# Economics Grade 12 P1 NSC November 2014 Question Paper (Afr)

> Grade 12 Economics Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2014 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-nov-2014-afr/a078c7fd-2625-4938-9b55-abe5f40545eb
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Economics
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2014
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 12

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/economics) › [Economics Grade 12 P1 NSC November 2014 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-nov-2014-afr/a078c7fd-2625-4938-9b55-abe5f40545eb)

## About this document

Economics · Grade 12 · NSC November Exam · 2014. Question paper, 12 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                    GRAAD 12

                                 NASIONALE
                             SENIOR SERTIFIKAAT

                                      GRAAD 12

                                   EKONOMIE V1

                                 NOVEMBER 2014

PUNTE: 150

TYD: 1½ uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                  2                       DBE/November 2014
                                            NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Beantwoord VIER vrae soos volg in die ANTWOORDEBOEK:

         AFDELING A: VERPLIGTEND
         AFDELING B: Beantwoord TWEE van die drie vrae.
         AFDELING C: Beantwoord EEN van die twee vrae.

2.       Beantwoord slegs die vereiste getal vrae. Addisionele antwoorde sal NIE
         nagesien word NIE.

3.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik word.

4.       Skryf die vraagnommer boaan elke antwoord neer.

5.       Lees die vrae aandagtig deur.

6.       Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.

7.       Laat 2–3 reëls tussen onderafdelings van vrae oop.

8.       Beantwoord die vrae in volsinne en maak seker dat die formaat, inhoud en
         konteks van jou antwoorde aan die kognitiewe vereistes van die vrae voldoen.

9.       Gebruik slegs blou of swart ink.

10.      Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

11.      Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                   3                         DBE/November 2014
                                             NSS

AFDELING A (VERPLIGTEND)

VRAAG 1                                                       30 PUNTE – 15 MINUTE

1.1      Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee.
         Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–C) langs die vraagnommer
         (1.1.1–1.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.9 B.

         1.1.1        Die vloei van geld uit die finansiële sektor na die ekonomie word
                      'n … genoem.

                      A    inspuiting
                      B    uitgawe
                      C    lekkasie

         1.1.2        Die oordrag van eienaarskap van die publieke na die privaat sektor
                      staan as … bekend.

                      A    desentralisasie
                      B    nasionalisering
                      C    privatisering

         1.1.3        Die staat se inkomste- en bestedingberamings vir 'n driejaar-
                      tydperk word in die … weerspieël.

                      A    provinsiale begroting
                      B    hoofbegroting
                      C    mediumtermynbestedingsraamwerk (MTBR)

         1.1.4        'n Bepaalde plan van optrede wat deur 'n groep of organisasie
                      aanvaar word in 'n poging om beste praktyk te bevorder, staan as
                      … bekend.

                      A    beleid
                      B    strategie
                      C    inisiatief

         1.1.5        Wanneer die staat tariewe gebruik om invoere te ontmoedig, word
                      dit … genoem.

                      A    uitvoerbevordering
                      B    beskerming
                      C    monetêre beleid

         1.1.6        Geografiese gebiede wat 'n breër nywerheidsontwikkelings-
                      mikpunt het en wat enige plek geleë kan wees om trosontwikkeling
                      ('cluster development') te bevorder, word … genoem.

                      A    korridors
                      B    Spesiale Ekonomiese Sones ('SEZs')
                      C    vervaardigingsones

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                    4                            DBE/November 2014
                                              NSS

         1.1.7         Die totale markaanbod kan deur 'n owerheidsbeleid van …
                       gestimuleer word.

                       A    produksiekoste te verminder.
                       B    die doeltreffendheid van insette te beperk.
                       C    die produktiwiteit van produksiefaktore te verlaag/verminder.

         1.1.8         Die instelling wat bemagtiging en transformasie deur 'n kode van
                       goeie praktyk monitor, staan as die … bekend.

                       A    Suid-Afrikaanse Reserwebank
                       B    Nywerheidsontwikkelingskorporasie
                       C    Departement van Handel en Nywerheid                      (8 x 2)       (16)

1.2      Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by 'n item in KOLOM A pas. Skryf slegs
         die letter (A–I) langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.8) in die
         ANTWOORDEBOEK neer.

                      KOLOM A                               KOLOM B
         1.2.1       Reële vloeie         A   verskaf deur die staat en word deur almal
                                              in die samelewing gebruik
         1.2.2       Resessie
                                          B   meet veranderinge in pryse van goedere
         1.2.3       Publieke goedere         en dienste

         1.2.4       Ruilvoet             C   dit versterk institusionele kapasiteit en
                                              bevorder ontwikkeling
         1.2.5       Wêreldbank
                                          D   die vloei van goedere en dienste
         1.2.6       Geïntegreerde
                     vervaardiging-       E   bevorder ontwikkeling in die Suider-Afrika-
                     strategie                streek

         1.2.7       Ontwikkelingsbank    F   die internasionale instelling wat
                     van Suider-Afrika        ekonomiese herstel en ontwikkeling
                                              bevorder
         1.2.8       Verbruikersprys-
                     indeks               G 'n negatiewe ekonomiese groei vir ten
                                            minste twee agtereenvolgende kwartale

                                          H   die vloei van inkomste en besteding

                                          I   die verhouding tussen uitvoer- en
                                              invoerpryse
                                                                                     (8 x 1)       (8)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                   5                         DBE/November 2014
                                             NSS

1.3      Gee EEN term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term
         langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.6) in die ANTWOORDEBOEK neer.

         1.3.1        'n Ekonomie wat die buitelandse sektor insluit

         1.3.2        Die korttermyn- en baie korttermynmark vir spaargeld en lenings

         1.3.3        'n Kurwe wat die verwantskap tussen belastingkoerse en belasbare
                      inkomste toon

         1.3.4        Die wêreldwye interaksie van ekonomieë, met handel as 'n
                      sleutelelement

         1.3.5        Die koers waarteen banke geld by die Reserwebank leen

         1.3.6        Die verwydering van onnodige regulasies wat die vrye werking van
                      markte beperk                                             (6 x 1)         (6)

                                                                TOTAAL AFDELING A:              30

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                   6                            DBE/November 2014
                                             NSS

AFDELING B

Beantwoord TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK.

VRAAG 2: MAKRO-EKONOMIE                                         40 PUNTE – 20 MINUTE

2.1      Beantwoord die volgende vrae.

         2.1.1        Noem TWEE metodes wat gebruik word om nasionale-inkome-
                      totale te bereken.                                (2 x 1)                    (2)

         2.1.2        Hoe sal die inkrimpingsfase van 'n sakesiklus die ekonomie deur
                      middel van rentekoerse beïnvloed?                        (1 x 2)             (2)
2.2      Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                 EKONOMIESE AANWYSERS

        Ekonomiese aanwysers is statistiek wat
        gebruik word om sekere aspekte van die
        ekonomie te meet wat met die
        vooruitskatting van sakesiklusse help,
        byvoorbeeld werkloosheidskoerse,
        kleinhandelverkope en advertensie-
        ruimte vir werkgeleenthede. Behalwe
        ekonomiese aanwysers is die lengte en
        amplitude van 'n sakesiklus ander
        faktore wat onderliggend is aan die
        vooruitskatting van sakesiklusse. Die
        Reserwebank stel ook saamgestelde
        aanwysers op wat die prestasie van die
        ekonomie weerspieël.
                                                              [Aangepas uit die Internet 2013]

         2.2.1        Identifiseer 'n leidende ekonomiese aanwyser uit die data hierbo.            (2)

         2.2.2        Definieer die term saamgestelde aanwyser.                                    (2)

         2.2.3        Wat word deur die amplitude van 'n sakesiklus gedemonstreer?                 (2)

         2.2.4        Verduidelik die lengte van 'n        sakesiklus    as   'n   kenmerk
                      onderliggend aan vooruitskatting.                                            (4)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                              7                                    DBE/November 2014
                                                        NSS

2.3      Bestudeer die tabel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                             UITTREKSEL UIT DIE BETALINGSBALANS
                                                                                                      R MILJOEN

      KAPITALEOORDRAG-REKENING                                                                            +241

      FINANSIËLE REKENING

      Netto direkte beleggings…………………………………………………..                                                      12 900
      Netto portefeuljebeleggings..................................................................      54 477
      Ander beleggings…………………………………………………………..                                                          107 688

      Saldo op die finansiële rekening..……………………………………..                                                175 065
      Onaangetekende transaksies....………………………………………..                                                    –1 801

      VERANDERING IN NETTO GOUD- EN ANDER BUITELANDSE                                                     ?
      RESERWES …………………………………………………………..…..
                                                                 [Bron: SARB Kwartaalblad, Desember 2013]

         2.3.1          Watter item sal 'n Suid-Afrikaanse besigheid wat eiendom in die
                        Verenigde State van Amerika aankoop, insluit?                                                 (1)

          2.3.2         Definieer die term betalingsbalans.                                                           (2)

         2.3.3          Wat is die doel van die item 'Onaangetekende transaksies'?                                    (2)

         2.3.4          As die saldo op die lopende rekening –R164 548 was, bereken die
                        waarde van die 'Verandering in Netto Goud- en ander Buitelandse
                        Reserwes'. Toon ALLE berekeninge.                                                             (5)

2.4      Vergelyk 'n vry swewende wisselkoersstelsel met 'n beheerde swewende
         wisselkoersstelsel.                                            (2 x 4)                                       (8)

2.5      Bespreek die vermenigvuldiger en die effek daarvan op nasionale inkome,
         as die marginale verbruiksgeneigdheid (mvg) 0,6 is en die investering met
         R10 bn. styg.                                                      (4 x 2)                                   (8)
                                                                                                                      [40]

Kopiereg voorbehou                                                                               Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                   8                            DBE/November 2014
                                             NSS

VRAAG 3: EKONOMIESE STREWES                                     40 PUNTE – 20 MINUTE

3.1      Beantwoord die volgende vrae.

         3.1.1        Noem enige TWEE monetêre beleidsinstrumente wat deur die
                      Reserwebank gebruik word.                        (2 x 1)                     (2)

         3.1.2        Hoekom is ekonomiese aanwysers belangrik vir die staat?        (1 x 2)       (2)

3.2      Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                  KOOP SUID-AFRIKA TERUG

         Hierdie veldtog is 'n inisiatief deur die Departement van Handel en Nywerheid
         (DHN), die Vervaardigingsirkel en Trots Suid-Afrikaans. Dit is gerig op die
         aankoop van Suid-Afrikaans-vervaardigde produkte. Dit vorm deel van die
         staat se strategie om die ekonomie te laat groei. Dis belangrik om die land se
         nywerheidsbasis te versterk en te diversifiseer ten einde uitvoermarkte te
         ontwikkel.

         Die Europese Unie het egter 'n verbod op die invoer van besmette
         sitrusvrugte vanaf Suid-Afrika geplaas.

                                               [Aangepas uit Business Report, November 2013]

         3.2.1        Watter staatsdepartement het die Koop Suid-Afrika Terug-veldtog
                      ingestel?                                                                    (1)

         3.2.2        Wat beoog die staat om met hierdie veldtog te bereik?                        (1)

         3.2.3        Hoe kan die staat bevoordeel word deur die diversifisering van die
                      land se nywerheidsbasis?                                   (2 x 2)           (4)

         3.2.4        Watter negatiewe effek kan die Europese Unie se verbod op
                      sitrusinvoere op plaaslike sitrusprodusente hê?     (2 x 2)                  (4)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                     9                             DBE/November 2014
                                               NSS

3.3       Bestudeer die spotprent en uittreksel hieronder en beantwoord die vrae
          wat volg.

                       BERAAD OOR SWART EKONOMIESE BEMAGTIGING
                                                      Die doel van die mees onlangse
          Daar's 'n SWAK                              SEB-beraad was om die afgelope
          PLEK in my harnas!                          dekade van die SEB-stelsel te
                                                      bestudeer. Maatreëls was gereed
      Ek is 'n swart                                  om die stelsel te verbeter, alhoewel
      Chinese Suid-                                   hulle   steeds    etlike   probleme
       Afrikaner!                                     ondervind het, soos maatskappye
                                                      wat dit as 'n rookskerm gebruik om
                                                      die voorgeskrewe wetlike vereistes
                                                      te systap, asook die verifiëring van
                           SEB                        SEB-vlakke van maatskappye.
                                     GIERIG-
                                      HEID            Daar is 'n ernstige tekort aan swart
                                                      nyweraars in die land; transformasie
                                                      is dus in die sektor nodig.
                                                      [Aangepas uit Business Report, Oktober 2013]

          3.3.1         Wat is die doelwit van swart ekonomiese bemagtiging?                         (2)

          3.3.2         Voor watter uitdagings kom die SEB-beleid tans te staan?        (2 x 1)      (2)

          3.3.3         Verduidelik die boodskap wat in die spotprent uitgebeeld word.               (2)

          3.3.4         Na jou mening, waarom ervaar ons steeds 'n ernstige tekort aan
                        swart nyweraars in die land?                            (2 x 2)              (4)

3.4       Bespreek kortliks die doelwitte van streeksontwikkeling.                     (4 x 2)       (8)

3.5       Ontleed bevolkingsgroei en lewensverwagting as sosiale aanwysers verwant
          aan demografie.                                                   (2 x 4)                  (8)
                                                                                                     [40]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                     10                           DBE/November 2014
                                               NSS

VRAAG 4: MAKRO-EKONOMIE EN EKONOMIESE STREWES
                                           40 PUNTE – 20 MINUTE

4.1      Beantwoord die volgende vrae.

         4.1.1          Noem TWEE aanbodredes vir internasionale handel.                 (2 x 1)     (2)

         4.1.2          Wat is die hoofdoelwit van die uitgebreide openbarewerkeprogram
                        (UOWP)?                                                   (1 x 2)            (2)

4.2      Bestudeer die spotprent hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                        BRICS-HANDELSPROTOKOL

                                                                       Poort na Afrika

                 Poort na Afrika

                               BRICS-
                              BERAAD

                                                                [Bron: Internet, Oktober 2013]

         4.2.1          Definieer die term handelsprotokol.                                          (2)

         4.2.2          Verduidelik die boodskap wat deur die spotprent uitgebeeld word.             (2)

         4.2.3          Waarom word Suid-Afrika as die poort na Afrika beskou?                       (2)

         4.2.4          Hoe sal Suid-Afrika voordeel trek uit sy BRICS-lidmaatskap?                  (4)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                    11                           DBE/November 2014
                                              NSS

4.3      Bestudeer die tabel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                     NASIONALE INKOME- EN PRODUKSIEREKENINGE
                                  VAN SUID-AFRIKA
                                                                                2012
                                                                              R miljoen
              Vergoeding van werknemers                                       1 451 603
              Netto bedryfsurplus                                               922 030
              Vastekapitaalverbruik                                             405 640
              Bruto Waarde Toegevoeg @ Faktorkoste                            2 779 273
              Ander belasting op produksie                                        56 527
              Ander subsidies op produksie                                        15 538
                                         (A)                                  2 820 262
              Belasting op produkte                                             338 804
              Subsidies op produkte                                               20 086
              Bruto Binnelandse Produk @ Markpryse                               (B)
                                                 [Bron: SARB Kwartaalblad, Desember 2013]

         4.3.1        Skryf die ontbrekende item gemerk (A) neer.                                  (2)

         4.3.2        Definieer die term bruto binnelandse produk (BBP).                           (2)

         4.3.3        Verduidelik die item 'Vastekapitaalverbruik'.                                (2)

         4.3.4        Bereken die 'Bruto Binnelandse Produk @ Markpryse' gemerk (B).
                      Toon ALLE berekeninge.                                                       (4)

4.4      Bespreek die ekonomiese aanwysers wat op produktiwiteit betrekking het.
                                                                             (2 x 4)               (8)

4.5      Beredeneer hoe vryhandel eerder as beskerming lande sal bevoordeel.
                                                                                     (2 x 4)       (8)
                                                                                                   [40]

                                                                  TOTAAL AFDELING B:               80

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                 12                           DBE/November 2014
                                           NSS

AFDELING C

Beantwoord slegs EEN         van   die   twee    vrae   in   hierdie   afdeling     in   die
ANTWOORDEBOEK.

STRUKTUUR VAN DIE OPSTEL:                                              PUNTETOEKENNING:
Inleiding                                                                   Maks. 2
Liggaam:
Hoofgedeelte: Bespreek in besonderhede/In-diepte bespreking/                      Maks. 26
Ondersoek/Bespreek krities/Ontleed (Analiseer)/Vergelyk/Evalueer/
Onderskei/Verduidelik/Assesseer/Debatteer

Addisionele gedeelte: Gee eie mening/Bespreek krities/Evalueer/                   Maks. 10
Evalueer krities/Teken 'n grafiek en verduidelik/Gebruik die gegewe
grafiek en verduidelik/Voltooi die gegewe grafiek/Bereken/Lei
af/Vergelyk/Verduidelik/Onderskei/Interpreteer/Debatteer kortliks
Gevolgtrekking                                                                    Maks. 2
TOTAAL                                                                              40

VRAAG 5: MAKRO-EKONOMIE                                        40 PUNTE – 35 MINUTE

Die staat poog voortdurend om spesifieke doelwitte te bereik om die nasie se
lewenstandaard te verbeter.

• Bespreek die makro-ekonomiese doelwitte van die staat in die Suid-Afrikaanse
  ekonomie.                                                                                    (26)
• Na jou mening, tot watter mate het die Suid-Afrikaanse regering al hierdie doelwitte
  bereik?                                                                                      (10)
                                                                                               [40]

VRAAG 6: EKONOMIESE STREWES                                   40 PUNTE – 35 MINUTE

Sedert 1994 het die Suid-Afrikaanse regering verskillende strategieë ontwikkel om die
ekonomie te verander.
• Bespreek die volgende Suid-Afrikaanse groei- en ontwikkelingstrategieë in detail:
  → Nasionale Vaardigheidsontwikkelingstrategie (NVOS)
  → Die Nuwe Groeipad (NGP)
  → Nasionale Ontwikkelingsplan (NOP)                                                          (26)
• Evalueer die strategieë wat in Suid-Afrika gebruik word.                                     (10)
                                                                                               [40]

                                                               TOTAAL AFDELING C:              40
                                                                   GROOTTOTAAL:                150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Economics P1 Nov 2014 Eng](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-nov-2014-eng/b1052aed-ab62-4114-83b8-91a086ab3d3e) — Economics · QP · 2014 · Eng
- [Economics P1 Nov 2014 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-nov-2014-memo-eng/68e34c8d-ff14-4246-887a-c69f32ed75a8) — Economics · Memo · 2014 · Eng
- [Economics P2 Nov 2014 Eng](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-nov-2014-eng/a0605149-0015-4c96-8a8d-a943ea910a5c) — Economics · QP · 2014 · Eng
- [ECONOMICS P1 QP GR12 SEPT 2014 AFR](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-qp-gr12-sept-2014-afr/d2e97579-d247-4ebc-954a-551864396aa9) — Economics · QP · 2014 · Afr
- [Economics P1 Nov 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-nov-2023-eng/127abefe-4f46-4a3d-9e28-d940dd8b0459) — Economics · QP · 2023 · Eng
- [Economics P1 Nov 2021 Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-nov-2021-afr/f25a9ed4-62b0-4d15-9e7d-64de934b75d9) — Economics · QP · 2021 · Afr

## More from Grade 12 Economics

- [Economics P2 Memo Afr watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-memo-afr-watermark/c9d66fa3-0b40-419d-a6f6-d862847d4e82) — Memo · 2025 · Afr
- [Economics P2 (English) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-english-june-2025-possible-answers/3df8bb66-2d0a-4b1b-89bf-509b303bfa3e) — Memo · 2025 · Eng
- [Economics P1 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-may-june-2025-mg-eng/f6c27985-fe67-48df-afba-d85bf5f76379) — Memo · 2025 · Eng
- [Economics P2 May-June 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-may-june-2025-mg-afr/4cc1190f-9c0a-43ea-98bc-3252875816a9) — Memo · 2025 · Afr
- [NW 12 ECONOMICS P2 QP ENG JUNE 2025](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-economics-2025-nw-june-exam-question-paper-paper-2-english/c80fc8cc-fc9d-44e9-a820-8736783a4556) — QP · 2025 · Eng
- [ECONOMICS QP.P1 GR 12 JUNE 2024 (Backup papers)](https://www.hlayiso.com/library/economics-qp-p1-gr-12-june-2024-backup-papers/cb8af277-aab9-4fba-8e76-5924dcaf1941) — QP · 2024

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
