# Economics Grade 12 P1 NSC November 2014 Memo (Afrikaans)

> Grade 12 Economics Paper 1 memorandum from the NSC November Exam 2014 (Afrikaans), 18 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-nov-2014-memo-afr/fb98fc3b-57f5-4dc1-aa66-1f495feb728c
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Economics
- Grade: Grade 12
- Document type: Memorandum
- Year: 2014
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 18

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/economics) › [Economics Grade 12 P1 NSC November 2014 Memo (Afrikaans)](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-nov-2014-memo-afr/fb98fc3b-57f5-4dc1-aa66-1f495feb728c)

## About this document

Economics · Grade 12 · NSC November Exam · 2014. Memorandum, 18 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                  1 GRAAD 12

                                  NASIONALE
                              SENIOR SERTIFIKAAT

                                    GRAAD 12

                                   EKONOMIE V1

                                  NOVEMBER 2014

                                  MEMORANDUM

PUNTE: 150

                      Hierdie memorandum bestaan uit 18 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai asseblief om

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                   2                                  DBE/November 2014
                                       NSS – Memorandum

AFDELING A (VERPLIGTEND)

VRAAG 1

1.1      MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE:

         1.1.1   A    inspuiting 
         1.1.2   C    privatisering 
         1.1.3   C    mediumtermynbestedingsraamwerk (MTBR) 
         1.1.4   A    beleid 
         1.1.5   B    beskerming 
         1.1.6   B    Spesiale Ekonomiese Sones (SEZ's) 
         1.1.7   A    produksiekoste te verminder 
         1.1.8   C    Departement van Handel en Nywerheid                         (8 x 2)       (16)

1.2      PASITEMS

         1.2.1 D      die vloei van goedere en dienste 
         1.2.2 G      'n negatiewe ekonomiese groei vir ten minste twee
                      agtereenvolgende kwartale 
         1.2.3 A      verskaf deur die staat en deur almal in die samelewing gebruik 
         1.2.4 I      die verhouding tussen uitvoer- en invoerpryse.
         1.2.5 F      die internasionale instelling wat ekonomiese herstel en
                      ontwikkeling bevorder 
         1.2.6 C      dit versterk institusionele kapasiteit en ondersteun ontwikkeling 
         1.2.7 E      bevorder ontwikkeling in die Suidelike Afrika streek 
         1.2.8 B      meet die veranderinge in pryse van goedere en dienste  (8 x 1)             (8)

1.3      GEE EEN TERM

         1.3.1        Oop ekonomie / viersektorekonomie 
         1.3.2        Geldmark 
         1.3.3        Laffer-kurwe 
         1.3.4        Globalisering / vryehandel / internasionale handel / buitelandse
                                    handel 
         1.3.5        Repokoers / terugkoopkoers 
         1.3.6        Deregulering                                                 (6 x 1)       (6)

                                                                  TOTAAL AFDELING A:              30

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                               3                                 DBE/November 2014
                                   NSS – Memorandum

AFDELING B
Beantwoord TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK.
VRAAG 2: MAKRO-EKONOMIE
2.1      Beantwoord die vrae:
2.1.1    Noem TWEE metodes wat gebruik word om die nasionale inkome totale
         te bereken
         • Produksiemetode / Waarde Toegevoeg / BBP (P) 
         • Inkomemetode / BBP (I) 
         • Bestedingsmetode / BBP (E)                         (Enige 2 x 1)                  (2)
2.1.2    Hoe sal die inkrimpingsfase van 'n sakesiklus die ekonomie deur middel
         van rentekoerse beïnvloed?
         In ŉ later stadium van afswaai, rentekoerse sal daal:  wat meer mense sal
         toelaat om geld te leen wat die ekonomie sal stimuleer 
         In ŉ vroeë stadium van afswaai, rentekoerse sal styg:  wat sal veroorsaak
         dat minder mense geld leen wat die ekonomie sal rem 
         Enige relevante antwoord.                                          (Maks 2)          (2)
2.2      Bestudeer die inligting en beantwoord die vrae wat volg.
2.2.1    Identifiseer 'n leidende ekonomiese aanwyser uit die data hierbo.
         Advertensiespasie vir werk                                           (1 x 2)       (2)
2.2.2    Definieer die term saamgestelde aanwyser.
         Dit is 'n opsomming van verskeie aanwysers van dieselfde soort na 'n enkele
         indeks 
         Die drie saamgestelde aanwysers word dikwels gebruik om ‘n enkele
         saamgestelde aanwyser te bereken om ‘n land se ekonomiese prestasie te
         meet 
         ‘n Saamgestelde aanwyser meet meer as een aspek bv. Mededingendheid,
         e-handel of die stand van die omgewing, wat nie deur ‘n enkele aanwyser
         uitgebeeld kan word nie 
         Die ideaal is dat ‘n saamgestelde aanwyser gebaseer moet word op ‘n
         teoretiese raamwerk wat individuele aanwyruimte laat vir individuele
         aanwysers om gekies, gekombineer en geweeg te word op ‘n wyse wat
         verskillende vlakke van die ekonomie meet 
         Enige ander korrekte definisie.                                       (1 x 2)        (2)
2.2.3    Wat word deur die amplitude van 'n sakesiklus gedemonstreer?
         • Dit demonstreer die mag van onderliggende kragte.
         • Dit demonstreer die omvang van verandering.
         • 'n Groot amplitude toon die krag of intensiteit van die onderliggende
            kragte.
         • Hoe groter die amplitude hoe meer ekstreem is die veranderinge wat
            mag voorkom/dit toon hoe diep en hoog die resessie verloop.
         • Die amplitude demonstreer die afstand van die pieke en trôe gemeet
            vanaf die tendenslyn 
         • Dit toon die effek van ekonomiese aktiwiteit
Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                  4                                   DBE/November 2014
                                      NSS – Memorandum

              Aanvaar ŉ grafiese voorstelling (maksimum 2 punte)
              Enige ander relevante antwoord.                                        (1 x 2)       (2)

2.2.4    Verduidelik die lengte van 'n sakesiklus as 'n kenmerk onderliggend aan
         vooruitskatting.
         •    Word gemeet van piek na piek of van trog na trog/dis die tyd wat gebruik
              word om deur 'n voltooide siklus te beweeg 
         •    Bv. As die lengte 10 jaar is, kan dit voorspel word dat dit 10 jaar sal neem
              vir die ekonomie om deur 'n ander volledige siklus te beweeg 
         •    Siklusse kan verbyskiet 
         •    Hoe langer die siklus hoe sterker die siklus / korter siklusse is swak 
         •    Die sterkte van die onderliggende kragte 
              Enige relevante antwoord                                               (2 x 2)       (4)

2.3      Bestudeer die tabel en beantwoord die vrae wat volg.

2.3.1    Watter item sal 'n Suid-Afrikaanse besigheid wat eiendom in die
         Verenigde State van Amerika aankoop insluit?

         Netto direkte belegging                                                                  (1)

2.3.2    Definieer die term betalingsbalans.

         'n Opgawe van alle finansiële transaksies  tussen een land en ander lande
         (en die res van die wêreld) oor 'n spesifieke periode bv. Een jaar
         Enige ander relevante definisie                                      (1 x 2)              (2)

2.3.3    Wat is die doel met die item onaangetekende transaksies?

         Aanteken van die effek van foute / weglatings / en tydverskille. 
         Verkeerde verduideliking (om die betalingsbalans te balanseer) moet nie as
         korrek aanvaar word nie.
         Enige ander korrekte verduideliking.                                (1 x 2)               (2)

2.3.4    As die saldo op die lopende rekening -R164 548 was, bereken die
         waarde van Verandering in Netto Goud- en ander Buitelandse Reserwes.
         Toon ALLE berekeninge.

          Saldo op die lopende rekening                                        -164 548 
          + Kapitaaloordrag rekening                                                241 
          + Saldo op die finansiële rekening                                    175 065 
          + Onaangetekende transaksies                                          - 1 801 
          Verandering in netto goud-en ander buitelandse
          resrewes                                                                8 957 
         Minus 1 vir enige vreemde/verkeerde item (dubbeltelling)                                  (5)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                 5                                    DBE/November 2014
                                     NSS – Memorandum

2.4      Vergelyk 'n vry swewende             wisselkoersstelsel     met   'n    beheerde
         swewende wisselkoersstelsel

         •    Vry swewende wisselkoersstelsel:
              − Vry swewende wisselkoers kan gedefinieer word as ‘n wisselkoers
                  wat deur die markkragte van vraag en aanbod bepaal word.
              − Hierdie stelsel werk outomaties  As invoere styg, sal die vraag na
                  buitelandse valuta toeneem. Die geldeenheid depresieer as gevolg
                  van die werking van markkragte 
              − Depresiasie veroorsaak dat 'n land se invoere duurder word en
                  uitvoere goedkoper 
              − Invoere daal en uitvoere styg, en die geldeenheid appresieer as
                  gevolg van die werking van markkragte / wisselkoers fluktuasies
                  soos mark toestande verander.
              − Suid-Afrika het ŉ vry swewende wisselkoers stelsel. 
              − Onewewigtighede word outomaties reggestel                (2 x 2) (4)

         •    Beheerde swewende wisselkoersstelsel:
              − 'n Stelsel waar sentrale banke inmeng in die wisselkoersmark om die
                 geldeenheid te stabiliseer 
              − Sentrale banke gebruik hul reserwes om die wisselkoerse te
                 beïnvloed 
              − Bv. As die waarde van die geldeenheid daal/depresieer sal die
                 sentrale bank die geldeenheid op die mark verkoop om die vraag en
                 prys / wisselkoers te verhoog 
              − Oor die langtermyn sal geldeenhede hul ewewigsvlakke vind 
                 Enige ander relevante feit.                             (2 x 2) (4)              (8)

2.5      Bespreek die vermenigvuldiger en die effek daarvan op nasionale
         inkome, as die marginale verbruiksgeneigdheid (mvg) 0,6 is en die
         investering met R10 bn styg.

         •    Def: 'n Relatiewe klein belegging skep 'n proporsioneel groter toename in
              nasionale inkome.

         •    Formule: Vermenigvuldiger = 1/1-mpc  OF 1/mps                   OF y = 0.6y+10
                                        = 1/1-0.6      = 1/0.4                     y – 0.6y = 10
                                        = 2.5        = 2.5                      0.4y = 10
                                                                                    y = 10 
         •    Die vermenigvuldigereffek    = 2.5 x R10bn                                0.4 = 25
                                              = R25bn         (maks 4)                    (maks 4)

         •    Wanneer daar dus 'n investering van R10 gemaak word sal daar 'n
              styging van R25 bv. in die nasionale inkome wees 
         •    Indien die kandidaat ŉ grafiese voorstelling maak om die effek te illustreer
              moet die grafiek die volgende toon: verandering in investering van R10bn
              en die verandering in inkome van R25bn
         •    Aanvaar ook die kandidaat se verduideliking wat gebaseer is op een
              persoon se besteding raak ‘n ander persoon se inkomste.             (4 x 2)       (8)
               Aanvaar 'n alternatiewe formule.                                                   [40]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                6                                 DBE/November 2014
                                    NSS – Memorandum

VRAAG 3: EKONOMIESE STREWES

3.1      Beantwoord die vrae.

3.1.1    Noem enige TWEE monetêre              beleidsinstrumente     wat    deur    die
         Reserwebank gebruik word.
         •    Rentekoerse / repokoers 
         •    Opemarktransaksies 
         •    Morele oorreding 
         •    Kontantreserwe vereistes 
         •    Wisselkoersbeleid                                         (Enige 2 x 1)         (2)

3.1.2    Hoekom is ekonomiese aanwysers belangrik vir die staat?
         •    Die staat gebruik dit vir begroting (en beplanning) doeleindes 
         •    Ekonomiese aanwysers word gebruik in die strategiese
              beleidsbeplanning en -ontwikkeling 
         •    Dit word gebruik om huidige ekonomiese toestande te assesseer 
              Aanvaar enige ander relevante antwoord                            (1 x 2)        (2)
3.2      Bestudeer die uittreksel en beantwoord die vrae wat volg.
3.2.1    Watter staatsdepartement het die Koop Suid-Afrika Terug-veldtog
         ingestel?
         Departement van Handel en Nywerheid                                                  (1)
3.2.2    Wat beoog die staat om met hierdie veldtog te bereik?
         •    Versterk en diversifiseer die land se nywerheidsbasis 
         •    Verhoog kompeterende toegevoegde waarde uitvoere na die res van die
              kontinent 
         •    'n Groeiende ekonomie 
         •    Ontwikkeling van die tradisionele uitvoermark                                   (1)
         •    Bevorder die aankope van Suid-Afrikaans vervaardigde produkte 
3.2.3    Hoe kan die owerheid bevoordeel word deur die diversifisering van die
         land se nywerheidsbasis?
         •    Produksie van 'n groter verskeidenheid goedere en dienste sal die staat
              se inkomste verhoog 
         •    Verbeter infrastruktuur lewering 
         •    Die owerheid sal in staat wees om sy mikpunte van groei, indiensneming
              en prysstabiliteit te verwesenlik 
              Enige ander relevante positiewe effek                           (2 x 2)        (4)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                7                                 DBE/November 2014
                                    NSS – Memorandum

3.2.4    Watter negatiewe effek kan die Europese Unie se verbod op
         sitrusinvoere op plaaslike sitrusprodusente hê?
         •    Verlies van produksie 
         •    Afdanking van werkers / werkloosheid 
         •    Verlaging in inkomste / verkope daal 
         •    Afskaling van besigheidsaktiwiteite 
         •    Toename in armoede 
         Enige ander relevante negatiewe effek               (2 x 2)                           (4)

3.3      Bestudeer die spotprent en beantwoord die vrae wat volg.
3.3.1    Wat is die doelwit van Swart Ekonomiese Bemagtiging?
         •    Ongelykhede van die verlede word aangespreek 
         •    Bemagtig swart mense 
              Enige ander relevante antwoord                                     (1 x 2)       (2)
3.3.2     Voor watter uitdagings kom die SEB-beleid tans te staan?
         •    Bevestig die SEB-vlakke van maatskappye 
         •    Wanvoorstelling / front voorhou / korrupsie / nepotisme 
         •    Steeds 'n tekort aan swart nyweraars 
              Enige ander relevante antwoord                                     (2 x 1)       (2)
3.3.3    Verduidelik die boodskap wat in die spotprent uitgebeeld word.
         •    Sommige individue misbruik die voordele van SEB vir hul eie gewin 
         •    Voor demokrasie was Chinese geklassifiseer as ‘Asiate’; na demokrasie
              was Chinese geklassifiseer as ‘swart ' 
              Enige ander relevante boodskap                                  (1 x 2)          (2)

3.3.4    Na jou mening, waarom ervaar ons steeds 'n ernstige tekort aan swart
         nyweraars in die land.
         •    Gebrek aan kapitaal 
         •    Gebrek aan opleiding en afronding van meer swart nyweraars 
         •    Toegang tot kapitaal 
         •    Gebrek of blootstelling en bewustheid van geleenthede 
              Enige ander relevante antwoord                                (2 x 2)            (4)
3.4      Bespreek kortliks die doelwitte van streeksontwikkeling
         •    Dit verwys na beleide wat gerig is om stygende ekonomiese
              lewenstandaarde van spesifieke gebiede of streke 
         •    Beperk die effek van ekonomiese sentralisering, verminder die
              oneweredige ontwikkeling van ekonomiese aktiwiteite 
         •    Bevorder die voordeel van groter streeksontwikkeling deur die gebruik
              van arbeid, ander natuurlike hulpbronne en infrastruktuur in agtergeblewe
              gebiede 
         •    Stimuleer ontwikkeling in arm landelike gebiede ter voorkoming van die
              ontstaan van nuwe onewewigtighede 
         •    Implementeer en koördineer implementering van nasionale en streeks
              nywerheidsbeleide. 
              Enige ander relevante doelwit                                (Enige 4 x 2)       (8)
Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                 8                                 DBE/November 2014
                                     NSS – Memorandum

3.5      Ontleed bevolkingsgroei en lewensverwagting as sosiale aanwysers
         verwant aan demografie

         Bevolkingsgroei:

         •    Dit word bepaal deur die geboortekoers, sterftekoers en migrasie van
              mense 
         •    Suid-Afrika se bevolkingsyfers groei tot 50.5 miljoen in 2011 
         •    Daar word beraam dat dit sal groei tot 55 miljoen by 2021 
         •    Die groeikoers verlangsaam tot 1.19% in 2011 (vanaf 2.3% in 1990) 
                                                                              (2 x 2) (4)

         Lewensverwagting:

         •    Dit druk die aantal jare wat 'n nuutgebore baba sal leef uit as die huidige
              patrone van mortaliteit dieselfde bly deur 'n persoon se lewe 
              In Suid-Afrika het lewensverwagting van 62 jaar in 1991 tot 47 jaar in
              2005 
         •    Sedertdien het dit gestyg tot 52 jaar in 2011 

         Aanvaar huidige data                                                 (2 x 2) (4)       (8)
                                                                                                [40]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                 9                                  DBE/November 2014
                                     NSS – Memorandum

VRAAG 4: MAKRO-EKONOMIE EN EKONOMIESE STREWES
4.1      Beantwoord die vrae.
4.1.1    Noem TWEE aanbodredes vir internasionale handel
         •     Natuurlike hulpbronne 
         •     Klimaatstoestande 
         •     Arbeidsbronne 
         •     Tegnologiese hulpbronne 
         •     Spesialisering 
         •     Kapitaal 
               Aanvaar enige ander relevante rede                       (Enige 2 x 1)            (2)

4.1.2    Wat is hoofdoelwit van die Uitgebreide Publieke Werke Program
         (UPWP)?
         Skep indiensneming deur arbeidsintensiewe metodes te gebruik / Verhoog
         vaardighede van mense wat hulle kan gebruik om werk te vind       (1 x 2)             (2)

4.2      Bestudeer die spotprent en beantwoord die vrae wat volg

4.2.1    Definieer die term handelsprotokol.
         'n Ooreenkoms (riglyne en reels vir handel) tussen lande wat handel oor hoe
         om met mekaar handel te dryf                                                          (2)

4.2.2    Verduidelik die boodskap wat deur die spotprent uitgebeeld word.
         Die ander lede van BRICS gebruik Suid-Afrika om die hulpbronne van Afrika
         uit te buit 
         Enige ander relevante boodskap                                    (1 x 2)               (2)
4.2.3    Waarom word Suid-Afrika as die poort na Afrika beskou?
        •     Suid-Afrika het 'n ontwikkelde infrastruktuur 
        •     Suid-Afrika is polities stabiel 
        •     Finansiële- en ekonomiese stabiliteit 
        •     Die grootste / tweede grootste ekonomie in Sub-Sahara Afrika 
        •     Investering in Suid-Afrika gee vir ander lande toegang tot markte in
              Afrika.
              Enige ander relevante antwoord.                             (Enige 1 x 2)          (2)

4.2.4   Hoe sal Suid-Afrika voordeel trek uit sy BRICS-lidmaatskap?
         •    Om sy nasionale belange uit te brei 
         •    Bevorder sy streeksintegrasie-program en verwante kontinentale
              infrastruktuur programme 
         •    As vennoot vir sleutelspelers in die Suide, oor sake verwant aan
              wêreldwye bestuur en hervorming 
         •    Suid-Afrika se lidmaatskap by hierdie liggaam het BRICS se geografiese
              en interkontinentale trefkrag uitgebrei, ingeslote sy wêreldwye
              verteenwoordiging en inklusiwiteit 
              Enige ander relevante antwoord.                               (Enige 2 x 2)        (4)
Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                   10                                 DBE/November 2014
                                       NSS – Memorandum

4.3      Bestudeer die tabel en beantwoord die vrae wat volg.

4.3.1    Skryf die ontbrekende item gemerk (A) neer.

         Bruto waarde toegevoeg / BBP teen basiese pryse                           (1 x 2)       (2)

4.3.2    Definieer die term Bruto Binnelandse Produk (BBP)

         Die totale waarde van alle finale goedere en dienste  wat binne die grense
         van die land geproduseer is oor 'n spesifieke periode bv. 'n jaar  (1 x 2)               (2)

4.3.3    Verduidelik die item Vaste kapitaalverbruik.

         Koste by die gebruik van kapitaal  bv. masjinerie/toerusting gebruik in
         produksie / waardevermindering by die gebruik van vaste bates bv.
         toerusting /masjinerie 
         Enige ander korrekte verduideliking                              (1 x 2)                  (2)

4.3.4    Bereken Bruto Binnelandse Produk @ Markpryse gemerk B. Toon alle
         berekeninge.

          Bruto waarde toegevoeg @ Basiese Pryse                              2 820 262
          + Belasting op produkte                                               338 804
          - Subsidies op produkte                                                20 086
          Bruto Binnelandse Produk @ Mark Pryse                               3 138 980

         Minus 1 vir enige vreemde/verkeerde item (dubbeltelling)                   (4 x 1)        (4)

4.4      Bespreek die ekonomiese aanwysers wat op produktiwiteit betrekking
         het.
              •      Arbeidsproduktiwiteit 
              -      Om arbeidsproduktiwiteit te meet, moet reële BBP gedeel word deur
                     die aantal werkers in diens vir 'n aantal jare om 'n indekssyfer vir
                     elke jaar te bereken 
              -      Veranderinge in die indeks dui op veranderinge in arbeidsproduk-
                     tiwiteit 
              -      Produktiwiteit is die verhouding tussen uitset en inset van
                     hulpbronne in die ekonomie                                (2 x 2) (4)
              •      Kapitaal produktiwiteit 
              −      Verwys na ŉ verandering in uitset in verhouding tot die toename in
                     die kapitale investering.                                (2 x 2) (4)
              •      Multifaktor produktiwiteit 
              •      Vergoeding per werker 
              -      As arbeidsproduktiwiteit minder styg as lone, sal inflasiedruk
                     voorkom en die sakesiklus sal ongunstig draai bv. werkloosheid
                     mag styg 
              -      Die verwantskap tussen produktiwiteit en lone is noodsaaklik vir
Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                  11                                DBE/November 2014
                                      NSS – Memorandum

                     werkgewers en werkers en is dus belangrike aanwysers 
              -      Vir werkers is dit verwant aan verbeterde lewenstandaarde vir dié
                     wat in diens bly 
                     Enige ander relevante feit                               (2 x 2) (4)        (8)

4.5      Redeneer hoe vryhandel eerder as beskerming lande sal bevoordeel.

         •    Onder vryhandel sal ekonomieë van skaal bestaan te danke aan
              stygende handel en laer eenheidskoste  terwyl 'n daling in handel en
              hoër eenheidskoste by beskerming mag lei tot disekonomieë van
              skaal 
         •    Onder vryhandel sal lande bevoordeel word uit die vergelykende
              voordeur te danke aan spesialisasie  terwyl beskerming die vermoë
              van ander lande om by plaaslike markte betrokke te raak, verminder 
         •    Vryhandel bevorder innovering deur mededinging  Beskerming
              beperk mededinging en verminder dus innovering 
         •    Vryhandel help om 'n groter verskeidenheid behoeftes te bevredig deur
              die keuse van verbruikers te vergroot  terwyl beskerming die keuse
              van verbruikers beperk; wat die welsyn van die werker sal verswak 
              Aanvaar indien in tabelvorm
              Enige ander relevante argument.                            (Enige 2 x 4)           (8)

                                                                                                 [40]
                                                               TOTAAL AFDELING B:                80

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                12                                 DBE/November 2014
                                    NSS – Memorandum
AFDELING C

Beantwoord slegs EEN         van   die   twee   vrae   in   hierdie    afdeling     in   die
ANTWOORDEBOEK.

STRUKTUUR VAN DIE OPSTEL:                                              PUNTETOEKENNING:
Inleiding                                                                   Maks. 2
Liggaam:
Hoofgedeelte: Bespreek in besonderhede/In-diepte bespreking/                      Maks. 26
Ondersoek/Bespreek krities/Ontleed (Analiseer)/Vergelyk/Evalueer/
Onderskei/Verduidelik/Assesseer/Debatteer

Addisionele gedeelte: Gee eie mening/Bespreek krities/Evalueer/                   Maks. 10
Evalueer krities/Teken 'n grafiek en verduidelik/ Gebruik die gegewe
grafiek en verduidelik/Voltooi die gegewe grafiek/Bereken/Lei
af/Vergelyk/Verduidelik/Onderskei/ Interpreteer/Debatteer kortliks
Gevolgtrekking                                                                    Maks. 2
TOTAAL                                                                              40

VRAAG 5: MAKRO-EKONOMIE                                       40 PUNTE – 35 MINUTE

Die staat poog voortdurend om spesifieke doelwitte te bereik om die nasie se
lewenstandaard te verbeter.

• Bespreek die makro-ekonomiese doelwitte van die staat in die Suid-Afrikaanse
  ekonomie.                                                                (26)
• Na jou mening, tot watter mate het die Suid-Afrikaanse regering al hierdie
  doelwitte bereik?                                                        (10)                 [40]

INLEIDING:
Die owerheid voorsien goedere en dienste wat ondervoorsien word deur die mark en
speel dus 'n groot rol in die aanpassing van ekonomiese aktiwiteit deur die ekonomie
te lei en te vorm                                                         (Maks.2)
Aanvaar enige ander relevante inleiding.

INHOUD: HOOFDEEL

Doelwitte:

•   Ekonomiese groei 
    − Verwys na 'n styging in die produksie van goedere en dienste 
    − Gemeet in terme van Reële BBP 
    − Vir ekonomiese groei om plaas te vind, moet die ekonomiese groeikoers hoër
      wees as die bevolkingsgroei 
    − Groei en ontwikkeling in 'n land bevoordeel sy landsburgers omdat dit dikwels
      lei tot 'n hoër lewenstandaard 
    − Formule gebruik:
      ∆ Reële BBP = Reële BBP huidige jaar - Reële BBP vorige jaar x 100
                                         Reële BBP vorige jaar 

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                13                              DBE/November 2014
                                    NSS – Memorandum

•   Volle indiensneming 
    − Wanneer alle mense wat wil werk en werk soek in staat is om werk te vind 
    − Hoë vlakke van indiensneming is die mees belangrike ekonomiese doelwit van
      die owerheid 
    − Die werkloosheidskoers het gestyg oor die laaste paar jaar 
    − Gestremde mense het benadeelde status in Suid-Afrika
    − Vir indiensneming om toe te nee, produksie moet toeneem
    − Formule: Indiensnemingskoers = aantal mense indiensgeneem x 100
                                               Totale EAB                  1 
    − Informele sektor aktiwiteite moet bevorder word omdat dit 'n area is waar
      indiensneming styg 
•   Wisselkoersstabiliteit 
    − Die ekonomie moet doeltreffend bestuur word en 'n funksionele fiskale- en
      monetêre beleid moet gebruik word om die wisselkoers relatief stabiel te hou
      
    − Depresiasie en appresiasie van die geldeenheid skep onsekerhede vir
      produsente en handelaars en moet beperk word 
    − SARB verander die wisselkoers van beheerde swewing na vryswewing 
•   Prysstabiliteit 
    − Stabiele pryse veroorsaak beter resultate in terme van werkskepping en
      ekonomiese groei 
    − SARB se inflasieteiken is 3%–6% en hulle is suksesvol om inflasie binne hierdie
      teikens te hou 
    − Rentekoerse gebaseer op die repokoers is die vernaamste instrumente gebruik
      in die stabiliseringsbeleid 
    − Die stabiele begrotingstekort het 'n stabiliserende uitwerking op die inflasie-
      koers 
•   Ekonomiese gelykheid / Ekonomiese billikheid 
    − Herverspreiding van inkomste en welvaart is belangrik 
    − Suid-Afrika gebruik 'n progressiewe inkomstebelastingstelsel – belasting op
      winste, belasting op welvaart, kapitaalwinsbelasting en belasting op verbruik,
      word gebruik om gratis dienste te finansier 
    − Gratis sosiale dienste is basiese onderwys; primêre gesondheid en om basiese
      ekonomiese dienste te finansier 
    − Bg. kontanttoelaes vir armes bv. kindertoelaes en kontanttoelaes aan kwesbare
      mense, bv. ongeskiktheidstoelaes 
    − Progressiewe belasting impliseer dat hoër inkomste verdieners 'n groter deel
      van hul inkomste aan belasting betaal

    •   Betalingsbalans ewewig 
    -   Die surplus of tekort op die handelsbalans moet geminimeer word deur invoere
        te beperk en uitvoere te bevorder 
    -   Dit kan gedoen word deur ‘n buitelandse handelsbeleid wat fokus op
        uitvoerbevordering, invoervervanging en beskerming 
    -   Binnelandse nywerhede, met spesiale fokus op die sekondêre sektor, moet ook
        ontwikkel word                                                   (Maks. 26
Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                14                                 DBE/November 2014
                                    NSS – Memorandum

INHOUD: ADDISIONELE DEEL

•   Leerderresponse kan positief of negatief wees
•   Volg die argument en kyk of die kandidaat genoeg bewyse gelewer het om sy/haar
    argument te ondersteun

Ekonomiese groei:

−   SA teiken 'n 4–5% ekonomiese groei. Voorheen het SA 'n 5% groeikoers
    gehad 
−   Onlangs het die groeikoers stelselmatig afgeneem 
−   Huidiglik is die ekonomiese groeikoers 1.4% 

Volle indiensneming:

−   In vergelyking met ander lande is werkloosheid baie hoog
−   (uitgebreid: meer as 30%)  huidiglik 25.5% werkloosheid in SA vir die
    ouderdomsgroep 24-34 jaar huidige syfers oorskry 36.3% 
−   Pogings deur SA owerheid om hierdie syfers te verlaag sluit die GEAR strategie,
    fokus op klein sakeondernemings en Publieke Werke Programme in. 

Wisselkoersstabiliteit / Betalingsbalans stabiliteit:

−   SA funksioneer nou op 'n vryswewende wisselkoersstelsel in lyn met
    internasionale rigpunte ('benchmarks') 
−   Ongelukkig het ons geldeenheid sy waarde verloor met 'n algemene neiging van
    depresiasie oor die laaste paar jaar 

Prysstabiliteit:

−   Oor die laaste paar jare was Suid-Afrika in staat om binne die inflasieteiken van
    3 – 6% te bly 
−   Die huidige styging in die repokoers het stremming op die inflasiekoers
    geplaas 

Ekonomiese gelykheid:

−   Ekonomiese gelykheid het verbeter (SEB, regstellende aksie, geslagsgelykheid)
    wat gelei het tot 'n verbeterde ekonomiese gelykheid 

Betalingsbalans ewewig:
   - Die tekort op die handelsbalans toon ‘n baie groter toename in invoere in
      vergelyking met die toename in uitvoere 
                                                              (Enige 5 x 2) (Maks.10)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                15                                DBE/November 2014
                                    NSS – Memorandum

SLOT:

Terwyl die staat sekere suksesse behaal het om aan hierdie doelwitte te voldoen, is
sekere doelwitte prysgegee soos 'n gebrek aan rekenpligtigheid, korrupsie, begrotings,
nepotisme en onbevoegdheid 
Enige relevante slot.                                                        (Maks. 2)         [40]

VRAAG 6: EKONOMIESE STREWES                                  40 PUNTE – 35 MINUTE

Sedert 1994 het die Suid-Afrikaanse regering verskillende strategieë ontwikkel
om die ekonomie te verander.
• Bespreek die volgende Suid-Afrikaanse groei- en ontwikkelingstrategieë in
  detail:
   → Nasionale Vaardigheidsontwikkelingstrategie (NVOS)
   → Die Nuwe Groeipad (NGP)
   → Nasionale Ontwikkelingsplan (NOP)                                 (26)
• Evalueer die strategieë wat in Suid-Afrika gebruik word.             (10)                    [40]

INLEIDING
Omtrent 30% van die Suid-Afrikaanse bevolking is absoluut arm – daarom is armoede
'n ernstige beleidsaangeleentheid vir die owerheid. 
Enige relevante definisie.                                                (Maks. 2)
INHOUD: HOOFDEEL
NASIONALE VAARDIGHEIDSONTWIKKELING STRATEGIE (NVOS)
-   Hierdie beleid verskaf die raamwerk vir vaardigheidsontwikkeling in die werksplek
    
-   JIPSA is 'n kort- en mediumtermyn meganisme om die doelwitte van NVOS na te
    jaag;
-   om die verkryging van noodsaaklike vaardighede vir versnelde en gedeelde groei
    as prioriteite te stel 
Drie fases van implementering:
-   Dit fokus op produktiewe landsburgers 
-   Fokus op gelykheid, kwaliteit opleiding  en vaardigheidsontwikkeling in die
    werksplek 
-   Fokus op institusionele leer 
DIE NUWE GROEIPAD
-   Dis gerig op verhoogde groei  skepping van werksgeleenthede en groter
    gelykheid 
-   Dit was aangekondig in Oktober 2010  en die hooffokus was die skepping van
    5 miljoen werksgeleenthede oor die volgende 10 jaar 
Sleutelareas waar werk geskep is:
-   Infrastruktuuruitbreiding met belegging in vyf sleutel areas  rakende fisiese en
    sosiale infrastruktuur, naamlik energie, vervoer, kommunikasie, water en behuising
    
Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                  16                                  DBE/November 2014
                                      NSS – Memorandum

-   Die landbouwaarde-ketting deur die hoë koste van kunsmis en ander insette aan
    te spreek en deur prosessering en uitvoerbemarking te bevorder 
-   Die mynbou waardeketting deur stygende minerale ontginning,  verbeterde
    infrastruktuur en vaardigheidsontwikkeling en ondersteuning van bevoordeling
    by die finale vervaardiging van verbruiks- en kapitaalgoedere waarby minerale
    geprosesseer word na 'n hoër waarde-produk plaaslik; eerder as uitvoere van
    grondstof-minerale om oorsee te verwerk – meer werk kan dus geskep word wat
    welvaart skep 

-   Die groen ekonomie deur uitbreiding van konstruksie en produksie of tegnologie vir
    sonenergie, windenergie en bio-brandstowwe 
-   Vervaardigingsektore deur innovering,sterk vaardigheidsontwikkeling 
    verminderde insetkoste  en toenemende navorsing en ontwikkelingsinvestering
-   Toerisme en sekere hoë vlak dienste 

NASIONALE ONTWIKKELINGSPLAN (NOP)

-   Gerig op bekamping van armoede  en minder ongelykheid teen 2030 

    Doelwitte is:
-   Verminder armoede 
-   Ekonomiese groei/groei 'n inklusiewe ekonomie – bou vermoëns 
-   Ekonomiese transformasie/vergroot die vermoë van die staat en leiers om saam te
    werk in die oplos van komplekse probleme 
-   Werkskepping/verminder werkloosheid  tot 14 % in 2020 en 6% in 2030 

Die proses in die implementering van die plan sluit die volgende in:

-   Die NOP en sy voorstelle moet geïmplementeer word in die regte volgorde oor die
    volgende 17 jaar wat die begrotingstoedeling gedurende hierdie tydperk sal vorm 
-   Die owerheid het alreeds begin met 'n proses om die langtermyn planne van
    departemente met dié van die NOP te laat ooreenstem; en om areas te identifiseer
    waar beleidsverandering vereis word vir foutlose implementering 
-   Die owerheid wil ook betrokke raak by alle sektore om te verstaan hoe hulle bydra tot
    die implementeringsproses 
-   Die President en Vise-President sal die plan van aksie lei tesame met die Kabinet op
    nasionale vlak, en regdeur die land sal Premiers en Burgemeesters aktiewe leiding
    neem saam met hul kantore om die implementering op provinsiale- en plaaslike vlak
    te dryf 
-   Die plan identifiseer die taak om kwaliteit publieke dienste te verbeter as krities in die
    bereiking van transformasie 
-   Beplanning en implementering behoort te getuig van bewyse gebaseer op monitering
    en evaluering 

Kritieke aksies:
   - Om armoede en ongelykheid te verminder en om indiensname en investering te
       verhoog.
   - ŉ Strategie om armoede en die impak daarvan te versag deur werksgeleenthede
       meer toeganklik te maak, die maatskaplike toelaag te versterk, verbetering van
       openbare vervoer en die verhoging in landelike inkomste.
   - Stappe deur die staat om openbare dienste te professionaliseer, en om korrupsie
       te veroordeel.
Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                 17                                DBE/November 2014
                                     NSS – Memorandum

    -   Om privaat investering in arbeidsintensiewe gebiede aan te moedig,
        mededingendheid en uitvoere met aanpassings om die risiko om jong werkers te
        huur te verminder.
    -
    -   ŉ Onderwys aanspreeklikheidsketting met lyne van aanspreeklikheid van die staat
        tot in die klaskamer.
    -   Die infasering van ŉ nasionale gesondheidsversekering met die fokus om
        openbare gesondheidsfasiliteite te verbeter en om meer mense as professionele
        gesonheidskundiges op te lei.

    -   Openbare infrastruktuur investering van 10% van die BBP wat deur tariewe
        openbare-private vennootskappe, belasting en lenings gefinansier word, wat op
        vervoer, energie en water.
    -   Intervensie om omgewingsvolhoubaarheid te verseker .
    -   Nuwe ruimtelike norme en standaarde – stedelike verdigting, verbeter vervoer, om
        werk te verkry in die omgewing waar mense bly, die opgradering van die informele
        gemeenskappe en die behuisingsgaping te herstel.
    -   Verminder misdaad deur die kriminele regverdigheid te versterk en gemeenskappe
        te verbeter.                                                          (Maks.26)

INHOUD: ADDISIONELE DEEL
Evalueer die benadering van groeistrategieë gebruik in Suid-Afrika:
Positiewe uitkomste van strategieë:

-   Suid-Afrika se openbare finansies word gestabiliseer, met publieke skuld in
    verhouding tot BBP verlaag tot 32 %.  Wêreldbank stel 'n koers van 60 %
    voor 
-   Die inflasiekoers verlaag tot 'n stabiele gemiddelde van tussen 3–6% 
-   Die land se internasionale reserwes styg en ondersteun 'n stabiele wisselkoers 
-   Suid-Afrika het 'n swewende buitelandse wisselkoersstelsel met min owerheids-
    inmenging wat voldoen aan die internasionale rigpunt in hierdie verband 
-   Infrastruktuur ontwikkeling gedryf deur die publieke sektor het betekenisvolle groei
    in die bruto vaste kapitaalvorming meegebring 
-   Suid-Afrika is 74ste gelys in die 2011 Indeks van Ekonomiese Vryheid met 'n telling
    van 62.7 in terme van ekonomiese vryheid 

Negatiewe uitkomste van strategieë:

-   Ekonomiese groei van Suid-Afrika toon 'n dramatiese afplatting (huidiglik onder 2%)
    
-   Die vaardigheidsontwikkeling stelsel as geheel het nog nie sy doelwitte bereik nie
    en die ekonomie bly gerem deur hierdie gebrek aan vaardighede 
-   Baie werksgeleenthede raak verlore in vervaardiging en landbousektore –
    werkloosheid hou aan styg tussen 23% tot 27% 
-   Suid-Afrika sukkel om buitelandse direkte investering te trek te wyte aan loonvlakke
    relatief tot werkersproduktiwiteit wat aansienlik hoër is as in dié van ander
    lande 
                OF KAN OP DIE VOLGENDE MANIER AANGEBIED WORD:

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                 18                               DBE/November 2014
                                     NSS – Memorandum

-   Sedert 1994, is verskeie planne geïmplementeer om groei en ontwikkeling in Suid
    Afrika te bevorder:

Dit sluit die volgende in:
GEAR: 1996 – 2001:
    - Is gebaseer op die strategiese visie soos uiteengesit in die HOP. 
    - Dit het die staat verbind tot spesifieke makro ekonomiese doelwitte. 
Gaan voort om diens te lewering aan die armes asook die uitbreiding van dienste. 

    -   Verbeter infrastruktuur om sodoende dienslewering te verbeter. 
    -   Stabiliseer inflasie deur monetêre beleid. 
    -   Verminder die nasionale begrotingstekort deur ŉ meer effektiewe fiskale beleid.
        

ASGISA: 2006
  - Dit is verbind om werkloosheid teen 2014 te halveer. 
  - Verbeter ekonomiese ontwikkeling 
  - Oorkom beperkinge op ekonomiese groei. 

JIPSA:
   - Dit is ŉ vaardigheid bemagtiging arm van AsgiSA 
   - Die inisiatief was in 2006 van stapel gestuur om die kroniese probleem areas nl.
      Werkloosheid en die tekort aan vaardighede aan te spreek. 

EPWP:
  - Dit is ŉ landwye owerheidsintervensie inisiatief om werksgeleenthede te skep
    deur te fokus op arbeidsintensiewe metodes, en om mense vaardighede wat hul
    kan gebruik wanneer hul betrokkenheid by EPWP afgehandel is. 

    Enige ander relevante feit.                                              (Maks.10)

GEVOLGTREKKING

Dit is debatteerbaar of die nuwe strategieë wat geïmplementeer word suksesvol sal
wees om die verskillende ekonomiese doelwitte aan te spreek, omdat vorige beleide
onsuksesvol was om hul teikens te bereik bv. Asgisa 
Enige ander relevante hoër orde slot.                                     (Maks. 2)       [40]

                                                               TOTAAL AFDELING C:         40
                                                                   GROOTTOTAAL:           150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Economics P1 Nov 2014 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-nov-2014-memo-eng/68e34c8d-ff14-4246-887a-c69f32ed75a8) — Economics · Memo · 2014 · Eng
- [Economics P1 Nov 2014 Eng](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-nov-2014-eng/b1052aed-ab62-4114-83b8-91a086ab3d3e) — Economics · QP · 2014 · Eng
- [Economics P1 Nov 2019 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-nov-2019-memo-afr/5356311e-5173-4723-8d25-e9cf4c6c6da0) — Economics · Memo · 2019 · Afr
- [Economics P1 Nov 2018 FINAL Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-nov-2018-final-memo-afr/163f0388-17fe-4dcb-90ce-35973b4ce181) — Economics · Memo · 2018 · Afr
- [Economics P1 Nov 2017 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-nov-2017-memo-eng/42373e1f-5b55-4cc0-97b4-9b8903280996) — Economics · Memo · 2017 · Eng
- [Economics P1 Nov 2016 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-nov-2016-memo-eng/e9d1075c-f676-4869-ad8a-64675b11fd49) — Economics · Memo · 2016 · Eng

## More from Grade 12 Economics

- [ECONOMICS P2 GR12 QP JCT 2025 AFR D watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-gr12-qp-jct-2025-afr-d-watermark/3dba3588-624d-493b-bc60-00d7e2783cae) — QP · 2025 · Afr
- [Economics Grade 12 NSC P1 QP September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-12-nsc-p1-qp-september-2025-free-state/4def59dd-ebf4-4191-89e7-2b6d4609d6cc) — QP · 2025
- [Economics Grade 12 NSC P1 QP September 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-12-nsc-p1-qp-september-2025-mpumalanga/5449d7a4-548e-416d-91b4-1da462710798) — QP · 2025
- [Economics Grade 12 NSC P2 QP September 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-12-nsc-p2-qp-september-2025-mpumalanga/efbb0e99-1236-496b-bc64-5b31b3784493) — QP · 2025
- [Economics P1 May-June 2025 Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-may-june-2025-afr/e9c77643-7f83-42e3-b28d-cf84e96050ca) — QP · 2025 · Afr
- [Economics P2 May-June 2025 Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-may-june-2025-afr/4c93e067-5237-46b7-ab21-5c2cea219788) — QP · 2025 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
