# Economics Grade 12 P1 NSC November 2015 Question Paper (Afr)

> Grade 12 Economics Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2015 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-nov-2015-afr/1d7c83dd-2b58-4c4b-808b-08d889a283c2
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Economics
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2015
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 12

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/economics) › [Economics Grade 12 P1 NSC November 2015 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-nov-2015-afr/1d7c83dd-2b58-4c4b-808b-08d889a283c2)

## About this document

Economics · Grade 12 · NSC November Exam · 2015. Question paper, 12 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                 NASIONALE
                             SENIOR SERTIFIKAAT

                                      GRAAD 12

                                   EKONOMIE V1

                                 NOVEMBER 2015

PUNTE: 150

TYD: 2 uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                  2                       DBE/November 2015
                                            NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Beantwoord VIER vrae soos volg in die ANTWOORDEBOEK:

         AFDELING A: VERPLIGTEND
         AFDELING B: Beantwoord TWEE van die drie vrae.
         AFDELING C: Beantwoord EEN van die twee vrae.

2.       Beantwoord slegs die vereiste getal vrae. Addisionele antwoorde sal NIE
         nagesien word NIE.

3.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik is.

4.       Skryf die vraagnommer boaan elke antwoord neer.

5.       Lees die vrae aandagtig deur.

6.       Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.

7.       Laat 2–3 reëls tussen onderafdelings van vrae oop.

8.       Beantwoord die vrae in volsinne en maak seker dat die formaat, inhoud en
         konteks van jou antwoorde aan die kognitiewe vereistes van die vrae voldoen.

9.       Gebruik slegs blou of swart ink.

10.      Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

11.      Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                   3                         DBE/November 2015
                                             NSS

AFDELING A (VERPLIGTEND)

VRAAG 1                                                       30 PUNTE – 20 MINUTE

1.1      Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
         Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–C) langs die vraagnommer
         (1.1.1–1.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.9 C.

         1.1.1        Besparing vloei terug in die ekonomiese kringloop in as …

                      A    owerheidsbesteding.
                      B    investering.
                      C    uitvoere.

         1.1.2        Die intensiteit van sikliese skommelinge in sakesiklusse word deur
                      … aangedui.

                      A    amplitudes
                      B    bewegende gemiddeldes
                      C    ekstrapolasie

         1.1.3        Openbare goedere waarvoor verbruikers moet betaal, staan
                      as … goedere bekend.

                      A    gemeenskaps-
                      B    privaat
                      C    kollektiewe

         1.1.4        Die finansiële rekening in die betalingsbalans bevat transaksies
                      wat met … verband hou.

                      A    produksie
                      B    bates en laste
                      C    netto gouduitvoere

         1.1.5        Die praktyk om goedere in die buiteland teen pryse laer as in die
                      land van oorsprong te verkoop, staan as … bekend.

                      A    uitvoere
                      B    invoere
                      C    storting

         1.1.6        Volgens die Verenigde Nasies se klassifikasie, val Suid-Afrika in
                      die … menslike-ontwikkelingsindeksgroep (MOI)-lande.

                      A    lae
                      B    middel
                      C    hoë

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                    4                         DBE/November 2015
                                              NSS

         1.1.7        Geld wat deur die staat aan besighede betaal word as aansporing
                      om hul produksiekoste te verlaag, staan as … bekend.

                      A    subsidies
                      B    tariewe
                      C    sekuriteite

         1.1.8        Demografie as 'n sosiale aanwyser het met … te make.

                      A    die sterftekoers
                      B    voeding
                      C    behuising                                               (8 x 2)       (16)

1.2      Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by die item in KOLOM A pas. Skryf
         slegs die letter (A–I) langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.8) in die
         ANTWOORDEBOEK neer.

                       KOLOM A                                KOLOM B
         1.2.1       Portefeuljebelegging      A    prys van een land se geldeenheid
                                                    ten opsigte van 'n ander land se
         1.2.2       Leidende aanwysers             geldeenheid

         1.2.3       Mediumtermyn-             B    ryk nywerheidslande van die wêreld
                     bestedingsraamwerk
                                               C    'n handelsbeleid wat tot 'n toename
         1.2.4       Wisselkoers                    in plaaslike produksie lei

         1.2.5       Invoervervanging          D    het ten doel om die sentralisasie
                                                    van nywerhede te verminder
         1.2.6       G8
                                               E    onderwys en gesondheid
         1.2.7       Sosiale aanwysers
                                               F    vroegtydige waarskuwing van
         1.2.8       Streeksontwikkeling            veranderinge in ekonomiese
                                                    aktiwiteit

                                               G    gemeenskaplike term vir
                                                    ontwikkelende lande

                                               H    toon verwagte inkomste en uitgawes
                                                    vir drie jaar

                                               I    koop en verkoop effekte/aandele
                                                                                  (8 x 1)        (8)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                   5                           DBE/November 2015
                                             NSS

1.3      Gee EEN term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term
         langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.6) in die ANTWOORDEBOEK neer.

         1.3.1        Die proses waar 'n betreklike klein verandering in inspuitings
                      'n proporsioneel groter styging in nasionale inkome tot gevolg het

         1.3.2        'n Mark vir korttermynbesparings en -lenings

         1.3.3        Goedere en dienste, soos onderwys, wat die samelewing as
                      'n geheel bevoordeel

         1.3.4        Die sektor wat ingesluit moet word vir die ekonomie om as 'n oop
                      ekonomie beskou te word

         1.3.5        Die koëffisiënt wat die ongelykheid van inkome meet

         1.3.6        Die aantal jaar wat 'n persoon na verwagting sal bly lewe    (6 x 1)        (6)

                                                                 TOTAAL AFDELING A:               30

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                   6                              DBE/November 2015
                                             NSS

AFDELING B

Beantwoord enige TWEE            van   die   drie   vrae   in   hierdie   afdeling    in   die
ANTWOORDEBOEK.

VRAAG 2: MAKRO-EKONOMIE                                           40 PUNTE – 30 MINUTE

2.1      Beantwoord die volgende vrae.

         2.1.1        Gee TWEE voorbeelde van inspuitings in die ekonomiese
                      kringloop.                                     (2 x 1)                         (2)

         2.1.2        Watter uitwerking sal kwotas op invoere hê?                      (1 x 2)       (2)

2.2      Bestudeer die tabel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                   NASIONALE-INKOME-REKENINGE VAN SUID-AFRIKA
                                                         R miljoen
                                                      2012       2013
         Vergoeding van werknemers                      1 451      1 576
         Netto bedryfsurplus                              922        961
         Vastekapitaalverbruik                            406        443
         Bruto waarde toegevoeg teen faktorkoste        2 779      2 980
         Ander belasting op produksie                      56         64
         MIN: Subsidies op produksie                       15         14
                 … (A) …                                2 820      3 030
         Belasting op produkte                            338        374
         MIN: Subsidies op produkte                        20         19
         Bruto binnelandse produk teen markpryse        3 138      3 385
                                          [Aangepas uit SARB Quarterly Bulletin, September 2014]

         2.2.1        Watter berekeningsmetode is in die tabel hierbo gebruik om die
                      bruto binnelandse produk te bereken?                                           (1)

         2.2.2        Gee EEN voorbeeld van belasting op produkte.                                   (1)

         2.2.3        Skryf die ontbrekende item gemerk (A) neer.                                    (2)

         2.2.4        Hoe sal jy BBP na BNP omskakel?                                                (2)

         2.2.5        Bereken die vergoeding van werknemers as 'n persentasie van
                      BBP teen markpryse in 2013. Toon ALLE berekeninge.                             (4)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                  7                             DBE/November 2015
                                            NSS

2.3      Bestudeer die spotprent hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                                                           'n Geselekteerde
                                                                           konsentrasie van
                                                               EUROPA          welvaart?

                  VRY-
                 HANDEL                        CHINA

                                                                               JAPAN

                                                                        Afrika is
                                                                        gedoem!

                                             [Aangepas uit www.economicscartoons.com]

         2.3.1        Watter boodskap word in die spotprent hierbo oorgedra?                       (2)

         2.3.2        Watter internasionale organisasie bevorder vryhandel?                        (2)

         2.3.3        Stel EEN manier voor waarop 'n land deur vryhandel benadeel
                      kan word.                                                                    (2)

         2.3.4        Hoe word Suid-Afrika deur handelsbande met China bevoordeel?                 (4)

2.4      Verduidelik kortliks die verskillende soorte tariewe as 'n metode van
         invoervervanging.                                               (4 x 2)                   (8)

2.5      Hoe kan die huishouding, as 'n belangrike deelnemer in die ekonomiese
         kringloopmodel, tot die opbou van die ekonomie bydra?          (4 x 2)                    (8)
                                                                                                   [40]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                  8                              DBE/November 2015
                                            NSS

VRAAG 3: EKONOMIESE STREWES                                     40 PUNTE – 30 MINUTE

3.1      Beantwoord die volgende vrae.

         3.1.1        Noem enige TWEE regstellende maatreëls wat tans in Suid-Afrika
                      gebruik word.                                          (2 x 1)                (2)

         3.1.2        Hoe hou ekonomiese groei verband met ekonomiese ontwikkeling?
                                                                             (1 x 2)                (2)

3.2      Bestudeer die spotprent hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                                   Wat is fout met julle
                                                   mense? Roei! Roei!
                                                   Wil julle hê ons moet
                                                     almal verdrink?!

                           NOORDE                          SUIDE
                                              [Aangepas uit Poly.org.uk, Oktober 2014]

         3.2.1        Wat is die verskil in die per capita-inkome tussen lande in die
                      Noorde en lande in die Suide?                                                 (2)

         3.2.2        Watter boodskap word in die spotprent hierbo oorgedra?                        (2)

         3.2.3        Hoekom sal die subsidiëring van landbouprodukte deur ryk lande
                      dit vir ontwikkelende lande moeilik maak om deel te neem?                     (2)

         3.2.4        Hoe dra lande in die Noorde by tot die vernietiging van die
                      omgewing?                                            (2 x 2)                  (4)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                    9                            DBE/November 2015
                                              NSS

3.3      Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                         DIE SUID-AFRIKAANSE ERVARING VAN ROI's

        Die ROI is in 1996 in Suid-Afrika as 'n geïntegreerde beplanningshulpmiddel
        ontwikkel.

        Dit is na die voorbeeld van die hoogs suksesvolle roete tussen Gauteng en
        Mpumalanga in Suid-Afrika en die Maputo-hawe in Mosambiek ontwerp.

        'n Sterk plaaslike, streeks- en internasionale beleggingsprofiel reageer
        deurgaans op die verbeterende logistiek- en beleidsomgewing wat deur die
        deelnemende regerings geskep is. Die privaat sektor het tot dusver 'n
        beraamde syfer van meer as R35 biljoen se beleggings aan suidelike
        Mosambiek en Mpumalanga toegesê.

                                                           [Aangepas uit Verslag oor SEZ, DTI]

         3.3.1        Waarvoor staan die afkorting ROI?                                             (2)

         3.3.2        Gee EEN voorbeeld van 'n ROI in Suid-Afrika.                                  (2)

         3.3.3        Verduidelik die begrip korridors.                                             (2)

         3.3.4        Hoe sal Suid-Afrika uit ROI's voordeel trek?                    (2 x 2)       (4)

3.4      Bespreek kortliks spesiale ekonomiese sones (SES'e) in Suid-Afrika.          (4 x 2)       (8)

3.5      Tot watter mate het die regering se fiskale beleid daarin geslaag om 'n
         wenslike herverspreiding van inkome te verseker?                 (4 x 2)                   (8)
                                                                                                    [40]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                     10                               DBE/November 2015
                                               NSS

VRAAG 4: MAKRO-EKONOMIE EN EKONOMIESE STREWES
                                          40 PUNTE – 30 MINUTE

4.1      Beantwoord die volgende vrae.

         4.1.1        Noem enige TWEE fases van 'n sakesiklus.                              (2 x 1)       (2)

         4.1.2        Hoe sal 'n hoë vlak van onderwys die vermoë van 'n individu
                      beïnvloed om werk te kry?                            (1 x 2)                        (2)

4.2      Bestudeer die tabel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                   SUID-AFRIKA: RUILVOET
              Jaar            Indeks van       Indeks van                        Ruilvoet
                             invoerpryse      uitvoerpryse
              2010               141               171                             121.3
              2011               153               191                               A
              2012               163               200                             122.7
              2013               179               214                             119.6
                                                         [Bron: SARB Quarterly Bulletin, Maart 2015]

         4.2.1        Identifiseer die instelling wat vir die publikasie van die data hierbo
                      verantwoordelik is.                                                                 (1)

         4.2.2        Wat is die neiging in die indeks van invoerpryse?                                   (1)

         4.2.3        Verduidelik die begrip ruilvoet.                                                    (2)

         4.2.4        Verduidelik kortliks hoekom 'n toename in die ruilvoet 'n positiewe
                      uitwerking op die welsyn van die land sal hê.                                       (2)

         4.2.5        Bereken die ruilvoet vir 2011 (A). Toon ALLE berekeninge.
                      Rond jou antwoord tot EEN desimale plek af.                                         (4)

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                                        11                            DBE/November 2015
                                                                  NSS

4.3      Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                                       DIE EFFEK VAN BELASTING

         Belastinginkomste Rbn
                                 130                                    B

                                                         A                        C
                                 100

                                       0                 20         40         60                100
                                                       Gemiddelde belastingkoers (%)

         4.3.1                             Watter kurwe word in die grafiek hierbo uitgebeeld?                          (2)

            4.3.2                          Watter belastingkoers sal maksimum inkomste vir die owerheid
                                           genereer?                                                                    (2)

         4.3.3                             Wat is die verband tussen 'n belastingkoers van nul en 'n
                                           belastingkoers van 100% vir die owerheid?                                    (2)

         4.3.4                             Verduidelik die implikasie van 'n belastingkoers van 60% vir die
                                           belastingbetaler.                                                            (4)

4.4      Onderskei tussen die devaluasie en appresiasie van 'n geldeenheid.                              (2 x 4)        (8)

4.5      Hoe kan die Suid-Afrikaanse regering die doeltreffendheid van dienslewering
         verbeter?                                                            (4 x 2)                                   (8)
                                                                                                                        [40]

                                                                                      TOTAAL AFDELING B:                80

Kopiereg voorbehou                                                                                 Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                12                           DBE/November 2015
                                          NSS

AFDELING C
Beantwoord enige EEN         van   die   twee   vrae   in   hierdie   afdeling    in   die
ANTWOORDEBOEK.
Jou antwoord sal soos volg geassesseer word:

                     STRUKTUUR VAN OPSTEL                                PUNTE-
                                                                       TOEKENNING
Inleiding                                                                Maks. 2
Liggaam
Hoofgedeelte: Bespreek in besonderhede/Diepgaande                         Maks. 26
bespreking/Ondersoek/Bespreek krities/Ontleed (Analiseer)/
Vergelyk/ Evalueer/Onderskei/Verduidelik/Assesseer/Debatteer
Addisionele gedeelte: Gee eie mening/Bespreek krities/Evalueer/
                                                                          Maks. 10
Evalueer krities/Teken 'n grafiek en verduidelik/Gebruik die
gegewe grafiek en verduidelik/Voltooi die gegewe grafiek/Bereken/
Lei af/Vergelyk/Verduidelik/Onderskei/Interpreteer/Debatteer
kortliks/Hoe?/Stel voor
Slot
Enige hoërorde-slot behoort die volgende in te sluit:                     Maks. 2
• 'n Kort samevatting van dit wat bespreek is, sonder om enige
     feite wat reeds genoem is, te herhaal
• Enige opinie of waarde-oordeel oor die feite wat bespreek is
• Addisionele ondersteunende inligting wat die
     bespreking/ontleding versterk
• 'n Teenstrydige sienswyse met motivering, indien gevra
• Aanbevelings
TOTAAL                                                                       40

VRAAG 5: MAKRO-EKONOMIE                                      40 PUNTE – 40 MINUTE
Die nuwe ekonomiese paradigma is vasgelê in vraag-en-aanbodkant-beleide om die
ekonomie te beïnvloed.
•   Bespreek die gebruik van monetêre en fiskale beleid om vraag en aanbod in die
    effening (gladstryking) van sakesiklusse te beïnvloed.             (26 punte)
•   Hoe het die Keynesiaanse (endogene) denkskool sakesiklusse beïnvloed?
                                                                       (10 punte)            [40]
VRAAG 6: EKONOMIESE STREWES                                  40 PUNTE – 40 MINUTE
Ekonome gebruik verskillende aanwysers om met besluitneming te help.
•   Bespreek, in besonderhede, die volgende ekonomiese aanwysers wat gebruik
    word om die prestasie van die ekonomie te assesseer/evalueer:
    - Inflasiekoers
    - Indiensneming                                                       (26 punte)
•   Hoe suksesvol is die Suid-Afrikaanse Reserwebank met die stabilisering van pryse
    op die verskillende markte as sy vernaamste oogmerk?                  (10 punte)         [40]
                                                              TOTAAL AFDELING C:             40
                                                                  GROOTTOTAAL:               150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Economics P1 June July 2015 Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-june-july-2015-afr/77be5731-43fb-45ad-b75d-c938058342c2) — Economics · QP · 2015 · Afr
- [Economics P1 Feb March 2015 Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-feb-march-2015-afr/4726aa2c-6a41-4a96-b815-b6c2638becc7) — Economics · QP · 2015 · Afr
- [Economics P1 Nov 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-nov-2023-eng/127abefe-4f46-4a3d-9e28-d940dd8b0459) — Economics · QP · 2023 · Eng
- [Economics P1 Nov 2021 Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-nov-2021-afr/f25a9ed4-62b0-4d15-9e7d-64de934b75d9) — Economics · QP · 2021 · Afr
- [Economics P1 Nov 2018 Eng](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-nov-2018-eng/7d5ff0ae-2f20-4e20-b379-43f3918a2600) — Economics · QP · 2018 · Eng
- [Economics P1 Nov 2017 Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-nov-2017-afr/48efcc35-8633-4ec0-8862-da6aaffb31b1) — Economics · QP · 2017 · Afr

## More from Grade 12 Economics

- [Economics P2 Memo Afr watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-memo-afr-watermark/c9d66fa3-0b40-419d-a6f6-d862847d4e82) — Memo · 2025 · Afr
- [Economics P2 (English) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-english-june-2025-possible-answers/3df8bb66-2d0a-4b1b-89bf-509b303bfa3e) — Memo · 2025 · Eng
- [Economics P1 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-may-june-2025-mg-eng/f6c27985-fe67-48df-afba-d85bf5f76379) — Memo · 2025 · Eng
- [Economics P2 May-June 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-may-june-2025-mg-afr/4cc1190f-9c0a-43ea-98bc-3252875816a9) — Memo · 2025 · Afr
- [NW 12 ECONOMICS P2 QP ENG JUNE 2025](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-economics-2025-nw-june-exam-question-paper-paper-2-english/c80fc8cc-fc9d-44e9-a820-8736783a4556) — QP · 2025 · Eng
- [ECONOMICS QP.P1 GR 12 JUNE 2024 (Backup papers)](https://www.hlayiso.com/library/economics-qp-p1-gr-12-june-2024-backup-papers/cb8af277-aab9-4fba-8e76-5924dcaf1941) — QP · 2024

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
