# Economics Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2014 Memo (Afr)

> Grade 12 Economics Paper 1 memorandum from the Eastern Cape Mock Exam 2014 (Afrikaans), 15 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-memo-gr12-sept-2014-afr/b4ec4ec0-3ad9-45fc-8e97-cd953b2cd38d
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Economics
- Grade: Grade 12
- Document type: Memorandum
- Year: 2014
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 15

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/economics) › [Economics Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2014 Memo (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-memo-gr12-sept-2014-afr/b4ec4ec0-3ad9-45fc-8e97-cd953b2cd38d)

## About this document

Economics · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2014. Memorandum, 15 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                      NASIONALE
                  SENIOR SERTIFIKAAT

                        GRAAD 12

                   SEPTEMBER 2014

                     EKONOMIE V1
                     MEMORANDUM

PUNTE:   150

               Hierdie memorandum bestaan uit 15 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                   EKONOMIE V1                                    (SEPTEMBER 2014)

    AFDELING A (VERPLIGTEND)

    VRAAG 1

    1.1   MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

          1.1.1       B      Verenigde Nasies
          1.1.2       C      Privatisering
          1.1.3       A      Kompetisie
          1.1.4       A      Invoer van goedere en dienste
          1.1.5       C      Handelsliberalisering
          1.1.6       A      Vervaardigingsnywerhede
          1.1.7       C      MOI
          1.1.8       A      Korridors                                             (8 x 2)    (16)

    1.2   PASITEMS

          1.2.1       E      Handel oor die eienskappe van bevolking, soos die
                              grootte, ras, ouderdom ens.
          1.2.2       B      Gebaseer op historiese tydreeksdata
          1.2.3       H      Verminder persoonlike belasting
          1.2.4       C      ŉ Individu kan nie ŉ prys gehef word op die basis van
                              gebruik nie
          1.2.5       F      Die proses van transformasie, van ŉ mineraal na ŉ hoër
                              waarde van die produk wat of plaaslik verbruik of
                              uitgevoer kan word.
          1.2.6       D      Die totaal van al die geld wat uit die buiteland die land
                              inkom, minus al die geld wat die land uitgaan gedurende
                              dieselfde tydperk
          1.2.7       I      Strafmaatreëls teen ŉ land ingestel soos weiering om
                              handel te dryf en disinvestering
          1.2.8       G      Word gebruik om die raamwerk en die meganisme te
                              skep                                                   (8 x 1)     (8)

    1.3   ONTBREKENDE WOORDE

          1.3.1       Spesiale Trekkingsregte 
          1.3.2       Verbruik van Vaste Kapitaal/Depresiasie 
          1.3.3       Kapitaalwinsbelasting 
          1.3.4       Produsente Prysindeks (PPI) 
          1.3.5       Tegnologie 
          1.3.6       Handelsverbod                                                 (6 x 1)     (6)

                                                                  TOTAAL AFDELING A:             30

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2014)                            EKONOMIE V1                                       3

  AFDELING B         (Beantwoord TWEE van die drie vrae uit hierdie afdeling in die
                     ANTWOORDEBOEK.)

  VRAAG 2: MAKRO-EKONOMIE

  2.1    Noem TWEE handelsprotokolle waarvan Suid-Afrika deel is.

            Die Afrika-Unie 
            Die Noord-Amerikaanse Vryhandelsooreenkoms 
            Wêreldhandelsorganisasie                                    (Enige 2 x 2)       (4)

  2.2    DATA RESPONS

         2.2.1     Progressiewe Belastingstelsel                                             (2)

         2.2.2     30%                                                                       (2)

         2.2.3     385 000 – 358 110 = 26 890 x 35% ÷ 100 = 9 411,50 
                   82 904 + 9 411,50 = 92 315,50                                             (4)

         2.2.4     92 315,50 ÷ 385 000 x 100 = 23, 9% or 24%                                 (2)

  2.3    DATA RESPONS

         2.3.1     Suid-Afrika                                                               (2)

         2.3.2      Suid-Afrika is die wêreld se vierde grootste bron van goud en
                     diamante. 
                    Suid-Afrika besit ook meer as ŉ driekwart van die globale platinum
                     reserwes                                                  (2 x 2)       (4)

         2.3.3     In Nieu-Delhi                                                             (2)

         2.3.4      Dien as alternatief vir die Internasionale Monêtere Fonds. 
                    Help lande om hulpbronne te in vir die ontwikkeling van
                     infrastruktuur. 
                    Dit verskaf lenings gedurende finansiële moeilikhede. 
                          (Enige relevante antwoord is aanvaarbaar.) (Enige 1 x 2)             (2)

  2.4    Onderskei tussen aanbod- en vraaggedrewe sakesiklusse.

          Aanbodgedrewe sakesilus lê die oorsaak van in die skielike veranderinge
           in die makro-ekonomiese aanbodfaktore. 
          Dit is faktore soos natuurlike hulpbronne, arbeid, tegnologie en
           kapitaal. 
          Op die langtermyn moet veranderinge in die beskikbaarheid en pryse van
           hierdie faktore verwag word. 

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                   EKONOMIE V1                                  (SEPTEMBER 2014)

             Dit is moontlik om hierdie langtermynveranderinge te hanteer. 
             As daar egter ŉ skielike verandering in een of meer van hierdie faktore
              is, kan dit op kort termyn ŉ redelike mate van onstabiliteit meebring. 
                                                                             (Enige 2 x 2)     (4)

          Vraaggedrewe sakesiklus
           Dit vind meer gereeld plaas as ŉ aanbodgedrewe sakesiklus. 
           In ŉ vraaggedrewe sakesiklus lê die oorsaak van die siklus in
            veranderinge in totale besteding. 
           Dit kan die gevolg wees van ŉ verandering in verbruiksbesteding deur
            huishoudings, beleggingsbesteding deur firmas, regeringsbesteding of
            besteding deur die buitelandse sektor. 
           Byvoorbeeld: ŉ Tipiese vraaggedrewe sakesiklus in Suid-Afrika kan begin
            wanneer die ekonomiese groeikoerse van ons belangrikste buitelandse
            handelsvennote styg. 
           ŉ Toename in hulle ekonomiese groeikoerse verhoog ons uitvoere na
            hulle en die totale besteding aan ons goedere verhoog dan. 
           Dit beteken ŉ inspuiting in die ekonomiese kringloop het plaasgevind.
           Namate die vraag na ons uitvoerprodukte verhoog, produseer plaaslike
            firmas meer goedere. 
           Hulle benut daarom meer produksiefaktore en die inkomste van
            huishoudings styg. 
           Dit lei tot ŉ styging in verbruiksbesteding, en ŉ verdere styging in
            produksie en inkomste. 
           Die vermenigvuldiger-effek tree in werking en die uitbreidingsfase van die
            siklus neem sy loop.                                           (Enige 2 x 2)     (4)

    2.5   Verduidelik waarom ŉ verandering in inspuiting ŉ vermenigvuldiger-
          effek op die vlak van produksie het.

             ŉ Inspuiting, soos ŉ verhoging in uitvoer, belegging of staatsbesteding
              verhoog totale besteding in die ekonomie. 
             Dit veroorsaak ŉ verhoging in produksie, wat op sy beurt inkomste
              verhoog. 
             Die verhoogde inkomste lei dan tot ŉ verhoging in verbruikersbesteding
              deur huishoudings. 
             Hierdie verhoging in besteding lei tot ŉ verdere verhoging in produksies,
              wat inkomste weer verhoog, en ŉ proses van ŉ verhoging in besteding,
              produksie en inkomste gaan voort.                                 (4 x 2)      (8)
    VRAAG 3: EKONOMIESE KWESSIES

    3.1   Noem TWEE soorte ingrypings deur die regering in nywerhede.
             Wetlik 
             Invoerbeperkings 
             Uitvoerbevordering 
             Toekennings 
             Belastingsaansporings 
             Lenings                                                     (Enige 2 x 2)      (4)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2014)                             EKONOMIE V1                                           5

  3.2    DATA RESPONS

         3.2.1      Dit is ŉ nasionale ontwikkelingsfinansieringsinstelling wat gestig is
                     om ekonomiese groei en nywerheidsontwikkeling te
                     bevorder. 
                    Dit word deur die Suid-Afrikaanse regering besit en staan onder
                     toesig van die Departement van Ekonomiese Ontwikkeling. 
                    Dit voorsien finansiering vir nywerheidsontwikkeling in Suid-Afrika
                     en die res van Afrika.                                (Enige 1 x 2)          (2)

         3.2.2           Staan benoude maatskappye by. 
                         Dit red en skep werksgeleenthede. 
                         Dit stig ŉ werkersfonds.                             (Enige 2 x 2)      (4)

         3.2.3     Werkers sal baat vind by die opleiding as ŉ alternatief vir
                   afdanking.                                                                     (2)

         3.2.4          Maatskappye met finansiële krisisse. 
                        Maatskappye wat bankrot is. 
                        Besighede in nood. 
                         (Enige relevante antwoord is aanvaarbaar.)              (Enige 1 x 2)      (2)

  3.3    DATA RESPONS

         3.3.1     Werkloosheid 

         3.3.2        Mense het daadwerklike stappe geneem om werk te soek. 
                      Mense is in staat en bereid om te werk, maar kry nie
                       werksgeleenthede nie. 
                   (Enige relevante antwoord is korrek.)                    (Enige 1 x 2)           (2)

         3.3.3          Bied vaardighede aan werkers. 
                        Moedig ontwikkeling aan by klein en medium-grootte
                         ondernemings. 
                        Verskaf onderwys en opleiding 
                        Bevordering van plaaslike bedrywe. 
                        Verbeter tegnologie en koop nuwe masjiene om produktiwiteit te
                         verhoog. 
                        Die regering moet ondernemings subsidieer. 
                         (Enige relevante antwoord is korrek.)              (Enige 2 x 2)           (4)

         3.3.4     Statistiek Suid-Afrika/SSA                                                       (2)

  3.4    Verduidelik kortliks die Wet op Diensbillikheid en Breëbasis Swart
         Ekonomiese Bemagtiging

          Hierdie wet verbied diskriminasie en vereis dat die arbeidsmag die
           rasionele en die geslagsprofiel van die bevolking in die algemeen
           weerspieël word. 
          Ondernemings word verplig om ŉ diensbillikheidsplan by die Departement
           van Arbeid in te dien. 
          Inspekteurs van die Departement lê besoek af by besigheidspersele om te
           kyk of dit aan die vereistes voldoen.                       (Enige 2 x 2)              (4)

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                   EKONOMIE V1                                 (SEPTEMBER 2014)

       Breëbasis Swart Ekonomiese Bemagtiging

           Hierdie wet verskaf ŉ wetlike basis vir die transformasie van die Suid-
            Afrikaanse ekonomie. 
           Dit vereis regstelling sodat die getal swart mense wat besighede in die
            land besit en bestuur, aansienlik kan verhoog. 
           Inkomste-ongelykheid kan aansienlik verminder.             (Enige 2 x 2)       (4)

 3.5   Verduidelik die redes waarom Suid-Afrika die plaaslike ontwikkeling en
       integrasie in Suider-Afrika ondersteun.

           Om politieke en stabiele vennote/buurlande te hê. 
           Om belangrike uitvoermarkte en toekomstige bronne van water- en
            energievoorrade te hê. 
           Integrasie kan ŉ voorvereiste wees vir die ondersteuning van buiutelandse
            beleggers, skenkers en multilaterale instellings. 
           ŉ Deurtastende streeksvervoerstelsel en ŉ soliede infrakstruktuur hou die
            sleutel om belegging na die SAOG-streek aan te trek, om sodoende
            kompetisie en handel te verbeter.                          (Enige 4 x 2)      (8)
                                                                                           [40]

 VRAAG 4: MAKRO-EKONOMIE EN EKONOMIESE STREWE

 4.1   Noem enige TWEE doelwitte van die openbare sektor.

           Verhoog ekonomiese groei 
           Skep prysstabiliteit 
           Stabiliseer wisselkoerse 
           Skep ekonomiese gelykheid 
           Volle indiensneming                                         (Enige 2 x 2)      (4)

 4.2   DATA RESPONS

       4.2.1    Vryswewende wisselkoers-stelsel                                            (2)

       4.2.2    Aanbod het van SS na S1S1 verhoog                                          (2)

       4.2.3         Wanneer Suid-Afrika goedere na Amerika uitvoer/goedere
                      uitvoer 
                     Dienste verskaf aan ander lande.
                     Rente ontvang van die buiteland 
                     Die verkryging van nuwe lenings uit die buiteland 
                     Buitelandse beleggings in Suid-Afrika 
                     Toeriste wat Suid-Afrika besoek                    (Enige 2 x 2)     (4)

       4.2.4    Die Suid-Afrikaanse Reserwe Bank kan die vraag na en aanbod van
                buitelandse valuta manipuleer ten einde die wisselkoerse te laat
                appresieer/depresieer.                                                     (2)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2014)                             EKONOMIE V1                                      7

 4.3    DATA RESPONS

        4.3.1      Bruto Binnelandse Produk is die totale waarde van alle finale goedere
                   en dienste wat binne die geografiese grense van ŉ land oor ŉ
                   spesifieke periode, geproduseer word.                                     (2)

        4.3.2      2009                                                                      (2)

        4.3.3      Noem maniere hoe die Suid-Afrikaanse regering groei in Suid-
                   Afrika kan verbeter.

                    Die beskikbaarheid van ŉ groter hoeveelheid en gehalte van
                     hulpbronne soos die ontginning van minerale en die uitbreiding van
                     die kommersiële landbou, sal industriële uitset verhoog en werk
                     skep. 
                    Hoër produktiwiteit deur arbeid en deur onderwys en
                     vaardigheidspleiding te verbeter. 
                    Doeltreffende infrastruktuur soos paaie, spoorweë, hawens, krag en
                     water. 
                    Verhoogde gebruik van tegnologie, soos die van
                     inligtingstegnologie in administrasie en kommunikasie. 
                    Investering in nuwe en uitgebreide besighede. 
                    Toenemende entrepreneurskap, veral deur die oprigting van meer
                     klein- en medium ondernemings. 
                    Die regering moet demokraties, doeltreffend en vry wees van
                     korrupsie.                                           (Enige 2 x 2)      (4)

        4.3.4      Suid-Afrikaanse Reserwe Bank                                              (2)

 4.4    Verduidelik die redes vir die Noord-Suid verdeling

           Dit is as gevolg van verskille in geografie. 
           Die Noorde het ŉ koeler klimaat, beter hawens, bevaarbare riviere en die
            plante en diere is beter geskik vir huishoudelike gebruik. 
           Dit is as gevolg van kolonialisme en onregverdige handelspraktyke deur die
            Noorde wat op op lande in die Suide toegepas was. 
           Dit is as gevolg van verskillende kulture van die twee areas. 
                                                                           (Enige 4 x 2)       (8)
 4.5    Beskryf TWEE kenmerke van uitvoerbevorderingsones en verduidelik hul
        doelwitte.

        Eienskappe
            Omheinde en beheerde industriële gebiede 
            Hulle is naby ŉ hawe of ŉ lughawe 

        Doelwitte
            Daar is geen doeane-regulasies of beskermende maatreëls. 
            Goedere kan direk uitgevoer word.                                               (8)
                                                                                              [40]
                                                                 TOTAAL AFDELING B:                80

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                   EKONOMIE V1                                   (SEPTEMBER 2014)

 AFDELING C (Beantwoord enige EEN van die vrae in hierdie afdeling.)

 VRAAG 5

 Bespreek die noodsaaklikheid van die openbare sektordiens en probleme
 wat verband hou met hul dienslewering.                                                     [40]

 Inleiding

 Daar is baie problem wat verband hou met die lewering van openbare goedere en
 dienste en dit is belangrik om te probeer verstaan hoe hierdie probleme uitgeskakel
 kan word vir die Suid-Afrikaanse staatsdiens om sodoende ŉ verteenwoordiger,
 doeltreffende en demokratiese instrument te kan word om sy eintlike rol te speel in
 die versoening-, heropbou- en ontwikkelingsproses. 
               (Enige relevante inleiding is aanvaarbaar.)             Maks. (1 x 3)

 INHOUD

 Die noodsaaklikheid van die openbare sektor

 A.   Om noodsaaklike goedere te verskaf 

           Die openbare sektor verskaf vir die grootste gedeelte van gemeenskappe,
            noodsaaklike goedere. 
           Alhoewel die openbare sektor meestal slegs dienste verskaf, verwys
            ekonome oor die algemeen na noodsaaklike goedere. 
           Noodsaaklike goedere word verder geklassifiseer in die volgende:

      (a)    Openbare goedere 

                Openbare goedere het nie-mededinging (die verbruik deur een
                 individu verminder nie die hoeveelheid of kwaliteit van goedere
                 beskikbaar deur ŉ ander individu nie). 
                Nie-uitsluitlik (nie-betalers, kan nie uitgesluit word van die voordeel
                 van sekere goedere nie) en ander wat gewillig voorsien word deur
                 die private sektor nie. 
                Hierdie goedere en dienste word nie deur die privaat sektor voorsien
                 nie, omdat verbruik deur een persoon nie die verbruik deur ŉ ander
                 uitsluit nie en is nie prysgebaseer nie. 
                Hierdie goedere is belangrik vir die welstand van die gemeenskap en
                 die openbare sektor moet dit dan voorsien. 
                Voorbeelde van publieke goedere is verdediging, polisiedienste,
                 verkeersdienste, straatbeligting en vloedbeheer. 

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2014)                                 EKONOMIE V1                                         9

       (b)       Kollektiewe goedere 

                     Dit is moontlik om nie-betalers van die gebruik van kollektiewe
                      goedere uit te sluit deur die heffing van fooie of tolgelde. (nie-betalers
                      is mense wat goedere en dienste gebruik sonder om daarvoor te
                      betaal). 
                     Voorbeelde van kollektiewe goedere is parke, strande, paaie,
                      watervoorsiening, openbare vervoer en vullisverwydering. 
                     Die openbare sektor voorsien in meeste van die kollektiewe
                      goedere. 

       (c)       Meriete goedere 

                      Hierdie goedere en dienste het belangrike voordele aan die
                       gebruikers en die ekonomie. 
                      Markkragte weerspieël nie die volle waarde van meriete goedere
                       nie. 
                      Die private sektor onderwaardeer hierdie produkte en voorsien nie
                       genoeg nie. 
                      Die staat voorsien meriete goedere om te verseker dat alle burgers
                       toegang het tot dit bv. die regering verskaf onderwys om te verseker
                       dat alle burgers die geleentheid gebied word tot onderwys, omdat
                       onderwys belangrike voordele het bv. om die stryd teen armoede
                       teen te werk en ŉ bydrae tot ekonomiese groei kan lewer. 
                      Meriete goedere sluit in biblioteke, navorsing, onderwys en
                       gesondheidsdienste. 
                      Nie-meriete goedere is skadelik vir die gebruikers en vir die
                       gemeenskap. Die regering gebruik belasting en wegewing om die
                       verbruik en produksie van nie-meriete goedere te ontmoedig,
                       byvoorbeeld dobbel, alkohol en tabakprodukte. 

  B.   Om natuurlike hulpbronne te beskerm

                    Ons omgewing sluit in, natuurlike hulpbronne soos lug wat ons inasem,
                     die skoonheid wat ons van die natuur geniet en die oseane wat vol vis
                     is. Natuurlike hulpbronne word deur niemand besit nie, maar deur
                     almal gebruik. 
                    Negatiewe eksternaliteite is koste wat voortspruit uit die produksie van
                     goedere en dienste wat ŉ impak op ŉ tweede of derde party het, wat
                     nie deel van die transaksie is nie. Byvoorbeeld gedurende produksie
                     word skadelike besoedeling deur fabrieke versoosaak, wat ŉ
                     negatiewe eksternaliteit is. Negatiewe eksternaliteite het negatiewe
                     uitwerkings op natuurlike hulpbronne. Sakeondernemings neem
                     dikwels nie die koste wat die samelewing weens produksie moet dra, in
                     ag nie, soos besoedeling wat asma veroorsaak en waterbesoedeling
                     wat waterlewe doodmaak. 
                    Die regering moet inmeng om die natuurlike hulpbronne te beskerm en
                     beperkings moet geplaas word op die skep van negtiewe
                     eksternaliteite deur die implementering van sekere wetgewing. 

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                                EKONOMIE V1                                  (SEPTEMBER 2014)

  C.   Ingryping in die ekonomie 

       Die Regering gryp in, om die volgende te bereik:

           Die regering moet ŉ sosiale-wetgewende omgewing skep wat individue
            en besighede tot hul maksimum kan laat funksioneer. 
           Die regering bevorder die doeltreffendheid van die vrye markte en gryp
            dus in om onvolmaakte mededinging, bv monopolieë te verhoed. 
           Die regering beinvloed ook die toekenning van hulpbronne. 
           Die regering kan ook geskikte regeringsbeleide toepas ten einde makro-
            ekonomiese doelwitte soos ekonomiese groei, volle indiensneming,
            ekonomiese gelykheid, prysstabiliteit en wisselkoerse te kan
            bereik.                                                  (Enige 10 x 2)     (20)
                                                                               Maks.      (26)

       Daarby, bespreek probleme wat verband hou met die openbare
       sektordiens met spesiale verwysing na Suid-Afrika, en hoe suksesvol
       dit was.

  A.   Aanspreeklikheid 

           Die openbare sektor tree nie altyd op in die beste belang van die
            gemeenskap nie. Die openbare sektor van ŉ land word nie deur ŉ
            winsmotief aangedryf nie en die publiek kan nie altyd kies om na ander
            verskaffers van openbaresektordienste te gaan nie. Hierdie
            omstandighede kan tot lae produktiwiteit en ŉ gebrek aan
            aanspreeklikheidheid onder staatsamptenare lei. Nog ŉ probleem is dat
            die openbare korporasies verantwoordelik is aan die parlement, en nie
            aan die belastingbetalers wat hulle dien nie.
           Die Suid-Afrikaanse regering voorsien gratis water en elektrisiteit, HOP
            huise, gratis skoolopvoeding en gratis gesondheidsdienste. 

  B.   Doeltreffendheid 

       Enige plek in die wêreld, word die openbare sektor, in plaas van die private
       sektor, as ondoeltreffend beskou. Daar is drie hoofredes hiervoor:

         Burokrasie en rompslomp – amptenare kan te veel daarop konsentreer om
          die prosedures streng na te volg in plaas daarvan om die individuele
          behoeftes in ag te neem. 
         Gebrek aan opleiding – regeringsamptenare het nie altyd die gepaste
          opleiding in die vaardigheid wat vir hulle poste vereis word nie.
         Korrupsie – ŉ gebrek aan deeglike toesig en ondergemiddelde lone kan
          korrupsie ŉ aantreklike opsie vir sommige mense maak. 
         In Suid-Afrika is daar baie gevalle van nepotisme en korrupsie onderhewe
          aan ondersoeke. 

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2014)                          EKONOMIE V1                                      11

  C.    Die probleem om behoeftes te assesseer en reg te beplan 
           In die privaat sektor word goedere en dienste in reaksie op werklike vraag
            voorsien. Huise word bevoorbeeld gebou volgens die prys wat mense
            bereid is om daarvoor te betaal. Die getal en soort huise wat voorsien
            word, sal afhang van die ewewigsprys wat in die mark bepaal word. 
           In die openbare sektor word goedere en dienste volgens die behoeftes
            van die burgers voorsien. Die owerheid beskou byvoorbeeld behuising as
            ŉ maatskaplike verantwoordelikheid en voorsien dit volgens mense se
            behoeftes. 
           Openbare ondernemings werk nie volgens marktoestande nie, so hule het
            dus nie ŉ meganisme om die behoeftes van die verbruikers aan
            regeringsamptenare oor te dra nie. 
           Dit skep ŉ probleem wat kan lei tot ŉ onder-voorsiening van openbare
            goedere of ŉ ontoereikende voorspelling van toekomstige behoeftes.
           Die Suid-Afrikaanse huishoudings wat in formele huise woon, het gestyg
            van 5,5 miljoen tot 11 miljoen of met 89,9%. Huise wat toegang het tot
            elektrisiteit het van 58%–83% gestyg. 
  D.    Korrekte prysbepaling
          Dit is nie altyd moontlik om die regte markverwante pryse vir openbare
           goedere en dienste te vra nie, omdat baie mense dit nie sal kan bekostig
           nie, maar dit beteken nie hulle kan van die voordeel uitgesluit word
           nie. 
         Baie Suid-Afrikaners baat by maatskaplike toelae en subsidies. 
         Die Suid-Afrikaanse regering voorsien gratis onderwys en gratis
           hospitaaldienste. 
          (Indien slegs 5 gelys word –maks. 5 punte – enige 5 x 1) (Enige 5 x 2)          (10)
        Samevatting
            Openbare sektor-voorsiening van goedere en dienste is baie belangrik vir
             alle Suid-Afrikaners om sodoende te probeer om die lewensstandaard
             van baie mense te verbeter, sowel as om die ekonomiese effektiwiteit en
             ontwikkeling te verhoog.                                (Maks. 1 x 2)
            (Enige toepaslike gevolgtrekking kan gekrediteer word.)                       [40]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                                EKONOMIE V1                                 (SEPTEMBER 2014)

VRAAG 6

Bespreek die verskillende ekonomie groei in ontwikkelingsstrategieë in Suid-
Afrika. Addisioneel verduidelik kortliks hoe Suid-Afrika se fiskale beleid sedert
1994 tot ontwikkeling bygedra het.                                                         [40]
Inleiding

Verskillende groei- en ontwikkelingstrategiee was sedert 1994 in Suid-Afrika
geimplementeer, met elkeen wat spesifieke behoelftes by sy instelling aangespreek
het.                                                                 Maks. (1 x 2)
                                  (Enige relevante gevolgtrekking is aanvaarbaar.)          (2)
LIGGAAM

A.       Heropbou- en Ontwikkelingsprogram (HOP) 

           Die HOP was ŉ gëintegreerde, samehangende sosio-ekonomiese
            beleidsraamwerk wat direk na Suid-Afrika se eerste demokratiese
            verkiesing in 1994 ingestel is. 
          Om die ontwikkelingsdoelwitte van die HOP te verwesenlik, moes Suid-
            Afrika ŉ volgehoue groeikoers van 6% handhaaf. 
          Dit was daarop gemik om alle Suid-Afrikaanse mense en die land se
            hulpbronne te mobiliseer om apartheid finaal uit te wis, en ŉ demokratiese,
            nie-rassige en nie-seksistiese toekoms te bou. 
          Die HOP het op ses beginsels berus:
            1. ŉ Geïntegreerde en volhoubare program 
            2. ŉ Mensgedrewe proses wat op die behoeftes van die bevolking
                 konsentreer 
            3. Vrede en sekuriteit vir almal, met die doel om ŉ nie-gewelddadige
                 samelewing te skep waarin alle menseregte gerespekteer word 
           4.    Nasiebou, met die doel om op die behoeftes van alle lede van die
                 samelewing te konsentreer 
           5.    Die ineenskakeling van heropbou en ontwikkeling 
           6.    Die demokratisering van Suid-Afrika in alle opsigte, insluitend
                 besluitnemingsprosesse op alle vlakke 

          Die HOP het uit vele voorleggings, strategieë en beleidsprogramme
           bestaan. Dit alles kon egter saam gegroepeer word in vyf belangrike
           beleidsprogramme wat nou met mekaar verband gehou het. 
          Die vyf belangrikste programme was:
           1. Om in basiese behoeftes te voorsien 
           2. Om ons menslike hulpbronne te ontwikkel 
           3. Om die ekonomie op te bou 
           4. Om die staat en samelewing te demokratiseer 
           5. Om die HOP in werking te stel 

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2014)                            EKONOMIE V1                                     13

B.       Groei-, Indiensneming- en Herverdelingsprogram (GEAR)

             GEAR het die strategiese visie wat in die HOP uiteengesit is, verder
              gevoer. 
             Dit het die belangrikheid van al die HOP-doelwitte herbevestig, maar het
              ook erken dat die regering probleme met die uitvoering van die plan ervaar
              het, asook makro-ekonomiese probleme terwyl die HOP in werking gestel
              is 
             Die HOP het baie meer klem laat val op gedissiplineerde ekonomiese
              beleid, maar steeds erken dat daar ernstige behoeftes is waarin voorsien
              moet word. 
         
C.       Die Versnelde en Gedeelde Groei-Inisiatief vir Suid-Afrika (AsgiSA) 

             AsgiSA het voortgevloei uit die regering se verbintenis om werkloosheid
              en armoede teen 2014 te halveer.
             Die Gesamentlike Inisiatief vir die Verkryging van Prioriteitsvaardighede
              (Jipsa) is bekendgestel om aandag te gee aan die skaars en uiters
              noodsaaklike vaardighed wat nodig was om AsgiSA se doelwitte te bereik.
             Asgisa het ses belangrike faktore geidentifiseer wat Suid-Afrika verhinder
              het om die gewenste groeikoers te behaal:

              1.   Die relatiewe onstabiliteit van die geldeenheid. 
              2.   Die koste, doeltreffendheid en kapasiteit van die nasionale logistieke
                   stelsel. 
              3.   Die tekort aan geskikte geskoolde arbeid en die ruimtelike
                   verwringing van apartheid wat die koste van laaggeskoolde arbeid
                   beïnvloed het. 
              4.   Versperrings tot toetrede, beperkings op mededinging en beperkte
                   nuwe beleggingsgeleenthede. 
              5.   Die regulerende omgewing, en die las op klein en mediumgrootte
                   ondernemings (KMO’s). 
              6.   Tekortkomings in die staat se organisasie, kapasiteit en leierskap. 

              AsgiSA was nie bedoel om ŉ regeringsprogram te wees nie, maar eerder
               ŉ nasionale inisiatief wat ondersteun moes word deur al die belangrikste
               groepe in die ekonomie, naamlik ondernemings, die arbeidsmag,
               entrepreneurs en die regering, asook semistaatsdepartemente en
               -instellings. 

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                               EKONOMIE V1                                   (SEPTEMBER 2014)

D.       Die Nuwe Groeipad (NGP) 

            Die huidige groeiplan wat in Suid-Afrika gevolg word, is die Nuwe
             Groeipad (NGP) wat in November 2011 bekendgestel is. Hierdie plan is
             ontwerp om as ŉ raamwerk vir ekonomiese beleid te dien en om die
             dryfkrag agter die land se werkskeppingstrategie te wees. 

         Die NGP stel dus strategieë voor om voldoende vraag te verseker:

            Verdieping – van die plaaslike- en streeksmark deur werksgeleenthede te
             vermeerder, inkomste te verhoog, en ander stappe te doen om
             regverdiging en inkomsteverdeling te verbeter. 
            Verbreding – van die mark vir Suid-Afrikaanse goedere en dienste deur
             sterker te fokus op uitvoere na die streek en ander vinning groeiende
             ekonomieë 

         Op ŉ makro-ekonomiese vlak behels die NGP ŉ inskiklike (wat beteken dit is
         minder streng) monetêre beleid, gekombineer met ŉ strenger fiskale beleid
         om inflasionêre druk te beperk en mededinging te bevorder.
         Regeringsbesteding sal ŉ prioriteit wees met die doelwit om volhoubare
         werksgeleenthede op die langtermyn te skep. 
         Die mikro-ekonomiese maatreëls om inflasionêre druk te beheer, sluit die
         volgende in:

            Mededingingsbeleid om monopolistiese prysbepaling op produkte en
             dienste te kontroleer. 
            ŉ Hersiening van geadministreerde pryse om te verseker dit styg nie
             sonder goeie rede tot bokant die inflasiekoers nie. 
            Ingrypings wanneer die pryse van noodsaaklike produkte en dienste
             (soos privaat gesondheidsorg en basiese kositems) vinnig styg. 

 Die mikro-ekonomiese pakket behels 10 programme wat inflasiedruk beheer,
 limiet ondoeltreffendheid en verseker dat meer pro-aktiewe strategieë om ŉ
 inklusiewe ekonomie te ondersteun:

 1.    Aktiewe nywerheidsbeleid 
 2.    Landelike-ontwikkelingsbeleid 
 3.    Mededingingsbeleid 
 4.    Bevordering van onderwys- en vaardigheidsontwikkeling 
 5.    Ondernemingsontwikkeling: die ondersteuning van klein ondernemings en
       entrepreneurskap, en om onnodige rompslomp uit te skakel. 
 6.    Breëbasis-Swart Ekonomiese Bemagtiging (BBBEE) 
 7.    Arbeidsbeleide 
 8.    Tegnologiebeleid 
 9.    Ontwikkelingshandelsbeleide 
 10.   Beleide vir Afrika-ontwikkeling                            (Enige 10 x 2)           (20)
                                                                            Maks.           (26)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2014)                          EKONOMIE V1                                      15

 Bykomstig, verduidelik hoe Suid-Afrika se fiskale beleid sedert 1994 het met
 ontwikkeling gehelp.

  Vlakke van belasting is verminder vir lae inkomste verdieners. 
  Die BTW-koers is nie verhoog nie, wat goed is vir laevlak inkomste
   verdieners. 
  Die brandstofheffing is ingestel, wat ŉ negatiewe uitwerking op die pryse van
   vervoer en ook op die meeste ander goedere en dienste gehad het. 
  Die provinsies en munisipaliteite ontvang toekennings vanaf die nasionale
   regering om dienste te verskaf. 
  Groot vordering is gemaak in die verskaffing van verbeterde dienste, veral vir arm
   mense. 
  In 2012 was daar nog ŉ groot aantal mense wat in agtergeblewe nedersettings
   gebly het sonder enige van hierdie dienste. 
      (Indien slegs 5 gelys – maks. 5 punte – enige 5 x 1)             (Enige 5 x 2)        (10)

 Gevolgtrekking

 Die verskillende groei- en ontwikkelingstrategieë wat in Suid-Afrika sedert 1994
 geimplementeer is, het alles bygedra om ons land meer welvarend te maak en die
 aanspreek van problem wat deur ongelykhede van die verlede. Probleme
 soos ŉ lae vlak van onderwys, werkloosheid en ongelyke verspreiding van inkomste
 duur voort. Die huidige NGP is ŉ omvattende beleid wat gerig is op die aanspreek
 van al hierdie probleme.                                               (Maks. 1 x 2)

                                  (Enige relevante gevolgtrekking is aanvaarbaar.)          [40]

                                                               TOTAAL AFDELING C:            80
                                                                   GROOTTOTAAL:             150

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

## Related documents

- [ECONOMICS P1 QP GR12 SEPT 2014 AFR](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-qp-gr12-sept-2014-afr/d2e97579-d247-4ebc-954a-551864396aa9) — Economics · QP · 2014 · Afr
- [ECONOMICS P2 MEMO GR 12 SEPT2014 ENG](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-memo-gr-12-sept2014-eng/1843478e-2caf-42f7-8958-2e260cc3449c) — Economics · Memo · 2014 · Eng
- [ECONOMICS P2 MEMO GR12 SEPT2014 AFRIKAANS](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-memo-gr12-sept2014-afrikaans/f49aa136-8785-408e-90f0-b03837af7a8f) — Economics · Memo · 2014 · Afr
- [Economics P1 Nov 2014 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-nov-2014-memo-eng/68e34c8d-ff14-4246-887a-c69f32ed75a8) — Economics · Memo · 2014 · Eng
- [ECONOMICS P1 GR12 MEMO SEPT 2023 English](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr12-memo-sept-2023-english/2f2dfcd4-99d6-4ca1-b941-aa653985e502) — Economics · Memo · 2023 · Eng
- [ECONOMICS P1 GR12 MEMO SEPT2021 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr12-memo-sept2021-afrikaans/be8a315c-3850-4a12-a242-cce45d9f946b) — Economics · Memo · 2021 · Afr

## More from Grade 12 Economics

- [ECONOMICS P2 GR12 QP JCT 2025 AFR D watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-gr12-qp-jct-2025-afr-d-watermark/3dba3588-624d-493b-bc60-00d7e2783cae) — QP · 2025 · Afr
- [Economics Grade 12 NSC P1 QP September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-12-nsc-p1-qp-september-2025-free-state/4def59dd-ebf4-4191-89e7-2b6d4609d6cc) — QP · 2025
- [Economics Grade 12 NSC P1 QP September 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-12-nsc-p1-qp-september-2025-mpumalanga/5449d7a4-548e-416d-91b4-1da462710798) — QP · 2025
- [Economics Grade 12 NSC P2 QP September 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-12-nsc-p2-qp-september-2025-mpumalanga/efbb0e99-1236-496b-bc64-5b31b3784493) — QP · 2025
- [Economics P1 May-June 2025 Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-may-june-2025-afr/e9c77643-7f83-42e3-b28d-cf84e96050ca) — QP · 2025 · Afr
- [Economics P2 May-June 2025 Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-may-june-2025-afr/4c93e067-5237-46b7-ab21-5c2cea219788) — QP · 2025 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
