# Economics Grade 12 P1 NSC November 2018 Question Paper (Afr)

> Grade 12 Economics Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2018 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-nov-2018-afr/a600c818-fc61-4f4d-b3fe-a99fa11a60e3
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Economics
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2018
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 12

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/economics) › [Economics Grade 12 P1 NSC November 2018 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-nov-2018-afr/a600c818-fc61-4f4d-b3fe-a99fa11a60e3)

## About this document

Economics · Grade 12 · NSC November Exam · 2018. Question paper, 12 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                 NASIONALE
                                  NATIONAL
                             SENIOR SERTIFIKAAT
                                    CERTIFICATE

                                      GRAAD
                                      GRADE 12

                         ECONOMICS
                            EKONOMIE
                                   PAPER
                                      V1 1
                 MACROECONOMICS & ECONOMIC PURSUITS
                           NOVEMBER
                             MARCH 2016
                                     2018

PUNTE: 150

TYD: 2 uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                  2                       DBE/November 2018
                                            NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Beantwoord VIER vrae soos volg in die ANTWOORDEBOEK:

         AFDELING A: VERPLIGTEND
         AFDELING B: Beantwoord TWEE van die drie vrae.
         AFDELING C: Beantwoord EEN van die twee vrae.

2.       Beantwoord slegs die vereiste getal vrae. Addisionele antwoorde sal NIE
         nagesien word NIE.

3.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik is.

4.       Skryf die vraagnommer boaan elke antwoord neer.

5.       Lees die vrae aandagtig deur.

6.       Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.

7.       Laat 2–3 reëls tussen onderafdelings van vrae oop.

8.       Beantwoord die vrae in volsinne en maak seker dat die formaat, inhoud en
         konteks van jou antwoorde aan die kognitiewe vereistes van die vrae voldoen.

9.       Gebruik slegs swart of blou ink.

10.      Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

11.      Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                     3                        DBE/November 2018
                                               NSS

AFDELING A (VERPLIGTEND)

VRAAG 1                                                          30 PUNTE – 20 MINUTE

1.1      Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
         Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
         (1.1.1 tot 1.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.9 D.

         1.1.1        'n Oop ekonomie word die beste as 'n ...-sektor-ekonomie beskryf.

                      A    een
                      B    twee
                      C    drie
                      D    vier

         1.1.2        Investering is 'n voorbeeld van 'n ... in die ekonomiesekringloop-
                      model.

                      A    lekkasie
                      B    inspuiting
                      C    onttrekking
                      D    verlies

         1.1.3        Fiskale beleid is optrede deur die owerheid ten opsigte van
                      belasting en ... om ekonomiese aktiwiteit te beïnvloed.

                      A    wisselkoersbeheer
                      B    geldvoorraad
                      C    besteding
                      D    kredietbeheer

         1.1.4        Skaalbesparings word met ... verbind.

                      A    massaproduksie
                      B    beperkte uitset
                      C    stygings in langtermyn gemiddelde koste
                      D    groter vermorsing

         1.1.5        Produksie deur die burgers van 'n land, plaaslik en oorsee, staan
                      as die ... produk bekend.

                      A    bruto nasionale
                      B    bruto binnelandse
                      C    netto nasionale
                      D    netto binnelandse

         1.1.6        'n Fisies omheinde gebied langs 'n hawe of lughawe, waar
                      produksie vir uitvoere deur aansporings aangemoedig word, staan
                      as die ... bekend.

                      A    ruimtelike ontwikkelingsinisiatiewe
                      B    nywerheidsontwikkelingsone
                      C    spesiale ekonomiese sone
                      D    buitelandse investeringstoelae

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                     4                           DBE/November 2018
                                               NSS

         1.1.7        Die vergelyking van 'n land se uitvoerpryse met invoerpryse deur
                      middel van indekse, staan as die ... bekend.

                      A    wisselkoers
                      B    handelsvoorwaardes ('conditions of trade')
                      C    ruilvoet
                      D    inflasiekoers

         1.1.8        Ekonomiese ontwikkeling word ten opsigte van die ... gemeet.

                      A    per capita bruto binnelandse produk
                      B    styging in die produktiewe kapasiteit
                      C    nominale bruto binnelandse produk
                      D    geldvoorraad                                              (8 x 2)       (16)

1.2      Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by die item in KOLOM A pas.
         Skryf slegs die letter (A–I) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.8) in die
         ANTWOORDEBOEK neer.

                  KOLOM A                                    KOLOM B
         1.2.1   Nasionalisering           A    aantal jare wat 'n persoon na geboorte
                                                sal leef
         1.2.2   Mediumtermyn-
                 bestedingsraamwerk        B    oorreding van banke deur die
                                                Suid-Afrikaanse Reserwebank (SARB)
         1.2.3   Nasionale rekeninge-
                 stelsel                   C    aanwyser wat gebruik word om die
                                                prysverandering van plaaslik
         1.2.4   Geldvloei                      geproduseerde goedere te meet sodra dit
                                                die fabrieksvloer verlaat
         1.2.5   Beskerming
                                           D    meet inkome-ongelykheid en rykdom
         1.2.6   Gini-koëffisiënt
                                           E    beweging van inkome en besteding
         1.2.7   Lewensverwagting               tussen deelnemers in die ekonomie
         1.2.8   Produksieprysindeks       F    toon verwagte inkome en besteding vir
                                                'n driejaar-tydperk

                                          G     voorgeskryf deur die Verenigde Nasies
                                                om bruto binnelandse produksyfers saam
                                                te stel

                                           H    handelsbeleid wat probeer om die
                                                binnelandse ekonomie te beskerm deur
                                                die invoer van goedere en dienste te
                                                beperk

                                           I    oordrag van funksies en eienaarskap van
                                                entiteite van die privaat- na die publieke
                                                sektor
                                                                                        (8 x 1) (8)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                    5                           DBE/November 2018
                                              NSS

1.3      Gee EEN term vir ELK van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term
         langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.6) in die ANTWOORDEBOEK neer.
         Afkortings, akronieme en voorbeelde sal NIE aanvaar word NIE.

         1.3.1        'n Sistematiese verslag van alle handels- en finansiële transaksies
                      tussen een land en ander lande vir 'n sekere tydperk

         1.3.2        Geld wat deur die owerheid aan 'n persoon/instansie betaal word
                      sonder enige teenprestasie

         1.3.3        Wanneer 'n produk op 'n oorsese mark verkoop word teen 'n prys
                      wat laer as die produksiekoste in die land van oorsprong is

         1.3.4        Styging in die produksiekapasiteit van 'n land

         1.3.5        Die koers waarteen handelsbanke geld by die Suid-Afrikaanse
                      Reserwebank leen

         1.3.6        Die beleid wat daarna streef om pryse te stabiliseer deur inflasie te
                      beveg                                                         (6 x 1)       (6)

                                                                  TOTAAL AFDELING A:              30

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                                                6                               DBE/November 2018
                                                                          NSS

AFDELING B

Beantwoord enige TWEE                                      van      die   drie   vrae    in    hierdie   afdeling   in   die
ANTWOORDEBOEK.

VRAAG 2: MAKRO-EKONOMIE                                                                         40 PUNTE – 30 MINUTE

2.1                                Beantwoord die volgende vrae.

                                   2.1.1      Noem die TWEE finansiële markte in die ekonomiesekringloop-
                                              model.                                              (2 x 1)                         (2)

                                   2.1.2      Watter uitwerking sal 'n daling in inkomstevlakke op internasionale
                                              handel hê?                                                  (1 x 2)                 (2)

2.2                                Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                           WISSELKOERSE – DIE RAND IS AAN DIE MARK UITGELEWER

                                                               V1                A
                                                    V

      Prys van VS-dollar in rand
                                    R14

                                    R13

                                                                                          V1

                                                           A                         V

                                                                    H1 H2

                                                        Hoeveelheid VS-dollar

                                   2.2.1      Identifiseer die wisselkoersstelsel in die grafiek hierbo.                          (1)

                                   2.2.2      Wat was die oorspronklike rand/dollar-wisselkoers voordat die
                                              vraag na VS-dollar gestyg het?                                                      (1)

                                   2.2.3      Beskryf kortliks die term wisselkoers.                                              (2)

                                   2.2.4      Hoe het die stygende vraag na VS-dollar die waarde van die rand
                                              beïnvloed?                                                                          (2)

                                   2.2.5      Wat kan die Suid-Afrikaanse Reserwebank doen om die waarde
                                              van die rand teenoor die dollar te versterk?        (2 x 2)                         (4)

Kopiereg voorbehou                                                                                           Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                    7                            DBE/November 2018
                                              NSS

2.3      Bestudeer die tabel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                    NASIONALE INKOMSTE-TOTALE – SUID-AFRIKA
      OPSOMMING VAN BRUTO BINNELANDSE PRODUK                R miljoen
      (TEEN HUIDIGE PRYSE)                                    2016
      Vergoeding van werknemers                               2 051 326
      Netto bedryfsurplus                                     1 130 210
      Vastekapitaalverbruik                                     613 605
      Bruto waarde toegevoeg teen faktorkoste                 3 795 141
      Ander belastings op produksie                              86 008
      Ander subsidies op produksie                                 9 935
      Bruto waarde toegevoeg teen basiese pryse               3 871 214
      Belasting op produkte                                     484 059
      Subsidies op produkte                                      16 415
      Bruto binnelandse produk teen markpryse                 (A)?
                                                           [Bron: SARB Kwartaalblad, Junie 2017]

         2.3.1        Identifiseer die produksiefaktor in die tabel hierbo wat die grootste
                      deel van die nasionale inkome ontvang.                                       (1)

         2.3.2        Watter metode is gebruik om die syfers hierbo te bereken?                    (1)

         2.3.3        Beskryf kortliks die term basiese pryse.                                     (2)

         2.3.4        Verduidelik kortliks hoe subsidies produksie kan beïnvloed.                  (2)

         2.3.5        Bereken die bruto binnelandse produk teen markpryse (A).
                      Toon ALLE berekeninge.                                                       (4)

2.4      Bespreek kortliks prysbeleid en parastatale as probleme van publieke sektor-
         voorsiening.                                                         (2 x 4)              (8)

2.5      Bereken die verandering in totale inkome as daar 'n R20 miljard-inspuiting in
         die ekonomie is met 'n marginale spaargeneigdheid van 0,3. Toon hoe die
         vermenigvuldiger-effek die owerheid kan beïnvloed om meer werk te skep.
         Toon ALLE berekeninge.                                                                    (8)
                                                                                                   [40]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                    8                                     DBE/November 2018
                                              NSS

VRAAG 3: EKONOMIESE STREWES                                          40 PUNTE – 30 MINUTE

3.1      Beantwoord die volgende vrae.

         3.1.1         Noem enige TWEE herstelbeleide wat Suid-Afrika sedert 1994
                       gebruik het.                                         (2 x 1)                           (2)

         3.1.2         Watter uitwerking sal toenemende verstedeliking op die ekonomie
                       hê?                                                       (1 x 2)                      (2)

3.2      Bestudeer die spotprent hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                        NOORD-SUID-VERDELING
                 Ek wens ek kon alles
                  verwerk voordat ek
                     dit uitvoer …
                                                                  NOORD

                  SUID
                                                        Dit strek nie tot voordeel van 'n land
                                                         as die meeste landbouprodukte in
                                                           hulle natuurlike vorm uitgevoer
                                                                       word nie.

                                                               [Aangepas uit www.wikipedia, 2016]

         3.2.1         Noem enige EEN landbouproduk wat na lande in die noorde
                       uitgevoer word.                                                                        (1)

         3.2.2         Gee enige rede vir die swak ekonomiese toestande van lande in
                       die Suide.                                                                             (1)

         3.2.3         Beskryf kortliks die term Noord-Suid-verdeling.                                        (2)

         3.2.4         Verduidelik lewenstandaarde van lande in die Noordelike Halfrond.                      (2)

         3.2.5         Watter positiewe impak sal globalisering op die Noord-Suid-
                       verdeling hê?                                       (2 x 2)                            (4)

Kopiereg voorbehou                                                                       Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                    9                               DBE/November 2018
                                              NSS

3.3      Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                         KLEINSAKE-ONTWIKKELING IN SUID-AFRIKA

         Klein-, medium- en mikro-ondernemings is die stukrag van groei in
         Suid-Afrika, en dra tussen 52% en 57% van die BBP by. Dit verskaf 60% van
         alle werksgeleenthede, in vergelyking met die korporatiewe en owerheid-
         sektore. Die owerheid verskaf opleiding, indiensnemingsubsidies en
         finansiering aan KMMO's.

                                   [Aangepas uit Stats SA Kwartaallikse Arbeidsmag-verslag, 2016]

         3.3.1        Watter positiewe uitwerking kan kleinsake-ontwikkeling op markte
                      hê?                                                                              (1)

         3.3.2        Waarom is dit belangrik dat die owerheid finansiële hulp aan
                      KMMO's verskaf?                                                                  (1)

         3.3.3        Beskryf kortliks die term ekonomies bedrywige bevolking.                         (2)

         3.3.4        Verduidelik kortliks hoe die Departement van Handel en Nywerheid
                      (DHN) kleinsake-ontwikkeling in Suid-Afrika ondersteun.                          (2)

         3.3.5        Hoe kan die vestiging van meer KMMO's in Suid-Afrika bevorder
                      word?                                                  (2 x 2)                   (4)

3.4      Hoe kan die Kritieke Infrastruktuurprogram (KIP) en die Buitelandse
         Investeringstoelae (BIT) nywerheidsontwikkeling in Suid-Afrika verbeter?
                                                                                (2 x 4)                (8)

3.5      Evalueer die moontlike sukses van spesiale ekonomiese sones in Suid-Afrika.                   (8)
                                                                                                       [40]

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                                       10                           DBE/November 2018
                                                                 NSS

VRAAG 4: MAKRO-EKONOMIE EN EKONOMIESE STREWES
                                          40 PUNTE – 30 MINUTE

4.1      Beantwoord die volgende vrae.

         4.1.1                           Gee enige TWEE voorbeelde van produksie-aanwysers.             (2 x 1)       (2)

         4.1.2                           Waarom verkies ontwikkelde lande die idee van vryhandel?
                                                                                           (1 x 2)                    (2)

4.2      Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                  (mj)

                                   R200

                                   R175

              Belastinginkomste
                                   R150

                                  R100

                                          0     10     20              45                 65            100
                                                                   Belastingkoers %

         4.2.1                           Identifiseer die kromme in die grafiek hierbo.                               (1)

         4.2.2                           Teen watter belastingkoers sal die owerheid se inkomste
                                         maksimeer?                                                                   (1)

         4.2.3                           Hoeveel inkomste sal die owerheid ontvang as die belastingkoers
                                         100% is?                                                                     (2)

         4.2.4                           Watter uitwerking sal 'n daling in die belastingkoers van 65% na
                                         45% op belastinginkomste hê?                                                 (2)

         4.2.5                           Watter gevolge kan 'n 1%-styging in BTW op die verskillende
                                         rolspelers in die Suid-Afrikaanse ekonomie hê?      (2 x 2)                  (4)

Kopiereg voorbehou                                                                               Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                        11                             DBE/November 2018
                                                  NSS

4.3      Bestudeer die staafgrafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
         BRUTO BINNELANDSE PRODUK – 'N EKONOMIESE AANWYSER
                     HOE HET SUID-AFRIKAANSE NYWERHEDE IN DIE
                       EERSTE KWARTAAL VAN 2017 PRESTEER?
                 Nywerheidsgroei in die eerste kwartaal van 2017 in vergelyking met die
                                       eerste kwartaal van 2016*

                                        Landbou

                                        Mynbou
           BBP
                                                     Persoonlike dienste
          -0,7%
                                                     Owerheid

                                                     Finansies

                                                     Konstruksie

                                                     Vervoer

                                                     Vervaardiging

                                                     Elektrisiteit

                                                     Handel

 *Seisoensaanpassing en geannualiseer

                                                                        [Aangepas uit Stats SA BBP, 2017]

         4.3.1       Watter syfer dui daarop dat die BBP-groeikoers nie voldoende
                     was nie?                                                                             (1)
         4.3.2       Identifiseer die sektor wat die minste tot die BBP hierbo bygedra het.               (1)
         4.3.3       Gee 'n rede hoekom handel so swak ten opsigte van die totale BBP
                     presteer het.                                                                        (2)
         4.3.4       Hoekom word slegs reële BBP-syfers gebruik om ekonomiese
                     produksie wat in verskillende jare voorgekom het, te vergelyk?                       (2)
         4.3.5       Wat kan die Suid-Afrikaanse owerheid doen om 'n beter ekonomiese
                     groeiprestasie te verseker?                               (2 x 2)                    (4)
4.4      Bespreek kortliks gesondheid as 'n sosiale aanwyser.                              (4 x 2)        (8)
4.5      Hoe kan ontwikkelende lande die oorlewing                      van    arbeidsintensiewe
         nywerhede in 'n globale ekonomie verseker?                                                       (8)
                                                                                                          [40]
                                                                        TOTAAL AFDELING B:                80

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                      12                            DBE/November 2018
                                                NSS

AFDELING C

Beantwoord enige EEN             van   die    twee    vrae   in   hierdie   afdeling   in    die
ANTWOORDEBOEK.
Maak seker dat antwoorde die struktuur wat hieronder aangedui word, volg sodat die
maksimum aantal punte behaal kan word:

                                                                                         PUNTE-
                           STRUKTUUR VAN OPSTEL
                                                                                       TOEKENNING
Inleiding
Die inleiding is 'n laerorde-antwoord.                                                      Maks. 2
•    'n Goeie beginpunt is om die hoofterm, wat met die vraagonderwerp verband
     hou, te definieer.
•    Moenie enige deel van die vraag by jou inleiding insluit nie.
•    Moenie enige deel van die inleiding in die liggaam herhaal nie.
•    Vermy dit om in die inleiding te noem wat jy in die liggaam gaan bespreek.
Liggaam
Hoofdeel: Bespreek in detail/Diepgaande bespreking/Ondersoek/Bespreek krities/              Maks. 26
Analiseer/Vergelyk/Evalueer/Onderskei/Differensieer/Verduidelik
Addisionele deel: Gee eie mening/Bespreek krities/Evalueer/Evalueer krities/
Trek 'n grafiek en verduidelik/Gebruik die gegewe grafiek en verduidelik/Voltooi die
                                                                                            Maks. 10
gegewe grafiek/Bereken/Lei af/Vergelyk/Verduidelik/Onderskei/Interpreteer/
Debatteer kortliks/Hoe/Maak voorstelle
Slot
Enige hoërorde-slot behoort die volgende in te sluit:                                       Maks. 2
• 'n Kort samevatting van dit wat alreeds bespreek is, sonder om feite wat
     alreeds genoem is, te herhaal
• Enige mening of waardeoordeel van die feite wat bespreek is
• Addisionele ondersteuningsinligting wat die bespreking/analise versterk
• 'n Opponerende sienswyse met motivering, indien verlang
• Aanbevelings
TOTAAL                                                                                        40

VRAAG 5: MAKRO-EKONOMIE                                             40 PUNTE – 40 MINUTE

•   Bespreek AL die kenmerke onderliggend aan die vooruitskatting van sakesiklusse,
    die ekonomiese aanwysers uitgesluit.                                   (26 punte)
•   Waarom is prysstabiliteit belangrik om uiterste prysskommelings in sakesiklusse te
    voorkom?                                                               (10 punte)                  [40]

VRAAG 6: EKONOMIESE STREWES                                         40 PUNTE – 40 MINUTE

•   Bespreek die vraagkantbenadering in die bevordering van ekonomiese groei.
                                                                        (26 punte)
•   Evalueer die sukses van die uitgebreide openbarewerke-program om armoede en
    werkloosheid te verminder.                                          (10 punte)                     [40]

                                                                     TOTAAL AFDELING C:                40
                                                                         GROOTTOTAAL:                  150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Economics P1 Nov 2018 Eng](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-nov-2018-eng/7d5ff0ae-2f20-4e20-b379-43f3918a2600) — Economics · QP · 2018 · Eng
- [Economics P1 Nov 2018 FINAL Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-nov-2018-final-memo-afr/163f0388-17fe-4dcb-90ce-35973b4ce181) — Economics · Memo · 2018 · Afr
- [Economics P2 Nov 2018 Eng](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-nov-2018-eng/16738739-9f23-4569-9bcb-c0b81011e34b) — Economics · QP · 2018 · Eng
- [ECON P1 GR12 QP SEPT 2018 Eng D2](https://www.hlayiso.com/library/econ-p1-gr12-qp-sept-2018-eng-d2/7e11760f-b27e-464b-a661-2bba7fcb9dc7) — Economics · QP · 2018 · Eng
- [ECON P1 GR12 QP SEPT 2018 Eng D](https://www.hlayiso.com/library/econ-p1-gr12-qp-sept-2018-eng-d/87194943-d258-4bd9-a7a0-7e2fc3c27b6a) — Economics · QP · 2018 · Eng
- [ECON P1 GR12 QP SEPT 2018 English](https://www.hlayiso.com/library/econ-p1-gr12-qp-sept-2018-english/4bded7c3-f717-49ba-8ceb-612b8e43eddd) — Economics · QP · 2018 · Eng

## More from Grade 12 Economics

- [Economics P2 Memo Afr watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-memo-afr-watermark/c9d66fa3-0b40-419d-a6f6-d862847d4e82) — Memo · 2025 · Afr
- [Economics P2 (English) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-english-june-2025-possible-answers/3df8bb66-2d0a-4b1b-89bf-509b303bfa3e) — Memo · 2025 · Eng
- [Economics P1 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-may-june-2025-mg-eng/f6c27985-fe67-48df-afba-d85bf5f76379) — Memo · 2025 · Eng
- [Economics P2 May-June 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-may-june-2025-mg-afr/4cc1190f-9c0a-43ea-98bc-3252875816a9) — Memo · 2025 · Afr
- [NW 12 ECONOMICS P2 QP ENG JUNE 2025](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-economics-2025-nw-june-exam-question-paper-paper-2-english/c80fc8cc-fc9d-44e9-a820-8736783a4556) — QP · 2025 · Eng
- [ECONOMICS QP.P1 GR 12 JUNE 2024 (Backup papers)](https://www.hlayiso.com/library/economics-qp-p1-gr-12-june-2024-backup-papers/cb8af277-aab9-4fba-8e76-5924dcaf1941) — QP · 2024

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
