# Economics Grade 12 P1 NSC November 2019 Memo (Afrikaans)

> Grade 12 Economics Paper 1 memorandum from the NSC November Exam 2019 (Afrikaans), 22 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-nov-2019-memo-afr/5356311e-5173-4723-8d25-e9cf4c6c6da0
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Economics
- Grade: Grade 12
- Document type: Memorandum
- Year: 2019
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 22

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/economics) › [Economics Grade 12 P1 NSC November 2019 Memo (Afrikaans)](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-nov-2019-memo-afr/5356311e-5173-4723-8d25-e9cf4c6c6da0)

## About this document

Economics · Grade 12 · NSC November Exam · 2019. Memorandum, 22 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                  NASIONALE
                              SENIOR SERTIFIKAAT

                                     GRAAD 12

                                    EKONOMIE V1

                                  NOVEMBER 2019

                                  NASIENRIGLYNE

PUNTE: 150

                      Hierdie nasienriglyne bestaan uit 22 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                    2                           DBE/November 2019
                                       NSS – Nasienriglyne

AFDELING A (VERPLIGTEND)

VRAAG 1

1.1      MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

         1.1.1        B – opswaai 
         1.1.2        A – G + I + X > S + T + M 
         1.1.3        D – samevallende 
         1.1.4        B – absolute voordeel 
         1.1.5        A – belastinginkomste en belastingkoers 
         1.1.6        D – reële BBP 
         1.1.7        C – Geïntegreerde Vervaardigingstrategie 
         1.1.8        C – die invloed op inflasie en werkloosheid               (8 x 2)      (16)

1.2      BYPASSENDE ITEMS

         1.2.1        F - Uitvloei van geld uit die ekonomie 

         1.2.2        D - Faktore wat onafhanklik van mekaar sakesiklusse beïnvloed en
                          buite die ekonomie ontstaan 

         1.2.3        I – Die welstand van mense word deur gesondheid, onderwys en
                          inkome bepaal 

         1.2.4        A – Beraam syfers of neigings in die toekoms uit feite wat bekend
                          is 

         1.2.5        H - Koop van finansiële bates soos aandele in maatskappye op die
                          effektebeurs van 'n ander land 

         1.2.6        B - 'n Land se uitvoerpryse word met sy invoerpryse vergelyk 

         1.2.7        G – Die totale waarde van finale goedere en dienste geproduseer
                          binne die grense van 'n land vir 'n spesifieke periode 

         1.2.8        C - Die verwydering van wette, regulasies en reëls deur die
                          owerheid                                               (8 x 1)      (8)

1.3      GEE DIE TERM

         1.3.1        Vermenigvuldiger-effek 
         1.3.2        Trog 
         1.3.3        Privatisering 
         1.3.4        Appresiasie 
         1.3.5        Vryhandel 
         1.3.6        Demografie                                                 (6 x 1)      (6)

                                                                 TOTAAL AFDELING A:            30

Kopiereg voorbehou

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                      3                               DBE/November 2019
                                         NSS – Nasienriglyne

AFDELING B

Beantwoord enige TWEE              van   die    drie   vrae    in   hierdie   afdeling   in   die
ANTWOORDEBOEK.

VRAAG 2: MAKRO-EKONOMIE

2.1      Beantwoord die volgende vrae.

         2.1.1       Noem TWEE tipes sakesiklusse wat in 'n markekonomie
                     aangetref word.

                     •   Kitchin-siklus 
                     •   Juggler-siklus 
                     •   Kuznets-siklus 
                     •   Kondratieff-siklus                                             (2 x 1)         (2)

         2.1.2       Hoekom sal 'n styging in invoertariewe die Suid-Afrikaanse
                     ekonomie bevoordeel?
                     ‘n Styging in invoertariewe sal die ekonomie bevoordeel omdat:
                     • invoere sal afneem wat buitelandse valuta spaar 
                     • dit sal lei tot 'n styging in binnelandse produksie 
                     • die inkomste aan die regering toeneem deur direkte en indirekte
                         belasting 
                     • die betalingsbalans deur verminderde invoere verbeter 
                     • plaaslike nywerhede beskerm word teen niemededingende
                         prysbepaling wat hulle uit die mark dwing 
                         (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)       (1 x 2)                 (2)

2.2      DATARESPONS

         2.2.1       Noem enige EEN staatsbeheerde onderneming in die land.
                     SAA / Eskom / Transnet / Poskantoor / SA Express / Denel 
                     (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                                   (1)

         2.2.2       Wat is die huidige BTW-koers in Suid-Afrika?
                     15%                                                                                (1)

         2.2.3       Beskryf kortliks die term mediumtermyn-begrotingsbeleids-
                     verklaring.
                     Die MTBBV maak aanpassings rakende veranderinge in die
                     ekonomie sedert die hoofbegroting / dit is gebaseer op die MTBV en
                     deel die ontwikkelings in die openbare beleid wat die volgende en
                     daaropvolgende          begrotings         sal      vorm       
                     (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                                   (2)

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                    4                            DBE/November 2019
                                       NSS – Nasienriglyne

         2.2.4       Verduidelik kortliks die verband tussen die hoofbegroting en
                     die MTBR.
                     Die hoofbegroting word gerig deur die MTBR wat verwagte
                     inkomste en besteding vir 'n drie-jaar periode beraam 
                     (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                             (2)

         2.2.5       Wat kan die owerheid doen om die huidige finansiële uitdagings
                     van staatsbeheerde ondernemings op te los?

                     Die huidige finansiële uitdagings kan opgelos word deur:
                     • te verseker dat die fiskale- en monetêre bestuur verbeter 
                     • te verseker dat behoorlike mensekapitaal gesoek en verkry
                        word 
                     • die interne/eksterne ouditkontrolestelsels versterk word 
                     • verandering in bestuur om aanspreeklikheid te verseker 
                        (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)          (2 x 2)         (4)

2.3      DATARESPONS

         2.3.1        Identifiseer die jaar wat tans deur die Reserwebank as 'n
                      basisjaar gebruik word.

                      2010                                                                        (1)

         2.3.2        Noem enige EEN voorbeeld van 'n nieduursame goed.
                      • Kos / drank / tabak 
                      • Huishoudelike brandstof / krag / water 
                      • Huishoudelike verbruikersgoedere 
                      • Mediese- en farmaseutiese produkte 
                      • Petroleum produkte 
                      • Rekreasie- en ontspanningsgoedere 
                      (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)
                      (aanvaar enige goedere onder bogenoemde kategorieë)                          (1)

         2.3.3        Beskryf kortliks die term teen konstante pryse.

                      Konstante pryse verteenwoordig die werklike waarde               van
                      nasionale inkomesyfers waar inflasie uitgesluit is                         (2)
                      (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                     5                             DBE/November 2019
                                        NSS – Nasienriglyne

         2.3.4        Hoekom is daar 'n toename in huishoudelike besteding terwyl
                      werkloosheid voortdurend styg?

                      Die styging in huishoudelike besteding is as gevolg van:
                      • 'n toename in geld wat van finansiële instellings geleen word
                      • spaargeld en beleggings wat gebruik word om die
                         lewenstandaard te handhaaf 
                      • ‘n toename in oordragbetalings bv. sosiale toelaes 
                      • ‘n styging in staatsbesteding / programme bv. UPWP 
                      • ‘n toename in informele sektor aktiwiteite as ‘n bron van inkome
                         
                         (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                            (2)

         2.3.5        Hoe sal 'n styging in die terugkoop (repo-) koers die ekonomie
                      beïnvloed?

                      'n Styging in die terugkoopkoers, sal
                       • banke dwing om hul rentekoerse opwaarts aan te pas wat
                          krediet duurder maak 
                       • krediet sal duurder raak, wat sal lei tot 'n daling in die vraag na
                          goedere en dienste wat produksie sal laat daal 
                       • tot laer produksie lei wat tot 'n styging in werkloosheid en
                          kleiner belastinginkomste aan die staat lei 
                       • lei daartoe dat huishoudings lenings en bankoortrekkings terug
                          betaal, minder geld is beskikbaar en krediet raak duurder 
                       • daartoe lei dat huishoudings wat rente op vaste deposito's en
                          besparings verdien voordele van 'n hoër opbrengs op
                          deposito's/besparings     wat    behoeftebevrediging        positief
                          beïnvloed, geniet 
                       • meer buitelandse investering aantrek as gevolg van beter
                          opbrengste 
                         (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)            (2 x 2)         (4)

2.4      Gebruik die grafiek om die impak van 'n toename in uitvoere na China
         op die waarde van die rand te verduidelik.

         •   'n Styging in die uitvoere van Suid-Afrika na China sal die aanbodkromme
             regs laat skuif (van AA na A1A1) wat 'n styging in die vraag na rand
             veroorsaak 
         • Dit sal lei tot 'n styging in die hoeveelheid aangebied van joean (van 100
             eenhede na 150 eenhede) 
         • Die waarde van die joean sal depresieer van R2,00 tot R1,40 / die
             waarde van die rand appresieer 
         • Die situasie sal baie goed bestuur moet word, omdat die geappresieerde
             geldeenheid produkte minder bekostigbaar maak wat uitvoere laat
             daal 
         • Die waarde van die rand het gestyg in terme van die joean 
          (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                   (Maks 8)                (8)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                  6                            DBE/November 2019
                                     NSS – Nasienriglyne

2.5     Met verwysing na die Phillips kromme, ontleed die verband tussen inflasie
        en werkloosheid.

        •   Die Phillipskromme toon dat inflasie sal styg as daar minder werkloosheid is
            (trade-off/opweeg) 
        • Vaardigheidsontwikkeling en verbeterde onderrig wat indiensneming verbeter
            sal 'n styging in die vraag na goedere en dienste skep wat sal lei tot
            inflasie 
        • 'n Baie hoë inflasie kan lei tot stagflasie (hoë inflasie en hoë werkloosheid) as
            gevolg van 'n daling in die vraag na goedere en dienste en aanleiding gee tot
            minder indiensneming 
        • Inflasieteikens (3 – 6%) sal keer dat stagflasie voorkom (hoë
            werkloosheid)
        • Die vraag na goedere en dienste kan gestimuleer word sonder 'n toename in
            indiensneming 
        • Die werker (verbruiker) mag gebruik maak van verlengde kredietfasiliteite om
            dieselfde lewenstandaard te geniet sodra hulle prysstygings ervaar 
        • Verskeie eksterne faktore mag werkskepping beïnvloed in 'n land soos die
            tendens om finale goedere in te voer wat die keuse van verbruikers mag
            verbeter sonder om die werkloosheidsprobleem op te los 
        • Die depresiasie van die rand mag lei tot prysstygings wat nie noodwendig
            werkloosheid sal verminder nie 
        • Kapitaalintensiewe produksieprosesse sal nie noodwendig tot verdere
            werkskepping bydra nie 
        (Aanvaar enige ander korrekte relevante hoër-orde-antwoord)                              (8)
                                                                                                 [40]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                   7                           DBE/November 2019
                                      NSS – Nasienriglyne

VRAAG 3: EKONOMIESE STREWES
3.1      Beantwoord die volgende vrae.
         3.1.1        Noem TWEE tipes ekonomiese                 aanwysers     wat     met
                      prysveranderinge verband hou.

                      • PPI 
                      • VPI                                                      (2 x 1)         (2)

         3.1.2        Wat kan die plaaslike owerheid doen om protesoptogte oor
                      dienslewering te voorkom?

                      • Verseker dat onderhoud van infrastruktuur, skoon water,
                        sanitasie en afvalverwydering in plek is 
                      • Munisipaliteite behoort uitstekende dienste voortdurend aan hul
                        gemeenskappe te lewer 
                        (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)        (1 x 2)          (2)
3.2      DATARESPONS
         3.2.1        Watter ekonomiese aanwyser word in die uittreksel hierbo
                      belig?

                      Indiensneming / produksie                                                  (1)
         3.2.2        Noem die sosiale aanwyser wat die toegang tot elektrisiteit
                      insluit.

                      Dienste                                                                    (1)

         3.2.3        Beskryf kortliks die term globalisering.

                      Globalisering is die wêreldwye raakpunte en interaksie van
                      ekonomieë, met handel as belangrike element wat deur
                      inligtingstegnologie moontlik gemaak is 
                      (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                           (2)

         3.2.4        Watter impak sal 'n tekort aan opgeleide werkers op
                      wêreldhandel hê?

                      •   Dit sal internasionale handel verminder as gevolg van
                          verhoogde      produksiekoste      wat      mededingendheid
                          verminder
                      •   Dit sal die ongelykheidsgaping tussen lande vergroot waar
                          gevorderde ekonomieë deur die nuutste tegnologie bevoordeel
                          word 
                      •   Verlaag internasionale handel as gevolg van swak gehalte
                          produkte wat geproduseer word 
                          (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                       (2)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                    8                           DBE/November 2019
                                       NSS – Nasienriglyne

         3.2.5        Hoe kan onderwys as sosiale aanwyser                  ongelykhede
                      verminder wat wêreldwyd ondervind word?
                      Onderwys as sosiale aanwyser kan ongelykheid verminder deur:
                      • skepping van vaardighede en kennis nodig vir tegnologies
                          gevorderde ekonomieë 
                      • verskaffing van 'n effektiewe onderwys en opleiding vir almal,
                          byvoorbeeld die geen-fooi skolestelsel / voedingskema /
                          finansiering van tersiêre onderrig of vakleerlingskappe 
                      • verhoogde toeken van fondse uit die begroting om vir
                          voldoende infrastruktuur voorsiening te maak 
                      • konstante ontwikkeling en indiensopleiding wat lewenslange
                          leer en opgradering van vaardighede en kennis verseker 
                      (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)            (2 x 2)         (4)

3.3      DATARESPONS

         3.3.1        Identifiseer die eerste owerheidsbeleid wat in 1994
                      geïmplementeer is om die wanbalans van die verlede te
                      oorbrug.
                      HOP                                                                         (1)

         3.3.2        Gee EEN doelwit van die Nasionale Ontwikkelingsplan.
                      •   Elimineer werkloosheid 
                      •   Uitroei van armoede 
                          (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                        (1)

         3.3.3        Beskryf kortliks die term ekonomiese ontwikkeling.
                      Ekonomiese ontwikkeling is 'n styging in die per capita inkome wat
                      lei tot 'n verbeterde lewenstandaard 
                      (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                            (2)

         3.3.4        Hoekom het AsgiSA misluk?
                      AsgiSA het misluk omdat dit nie die doelwit van halvering van
                      werkloosheid en uitroei van armoede teen 2014 bereik het nie 
                      omdat:
                      • 'n gemiddelde groeikoers van 6% nie bereik kon word nie 
                      • stabiele wisselkoerse nie bereik is nie 
                      • vaardigheidsontwikkeling tekort skiet 
                      • goeie staatsbestuur (publieke administrasie) nie bereik is
                          nie
                      • ‘n massiewe investering in infrastruktuur ‘n belangrikste
                          strategie van die staat was, alhoewel ‘n massiewe
                          agteruitgang van paaie bespeur word 
                      • gefokus is op bou van klein ondernemings om die gaping
                          tussen die formele en informele ekonomie te oorbrug alhoewel
                          werkloosheid nie opgelos is nie 
                      (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                            (2)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                   9                           DBE/November 2019
                                      NSS – Nasienriglyne

         3.3.5        Hoe sal Suid-Afrika binne 'n dinamiese globale omgewing
                      voordeel trek as die NOP slaag?

                      As die NOP slaag sal Suid-Afrika bevoordeel word deur:
                      • deelname in wêreldhandel en investering om die
                         wêreldekonomie en internasionale politiek te hervorm 
                      • verskyning van nuwe verbruikers in ontwikkelende lande sal
                         geleenthede vir alle ekonomieë verbreed 
                      • 'n stygende vraag na kommoditeite en uitbreidende markte 
                      • mededinging in vervaardiging en inligtingstegnologie maak
                         dienslewering moontlik dat internasionale mededinging
                         vergroot
                      • genieting van die vloei van mense, kapitaal, idees en tegnologie
                         
                      • deelname aan streeksamewerking in Afrika waar buurlande
                         water kan voorsien in ruil vir lae-koolstof energie in Suidelike
                         Afrika 
                         (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)        (2 x 2)         (4)

3.4      Verduidelik die rol van internasionale instellings in die standaardisering
         van 'n land se aanwysers.

         •  Die internasionale instellings betrokke by standaardisering is die
            Internasionale Monetêre Fonds, die Wêreldbank en Verenigde Nasies
         • Oorbruggingsfinansiering vir betalingsbalans-tekorte word deur die IMF
            betaal as die betalingsbalanse volgens hulle voorskrifte opgestel is 
         • Die IMF fokus fisies op staatsfinansies statistiek rakende publieke
            finansies rekeningkunde, en baseer hul voorspellings slegs op
            transaksies wat inderdaad plaasgevind het en die wat verwag word om te
            gebeur 
         • Die Wêreldbank is verantwoordelik vir ontwikkelingshulp en is die wêreld
            se grootste bron van finansiële bystand 
         • Die Verenigde Nasies is verantwoordelik vir kinderbystand deur die
            Unicef 
         • Die Verenigde nasies is voorskriftelik in die gebruik van die Stelsel van
            Nasionale Rekeninge wanneer produksie, inkome en bestedings-
            rekeninge opgestel word 
         • Ekonomiese- en sosiale aanwysers is belangrik omdat internasionale
            hulp en befondsing aan organisasies, spesifikasies het hoe dit opgestel
            moet word 
         • Lande sal geen voordele geniet as hul aanwysers nie beskikbaar of in lyn
            met die instellings se vereistes is of wanneer prestasies nie 'n lid se hulp
            of befondsing toon nie 
         (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                        (4 x 2)         (8)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                               10                          DBE/November 2019
                                   NSS – Nasienriglyne

3.5      Hoe kan ongelyke lewenstandaarde wat met die Noord-Suidverdeling,
         verband hou, hanteer word?

         Ongelyke lewenstandaarde kan hanteer word deur:
         • skepping van surplusse op die BBP wat lande spaar en belê in hul
            ekonomieë en aanleiding gee tot hoër lewenstandaarde 
         • styging in die per capita inkome in ontwikkelende lande in die Suide deur
            verhoogde buitelandse investering wat aanleiding gee tot verhoogde
            ekonomiese groei 
         • te fokus op grootskaalse nywerheidsaktiwiteite en 'n wye verskeidenheid
            dienste waar meer mense betrokke kan raak by ekonomiese aktiwiteite
            wat lei tot 'n styging in inkomstevlakke 
         • die owerheid meer bydra deur meer belastings te hef om beter dienste te
            verskaf 
         • verhoging van die lewensverwagting in ontwikkelende lande wat gebuk
            gaan onder siektes en swak gesondheid deur betrokkenheid van
            ontwikkelde lande waar die nuutste navorsing en tegnieke gepraktiseer
            word 
         • te fokus op die geveg teen ondervoeding en ernstige siektes soos HIV
            Vigs 
         • standaard van onderwys te verhoog deur effektiewe interaksie met die
            betrokke partye betrokke by menslike ontwikkeling 
         • die vlak en effektiwiteit van onderwys beskikbaar te stel, soos uitgedruk
            deur die volwassene geletterdheidskoers 
             (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                               (8)

                                                                                             [40]

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                  11                           DBE/November 2019
                                      NSS – Nasienriglyne

VRAAG 4: MAKRO-EKONOMIE EN EKONOMIESE STREWES

4.1      Beantwoord die volgende vrae.

         4.1.1        Noem TWEE tipes markte wat deel van die finansiële stelsel
                      vorm.

                      •   Geld 
                      •   Kapitaal 
                      •   Buitelandse wisselkoers                                (2 x 1)         (2)

         4.1.2        Hoekom is dit belangrik om bewegende gemiddeldes in die
                      vooruitskatting van sakesiklusse te gebruik?

                      Dit verwyder fluktuasies in ekonomiese data wat dit makliker maak
                      om sakesiklusse (‘n spesifieke neiging) te voorspel 
                      (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)          (1 x 2)          (2)

4.2      DATARESPONS

         4.2.1        Identifiseer die land in die uittreksel wat aan die G8-groep
                      lande behoort.

                      Verenigde Koninkryk                                                        (1)

         4.2.2        Wat is die impak van korrupsie op volle indiensneming as
                      makro-ekonomiese doelwit?

                      Indiensneming daal / Werkloosheid styg 
                      (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                           (1)

         4.2.3        Beskryf kortliks die term betalingsbalans.

                      Dit is die opteken van alle finansiële transaksies tussen een land
                      en die res van die wêreld vir 'n spesifieke periode gewoonlik een
                      jaar 
                      (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                           (2)

         4.2.4        Hoekom sal openbare sektor mislukking tot ekonomiese
                      onstabiliteit lei?

                      Foutiewe gebruik van die fiskale beleid sal nie:
                      • pryse effektief stabiliseer nie / betalingsbalans regstel nie /
                          meer werk skep nie 
                      Publieke sektor mislukking word aangetref as basiese behoeftes
                      nie bevredig word in ‘n land nie en aanleiding gee tot ‘n daling in
                      die lewenstandaard (ondoeltreffende toedeling van hulpbronne)
                      
                      (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                           (2)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                   12                          DBE/November 2019
                                       NSS – Nasienriglyne

         4.2.5        Hoe kan buitelandse direkte investering die groeikoers in
                      Suid-Afrika beïnvloed?

                      Die ekonomiese groeikoers sal positief geraak word as:
                      • buitelanders hul BDI in Suid-Afrika vergroot, produksie van
                          goedere en dienste stimuleer wat lei tot verhoogde
                          ekonomiese groei 
                      • indiensneming styg, verbruiksbesteding sal toeneem wat
                          verdere produksie stimuleer 

                      Die ekonomiese groeikoers sal negatief geraak word as:
                      • buitelanders onseker voel as gevolg van staatskaping,
                          korrupsie en misdaad en hul BDI uit Suid-Afrika onttrek 
                      • produksie sal negatief geraak word en ekonomiese groei sal
                          daal                                           (Enige 2 x 2)
                          (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                        (4)

4.3      DATARESPONS

         4.3.1        Noem enige EEN land wat 'n lid van BRICS is.

                      China, Brasilië, Suid-Afrika, Rusland, Indië                               (1)

         4.3.2        Wat is die doel van BRICS?

                      BRICS streef na ontwikkeling van alle lidlande / stygende
                      investering / toename in handel / bevordering van integrasie tussen
                      lidlande 
                      (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                           (1)

         4.3.3        Beskryf kortliks die term resessie.

                      'n Negatiewe ekonomiese groeikoers vir ten minste twee
                      opeenvolgende kwartale / verwys na 'n daling in die vlak van
                      ekonomiese uitset wat ten minste vir 6 maande duur 
                      (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                           (2)

         4.3.4        Hoekom sal 'n resessie 'n groter uitwerking op opkomende
                      markekonomieë as op ontwikkelde ekonomieë hê?

                      • Gedurende 'n resessie neig ontwikkelde ekonomieë om hul
                        finansiële hulp aan opkomende markekonomieë te onttrek om
                        te poog om hul eie interne kwessies op te los 
                      • 'n Gebrek aan kapasiteit om aanvaarbare ekonomiese
                        groeikoerse te bereik 
                      • Opkomende markekonomieë het meer uitdagings byvoorbeeld
                        hoë werkloosheid, 'n gebrek aan infrastruktuur en groter
                        kwesbaarheid in 'n resessie 
                        (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                         (2)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                 13                           DBE/November 2019
                                     NSS – Nasienriglyne

         4.3.5        Hoe   kan    lande  voordeel         trek   uit   internasionale
                      handelsooreenkomste?
                      Lande sal voordeel trek deur:
                      • verminderde tariewe op in- en uitvoere te geniet 
                      • vasmaak van kredietlyne tussen lidlande 
                      • versterking van verhoudings in die velde van handel en
                        investering  byvoorbeeld ekonomiese samewerking,
                        wetenskap en tegnologie, kultuur en kuns en dialoog oor
                        internasionale kwessies 
                      • verbeter wêreldwye doeltreffendheid 
                        (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)   (2 x 2)             (4)

4.4     Verduidelik kortliks die rol van huishoudings en die sakesektor in die
        ekonomiese kringloopmodel.
        HUISHOUDINGS:
        • Huishoudings is die grootste verbruikers van ekonomiese goedere en
           dienste
        • Huishoudings is die primêre ekonomiese deelnemers omdat hulle die
           eienaars van die vier produksiefaktore is 
        • Huishoudings verkoop produksiefaktore in die faktormark aan besighede 
        • Huishoudings betaal belasting aan die owerheid 
        • Huishoudings ontvang vergoeding vir produksiefaktore (huur, loon, rente en
           wins) 
        • Huishoudings gebruik hul inkome om verbruikersgoedere en dienste op
           produkmarkte te koop om hul behoeftes te bevredig              (Maks 4)
        SAKESEKTOR:
        • Firmas koop die produksiefaktore van die huishoudings in die faktormark 
        • Firmas gebruik die produksiefaktore om goedere en dienste te produseer 
        • Besighede verkoop goedere en dienste aan huishoudings, die owerheid en
          die buitelandse sektor 
        • Besighede ontvang 'n inkomste van die ander drie deelnemers (huishoudings,
          owerheid en buitelandse sektor) 
        • Besighede tree op as kopers in die faktormarkl en verkopers in die
          goederemark met wins as doelwit                                   (Maks 4)
          (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                     (2 x 4)               (8)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                              14                         DBE/November 2019
                                  NSS – Nasienriglyne

4.5      Hoe kan die monetêre beleid tot ekonomiese groei bydra?
         Die monetêre beleid dra tot ekonomiese groei by deur:
         • 'n verhoging in die geldvoorraad om meer krediet aan huishoudings en
            maatskappye voor te skiet, wat verbruik en produksie positief sal
            beïnvloed 
         • afwaartse aanpassing van rentekoerse om verbruikers in staat te stel om
            meer geld te leen, wat vraag na goedere en dienste stimuleer en
            produksie positief beïnvloed 
         • implementering van opemarktransaksies deur terugkoop van sekuriteite
            en obligasies en meer geld vir lenings beskikbaar maak 
         • bestuur wisselkoersbeheer deur met SARB saam te werk om die
            inflasiekoers te bestuur sodat die ekonomie nie benadeel word nie 
         • 'n verlaging van die kontantreserwevereistes wat banke sal toelaat om
            meer geld uit te leen wat produksie sal stimuleer 
         • Oorreed handelsbanke (morele oorreding) om meer geld in ‘n resessie uit
            te leen wat sal verseker dat die produksie van goedere nie daal nie 
         (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                                  (8)
                                                                                            [40]
                                                           TOTAAL AFDELING B:               80

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                15                           DBE/November 2019
                                    NSS – Nasienriglyne

AFDELING C

VRAAG 5: MAKRO-EKONOMIE

• Ondersoek Suid-Afrika se uitvoerbevordering handelsbeleid.    (26 punte)
• Evalueer die sukses van beskerming as 'n handelsbeleid om nywerhede teen
  buitelandse mededingers te beskerm.                            (10 punte)                    [40]

INLEIDING
• Uitvoerbevordering behels die verskaffing van aansporings om plaaslike besighede
  aan te moedig om goedere vir uitvoer te produseer 
• Wanneer die owerheid aansporings betaal om produksie van goedere aan te
  moedig wat uitgevoer kan word 
  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                       (Maks 2)

INHOUD: HOOFDEEL

Metodes van uitvoerbevordering:

•   Aansporings: 
    - Behels ‘n program wat deur EMIA geadministreer word, en mik daarna om
      uitvoerders vir koste aangegaan te kompenseer in die ontwikkeling van
      uitvoermarkte vir Suid-Afrika 
    - Deelname in ‘National Pavilion’ uitstallings, waar regeringsministers
      toekomstige handelsooreenkomste vir sakeondernemings afhandel 
    - Verskaf ondersteuning in kredietfasiliteite, soos wanneer die regering besighede
      bystaan om lae rentekoers-lenings te bekom deur sekuriteit op sekere
      leningsooreenkomste te teken 
    - Die DHN verskaf sakeintelligensie deur marknavorsing te verskaf asook
      uitvoergeleenthede oorsee 
    - Tegniese advies en kennis word deur die DHN verskaf rakende sake soos
      produkspesifikasie, advertensies en bemarking 
    - Verskaf versekeringskontrakte vir uitvoertransaksies 
    - Ander toelaes is:
      o Belastingtoegewings op verdienste uit uitvoere 
      o Belastingtoegewings op kapitake beleggings in die produksie van
           uitvoergoedere 
      o Implementeer Uitvoerprosesseringsones om uitvoer investeringsfirmas te
           trek deur belastinguitsonderings te bied en minder arbeidsbeperkinge
    - Die owerheid verskaf inligting oor uitvoermarkte om uitvoere te stimuleer 
    - Ander voorbeelde is navorsing oor nuwe markte, konsessies oor vervoerkoste,
      uitvoerkrediet 
•   Subsidies: 
    - Aansporings wat uitvoerders aanmoedig om die omvang van hul produksie te
      verhoog 
    - Dit sluit direkte en indirekte subsidies in:
      o Direkte subsidies: kontantbetalings aan uitvoerders 
      o Indirekte subsidies: terugbetaling van invoertariewe en algemene
          belastingrabatte 

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                 16                          DBE/November 2019
                                     NSS – Nasienriglyne

•   Handelsneutraliteit: 
    - Subsidies gelyk aan die grootte van invoerheffings word betaal 
    - Neutraliteit kan bereik word deur handelsliberalisering 
    - Ondervind groei in uitvoere as die verhoogde koste-effekte van beskerming
      deur subsidies geneutraliseer word 

Redes vir uitvoerbevordering:

•   Uitvoere help om te betaal vir die goedere wat ons moet invoer, en verbeter die
    betalingsbalans / verdien buitelandse valuta 
•   Uitvoerbevordering verskaf finansiële bystand vereis deur binnelands doeltreffende
    besighede om meer mededingend te raak 
•   Uitvoerbevordering kan ook lei tot ‘n styging in Suid-Afrika se handel wêreldwyd
•   Dit stimuleer nywerheidsontwikkeling, wat baie belangrik is vir ekonomiese groei en
    die ontwikkeling in die land 
•   Die land bereik aansienlike uitvoergeleide ekonomiese groei 
•   Uitvoerbevordering vergroot die produksiekapasiteit van die land omdat meer
    vervaardiging-industrieë opgerig word 
•   Uitvoermarkte is baie groter as plaaslike markte en om toegang daartoe te verkry,
    is baie groter volume in produksie nodig 
•   Meer werkers sal indiensgeneem word as gevolg van die verhoogde volume
    geproduseer 
•   Pryse sal daal as gevolg van groter volume goedere geproduseer 

Voordele:

•   Geen beperkings op grootte of skaal nie aangesien wêreldmark baie groot is 
•   Produksie word gebaseer op koste en doeltreffendheid  georganiseer volgens
    die komparatiewe voordele 
•   Verhoogde binnelandse produksie lei tot groei in uitvoere en invoere (verskaf
    buitelandse valuta om te betaal vir noodsaaklike invoere) 
•   Wisselkoerse is meer realisties  geen wisselkoersbeheer of kwantitatiewe
    beperkinge bestaan nie 
•   Verhoogde indiensneming geleenthede, verbeter inkome en vaardighede 
•   Verhoogde grootte van binnelandse besighede en styging in aantal produsente sal
    lei tot verhoogde mededinging, meer doeltreffende uitset, laer pryse en groter
    verskeidenheid van goedere / inflasie kan verlaag word 

Nadele van uitvoerbevordering:

•   Die reële produksiekoste is verborge 
    - Dit verminder die totale koste by subsidies en aansporings 
    - Die werklike produksiekoste word versteek deur die subsidies 
    - Die produk mag dus nooit in staat wees om in die opemark mee te ding nie 
•   Gebrek aan mededinging 
    - Aansporings en subsidies verlaag pryse en dwing mededingers wat in staat is
       om volhoubare en winsgewende besighede op te rig, uit die mark 
    - Totale potensiële handel word dus verminder met subsidies eerder as
       daarsonder 

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                 17                           DBE/November 2019
                                     NSS – Nasienriglyne

•   Verhoogde tariewe en kwotas 
    - Oorsese lande mag weerwraak neem met tariewe en selfs kwotas as
       soortgelyke goedere plaaslik verkoop word benede hul werklike
       produksiekoste
    - Magtige oorsese besighede kan dit bekostig om soortgelyke produkte teen
       aansienlik laer pryse aan te bied 
    - In vergelyking met hul produksie, mag gesubsidieerde besighede in die
       plaaslike mark so klein wees dat besigheid wat subsidie ontvang, vernietig 

•   Beskerming van arbeidsintensiewe nywerhede 
    - Ontwikkelde lande handhaaf dikwels hoë vlakke van effektiewe beskerming van
      hul nywerhede wat arbeidsintensiewe goedere produseer, waar ontwikkelende
      lande alreeds 'n komparatiewe voordeel geniet of kan bereik 
    - Uitvoerbevordering lei tot die beskerming van arbeidsintensiewe nywerhede
      deur ontwikkelde lande 
    - Verhoogde uitvoere is storting, wat buitelandse firmas in staatstel om ‘n groter
      markaandeel te verkry en plaaslike produsente uit die mark dwing            (26)
INHOUD: ADDISIONELE DEEL
Beskerming was suksesvol deurdat:
• nywerheidsontwikkeling bevorder word deur te fokus op die implementering van
   tegnologie en markte (byvoorbeeld die NNBR) 
• stabiele loonvlakke bereik word deur die bekendstelling van 'n nasionale
   minimumloon wat in alle sektore van indiensneming toegepas word, en die
   produktiwiteit van werkers positief beïnvloed 
• sekere strategiese sleutelnywerhede soos Sasol en Mittal Staal verskaf is wat die
   nasionale onafhanklikheid verseker het 
• sekondêre nywerhede ontwikkel is soos byvoorbeeld in die verskaffing van
   elektrisiteit, meganiese dienste en die bounywerheid wat meer gedifferensieerde
   ekonomie met groter ekonomiese stabiliteit geskep het 
• natuurlike hulpbronne beskerm is soos rooibostee en die beskerming van inheemse
   kennis wat toegelaat het dat die Hoodia plant gebruik kon word vir medisinale
   doeleindes 
Beskerming wat nie suksesvol nie omdat:
• sekere nywerhede nie beskerm was teen pryssny / storting van buitelandse
   goedere en dienste nie  byvoorbeeld die storting van hoender deur die VSA 
• nywerhede wat wel beskerming geniet het, neig om afhanklik te raak en nie
   finansieel daarsonder kan oorleef nie 
• die stygende werkloosheidsyfers (29%) die lewenstandaard bedreig omdat 'n laer
   vraag 'n negatiewe impak op plaaslike produksie het 
• die nadele van hoër pryse teen die voordele van laer ingevoerde pryse moeilik
   opweeg oor die langtermyn 
• dit invoervervanging aanmoedig, maar nie uitvoer van goedere as gevolg van 'n
   gebrek aan owerheidsubsidies. Onderdruk ekonomiese groei en werkskepping 
• dit moeilik is vir die owerheid om te bepaal wanneer om beskerming uit te faseer,
   want as dit te vinnig gebeur, laat dit die nywerhede kwesbaar 
• die inflasiespiraal aktiveer, omdat die koste betrokke by beskerming impliseer dat
   plaaslik vervaardigde goedere duurder is as ingevoerde goedere                              [40]
• dit moeilik is om 'n beleid van beskerming te ontwerp waar besluit word of 'n sekere
   nywerheid tot voordeel van die hele land is of nie 
Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                               18                          DBE/November 2019
                                   NSS – Nasienriglyne

•   dit moeilik is om kleuternywerhede te identifiseer waar tydelike beskerming
    toegeken word                                                  (Maks 10)
    (Aanvaar enige ander korrekte relevante hoër orde antwoorde)
SLOT
Wêreldekonomieë groei en ontwikkel op beter internasionale verhoudings met ander
lande deur verskillende handelsbeleide soos invoervervanging en vryhandel toe te pas

VRAAG 6: EKONOMIESE STREWES

• Bespreek in detail die Suid-Afrikaanse pogings (inisiatiewe) in streeks-
  ontwikkeling.                                                 (26 punte)

• Hoe suksesvol was die owerheid om nywerheidsontwikkeling in Suid-Afrika te
  bevorder?                                                      (10 punte)                  [40]

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                 19                            DBE/November 2019
                                     NSS – Nasienriglyne

INLEIDING
Streeksontwikkeling verwys na beleide watmik na verbeterde ekonomiese bestaan op
spesifieke gebiede of streke 
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                      (Maks 2)
INHOUD: HOOFDEEL

RUIMTELIKE ONTWIKKELINGSINISIATIEWE 

•   ROI is 'n beleid wat volhoubare nywerheidsontwikkeling bevorder in gebiede waar
    armoede en werkloosheid op hul hoogste is 
•   Dit kan gedefinieer word as 'n skakel tussen belangrike ekonomiese spilpunte en
    streke in 'n land 
•   Die bedoeling was om ROI's te laat groei deur van privaatsektor investering
    gebruik te maak 
•   Die staat het inwaartse investering aangemoedig deur die toestaan van
    aansporings 
•   Die publieke/privaat vennootskappe bevorder die ekonomiese potensiaal van
    onderontwikkelde gebiede 
•   In 'n PPV kan 'n private besigheid die kapitaal vir die oprig van die fabriek verskaf
    en vir die aankoop van grondstowwe en indiensneming van arbeid, terwyl die
    owerheid die kapitaal vir infrastruktuur verskaf  bv. Paaie en water 
•   Daar is twee tipes PPV's wat verskillend vergoed word: eenvormige betalings en
    gebruikersfooie 
•   Die ROI is betrokke by interdepartementele beleggingstrategie wat deur die DHN
    en departement van vervoer gelei is 
•   Die staat se nywerheidsbeleid streef na balans tussen openheid en bevordering
    van plaaslike mededingendheid deur binnelandse ekonomie oop te stel vir
    internasionale mededinging 
•   DHN is die dryfkrag agter nywerheids- en ruimtelike ontwikkeling 
•   Vertrou op netwerk met ander sentrale provinsiale staatsdepartemente, NOK,
    parastatale soos Telkom, Eskom en Transnet en navorsingsinstellings om
    ontwikkeling te beplan en te monitor 

•   Sleutelbeleid bly volhoubare nywerheidsontwikkeling in gebiede waar armoede en
    werkloosheid op hul hoogste is 
•   ROIs fokus op hoëvlak ondersteuning in gebiede waarv sosio-ekonomiese
    toestande gekonsentreerde staatsbystand vereis en inherente ekonomiese
    potensiaal bestaan 
•   ROI se doelwit is om investering spoedig te verkry en sinergie tussen verskillende
    tipes investering te maksimeer 
Doelwitte van Ruimtelike Ontwikkelingsinisiatiewe:
• Ontwikkel die fisiese infrastruktuur soos paaie en hawens 
• Stimuleer ekonomiese aktiwiteite in die onderontwikkelde gebiede 
• Skep werk en stimuleer ekonomiese groei in die onderontwikkelde gebiede 
• Ontwikkel inherente ekonomiese potensiaal in die onderontwikkelde gebiede 
• Lok privaatsektor en buitelandse direkte investering (BDI) 
• Skep publieke/privaatsektor vennootskappe (PPV) 

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                          20             DBE/November 2019
                              NSS – Nasienriglyne

Kopiereg voorbehou                                    Blaai om asseblief

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                21                           DBE/November 2019
                                    NSS – Nasienriglyne

NYWERHEIDSONTWIKKELINGSONES (NOS'e) 
•   Fisies omheinde nywerheidsgebied, omhein en verbind aan 'n hawe of lughawe 
•   Hierdie gebiede heffingsvrye invoergebiede 
•   Hierdie strategie was gemik daarop om uitvoere internasionaal meer mededingend
    te maak 
•   Hulle fokus op die skepping van werksgeleenthede en bevordering van uitvoere 
•   Goedere geproduseer in hierdie sones behoort na die buiteland uitgevoer te
    word
•   As dienste van buite verskaf word, behoort die ekonomie in hierdie gebiede
    gestimuleer te word 
•   'n NOS bied 'n wêreldklas infrastruktuur, geniet 'n zero koers BTW op voorrade uit
    Suid-Afrikaanse bronne asook 'n verlaagde belasting op sekere produkte 
NOSe is gevestig vir die bevoordeling van:
  - ondersteuning aan maatskappye wat gevestig word 
  - toegang tot vervoer vir uitvoerdoeleindes 
  - kwytskelding van invoerregte op produkte geproduseer vir uitvoer 
  - subsidies in verskaffing van vaardigheidsopleiding vir werknemers 

Elke NOS is ontwerp om:
   - ‘n bestemming te verskaf vir die daarastelling van strategiese investering 
   - bevorder en ontwikkel ‘n verband tussen binnelandse en sone-gebaseerde
      nywerhede 
   - maak eksploitering van hulpbron-intensiewe nywerhede moontlik 
SPESIALE EKONOMIESE SONES 
•   Dit skep 'n basis vir 'n breër verskeidenheid van nywerheidsparke en verskaf
    ekonomiese infrastruktuur om werkverskaffing te bevorder 
•   Geografies afgebakende gebied waar spesifieke ekonomiese aktiwiteite
    geïdentifiseer is om te ontwikkel 
•   Hierdie     gebiede      geniet    aansporings   soos     belastingverligting  en
    ondersteuningstelsels om nywerheidsontwikkeling te bevorder 
•   Daar is planne om belasting tot 15% te verlaag as aansporing om nuwe nywerhede
    te lok 
•   Die doelwit in die skepping van 'n SES is lok:
    - Slegs nuwe besighede 
    - Besighede wat 'n nuwe produklyn ontwikkel 
    - Besighede wat hul volume uitbrei 
•    Die DHN het aangedui dat die bestaande NOS'e waar spesiale
     belastingaansporings nie toegepas word nie, mettertyd sal inskakel by SES'e 

KORRIDORS 
• Korridors in Suid-Afrika is ruimtelike gebiede wat spesifieke voordele in mynbou,
  vervaardiging en ander besighede bied 
• Die voordele sluit die aanwesigheid van bestaande infrastruktuur en die
  spesialisasie van produkte of dienste in 
• Hierdie korridors is ontwikkelingsgebiede binne Suid-Afrika en is die ontwikkelings-
  prioriteite van alle ontwikkelingsagentskappe 

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 22

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                 22                           DBE/November 2019
                                     NSS – Nasienriglyne

Die DHN verskaf hulp in die ondersteuning van die ontwikkelingskorridors, bv. die
Maputo korridor wat in Gauteng begin en verleng deur Mpumalanga tot by die Maputo
hawe, en geleentheid bied vir die vervoerindustrie 
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                       (Maks 26)
INHOUD: ADDISIONELE DEEL

Owerheid het nywerheidsontwikkeling bevorder deur:

•  Implementering van GEAR wat gefokus het op bevordering van groei in die
   ekonomie, alhoewel dit nie suksesvol was nie omdat reële BBP groei nie op alle
   vlakke aangetref word nie 
• Die Nuwe Groeipad (NGP) wat gefokus het op die verbetering van sekere
   vaardighede wat besighede wêreldwyd sou lok hierheen en langtermyn
   ekonomiese groei verseker, nog nie 'n verlaging in die aantal werklose mense
   gesien nie 
• Die Nasionale Nywerheidsbeleidsraamwerk (NNBR) is 'n toepaslike beleid gemeet
   aan beste praktyk, alhoewel verhinder deur die werkloosheidsprobleem 
• Besteding van groot bedrae op die verbetering van infrastruktuur deur die ROI's in
   instandhouding, verbetering, uitbreiding van infrastruktuur ; toegang tot toepaslike,
   moderne, effektiewe en doeltreffende infrastruktuur en dienste, was dit steeds nie
   genoeg om werkloosheid te verminder nie 
•   Implementering van NOS'e, alhoewel sommige NOS'e 'n lae groei getoon het as
   gevolg van aansporings wat nie aantreklik genoeg was om genoeg gevestigde
   besighede te lok nie 
• Bekendstelling van SES'e om die negatiewe elemente van die NOS'e aan te
   spreek deur addisionele aansporings te verskaf 
• Bevordering van kleinsake-ontwikkeling was redelik suksesvol as gevolg van die
   verbeterde toegang tot finansiering en kapitaal wat entrepreneurskap bevorder het
   en bygedra het tot doeltreffende en kompeterende markte 
• Bevordering van streeksontwikkeling alhoewel dit steeds oneweredig versprei is en
   gekonsentreerd is in die vier groot metropole 
(Aanvaar enige ander korrekte relevante hoër orde antwoord)                  Maks (10)

SLOT
Dit is die uiteindelike verantwoordelikheid van die owerheid om te verseker dat
behoorlike en effektiewe beleide en beleidsrigtings gegee word aan die totale
ontwikkeling van die land. Elke gebied in die land behoort oorweeg te word vir
ontwikkeling en groei. Die nywerheidsektor word geoormerk as veiligheidsnet vir die
miljoene werklose mense in die landelike gebiede 
(Aanvaar enige ander korrekte relevante hoër orde antwoord)              Maks (2)            (40)

                                                               TOTAAL AFDELING C:            40

                                                                     GROOTTOTAAL:            150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Economics P1 Nov 2018 FINAL Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-nov-2018-final-memo-afr/163f0388-17fe-4dcb-90ce-35973b4ce181) — Economics · Memo · 2018 · Afr
- [Economics P1 Nov 2017 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-nov-2017-memo-eng/42373e1f-5b55-4cc0-97b4-9b8903280996) — Economics · Memo · 2017 · Eng
- [Economics P1 Nov 2016 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-nov-2016-memo-eng/e9d1075c-f676-4869-ad8a-64675b11fd49) — Economics · Memo · 2016 · Eng
- [Economics P1 Nov 2016 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-nov-2016-memo-afr/3ad593d6-e82a-49ec-ae58-d57f0e0ee936) — Economics · Memo · 2016 · Afr
- [Economics P1 Nov 2014 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-nov-2014-memo-eng/68e34c8d-ff14-4246-887a-c69f32ed75a8) — Economics · Memo · 2014 · Eng
- [Grade 12 NSC Economics P1 (Afrikaans) X10 2019 Preparatory Examination Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-economics-p1-afrikaans-x10-2019-preparatory-examination-question-paper/37295a41-5de8-4317-9725-dc223714aee3) — Economics · QP · 2019 · Afr

## More from Grade 12 Economics

- [MTG Economics Afr](https://www.hlayiso.com/library/mtg-economics-afr/9848e5ba-3f16-47f5-8714-26d23f3a8bf5) — Guide · Afr
- [ECONOMICS P2 GR12 QP JCT 2025 AFR D watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-gr12-qp-jct-2025-afr-d-watermark/3dba3588-624d-493b-bc60-00d7e2783cae) — QP · 2025 · Afr
- [Economics Grade 12 NSC P1 QP September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-12-nsc-p1-qp-september-2025-free-state/4def59dd-ebf4-4191-89e7-2b6d4609d6cc) — QP · 2025
- [Economics Grade 12 NSC P1 QP September 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-12-nsc-p1-qp-september-2025-mpumalanga/5449d7a4-548e-416d-91b4-1da462710798) — QP · 2025
- [Economics Grade 12 NSC P2 QP September 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-12-nsc-p2-qp-september-2025-mpumalanga/efbb0e99-1236-496b-bc64-5b31b3784493) — QP · 2025
- [Economics P1 May-June 2025 Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-may-june-2025-afr/e9c77643-7f83-42e3-b28d-cf84e96050ca) — QP · 2025 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
