# Economics Grade 12 P1 NSC November 2016 Memo (Afrikaans)

> Grade 12 Economics Paper 1 memorandum from the NSC November Exam 2016 (Afrikaans), 19 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-nov-2016-memo-afr/3ad593d6-e82a-49ec-ae58-d57f0e0ee936
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Economics
- Grade: Grade 12
- Document type: Memorandum
- Year: 2016
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 19

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/economics) › [Economics Grade 12 P1 NSC November 2016 Memo (Afrikaans)](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-nov-2016-memo-afr/3ad593d6-e82a-49ec-ae58-d57f0e0ee936)

## About this document

Economics · Grade 12 · NSC November Exam · 2016. Memorandum, 19 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                   1 GRAAD 12

                                  NASIONALE
                              SENIOR SERTIFIKAAT

                                     GRAAD 12

                                    EKONOMIE V1

                                  NOVEMBER 2016

                                   MEMORANDUM

PUNTE: 150

                       Hierdie merkriglyne bestaan uit 19 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                   2                             DBE/November 2016
                                      NSS – Memorandum

AFDELING A (VERPLIGTEND)

VRAAG 1

1.1      MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

         1.1.1        A – publieke 
         1.1.2        B – produk 
         1.1.3        C – parastatale 
         1.1.4        C – vryswewende 
         1.1.5        B – per capita-inkome 
         1.1.6        B – rentekoerse 
         1.1.7        A – verstedeliking 
         1.1.8        B – korridor                                                (8 x 2)         (16)

1.2      BYPASSENDE ITEMS

         1.2.1        F – wêreldwye interaksie van ekonomieë met handel as 'n
                          gemeenskaplike element 

         1.2.2        E – 'n handelsbeleid wat die produksie van plaaslik vervaardigde
                           goedere wat oorsee verkoop gaan word, aanmoedig 

         1.2.3        D – 'n algemene argument ten gunste van vryhandel 

         1.2.4        G – 'n owerheidstelsel wat reëls afkeur en vertragings
                          veroorsaak 

         1.2.5        A – die koers wat banke betaal om geld by die sentrale bank te
                          leen 

         1.2.6        H – meet pryse van plaaslik vervaardigde goedere op
                         fabrieksvlak 

         1.2.7        B – produkte wat in hul basiese vorm verhandel word, byvoorbeeld
                          steenkool en hout 

         1.2.8        C – strem die kognitiewe ontwikkeling van kinders            (8 x 1)         (8)

1.3      GEE DIE TERM

         1.3.1        Sakesiklusse 
         1.3.2        Amplitude 
         1.3.3        Ad valorem 
         1.3.4        Gelyke Indiensneming 
         1.3.5        Ruilvoet 
         1.3.6        Werkloosheid                                                  (6 x 1)        (6)
                      (Geen afkortings of voorbeelde word aanvaar nie)

                                                                 TOTAAL AFDELING A:                 30

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                      3                             DBE/November 2016
                                         NSS – Memorandum

AFDELING B

Beantwoord enige TWEE             van    die   drie   vrae   in   hierdie   afdeling   in   die
ANTWOORDEBOEK.

VRAAG 2: MAKRO-EKONOMIE

2.1      Beantwoord die volgende vrae.

         2.1.1       Noem TWEE tipes sakesiklusse.

                     •   Kitchin 
                     •   Jugler 
                     •   Kuznets 
                     •   Kondratieff                                                  (2 x 1)         (2)

         2.1.2       Hoe sal buitelandse direkte investering die Suid-Afrikaanse
                     ekonomie bevoordeel?

                     • Verskaf kapitaal aan nuwe besighede / uitbreiding van bestaande
                       sakeondernemings / toename in mededinging 
                     • Styging in inkomste/inkomste vir die besigheid of staat / groter
                       winste 
                     • Skep meer werksgeleenthede/verbeter die lewenstandaard 
                     • Verhoog ekonomiese groei 
                     • Diversifiseer die ekonomie / 'n groter verskeidenheid produkte
                     • Bring nuwe tegnologie en kennis in 
                       (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)          (1 x 2)              (2)

2.2      DATARESPONS

         2.2.1       Identifiseer TWEE indirekte belastings in die spotprent hierbo.

                     • Belasting op Toegevoegde Waarde (BTW) 
                     • Brandstofheffings 
                     • Sondebelasting                                                 (2 x 1)         (2)

         2.2.2       Noem die fiskale instrument wat deur die skaal in die spotprent
                     hierbo voorgestel word.

                     Belasting                                                                       (2)

         2.2.3       Watter verrassing word in die spotprent hierbo uitgebeeld?

                     Die Minister van Finansies het nie die inkomstebelasting en BTW
                     verhoog soos verwag is nie / maar die impak van die styging in
                     brandstofheffings en aksynsbelasting was soveel dat dit die feit dat
                     die eersgenoemde twee onveranderd gebly het, uitkanselleer 
                     (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                                 (2)

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                   4                           DBE/November 2016
                                      NSS – Memorandum

         2.2.4        Hoekom het die Minister van Finansies, na jou mening, besluit
                      om inkomstebelasting en BTW op dieselfde vlakke te hou?

                      • Te wyte aan stygende inkomstebelasting in 14/15 was 'n ekstra
                        las op belastingbetalers onnodig 
                      • Voorkom 'n negatiewe reaksie van die arbeidsmag wat
                        voortdurend hoër lone eis 
                      • BTW as 'n regressiewe tipe belasting, bly onveranderd om te
                        voorkom dat armes armer word 
                      • Voorkom 'n verlies aan inkomste deur belasting ontduiking en
                        ontmoedig mense om te werk 
                      • Stimuleer verbruiksbesteding en ekonomiese groei 
                        (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)     (2 x 2)            (4)

2.3      DATARESPONS

         2.3.1        Identifiseer die rede in die uittreksel waarom Suid-Afrika tot
                      hoenderinvoere vanaf die VSA ingestem het.

                      Suid-Afrikaners verbruik meer hoender as wat plaaslike produsente
                      kan voorsien / Plaaslike produsente sukkel om in die stygende
                      vraag te voorsien / Dit sal die AGOA handelsooreenkoms
                      vergemaklik                                                               (1)

         2.3.2        Noem die handelsinisiatief wat hierbo genoem word.

                      Wet op Groei en Geleenthede in Afrika (AGOA)                              (1)

         2.3.3        Beskryf die begrip storting ('dumping') kortliks.

                      Om goedere in 'n buitelandse mark te verkoop teen pryse wat laer
                      is as die produksiekoste in die land van oorsprong 
                      (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                          (2)

         2.3.4        Wat sal die uitwerking van bevolkingsgroei in Suid-Afrika op
                      hoenderinvoere vanaf die VSA wees?

                      'n Styging in die bevolking sal 'n styging in die vraag na
                      hoenderporsies uit die VSA veroorsaak en invoere sal styg 
                      (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                          (2)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                   5                           DBE/November 2016
                                      NSS – Memorandum

         2.3.5        Watter negatiewe invloed kan hierdie ooreenkoms op die
                      plaaslike pluimveebedryf hê?
                      • Die plaaslike pluimveebedryf mag verbruikersweerstand ervaar
                         teen die produk te wyte aan 'n swak kwaliteit invoerbesnoeiing /
                         skakel oor na die verbruik van 'n ander tipe vleis 
                      • Die plaaslike hoenderbedryf mag 'n ooraanbod van die produk
                         in sekere tye ondervind, wat tot laer pryse en 'n kleiner
                         inkomste in die bedryf kan lei 
                      • Plaaslike produsente verlaat die bedryf as gevolg van verliese
                         te wyte aan onregverdige mededinging / lae pryse / hoë
                         insetkoste 
                         (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)       (2 x 2)          (4)

2.4      Onderskei tussen eksogene benaderings en endogene benaderings tot
         sakesiklusse.
         Endogene benadering:
         • Dit oortuiging wat hier gehandhaaf word is dat ekonomiese groei primêr die
           gevolg is van endogene oorsake en nie eksterne kragte nie 
         • Dit staan as die Keynesiaanse siening bekend. 
         • Hierdie benadering volg die siening dat markte inherent onstabiel is 
         • en daarom owerheidsinmenging benodig 
         • Die prysmeganisme is nie in staat om vraag en aanbod op die markte te
           koördineer nie en dit gee aanleiding tot opswaaie en afswaaie 
         • Pryse is nie buigsaam genoeg nie  (bv. lone) 
         • 'n Sakesiklus is 'n inherente eienskap van 'n markekonomie 
         • Indirekte verbintenisse of diskoers tussen vraag en aanbod is normale
           eienskappe van die ekonomie                                        (Maks 4)
         Eksogene benadering:
         • Verwys na daardie onafhanklike faktore wat sakesiklusse kan beïnvloed en
            ontstaan buite die ekonomie 
         • Sekere ekonome glo dat sakesiklusse veroorsaak word deur eksogene
            faktore
         • Die monetariste glo dat markte inherent stabiel is 
         • Disekwilibrium word veroorsaak deur foutiewe beleide bv. die monetêre
            beleid 
         Die volgende is voorbeelde:
         • Weerstoestande en skokke veroorsaak op- en afswaaie 
         • Regerings behoort in die mark in te meng 
         • Sonvlek teorie word gebaseer op die oortuiging dat verhoogde sonbestraling
            veranderde weerpatrone veroorsaak 
         • Tegnologiese veranderinge 
            (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)
            ('n Maksimum van 1 punt word toegeken vir voorbeelde by elke benadering)
                                                                             (Maks 4)                   (8)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                 6                           DBE/November 2016
                                    NSS – Memorandum

2.5      Hoe kan invoere geteiken word om die tekort op die handelsbalans in
         Suid-Afrika te verklein?
         • Suid-Afrika kan invoervervanging gebruik as deel van hul internasionale
           handelsbeleid 
         • Tariewe kan gehef word op ingevoerde goedere, wat die pryse van
           ingevoerde goedere vir binnelandse verbruikers verhoog, en wat daartoe sal
           sal lei dat die vraag na invoere verskuif na 'n vraag na binnelandse produkte
            bv. doeaneregte, ad valorem tariewe, spesifieke tariewe 
         • Kwotas kan gehef word om die invoer van goedere te verminder 
         • Subsidies mag relatiewe hoë koste binnelandse sakeondernemings in staat
           stel om meer doeltreffende buitelandse mededingers in die plaaslike mark uit
           te skakel 
         • Deur wisselkoersbeheer kan die owerheid invoere verminder en die
           hoeveelheid buitelandse valuta beskikbaar stel vir dié wat wil invoer 
         • Fisiese beheer mag 'n totale verbod of embargo op die invoer van sekere
           goedere uit 'n sekere land daarstel 
         • Handel kan elders aangewend word deur monetêre deposito's, tydrowende
           doeaneprosedure en hoë kwaliteit standaarde ingestel om die invoer van
           goedere te bemoeilik                                                (Maks 8)      (8)
                                                                                               [40]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                    7                          DBE/November 2016
                                       NSS – Memorandum

VRAAG 3: EKONOMIESE STREWES
3.1      Beantwoord die volgende vrae.
         3.1.1        Noem TWEE sosiale aanwysers wat met inkomsteverdeling
                      verband hou.

                      •   Lorenz-kromme 
                      •   Gini-koëffisiënt 
                      •   Kwintielverhouding 
                      •   Koptellingsindeks 
                      •   Menslike Ontwikkelings Indeks (MOI) 
                      •   Armoede lyn / armoedegaping                             (2 x 1)         (2)
                          (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)
         3.1.2        Hoe kan deregulering Suid-Afrika se sakesektor bevoordeel?

                      • Bied geleenthede vir besighede wat voorheen uitgesluit was om
                         deel te vorm van die formele ekonomie/Help met die toetrede
                         van nuwe ekonomiese spelers in die ekonomie / Meer
                         besighede (meer kompetisie) bevoordeel die sakesektor /
                         doeltreffenheid van besighede sal verbeter 
                      • Voorsien maklike toegang tot markte 
                      • Vereenvoudig administratiewe prosesse/rompslomp / besighede
                         het nou direkte interaksie met verbruikers sonder
                         staatsinmenging
                      (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)        (1 x 2)             (2)
3.2      DATARESPONS
         3.2.1        Identifiseer enige TWEE vorige strategieë in die inligting
                      hierbo wat gebruik is om ekonomiese groei in Suid-Afrika te
                      bevorder.
                      • GEAR – Groei, Werkverskaffing en Herverdeling 
                      • NGP – Nuwe Groeiplan 
                      • NSDS – Nasionale Vaardigheidsontwikkelingstrategie 
                                                                        Enige (2 x 1)              (2)

         3.2.2        Noem die hoofdoel van die NOP.
                      Dit verskaf 'n padkaart aan die owerheid tot 2030 /
                      armoedeverligting / ekonomiese groei / ekonomiese transformasie /
                      volhoubare werksgeleenthede / inkome verspreiding 
                      (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                            (2)
         3.2.3        Watter negatiewe invloed sal die NOP op die belastingbetalers
                      hê?
                      Vir die implementering van die NOP sal die staat toenemend meer
                      inkomste nodig hê – meer en hoër belasting sal benodig word                (2)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                    8                         DBE/November 2016
                                       NSS – Memorandum

         3.2.4        Hoe suksesvol sal die implementering van die NOP, na jou
                      mening, in die Suid-Afrikaanse ekonomie wees?
                      Die implementering van NOP sal suksesvol wees a.g.v. die
                      volgende redes:
                      • 'n Goeie vordering is gemaak sedert 2014 in die konstruksie
                         van hernubare energiebronne  bv. sonplase en windplase 
                      • Lewenstandaard mag verbeter wat armoedevlakke sal
                         verlaag  bv. behuising, sosiale toelaes 
                                                   EN / OF
                      Die implementering van NOP sal nie suksesvol wees a.g.v. die
                      volgende redes:
                      • Sedert 2014 was daar nog geen verbetering in die
                         werkloosheidskoers     nie    en    hierdie  scenario   mag
                         voortduur  bv. werkloosheid mag selfs toeneem 
                      • Die gaping tussen ryk en arm mag verder vergroot 
                      • Die volgende teikens aangedui in die NOP sal moeilik
                         bereikbaar wees: 'n ekonomiese groeikoers van 5% (tans 0,8%)
                         werkskepping van 5 miljoen per jaar 
                      (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                         (4)

3.3      DATARESPONS

         3.3.1        Wat het tussen 1996 en 2015 met die lewenstandaard van
                      Suid-Afrikaners gebeur?

                      Dit het verbeter                                                         (1)

         3.3.2        Identifiseer 'n element van die Menslike-ontwikkelingsindeks
                      (MOI) in die inligting hierbo.

                      Lewenstandaard                                                           (1)

         3.3.3        Wat kan die regering doen om die gehalte van dienslewering
                      nog verder te verbeter?

                      Die owerheid behoort:
                      • rekenpligtigheid te aanvaar en rekenskap lewer vir hul optrede
                         en uitgawes 
                      • doeltreffendheid te verbeter deur vaardige, hoogs opgeleide
                         mense aan te stel en korrupsie te stop 
                      • te funksioneer volgens die markkragte 
                      • daardie korporasies te privatiseer wat nie winsgewend is nie
                         
                      • behoeftes van mense te assessering 
                      • korrupsie te stop / voorkom nepotisme / swak bestuur 
                      • beskikbare bronne meer doeltreffend te gebruik bv.
                         begrotings
                      • deursigtigheid deur konsultasie te beoefen 
                      (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)
                                                                          Enige (1 x 2)         (2)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                   9                           DBE/November 2016
                                      NSS – Memorandum

         3.3.4        Hoe     kan  die   privaatsektor   deur   openbare-privaat
                      vennootskappe betrokke raak om die pogings van die regering
                      te versterk?

                      Die privaatsektor kan:
                      • verantwoordelikheid aanvaar vir 'n skoon omgewing (straat en
                         sypaadjie) om die werkslading van munisipaliteite te
                         verminder 
                      • die vaardighede van hul werksmag verbeter deur
                         indiensopleiding sonder enige koste vir tersiêre opleiding deur
                         die owerheid 
                      • verskeie inisiatiewe aan die owerheid bied en daarvoor betaal
                         om die toestand van die omgewing te verbeter, en so die staat
                         se betrokkenheid en verantwoordelikheid te verminder  Bv.
                         Korporatiewe Maatskaplike Investering 
                      (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)
                                                                           Enige (1 x 2)         (2)

         3.3.5        Hoe kan toegang tot die arbeidsmark, na jou mening,
                      toekomstige verbetering in lewenstandaarde aandryf?

                      Die volgende kan die toetrede tot die arbeidsmark verbeter wat
                      gemik is op beter lewenstandaarde:
                      • 'n Beter basiese onderrigstandaard sal die vaardighede
                         verbeter wat nodig is om die nywerhede oor die algemeen te
                         verbeter  bv. bou en konstruksie, toerisme, gesondheid,
                         dienslewering 
                      • Behoorlike opleiding sal verseker dat meer mense toegang
                         verkry tot die arbeidsmark, omdat hulle in staat sal wees om
                         inisiatief en oorspronklikheid te bied en om die besigheid
                         mededingend te hou in 'n vinnig veranderende mark 
                      (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) Enige (2 x 2)            (4)

3.4      Bespreek groei en handel kortliks as uitdagings van globalisering wat
         ontwikkelende lande in die gesig staar.

         Groei
         • Ondoeltreffende bestuur lei tot 'n ondoeltreffende toeken van hulpbronne
           
         • Dit lei tot lae vlakke van produksie en gevolglike lae vlakke in ekonomiese
           groei                                                             (Maks 4)
         Handel
         • Ryk lande subsidieer produksie en maak dit moeilik vir armer /
            ontwikkelende lande om mee te ding / baie ontwikkelende lande voel hulle
            word gemarginaliseer 
         • Hierdie lande moet lae pryse teen relatief hoë insetkoste aanvaar 
         (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                   (Maks 4)            (8)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                               10                          DBE/November 2016
                                   NSS – Memorandum

3.5      Hoe voldoen Suid-Afrika aan verskillende internasionale liggame wat
         vereis dat hulle aanwysers gestandaardiseer moet word?

         • IMF  Suid-Afrika se jaarlikse begrotingsoorsig word in terme van die OFS
           (Owerheidsfinansiering Statistieke) saamgestel wat fokus op publieke
           finansiële rekeningkunde 
         • Wêreldbank  Vereis van lande om verslag te lewer oor verskeie
           ekonomiese- en sosiale aanwysers waaraan Suid-Afrika voldoen 
           Hierdie aanwysers word versamel en gepubliseer deur die Wêreldbank
           groep van instellings in die Wêreld Ontwikkelingsaanwysers en die Afrika
           Ontwikkelingsaanwysers  Dit help die Wêreldbank om te bepaal
           hoeveel lenings beskikbaar gestel moet word aan lande vir ontwikkelings-
           doeleindes 
         • Verenigde Nasies  Suid-Afrika stem ooreen met die VN stelsel in die
           samestelling van hul nasionale rekeninge bv. BBP statistiek  Die
           Verenigde Nasies is die bes moontlike riglyn van ekonomiese aanwysers
           in die VN Stelsel van Nasionale Rekeninge (SNR)  dit stel die IMF in
           staat om te besluit hoeveel beskikbaar gestel moet word om die
           betalingsbalanstekort reg te stel                             Maks (8)          (8)
                                                                                             [40]

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                  11                           DBE/November 2016
                                      NSS – Memorandum

VRAAG 4: MAKRO-EKONOMIE EN EKONOMIESE STREWES

4.1      Beantwoord die volgende vrae.

         4.1.1        Gee TWEE redes vir openbaresektor-mislukking.

                      •   Bestuursmislukking 
                      •   Apatie 
                      •   Gebrek aan motivering 
                      •   Burokrasie 
                      •   Politici 
                      •   Strukturele swakhede 
                      •   Spesiale belangegroepe                                 (2 x 1)        (2)

         4.1.2        Hoe sal 'n daling in uitvoerpryse ons land se ruilvoet
                      beïnvloed?

                      Dit sal negatief beïnvloed word omdat ons inkomste ontvang uit
                      uitvoere, sal daal 
                      (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)         (1 x 2)          (2)

4.2      DATARESPONS

         4.2.1        Watter mark word in die grafiek hierbo uitgebeeld?

                      Buitelandse valutamark / Valutamark                                       (1)

         4.2.2        Watter uitwerking het die verskuiwing in die vraagkurwe op die
                      prys van dollars?

                      Die prys van dollars sal styg/appresieer                                  (1)

         4.2.3        Beskryf die term wisselkoers kortliks.

                      Die prys van een geldeenheid uitgedruk in terme van 'n ander
                      geldeenheid                                                              (2)

         4.2.4        Wat sal die uitwerking van die nuwe prys vir dollars op
                      uitvoerhandel tussen Suid-Afrika en die Verenigde State
                      wees?

                      Uitvoere van Suid-Afrikaanse sal toeneem / Meer SA goedere kan
                      gekoop word teen dieselfde prys te danke aan die depresiasie van
                      die rand / appresiasie van die dollar                                    (2)

         4.2.5        Verduidelik hoe 'n toename in die getal VSA-toeriste na Suid-
                      Afrika die waarde van die rand sal beïnvloed.

                      • Meer VSA toeriste in Suid-Afrika skep 'n hoër vraag na die ZAR
                        / die aanbod van dollars sal styg 
                      • Dit sal lei tot 'n styging in die waarde van die rand  (2 x 2)         (4)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                   12                            DBE/November 2016
                                       NSS – Memorandum

4.3      DATARESPONS

         4.3.1        Gee TWEE faktore uit die uittreksel wat tot die swak prestasie
                      van die Suid-Afrikaanse ekonomie bygedra het.
                      •   'n Insinking in kommoditeitspryse 
                      •   Al swakker vraag uit China 
                      •   Droogte 
                      •   Daling in die waarde van die rand                 Enige (2 x 1)          (2)

         4.3.2        Wanneer is 'n land amptelik in 'n resessie?

                      As 'n land 'n negatiewe ekonomiese groeikoers vir twee agtereen-
                      volgende kwartale beleef                                                    (2)

         4.3.3        Watter invloed sal 'n afgradering            van   Suid-Afrika     se
                      kredietgradering op sy ekonomie hê?
                      • 'n Afgradering impliseer 'n groter risiko vir beleggers wat mag lei
                         tot 'n styging in rentekoerse 
                      • Die feit dat Suid-Afrika baie hoë skuldvlakke het, impliseer hoë
                         rentekoerse wat 'n definitiewe impak op die laer
                         inkomstegroepe sal hê, wat nie goedere en dienste kan
                         bekostig nie 
                      • Daar sal minder geld beskikbaar wees vir besteding, wat meer
                         druk op die begroting sal plaas; die belastingbetaler en
                         welsynstoelaes en infrastruktuurontwikkeling 
                      • 'n Swak kredietgradering mag armoede verhoog wat 'n laer
                         lewenstandaard sal dryf en mag lei tot 'n resessie 
                      (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                             (2)

         4.3.4        Na jou mening, wat kan die regering doen om die sakesiklus
                      te stabiliseer?

                      • Die regering kan betrokke raak by die effening (gladstryking)
                         van siklusse deur monetêre en fiskale beleidsmaatreëls 
                      • Die owerheid kan aanbod en vraagkantbeleide toepas om pryse
                         te stabiliseer 
                      • Die owerheid mag optree en die totale vraag beïnvloed wat
                         verbruiksbesteding sal stimuleer 
                      • Die owerheid mag ook maatreëls aanwend om die vlak van
                         totale aanbod te beïnvloed wat sal lei tot 'n styging in
                         binnelandse produksie en laer inflasiedruk      Enige (2 x 2)            (4)
                      (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                13                           DBE/November 2016
                                    NSS – Memorandum

4.4      Bespreek kortliks enige TWEE argumente ten gunste van privatisering.

         • Privatisering verseker addisionele fondse (inkomste)vir die staat  dit sal
           help om staatsbeheerde ondernemings in stand te hou en te bestuur 
         • Verbreed die belastingbasis  wat meer inkomste vir die staat skep 
         • Private ondernemings is meer doeltreffend as publieke ondernemings 
           die winsmotief in die privaatsektor verseker dat besighede doeltreffend
           teen die laags moontlike prys funksioneer  SBI's is burokraties,
           ondoeltreffend, reageer nie op verbruikers se behoeftes nie, word swak
           bestuur, nie kratief nie met lae vlakke van produktiwiteit 
         • Privatisering trek meer buitelandse beleggers na Suid-Afrika  kapitaal,
           vaardighede, tegnologie en buitelandse valuta vloei die land in 
         • Privatisering verlig die druk uit die begroting  tekorte op die begroting
           sal afneem 
         • Bevorder swart ekonomiese bemagtiging  aandele iin publieke
           maatskappye word aan swart entrepreneurs beskikbaar gestel 
                                                                          Enige (2 x 4)         (8)

4.5      Hoe sal subsidies uitvoergeoriënteerde besighede negatief beïnvloed?

         • Deur sekere nywerhede te subsidieer, word kapitaal en entrepreneurs-
           talente weggetrek van ander besighede wat 'n groter komparatiewe
           voordeel geniet 
         • Subsidies verlaag die totale produksiekoste wat aan besighede 'n vals
           aanduiding gee van die werklike prys (verwronge pryse) 
         • Plaaslike produksie kan ondoeltreffend wees, plaaslike produsente
           beskerm word teen oorsese mededinging 
         • Besighede wat te afhanklik raak van subsidies, sal nie in staat wees om te
           oorleef sodra subsidies onttrek word nie 
         • Subsidies stel besighede in staat om laer pryse te vra, wat ander
           kompeterende uitvoernywerhede uit die mark hou 
         • Ander lande kan tariewe instel op gesubsidiseerde produkte vanaf ander
           lande om hul eie nywerhede te bevoordeel                        (Maks 8)           (8)
                                                                                                [40]

                                                              TOTAAL AFDELING B:                80

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                    14                              DBE/November 2016
                                        NSS – Memorandum

AFDELING C

Beantwoord enige EEN             van   die    twee    vrae   in   hierdie    afdeling    in   die
ANTWOORDEBOEK.

Jou antwoord sal soos volg geassesseer word:

                                                                               PUNTE-
                      STRUKTUUR VAN OPSTEL
                                                                             TOEKENNING
Inleiding                                                                        Maks. 2
Liggaam
Hoofgedeelte: Bespreek in besonderhede/Diepgaande bespreking/                    Maks. 26
Ondersoek/Bespreek krities/Ontleed (Analiseer)/Vergelyk/Evalueer/
Onderskei/Verduidelik/Assesseer/Debatteer

Addisionele gedeelte: Gee eie mening/Bespreek krities/Evalueer/                  Maks. 10
Evalueer krities/Teken 'n grafiek en verduidelik/Gebruik die gegewe
grafiek en verduidelik/Voltooi die gegewe grafiek/Bereken/Lei af/Vergelyk/
Verduidelik/Onderskei/Interpreteer/Debatteer kortliks/Hoe?/Stel voor
Slot
Enige hoërorde-slot behoort die volgende in te sluit:                            Maks. 2
• 'n Kort samevatting van dit wat bespreek is, sonder die herhaling van
     enige feite wat reeds genoem is
• Enige opinie of waarde-oordeel oor die feite wat bespreek is
• Addisionele ondersteunende inligting wat die bespreking/ontleding
     versterk
• 'n Teenstrydige sienswyse met motivering, indien gevra
• Aanbevelings
TOTAL                                                                               40

VRAAG 5: MAKRO-EKONOMIE

Die ekonomiesekringloop-model toon hoe die ekonomie deur die verskillende
markte werk.
• Bespreek die rol van die verskillende markte in die ekonomiese kringloop
  sonder die gebruik van 'n diagram.                                 (26 punte)
• Verduidelik die vermenigvuldigerbegrip met behulp van 'n goed benoemde
  grafiek.                                                           (10 punte)                        [40]

INLEIDING
• Die ekonomiese kringloopmodel is 'n vereenvoudigde aanbieding van die interaksie
  tussen die deelnemers in die ekonomie  /
• Markte koördineer ekonomiese aktiwiteite en bepaal pryse vir goedere en
  dienste 
  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                       (Maks 2)
HOOFDEEL
Goedere/Dienste/Uitsetmarkte 
Hierdie is markte vir die verbruiker se goedere en dienste 

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                               15                          DBE/November 2016
                                   NSS – Memorandum

In ekonomie word 'n onderskeid gemaak tussen goedere en dienste:

•   Goedere word gedefinieer as verbruikbare items soos kos, klere en motors wat
    sommige menslike behoeftes bevredig 
•   Koop en verkoop van goedere wat geproduseer word op markte bv.
    - Kapitaalgoederemark vir die verhandeling van geboue en masjinerie 
    - Verbruiksgoederemark vir die verhandeling van duursame verbruiksgoedere,
       semi-duursame verbruiksgoedere en nie-duursame verbruiksgoedere 
•   Dienste word gedefinieer as nie-tasbare goedere en sluit groot- en kleiinhandel,
    vervoer en finansiële markte in 

Faktor/Hulpbron/Insetdienste 
• Huishoudings verkoop produksiefaktore op die markte: huur vir natuurlike
   hulpbronne, lone vir arbeid, rente vir kapitaal en wins vir entrepreneurskap 
• Die faktormark sluit die arbeid, eiendom en finansiële markte in 

Finansiële markte: 
• Hulle is nie direk betrokke in die produksie van goedere en dienste nie, maar dien
    as 'n verbintenis tussen huishoudings, die sakesektor en ander deelnemers met
    surplusfondse 
• Bv. banke, versekeringsmaatskappye en pensioenfondse 

Geldmarkte 
• In die geldmark, word korttermynleninge en baie korttermynfondse gespaar en
   geleen deur verbruikers en sakeondernemings 
• Produkte word verkoop op hierdie mark bv. bank obligasies, skatkiswissels en
   staatsobligasies 
• SARB is die sleutelinstelling in die geldmark 

Kapitaalmarkte 
• In die kapitaalmark word langtermynfondse geleen en gespaar deur verbruikers en
  sakeondernemings 
• Die Johannesburg Effektebeurs is 'n sleutelinstelling in die kapitaalmark 
• Produkte wat op hierdie markte verkoop word is verbandlenings en aandele 

Buitelandse valutamarkte 
• Op die buitelandse valutamark koop/verkoop besighede buitelandse valuta om vir
   ingevoerde goedere en dienste te betaal 
• Hierdie transaksies kom voor in banke en bestaan uit 'n elektroniese geldoordrag
   van een rekening na 'n ander 
• Die mees belangrike buitelandse valutamarkte is in Londen/New York/Tokio 
• Die SA Rand word vryelik op hierdie markte verhandel  bv. as 'n persoon
   reisigerstjeks koop om oorsee te reis 

Vloeie 
• Vloeie van private en publieke goedere en dienste is reële vloeie en dit loop saam
   met vloeie van besteding en belasting in die teenboorgestelde rigting 
• Faktordienste is reële vloeie en loop saam met vloeie van inkome in die teenoor-
   gestelde rigting 
• Invoere en uitvoere is reële vloeie en loop saam met vloeie van inkomste en
   besteding in die buitelandse valutamark                              Maks (26)

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                      16                             DBE/November 2016
                                          NSS – Memorandum

 As kandidate SLEGS EEN MARK bespreek het, - 'n maksimum van 14 punte
 As kandidate slegs TWEE MARKTE bespreek het - 'n maksimum van 20 punte
 As kandidate DRIE OF MEER markte bespreek het - 'n maksimum van 26 punte.

 Ken 'n maksimum van 8 PUNTE toe vir laer orde elemente, wat opskrifte, sub-
 opskrifte en voorbeelde insluit.

ADDISIONELE DEEL

Verduidelik die vermenigvuldigerbegrip met behulp van 'n volledig benoemde
grafiek.

       Besteding (Rm) 
                                                                     C2
                                                        B

                                                        

              50
                                                                    C1 
                                                                   PUNTETOEKENNING VIR
                                                                         GRAFIEK:

                                                                Benoem van asse       = 1 punt
                                    A                           Benoem op asse        = 1 punt
                                                                C1 / C2               = 1 punt
              20                                                45°-lyn               = 1 mark
                                                                Verandering in Y en E = 1 punt elk
                                          
                                                                                    MAKS 6 PUNTE
                          45°
                                                                            
                                    300                 700   Inkome (m.)

• Die vermenigvuldiger beskryf die feit dat verandering in besteding 'n impak het op
  inkome wat groter is as die oorspronklike verandering in besteding 
• Besteding styg van 20 tot 50 (besteding verander met 30) wat 'n styging in inkomste
  van 300 tot 700 veroorsaak (Inkome verander met 400)
• ∆ Y / ∆ J = 400 / 30 = 13.3 
• Dus sal daar vir elke R1 toename in besteding 'n inkomste styging van R13,30
  wees                                                                     Maks (6)
                                                                              (Max 10)

SLOT

Markte is krities belangrike instellings in ons ekonomiese stelsel, omdat hulle vraag en
aanbod reguleer en prysstabiliteit verseker asook algemene sakevertroue Maks (2)                     [40]

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                              17                         DBE/November 2016
                                  NSS – Memorandum

VRAAG 6: EKONOMIESE STREWES

Owerheidsoptrede moedig werksaamhede en nuwe beleggings aan, wat
nywerheidsontwikkeling versterk.

• Bespreek Suid-Afrika se ruimtelike-ontwikkelingsinisiatiewe (ROI's) en
  beklemtoon die inisiatiewe, doelwitte en nywerheidsontwikkelingsones
  (NOSé).                                                           (26 punte)
• Watter raad sal jy aan die regering gee om nywerheidsontwikkeling in Suid-
  Afrika te bevorder?                                               (10 punte)

INLEIDING

Streeksontwikkeling verwys na beleide wat gerig is op 'n styging in ekonomiese
toestande in spesifieke gebiede of streke 
(Enige ander relevante inleiding)                                      Maks (2)

HOOFDEEL

Ruimtelike Ontwikkelingsinisiatiewe

• ROI is 'n beleid wat volhoubare nywerheidsontwikkeling bevorder in gebiede waar
  armoede en werkloosheid op hul hoogste is 
• Dit kan gedefinieer word as 'n verbintenis tussen belangrike ekonomiese hawes en
  streke in 'n land 
• Die bedoeling was om die ROI's maksimaal te laat groei deur privaat sektor
  investering 
• Die regering wil inwaartse investering vergroot deur die toekenning van
  aansporings 
• Die Publieke/Private Vennootskappe bevorder die ekonomiese potensiaal van
  onderontwikkelde gebiede 
• In 'n PPV kan 'n private besigheid die kapitaal verskaf om die fabriek te bou,
  grondstowwe te koop en arbeid in diens te neem, terwyl die owerheid die kapitaal
  voorsien vir die infrastruktuur  bv. paaie en water 
• Daar is twee tipes PPV's wat verskillend vergoed word: eenheidsbetalings en
  verbruikersfooie 
• Die ROI behels 'n interdepartementele beleggingstrategie wat deur die DHN en
  Departement van Vervoer (DOT) gelei word 
Doelwitte van Ruimtelike Ontwikkelingsinisiatiewe
• Ontwikkel fisiese infrastruktuur soos paaie en hawens 
• Stimuleer ekonomiese aktiwiteite in die onderontwikkelde gebiede 
• Skep werken stimuleer ekonomiese groei in onderontwikkelde gebiede 
• Ontwikkel inherente ekonomiese potensiaal in die onderontwikkelde gebiede 
• Lok private sektor en buitelandse direkte investering (BDI) 
• Stig Publieke Private Vennootskappe (PPV) 

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                  18                         DBE/November 2016
                                      NSS – Memorandum

Korridors 
• Dis ruimtelike gebiede wat spesifieke voordele aan die mynbou, vervaardiging en
   ander besighede bied 
• Die voordele sluit die bestaande infrastruktuur en die spesialisasie van produkte of
   dienste in 
• Hierdie korridors is ontwikkelingsgebiede binne Suid-Afrika en is die
   ontwikkelingsprioriteite van alle ontwikkelingsagentskappe 
• Die DHN verskaf hulp ter ondersteuning van die ontwikkelingskorridors 
• Bv. Maputo korridor begin in Gauteng en uitbrei deur Mpumalanga na die Maputo
   hawe 
 Die bostaande bespreking sluit in:
     • die inisiatiewe en
     • doelwitte van die ROI’s
     • en Korridors.                                                     (Maks 18)

Nywerheidsontwikkelingsones (NOS'e)
• Dis doelwit-geboude nywerheidsparke, fisies omhein en verbind aan 'n hawe of
  lughawe 
• Dis belastingvrye invoergebiede 
• Hierdie strategie is gerig daarop om uitvoere meer internasionaal mededingend te
  maak 
• Hulle fokus op werkskepping en bevordering van uitvoere 
• Die idee is dat goedere geproduseer in hierdie sones uitgevoer behoort te word na
  die buiteland 
• Omdat dienste van buite verskaf word, moet die ekonomie in hierdie areas
  gestimuleer word 
• 'n NOS bied 'n wêreldklas infrastruktuur, geniet 'n zerokoers BTW op voorrade van
  Suid-Afrikaanse bronne en verlaagde belasting op sommige produkte 

Spesiale Ekonomiese Sones
• Dit skep 'n basis vir 'n breër verskeidenheid nywerheidsparke en verskaffing van
  ekonomiese infrastruktuur om indiensneming te bevorder 
• Dit was bekendgestel a.g.v. die beperkinge van die NOSé en hoef nie aan 'n hawe
  of lughawe verbind te word nie 
• NOS'is slegs geskep vir uitvoernywerhede terwyl die SESé voorsiening maak vir
  uitvoere en binnelandse verbruik 
• Geografies geteikende gebied waar spesifieke ekonomiese aktiwiteite geïdentifiseer
  is om te ontwikkel 
• Hierdie gebiede kan aansporings soos belastingafslag geniet  bv. 15%
  aansporing om nuwe nywerhede te lok 

  Die bostaande bespreking sluit in:
  • NOSé
  • en SESé                                                      (Maks 14)
  Ken ‘n maksimum van 8 PUNTE toe vir laer orde elemente, wat opskrifte, sub-
  opskrifte en voorbeelde insluit.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                               19                          DBE/November 2016
                                   NSS – Memorandum

  Punte moet ook toegeken word vir die volgende: Kleinsake Ondersteunings-
  program, Seda Tegnologie Program, Vaardigheidsontwikkelingsprogram,
  Kritiese Infrastruktuurprogram, Doeanevrye aansporings, Buitelandse
  Investeringsaansporings, Dienste aan Sakeprosesse, Strategies Geïntegreerde
  Projekte, Infrastruktuurplan, Buitelandse Direkte Investering.

ADDISIONELE DEEL

Die staat word geadviseer om:
• aansporings te bied aan binnelandse en buitelandse entrepreneurs om nuwe
   besighede in Suid-Afrika op te rig 
• aansporings te betaal wat 'n beleggingsvriendelike omgewing skep vir buitelandse
   direkte investering om in die land in te vloei 

   Wat die owerheid kan doen om nywerheidsontwikkeling te bevorder:
   -  Verskaf belastingaansporings en verligting vir jong nywerhede 
   -  Ontwikkel 'n verbruikersvriendelike arbeidsregime vir die land wat beide
      werkgewer-werknemer sensitief is terwyl groei en ontwikkeling terselfdertyd
      bevorder word 
   - Verskaf befondsingskemas vir nuwe besighede as ondersteuning tot groei en
      ontwikkeling 
   - Verskaf vaardigheidsontwikkelingsprogramme en bied kontanttoelaes as
      aansporings aan dié wie betrokke is in hierdie kapasiteit ontwikkelings-
      programme 
   - Kritieke Infrastruktuur Fasiliteite (KIF) – die owerheid spesifiseer finansiële
      aansporings in die vorm van 'n kontanttoelae van tot 50% op groot
      ondernemings wat kritieke infrastruktuur soos paaie, elektrisiteit en
      suiweringsdienste benodig 
• Al hierdie aansporings is gerig op aanmoediging in die ontwikkeling van besighede
   om die staat se poging om nywerheidsontwikkeling te bevorder, te ondersteun 
  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                        (Maks 10)

SLOT

Ondanks al die pogings van die owerheid, is dit belangrik om 'n vinniger groei in
hierdie ekonomiese terrein te ervaar, en is daar steeds te veel arm mense in Suid-
Afrika sonder werk. Die nywerheidsektor is geoormerk as 'n veiligheidsnet vir die
miljoene werklose mense in die landelike gebiede. 
(Aanvaar enige ander relevante antwoord)                                 Maks (2)         [40]

                                                            TOTAAL AFDELING C:            40
                                                                GROOTTOTAAL:              150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Economics P1 Nov 2016 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-nov-2016-memo-eng/e9d1075c-f676-4869-ad8a-64675b11fd49) — Economics · Memo · 2016 · Eng
- [Economics P2 Nov 2016 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-nov-2016-memo-eng/508d2e06-2851-499d-9d6f-83894f520210) — Economics · Memo · 2016 · Eng
- [Economics P2 Nov 2016 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-nov-2016-memo-afr/b4dfb506-dfe9-4930-b505-6849623db422) — Economics · Memo · 2016 · Afr
- [Economics P1 Feb March 2016 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-feb-march-2016-memo-afr/d318adc0-9a71-42ee-8d3c-8ece9ec3be5e) — Economics · Memo · 2016 · Afr
- [Economics P1 Nov 2019 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-nov-2019-memo-afr/5356311e-5173-4723-8d25-e9cf4c6c6da0) — Economics · Memo · 2019 · Afr
- [Economics P1 Nov 2018 FINAL Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-nov-2018-final-memo-afr/163f0388-17fe-4dcb-90ce-35973b4ce181) — Economics · Memo · 2018 · Afr

## More from Grade 12 Economics

- [MTG Economics Afr](https://www.hlayiso.com/library/mtg-economics-afr/9848e5ba-3f16-47f5-8714-26d23f3a8bf5) — Guide · Afr
- [ECONOMICS P2 GR12 QP JCT 2025 AFR D watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-gr12-qp-jct-2025-afr-d-watermark/3dba3588-624d-493b-bc60-00d7e2783cae) — QP · 2025 · Afr
- [Economics Grade 12 NSC P1 QP September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-12-nsc-p1-qp-september-2025-free-state/4def59dd-ebf4-4191-89e7-2b6d4609d6cc) — QP · 2025
- [Economics Grade 12 NSC P1 QP September 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-12-nsc-p1-qp-september-2025-mpumalanga/5449d7a4-548e-416d-91b4-1da462710798) — QP · 2025
- [Economics Grade 12 NSC P2 QP September 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-12-nsc-p2-qp-september-2025-mpumalanga/efbb0e99-1236-496b-bc64-5b31b3784493) — QP · 2025
- [Economics P1 May-June 2025 Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-may-june-2025-afr/e9c77643-7f83-42e3-b28d-cf84e96050ca) — QP · 2025 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
