# Economics Grade 12 P1 NSC November 2016 Question Paper (Afr)

> Grade 12 Economics Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2016 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-nov-2016-afr/2ee10371-32b2-490b-86ef-f0fd10819202
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Economics
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2016
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 12

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/economics) › [Economics Grade 12 P1 NSC November 2016 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-nov-2016-afr/2ee10371-32b2-490b-86ef-f0fd10819202)

## About this document

Economics · Grade 12 · NSC November Exam · 2016. Question paper, 12 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                 NASIONALE
                                  NATIONAL
                             SENIOR SERTIFIKAAT
                                    CERTIFICATE

                                      GRAAD
                                      GRADE 12

                         ECONOMICS
                            EKONOMIE
                                   PAPER
                                      V1 1
                 MACROECONOMICS & ECONOMIC PURSUITS
                           NOVEMBER
                             MARCH 2016
                                     2016

PUNTE: 150

TYD: 2 uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                  2                       DBE/November 2016
                                            NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Beantwoord VIER vrae soos volg in die ANTWOORDEBOEK:

         AFDELING A: VERPLIGTEND
         AFDELING B: Beantwoord TWEE van die drie vrae.
         AFDELING C: Beantwoord EEN van die twee vrae.

2.       Beantwoord slegs die vereiste getal vrae. Addisionele antwoorde sal NIE
         nagesien word NIE.

3.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik is.

4.       Skryf die vraagnommer boaan elke antwoord neer.

5.       Lees die vrae aandagtig deur.

6.       Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.

7.       Laat 2–3 reëls tussen onderafdelings van vrae oop.

8.       Beantwoord die vrae in volsinne en maak seker dat die formaat, inhoud en
         konteks van jou antwoorde aan die kognitiewe vereistes van die vrae voldoen.

9.       Gebruik slegs swart of blou ink.

10.      Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

11.      Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                     3                       DBE/November 2016
                                               NSS

AFDELING A (VERPLIGTEND)

VRAAG 1                                                       30 PUNTE – 20 MINUTE

1.1      Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
         Skryf die vraagnommer (1.1.1–1.1.8) neer, kies die antwoord en maak 'n
         kruisie (X) oor die letter (A–C) van jou keuse in die ANTWOORDEBOEK.

         VOORBEELD:

         1.1.9         A          B             C

         1.1.1        Goedere wat deur nie-mededinging en nie-uitsluitbaarheid
                      gekenmerk word, staan as ... goedere bekend.

                      A    publieke
                      B    gemeenskaps-
                      C    privaat

         1.1.2        Die nasionale totaal wat die waarde toegevoeg in elke fase van
                      produksie verteenwoordig, word die bruto binnelandse … genoem.

                      A    besteding
                      B    produk
                      C    inkome

         1.1.3        Groot openbare korporasies of besigheidsentiteite in die openbare
                      sektor staan as … bekend.

                      A    korporate
                      B    ondernemings
                      C    parastatale

         1.1.4        'n Wisselkoersstelsel waar die kragte van vraag en aanbod geheel
                      en al die waarde van 'n geldeenheid bepaal, word 'n …
                      wisselkoersstelsel genoem.

                      A    vaste
                      B    beheerde
                      C    vryswewende

         1.1.5        Die lewenstandaard van 'n bevolking word die beste deur die …
                      beskryf.

                      A    handelsbalans
                      B    per capita-inkome
                      C    inflasiekoers

         1.1.6        Monetêre beleid fokus op … en die totale geldvoorraad.

                      A    inkome
                      B    rentekoerse
                      C    belasting
Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                       4                           DBE/November 2016
                                                 NSS

         1.1.7         Die proses waartydens mense van landelike gebiede na dorpe en
                       stede verhuis, word … genoem.

                       A    verstedeliking
                       B    immigrasie
                       C    emigrasie

         1.1.8         'n Stuk land wat 'n deurgang vorm en toegang van een gebied na
                       'n ander verleen en deel van streeksontwikkeling uitmaak, word
                       'n … genoem.

                       A    doeane
                       B    korridor
                       C    deurpad                                                    (8 x 2)       (16)

1.2      Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by die item in KOLOM A pas.
         Skryf slegs die letter (A–I) langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.8) in die
         ANTWOORDEBOEK neer.

                       KOLOM A                                     KOLOM B
         1.2.1       Globalisering           A         die koers wat banke betaal om geld by
                                                       die sentrale bank te leen
         1.2.2       Uitvoerbevordering
                                             B         produkte wat in hul basiese vorm
         1.2.3       Ekonomie van skaal                verhandel word, byvoorbeeld steenkool
                                                       en hout
         1.2.4       Burokrasie
                                             C         strem die kognitiewe ontwikkeling van
         1.2.5       Repokoers                         kinders

         1.2.6       Produksieprysindeks     D         'n algemene argument ten gunste van
                                                       vryhandel
         1.2.7       Kommoditeite
                                             E         'n handelsbeleid wat die produksie van
         1.2.8       Wanvoeding                        plaaslik vervaardigde goedere wat
                                                       oorsee verkoop gaan word, aanmoedig

                                             F         wêreldwye interaksie van ekonomieë
                                                       met handel as 'n gemeenskaplike
                                                       element

                                             G         'n owerheidstelsel wat nie reëls
                                                       goedkeur nie en derhalwe vertragings
                                                       veroorsaak

                                             H         meet pryse van plaaslik vervaardigde
                                                       goedere op fabrieksvlak

                                             I         staan ook as intermediêre goedere
                                                       bekend
                                                                                        (8 x 1)      (8)
Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                   5                           DBE/November 2016
                                             NSS

1.3      Gee EEN term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term
         langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.6) in die ANTWOORDEBOEK neer.

         1.3.1        'n Skommeling/Fluktuasie in ekonomiese aktiwiteite oor tyd

         1.3.2        Die afstand vanaf die tendenslyn na die piek en die trog

         1.3.3        'n Tarief wat as 'n persentasie van die waarde van ingevoerde
                      goedere gehef word

         1.3.4        Die Wet wat gelyke werksgeleenthede vir almal bevorder

         1.3.5        Vergelyk 'n land se uitvoerpryse met sy invoerpryse deur middel
                      van indekse

         1.3.6        Mense in die ekonomies bedrywige bevolking wat bereid en in
                      staat is om te werk, maar nie 'n werk kan kry nie    (6 x 1)               (6)

                                                                 TOTAAL AFDELING A:              30

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                           6                             DBE/November 2016
                                                     NSS

AFDELING B

Beantwoord enige TWEE                van     die    drie   vrae   in   hierdie   afdeling        in   die
ANTWOORDEBOEK.

VRAAG 2: MAKRO-EKONOMIE                                                 40 PUNTE – 30 MINUTE

2.1      Beantwoord die volgende vrae.

         2.1.1        Noem TWEE tipes sakesiklusse.                                              (2 x 1)    (2)

         2.1.2        Hoe sal buitelandse direkte investering die Suid-Afrikaanse
                      ekonomie bevoordeel?                                  (1 x 2)                         (2)

2.2      Bestudeer die spotprent hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                           WAT 'N VERRASSING!

                              Geen styging in inkomste-
                                belasting of BTW nie

                     Geen styging in
                     inkomstebelasting
                         of BTW nie

                                                                             Brandstofheffings
                                                                               Sondebelasting

                                                                       [Bron: Business Times, Februarie 2016]

         2.2.1        Identifiseer TWEE indirekte belastings in die spotprent hierbo.
                                                                                    (2 x 1)                 (2)

         2.2.2        Noem die fiskale instrument wat deur die skaal in die spotprent
                      hierbo verteenwoordig.                                                                (2)

         2.2.3        Watter 'verrassing' word in die spotprent hierbo uitgebeeld?                          (2)

         2.2.4        Hoekom het die Minister van Finansies, na jou mening, besluit om
                      inkomstebelasting en BTW op dieselfde vlakke te hou?      (2 x 2)                     (4)

Kopiereg voorbehou                                                                     Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                     7                              DBE/November 2016
                                               NSS

2.3      Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                 SUID-AFRIKA MAAK DEURE OOP VIR HOENDERINVOERE
                            VANAF DIE VERENIGDE STATE

         Die Minister van Handel en Nywerheid sê Suid-Afrika sal streng invoerregte
         op hoendervleis vanaf die VSA opskort en invoere hernu.

         Suid-Afrika het 100%-invoerregte op die storting ('dumping') van sekere
         hoenderporsies gehef. Die verwydering van hierdie invoerversperrings het
         'n mark oopgemaak wat vir die laaste 15 jaar gesluit was. Hierdie besluit was
         binne die toelaatbare speling van die Suid-Afrikaanse pluimveebedryf.

         Die produkte wat ingevoer gaan word, sal hoofsaaklik die snitte wees wat nie
         by die Amerikaanse verbruiker gewild is nie. Suid-Afrikaners verbruik meer
         hoender as mense in enige ander Afrikaland en plaaslike produsente sukkel
         om in die stygende vraag te voorsien.

         Die ooreenkoms, wat die VSA een van die voorste pluimvee-uitvoerders na
         Suid-Afrika sal maak, behoort die aanneming van die Amerikaanse Wet op
         Groei en Geleenthede in Afrika (AGOA-wet) te help vergemaklik. AGOA is
         'n handelsinisiatief wat belastingvrye hantering van invoere van sekere
         produkte vanaf die VSA bewerkstellig.
                                                   [Aangepas uit Mail & Guardian, Februarie 2016]

         2.3.1        Identifiseer die rede in die uittreksel waarom Suid-Afrika tot
                      hoenderinvoere vanaf die VSA ingestem het.                                       (1)

         2.3.2        Noem die handelsinisiatief wat hierbo genoem word.                               (1)

         2.3.3        Beskryf die begrip storting ('dumping') kortliks.                                (2)

         2.3.4        Wat sal die uitwerking van bevolkingsgroei in Suid-Afrika op
                      hoenderinvoere vanaf die VSA wees?                                               (2)

         2.3.5        Watter negatiewe invloed kan hierdie ooreenkoms op die plaaslike
                      pluimveebedryf hê?                                       (2 x 2)                 (4)

2.4      Onderskei tussen eksogene benaderings en endogene benaderings tot
         sakesiklusse.                                              (2 x 4)                            (8)

2.5      Hoe kan invoere geteiken word om die tekort op die handelsbalans in
         Suid-Afrika te verklein?                                                                      (8)
                                                                                                       [40]

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                        8                             DBE/November 2016
                                                  NSS

VRAAG 3: EKONOMIESE STREWES                                           40 PUNTE – 30 MINUTE

3.1      Beantwoord die volgende vrae.

         3.1.1         Noem TWEE sosiale aanwysers wat met inkomsteverdeling
                       verband hou.                                  (2 x 1)                             (2)

         3.1.2         Hoe kan deregulering Suid-Afrika se sakesektor bevoordeel?(1 x 2)                 (2)

3.2      Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                     GEAR                    Die NOP is duidelik die beste strategie
                     NVOS                      ooit; dit sal ons arm ekonomie vir
                     NGP
                                                       seker bevoordeel …

                                                                                             Nasionale
                                    Belastingbetalers                                        Begroting

                               NOP ('NDP') HELP SA OM TE FOKUS

  Alhoewel die NOP, wat in breë trekke 'n plan beskryf om aandag aan kwessies in SA
  te gee, nie volmaak is nie, verskaf dit 'n padkaart na waar die regering graag wil hê ons
  in 2030 moet wees. Die NOP gee Suid-Afrikaners 'n geleentheid om saam te werk om
  ons uitdagings die hoof te bied en 'n beter toekoms vir onsself en toekomstige generasies
  te bou. Ons moenie hierdie geleentheid laat verbygaan nie.
                                                    [Aangepas uit NOP en Mail & Guardian, Februarie 2015]

         3.2.1         Identifiseer enige TWEE vorige strategieë in die inligting hierbo wat
                       gebruik is om ekonomiese groei in Suid-Afrika te bevorder. (2 x 1)                (2)

         3.2.2         Noem die hoofdoel van die NOP.                                                    (2)

         3.2.3         Watter negatiewe invloed sal die NOP op belastingbetalers hê?                     (2)

         3.2.4         Na jou mening, hoe suksesvol sal die implementering van die NOP
                       in die Suid-Afrikaanse ekonomie wees?                                             (4)

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                      9                                 DBE/November 2016
                                                NSS

3.3      Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                               LEWENSTANDAARDE – SUID-AFRIKA

                                            HUISHOUDINGS
                     FORMELE                    GEBRUIK                       WATER WAT
                     BEHUISING               ELEKTRISITEIT                    AANGELÊ IS
                 1996          2015          1996            2015           1996          2015

              5,8 miljoen   12,4 miljoen   5,2 miljoen    14,1 miljoen    7 miljoen    14 miljoen

         Die data toon die relatiewe sukses van die regering se diensleweringspogings
         ten spyte van volgehoue agterstande en die feit dat die gehalte van
         gelewerde dienste in baie gevalle hoër moes gewees het.

         'n Ander gevolgtrekking is dat staatsgedrewe diensleweringspogings moontlik
         sover gegaan het as wat dit denkbaar kon gaan en dat toekomstige
         verbeteringe in lewenstandaarde eerder deur toegang tot die arbeidsmark en
         vlakke van ekonomiese groei as deur die pogings van staatsbeplanners
         gedryf sal word.

                                           [Aangepas uit Institute of Race Relations, Februarie 2016]

         3.3.1        Wat het tussen 1996 en 2015 met die lewenstandaard van
                      Suid-Afrikaners gebeur?                                                              (1)

         3.3.2        Identifiseer 'n element van die Menslike-ontwikkelingsindeks (MOI)
                      in die inligting hierbo.                                                             (1)

         3.3.3        Wat kan die regering doen om die gehalte van dienslewering nog
                      verder te verbeter?                                                                  (2)

         3.3.4        Hoe kan die privaat sektor deur openbare-privaat vennootskappe
                      betrokke raak om die pogings van die regering te versterk?                           (2)

         3.3.5        Na jou mening, hoe kan toegang tot die arbeidsmark toekomstige
                      verbetering in lewenstandaarde aandryf?                 (2 x 2)                      (4)

3.4      Bespreek groei en handel kortliks                  as    globaliseringuitdagings wat
         ontwikkelende lande in die gesig staar.                                         (2 x 4)           (8)

3.5      Hoe voldoen Suid-Afrika aan verskillende internasionale liggame wat vereis
         dat hulle aanwysers gestandaardiseer moet word?                                                   (8)
                                                                                                           [40]

Kopiereg voorbehou                                                                    Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                    10                            DBE/November 2016
                                              NSS

VRAAG 4: MAKRO-EKONOMIE EN EKONOMIESE STREWES
                                          40 PUNTE – 30 MINUTE

4.1      Beantwoord die volgende vrae.

         4.1.1        Gee TWEE redes vir mislukking in die publieke sektor.              (2 x 1)       (2)

         4.1.2        Hoe sal 'n daling in uitvoerpryse ons land se ruilvoet beïnvloed?
                                                                                 (1 x 2)               (2)

4.2      Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                    MARK VIR AMERIKAANSE DOLLAR

                                                                         A
                          Wissel-
                           koers
                          R/VSA$                V1
                                       V

                                      A                                       V1
                                                                    V

                                                 Hoeveelheid Amerikaanse dollar

         4.2.1        Watter mark word in die grafiek hierbo uitgebeeld?                               (1)

         4.2.2        Watter uitwerking het die verskuiwing in die vraagkurwe op die prys
                      van dollars?                                                                     (1)

         4.2.3        Beskryf die term wisselkoers kortliks.                                           (2)

         4.2.4        Wat sal die uitwerking van die nuwe prys vir dollars op
                      uitvoerhandel tussen Suid-Afrika en die Verenigde State wees?                    (2)

         4.2.5        Verduidelik hoe 'n toename in die getal Amerikaanse toeriste na
                      Suid-Afrika die waarde van die rand sal beïnvloed.      (2 x 2)                  (4)

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                   11                            DBE/November 2016
                                             NSS

4.3      Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                      SA EKONOMIE BEWEEG NADER AAN 'N RESESSIE

         Volgens die Wêreldbank loop Suid-Afrika se ekonomie die gevaar om in
         'n resessie terug te sak nadat hulle die land se groeivooruitskatting vir hierdie
         jaar tot 0,8% verminder het.

         Groei in Afrika se derde grootste ekonomie is onder druk ná 'n insinking in
         kommoditeitspryse, 'n swakker vraag uit China en die ergste droogte in meer
         as 'n honderd jaar.

         Die rand het gedurende die afgelope drie maande met 14% teenoor die dollar
         teruggesak namate sentiment verswak het en kredietgraderingsmaatskappye
         (Moody's, Standard & Poor's en Fitch) die land se kredietgradering as gevolg
         van groeirisiko's afgegradeer het.

         Daar word geprojekteer dat Suid-Afrika in 2016 tot 2017 hoofsaaklik onder die
         gemiddelde groeikoers van 4,5% vir sub-Sahara-Afrika sal bly.

         Teen hierdie agtergrond sal armoede in Suid-Afrika begin styg namate
         inkome daal.
                                                          [Aangepas uit Fin24, Februarie 2016]

         4.3.1        Gee TWEE faktore in die uittreksel wat tot die swak prestasie van
                      die Suid-Afrikaanse ekonomie bygedra het.                                     (2)

         4.3.2        Wanneer is 'n land amptelik in 'n resessie?                                   (2)

         4.3.3        Watter invloed sal 'n afgradering              van   Suid-Afrika     se
                      kredietgradering op sy ekonomie hê?                                           (2)

         4.3.4        Na jou mening, wat kan die regering doen om die sakesiklus te
                      stabiliseer?                                          (2 x 2)                 (4)

4.4      Bespreek kortliks enige TWEE argumente ten gunste van privatisering. (2 x 4)               (8)

4.5      Hoe sal subsidies uitvoergeoriënteerde besighede negatief beïnvloed?                       (8)
                                                                                                    [40]

                                                                    TOTAAL AFDELING B:              80

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                     12                             DBE/November 2016
                                               NSS

AFDELING C

Beantwoord enige EEN            van    die   twee    vrae    in   hierdie    afdeling    in   die
ANTWOORDEBOEK.

Jou antwoord sal soos volg geassesseer word:

                                                                                PUNTE-
                      STRUKTUUR VAN OPSTEL
                                                                              TOEKENNING
Inleiding                                                                         Maks. 2
Liggaam
Hoofgedeelte: Bespreek in besonderhede/Diepgaande bespreking/                     Maks. 26
Ondersoek/Bespreek krities/Ontleed (Analiseer)/Vergelyk/Evalueer/
Onderskei/Verduidelik/Assesseer/Debatteer

Addisionele gedeelte: Gee eie mening/Bespreek krities/Evalueer/                   Maks. 10
Evalueer krities/Teken 'n grafiek en verduidelik/Gebruik die gegewe
grafiek en verduidelik/Voltooi die gegewe grafiek/Bereken/Lei af/Vergelyk/
Verduidelik/Onderskei/Interpreteer/Debatteer kortliks/Hoe?/Stel voor
Slot
Enige hoërorde-slot behoort die volgende in te sluit:                             Maks. 2
• 'n Kort samevatting van dit wat bespreek is, sonder die herhaling van
     enige feite wat reeds genoem is
• Enige opinie of waardeoordeel oor die feite wat bespreek is
• Addisionele ondersteunende inligting wat die bespreking/ontleding
     versterk
• 'n Teenstrydige sienswyse met motivering, indien gevra
• Aanbevelings
TOTAAL                                                                                  40

VRAAG 5: MAKRO-EKONOMIE                                            40 PUNTE – 40 MINUTE

Die ekonomiesekringloop-model toon hoe die ekonomie deur die verskillende markte
werk.
•   Bespreek die rol van die verskillende markte in die ekonomiese kringloop sonder
    die gebruik van 'n diagram.                                           (26 punte)
•   Verduidelik die vermenigvuldigerbegrip met behulp van 'n goed benoemde grafiek.
                                                                          (10 punte)                [40]

VRAAG 6: EKONOMIESE STREWES                                        40 PUNTE – 40 MINUTE

Owerheidsoptrede moedig bedryfsondernemings en nuwe beleggings aan om
nywerheidsontwikkeling te versterk.
•   Bespreek Suid-Afrika se ruimtelike-ontwikkelingsinisiatiewe (ROI'e) en beklemtoon
    die inisiatiewe, doelwitte en nywerheidsontwikkelingsones (NOS's).      (26 punte)
•   Watter raad sal jy aan die regering gee om nywerheidsontwikkeling in Suid-Afrika
    te bevorder?                                                            (10 punte)              [40]

                                                                    TOTAAL AFDELING C:              40
                                                                        GROOTTOTAAL:                150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Economics P1 Nov 2016 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-nov-2016-memo-eng/e9d1075c-f676-4869-ad8a-64675b11fd49) — Economics · Memo · 2016 · Eng
- [Economics P1 Nov 2016 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-nov-2016-memo-afr/3ad593d6-e82a-49ec-ae58-d57f0e0ee936) — Economics · Memo · 2016 · Afr
- [Economics P2 Nov 2016 Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-nov-2016-afr/bc09b176-bf84-4ca4-9c47-fed330569164) — Economics · QP · 2016 · Afr
- [Grade 12 NSC Economics P1 10732 Preperatory 2016 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-economics-p1-10732-preperatory-2016-question-paper/8884cdb4-c823-4ba2-8a07-6b46ac43f95c) — Economics · QP · 2016
- [Economics P1 May June 2016 Eng](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-may-june-2016-eng/83674469-a609-4e4c-9c6e-c58ba94cbcac) — Economics · QP · 2016 · Eng
- [Economics P1 Feb March 2016 Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-feb-march-2016-afr/12b23949-5aee-491d-96a1-489f030f478b) — Economics · QP · 2016 · Afr

## More from Grade 12 Economics

- [Economics P2 Memo Afr watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-memo-afr-watermark/c9d66fa3-0b40-419d-a6f6-d862847d4e82) — Memo · 2025 · Afr
- [Economics P2 (English) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-english-june-2025-possible-answers/3df8bb66-2d0a-4b1b-89bf-509b303bfa3e) — Memo · 2025 · Eng
- [Economics P1 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-may-june-2025-mg-eng/f6c27985-fe67-48df-afba-d85bf5f76379) — Memo · 2025 · Eng
- [Economics P2 May-June 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-may-june-2025-mg-afr/4cc1190f-9c0a-43ea-98bc-3252875816a9) — Memo · 2025 · Afr
- [NW 12 ECONOMICS P2 QP ENG JUNE 2025](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-economics-2025-nw-june-exam-question-paper-paper-2-english/c80fc8cc-fc9d-44e9-a820-8736783a4556) — QP · 2025 · Eng
- [ECONOMICS QP.P1 GR 12 JUNE 2024 (Backup papers)](https://www.hlayiso.com/library/economics-qp-p1-gr-12-june-2024-backup-papers/cb8af277-aab9-4fba-8e76-5924dcaf1941) — QP · 2024

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
