# Economics Grade 12 P1 NSC November 2015 Memo (Afrikaans)

> Grade 12 Economics Paper 1 memorandum from the NSC November Exam 2015 (Afrikaans), 20 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-nov-2015-memo-afr/c920fbc3-dee5-4fb6-a313-a3a63a0f7ccb
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Economics
- Grade: Grade 12
- Document type: Memorandum
- Year: 2015
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 20

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/economics) › [Economics Grade 12 P1 NSC November 2015 Memo (Afrikaans)](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-nov-2015-memo-afr/c920fbc3-dee5-4fb6-a313-a3a63a0f7ccb)

## About this document

Economics · Grade 12 · NSC November Exam · 2015. Memorandum, 20 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                 NASIONALE
                             SENIOR SERTIFIKAAT

                                    GRAAD 12

                                   EKONOMIE V1

                                 NOVEMBER 2015

                                  MEMORANDUM

PUNTE: 150

                      Hierdie memorandum bestaan uit 20 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                   2                         DBE/November 2015
                                      NSS – Memorandum

AFDELING A (VERPLIGTEND)

VRAAG 1

1.1      MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

         1.1.1        B (investering) 
         1.1.2        A (amplitudes) 
         1.1.3        C (kollektiewe) 
         1.1.4        B (bates en laste) 
         1.1.5        C (storting) 
         1.1.6        B (middel) 
         1.1.7        A (subsidies) 
         1.1.8        A (sterftekoers)                                    (8 x 2)            (16)

1.2      PAS-ITEMS

         1.2.1        I – Koop en verkoop waarborge 

         1.2.2        F – Vroegtydige waarskuwing dat ekonomiese aktiwiteite verander
                          
         1.2.3        H – Toon verwagte inkomste en uitgawes vir drie jaar 

         1.2.4        A – Prys van een land se geldeenheid ten opsigte van 'n ander
                          land se geldeenheid 

         1.2.5        C – 'n Handelsbeleid wat lei tot die toename in plaaslike
                          produksie

         1.2.6        B – Ryk nywerheidslande van die wêreld 

         1.2.7        E – Onderwys en gesondheid 

         1.2.8        D – Poog om sentralisasie van nywerhede te verminder     (8 x 1)        (8)

1.3      GEE EEN TERM

         1.3.1        Vermenigvuldiger 
         1.3.2        Geld / finansiële 
         1.3.3        Meriete / publieke 
         1.3.4        Buitelands / internasionaal 
         1.3.5        Gini 
         1.3.6        Lewensverwagting                                         (6 x 1)        (6)

                                                              TOTAAL AFDELING A:               30

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                  3                       DBE/November 2015
                                     NSS – Memorandum

AFDELING B

Beantwoord enige TWEE van die drie vrae.

VRAAG 2: MAKRO-EKONOMIE

2.1     2.1.1         Gee TWEE voorbeelde van inspuitings in die ekonomiese
                      kringloop.

                      •   Uitvoer inkomste / X 
                      •   Investering / I 
                      •   Owerheidsbesteding / G                         Enige (2 x 1) (2)

        2.1.2         Watter uitwerking sal kwotas op invoere hê?

                      • Dit sal invoere beperk (daling) 
                      • Invoere word duurder 
                      (Aanvaar enige relevante antwoord)                  Enige (1 x 2) (2)

2.2      Datarespons

         2.2.1        Watter berekeningsmetode is in die tabel hierbo gebruik om
                      die bruto binnelandse produk te bereken?

                      Inkomemetode / BBP(I)                                                 (1)

         2.2.2        Gee EEN voorbeeld van belasting op produkte.

                      •   BTW 
                      •   Sondebelasting / aksynsreg 
                      •   Brandstofheffing                                                  (1)

         2.2.3        Skryf die ontbrekende item gemerk (A) neer.

                      BWT (BBP) teen basiese pryse                                         (2)

         2.2.4        Hoe sal jy BBP na BNP omskakel?

                      BBP plus primêre inkome van die res van die wêreld  minus
                      primêre inkome aan die res van die wêreld  / BBP plus/minus 
                      netto primêre inkome                                                  (2)

         2.2.5        Bereken die vergoeding van werknemers as 'n persentasie van
                      BBP teen markpryse in 2013. Toon ALLE berekeninge.

                      1 576/3 385  x 100  = 46,55% of 47%                                (4)

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                  4                          DBE/November 2015
                                     NSS – Memorandum

2.3      Datarespons
         2.3.1        Watter boodskap word in die spotprent hierbo oorgedra?

                      Vryhandel bevoordeel die ontwikkelde lande / minder ontwikkelde
                      lande word benadeel 
                      (Aanvaar enige ander relevante antwoord)                                 (2)

         2.3.2       Watter internasionale organisasie bevorder vryhandel?

                      Wêreld Handelsorganisasie (WHO)                                        (2)

         2.3.3        Stel EEN manier voor waarop 'n land deur vryhandel benadeel
                      kan word.

                      •  Storting kan plaasvind 
                      •  Dit kan lei tot ekonomiese onstabiliteit 
                      •  Oorontginning van natuurlike hulpbronne 
                      •  Dit kan 'n land se ekonomiese onafhanklikheid in gedrang bring
                         
                      • Jong nywerhede groei nie na volwassenheid nie 
                      • Lei tot verhoogde werkloosheid 
                      • Die omgewing, veiligheid en arbeidsregulasies word ondermyn
                         
                      • Buitdelandse maatskappye kan owerhede dagvaar vir verliese
                         
                      (Aanvaar enige ander relevante antwoord)                                 (2)

         2.3.4        Hoe word Suid-Afrika        deur   handelsbande     met    China
                      bevoordeel?

                      • Groter verskeidenheid produkte op Suid-Afrikaanse markte 
                      • Baie produkte is goedkoper 
                      • Chinese belegging is groter in Suid-Afrika: bevorder die
                         ekonomie 
                      • Beide lande vorm deel van BRICS – dit sal hulle selfs meer
                         bevoordeel 
                      (Aanvaar enige ander relevante antwoord)           Enige (2 x 2)         (4)

2.4      Verduidelik kortliks die verskillende soorte tariewe as 'n metode van
         invoervervanging.

         •  Ad valorem  'n persentasie van die waarde op luuksegoedere  soos
            motors, juweliersware en parfuum 
         • Spesifiek  'n bedrag per eenheid, massa of grootte  bv. voedsel,
            diere en plante 
         • Saamgestelde  as ‘n spesifieke tarief en ‘n ad valorem tarief gehef word
            op ingevoerdfe produkte  bv. R10 is gehef op ‘n produk plus ‘n
            persentasie van 20% op die waarde van die produk 
         (Aanvaar enige ander relevante antwoord)                            (4 x 2)           (8)
Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                5                         DBE/November 2015
                                   NSS – Memorandum

2.5      Hoe kan die huishouding as 'n belangrike deelnemer in die ekonomiese
         kringloopmodel tot die uitbou van die ekonomie bydra?

         •  Die eienaars van die vier produksiefaktore kan poog om die kwaliteit
            daarvan te verhoog om 'n beter bydrae tot die ekonomie te lewer 
         • Huishoudings kan hul produksiefaktore teen laer koerse verkoop om die
            inflasiekoers te verlaag en so die ekonomie te bou 
         • Huishoudings (arbeiders) kan arbeidsonrus en stakings te beperk waar
            hulle gewoonlik onrealistiese stygings in vergoedings eis (baie meer as
            die huidige inflasiekoers) 
         • Huishoudings kan hul besparings te vermeerder en indirek bydra tot
            verhoogde produksie in die vervaardigingsektor 
         • Huishoudings kan hul besteding op luukse goedere beperk wat die totale
            markvraag sal beperk en pryse sal stabiliseer 
         • Huishoudings kan fokus op die aankope van Suid-Afrikaanse goedere om
            plaaslike produksie te stimuleer, toekomstige uitvoere te verhoog en
            toegang tot internasionale markte te verseker 
         • Huishoudings kan hul betrokke belastings betaal en ‘n beter dienslewering
            en infrastruktuur ontwikkeling eis 
         (Aanvaar enige ander relevante antwoord)                       Enige (4 x 2)
                                                                                             (8)
                                                                                             [40]

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                   6                           DBE/November 2015
                                      NSS – Memorandum

VRAAG 3: EKONOMIESE STREWES

3.1      3.1.1        Noem enige TWEE regstellende maatreëls wat tans in Suid-
                      Afrika gebruik word.

                      • BBSEB Wet 
                      • Wet op Gelyke indiensneming 
                      • Wet op Grondrestitusie 
                      • Wet op Grondherverdeling 
                      • Beleid wat gelykheid bevorder 
                      • Beleid wat armoede verminder 
                      • Regstellende aksie 
                      (Aanvaar enige relevante antwoord)                       Enige (2 x 1)       (2)

         3.1.2        Hoe hou ekonomiese            groei   verband     met    ekonomiese
                      ontwikkeling?

                      As 'n ekonomie groei sal die volgende daaruit voortvloei:
                      • Meer werk sal geskep word 
                      • Meer mense sal 'n inkomste ontvang 
                      • Die lewenstandaard sal verbeter 
                      • Ekonomiese groei is nodig vir ekonomiese ontwikkeling om plaas
                         te vind. Ekonomiese groei waarborg nie ekonomiese ontwikkeling
                         nie 
                      (Aanvaar enige ander relevante antwoord)                  Enige (1 x 2) (2)

3.2      Datarespons

         3.2.1        Wat is die verskil in die per capita-inkome tussen lande in die
                      noorde en lande in die suide?

                      • Suide het 'n lae per capita-inkome wat 15% van die wêreld se
                         inkome bedra 
                      • Noorde het 'n hoë per capita-inkome wat 85% van die wêreld se
                         inkome bedra 
                      (Aanvaar enige ander relevante antwoord)                (2 x 1)              (2)

         3.2.2        Watter boodskap word in die spotprent hierbo oorgedra?

                      Noord/Suid-verdeling / Noorde beheer die Suide / Die Noorde word
                      meer bevoordeel as die Suide / Die Noorde beskik oor al die
                      rykdom in vergelyking met die Suide/Suide is gemarginaliseerd 
                      (Aanvaar enige ander relevante antwoord)                                     (2)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                   7                          DBE/November 2015
                                      NSS – Memorandum

         3.2.3        Hoekom sal die subsidiëring van landbouproduksie deur ryk
                      lande dit vir ontwikkelende lande moeilik maak om deel te
                      neem?

                      •  Subsidies lei tot laer markpryse vir ryk lande en ontwikkelende
                         lande beleef onregverdige mededinging internasionaal 
                      • Meeste Afrikalande is afhanklik van landbouproduksie wat hul
                         nasionale inkome in 'n groot mate bepaal. Die meeste mense
                         word negatief deur die kweekhuiseffek beïnvloed – produksie
                         daal 
                       (Aanvaar enige ander relevante antwoorde)                                 (2)

         3.2.4        Hoe dra lande in die Noorde by tot die vernietiging van die
                      omgewing?

                      •  Massaproduksie van goedere en dienste veroorsaak
                         besoedeling 
                      • Hoë      vlakke     van    nywerheidsaktiwiteite veroorsaak
                         klimaatsverandering 
                      • Oorindustrialisasie    lei  tot  uitputting van   natuurlike
                         hulpbronne 
                      • Ontbossing te wyte aan oorindustrialisering        (2 x 2)             (4)
                      (Aanvaar enige ander relevante antwoord)

3.3      Datarespons
         3.3.1        Waarvoor staan die afkorting ROI?

                      Ruimtelike Ontwikkelingsinisiatief                                       (2)

         3.3.2        Gee EEN voorbeeld van ‘n ROI in Suid-Afrika.

                      •   Maputo-Ontwikkelingskorridor 
                      •   Richardsbaai-ROI 
                      •   Wildekus-ROI 
                      •   Lubombo-ROI 
                      •   Visrivier-ROI 
                      •   Weskus-beleggingsinisiatief 
                      •   Platinum-ROI (Kus tot kus) 
                      •   Phalaborwa-ROI                                                       (2)

         3.3.3        Verduidelik die begrip korridors.

                      'n Korridor is 'n ruimtelike gebied wat 'n deurgang vorm en toegang
                      verleen van een gebied na 'n ander en voordele bied aan mynbou,
                      vervaardiging en ander besighede 
                      (Aanvaar enige ander relevante antwoord)                                   (2)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                  8                         DBE/November 2015
                                     NSS – Memorandum

         3.3.4        Hoe sal Suid-Afrika uit ROI's voordeel trek?

                     • Verbeter logistiek en beleidsomgewing 
                     • Nuwe beleggings 
                     • Werksgeleenthede 
                     • Nuwe sakegeleenthede 
                     • Nuwe uitvoergeleenthede
                     (Aanvaar enige ander relevante antwoord)            Enige (2 x 2)         (4)

3.4      Bespreek kortliks spesiale ekonomiese sones (SES'e) in Suid-Afrika.

         • Dis 'n geografies voorafbepaalde gebied waar spesifieke ekonomiese
           aktiwiteite geïdentifiseer is om te ontwikkel 
         • Belangrikste doelwit is om die vervaardigingsektor uit te brei 
         • Produseer vir die uitvoermark 
         • Skep addisionele nywerheidsnawe (hoofde) sodat die nasionale
           nywerheidsbasis meer gediversifiseerd kan raak 
         • Hierdie gebiede kan aansporings soos belastingverligting en
           ondersteuningstelsels geniet wat nywerheidsontwikkeling bevorder 
         • Daar is planne om die belasting tot 15% te verminder as ‘n aansporing om
           nuwe nywerhede te lok 
         • Die doel met die skepping van SESe is om:
           - Slegs nuwe besighede te lok 
           - Besighede wat ‘n nuwe produklyn ontwikkel 
           - Besighede wat hul volume uitbrei 
         • Die DHN het aangedui dat die bestaande NOSe waar spesiale belasting-
           aansporings nie geld nie, geleidelik as SESe sal funksioneer 
         • Dit skep ‘n basis vir ‘n breë verskeidenheid van nywerheidsparke en
           verskaf ekonomiese infrastruktuur om werkverskaffing te bevorder 
         (Aanvaar enige ander relevante feit)                             Enige (4 x 2)        (8)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                9                          DBE/November 2015
                                   NSS – Memorandum

3.5      Tot watter mate het die regering se fiskale beleid daarin geslaag om ‘n
         wenslike herverspreiding van inkome te verseker?

         • Progressiewe persoonlike inkomstebelasting impliseer dat hoër
           belastingkoerse op hoë inkomstegroepe gehef sal word en laer
           belastingkoerse op laer inkomsteverdieners – dit lei tot 'n aanvaarbare
           herverspreiding van inkomste 
         • 'n Te progressiewe persoonlike inkomstebelastingstelsel het gelei tot
           belastingontduiking en vermyding – dit kan die stelsel benadeel. Die
           aantal mense verantwoordelik vir meeste van die inkomste van die staat
           neem af 
         • Belasting op batebesit en welvaartsbelasting is beide kategorieë waar
           diegene wat dit kan bekostig, die belasting moet betaal 
         • Kontantvoordele sluit toelaes aan die armes in – ouderdomspensioen;
           toelaes aan gestremdes; WVF is bedrae betaal aan diegene wat deel
           vorm van die laer inkomstegroepe van mense sonder 'n inkomste 
         • In natura-betalings bestaan uit 'n laer heffing of geen heffing vir sekere
           inkomste kategorieë, bv. gesondheidsorg, onderwys, beskerming,
           munisipale dienste – poog om inkomste suksesvol te herverdeel alhoewel
           grootskaalse probleem van nepotisme, apatie, gebrek aan motivering en
           ondoeltreffendheid voorkom in hierdie sektore waar geld bewillig word vir
           hierdie groepe en nie dienooreenkomstig spandeer word nie 
         • Grond hervormingsprogramme behels grondherstel en -herverdeling aan
           mense wat voorheen onteien is sonder vergoeding sowel as mense
           uitgesluit van die besit van grond in die verlede. Implementering van
           hierdie beleid bly problematies omdat sekere besluite wat geneem is
           massaproduksie dramaties kan verlaag wat kan lei daartoe dat ons nie die
           nasie kan voed nie – dit sal armes nog verder benadeel 
         • Kontant en finansiële voordele aan KMMO's waar die owerheid opleiding,
           indiensnemingsubsidies en finansiering van KMMO’s verskaf – voorheen
           benadeelde groepe sal voorkeur geniet en inkomste sal suksesvol
           herverdeel word 
         • Publieke Werkeprogramme verskaf indiensneming maar gewoonlik op ‘n
           tydelike basis bv. waar werkloses aangestel is om stadionne vir ‘n
           Wêreldbeker te bou 
         • Eiendomsubsidies word aan mense betaal wat minder as R3 500 per
           maand verdien 
         (Aanvaar enige ander relevante feite)                           Enige (4 x 2)
                                                                                              (8)
                                                                                              [40]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                   10                         DBE/November 2015
                                      NSS – Memorandum

VRAAG 4: MAKRO-EKONOMIE EN EKONOMIESE STREWES

4.1      4.1.1        Noem enige TWEE fases van 'n sakesiklus.

                      • Resessie 
                      • Depressie 
                      • Voorspoed 
                      • Herstel 
                      (Aanvaar enige ander relevante feit)                    Enige (2 x 1) (2)

         4.1.2        Hoe sal 'n hoë vlak van onderwys die vermoë van 'n individu
                      beïnvloed om werk te kry?

                      • Dit verskaf vaardighede om 'n sekere werk te doen 
                      • Dit verskaf kennis om 'n sekere werk te doen 
                      (Aanvaar enige ander relevante antwoord)             Enige (1 x 2) (2)

4.2      Datarespons

         4.2.1        Identifiseer die instelling wat vir die publikasie van die data
                      hierbo verantwoordelik is.

                      Suid-Afrikaanse Reserwebank / SARB                                        (1)

         4.2.2        Wat is die neiging in die indeks van invoerpryse?

                      Die indeks van invoerpryse styg voortdurend                               (1)

         4.2.3        Verduidelik die begrip ruilvoet.

                      Die verhouding van die indeks van uitvoerpryse tot die indeks van
                      invoerpryse / die verwantskap tussen uitvoerpryse en invoerpryse /
                      dit druk 'n land se uitvoerpryse in terme van sy invoerpryse uit 
                      (Aanvaar enige ander relevante feit)                                       (2)

         4.2.4        Verduidelik kortliks hoekom 'n toename in die ruilvoet 'n
                      positiewe effek op die welsyn van die land sal hê.

                      Daar sal 'n styging in ekonomiese welsyn wees omdat meer
                      inkomste verdien word met dieselfde besteding 
                      (Aanvaar enige ander relevante feit)                                       (2)

         4.2.5        Bereken die ruilvoet vir 2011 (A). Toon ALLE berekeninge.
                      Rond jou antwoord tot EEN desimale plek af.

                      = Gemiddelde uitvoerprys/Gemiddelde invoerprys x 100
                      = 191 /153  x100  = 124,8                             (Maks 4)         (4)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                   11                       DBE/November 2015
                                      NSS – Memorandum

4.3      Datarespons
         4.3.1        Watter kurwe word in die grafiek hierbo uitgebeeld?
                      Laffer-kurwe                                                           (2)
         4.3.2        Watter belastingkoers     sal   maksimum inkomste vir         die
                      owerheid genereer?
                      40%                                                                    (2)

         4.3.3        Wat is die verband tussen 'n belastingkoers van nul en 'n
                      belastingkoers van 100% vir die owerheid?
                      In beide scenarios sal die owerheid geen inkomste ontvang nie          (2)

         4.3.4        Verduidelik die implikasie van 'n belastingkoers van 60% vir die
                      belastingbetaler.
                      •   Belastingontduiking of belastingvermyding sal voorkom omdat te
                          veel belasting op die belastingbetaler gehef is 
                      •   Die belastingbetaler se las sal toeneem met 20% 
                      •   Sommige van die belastingbetalers sal ophou werk te wyte aan
                          die stygende belastinglas                          (Maks 4)          (4)

4.4      Onderskei tussen devaluasie en appresiasie van 'n geldeenheid.
         Devaluasie:
         • 'n Afname in die waarde van 'n geldeenheid deur owerhede(regering) 
         • Verwys na ‘n vaste wisselkoersstelsel 
         • Die regering moet die geldeenheid devalueer om uitvoere te verbeter 
         • Bv. Die owerheid kan die koers van $1 = R10 verander na $1 = 12 
                                                                           (Maks 4)
         Appresiasie:
         • 'n Styging in die waarde van 'n geldeenheid  te wyte aan markkragte 
         • Tipies van 'n swewende wisselkoersstelsel 
         • bv. $1 = R10 veramder na $1 = 8  Verbeter koopkrag         (Maks 4)             (8)

4.5      Hoe kan die Suid-Afrikaanse regering die doeltreffendheid van
         dienslewering verbeter?
         • Goedere en dienste moet in die verlangde hoeveelhede en kwaliteit
            verskaf word 
         • Publieke goedere kan doeltreffend verskaf word as pareto
            doeltreffendheid bereik is 
         • Verminder 'red tape' (rompslomp) / burokrasie  reëls en prosedures het
            'n negatiewe impak op die lewering van dienste 
         • Verhoog opleiding  doelmatige opleiding moet verskaf word vir
            regeringsamptenare bv. indiensopleiding, vaardighede verbeter 
         • Verbeter motivering  verskaf pryse vir produktiewe werkers, finansieel of
            in natura betalings Verhoog
         • Elimineer korrupsie  plaas effektiewe moniteringsmaatreëls in plek 
         (Aanvaar enige ander relevante antwoord)                      Enige (4 x 2)           (8)
                                                             TOTAAL AFDELING B:                [40]
                                                                                               80
Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                  12                            DBE/November 2015
                                     NSS – Memorandum

AFDELING C

Beantwoord EEN van die twee vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK.

                      STRUKTUUR VAN OPSTEL                                  PUNTETOEKENNING
Inleiding                                                                        Maks. 2
Liggaam
Hoofgedeelte: Bespreek in besonderhede/In-diepte bespreking/                       Maks. 26
Ondersoek/Bespreek krities/Ontleed (Analiseer)/Vergelyk/
Evalueer/Onderskei/Differensieer/Verduidelik/Assesseer/Debatteer

Addisionele gedeelte: Gee eie mening/Bespreek krities/Evalueer/                    Maks. 10
Evalueer krities/Teken 'n grafiek en verduidelik/Gebruik die gegewe
grafiek en verduidelik/Voltooi die gegewe grafiek/Bereken/Lei af/
Vergelyk/Verduidelik/Onderskei/Interpreteer/Debatteer kortliks/Hoe?/Stel
voor
Slot
Enige hoërorde-slot behoort die volgende in te sluit:                              Maks. 2
• 'n Kort samevatting van dit wat reeds bespreek is, sonder om enige
     feite wat reeds genoem is, te herhaal
• Enige opinie of waardeoordeel oor die feite wat bespreek is
• Addisionele ondersteunende inligting wat die bespreking/analise
     versterk
• 'n Teenstrydige sienswyse met motivering, indien gevra
• Aanbevelings
TOTAAL                                                                                40

VRAAG 5: MAKRO-EKONOMIE

Die nuwe ekonomiese paradigma is vasgelê in vraag-en-aanbodkant-beleide om
die ekonomie te beïnvloed.
•   Bespreek die gebruik van monetêre- en fiskale beleid om vraag en aanbod in
    die effening (gladstryking) van sakesiklusse te beïnvloed.      (26 punte)
•   Hoe het die Keynesiaanse (endogene) denkskool sakesiklusse beïnvloed?
                                                                    (10 punte)

INLEIDING
•   Teorieë deur die Monetariste (Friedman) en Keynesiane (Keynes) is ekstreem en
    slegs waar onder spesifieke omstandighede /
• In werklikheid jaag die owerheid ekonomiese groei na onafhanklik of daar 'n
    inherente stabiele of onstabiele marktoestande heers /
• Volgens die Nuwe Ekonomiese Paradigma, is dit moontlik vir die uitset om toe te
    neem oor 'n uitgebreide tydsperiode sonder om deur aanbodbeperkinge gepootjie
    te word en inflasiedruk ontstaan / dit bied nie noodwendig ideale beleide nie /
• Effening van sakesiklusse is wanneer beleid gebruik word om dramatise pieke en
    trôe te voorkom 
• Opeenvolgende periodes van toenemende en afnemende ekonomiese aktiwiteite
    
(Aanvaar enige ander relevante inleiding)                                      (Maks 2)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                  13                           DBE/November 2015
                                     NSS – Memorandum

INHOUD
HOOFDEEL

• Owerhede se doel met sakesiklusbeleide is om die bes moontlike groeikoerse te
  bereik 
• Hulle behoort beleide toe te pas wat sikliese bewegings uitskakel, sodat pieke nie
  tot hoë inflasie lei of trôe wat tot hoë werkloosheid aanleiding gee 
• Owerhede gebruik monetêre en fiskale beleide om dit te bereik 
• Fiskale berleid – is meer suksesvol in die stimulering van ‘n onderdrukte ekonomie
  
• Monetêre beleid is meer doeltreffend wanneer ‘n oorverhitte ekonomie afgekoel
  moet word 

Monetêre beleide
As die vlak van ekonomiese aktiwiteit verander sal SARB uitbreidende en remmende
maatreëls gebruik om die fluktuasie van sekere ekonomiese aktiwiteite te verminder.

•   'n Uitbreidende monetêre beleid word geïmplementeer as die ekonomie in resessie
    is om ekonomiese aktiwiteite te stimuleer 
•   Rentekoerse kan verlaag word om besteding aan te moedig 
•   Huishoudings en besighede kan meer geld leen en meer spandeer 
•   Die toename in besteding verhoog die vlak van ekonomiese aktiwiteit. Belegging
    sal styg en meer produksiefaktore sal indiens geneem word 
•   Hoër vlakke van produksie en inkome en besteding sal bereik word 
•   As die aanbod van goedere en dienste nie dienooreenkomstig toeneem nie, sal
    vraaginflasie styg. Dit impliseer 'n groter vraag as aanbod 
•   Inflasie kan verlaag word deur die geldvoorraad te verminder asook die
    beskikbaarheid van krediet 
•   Om die vraag by die piek af te koel moet die owerheid in staat wees om die
    geldvoorraad te verminder deur hoër rentekoerse  verkoop staatseffekte en
    sekuriteite (opemarkstransaksies) en verminder die geldvoorraad in sirkulasie 
    verhoog die kontantreserwevereistes en manipuleer die geldskeppingsaktiwiteite
    van banke  oortuig banke om lenings te verminder (morele oorreding)  en
    devalueer die wisselkoers (wisselkoersbeleid) 

Fiskale beleid
As die vlak van ekonomiese aktiwiteit verander sal die Minister van Finansies
uitbreidende en remmende maatreëls instel wat die fluktuasie van sekere ekonomiese
aktiwiteite verminder 

•   'n Uitbreidende fiskale beleid kan geïmplementeer word as die ekonomie in 'n
    resessie is om ekonomiese aktiwiteite te stimuleer 
•   'n Styging in owerheidsbesteding sal die totale aanbod verhoog 
•   Dit dien as 'n inspuiting in die ekonomie aangesien produksie sal toeneem en meer
    produksiefaktore in diens geneem word 
•   Dit sal lei tot hoër inkome en hoër besteding 
•   Belasting kan verlaag word, wat sal lei tot 'n toename in verbruikbare inkomste 
•   Dit dien as 'n inspuiting in die ekonomie wat uiteindelik die totale vraag sal verhoog
Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                 14                        DBE/November 2015
                                    NSS – Memorandum
    
•   As die ekonomie te vinnig groei kan die owerheid sy besteding verminder en
    belasting verhoog 

•   Dit sal lei tot 'n afname in totale vraag wat produksie sal verlaag omdat minder
    goedere en dienste benodig sal word 

Vraag-kant-beleide:
Tradisionele monetêre en fiskale beleide fokus op die totale markvraag 
'n Vraag-kantbenadering alleenlik – lei nie tot die mees ideale resultate nie – groei
moet dikwels beperk word omdat probleme met inflasie ontstaan, betalingsbalans en
tekorte van geskoolde arbeid 

•   Totale aanbod moet goed bestuur word – fokus op toenemende aanpasbaarheid
    van aanbodkomponente 
•   As die koste van toenemende produksie volledig aanpasbaar is, kan 'n groter uitset
    verskaf word teen enige prysvlak 

Aanbodkant-beleide – owerhede kan die ekonomie so manipuleer dat dit saamval
   met veranderinge in die vraag

•    Verlaging in koste  Groter uitset verskaf teen enige gegewe prysvlak. MA skuif
     na MA 1 en MV skuif na MV 1  uitset brei uit van Q na Q 1 teen stabiele
     pryse 

•   Owerheidsmaatreëls wat produksiekoste direk en indirek kan verminder 
    - Infrastruktuur dienste soos kommunikasie, vervoer en energie koste 
    - Administratiewe koste soos inspeksies en regulasies – dra by tot oorhoofse
      koste 
    - Kontantaansporings soos subsidies  en vergoeding aan uitvoerders 

•   Verbeter die doeltreffendheid van insette 
    - Belastingkoerse – hoë koerse van persoonlike inkomstebelasting ontmoedig
      mense om te werk  en skuif MA na regs – gewoonlik bereik met
      aansporingskemas en maatreëls soos belastingkoerse 
    - Kapitaalverbruik deur vervanging van kapitaalgoedere op ‘n gereelde basis wat
       geleenthede sal skep vir besighede om op hoogte te bly met tegnologiese
       ontwikkeling 
    - Menslike hulpbron ontwikkeling waar die kwaliteit van arbeid kan verbeter deur
        verbeterde gesondheidsorg, opvoeding en opleiding wat die doeltreffendheid
        van die besigheid sal verhoog 
    - Gratis adviesdienste om geleenthede vir uitvoere te bevorder en sake-
        aktiwiteite in die buiteland te skep wat weervoorspellings, veeartsenydienste
        en navorsing insluit 

•   Verbeter die doeltreffendheid van markte 
    Maatreëls wat markdoeltreffendheid verbeter sluit die volgende in:
    - Deregulering waar wette en regulasies verwyder word om markte te bevry 
    - Mededinging word aangemoedig om nuwe besibghede te skep, buitelandse
      direkte investering aan te moedig en magswanbalanse te verwyder 
    - Gelykmaak van die speelveld in omdat private besighede nie kan meeding met
      publieke ondernemings nie te wyte aan wetlike beskerming 
Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                                    15                                 DBE/November 2015
                                                       NSS – Memorandum

                                    MARKVRAAG EN MARKAANBOD

         Prysvlak %
                                          MV       MV1        MA
                                                                        MA1
                                                   1

                                                                          

                                                          F
                                                   C
                      P                                            E
                               MA
                                                                               MV1

                                    MA1                                       MV
                                                                                     

                          0                    Q              Q1
                                                                                         Uitsetvlak
                                                                       PUNTETOEKENNING VIR GRAFIEK

                                                                       Toepaslike opskrif         = 1 punt
                                                                       Regte ligging van grafieke = 2 punte
                                                                       Benoem asse                = 1 punt
                                                                       Benoem kromme              = 1 punt
                                                                                        TOTAAL = 5 PUNTE

Die effek van vraag- en aanbodkant beleide :
•    Inflasie  Markvraag en aanbod is in ewewig by punt C  Markvraag word
     gestimuleer en beweeg na MV 1 – aanbod reageer en skuif na MA 1  'n groter
     werklike uitset sonder prysstygings 

•    Aanbod onbeweeglik en vas oor die korttermyn  met 'n toename in die vraag
     na MV 1 , bly die aanbod konstant – sny by punt F – werklike produksie en pryse
     styg  (inflasie) - skep toestande waar aanbod meer aanpasbaar is – deur die
     gebruik van aanbodkant maatreëls 

•    Werkloosheid  Vraagkant beleide is effektief in die stimulering van ekonomiese
     groei  ontstaan 'n toename in die vraag na arbeid  verminder werkloosheid
      inflasie styg                                                    (Maks 26)

Kopiereg voorbehou                                                                                     Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                               16                         DBE/November 2015
                                  NSS – Memorandum

ADDISIONELE DEEL
Hoe kan Keynesiaanse (endogene) denkskool sakesiklusse beïnvloed?

•  Die Keynesiaanse (endogene) sienswyse is dat markte inherent onstabiel is,
   daarom is die owerheid inmenging noodsaaklik om die ekonomie te stabiliseer 
• Hulle argumenteer dat veranderinge in die waarde van totale besteding
   veranderinge in vraag meebring 
• Die owerheid kan inmeng deur fiskale beleid wat belastings en owerheidsbesteding
   insluit 
• Gedurende 'n resessie, sal die owerheid sy besteding verhoog en belasting
   verminder (stimuleer) 
• Dit sal lei tot 'n styging in die vlak van ekonomiese aktiwiteit bv. produksie,
   indiensneming, inkome en vraag 
• Gedurende 'n piek sal die owerheid belasting verhoog en owerheidsbesteding
   verlaag 
• Dit sal lei tot verlaagde inkome, verminderde vraag na produksiefaktore en
   besteding                                                          (Maks. 10)
(Aanvaar enige ander relevante antwoord)

SAMEVATTING/SLOT

Dit bly krities dat sakesiklusse duidelik gemonitor moet word deur beskikbare
aanwysers, beleidmakers moet vinnig optree deur gebruik te maak van monetêre en
fiskale instrumente om sodoende onstabiliteit in die ekonomie te voorkom 
(Aanvaar enige ander relevante slot)                                       (Maks. 2)
                                                                                            (40)

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                    17                          DBE/November 2015
                                       NSS – Memorandum

VRAAG 6: EKONOMIESE STREWES

Ekonome gebruik verskillende aanwysers wat help in besluitneming.
•       Bespreek in besonderhede, die volgende ekonomiese aanwysers wat
        gebruik word om die prestasie van die ekonomie te bepaal:
    - Inflasiekoers
    - Indiensneming                                                            (26 punte)
•       Hoe suksesvol is die Suid-Afrikaanse Reserwebank in die stabilisering van
        pryse op die verskillende markte as sy vernaamste oogmerk?      (10 punte)

INLEIDING

Owerhede gebruik verskillende statistiese data om ekonomiese neigings te voorspel
en formuleer bruikbare ontwikkelingstrategieë om die ekonomie te stuur in 'n sekere
rigting 
(Aanvaar enige ander toepaslike inleiding)                                (Maks. 2)

INHOUD

HOOFDEEL

DIE INFLASIEKOERS

Inflasie kan omskryf word as 'n toename in die algemene prysvlak in 'n ekonomie wat
volgehou word oor 'n sekere tydsperiode 
SARB se doelwit is om die inflasiekoers stabiel tussen 3 – 6% te hou 

Die volgende instrumente word gebruik om inflasie te meet:

•   Verbruikersprysindeks (VPI) / Hooflyninflasie 

    -     Dit toon die prysstygings van 'n verteenwoordigende mandjie goedere en
          dienste wat verbruikers koop 
    -     Die gewigte word uit die bestedingspatrone van huishoudings in verskillende
          inkomstekategorieë verkry 
    -     Besluit op ‘n basisjaar vir die berekening van VPI wat soortgelyk is vir alle SNR
          items 
    -     Besluit op ‘n formule vir die berekening van VPI 
    -     Besluit oor die insameling van pryse – in SA word deur middel van opnames
          maandeliks gedoen 
    -     Dit toon veranderinge in die algemene aankope van 'n geldeenheid (bv. rand)
          
    -     Dit word ook gebruik vir inflasieteikens 
    -     Het betrekking op lewenskoste 
    -     Kapitaal en intermediêre goedere word uitgesluit 
    -     Pryse sluit BTW in 
    -     Rentekoerse word in berekening gebring 
    -     Pryse van ingevoerde goedere word nie eksplisiet getoon nie 

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                  18                          DBE/November 2015
                                     NSS – Memorandum

•   Produsenteprysindeks (PPI) 

    -   PPI meet pryse van plaaslik geproduseerde goedere sodra hulle die fabriekshek
        verlaat en ingevoerde goedere sodra hulle die land binnekom 
    -   Dit bestaan uit 'n mandjie van plaaslike, ingevoerde en uitgevoerde goedere 
    -   Dit sluit kapitaal en intermediêre goedere in maar geen dienste nie 
    -   Pryse sluit BTW uit 
    -   Rentekoerse word uitgesluit 
    -   Dit meet die produksiekoste en nie lewenskoste nie 
    -   Dit dien as 'n aanwyser wat verbruikersinflasie (VPI) voorspel 

•   BBP deflator 

    - Die BBP deflator is ‘n koers wat die verhouding tussen die BBP teen nominale
      pryse en die BBP teen reële pryse (formule) toon 
    - Die BBP deflator word bereken vir alle goedere geproduseer in ‘n land vir ‘n
      sekere jaar en is nie gebaseer op ‘n sekere mandjie goedere nie 
    - BBP teen konstante pryse word gebruik om ekonomiese groei en inflasie te
      meet 

INDIENSNEMING

•   Indiensneming

- Die aantal mense indiens uitgedruk as persentasie van die EAB gee die
  indiensnemingskoers 
- Die Suid-Afrikaanse indiensnemingskoers was 75% gedurende 2014 en het nie
  gepaard gegaan met ‘n soortgelyke groei in indiensnemingsyfers nie 
- Indiensneming aanwysers is belangrik en gebruik om neigings in indiensneming in
  verskillende sektore of nywerhede te bereken  wat strukturele veranderinge in
  die ekonomie aandui  om produktiwiteit te bereken  of om die sukses van die
  ekonomie aan te dui in die benutting van sy volle potensiaal 
- Volle indiensneming of hoë vlakke van indiensneming is 'n aanwyser van 'n sterk
  ekonomie met hoë vlakke van groei en ontwikkeling 
- Hoë vlakke van werkloosheid is gewoonlik 'n teken van diepgewortelde probleme in
  'n ekonomie  bv. tekort aan binnelandse en buitelandse direkte investering, lae
  vlakke van arbeidsproduktiwiteit en streng arbeidswetgewing, hoë vlakke van
  armoede 
- Indiensneming aanwysers word gebruik om die volgende te bereken: (1) neigings in
  verskillende sektore of industrieë (2) produktiwiteit (3) suksesse van die ekonomie in
  die aanwending van sy volle potensiaal 

Daar is verskeie indiensneming           aanwysers      wat   gebruik   word    om     die
indiensnemingsproses te monitor:

•   Die ekonomies bedrywige bevolking (EBB) 
    - Die amptelike indiensneming ouderdomme in Suid-Afrika is tussen (15- 65) wie
       gewillig is om te werk 
    - Dit sluit werkers in die formele sector, informele sektor, werkgewers, self-indiens
       en werkloses in 

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                19                        DBE/November 2015
                                   NSS – Memorandum

•   Werkloosheid 
    - Streng definisie – werkloses is daardie mense binne die ekonomies aktiewe
      bevolking wat nie gewerk het gedurende die 7 dae voor die onderhoud nie, wat
      wil werk en beskikbaar is binne 2 weke na die onderhoud en aktief stappe
      geneem het om werk te vind 4 weke voor die onderhoud 
    - Uitgebreide definisie ingeslote almal wat graag wil werk, onafhanklik of hulle
      aktief probeer het om werk te kry 
    - Die werkloosheidskoers word uitgedruk as die persentasie van werklose mense
      tot die totale aantal mense wat gewillig en in staat is om te werk, m.a.w. die
      arbeidsmag 
    - StatsSA verkry arbeidsdata uit die Kwartaallikse Arbeidsmagopnames om
      werkloosheid te bereken 
    - In Suid-Afrika was die amptelike werkloosheidskoers in 2014, 25% wat die
      belangrikste oorsaak van armoede was 

Daar is verskeie metodes om die aantal werkloses te bereken:

•  Sensus  vraelyste word versprei aan respondente en ingesluit in die vraelyste is
   vrae verwant aan die werkstatus van die mense 
• Opname  Elke jaar onderneem Statistiek Suid-Afrika om 'n arbeidsmag opname
   te doen om die werkloosheidskoers te bereken 
• Registrasie  Werkloses kan registreer by die Departement van Arbeid –
   geregistreerde      werkloses      kan     betalings     ontvang      van     die
   werkloosheidsversekeringsfonds en dis die mees akkurate metode om die
   werkloosheidskoers te bereken omdat nie alle werklose mense geregistreer is nie
   
• Indiensneming 
   - Persone in diens is dié wat werk lewer vir betaling, wins of familie voordele 7
      dae voor die opname onderhoud vir ten minste 1 uur, of dié wat afwesig was
      van werk gedurende hierdie 7 dae en geen werk gehad het om na terug te keer
      nie 
  - Data verwant aan indiensneming is 'n belangrike aanwyser wat gebruik word
      om arbeidsproduktiwiteit te bepaal, die indiensnemingskoers in verskillende
      ekonomiese sektore, die inkomste per werker en die sukses van 'n land se
      ekonomie 
  - As indiensneming vergelyk word met die EBB kan die werkloosheidskoers
      bereken word 
  - StatsSA publiseer die Arbeidsmagopname in Maart en September elke jaar wat
      inligting soos die indiensnemingskoers, werkloosheidskoers en vlakke van
      indiensneming in die formele en informele sektore bevat            (Max 26)

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                 20                           DBE/November 2015
                                    NSS – Memorandum

                                                                             (Maks 26)

ADDISIONELE DEEL

-  Die VPI oorskrei die boonste perk van die inflasieteiken gedurende 2014. SARB
   het rentekoerse verhoog om die inflasiekoers terug te dwing na laer perke en so
   pryse te stabiliseer 
- Bepaling van die inflasieteiken van 3 – 6% was 'n belangrike inisiatief deur die staat
   wat gehelp het dat SARB pryse kon stabiliseer 
- 'n Daling in internasionale ru-olie pryse in die afgelope aantal maande onder
   wêreldwye inflasiedruk. Dit het grootliks bygedra tot laer binnelandse inflasie 
   wat die Produsente prysinflasie gunstig beïnvloed. Te danke hieraan kon die
   Reserwebank die repokoers onveranderd laat  PPI vir intermediêre
   vervaardigingde goedere het 'n positiewe impak op die stabilisering van pryse 
- Alhoewel die Reserwebank baie suksesvol is in die stabilisering van pryse,
   beïnvloed sekere eksterne faktore die ekonomie wêreldwyd soos die wêreld
   resessie wat 'n negatiewe impak gehad het op SARB se pogings om die pryse te
   stabiliseer 
- Ander faktore soos disinvestering te wyte aan swak staatsbestuur het 'n skerp
   afname in stabiliteit meegebring wat die stabiliseringspogings van SARB benadeel
   het 
- Die swak waarde van die Rand op internasionale markte is 'n groot negatiewe
   bydraende faktor tot die inflasiekoers a.g.v. grootskaalse afhanklikheid van invoere
   
(Aanvaar enige ander relevante feit)                                         (Maks. 10)

SAMEVATTING/SLOT

Ekonomiese aanwysers is sommige van die mees belangrike en invloedryke
hulpmiddels wat die owerheid kan gebruik om die rigting wat die ekonomie moet
inslaan teenoor ander lande te beïnvloed                           (Maks. 2)               [40]

                                                               TOTAAL AFDELING C:            40

                                                                      GROOTTOTAAL:           150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Economics P2 Nov 2015 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-nov-2015-memo-eng/b9d108c8-dee7-4edd-b6e0-86a83081b665) — Economics · Memo · 2015 · Eng
- [Economics P2 Nov 2015 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-nov-2015-memo-afr/4dc5134c-c4d5-4ab7-afff-23e02987ed56) — Economics · Memo · 2015 · Afr
- [Economics P1 June July 2015 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-june-july-2015-memo-afr/b5b06235-58b3-4850-94d2-65c0f871f204) — Economics · Memo · 2015 · Afr
- [Economics P1 Nov 2019 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-nov-2019-memo-afr/5356311e-5173-4723-8d25-e9cf4c6c6da0) — Economics · Memo · 2019 · Afr
- [Economics P1 Nov 2018 FINAL Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-nov-2018-final-memo-afr/163f0388-17fe-4dcb-90ce-35973b4ce181) — Economics · Memo · 2018 · Afr
- [Economics P1 Nov 2017 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-nov-2017-memo-eng/42373e1f-5b55-4cc0-97b4-9b8903280996) — Economics · Memo · 2017 · Eng

## More from Grade 12 Economics

- [ECONOMICS P2 GR12 QP JCT 2025 AFR D watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-gr12-qp-jct-2025-afr-d-watermark/3dba3588-624d-493b-bc60-00d7e2783cae) — QP · 2025 · Afr
- [Economics Grade 12 NSC P1 QP September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-12-nsc-p1-qp-september-2025-free-state/4def59dd-ebf4-4191-89e7-2b6d4609d6cc) — QP · 2025
- [Economics Grade 12 NSC P1 QP September 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-12-nsc-p1-qp-september-2025-mpumalanga/5449d7a4-548e-416d-91b4-1da462710798) — QP · 2025
- [Economics Grade 12 NSC P2 QP September 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-12-nsc-p2-qp-september-2025-mpumalanga/efbb0e99-1236-496b-bc64-5b31b3784493) — QP · 2025
- [Economics P1 May-June 2025 Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-may-june-2025-afr/e9c77643-7f83-42e3-b28d-cf84e96050ca) — QP · 2025 · Afr
- [Economics P2 May-June 2025 Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-may-june-2025-afr/4c93e067-5237-46b7-ab21-5c2cea219788) — QP · 2025 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
