# Economics Grade 12 P1 Eastern Cape June 2022 Memo (Afr)

> Grade 12 Economics Paper 1 memorandum from the Eastern Cape June 2022 (Afrikaans), 15 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-memo-gr12-june-2022-afrikaans/96360ce9-eab5-4cd7-8a4a-227a9901fd4a
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Economics
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Memorandum
- Year: 2022
- Exam period: Eastern Cape June
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 15

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/economics) › [Economics Grade 12 P1 Eastern Cape June 2022 Memo (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-memo-gr12-june-2022-afrikaans/96360ce9-eab5-4cd7-8a4a-227a9901fd4a)

## About this document

Economics · Grade 12 · Eastern Cape June · 2022 · Afrikaans. Memorandum, 15 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                        NASIONALE
                    SENIOR SERTIFIKAAT

                           GRAAD 12

                           JUNIE 2022

                       EKONOMIE V1
                       NASIENRIGLYN

PUNTE:   150

               Hierdie nasienriglyn bestaan uit 15 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                   EKONOMIE V1                                       (EC/JUNIE 2022)

 AFDELING A (VERPLIGTEND)

 VRAAG 1

 1.1 MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

      1.1.1     C     ‒   Spesialiseer ✓✓
      1.1.2     D     ‒   die doeltreffendheid van markte te verbeter ✓✓
      1.1.3     A     ‒   sentrale ✓✓
      1.1.4     B     ‒   dubbeltelling ✓✓
      1.1.5     C     ‒   bruto kapitaalvorming ✓✓
      1.1.6     A     ‒   tendenslyn ✓✓
      1.1.7     B     ‒   die gemiddelde belastingkoers is dieselfde vir alle
                          belastingbetalers ✓✓
      1.1.8     D     ‒   depresiasie ✓✓                                        (8 x 2)        (16)

 1.2 PASITEMS

      1.2.1     G     ‒   ook bekend as die nasionale produk teen konstante pryse ✓

      1.2.2     I     ‒   die minimum bedrag geld wat die Suid-Afrikaanse
                          Reserwebank van banke vereis om in stand te hou om
                          geldskeppingsaktiwiteite te manipuleer ✓

      1.2.3     A     ‒   ŉ aansporing wat aan vervaardigers gegee word om die koste
                          van produksie te verminder ✓

      1.2.4     F     ‒   ŉ voorbeeld van oordragbetalings ✓

      1.2.5     B     ‒   waar hulpbronne nie hertoegewys kan word om een individu
                          beter daaraan toe te maak, sonder om ten minste een individu
                          slegter daaraan toe te maak nie ✓

      1.2.6     C     ‒   toon die manier waarop goedere en dienste in die ekonomie
                          geproduseer en verbruik word ✓

      1.2.7     H     ‒   waarde van uitvoere minus invoere ✓

      1.2.8     E     ‒   ŉ vorm van krediet wat die IMF kan gebruik vir ŉ konsekwente
                          onewewigheid ✓                                        (8 x 1)          (8)

 1.3 GEE DIE TERM

      1.3.1     Tersiêre ✓
      1.3.2     Outonoom ✓
      1.3.3     Kuznets ✓
      1.3.4     Phillips ✓
      1.3.5     Saamgestelde aanwyser ✓
      1.3.6     Internasionale handel ✓                                             (6 x 1)      (6)

                                                                TOTAAL AFDELING A:               30

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2022)                             EKONOMIE V1                                         3

AFDELING B

Beantwoord TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling.

VRAAG 2: MAKRO-EKONOMIE

2.1      2.1.1    Noem TWEE soorte sekuriteite wat in die geldmark gevind
                  word

                  •    bankier se aanvaarding ✓
                  •    skatkiswissels ✓
                  •    Reserwebank skuldbriewe ✓
                  •    korttermyn staatseffekte ✓
                  •    korttermyn maatskappy-skuldbriewe ✓            (Enige 2 x 1)          (2)

         2.1.2    Hoekom   gee        die   regering      oordragbetalings        aan
                  gemeenskappe?

                  Oordragbetalings word deur die regering aan gemeenskappe
                  gegee om:
                  • herverdeel van inkomste / (verlig of verminder armoede) ✓✓
                  • die wanbalanse van die verlede reg te stel / gelykheid te
                     bevorder ✓✓
                  • die gaping tussen ryk en arm te verklein ✓✓
                  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (Enige 1 x 2)           (2)

2.2      DATARESPONS

         2.2.1    Identifiseer ŉ voorbeeld van ŉ inspuiting hierbo.

                  Staatsbesteding ✓                                                          (1)

         2.2.2    Noem ŉ faktor wat die grootte van die vermenigvuldiger
                  beïnvloed.

                  Mvg/msg ✓                                                                  (1)

         2.2.3    Beskryf kortliks die term vermenigvuldiger.

                  • Toon hoe ŉ toename in besteding ŉ meer as proporsionele
                     toename in nasionale inkomste produseer. 
                  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                         (2)

         2.2.4    Verduidelik die gebruik van die vermenigvuldiger deur die
                  regering.

                  •   Die regering gebruik die vermenigvuldiger om die totale
                      uitwerking van beleggings, uitvoerinkomste en
                      staatsbesteding op die ekonomie te bepaal 
                  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                         (2)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                EKONOMIE V1                                     (EC/JUNIE 2022)

         2.2.5   Wat is die negatiewe effek van lae besparings op ekonomiese
                 groei?

                 •  Geen rente word verdien wanneer ander by die banke leen
                    nie 
                 • Lae spaarkoers kan tot laer ekonomiese groeikoers lei 
                 • Minder besparing kan die verspreiding van inkomste in die land
                    verminder 
                 (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (Enige 1 x 2)         (2)

 2.3     DATARESPONS

         2.3.1   Identifiseer die sosio-ekonomiese uitdaging wat toegeneem
                 het toe die ekonomie ŉ insinking ondervind het.

                 Werkloosheid/werkverliese                                               (1)

         2.3.2   Noem die onderste draaipunt van ŉ sakesiklus.

                 Trog                                                                    (1)

         2.3.3   Beskryf kortliks die term ekonomiese resessie.

                 ŉ Negatiewe ekonomiese groeikoers vir ten minste twee
                 opeenvolgende kwartale / ŉ afname in ekonomiese uitset wat vir 6
                 maande of langer duur. 
                 (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                       (2)

         2.3.4   Verduidelik die verband tussen BBP en sakesiklusse.

                 •  die sakesiklus model wys hoe ŉ land se reële BBP oortyd
                    fluktueer en deur fases gaan namate totale uitset toeneem en
                    afneem 
                 • oor die langtermyn toon die sakesiklus ŉ bestendige toename in
                    die potensiële uitset in ŉ vinnig groeiende ekonomie 
                 (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)          (2 x 2)      (4)

         2.3.5   Hoekom is inflasie geneig om tydens ŉ resessie te daal?

                 Inflasie daal tydens resessie omdat:
                 • besighede het onverkoopte goedere en sal probeer om hul
                     goedere te verdiskonteer om van hul oortollige voorraad ontslae
                     te raak 
                 • verlaagde pryse van goedere lei tot laer koste – wat inflasie
                     afdruk. 
                 • namate werkloosheid toeneem, word dit moeiliker vir werkers om
                     vir hoër lone te beding 
                 • lae vertroue in ŉ ekonomie verminder gewoonlik
                     inflasieverwagting 
                 (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (Enige 2 x 2)         (4)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2022)                             EKONOMIE V1                                       5

2.4     Onderskei tussen die bestedingsmetode en die inkomstemetode om die
        Bruto Binnelandse Produk (BBP) te bepaal.

        BESTEDINGSMETODE
        • BBP teen markpryse word bepaal deur die besteding van die vier
          hoofsektore van die ekonomie by te voeg ‒ huishoudings, regering,
          besighede en die buitelandse sektor 
        • Deur hierdie metode te gebruik om die BBP te bepaal, lewer dit BBP teen
          markpryse 
        • Ook as BBP(B) bekend 
        • BBB = C+I+G terwyl besteding aan BBP = C+I+G+X‒M 

        INKOMSTE-METODE
        • BBP teen faktorpryse deur al die inkomste wat verdien word deur die
           eienaars van die produksiefaktore (bruto binnelandse inkomste) by te
           tel. 
        • Hierdie metode lewer BBP teen faktorkoste 
        • Ook as BBP bekend (I)                                                            (8)

2.5     Hoe kan monetêre beleid tot ekonomiese groei bydra?

        Die monetêre beleid dra by tot ekonomiese groei deur:
        • Verhoog die geldvoorraad om krediet aan huishoudings en maatskappye te
           bevorder, wat verbruik en produksie positief beïnvloed 
        • Implementering van ope-marktransaksies deur sekuriteite en effekte terug
           te koop, sal die geld wat beskikbaar is vir lenings verhoog word 
        • Die afwaartse aanpassing van rentekoerse sodat verbruikers meer geld kan
           leen, wat die vraag na goedere en dienste sal stimuleer en produksie positief
           sal beïnvloed 
        • Verminderde kontant reserwevereistes wat banke sal toelaat om meer geld
           uit te leen wat produksie sal stimuleer                            (4 x 2)     (8)
                                                                                           [40]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                  EKONOMIE V1                                    (EC/JUNIE 2022)

 VRAAG 3: MAKRO-EKONOMIE

 3.1 3.1.1     Noem TWEE vloeie in ŉ oop sirkulêre vloei (kringloop) ekonomie.

               •     Werklike vloei 
               •     Geldvloei                                               (2 x 1)      (2)

      3.1.2    Hoekom is dit nie moontlik om individue van die gebruik van
               openbare goedere uit te sluit nie?

               •   Dit is onmoontlik om te verhoed dat individue die voordele
                   geniet 
               • Dit is nie moontlik nie, want sodra publieke goedere verskaf is,
                   kan dit deur almal gebruik word 
               (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)       (Enige 1 x 2)      (2)

 3.2 DATARESPONS

      3.2.1    Identifiseer die deelnemer wat die produksiefaktore besit.

               Huishoudings/verbruikers                                                   (1)

      3.2.2    Noem EEN openbare goedere wat deur die staat verskaf word.

               • Onderwys 
               • Gesondheid 
               • Welsynsdienste 
               • Behuising 
               (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)      (Enige 1 x 1)       (1)

      3.2.3    Beskryf kortliks die term faktormark.

               Dit is ŉ mark waar produksiefaktore gekoop en verkoop word. 
               (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)          (1 x 2)         (2)

      3.2.4    Wat is die effek op nasionale inkomste as inspuitings minder as
               onttrekkings is?

               Nasionale inkomste sal afneem/daling/daal.                                (2)

      3.2.5    Verduidelik die impak van ŉ afname in belasting op die vlak van
               produksie.

               • besteebare inkomste sal styg en besteding aan goedere en dienste
                  sal toeneem 
               • vlak van produksie sal toeneem soos die vermenigvuldiger sal
                  toeneem 
               (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)         (2 x 2)          (4)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2022)                             EKONOMIE V1                                     7

 3.3     DATARESPONS

         3.3.1    Identifiseer ŉ makro-ekonomiese doelwit van die openbare sektor
                  in die spotprent.

                  • Ekonomiese groei 
                  • Volle indiensneming                                  (Enige 1 x 1)     (1)

         3.3.2    Watter fiskale beleidsinstrument is die hoofbron van staats-
                  inkomste?

                  Belasting                                                                (1)

         3.3.3    Beskryf kortliks die term ekonomiese groei.

                  Toename in die produksievermoë van die ekonomie/'n toename in die
                  produksie van goedere en dienste in ŉ land. 
                  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                        (2)

         3.3.4    Verduidelik hoe die mislukking van die openbare sektor tot sosiale
                  onstabiliteit kan lei

                  Openbare sektor mislukking kan lei tot sosiale onstabiliteit
                  wanneer:
                  • Daar swak dienslewering van goedere en dienste is. 
                  • Daar is ŉ toename in armoede as gevolg van ŉ gebrek aan
                     vaardighede as gevolg van swak onderwys. 
                  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)    (Enige 1 x 2)       (2)

         3.3.5    Waarom sal Suid-Afrika waarskynlik misluk in die bereiking van sy
                  ekonomiese doelwitte?

                  • Amptenare in bestuur kort dikwels kennis, implementeer
                     regeringsbeleide verkeerd, het verskuilde agendas  bv.
                     selfverryking 
                  • Staatswerknemers kort motivering in die uitvoering van hul pligte 
                  • Gebrek aan doeltreffendheid as gevolg van onbevoegdheid en
                     korrupsie 
                  • Burokrasie kan vertragings in die implementering van projekte
                     veroorsaak 
                  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)       (Enige 2 x 2)    (4)

 3.4     Bespreek kortliks die rol van ondernemings in die ekonomiese-kringloop.

         • Firmas koop die produksiefaktore by huishoudings in die faktormark 
         • Hulle gebruik die produksiefaktore om goedere en dienste te produseer 
         • Besighede verkoop hierdie goedere en dienste aan huishoudings, die
            regering en die buitelandse sektor 
         • Hulle tree op as kopers in die faktormark en verkopers in die goederemark,
            met wins as hul doelwit 
         • Besighede ontvang ŉ inkomste van die ander drie deelnemers 
         (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)               (Enige 4 x 2)     (8)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                EKONOMIE V1                                     (EC/JUNIE 2022)

 3.5    Evalueer die impak van die vermindering van die terugkoopkoers
        (repokoers) op die ekonomie.

        POSITIEWE
        • Aanmoediging van lenings deur ekonomiese deelnemers aangesien die
          prima rentekoers wat deur die kommersiële banke gehef word, ook kan
          daal 
        • Vermindering van die finansiële las op besigheid en verbruikers met prima
          gekoppelde lenings namate terugbetalings afneem 
        • Toenemende totale vraag na goedere en dienste met laer rentekoers wat
          besparing ontmoedig                                        (Enige 2 x 2)

        NEGATIEWE
        • Die vermindering van die land se aantreklikheid as ŉ
           beleggingsbestemming aangesien laer rentekoers gelei het tot laer
           opbrengs op sommige beleggingsportefeuljes 
        • Dit lei tot ŉ depresiasie van die geldeenheid teenoor die belangrikste
           geldeenhede wat invoere duur maak 
        • Veroorsaak inflasie as toename in totale vraag nie gepaard gaan met
           toename in totale aanbod nie                          (Enige 2 x 2)
        (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)               (4 + 4)          (8)
                                                                                         [40]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2022)                             EKONOMIE V1                                      9

VRAAG 4: MAKRO-EKONOMIE EN EKONOMIESE STREWES

4.1      4.1.1    Noem TWEE tipes markte wat deel van die finansiële stelsel vorm.

                  •    Kapitaalmark 
                  •    Geldmark                                                (2 x 1)     (2)

         4.1.2    Hoekom is dit belangrik om bewegende gemiddeldes te gebruik
                  om sakesiklusse te voorspel?

                  Dit verwyder fluktuasies in ekonomiese data wat dit makliker maak om
                  sakesiklusse te voorspel. 
                  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)             (1 x 2) (2)

4.2      DATARESPONS

         4.2.1    Gee ŉ voorbeeld van belasting op produkte.

                  • BTW 
                  • Sondebelasting / aksynsbelasting 
                  • Brandstofheffing 
                  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)      (Enige 1 x 1)     (1)

         4.2.2    Noem die alternatiewe term wat vir bruto toegevoegde waarde in
                  nasionale rekeninge gebruik word.

                  Bruto Binnelandse Produk/BBP                                             (1)

         4.2.3    Beskryf kortliks die term sekondêre sektor.

                  Dit verwys na ŉ sektor waar goedere en dienste geproduseer
                  word. 
                  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)             (1 x 2)    (2)

         4.2.4    Hoe word basiese pryse na markpryse omgeskakel?

                  Belasting op produkte word bygevoeg en subsidies op produkte word
                  afgetrek van die BBP teen basiese pryse om bruto binnelandse produk
                  teen markpryse te kry / BTW teen basiese pryse PLUS belasting op
                  produkte MINUS subsidies op produkte = BBP teen markpryse.              (2)

         4.2.5    Bereken die waarde van A. Toon ALLE berekeninge.

                  324 365 + 556 768 + 1 789 431 
                      = 2 760 564 

                  (Ken slegs 2 punte toe vir slegs antwoord.)                    (2 x 2)    (4)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                                 EKONOMIE V1                                   (EC/JUNIE 2022)

  4.3    DATARESPONS

         4.3.1   Identifiseer die industrie in die sekondêre sektor wat die meeste
                 tot ekonomiese groei bygedra het in die diagram hierbo.

                 Vervaardiging                                                (1 x 1)      (1)

         4.3.2   Gee EEN voorbeeld van ŉ industrie in die primêre sektor.

                 Mynbou / landbou / bosbou / visvang                    (Enige 1 x 1)      (1)

         4.3.3   Beskryf kortliks die term Bruto Binnelandse Produk.

                 Verwys na die totale waarde van finale goedere en dienste
                 geproduseer binne die grense / grense van die land gedurende ŉ
                 spesifieke tydperk van tyd.                            (2 x 1)           (2)

         4.3.4   Hoe beïnvloed die vergoeding van werknemers arbeids-
                 produktiwiteit?

                 •    Gebrek aan beloning verlaag werknemers se produktiwiteit 
                 •    Beloonde werknemers kan tot verhoogde produktiwiteit lei 
                                                                       (Enige 1 x 2)        (2)

         4.3.5   Waarom is die vermenigvuldigingseffek op vervaardiging
                 belangrik in die ekonomie?

                 •  Vervaardiging het soveel wesenlike bande met soveel ander
                    sektore regdeur die ekonomie, sy uitset stimuleer meer
                    ekonomiese aktiwiteit regoor die samelewing as enige ander
                    sektor 
                 • Skep werk- en beleggingsgeleenthede in al die ander sektore wat
                    sy produkte gebruik, soos vervoer, konstruksie en kleinhandel. 
                 • Dit stimuleer groei en dienste soos finansies en vervoer. 
                 (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)      (Enige 2 x 2)      (4)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2022)                                EKONOMIE V1                                     11

  4.4      Teken ŉ korrek benoemde diagram van ŉ sakesiklus, wat tendenslyn,
           lengte, die amplitude en die trog duidelik aandui.

           4
           4
           4
           4
           .
           4
           .
           4
           .
           4

                                                                                                (8)
  4.5      Met verwysing na die Phillips-kurwe, ontleed die verband tussen inflasie
           en werkloosheid.

           •      Die Phillips-kurwe wys dat inflasie sal toeneem as daar minder
                  werkloosheid is 
           •      Baie hoë inflasie kan tot stagflasie lei 
           •      Die vraag na goedere en dienste kan sonder verhoogde indiensneming
                  gestimuleer word 
           •      Kapitaalintensiewe produksieprosesse sal nie noodwendig tot verdere
                  werkskepping bydra nie 
           •      Die werker kan van verlengde kredietfasiliteite gebruik maak om dieselfde
                  lewenstandaard te geniet wanneer hulle prysstygings ervaar 
           •      Vaardigheidsontwikkeling en verbeterde onderwys wat indiensneming
                  verhoog, sal ŉ groter vraag na goedere en dienste skep 
           •      Inflasieteikens (3%–6%) sal stagflasie voorkom 

           (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                 (Enige 4 x 2)    (8)
                                                                                              [40]

                                                                  TOTAAL AFDELING B:            80

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                               EKONOMIE V1                                     (EC/JUNIE 2022)

 AFDELING C

 Beantwoord EEN van die TWEE vrae in hierdie afdeling.

 VRAAG 5: MAKRO-EKONOMIE

 •   Bespreek volledig die redes vir internasionale handel.          (26 punte)
 •   Hoe kan ŉ swakker rand Suid-Afrika se handel met ander lande beïnvloed?
                                                                     (10 punte)

 INLEIDING

 Internasionale handel behels die uitruil van goedere of dienste oor verskillende lande
 in die wêreld. 
 (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                             (Maks.)         (2)

 INHOUD: HOOFDEEL

 Die grootte van die bevolking 
 • As daar ŉ toename in bevolkingsgroei is, veroorsaak dit ŉ toename in vraag,
    aangesien meer mense se behoeftes bevredig moet word. 
 • Plaaslike verskaffers sal dalk nie in hierdie vraag kan voorsien nie. 

 Inkomstevlakke 
 • Veranderinge in inkomste veroorsaak ŉ verandering in die vraag na goedere en
    dienste 
 • ŉ Toename in die per capita-inkomste van mense lei tot meer besteebare inkomste
    wat aan plaaslike goedere en dienste bestee kan word, waarvan sommige dan
    ingevoer sal moet word 

 ŉ Toename in die rykdom 
 • ŉ Toename in die rykdom van die bevolking lei tot ŉ groter vraag na goedere. 
 • Mense het toegang tot lenings en kan meer bestee aan luukse goedere, waarvan
    baie in ander lande vervaardig word. 

 Voorkeure en smake 
 • Voorkeure en smake kan ŉ rol speel in die bepaling van pryse  bv. klante in Suid-
   Afrika het ŉ voorkeur vir ŉ spesifieke produk wat nie plaaslik geproduseer word nie
   en moet invoer, en dit sal maak dat daardie produk ŉ hoër waarde het as in ander
   lande. 

 Die verskil in verbruikspatrone 
 • Die verskil in verbruikspatrone word deur die vlak van ekonomiese ontwikkeling in
    ŉ land bepaal 
 • Byvoorbeeld, ŉ arm land kan ŉ hoë vraag na basiese goedere en dienste hê, maar
    ŉ laer vraag na luukse goedere 
 Natuurlike hulpbronne 
 • Natuurlike hulpbronne is nie eweredig oor alle lande van die wêreld versprei nie 
 • Hulle verskil van land tot land en kan slegs uitgebuit word op plekke waar hierdie
    hulpbronne bestaan 

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2022)                           EKONOMIE V1                                     13

 Klimaatstoestande 
 • Klimaatstoestande maak dit vir sommige lande moontlik om sekere goedere
    teen ŉ laer prys as ander lande te produseer 
 • Brasilië is byvoorbeeld een van die grootste koffieprodusente ter wêreld 

 Arbeidshulpbronne 
 • Arbeidshulpbronne verskil in kwaliteit, hoeveelheid en koste tussen lande. 
 • Sommige lande het hoogs geskoolde, goed betaalde werkers met hoë
    produktiwiteitsvlakke, bv. Switserland 

 Tegnologiese hulpbronne 
 • Tegnologiese hulpbronne is in sommige lande beskikbaar wat hulle in staat stel
    om sekere goedere en dienste teen 'n lae eenheidskoste te produseer,  bv.,
    Japan. 

 Spesialisasie 
 • Spesialisasie in die produksie van sekere goedere en dienste stel sommige
    lande in staat om dit teen 'n laer koste as ander te produseer 
 • Japan produseer byvoorbeeld elektroniese goedere en verkoop dit teen ŉ laer
    prys 
 (Aanvaar ander korrekte relevante antwoorde.)                          Maks.          (26)

 ADDISIONELE DEEL

 Positiewe impak deur:
 •   die verhoging van die hoeveelheid uitvoere aangesien Suid-Afrikaanse
     produkte bekostigbaar kan word in lande met sterker geldeenhede 
 •   om baie internasionale toeriste uit ryk lande te lok aangesien hul geldeenhede
     hulle meer waarde vir hul geld in Suid-Afrika kan gee 
 •   die verbetering van die betalingsbalans as die land meer geld uit sy uitvoere
     verdien as wat hy vir sy invoer betaal 
 •   ontmoediging van invoer van goedere wat ook deur Suid-Afrikaanse firmas
     geproduseer word, wat dus die verbruik van plaaslike produkte verhoog 

 Negatiewe impak deur:
 •  om ingevoerde insette duur te maak en sodoende koste-druk inflasie tot gevolg
    te hê aangesien produsente dalk hul pryse sal moet verhoog 
 • die skep van ŉ tekort op die betalingsbalans indien die bedrag geld wat op
    invoere betaal is meer is as die een wat uit uitvoere ontvang word 
 (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoorde.)
 (Ken ŉ maksimum van 2 punte toe vir die blote lys van feite.)                          (2)

 SLOT

 •  Dit is belangrik vir lande om duidelik te bepaal watter produkte hulle absolute
    voordeel en/of vergelykende voordeel gee aangesien dit hulle kan help om
    suksesvol met ander lande handel te dryf 
 (Aanvaar enige ander korrekte hoërorde gevolgtrekking.)                  (Maks. 2)     (2)
                                                                                       [40]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                              EKONOMIE V1                                    (EC/JUNIE 2022)

 VRAAG 6: MAKRO-EKONOMIE

 •   Bespreek volledig die hoofdoelwitte van die openbare sektor in die
     ekonomie.                                                     (26 punte)
 •   Hoe effektief is die Suid-Afrikaanse regering om volle indiensneming te
     bewerkstellig?                                                (10 punte)

 INLEIDING

 Die hoofdoelwitte van die staat is om die burgers van die land te dien en die
 sistematiese ontwikkeling vir almal te bewerkstellig. 
 (Aanvaar enige ander korrekte relevante inleiding.)                    Maks.           (2)

 HOOFDEEL

 Ekonomiese groei 
 • Ekonomiese groei verwys na ŉ toename in die produksie van goedere en dienste
    in die ekonomie ✓✓
 • Die staat moet verseker dat daar volhoubare groei is aangesien dit tot ŉ
    verbetering in die lewenstandaard lei ✓✓
 • Vir ekonomiese ontwikkeling om plaas te vind, moet ekonomiese groeikoers hoër
    as die bevolkingskoers wees ✓✓

 Wisselkoersstabiliteit 
 • Depresiasie en appresiasie skep onsekerheid vir produsente en beleggers en
    moet dus beperk word. ✓✓
 • Die staat probeer om die land se geldeenheid teen oormatige skommelinge te
    beskerm ✓✓
 • Monetêre en fiskale beleid word gebruik om te verseker dat die wisselkoers vir
    langer tydperke relatief stabiel bly ✓✓

 Volle indiensneming 
 • Dit beteken dat alle persone wat graag wil werk en wat werk soek, werk moet kan
    kry of selfstandig moet wees ✓✓
 • Hoë vlakke van indiensneming is een van die deurslaggewende ekonomiese
    doelwitte vir alle regerings ✓✓

 Ekonomiese billikheid/regverdigheid 
 • In Suid-Afrika gebruik die regering ŉ progressiewe belastingstelsel om gratis
    dienste aan al sy verdienstelike mense te verskaf. ✓✓
 • Gratis maatskaplike dienste soos basiese onderwys, primêre gesondheidsorg,
    basiese ekonomiese dienste en die betaling van kontanttoelaes aan die armes
    en ander kwesbare mense ✓✓
 • ŉ Herverdeling van inkomste en rykdom is belangrik in mark ekonomieë ✓✓

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2022)                          EKONOMIE V1                                     15

 Prysstabiliteit 
 • In Suid-Afrika beteken die relatiewe prysstabiliteit die handhawing van ŉ
    inflasiekoers van tussen 3% en 6% ✓✓
 • ŉ Markekonomie presteer beter wanneer pryse stabiel is ✓✓
 • Enige land streef daarna dat sy pryse nie skommel nie ✓✓
 (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)
 (Merk subopskrifte en voorbeelde tot ŉ maksimum van 8 punte.)         Maks.           (26)

 ADDISIONELE DEEL

 •  Simulering van ekonomiese groei en prestasie van hierdie ondernemings deur
    innoverende metodes wat deur private kundiges bekend gestel word.
 • Die verskaffing van bykomende fondse aan die regering deur belasting wat
    fondse geredelik beskikbaar kan stel vir die verskaffing van dienste 
 • Bevordering van gemeenskaps-ekonomiese deelnamekoers terwyl
    dienslewering versnel word 
 • Die verligting van die regering van die finansiële las wat SBO soos die SAL
    plaas en sodoende die staat met meer fondse laat om op dienslewering te
    belê. 
 (ŉ Maksimum van 2 punte vir blote lys van feite.)                                     (10)

 SLOT

 Die staat gebruik die nasionale begroting om al sy doelwitte te probeer bereik
 deur belasting as ŉ groot bron van inkomste te gebruik. ✓✓
 (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                          Maks.      (2)
                                                                                       [40]

                                                          TOTAAL AFDELING C:            40
                                                              GROOTTOTAAL:             150

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

## Related documents

- [Gr12 Economics P1 (Afrikaans) SEP 2022 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr12-economics-p1-afrikaans-sep-2022-question-paper/4b579af8-e0b1-4689-a729-7d9986eea052) — Economics · QP · 2022 · Afr
- [ECONOMICS P1 GR12 MEMO SEPT2021 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr12-memo-sept2021-afrikaans/be8a315c-3850-4a12-a242-cce45d9f946b) — Economics · Memo · 2021 · Afr
- [Economics 2022 NW Prelim P1 Memo](https://www.hlayiso.com/library/economics-2022-nw-prelim-p1-memo/105428ec-9423-46fd-b646-21f31fb92d02) — Economics · Memo · 2022
- [ECON P2 GR12 QP SEPT2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/econ-p2-gr12-qp-sept2022-afrikaans/4dfd489d-79be-494e-a2cf-f0b51ee8c5e1) — Economics · QP · 2022 · Afr
- [Gr12 Economics P2 (Afrikaans) SEP 2022 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr12-economics-p2-afrikaans-sep-2022-question-paper/82e9d47a-c817-4545-9700-e9e2b9b7de9b) — Economics · QP · 2022 · Afr
- [Economics P1 May-June 2025 Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-may-june-2025-afr/e9c77643-7f83-42e3-b28d-cf84e96050ca) — Economics · QP · 2025 · Afr

## More from Grade 12 Economics

- [ECONOMICS P2 GR12 QP JCT 2025 AFR D watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-gr12-qp-jct-2025-afr-d-watermark/3dba3588-624d-493b-bc60-00d7e2783cae) — QP · 2025 · Afr
- [Economics Grade 12 NSC P1 QP September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-12-nsc-p1-qp-september-2025-free-state/4def59dd-ebf4-4191-89e7-2b6d4609d6cc) — QP · 2025
- [Economics Grade 12 NSC P1 QP September 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-12-nsc-p1-qp-september-2025-mpumalanga/5449d7a4-548e-416d-91b4-1da462710798) — QP · 2025
- [Economics Grade 12 NSC P2 QP September 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-12-nsc-p2-qp-september-2025-mpumalanga/efbb0e99-1236-496b-bc64-5b31b3784493) — QP · 2025
- [Economics P2 May-June 2025 Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-may-june-2025-afr/4c93e067-5237-46b7-ab21-5c2cea219788) — QP · 2025 · Afr
- [ECONOMICS QP.P1 GR 12 JUNE 2024 (Backup papers)](https://www.hlayiso.com/library/economics-qp-p1-gr-12-june-2024-backup-papers/cb8af277-aab9-4fba-8e76-5924dcaf1941) — QP · 2024

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
