# Economics Grade 12 P1 NSC November 2019 Question Paper (Afr)

> Grade 12 Economics Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2019 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-nov-2019-afr/6e618ebf-a69a-41c6-9f21-66a322cfd1a5
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Economics
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2019
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 12

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/economics) › [Economics Grade 12 P1 NSC November 2019 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-nov-2019-afr/6e618ebf-a69a-41c6-9f21-66a322cfd1a5)

## About this document

Economics · Grade 12 · NSC November Exam · 2019. Question paper, 12 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                 NASIONALE
                                  NATIONAL
                             SENIOR SERTIFIKAAT
                                    CERTIFICATE

                                      GRAAD
                                      GRADE 12

                         ECONOMICS
                            EKONOMIE
                                   PAPER
                                      V1 1
                 MACROECONOMICS & ECONOMIC PURSUITS
                           NOVEMBER
                             MARCH 2016
                                     2019

PUNTE: 150

TYD: 2 uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                  2                       DBE/November 2019
                                            NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Beantwoord VIER vrae soos volg in die ANTWOORDEBOEK:

         AFDELING A: VERPLIGTEND
         AFDELING B: Beantwoord TWEE van die drie vrae.
         AFDELING C: Beantwoord EEN van die twee vrae.

2.       Beantwoord slegs die vereiste getal vrae. Addisionele antwoorde sal NIE
         nagesien word NIE.

3.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik is.

4.       Lees die vrae aandagtig deur.

5.       Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.

6.       Laat 2–3 reëls tussen onderafdelings van vrae oop.

7.       Beantwoord die vrae in volsinne en maak seker dat die formaat, inhoud en
         konteks van jou antwoorde aan die kognitiewe vereistes van die vrae voldoen.

8.       Gebruik slegs swart of blou ink.

9.       Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

10.      Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                   3                       DBE/November 2019
                                             NSS

AFDELING A (VERPLIGTEND)

VRAAG 1                                                       30 PUNTE – 20 MINUTE

1.1      Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
         Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
         (1.1.1 tot 1.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.9 D.

         1.1.1        'n Tydperk waar daar 'n algemene toename in ekonomiese
                      aktiwiteite is, staan as 'n … bekend.

                      A    afswaai
                      B    opswaai
                      C    depressie
                      D    resessie

         1.1.1        Nasionale inkome sal styg as …

                      A    G + I + X > S + T + M.
                      B    G + I + X < S + T + M.
                      C    G + I + X = S + T + M.
                      D    S + T + M > G + I + X.

         1.1.3        Aanwysers wat gelyktydig met en in dieselfde rigting as die
                      ekonomie verander, staan as … aanwysers bekend.

                      A    leidende
                      B    sloerende
                      C    saamgestelde
                      D    samevallende

         1.1.4        Waar een land goedere of dienste goedkoper as 'n ander land
                      binne 'n gegewe tyd kan produseer, word dit … genoem.

                      A    vergelykende voordeel
                      B    absolute voordeel
                      C    ruilvoet
                      D    vryhandel

         1.1.5        Die Lafferkromme toon die verband tussen …

                      A    belastinginkomste en belastingkoers.
                      B    inkome en besteding.
                      C    nominale en reële syfers.
                      D    belastinginkomste en lone.

         1.1.6        Produksie, as 'n ekonomiese aanwyser, is aan … verwant.

                      A    buitelandse handel
                      B    inflasie
                      C    geldvoorraad
                      D    reële BBP

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                    4                           DBE/November 2019
                                              NSS

         1.1.7        Die Departement van Handel en Nywerheid se inisiatief wat op
                      die verbetering van mededingendheid in produksie fokus, word
                      die … genoem.

                      A     Nasionale Nywerheidsbeleidsraamwerk
                      B     Nasionale Navorsing- en Ontwikkelingstrategie
                      C     Geïntegreerde Vervaardigingstrategie
                      D     Kleinsake-ondersteuningsprogram

         1.1.8        Die vraagkantbeleid hou met … verband.

                      A     'n verlaging in koste
                      B     verbetering van die doeltreffendheid van insette
                      C     die invloed op inflasie en werkloosheid
                      D     die verbetering van die doeltreffendheid van markte     (8 x 2)       (16)

1.2      Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by die item in KOLOM A pas.
         Skryf slegs die letter (A–I) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.8) in die
         ANTWOORDEBOEK neer.

                     KOLOM A                                   KOLOM B
         1.2.1   Lekkasies                     A    beraam syfers of neigings in die
                                                    toekoms uit feite wat bekend is
         1.2.2   Eksogene benadering
                                               B    'n land se uitvoerpryse word met sy
         1.2.3   Menslike-ontwikkelings-            invoerpryse vergelyk
                 indeks
                                               C    die verwydering van wette, regulasies
         1.2.4   Ekstrapolasie                      en reëls deur die owerheid
         1.2.5   Portefeuljebelegging          D    faktore wat onafhanklik van mekaar
                                                    sakesiklusse beïnvloed en buite die
         1.2.6   Ruilvoet                           ekonomie ontstaan
         1.2.7   Bruto binnelandse produk      E    'n handelsbeleid waar die staat die
                                                    invoer van sekere goedere en dienste
         1.2.8   Deregulasie
                                                    ontmoedig om plaaslike nywerhede
                                                    te beskerm

                                               F    uitvloei van geld uit die ekonomie

                                               G totale waarde van finale goedere en
                                                 dienste wat binne die grense van 'n
                                                 land vir 'n spesifieke tydperk
                                                 geproduseer is

                                               H    koop van finansiële bates soos
                                                    aandele in maatskappye op die
                                                    effektebeurs van 'n ander land

                                               I    die welstand van mense bepaal deur
                                                    gesondheid, onderwys en inkome
                                                                                 (8 x 1)          (8)
Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                   5                          DBE/November 2019
                                             NSS

1.3      Gee EEN term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term
         langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.6) in die ANTWOORDEBOEK neer.
         Afkortings, akronieme en voorbeelde sal nie aanvaar word nie.

         1.3.1        Die aanvanklike verandering in besteding lei tot 'n proporsioneel
                      groter styging in die nasionale inkome

         1.3.2        Die punt waar die ekonomiese inkrimping op sy laagste is

         1.3.3        'n Oordrag van funksies en eienaarskap van die openbare sektor
                      na die privaat sektor

         1.3.4        'n Styging in die prys van 'n geldeenheid in terme van 'n ander
                      geldeenheid as gevolg van markkragte

         1.3.5        Die beweging van invoere en uitvoere tussen lande sonder enige
                      beperkings

         1.3.6        Die sosiale aanwyser wat met die grootte van die land se bevolking
                      verband hou                                                 (6 x 1)        (6)

                                                                TOTAAL AFDELING A:               30

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                       6                                     DBE/November 2019
                                                 NSS

AFDELING B

Beantwoord enige TWEE             van    die   drie    vrae    in   hierdie           afdeling   in   die
ANTWOORDEBOEK.

VRAAG 2: MAKRO-EKONOMIE                                               40 PUNTE – 30 MINUTE

2.1      Beantwoord die volgende vrae.

         2.1.1        Noem TWEE tipes sakesiklusse wat in 'n markekonomie aangetref
                      word.                                                 (2 x 1)                            (2)

         2.1.2        Hoekom sal 'n styging in invoertariewe die Suid-Afrikaanse
                      ekonomie bevoordeel?                                (1 x 2)                              (2)

2.2      Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

               Ai! Dit lyk asof ek die
                  mediumtermyn-
              bestedingsraamwerk sal
                    moet wysig.

                                                                        ESKOM-

                                                                     BEGROTING 2019
                          BEGROTING

                                                               [Aangepas uit Google images.com]

         2.2.1        Noem enige EEN staatsbeheerde onderneming in die land.                                   (1)

         2.2.2        Wat is die huidige BTW-koers in Suid-Afrika?                                             (1)

         2.2.3        Beskryf kortliks     die     term       Mediumtermyn-begrotingbeleids-
                      verklaring.                                                                              (2)

         2.2.4        Verduidelik kortliks die verband tussen die hoofbegroting en die
                      MTBR.                                                                                    (2)

         2.2.5        Wat kan die owerheid doen om die huidige finansiële uitdagings
                      van staatsbeheerde ondernemings op te los?              (2 x 2)                          (4)
Kopiereg voorbehou                                                                        Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                       7                              DBE/November 2019
                                                 NSS

2.3      Bestudeer die tabel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

             FINALE VERBRUIKSBESTEDING DEUR HUISHOUDINGS
                         teen konstante 2010-pryse
                                     2012          2015                                     2018
 Duursame goedere                      175 675       183 493                                  192 049
 Halfduursame goedere                  153 492       172 570                                  187 892
 Nieduursame goedere                   673 670       693 594                                  711 569
 Dienste                               765 528       804 000                                  845 886
 TOTAAL                              1 768 365     1 853 657                                1 937 396
                                                  [Bron: Quarterly Bulletin, SA Reserwebank, Maart 2019]

         2.3.1        Identifiseer die jaar wat tans deur die Reserwebank as 'n basisjaar
                      gebruik word.                                                                      (1)

         2.3.2        Gee enige EEN voorbeeld van nieduursame goedere.                                   (1)

         2.3.3        Beskryf kortliks die term teen konstante pryse.                                    (2)

         2.3.4        Hoekom is daar 'n toename in huishoudelike besteding terwyl
                      werkloosheid voortdurend styg?                                                     (2)

         2.3.5        Hoe sal 'n styging in die terugkoop(repo-)koers die ekonomie
                      beïnvloed?                                             (2 x 2)                     (4)

2.4      Gebruik die grafiek hieronder om die impak van 'n toename in uitvoere na
         China op die waarde van die rand te verduidelik.

                 Prys van joean
                 uitgedruk in rand           V                                               A

                                                                                                 A1

                           R2,00

                           R1,40

                                         A                                              V

                                                        A1

                                     0                        100         150
                                                                            Hoeveelheid Chinese joean

                                                                                             (4 x 2)     (8)

2.5      Met verwysing na die Phillips-kromme, ontleed die verband tussen inflasie en
         werkloosheid.                                                                                   (8)
                                                                                                         [40]

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                     8                            DBE/November 2019
                                               NSS

VRAAG 3: EKONOMIESE STREWES                                       40 PUNTE – 30 MINUTE

3.1      Beantwoord die volgende vrae.

         3.1.1        Noem TWEE tipes ekonomiese                   aanwysers       wat      met
                      prysveranderinge verband hou.                                      (2 x 1)     (2)

         3.1.2        Wat kan plaaslike owerhede doen om                 protesoptogte oor
                      dienslewering te voorkom?                                      (1 x 2)         (2)

3.2      Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                 SKOON ENERGIE IN AFRIKA STAAN VOOR 'N KORTSLUITING

         Daar is 'n groot vraag maar 'n tekort aan opgeleide werkers.
         In Sub-Sahara-Afrika, waar meer as 600 miljoen mense steeds nie toegang
         tot elektrisiteit het nie, word nienetwerkelektrisiteit as een van die vinnigste
         maniere beskou om energie te verskaf waar dit benodig word, veral aan
         afgeleë en landelike gebiede.

         Daar is egter slegs 'n paar opgeleide werkers wat skoon energiestelsels kan
         beplan, installeer en in stand hou. In Sub-Sahara-Afrika is daar slegs
         16 000 mense wat buite Suid-Afrika met hernubare energie werk. Dit gee
         rekenskap van 0,1% van die wêreldwye hernubare-energie-arbeidsmag wat
         globalisering beïnvloed.

                                                  [Aangepas uit Sunday Times, 3 Februarie 2019]

         3.2.1        Watter ekonomiese aanwyser word in die uittreksel hierbo belig?                (1)

         3.2.2        Noem die sosiale aanwyser wat 'toegang tot elektrisiteit' insluit.             (1)

         3.2.3        Beskryf kortliks die term globalisering.                                       (2)

         3.2.4        Watter impak sal 'n tekort aan opgeleide werkers op wêreldhandel
                      hê?                                                                            (2)

         3.2.5        Hoe kan onderwys, as 'n sosiale aanwyser, ongelykhede
                      verminder wat wêreldwyd ondervind word?        (2 x 2)                         (4)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                   9                            DBE/November 2019
                                             NSS

3.3      Bestudeer die dialoog hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                   Ek stem saam.                             Ja, dit is dalk so, maar die
                 Sedert demokrasie                          Nasionale Ontwikkelingsplan
                 (1994), het beleide,                        (NDP) hou baie belofte in!
                  soos GEAR, HOP
                   en AsgiSA, ons
                    teleurgestel.

            Ek voel dat
         owerheidsbeleide
            nie veel vir
           ekonomiese
           ontwikkeling
         gedoen het nie …

                                                                 [Aangepas uit Google images.com]

         3.3.1        Identifiseer die   eerste   owerheidsbeleid     wat   in   1994
                      geïmplementeer is om die wanbalans van die verlede te oorbrug.              (1)

         3.3.2        Gee EEN doelwit van die Nasionale Ontwikkelingsplan.                        (1)

         3.3.3        Beskryf kortliks die term ekonomiese ontwikkeling.                          (2)

         3.3.4        Hoekom het AsgiSA misluk?                                                   (2)

         3.3.5        Hoe sal Suid-Afrika binne 'n dinamiese globale omgewing voordeel
                      trek as die NOP slaag?                                    (2 x 2)           (4)

3.4      Verduidelik die rol van internasionale instellings in die standaardisering van
         'n land se aanwysers.                                                   (4 x 2)          (8)

3.5      Hoe kan ongelyke lewenstandaarde wat met die Noord-Suid-verdeling
         verband hou, hanteer word?                                                               (8)
                                                                                                  [40]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                     10                            DBE/November 2019
                                               NSS

VRAAG 4: MAKRO-EKONOMIE EN EKONOMIESE STREWES
                                          40 PUNTE – 30 MINUTE

4.1      Beantwoord die volgende vrae.

         4.1.1        Noem TWEE tipes markte wat deel van die finansiële stelsel vorm.
                                                                                 (2 x 1)              (2)

         4.1.2        Hoekom is dit belangrik om bewegende gemiddeldes in die
                      vooruitskatting van sakesiklusse te gebruik?     (1 x 2)                        (2)

4.2      Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                            WÊRELDMAGTE WAARSKU SUID-AFRIKA

         Die presidensie het 'n ongehoorde memo oor korrupsie ontvang waarin die
         vyf wêreldmagte die leiers van die land gewaarsku het dat die dryfkrag agter
         beleggings kan misluk indien Suid-Afrika nie begin om op te tree teen diegene
         wat staatskaping, korrupsie en ander ernstige misdade pleeg nie.

         Die owerhede van die Verenigde Koninkryk en Switserland het verklaar
         dat politieke verbintenis tot eerlike en etiese sakepraktyke algemeen
         moet voorkom. Die VK en Switserland, saam met drie ander lande, het 'n
         75%-belang in buitelandse direkte investering in Suid-Afrika wat definitief die
         betalingsbalans negatief kan beïnvloed.

                                                   [Aangepas uit Sunday Times, 3 Februarie 2019]

         4.2.1        Identifiseer die land in die uittreksel wat deel van die G8-lande
                      vorm.                                                                           (1)

         4.2.2        Wat is die impak van korrupsie op volle indiensneming as 'n
                      makro-ekonomiese doelwit?                                                       (1)

         4.2.3        Beskryf kortliks die term betalingsbalans.                                      (2)

         4.2.4        Hoekom sou           openbare-sektor-mislukking      tot    ekonomiese
                      onstabiliteit lei?                                                              (2)

         4.2.5        Hoe kan buitelandse direkte investering die groeikoers in Suid-
                      Afrika beïnvloed?                                       (2 x 2)                 (4)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                    11                           DBE/November 2019
                                              NSS

4.3      Bestudeer die spotprent hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

           Jô, miskien is dit nie die beste                    BRICS
          tyd om ons eie handelsprotokol                      behoort
                  daar te stel nie!!!                        suksesvol
                                                             te wees!!!

                                                                   [Aangepas uit Google Images, 2019]
TERREUR                    ARMOEDE             RESESSIE

         4.3.1        Noem enige EEN land wat 'n lid van BRICS is.                                  (1)

         4.3.2        Wat is die doel van BRICS?                                                    (1)

         4.3.3        Beskryf kortliks die term resessie.                                           (2)

         4.3.4        Hoekom sal 'n resessie 'n groter uitwerking op opkomende
                      markekonomieë as op ontwikkelde ekonomieë hê?                                 (2)

         4.3.5        Hoe kan lande        voordeel   trek   uit   internasionale   handels-
                      ooreenkomste?                                                   (2 x 2)       (4)

4.4      Verduidelik kortliks die rol van huishoudings en die sakesektor in die
         ekonomiese kringloopmodel.                                      (2 x 4)                    (8)

4.5      Hoe kan die monetêre beleid tot ekonomiese groei bydra?                                    (8)
                                                                                                    [40]

                                                                   TOTAAL AFDELING B:               80

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                     12                             DBE/November 2019
                                               NSS

AFDELING C

Beantwoord enige EEN            van    die   twee    vrae   in   hierdie     afdeling    in   die
ANTWOORDEBOEK.

Jou antwoord sal soos volg geassesseer word:

                                                                                PUNTE-
                      STRUKTUUR VAN OPSTEL
                                                                              TOEKENNING
Inleiding
Die inleiding is 'n laerorde-antwoord                                             Maks. 2
  'n Goeie begin is om 'n sleutelkonsep wat in die vraag voorkom, te
     definieer of te omskryf
  Moenie enige deel van die vraag by die inleiding insluit nie
  Moenie enige gedeelte van die inleiding by die liggaam insluit nie
  Vermy enige bespreking van die hoofdeel in die inleiding
Liggaam
Hoofgedeelte: Bespreek in besonderhede/Diepgaande bespreking/                     Maks. 26
Ondersoek/Bespreek krities/Ontleed (Analiseer)/Vergelyk/Evalueer/
Onderskei/Verduidelik/Assesseer/Debatteer
Addisionele gedeelte: Gee eie mening/Bespreek krities/Evalueer/
Evalueer krities/Teken 'n grafiek en verduidelik/Gebruik die gegewe               Maks. 10
grafiek en verduidelik/Voltooi die gegewe grafiek/Bereken/Lei af/Vergelyk/
Verduidelik/Onderskei/Interpreteer/Debatteer kortliks/Hoe?/Stel voor
Slot
Enige hoërorde-slot moet die volgende insluit:                                    Maks. 2
 'n Kort samevatting van dit wat bespreek is, sonder herhaling van
     enige feite wat reeds genoem is
 Enige opinie of waardeoordeel oor die feite wat bespreek is
 Addisionele ondersteunende inligting wat die bespreking/ontleding
     versterk
 'n Teenstrydige sienswyse met motivering, indien gevra
 Aanbevelings
TOTAAL                                                                                  40

VRAAG 5: MAKRO-EKONOMIE                                            40 PUNTE – 40 MINUTE

   Ondersoek Suid-Afrika se uitvoerbevorderingshandelsbeleid.      (26 punte)
   Evalueer die sukses van beskerming as 'n handelsbeleid om nywerhede teen
    buitelandse mededingers te beskerm.                            (10 punte)                       [40]

VRAAG 6: EKONOMIESE STREWES                                        40 PUNTE – 40 MINUTE

   Bespreek in detail die Suid-Afrikaanse pogings (inisiatiewe) in streeksontwikkeling.
                                                                             (26 punte)
   Hoe suksesvol was die owerheid om nywerheidsontwikkeling in Suid-Afrika te
    bevorder?                                                                (10 punte)             [40]

                                                                    TOTAAL AFDELING C:              40
                                                                        GROOTTOTAAL:                150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Economics P1 Nov 2019 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-nov-2019-memo-afr/5356311e-5173-4723-8d25-e9cf4c6c6da0) — Economics · Memo · 2019 · Afr
- [Grade 12 NSC Economics P1 (Afrikaans) X10 2019 Preparatory Examination Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-economics-p1-afrikaans-x10-2019-preparatory-examination-question-paper/37295a41-5de8-4317-9725-dc223714aee3) — Economics · QP · 2019 · Afr
- [Grade 12 NSC Economics P1 (English) X05 2019 Preparatory Examination Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-economics-p1-english-x05-2019-preparatory-examination-question-paper/618dbdee-e64c-45f5-9118-413e4c86db2a) — Economics · QP · 2019 · Eng
- [NW ECN PAPER 1 Afr SEPT 2019](https://www.hlayiso.com/library/nw-ecn-paper-1-afr-sept-2019/b6010c94-014f-4a28-af48-32fee5a27e90) — Economics · QP · 2019 · Afr
- [Economics P1 Nov 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-nov-2023-eng/127abefe-4f46-4a3d-9e28-d940dd8b0459) — Economics · QP · 2023 · Eng
- [Economics P1 Nov 2021 Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-nov-2021-afr/f25a9ed4-62b0-4d15-9e7d-64de934b75d9) — Economics · QP · 2021 · Afr

## More from Grade 12 Economics

- [Economics P2 Memo Afr watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-memo-afr-watermark/c9d66fa3-0b40-419d-a6f6-d862847d4e82) — Memo · 2025 · Afr
- [Economics P2 (English) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-english-june-2025-possible-answers/3df8bb66-2d0a-4b1b-89bf-509b303bfa3e) — Memo · 2025 · Eng
- [Economics P1 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-may-june-2025-mg-eng/f6c27985-fe67-48df-afba-d85bf5f76379) — Memo · 2025 · Eng
- [Economics P2 May-June 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-may-june-2025-mg-afr/4cc1190f-9c0a-43ea-98bc-3252875816a9) — Memo · 2025 · Afr
- [NW 12 ECONOMICS P2 QP ENG JUNE 2025](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-economics-2025-nw-june-exam-question-paper-paper-2-english/c80fc8cc-fc9d-44e9-a820-8736783a4556) — QP · 2025 · Eng
- [ECONOMICS QP.P1 GR 12 JUNE 2024 (Backup papers)](https://www.hlayiso.com/library/economics-qp-p1-gr-12-june-2024-backup-papers/cb8af277-aab9-4fba-8e76-5924dcaf1941) — QP · 2024

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
