# Economics Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2019 Memo (Afr)

> Grade 12 Economics Paper 1 memorandum from the Eastern Cape Mock Exam 2019 (Afrikaans), 19 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-memo-gr12-sept-2019-afrikaans-final/0e04f3e1-04a4-4990-b099-da20bb8592a0
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Economics
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Memorandum
- Year: 2019
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 19

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/economics) › [Economics Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2019 Memo (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-memo-gr12-sept-2019-afrikaans-final/0e04f3e1-04a4-4990-b099-da20bb8592a0)

## About this document

Economics · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2019 · Afrikaans. Memorandum, 19 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                          NASIONALE
                      SENIOR SERTIFIKAAT

                             GRAAD 12

                      SEPTEMBER 2019

                         EKONOMIE V1
                         NASIENRIGLYN

PUNTE:   150

                   Hierdie nasienriglyn bestaan uit 19 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                EKONOMIE V1                               (EC/SEPTEMBER 2019)

 AFDELING A (VERPLIGTEND)

 VRAAG 1

 1.1    MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

        1.1.1   C     geld 
        1.1.2   D     Phillips 
        1.1.3   A     reserwe bates 
        1.1.4   A     geld 
        1.1.5   B     morele oorreding 
        1.1.6   B     Gesamentlike Inisiatief vir Prioriteit Vaardighede verkryging
                      (JIPSA) 
        1.1.7   D     Geïntegreerde Vervaardigings Strategie (IMS) 
        1.1.8   C     vorming                                               (8 x 2)   (16)

 1.2    PAS ITEMS

        1.2.1   H     C+G+I+(X-M) 

        1.2.2   F     verkry wanneer die uitwerkings van ongereelde
                      gebeurtenisse en seisoene verwyder word uit die tydreeks
                      data 

        1.2.3   A     totale verbod/embargo op sekere goedere van ŉ sekere
                      land 

        1.2.4   I     een land kan goedere en dienste goedkoper produseer as ŉ
                      ander 

        1.2.5   B     ŉ deurgang wat toegang verleen van een gebied na ŉ ander
                      gebied 

        1.2.6   C     Het ŉ nuwe ondersteuningsprogram ontwikkel vir klere en
                      tekstiele 

        1.2.7   D     minister van Finansies lig Parlement in van enige
                      veranderinge wat sedert Februarie mag plaasgevind het 

        1.2.8   E     belangrike sosiale aanwyser                            (8 x 1)    (8)

 1.3    GEE EEN BEGRIP

        1.3.1   Eksogene / monetaristiese seining 
        1.3.2   Belasting 
        1.3.3   Oordragbetalings 
        1.3.4   Verstedeliking 
        1.3.5   Terugkoopkoers / repokoers 
        1.3.6   Grondrestitusie                                             (6 x 1)     (6)

                                                           TOTAAL AFDELING A:            30

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2019)                       EKONOMIE V1                                       3

 AFDELING B

 Beantwoord TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling in die
 ANTWOORDEBOEK.

 VRAAG 2: MAKRO-EKONOMIE

 2.1    2.1.1     Noem enige TWEE lidlande van BRICS.

                   Brasilië 
                   Rusland 
                   China 
                   Suid-Afrika 
                   Indië                                              (Enige 2 x 1)     (2)

        2.1.2     Hoekom is die BBP teen markprys gewoonlik hoër as die BBP
                  teen faktorkoste?

                      BBP teen markprys neem die pryse wat werklik betaal word vir
                       goedere en dienste in ag en dit sluit reeds indirekte belasting
                       in. 
                      Indirekte belasting word toegevoeg by BBP teen faktorkoste
                       om BBP teen markprys te bereken, wat BBP teen markprys
                       hoër maak. 
                       (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord)
                                                                          (Enige 1 x 2)   (2)

 2.2    DATARESPONS

        2.2.1     Noem ŉ voorbeeld van ŉ lekkasie.

                      Besparings 
                      Belastings 
                      Invoere                                           (Enige 1 x 1)   (1)

        2.2.2     Watter faktor beïnvloed die grootte van die
                  vermenigvuldiger?

                      ŉ Verandering in besteding (msg) 
                      ŉ Verandering in verbruik (mvg) 
                       (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord)
                                                                       (Enige 1 x 1)      (1)

        2.2.3     Beskryf kortliks die term vermenigvuldiger kortliks.

                      ŉ Klein aanvanklike toename in besteding lei tot ŉ
                       proporsioneel groter toename in totale nasionale inkome. 
                       (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord)                 (2)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                  EKONOMIE V1                               (EC/SEPTEMBER 2019)

        2.2.4   Verduidelik die uitwerking op nasionale inkome wanneer
                inspuitings meer as lekkasies is.

                     As inspuitings meer as lekkasies is, sal vraag na goedere en
                      dienste toeneem. 
                     Meer goedere en dienste sal geproduseer word en meer
                      inkome sal gegenereer word. 
                     Nasionale inkome neem toe. 
                      (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord)
                                                                         (Enige 1 x 2)    (2)

        2.2.5   Veronderstel die Suid-Afrikaanse regering bestee R250m aan
                die ekonomie. Bereken die vermenigvuldigereffek as
                mvg = 0,7 is. Toon alle berekeninge.

                                           α = 1/1 – mvg.
                                              = 1/1 – 0,7 
                                            = 1/0,3.
                                            = 3,33 
                     Vermenigvuldigereffek = 3,33 x R250 m 
                                             = R832,5 m 

                                                      OF

                                           α = 1/msg
                                              = 1/0,3 
                                              = 3,33 
                   Vermenigvuldigereffek = 3,33 x R250 m 
                                              = R832,5 m 
                L.W.: (een punt toegeken vir slegs die antwoord)                          (4)

 2.3    DATARESPONS

        2.3.1   Behalwe AfCTA, noem enige ander vryhandelsgebied in die
                wêreld.

                     Die Noord-Amerikaanse Vryhandel Ooreenkoms (NAFTA) 
                     Suider-Afrikaanse Ontwikkelings Gemeenskap (SADC) 
                     Europese Vryhandel Vereniging (EFTA) 
                     Suid-Asiatiese Vryhandelsgebied (SAFTA) 
                      (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord)                  (1)

        2.3.2   Watter handelsprotokol moedig die vestiging van ŉ enkel
                mark in Afrika aan?

                     Afrika-Unie (AU)                                                   (1)

        2.3.3   Beskryf kortliks die term begrip vryhandelsgebied.

                     Vryhandelsgebied is waar beperkings soos tariewe en kwotas
                      verwyder is. 
                     (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord)                    (2)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2019)                     EKONOMIE V1                                        5

        2.3.4    Verduidelik kortliks die rol van die Wêreld
                 Handelsorganisasie as deel van globalisasie.

                 Die rol van die WHO is om:
                  Na die implementering en administrasie van
                     handelsooreenkomste om te sien. 
                  Die nienakoming van handelsooreenkomste te
                     identifiseer. 
                  Handelsdispute op te los. 
                    (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord)
                                                                    (Enige 1 x 2)         (2)

        2.3.5    Hoe kan Afrika voordeel trek deur deel van ŉ enkel mark te
                 wees?

                 Afrika kan voordeel trek deur:
                  ŉ Hupstoot in intra-Afrika-handel. 
                  ŉ Geleentheid vir Afrika-lande om die gedeelte van industriële
                     goedere in produksie en uitvoere te verhoog. 
                  Beduidende geleenthede vir industrialisasie en
                     werkverskaffing. 
                     (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord)
                                                                     (Enige 2 x 2)        (4)

 2.4    Bespreek die lengte en amplitude van ŉ sakesiklus.

        LENGTE
         Dit is die tyd wat dit neem vir ŉ sakesiklus om deur ŉ volledige siklus te
          beweeg. 
         Dit word gemeet van piek tot piek/trog tot trog. 
         Dit is nuttig om te weet wat die lengte is, omdat die lengte neig om
          relatief konstant te bly oor tyd. 
         As sakesiklus langer lengtes toon, word die ekonomie as sterk
          beskou. 
         As sakesiklus korter lengtes toon, word die ekonomie as swakker
          beskou.                                                   (Enige 2 x 2)

        AMPLITUDE
         Dit is die verskil tussen die totale uitset tussen ŉ piek en ’n trog. 
         Dit meet die afstand van die ossillasie van ŉ veranderlike vanaf die
          tendenslyn.
         Dit is die intensiteit van die opswaai en afswaai in ekonomiese
          aktiwiteit. 
         Hoe groter die amplitude, hoe meer uiters is die veranderinge wat mag
          plaasvind.                                                  (Enige 2 x 2)     (8)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                EKONOMIE V1                             (EC/SEPTEMBER 2019)

 2.5    Evalueer die uitwerking van ŉ geldeenheid se depresiasie op ŉ
        ekonomie.

        Positiewe (geldeenheid depresiasie):

         Kan gebruik word as ŉ uitbreidende monetêre beleid om sikliese
          maatreëls teen te werk, ten einde vraag, winste, uitset en
          werkverskaffing te stimuleer, wanneer ŉ ekonomie in resessie is. 
         Bring ŉ verbetering in die handelsbalans deur hoër uitvoer
          verkope. 
         Verskaf ŉ mededingende hupstoot vir ŉ ekonomie deur die waarde
          van winste en inkome vir ŉ land se besighede te verhoog, deur
          oorsese investering. 
         Lei tot ŉ positiewe vermenigvuldiger binne die kringloop van inkome
          en besteding. 

        Negatiewe (geldeenheid depresiasie):

         Maak dit moeiliker vir die regering om ŉ begrotingstekort te finansier
          wanneer buitelandse beleggers vertroue verloor. 
         Verhoog invoerkoste, bv. stygende pryse van noodsaaklike
          voedselsoorte, grondstowwe, wat die langtermyn produktiewe
          potensiaal van die ekonomie beïnvloed. 
         Maak dit moeilik om vir ŉ handelstekort te betaal, wat aan oorsese
          krediteure verskuldig is. 
          (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord)                         (8)
                                                                                    [40]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2019)                       EKONOMIE V1                                        7

 VRAAG 3: EKONOMIESE STREWES

 3.1 3.1.1      Noem TWEE vraagkant-beleide vir groei en ontwikkeling.

                     Monetêre beleid 
                     Fiskale beleid                                                      (2)

       3.1.2    Hoe kan rentekoerse deur die Suid-Afrikaanse Reserwebank
                aangewend word om produksie van goedere en dienste te
                stimuleer?

                  Verlaging van rentekoerse, verhoog verbruikersbesteding. 
                  Produksie word gestimuleer wanneer besighede groot toerusting
                   aankoop a.g.v. die lae koste van lenings. 
                 Meer goedere en dienste sal oor die langtermyn geproduseer
                   word om te voldoen aan die toename in die vraag na goedere en
                   dienste. 
                  (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord)
                                                                     (Enige 1 x 2)         (2)

 3.2 DATARESPONS

       3.2.1    Noem EEN voorbeeld van ŉ land in die Noord-verdeel.

                     Kanada 
                     Frankryk 
                     Italië 
                     Duitsland 
                     Japan 
                     Rusland 
                     Verenigde Koninkryk 
                     Verenigde State 
                     Australië 
                     Nieu-Seeland                                        (Enige 1 x 1)   (1)

       3.2.2    Verskaf EEN kenmerk van die groep lande deur die ‘Suid’
                voorgestel.

                     Lae lewenstandaard 
                     Gebrek aan voldoende infrastruktuur 
                     Lae lewensverwagting 
                     Gebrek aan onderwys 
                      (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord)
                                                                           (Enige 1 x 1)   (1)

       3.2.3    Beskryf kortliks die term globalisasie.

                Die wêreldwye interaksie van ekonomieë met handel as belangrike
                element. 
                (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord)                         (2)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                  EKONOMIE V1                            (EC/SEPTEMBER 2019)

      3.2.4    Verduidelik handel, as ŉ uitdaging van globalisasie, kortliks.

               Handel is ŉ uitdaging van globalisasie omdat:
                Ryk lande aanhou om produksie van hul landbougoedere te
                 subsidieer en dit moeilik maak vir ontwikkelende lande om mee te
                 ding. 
                Hulle dit doen terwyl hulle daarop aandring dat ontwikkelende
                 lande tariewe op vervaardigde goedere, verwyder. 
                Meeste van die wêreld se armste lande neem min deel aan
                 buitelandse handel en blameer globalisasie daarvoor. 
                 (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord)
                                                                     (Enige 1 x 2)      (2)

      3.2.5    Hoe dra lande in die Noord-verdeel by tot die vernietiging van
               die omgewing?
               Hulle dra by tot die vernietiging van die omgewing deur:
                Besoedeling te veroorsaak a.g.v. massaproduksie van goedere
                  en dienste. 
                Klimaatsverandering te veroorsaak a.g.v. hul betrokkenheid by
                  hoë vlak industriële aktiwiteite. 
                Natuurlike hulpbronne uit te put a.g.v. oor-industrialisasie. 
                Ontbossing a.g.v. industrialisasie. 
                 (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord)
                                                                        (Enige 2 x 2)   (4)

 3.3 DATARESPONS

      3.3.1    Noem EEN kategorie in die sekondêre sektor.

                    Vervaardiging 
                    Voedselverwerking 
                    Olieraffinadery 
                    Energieproduksie 
                     (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord)
                                                                       (Enige 1 x 1)    (1)

      3.3.2    Wat is die neiging in die primêre sektor tussen 2017 en 2018?

               Dit neem af                                                             (1)

      3.3.3    Omskryf kortliks die begrip Bruto Binnelandse Produk.

               Bruto Binnelandse Produk is die geldwaarde van alle finale goedere
               en dienste wat binne die grense van ŉ land geproduseer word, binne
               ŉ sekere tydsperiode. 
               (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord)                       (2)

      3.3.4    Verduidelik die gebruik van per capita BBP syfers.

               Dit word gebruik om die lewenspeil tussen verskillende lande te
               vergelyk. 
               (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord)                       (2)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2019)                     EKONOMIE V1                                       9

       3.3.5    Hoe sal reële groei van 0,8% die ekonomie negatief beïnvloed?

                ŉ Lae reële groei van 0,8% is laer as die verwagte groeikoers. Dit
                beïnvloed die ekonomie negatief deur:
                 Indiensnemings eleenthede te verminder omdat besighede nie
                    meer werkers kan huur nie. 
                 Die vraag na goedere en dienste te laat daal omdat
                    verbruiksbesteding afneem. 
                 Vertroue in investering te laat afneem. 
                   (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord)
                                                                      (Enige 2 x 2)     (4)

3.4    Bespreek kortliks die koste om sake te doen as ŉ aanbodkant-
       benadering in die bevordering van groei en ontwikkeling in
       Suid-Afrika.

       Vervoerkoste 
        Vervoer opsies is lug-, pad-, spoor- en seevervoer. 
        Regering beheer lug- en spoorvervoer in Suid-Afrika. 
        ŉ Beduidende gedeelte van vrag en passasiers word padlangs
         vervoer. 
        Slegs ŉ betroubare spoordiens wat goedkoper is as padvervoer, sal die
         probleem omkeer. 

       Kommunikasiekoste 
        Kommunikasie opsies is kabel, sein en pos. 
        Regering beheer kabel (land- of vaste lyne) en pos kommunikasie
         dienste. 
        Kabel-kommunikasiedienste in Suid-Afrika is een van die duurste in die
         wêreld, maar redelik doeltreffend. 
        Hoë kostes maak IT-dienste vir besighede en individue duur en beperk
         globale mededingendheid. 

       Energiekoste 
        Elektrisiteit en vloeibare brandstof is die hoofbronne van energie in Suid-
         Afrika. 
        Eskom is die enigste verskaffer (monopolie). 
        Regering reguleer die pryse van petrol en paraffien. 
        Die pryse van ingevoerde ru-olie is gekoppel aan internasionale
         markpryse, wat hoog is. 
        Hoë vloeibare energiepryse ondermyn die doeltreffendheid van die
         ekonomie.                                                                    (8)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                               EKONOMIE V1                             (EC/SEPTEMBER 2019)

3.5    Hoe standaardiseer internasionale organisasies soos die
       Wêreldbank en die Verenigde Nasies die aanwysers van lidlande?

       WêRELDBANK

          Die Wêreldbank Groep van Instellings verskaf definisies vir ŉ reeks
           ekonomiese en sosiale aanwysers. 
          In vennootskap met die Internasionale Organisasie vir
           Standaardisasie (IOS), verskaf die Wêreldbank standaarde wat
           wêreldklas spesifikasies daarstel vir produkte, goedere en
           stelsels. 

       VERENIGDE NASIES

         Het die beste ontwikkel – bekende handleiding van ekonomiese
          aanwysers, die Stelsel van Nasionale Rekeninge (SNR). 
        Dit fokus op produksie, inkome en besteding en hoe om dubbeltelling
          te vermy. 
        Dit stel data saam vir die SARB se Kwartaallikse Bulletin kragtens die
          SNR spesifikasies. 
         (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord)                           (8)
                                                                                     [40]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2019)                           EKONOMIE V1                                   11

 VRAAG 4: MAKRO-EKONOMIE EN EKONOMIESE STREWES

 4.1    4.1.1    Noem TWEE soorte sakesiklusse.

                      Kitchen-siklus 
                      Jugler-siklus 
                      Kuznets-siklus 
                      Kondratieff-siklus                               (Enige 2 x 1)    (2)

        4.1.2    Hoe kan KMMOs tot ekonomiese groei bydra?

                 KMMOs kan tot die ekonomiese groei bydra deur:
                  Produksieprosesse te verhoog. 
                  Werkskeppingsgeleenthede vir strukturele werklose mense te
                   skep. 
                  Mededinging te verhoog. 
                  Geleenthede vir uitvoere te vermeerder.
                  Entrepreneursvaardighede te verhoog wat sal lei tot hoër
                   produksie en investering. 
                   (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord)
                                                                   (Enige 1 x 2)          (2)

 4.2    DATARESPONS

        4.2.1    Identifiseer die vraagkurwe wat ŉ daling in die vraag na
                 dollars aantoon.
                 V2V2                                                                    (1)

        4.2.2    Watter soort wisselkoersstelsel is tans in Suid-Afrika in
                 gebruik?
                 Vryswewende wisselkoersstelsel/buigbare wisselkoersstelsel              (1)

        4.2.3    Beskryf kortliks die term devaluasie.

                 Devaluasie verwys na die doelbewuste daling in die waarde van
                 die geldeenheid kragtens ŉ ander geldeenheid, a.g.v. inmenging
                 deur die sentrale bank. 
                 (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord)                       (2)

        4.2.4    Verduidelik EEN faktor wat die vraag na dollar kan beïnvloed.

                      Invoer van goedere laat vraag na buitelandse goedere
                       toeneem en betalings moet in buitelandse geldeenheid
                       gedoen word. 
                      Betaling vir dienste deur buitelandse lande moet in
                       buitelandse geldeenheid gedoen word. 
                      Koop van aandele en bates van ander lande laat die vraag
                       daarna styg. 
                      Toeriste bestee geld oorsee. 
                      Terugbetaling van lenings van oorsese lande. 
                      (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord)
                                                                         (Enige 1 x 2)    (2)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                              EKONOMIE V1                             (EC/SEPTEMBER 2019)

        4.2.5   Wat is die uitwerking van die rand wanneer daar ŉ daling in
                die vraag na dollars is?

                ŉ Daling in die vraag na dollars sal:
                 VSA$ – Depresieer 
                 R – Appresieer  Rede: Die vraag na rand neem toe van VV
                    na V1 V1 en die ewewigspunt skuif van e na f.  Die prys
                    sal vasgestel word teen R10 wat hoër is as R8. 
                   (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord)
                                                                    (Enige 2 x 2)     (4)

 4.3    DATARESPONS

        4.3.1   In watter jaar streef die NOP daarna om armoede te
                elimineer?

                2030                                                                 (1)

        4.3.2   Noem EEN manier hoe die regering armoede onder die
                kwesbare groepe in Suid-Afrika kan verlig.

                 Verskaffing van sosiale toelaes 
                 Verbeter kwaliteit van onderwys 
                 Aanbied van vaardigheidsopleiding 
                  (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord)
                                                                 (Enige 1 x 1)        (1)

        4.3.3   Beskryf kortliks die term ekonomiese ontwikkeling.

                 Dit impliseer ’n toename in die vermoë van die bevolking om
                   meer goedere en dienste te produseer. 
                 Die proses waardeur die lewenspeil verbeter.
                  (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord)
                                                                    (Enige 1 x 2)     (2)

        4.3.4   Watter negatiewe uitwerking kan die NOP op
                belastingbetalers hê?

                Vir die implementering van die NOP sal die regering:
                 Meer inkome benodig en daarvoor sal meer en hoër belastings
                    benodig word. 
                   (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord) (1 x 2)         (2)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2019)                    EKONOMIE V1                                     13

        4.3.5    Hoe sal die Suid-Afrikaanse ekonomie voordeel trek uit die
                 implementering van die NOP?

                 Die Suid-Afrikaanse ekonomie sal bevoordeel word deur die
                 implementering van die NOP deur:
                  Werkloosheid onder die jeug te verminder / jongmense te
                     voorsien van breër geleenthede. 
                  Die mededingende vermoë van die ekonomie te verhoog. 
                  Die lewenstandaard van mense te verbeter. 
                  Industrialisasie te verhoog. 
                    (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord)
                                                                    (Enige 2 x 2)    (4)

 4.4    Bespreek kortliks die demografiese aanwysers.

        Bevolkingsgroei 
         Meet van bevolkingsgroei is belangrik vir die verskaffing van sosiale
          dienste. 
         Identifiseer die grootte van die belastingbasis. 
         Suid-Afrika se bevolkingsgetal was 58 miljoen in 2019. 
           (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord)      (Enige 2 x 2)

        Lewensverwagting 
         Geskat op 61 vir mans en 67 vir vrouens in Suid-Afrika. 
         Toon die aantal jare wat ŉ pasgebore baba sal lewe aan, as die sterfte
          patroon onveranderd bly. 
         Word deur die regering en versekeringsmaatskappye gebruik. 
         Die regering gebruik dit om die omvang van sosiale dienste te
          bepaal. 
         Versekeringsmaatskappye gebruik dit om premies te bereken. 
                                                                   (Enige 2 x 2)     (8)

 4.5    Hoe sal ŉ styging in uitvoerpryse en invoerpryse die Suid-Afrikaanse
        ekonomie beïnvloed?

        ŉ Styging in uitvoerpryse sal:
         Lei tot ŉ verbetering in die ruilvoet. 
         Ekonomiese welvaart laat toeneem omdat hoër inkome verdien word
           met dieselfde besteding. 
         Oor die langtermyn sal dit egter lei tot ŉ afname in volumes verkoop,
           afhangende van die pryselastisiteit van vraag. 
         Lei uiteindelik tot ŉ daling in welvaart. 

        ŉ Toename in invoerpryse sal:
         Lei tot ŉ verswakking in die ruilvoet. 
         Welvaart laat afneem omdat meer hulpbronne gebruik is om meer
           eenhede te produseer om hoër invoerkoste te finansier. 
           (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord)                         (8)
                                                                                     [40]

                                                         TOTAAL AFDELING B:            80

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                                 EKONOMIE V1                              (EC/SEPTEMBER 2019)

AFDELING C

VRAAG 5: MAKRO-EKONOMIE

Bespreek in detail hoe die volgende faktore tot swak openbaresektor
voorsiening sal bydra:
 Gebrek aan aanspreeklikheid                     (10)
 Ondoeltreffendheid                               (8)
 Probleme met assessering van behoeftes          (8)

Stel oplossings vooroor hoe doeltreffendheid die ondernemings in staatsbesit
kan verbeter.

INLEIDING

     Die openbare sektor bestaan uit die sentrale regering, verantwoordelik vir
      nasionale sake, provinsiale regering, verantwoordelik vir streeksake en
      plaaslike regering, verantwoordelik vir straatligte, ens. 
     (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike inleiding)                                   (2)

HOOFGEDEELTE

Gebrek aan aanspreeklikheid

    Aanspreeklikheid beteken om ŉ verduideliking te kan gee vir jou besluite, aksies
     en besteding. 
    Die mense vereis dat die regering belastings aanwend vir die doel waarvoor dit
     gehef word en nie om die mag wat toegeken is, te misbruik nie. 
    Staatsamptenare dien nie altyd die belang van die publiek nie. 
    Hulle streef na maksimum salarisse, status en mag en daar word nie van hulle ŉ
     wins- en verliesstaat vereis nie. 
    Hulle is begrotingsgedrewe. 
    Die regering poog om hierdie probleem te oorbrug deur staatsamptenare
     aanspreeklik te maak teenoor die publiek. 

In Suid-Afrika word aanspreeklikheid onderlê deur:

    Ministeriële verantwoordelikhede: ministers is spreekbuise vir hulle
     departemente. 
    Die Direkteur Generaal van elke departement is aanspreeklik vir die aktiwiteite
     van die Departement 
    Portfolio Komitees: monitor individuele departemente en maak aanbevelings aan
     die Parlement. 
    Tesouriebeheer: die nasionale tesourie is verantwoordelik vir bestedings
     beheer. 
    Die Tesourie Komitee, met die Minister van Finansies as voorsitter, evalueer alle
     versoeke vir addisionele befondsing, regdeur die jaar. 
    Die Ouditeur-Generaal rapporteer aan elke regeringsdepartement. 
    Die OG rapporteur oor die standaard van finansiële bestuur en wys moontlike
     bedrog en ongemagtigde besteding uit.                               (Maks. 10)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2019)                      EKONOMIE V1                                     15

Ondoeltreffendheid

 Aanspreeklikheid waarborg nie doeltreffendheid nie. 
 Openbare goedere moet doeltreffend verskaf word (Pareto-doeltreffendheid is waar
  die welvaart van die gemeenskap die maksimum is en dit daarom onmoontlik is om
  die welvaart van een individu te verhoog, deur die welvaart van ŉ ander te
  verlaag.) 

Drie hoofredes vir ondoeltreffendheid:

   Burokrasie:  (amptelike reëls en prosedures) 
   Beamptes mag fokus op korrekte prosedures en reëls en staan onverskillig teenoor
    die hoeveelheid (bv. die aantal pasiënte wat gespreek word) en kwaliteit van die
    diens (bv. die verduidelik van die gebruik van medisyne) 
   Sommige mag onsensitief wees vir die behoeftes van hulle kliënte. 
   Onbevoegdheid:  m.a.w. gebrek aan vaardigheid om ŉ taak behoorlik te
    verrig. 
   Dit mag wees a.g.v. onvoldoende kwalifikasies, gebrek aan opleiding, ondervinding
    en ŉ apatiese houding. 
   Korrupsie:  m.a.w. uitbuiting van ŉ persoon se posisie vir persoonlike
    voordeel. 
   Omkopery, pleeg van bedrog, nepotisme, oneerlikheid en toepassing van
    diskriminasie.                                                        (Maks. 8)

Probleme met assessering van behoeftes

   In die privaatsektor dikteer die kragte van vraag en aanbod die pryse. 
   Die markpryse dien as sein aan die produsente om die behoeftes van die
    verbruikers en die hoeveelhede aangevra te kommunikeer. 
   Staatsbeheerde ondernemings handel nie volgens die kragte van vraag en aanbod
    nie. 
   Dit raak dus moeilik vir staatsbeheerde ondernemings om die behoeftes van
    verbruikers te assesseer en openbare goedere word dan oor- of onderverskaf. 
   Mense se behoeftes is oneindig, so die regering is nie in staat om aan almal te
    voorsien nie. 
   Ernstige struktuele tekortkominge in die ekonomie veroorsaak ook dat die regering
    ondervoorsien aan die behoeftes wat dit identifiseer 
   Politieke agendas is meer belangrik as die behoeftes wat die regering
    identifiseer.                                                          (Maks. 8)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
16                               EKONOMIE V1                             (EC/SEPTEMBER 2019)

ADDISIONELE GEDEELTE

Stel oplossings vooroor hoe doeltreffendheid die ondernemings in staatsbesit
kan verbeter.

Doeltreffendheid van staatsbeheerde ondernemings kan verbeter word, deur:

 Behoorlike en duidelike riglyne ten einde korrupsie te beveg. 
 Private Openbare Vennootskappe te vorm, ten einde vinniger, meer doeltreffende
  lewering van goedere en dienste te bewerkstellig. 
 Duidelike koste en ontwikkelingsmandate daar te stel wat finansiële implikasies
  duidelik sal aantoon. 
 ŉ Raamwerk te ontwikkel vir die aanstelling en vergoeding van lede van die Raad
  vir Staatsbeheerde ondernemings. 
 Doeltreffende bestuur te verseker. 
 Te fokus op skaars hulpbronne t.o.v. die hoogste finansiële impak, bv.
  deur ŉ mededingende werkkultuur aan te moedig deur die huur en behou van
  talentvolle individue m.b.v. mededingende vergoedingspakkette. 
 (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord)                                       (10)

SLOT

Doeltreffende openbaresektor-voorsiening in Suid-Afrika is belangrik vir ŉ hoër
groeikoers, hoër indiensnamekoers en ŉ beter lewenstandaard vir almal. 
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike slot)                                              (2)
                                                                                           [40]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2019)                    EKONOMIE V1                                      17

VRAAG 6: EKONOMIESE STREWES

Bespreek in detail die toepaslikheid van Suid-Afrika se
streeksontwikkelingsbeleide kragtens internasionale beste praktyk kriteria.               (26)

Hoe suksesvol is die Suid-Afrikaanse regering ten opsigte van die bereik van
doelwitte vir streeksontwikkeling?                                                        (10)

INLEIDING

Streeksontwikkeling is die bevordering van ekonomiese ontwikkeling in gebiede waar
armoede, werkloosheid en inkome ongelyk en hoog is. 
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike inleiding)

HOOFGEDEELTE

Mededingendheid 

- Nywerhede opgerig a.g.v. streeksbeleide, behoort mededingend te wees. 
- Nywerhede behoort nie aanhoudende finansiële hulp van die staat te ontvang
  nie. 
- Hulle behoort selfonderhoudend oor die langtermyn te wees en nie afhanklik van die
  regering nie. 

Volhoubaarheid 

- Die vermoë van ŉ streek om sy eie ontwikkeling te ondersteun. 
- Die natuurlike en menslike hulpbronne behoort ingespan te word. 
- Werkskepping en volhoubare ontwikkeling behoort behaal te word. 
- Ontwikkeling behoort ŉ langtermynbenadering te wees eerder as winsrealisering. 

Goeie bestuur 

- Ontwikkelingstrategieë moet doeltreffend bestuur word en vry wees van
  korrupsie. 
- Beginsels van aanspreeklikheid en deursigtigheid behoort toegepas te word. 
- Projekte moet korrek gemonitor en ge-evalueer word. 
- Doeltreffende finansiële beheer moet uitgeoefen word. 

Vennootskap 

- Streekontwikkeling behoort die verantwoordelikheid van verskillende rolspelers te
  wees. 
- Vennootskappe moet gebou word tussen die regering, gemeenskap en spesiale
  belangegroepe en die privaatsektor. 

Verskaffing van hulpbronne 

- Voldoende hulpbronne behoort verskaf te word in arm gebiede, bv. die ontwikkeling
  van infrastruktuur. 
- Voorsiening van infrastruktuur behoort ŉ prioriteit te wees. 

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
18                               EKONOMIE V1                              (EC/SEPTEMBER 2019)

Vrye-mark oriëntasie 

- Staatsinmenging in market moet tot die minimum beperk word sodat die kragte van
  vraag en aanbod en die winsmotief ruimte kan skep vir die doeltreffende toekenning
  van hulpbronne. 
- Markte moet toegelaat word om onafhanklik te funksioneer. 

Integrasie 

- ŉ Geïntegreerde benadering behoort gevolg te word ten einde te verseker dat
  voordele in een deel van ŉ streek oorspoel na ander nywerhede in ander
  gebiede. 

Investering van sosiale kapitaal 

- Regering moet die kwaliteit van onderwys en gesondheidsorg verbeter in ŉ
  streek. 
- Regering moet meer skole in verskillende streke bou.                 (Maks. 26)

ADDISIONELE GEDEELTE

Suid-Afrika is suksesvol met bereiking van streekontwikkelings doelwitte, omdat:

 Daar lewendige ekonomiese aktiwiteite in verskillende streke
  is. 
 ŉ Geraamde 80% van die land se BBP in verskeie nywerheidsgebiede
  geproduseer word: 
  bv. Johannesburg-Pretoria-Tshwane, Durban-Pinetown, Port Elizabeth-Coega-
  Uitenhage, Maputo-ontwikkelings korridor, Richards Baai (Metaal), Phalaborwa
  ROI. 
 Die Departement van Handel en Nywerheid ŉ vennootskap gevorm het met die
  privaatsektor deur die Ruimtelike Ontwikkeling Inisiatiewe. 
 Dit toon dat die regering, tesame met belanghebbendes, verbind is tot die
  verbetering in ontwikkeling. 

Suid-Afrika was onsuksesvol in die bereiking van streekontwikkelings doelwitte, omdat:

 Daar ŉ gebrek aan aanspreeklikheid in die meeste openbare ondernemings
  is. 
 Wanbesteding van van fondse sit die regering onder druk om daardie
  ondernemings wat nie ŉ wins kon realiseer nie, uit te help. 
 Die kwaliteit van dienste in hospitale en klinieke in verskeie streke het nie verbeter
  nie. 
 Die land nie daarin kon slaag om ŉ beduidende vloei van investering te lok nie. 
 Daar ŉ tekort is aan infrastruktuur in die meeste streke. 
  (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord)                          (Maks. 10)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2019)                  EKONOMIE V1                                   19

SLOT

Die langtermynsukses van die bereiking van ekonomiese ontwikkeling lê opgesluit
in die wyse waarop die nywerheidsbeleid toegepas word. 
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike slot)                        (Maks. 2)    [40]

                                                       TOTAAL AFDELING C:           40
                                                           GROOTTOTAAL:            150

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

## Related documents

- [ECONOMICS P1 GR12 MEMO SEPT2021 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr12-memo-sept2021-afrikaans/be8a315c-3850-4a12-a242-cce45d9f946b) — Economics · Memo · 2021 · Afr
- [Grade 12 NSC Economics P1 (Afrikaans) X10 2019 Preparatory Examination Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-economics-p1-afrikaans-x10-2019-preparatory-examination-question-paper/37295a41-5de8-4317-9725-dc223714aee3) — Economics · QP · 2019 · Afr
- [ECONOMICS P1 GR12 QP SEPT2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr12-qp-sept2017-afrikaans/5e40d41d-6537-4b4d-9803-062fd519c72e) — Economics · QP · 2017 · Afr
- [ECONOMICS P2 MEMO GR12 SEPT2014 AFRIKAANS](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-memo-gr12-sept2014-afrikaans/f49aa136-8785-408e-90f0-b03837af7a8f) — Economics · Memo · 2014 · Afr
- [Economics P1 Nov 2019 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-nov-2019-memo-afr/5356311e-5173-4723-8d25-e9cf4c6c6da0) — Economics · Memo · 2019 · Afr
- [ECON P2 GR12 QP SEPT2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/econ-p2-gr12-qp-sept2022-afrikaans/4dfd489d-79be-494e-a2cf-f0b51ee8c5e1) — Economics · QP · 2022 · Afr

## More from Grade 12 Economics

- [ECONOMICS P2 GR12 QP JCT 2025 AFR D watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-gr12-qp-jct-2025-afr-d-watermark/3dba3588-624d-493b-bc60-00d7e2783cae) — QP · 2025 · Afr
- [Economics Grade 12 NSC P1 QP September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-12-nsc-p1-qp-september-2025-free-state/4def59dd-ebf4-4191-89e7-2b6d4609d6cc) — QP · 2025
- [Economics Grade 12 NSC P1 QP September 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-12-nsc-p1-qp-september-2025-mpumalanga/5449d7a4-548e-416d-91b4-1da462710798) — QP · 2025
- [Economics Grade 12 NSC P2 QP September 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-12-nsc-p2-qp-september-2025-mpumalanga/efbb0e99-1236-496b-bc64-5b31b3784493) — QP · 2025
- [Economics P1 May-June 2025 Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-may-june-2025-afr/e9c77643-7f83-42e3-b28d-cf84e96050ca) — QP · 2025 · Afr
- [Economics P2 May-June 2025 Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-may-june-2025-afr/4c93e067-5237-46b7-ab21-5c2cea219788) — QP · 2025 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
