorraad stimuleer ekonomiese groei 
  Daar is baie bronne van besparings wat belangrik is vir die nasie, soos
   korporatiewe besparings,  huishoudelike besparings  en buitelandse
   besparings 
   (Aanvaar enige toepaslike antwoord)                                                  (10)

 SLOT

  Suid-Afrika het ŉ verskeidenheid uitdagings oor verskillende stadiums ervaar om
   die huidige vlak van ekonomiese ontwikkeling te bereik.                             (2)
                                                                                        [40]

                                                            TOTAAL AFDELING C:           40
                                                                GROOTTOTAAL:            150

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

## Related documents

- [ECONOMICS P1 QP GR10 NOV 2019 Afr D](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-qp-gr10-nov-2019-afr-d/927f304e-c980-4c0a-b687-d78d0b82ab3b) — Economics · QP · 2019 · Afr
- [Gr 10 Economics P1 (Afrikaans) November 2022 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-economics-p1-afrikaans-november-2022-possible-answers/f835a910-23ef-45b9-a14c-b4e387285b04) — Economics · Memo · 2022 · Afr
- [Gr10 ECN P1 (Afrikaans) 2020 Exemplars Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr10-ecn-p1-afrikaans-2020-exemplars-possible-answers/d0af2238-7266-42e1-af23-c2f342a3e8b4) — Economics · Memo · 2020 · Afr
- [Gr10 ECN P1 (Afrikaans) November 2018 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr10-ecn-p1-afrikaans-november-2018-possible-answers/b54f0492-1636-4e58-9a76-cc59ba0ce92e) — Economics · Memo · 2018 · Afr
- [Gr10 ECN P1 (Afrikaans) June 2017 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr10-ecn-p1-afrikaans-june-2017-possible-answers/8209781f-6149-4eb2-9b59-aae640a445d4) — Economics · Memo · 2017 · Afr
- [Gr10 ECN P1 (Afrikaans) November 2015 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr10-ecn-p1-afrikaans-november-2015-possible-answers/bc38fb6f-6bc5-4040-aa41-5fe7965d342b) — Economics · Memo · 2015 · Afr

## More from Grade 10 Economics

- [Gr 10 Eco ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-eco-atp-2023-24/1e23cbbf-de14-4cad-b1b6-69a5e90a701c) — ATP
- [LP Economics Grade 10 March 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-economics-grade-10-march-2025-qp-and-memo/bac096e2-ec50-4df8-a553-9592d8c40ac8) — QP + Memo · 2025
- [Gr 10 Economics P2 (Afrikaans) June 2024 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-economics-p2-afrikaans-june-2024-question-paper/cca5a2fb-d2a8-4291-8b77-27df39ea4aa7) — QP · 2024 · Afr
- [ECONOMICS P1 QP JUNE 24](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-economics-2024-north-west-june-exam-question-paper-paper-1/a6b341ec-cf90-4c6c-bc44-6fd35bc80cb5) — QP · 2024
- [GR10 S2 ECONOMICS QP P2 S2 AFR](https://www.hlayiso.com/library/gr10-s2-economics-qp-p2-s2-afr/1ca1c135-8581-4567-b1a0-26446a808bd2) — QP · 2024 · Afr
- [Gr 10 ECO P1 (Afrikaans) June 2023 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-eco-p1-afrikaans-june-2023-question-paper/beebfd9d-585c-4946-84b2-076ca337c9d0) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 10 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-10/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
