# Economics Grade 12 P1 NSC November 2017 Question Paper (Afr)

> Grade 12 Economics Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2017 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-nov-2017-afr/48efcc35-8633-4ec0-8862-da6aaffb31b1
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Economics
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2017
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 12

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/economics) › [Economics Grade 12 P1 NSC November 2017 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-nov-2017-afr/48efcc35-8633-4ec0-8862-da6aaffb31b1)

## About this document

Economics · Grade 12 · NSC November Exam · 2017. Question paper, 12 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                 NASIONALE
                                  NATIONAL
                             SENIOR SERTIFIKAAT
                                    CERTIFICATE

                                      GRAAD
                                      GRADE 12

                         ECONOMICS
                            EKONOMIE
                                   PAPER
                                      V1 1
                 MACROECONOMICS & ECONOMIC PURSUITS
                           NOVEMBER
                             MARCH 2016
                                     2017

PUNTE: 150

TYD: 2 uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                  2                       DBE/November 2017
                                            NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Beantwoord VIER vrae soos volg in die ANTWOORDEBOEK:

         AFDELING A: VERPLIGTEND
         AFDELING B: Beantwoord TWEE van die drie vrae.
         AFDELING C: Beantwoord EEN van die twee vrae.

2.       Beantwoord slegs die vereiste getal vrae. Addisionele antwoorde sal NIE
         nagesien word NIE.

3.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik is.

4.       Skryf die vraagnommer boaan elke antwoord neer.

5.       Lees die vrae aandagtig deur.

6.       Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.

7.       Laat 2–3 reëls tussen onderafdelings van vrae oop.

8.       Beantwoord die vrae in volsinne en maak seker dat die formaat, inhoud en
         konteks van jou antwoorde aan die kognitiewe vereistes van die vrae voldoen.

9.       Gebruik slegs swart of blou ink.

10.      Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

11.      Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                      3                         DBE/November 2017
                                                NSS

AFDELING A (VERPLIGTEND)

VRAAG 1                                                          30 PUNTE – 20 MINUTE

1.1      Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
         Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer
         (1.1.1–1.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.9 D.

         1.1.1        In 'n ekonomie waar inspuitings lekkasies oorskry, sal die ...

                      A    produksie van goedere en dienste daal.
                      B    nasionale inkome styg.
                      C    nasionale inkome daal.
                      D    bruto waarde toegevoeg tydens produksie, daal.

         1.1.2        Langtermynfondse word geleen of gespaar op die ...-mark.

                      A    kapitaal
                      B    geld
                      C    buitelandse valuta
                      D    goedere

         1.1.3        Goedere en dienste wat die gemeenskap bevoordeel, word ...
                      goedere genoem.

                      A    nie-meriete-
                      B    skadelike
                      C    gemeenskaps-
                      D    meriete-

         1.1.4        Ekonomiese integrasie waar lidlande op 'n gemeenskaplike
                      ekonomiese beleid ooreenkom, word 'n ... genoem.

                      A    vryhandelgebied
                      B    doeane-unie
                      C    ekonomiese unie
                      D    gemeenskapsmark

         1.1.5        Watter regeringsbeleid poog om teen 2030 armoede uit te skakel
                      en ongelykheid te verminder?

                      A    Nuwe Groeipad
                      B    Nasionale Ontwikkelingsplan
                      C    Uitgebreide Openbare Werke-program
                      D    Heropbou- en Ontwikkelingsprogram

         1.1.6        Kontanttoelaes wat aan die armes betaal word, vorm deel van die
                      ... beleid.

                      A    monetêre
                      B    groei-
                      C    fiskale
                      D    ekonomiese

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                     4                           DBE/November 2017
                                               NSS

         1.1.7         Die getal jare wat 'n pasgebore baba verwag word om te leef,
                       staan as ... bekend.
                       A    die sterftesyfer
                       B    wanvoeding
                       C    vetsug
                       D    lewensverwagting
         1.1.8         Die Noord-Suid-verdeling staan ook as die ... gaping bekend.
                       A    ontwikkelings-
                       B    inflasie-
                       C    monetêre
                       D    aanbod-                                                   (8 x 2)       (16)
1.2      Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by die item in KOLOM A pas.
         Skryf slegs die letter (A–I) langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.8) in die
         ANTWOORDEBOEK neer.

                       KOLOM A                                  KOLOM B
         1.2.1       Eksogene verduideliking A       vloeibare bates deur die IMF
                                                     beskikbaar gestel om tekorte op die
         1.2.2       Leidende aanwysers              betalingsbalans (BB) te finansier

         1.2.3       Spesiale trekkingsregte   B     verskaf finansiële
                                                     ontwikkelingsbystand meestal aan
         1.2.4       Vryswewend                      ontwikkelende lande
                                               C     deur die Reserwebank gehef op
         1.2.5       Openbare goedere                ander finansiële instellings vir
                                                     uitleenbare fondse
         1.2.6       Nasionalisering
                                               D     markte is inherent stabiel en het nie
         1.2.7       Wêreldbank                      owerheidsinmenging nodig nie

         1.2.8       Repokoers                 E     wys die rigting waarin die ekonomie
                                                     moontlik gaan beweeg
                                               F     glo markte is inherent onstabiel en
                                                     owerheidsinmenging is nodig
                                               G     die staat neem eienaarskap van
                                                     ondernemings en bates in private
                                                     besit
                                               H     wisselkoersstelsel waar die waarde
                                                     van die geldeenheid slegs deur
                                                     markkragte bepaal word
                                               I     deur die staat verskaf vir gebruik deur
                                                     alle lede van die samelewing,
                                                     byvoorbeeld openbare biblioteke
                                                                                      (8 x 1)       (8)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                   5                          DBE/November 2017
                                             NSS

1.3      Gee EEN term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term
         langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.6) in die ANTWOORDEBOEK neer.
         Akronieme en afkortings sal NIE aanvaar word NIE.

         1.3.1        Waarde van alle finale goedere en dienste wat in 'n sekere tydperk
                      binne die grense van 'n land geproduseer word

         1.3.2        'n Kromme wat die verwantskap tussen belastingkoerse en
                      belastinginkomste toon

         1.3.3        'n Handelsbeleid wat die vervanging van ingevoerde goedere met
                      plaaslik geproduseerde goedere bevorder

         1.3.4        'n Ruimtelike gebied vir streeksontwikkeling wat 'n deurgang vorm

         1.3.5        Verwydering van onnodige wette en regulasies om die werking van
                      die ekonomie te verbeter

         1.3.6        Teruggee van grond aan diegene wat dit weens diskriminerende
                      wette in die verlede verloor het                      (6 x 1)             (6)

                                                                TOTAAL AFDELING A:              30

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                                   6                                DBE/November 2017
                                                             NSS

AFDELING B

Beantwoord enige TWEE                van    die            drie      vrae   in   hierdie     afdeling     in   die
ANTWOORDEBOEK.

VRAAG 2: MAKRO-EKONOMIE                                                            40 PUNTE – 30 MINUTE

2.1      Beantwoord die volgende vrae.

         2.1.1         Gee enige TWEE voorbeelde van indirekte belasting.                                  (2 x 1)       (2)

         2.1.2         Watter uitwerking sal 'n daling in die kontantreserwevereiste van
                       handelsbanke op die totale geldvoorraad hê?                (1 x 2)                                (2)

2.2      Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                        SUID-AFRIKA REEDS IN 'N RESESSIE – EKONOME
          Baie ekonome meen dat
          Suid-Afrika reeds in 'n                                             GROEI IN DIE BBP
          resessie is omdat die
          Suid-Afrikaanse ekonomiese
          groeikoers laer as die
          bevolkingsgroeikoers is.

                                                  Groeikoers %
          Die ekonomiese afswaai
          kom na vore ná 'n skerp
          daling in die wêreldwye
          vraag na Suid-Afrikaanse
          kommoditeite in die mynbou-
          en steengroefbedryf.

          Suid-Afrika    sukkel   met
          stygende werkloosheid en                                            Kwartaal 2014–2016
          lae vaardigheidsvlakke.
                                                                   [Bron: Stats SA se hersiene BBP-data 2016]
                     [Aangepas uit City Press,
                                  Junie 2016]

         2.2.1         In die inligting hierbo, identifiseer die rede waarom die ekonomie
                       reeds in 'n resessie verkeer.                                                                     (1)

         2.2.2         Wat was die BBP-groeikoers in die eerste kwartaal van 2016?                                       (1)

         2.2.3         Beskryf     kortliks           opemarktransaksies                as     'n       monetêre
                       beleidsinstrument.                                                                 (2 x 2)        (4)

         2.2.4         Hoe kan die Suid-Afrikaanse regering fiskale beleid gebruik om die
                       ekonomie te stimuleer?                                      (2 x 2)                               (4)

Kopiereg voorbehou                                                                                  Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                    7                               DBE/November 2017
                                              NSS

2.3      Bestudeer die tabel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                  HUIDIGE SAMESTELLING VAN DIE SUID-AFRIKAANSE
                               BETALINGSBALANS (BB) – 2016
          1. Lopende Rekening                               (R miljoen)
             Goedere-uitvoere                                  276 349
             + Netto gouduitvoere                               13 777
             + Dienste-ontvangste                               49 728
             + Inkome-ontvangste                                21 176
             Min goedere-invoere                               270 258
             Min betaling vir dienste                           54 905
             Min inkome-betalings                               48 420
             Lopende oordragte (netto ontvangste)               -6 555
          Saldo op die Lopende Rekening                                               -19 108
          Memo-item: Handelsbalans                                                          (A)
          2. Kapitaaloordragrekening                                                         57
              Netto leen aan (+) of leen by (-) die res van die wêreld                -19 051
          3. Finansiële Rekening
             Netto direkte beleggings                                                   2 184
             Netto portefeuljebeleggings                                               30 601
             Netto finansiële afgeleides                                               -9 022
             Netto ander beleggings                                                   -19 830
             Reserwebates                                                               1 191
          Saldo op die Finansiële Rekening                                                5 124
          Memo-item: Saldo op finansiële rekening, reserwebates                           3 933
          uitgesluit
          Onaangetekende transaksies                                                   13 927
                                                    [Bron: SARB – Kwartaalblad, September 2016]

         2.3.1        Watter subrekening       in     die    betalingsbalans     hierbo     sluit
                      reserwebates in?                                                                 (1)

         2.3.2        Watter instelling is verantwoordelik vir die publisering van die
                      betalingsbalans?                                                                 (1)

         2.3.3        Hoe kan Suid-Afrika 'n netto invloei van kapitaal verseker?         (2 x 2)      (4)

         2.3.4        Gebruik syfers in die tabel hierbo om die handelsbalans (A) te
                      bereken. Toon ALLE berekeninge.                         (2 x 2)                  (4)

2.4      Onderskei tussen geldvloei en reële vloei in die ekonomiesekringloop-model.
                                                                               (2 x 4)                 (8)

2.5      Verduidelik, met behulp van 'n netjies benoemde grafiek, die uitwerking op die
         waarde van die rand as daar 'n skerp toename in die aantal Suid-Afrikaanse
         toeriste is wat die VSA besoek.                                                               (8)
                                                                                                       [40]

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                     8                              DBE/November 2017
                                               NSS

VRAAG 3: EKONOMIESE STREWES                                        40 PUNTE – 30 MINUTE

3.1      Beantwoord die volgende vrae.

         3.1.1        Noem enige TWEE terreine wat deur die Heropbou- en
                      Ontwikkelingsprogram geraak word.            (2 x 1)                             (2)

         3.1.2        Watter uitwerking het 'n lae ekonomiese groeikoers op armoede?
                                                                                 (1 x 2)               (2)

3.2      Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                           ONDERWYSUITDAGINGS IN SUID-AFRIKA
        Kwaliteit onderwys lei tot langtermyngroei, ontwikkeling en voorspoed. Met die
        fokus op vaardighede en kennis, word die rol van onderwys van uiterste belang
        in die ontwikkeling van mensekapitaal. Verstedeliking het dit vir die samelewing
        noodsaaklik gemaak om meer geletterd en vaardig te wees, sodat daar meer
        kanse is om op 'n ekonomiese en sosiale vlak te ontwikkel.

                              PRESTASIE-AANWYSER                                            %
         Bevolking met ten minste 'n mate van sekondêre onderwys/onderrig                  74,3
         (% 25 jaar en ouer)
         Publieke besteding aan onderwys (% van die BBP)                                    6,2
         Bruto inskrywings by sekondêre instellings (%)                                    96,8
         Bruto inskrywings by tersiêre instellings (%)                                     19,7
         Persentasie uitval van sekondêre na tersiêre instellings (%)                      82,2
                                                 [Aangepas uit UN Statistics on South Africa, 2016]

         3.2.1        Identifiseer die sosiale aanwyser in die inligting hierbo.                       (1)

         3.2.2        Watter persentasie van die BBP word aan onderwys spandeer?                       (1)

         3.2.3        Verduidelik kortliks verstedeliking as 'n sosiale aanwyser.        (2 x 2)       (4)

         3.2.4        Wat het tot die hoë uitvalkoers (82,2%) van sekondêre na tersiêre
                      instellings gelei?                                        (2 x 2)                (4)

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                   9                              DBE/November 2017
                                             NSS

3.3      Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                             CHINA-OOREENKOMS SAL MEER AS
                      2 500 WERKSGELEENTHEDE IN SUID-AFRIKA SKEP
                                            Suid-Afrika se motorbedryf het 'n groot
                                            hupstoot gekry met die aankondiging van
                                            die grootste investering in 40 jaar.
                                            'n   Motoraanleg     deur    'n  Chinese
                                            staatsbeheerde motorvervaardiger gaan
                                            meer as 2 500 werksgeleenthede in
                                            Suid-Afrika skep. Dit kan beskou word as
                                            een van die hoogtepunte in 'n ekonomie
                                            wat sedert 'n ekonomiese insinking in
                                            2009 teen 'n slakkepas groei.
                                            Die aanleg sal in vennootskap met Suid-
                                            Afrika se staatsbeheerde Nywerheids-
                                            ontwikkelingskorporasie (NOK) gebou
                                            word en het die kapasiteit om teen die jaar
                                            2027, 100 000 eenhede per jaar te
                                            vervaardig.
                                            Ongeveer 60% van die uitset by hierdie
                                            Suid-Afrikaanse aanleg sal vir uitvoer na
                                            Afrika wees. Voertuie kan ook in die
                                            toekoms na Europa as 'n begunstigde
                                            uitgevoer word.
                                                   [Bron: Fin24 Top Stories, 30 Augustus 2016]

         3.3.1        Identifiseer 'n land in die buiteland wat 'n BRICS-lid is, in die
                      inligting hierbo.                                                              (1)

         3.3.2        Hoeveel potensiële werksgeleenthede sal China se investerings-
                      belofte vir Suid-Afrika skep?                                                  (1)

         3.3.3        Beskryf kortliks die rol van die Nywerheidsontwikkelingskorporasie
                      in die Suid-Afrikaanse ekonomie.                           (2 x 2)             (4)

         3.3.4        Verduidelik die positiewe uitwerking, buiten werkskepping,
                      wat hierdie investering moontlik op die Suid-Afrikaanse ekonomie
                      sal hê.                                                   (2 x 2)              (4)

3.4      Verduidelik enige TWEE uitdagings van globalisering vir ontwikkelende lande
         (Noord-Suid-verdeling).                                              (2 x 4)                (8)

3.5      Hoe kan die implementering van                 streeksontwikkelingsbeleide        die
         lewenstandaard in Suid-Afrika verbeter?                                                     (8)
                                                                                                     [40]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                   10                         DBE/November 2017
                                             NSS

VRAAG 4: MAKRO-EKONOMIE EN EKONOMIESE STREWES
                                          40 PUNTE – 30 MINUTE
4.1      Beantwoord die volgende vrae.
         4.1.1        Noem enige TWEE groeistrategieë wat in Suid-Afrika gebruik word.
                                                                                (2 x 1)          (2)
         4.1.2        Wat bepaal die grootte van die vermenigvuldiger?             (1 x 2)       (2)
4.2      Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

         Die Wêreldhandelsorganisasie (WHO), in 1995 gestig, het ten doel om
         internasionale handel in goedere, dienste en landbou deur multilaterale
         onderhandelinge uit te brei. Die meeste van die armste lande word egter oor die
         hoof gesien vir 'n meer ambisieuse korporatiewe agenda wat kwessies soos
         groter beleggersregte, strenger beperkings op owerheidsregulering en sterker
         intellektuele-eiendom-voorwaardes insluit. Hierdie aksies is in werklikheid die
         teenoorgestelde van vryhandel, omdat dit sterker monopolieë aanmoedig.
                                                             [Aangepas uit www.Corpwatch.org]

         4.2.1        Identifiseer die nasies wat deur die miere in die inligting hierbo
                      voorgestel word.                                                           (1)
         4.2.2        Watter internasionale organisasie hierbo bevorder vryhandel?               (1)
         4.2.3        Wat is die voordele van invoervervanging vir ontwikkelende lande?
                                                                                  (2 x 2)        (4)
         4.2.4        Hoekom is ontwikkelende lande (ontwikkelende nasies) teen
                      vryhandel gekant?                                  (2 x 2)                 (4)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                    11                            DBE/November 2017
                                              NSS

4.3      Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                                             Suid-Afrika ondervind tans
                                                             groot     werkverliese,     lae
                                                             ekonomiese groeivlakke en 'n
                                                             gebrek    aan   vertroue     by
                                                             buitelandse beleggers weens
                                                             onsekerheid       oor       die
                                                             implementering van beleide.

                                                             Suid-Afrika het egter sekere
                                                             voordele en sterk punte wat
                                                             gekapitaliseer kan word om die
                                                             ekonomie uit te brei en werk in
                                                             die vyf sektore te skep om so
                                                             aan die doelwitte van die
                                                             Nasionale Ontwikkelingsplan te
                                                             voldoen.

                                                                  [Aangepas uit Mail & Guardian,
                                                                               September 2015]

         4.3.1         Identifiseer die belangrikste sektor wat die ekonomie 'n hupstoot
                       (groei) kan gee in die inligting hierbo.                                        (1)

         4.3.2         Noem EEN probleem in die inligting hierbo, wat tans in Suid-Afrika
                       ervaar word en ekonomiese groei keer.                                           (1)

         4.3.3         Beskryf kortliks die belangrikste doelwitte van die Nasionale
                       Ontwikkelingsplan.                                    (2 x 2)                   (4)

         4.3.4         Hoe kan die regering en privaat sektor kragte saamsnoer om
                       genoeg werksgeleenthede te skep?                     (2 x 2)                    (4)

4.4      Bespreek kortliks goeie staatsbestuur en mededingendheid as geskikte
         streeksontwikkelingsmaatreëls ten opsigte van normkriteria ('benchmark
         criteria').                                                     (2 x 4)                       (8)

4.5      Gebruik die BBP-data hieronder om die belangrikheid van bewegende
         gemiddeldes in die vooruitskatting van sakesiklusse te verduidelik.

            JAAR           2010     2011     2012     2013        2014      2015        2016
             BBP
                            5         8        9        11          4         6           10
           (miljard)                                                                                   (8)
                                                                                                       [40]

                                                                   TOTAAL AFDELING B:                  80

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                      12                            DBE/November 2017
                                                NSS

AFDELING C
Beantwoord enige EEN             van   die    twee    vrae   in   hierdie   afdeling   in    die
ANTWOORDEBOEK.
Jou antwoord sal soos volg geassesseer word:
                                                                                         PUNTE-
                           STRUKTUUR VAN OPSTEL
                                                                                       TOEKENNING
Inleiding
Die inleiding is 'n laerorde-antwoord.                                                      Maks. 2
•    'n Goeie beginpunt is om die hoofterm, wat met die vraagonderwerp verband
     hou, te definieer.
•    Moenie enige deel van die vraag in jou inleiding insluit nie.
•    Moenie enige deel van die inleiding in die liggaam herhaal nie.
•    Vermy om in die inleiding te noem wat jy in die liggaam gaan bespreek.
Liggaam
Hoofdeel: Bespreek in detail/Diepgaande bespreking/Ondersoek/Bespreek krities/              Maks. 26
Analiseer/Vergelyk/Evalueer/Onderskei/Differensieer/Verduidelik
Addisionele deel: Gee eie mening/Bespreek krities/Evalueer/Evalueer krities/
Trek 'n grafiek en verduidelik/Gebruik die gegewe grafiek en verduidelik/Voltooi die
                                                                                            Maks. 10
gegewe grafiek/Bereken/Lei af/Vergelyk/Verduidelik/Onderskei/Interpreteer/
Debatteer kortliks/Hoe/Maak voorstelle
Slot
Enige hoërorde-slot behoort die volgende in te sluit:                                       Maks. 2
• 'n Kort samevatting van dit wat alreeds bespreek is, sonder om feite wat
     alreeds genoem is, te herhaal
• Enige mening of waardeoordeel van die feite wat bespreek is
• Addisionele ondersteuningsinligting wat die bespreking/analise versterk
• 'n Opponerende sienswyse met motivering, indien verlang
• Aanbevelings
TOTAAL                                                                                        40

VRAAG 5: MAKRO-EKONOMIE                                            40 PUNTE – 40 MINUTE

•   Bespreek volledig enige VYF probleme van openbaresektor-voorsiening in
    Suid-Afrika.                                                       (26 punte)
•   Hoe kan die onregverdige verdeling van inkomste in Suid-Afrika opgelos word?
                                                                       (10 punte)                      [40]

VRAAG 6: EKONOMIESE STREWES                                         40 PUNTE – 40 MINUTE

•   Bespreek volledig die volgende ekonomiese aanwysers:
    − Produksie (10 punte)
    − Buitelandse handel (8 punte)
    − Geldvoorraad (8 punte)                                          (26 punte)
•   Hoe kan produktiwiteit meer doeltreffend gebruik word om die Suid-Afrikaanse
    ekonomie te bevoordeel?                                           (10 punte)                       [40]

                                                                     TOTAAL AFDELING C:                40
                                                                         GROOTTOTAAL:                  150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Economics P1 Nov 2017 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-nov-2017-memo-eng/42373e1f-5b55-4cc0-97b4-9b8903280996) — Economics · Memo · 2017 · Eng
- [ECONOMICS P1 GR12 QP SEPT2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr12-qp-sept2017-afrikaans/5e40d41d-6537-4b4d-9803-062fd519c72e) — Economics · QP · 2017 · Afr
- [Grade 12 NSC Economics P1 Preparatory 2017 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-economics-p1-preparatory-2017-question-paper/9ce7d7f8-23ba-4c32-bf91-12e3dca51807) — Economics · QP · 2017
- [Economics P1 Nov 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-nov-2023-eng/127abefe-4f46-4a3d-9e28-d940dd8b0459) — Economics · QP · 2023 · Eng
- [Economics P1 Nov 2021 Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-nov-2021-afr/f25a9ed4-62b0-4d15-9e7d-64de934b75d9) — Economics · QP · 2021 · Afr
- [Economics P1 Nov 2018 Eng](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-nov-2018-eng/7d5ff0ae-2f20-4e20-b379-43f3918a2600) — Economics · QP · 2018 · Eng

## More from Grade 12 Economics

- [MTG Economics Afr](https://www.hlayiso.com/library/mtg-economics-afr/9848e5ba-3f16-47f5-8714-26d23f3a8bf5) — Guide · Afr
- [Economics P2 Memo Afr watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-memo-afr-watermark/c9d66fa3-0b40-419d-a6f6-d862847d4e82) — Memo · 2025 · Afr
- [Economics P2 (English) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-english-june-2025-possible-answers/3df8bb66-2d0a-4b1b-89bf-509b303bfa3e) — Memo · 2025 · Eng
- [Economics P1 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-may-june-2025-mg-eng/f6c27985-fe67-48df-afba-d85bf5f76379) — Memo · 2025 · Eng
- [Economics P2 May-June 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-may-june-2025-mg-afr/4cc1190f-9c0a-43ea-98bc-3252875816a9) — Memo · 2025 · Afr
- [NW 12 ECONOMICS P2 QP ENG JUNE 2025](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-economics-2025-nw-june-exam-question-paper-paper-2-english/c80fc8cc-fc9d-44e9-a820-8736783a4556) — QP · 2025 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
