# Economics Grade 12 P1 National June 2020 QP (Afr)

> Grade 12 Economics Paper 1 question paper from the National June 2020 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-nov-2020-afr/5b2f8e53-e065-429f-b249-26d69b281208
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Economics
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2020
- Exam period: National June
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 12

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/economics) › [Economics Grade 12 P1 National June 2020 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-nov-2020-afr/5b2f8e53-e065-429f-b249-26d69b281208)

## About this document

Economics · Grade 12 · National June · 2020. Question paper, 12 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                           SENIOR SERTIFIKAAT/
                      NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT

                                      GRAAD 12

                                   EKONOMIE V1

                                 NOVEMBER 2020

PUNTE: 150

TYD: 2 uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                    2                     DBE/November 2020
                                            SS/NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Beantwoord VIER vrae soos volg in die ANTWOORDEBOEK:

         AFDELING A: VERPLIGTEND
         AFDELING B: Beantwoord TWEE van die drie vrae.
         AFDELING C: Beantwoord EEN van die twee vrae.

2.       Beantwoord slegs die vereiste getal vrae. Addisionele antwoorde sal NIE
         nagesien word NIE.

3.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik is.

4.       Lees die vrae aandagtig deur.

5.       Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.

6.       Laat 2–3 reëls tussen onderafdelings van vrae oop.

7.       Beantwoord die vrae in volsinne en maak seker dat die formaat, inhoud en
         konteks van jou antwoorde aan die kognitiewe vereistes van die vrae voldoen.

8.       Gebruik slegs swart of blou ink.

9.       Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

10.      Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                     3                          DBE/November 2020
                                             SS/NSS

AFDELING A (VERPLIGTEND)

VRAAG 1                                                         30 PUNTE – 20 MINUTE

1.1      Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
         Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
         (1.1.1 tot 1.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.9 D.

         1.1.1        Die verskil in die waarde van die uitset by die piek en die waarde
                      van die uitset by die trog van 'n sakesiklus staan as die ... bekend.

                      A    lengte
                      B    tendenslyn
                      C    amplitude
                      D    werklike uitset

         1.1.2        Een van die lidlande van die BRICS-protokol is …
                      A    Japan.
                      B    China.
                      C    Engeland.
                      D    Italië.

         1.1.3        As die marginale verbruiksgeneigdheid (mvg) in 'n 2-sektor-model
                      0,6 is, sal die marginale spaargeneigdheid (msg) … wees.
                      A    4
                      B    6
                      C    9,4
                      D    0,4

         1.1.4        Watter EEN van die volgende word in Oktober voorgelê om die
                      parlement oor veranderinge in die begroting sedert Februarie in
                      te lig?

                      A    Hoofbegroting
                      B    Mediumtermyn-begrotingsbeleidsverklaring
                      C    Mediumtermynbestedingsraamwerk
                      D    Nasionale begroting
        1.1.5         Langtermyndeposito's van die binnelandse sektor by monetêre
                      instellings, vorm deel van die …-geldvoorraad.
                      A    M1
                      B    M2
                      C    M3
                      D    M4

         1.1.6        'n Aanbodrede vir internasionale handel is …

                      A    inkomevlakke.
                      B    voorkeure en smake.
                      C    die grootte van die bevolking.
                      D    arbeidsbronne.
Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                       4                          DBE/November 2020
                                               SS/NSS

         1.1.7         'n Rentekoers wat handelsbanke aan hulle mees gewaardeerde
                       klante bied, word die … koers genoem.
                       A        prima-
                       B        repo-
                       C        vaste
                       D        voorkeur-

         1.1.8         Watter EEN van die volgende word as aksynsreg geklassifiseer?

                       A        Belasting op alkohol
                       B        Geweerlisensie
                       C        Belasting op toegevoegde waarde
                       D        Persoonlike inkomstebelasting                          (8 x 2)           (16)
1.2      Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by 'n item in KOLOM A pas.
         Skryf slegs die letter (A–I) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.8) in die
         ANTWOORDEBOEK neer.

                      KOLOM A                                   KOLOM B
         1.2.1       Outonome verbruik         A   die eienaars van die produksiefaktore in          .
                                                   die ekonomie
         1.2.2       Nuwe ekonomiese
                     paradigma                 B   koördineer regeringsaksies om die
                                                   mededingendheid van Suid-Afrikaanse
         1.2.3       Burokrasie                    besighede te vergroot

         1.2.4       Massaproduksie            C   fokus op die verkryging van vaardighede

         1.2.5       JIPSA                     D   besteding wat ongeag die vlak van
                                                   inkome plaasvind
         1.2.6       Storting
                                               E   die effening van sakesiklusse deur die
         1.2.7       Ekonomiese groei              gebruik van monetêre en fiskale beleid

         1.2.8       Geïntegreerde             F   verseker die aanbod van
                     vervaardigingstrategie        gestandaardiseerde artikels deur 'n
                                                   geoutomatiseerde meganiese proses

                                               G   styging in 'n land se produksiekapasiteit

                                               H   amptelike reëls en regulasies wat
                                                   dienslewering kan verhinder

                                               I   verkoop van goedere in 'n ander land
                                                   teen baie lae pryse waarmee die
                                                   plaaslike nywerheid nie kan meeding nie
                                                                                     (8 x 1)             (8)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                    5                           DBE/November 2020
                                            SS/NSS

1.3      Gee EEN term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term
         langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.6) in die ANTWOORDEBOEK neer.
         Afkortings, akronieme en voorbeelde sal NIE aanvaar word NIE.

         1.3.1        Die arbeidsmag tussen die ouderdomme van 15 en 65 wat gewillig
                      en in staat is om te werk

         1.3.2        Dit illustreer (toon) die verband tussen werkloosheid en inflasie

         1.3.3        'n Vorm van krediet vanaf die Internasionale Monetêre Fonds (IMF)
                      wat gebruik kan word as betalingsbalansprobleme ondervind word

         1.3.4        'n Boete wat deur een of meer lande op 'n ander land gelê word
                      deur handel te beperk

         1.3.5        Beraadslaging tussen die Suid-Afrikaanse Reserwebank en banke
                      om hulle te oortuig om op 'n wenslike manier op te tree

         1.3.6        'n Toename in die aantal mense wat van landelike gebiede na
                      stede verhuis                                         (6 x 1)                (6)

                                                                  TOTAAL AFDELING A:               30

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                      6                             DBE/November 2020
                                              SS/NSS

AFDELING B

Beantwoord enige TWEE             van   die   drie     vrae   in   hierdie   afdeling   in   die
ANTWOORDEBOEK.

VRAAG 2: MAKRO-EKONOMIE                                             40 PUNTE – 30 MINUTE

2.1      Beantwoord die volgende vrae.

         2.1.1        Noem enige TWEE bronne van staatsinkome.                           (2 x 1)      (2)

         2.1.2        Wat is die doel van die residuele item wanneer die
                      bestedingsmetode gebruik word om nasionale inkome te bereken?
                                                                              (1 x 2)                 (2)

2.2      Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                           UITDAGINGS VAN DIE OPENBARE SEKTOR

         Die openbare sektor bestaan uit drie regeringsvlakke, naamlik nasionale,
         provinsiale en plaaslike regering. Die regeringsprogramme sluit die
         Mediumtermyn Strategiese Raamwerk in wat van 2014–2019 as deel van die
         Nasionale Ontwikkelingsplan geïmplementeer is. Dit bestaan uit verskillende
         fokusareas soos onderwys, gesondheid en ekonomiese groei en ontwikkeling.

                                                                        [Aangepas uit www.gov.za]

         2.2.1        Watter regeringsvlak ontwikkel beleid en koördineer dienste in al
                      nege provinsies?                                                                (1)

         2.2.2        Noem EEN makro-ekonomiese doelwit van die staat.                                (1)

         2.2.3        Beskryf kortliks die term rekenpligtigheid.                                     (2)

         2.2.4        Hoe sal die staat voordeel trek uit die privatisering van
                      staatsbeheerde ondernemings?                                                    (2)

         2.2.5        Hoekom is die prysbeleid 'n probleem vir die owerheid met
                      betrekkings tot die verskaffing van goedere en dienste? (2 x 2)                 (4)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                    7                             DBE/November 2020
                                            SS/NSS

2.3      Bestudeer die tabel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                    BETALINGSBALANS 2018
                                        (R MILJOENE)
         1. Lopende rekening                                                        2018
                Goedere-uitvoere                                                   1 175 547
                Netto gouduitvoere                                                    71 678
                Dienste-ontvangste                                                   210 415
                Inkome-ontvangste                                                     96 507
                Min: Goedere-invoere                                               1 222 944
                Min: Betaling vir dienste                                            217 939
                Min: Inkome-betalings                                                250 552
                                       (A)                                           -35 674
         Saldo op die lopende rekening                                              -172 062
         2. Kapitaaloordragrekening                                                      236
         Netto lenings aan (+) lenings van (-) die res van die wêreld               -172 726
                                               [Aangepas uit SARB Quarterly Bulletin, Maart 2019]

         2.3.1        Watter item in die lopende rekening is uniek aan Suid-Afrika?                  (1)

         2.3.2        Benoem die item (A) wat in die lopende rekening in die tabel hierbo
                      ontbreek.                                                                      (1)

         2.3.3        Beskryf kortliks die term Kapitaaloordragrekening.                             (2)

         2.3.4        Verduidelik EEN faktor wat vraag sal beïnvloed om die tekort in die
                      betalingsbalans te verminder.                                                  (2)

         2.3.5        Bepaal die waarde       van    die    handelsbalans.      Toon     ALLE
                      berekeninge.                                                                   (4)

2.4      Verduidelik kortliks leidende aanwysers en saamgestelde aanwysers as
         kenmerke onderliggend aan die vooruitskatting van sakesiklusse. (2 x 4)                     (8)

2.5      Ontleed die impak van 'n devaluasie van die rand op die ekonomie.                           (8)
                                                                                                     [40]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                     8                              DBE/November 2020
                                             SS/NSS

VRAAG 3: EKONOMIESE STREWES                                        40 PUNTE – 30 MINUTE

3.1      Beantwoord die volgende vrae.

         3.1.1        Noem TWEE aanwysers wat aan buitelandse handel verwant is.
                                                                           (2 x 1)                     (2)

         3.1.2        Wat is die doel van die Uitgebreide Openbare Werke-program?
                                                                               (1 x 2)                 (2)

3.2      Bestudeer die tabel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                EKONOMIESE AANWYSERS
                                           2016      2017                        2018
              Bevolking (m.)                  55,2      56,7                        57,7
              BBP @ konstante pryse (Rm) 3 076 465 3 119 984                   3 144 539
              Reële BBP per capita          55 914    55 930                      55 595
              Reële BBP-groei (%)               2,0      0,7                          1,5
              Werkloosheid (%)                25,6      26,1                        27,6
              Inflasie (%)                      5,3      4,6                          4,4
              Gemiddelde wisselkoers         15,02     15,64                       16,20
              (ZAR : VSA$)

                                 [Aangepas uit StatsSA & SARB Quarterly Bulletin, Des. 2019]

         3.2.1        Identifiseer die ekonomiese aanwyser wat die gemiddelde
                      verdienste van elke persoon in die land weerspieël.                              (1)

         3.2.2        Noem EEN internasionale instelling wat vereis dat Suid-Afrika se
                      ekonomiese aanwysers gestandaardiseer word.                                      (1)

         3.2.3        Beskryf kortliks die term reële bruto binnelandse produk.                        (2)

         3.2.4        Hoe word die werkloosheidskoers in die land bepaal?                              (2)

         3.2.5        Hoekom is dit noodsaaklik dat Suid-Afrika se ekonomiese
                      aanwysers volgens internasionale voorskrifte gestandaardiseer
                      word?                                                 (2 x 2)                    (4)

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                   9                            DBE/November 2020
                                           SS/NSS

3.3      Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                          FOKUS OP SPESIALE EKONOMIESE SONES

         Die nuwe Spesiale Ekonomiese Sone-program het ontstaan uit ontwikkelings
         in die nasionale ekonomiese beleide en strategieë, soos die Nasionale
         Nywerheidsbeleidsraamwerk. Die SES-beleid het gehelp om uitdagings met
         die huidige nywerheidsontwikkelingsones, wat deel van die Ruimtelike-
         Ontwikkelingsinisiatiewe gevorm het, te hanteer. Die Buitelandse
         Investeringstoelaag en Kritieke Infrastruktuurprogram is sommige van die
         finansiële aansporings wat streeksontwikkeling bevorder.

                                                         [Aangepas uit Business Report, 2019]

         3.3.1        Gee EEN voorbeeld van 'n ruimtelike-ontwikkelingsinisiatief in
                      Suid-Afrika wat NIE hierbo genoem is NIE.                                    (1)

         3.3.2        Watter staatsdepartement is verantwoordelik vir nywerheids-
                      ontwikkeling in Suid-Afrika?                                                 (1)

         3.3.3        Beskryf kortliks die term nywerheidsontwikkelingsone.                        (2)

         3.3.4        Hoe help die Buitelandse Investeringstoelaag om streeks-
                      nywerheidsontwikkeling te bevorder?                                          (2)

         3.3.5        Hoekom word die nuwe Spesiale Ekonomiese Sone-program as 'n
                      verbetering op die huidige nywerheidsontwikkelingsones beskou?
                                                                                (2 x 2)            (4)

3.4       Verduidelik kortliks bevolkingsgroei en lewensverwagting as kenmerke van
          demografie as sosiale aanwyser.                                   (2 x 4)                (8)

3.5      Evalueer die sukses van Breëbasis- Swart Ekonomiese Bemagtiging
         (BBSEB) in die Suid-Afrikaanse ekonomie.                                                  (8)
                                                                                                   [40]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                     10                          DBE/November 2020
                                              SS/NSS

VRAAG 4: MAKRO-EKONOMIE EN EKONOMIESE STREWES
                                           40 PUNTE – 30 MINUTE

4.1      Beantwoord die volgende vrae.

         4.1.1       Noem enige TWEE vorme van ekonomiese integrasie.                (2 x 1)       (2)

         4.1.2       Wat is die fokus           van    die     Nasionale   Navorsing- en
                     ontwikkelingstrategie?                                         (1 x 2)        (2)

4.2      Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                           SAKESIKLUSSE
                        A                       B                             C

              Klimaatstoestande         Vraag-en-aanbodkant-         Verbruiker verander
              wat tot droogtes en              beleide               bestedingspatrone
                   vloede lei

         4.2.1         Identifiseer die eksogene rede vir sakesiklusse in die inligting
                       hierbo.                                                                     (1)

         4.2.2         Noem enige EEN tipe sakesiklus.                                             (1)

         4.2.3         Beskryf kortliks die term sakesiklus.                                       (2)

         4.2.4         Hoekom moedig die endogene denkskool owerheidsinmenging in
                       die ekonomie aan?                                                           (2)

         4.2.5         Hoe kan die Reserwebank 'n vraagkantbeleid gebruik om 'n
                       demper op die ekonomie te plaas?                   (2 x 2)                  (4)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                   11                             DBE/November 2020
                                            SS/NSS

4.3      Bestudeer die spotprent hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                                                      LAISSEZ-
                                                                      FAIRE IS
                                    VRY-                              REGVERDIG!
                                  HANDEL

                                                                                       MAAK
                                                                                       DEURE
                                                                                        OOP

                                      BESKERMING VERNIETIG
                                       WERKSGELEENTHEDE!
                                                                           [Bron: Google images]

         4.3.1        Watter internasionale organisasie moedig vryhandel aan?                        (1)

         4.3.2        Noem die term wat met die wêreldwye integrasie van ekonomieë
                      deur handel verband hou.                                                       (1)

         4.3.3        Beskryf kortliks die term beskerming.                                          (2)

         4.3.4        Verduidelik die impak van beskerming op die waarde van die rand.               (2)

         4.3.5        Hoe sal verbruikers uit 'n beleid van vryhandel voordeel trek?
                                                                                    (2 x 2)          (4)

4.4       Verduidelik kortliks goeie owerheidsbestuur en belegging in sosiale kapitaal
          as maatstafkriteria (verwysings-/normkriteria) vir streeksontwikkeling. (2 x 4)            (8)

4.5      Evalueer die       sukses    van   invoervervanging     as   'n    Suid-Afrikaanse
         handelsbeleid.                                                                              (8)
                                                                                                     [40]

                                                                  TOTAAL AFDELING B:                 80

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                   12                             DBE/November 2020
                                            SS/NSS

AFDELING C

Beantwoord enige EEN           van    die   twee     vrae   in   hierdie   afdeling    in   die
ANTWOORDEBOEK.

Jou antwoord sal soos volg geassesseer word:

                                                                              PUNTE-
                      STRUKTUUR VAN OPSTEL
                                                                            TOEKENNING
Inleiding
Die inleiding is 'n laerorde-antwoord.                                          Maks. 2
  'n Goeie begin is om die sleutelkonsep wat met die vraagonderwerp
     verband hou, te definieer of te omskryf.
  Moet NIE enige deel van die vraag by die inleiding insluit NIE.
  Moet NIE enige gedeelte van die inleiding in die liggaam herhaal NIE.
  Vermy enige bespreking van die liggaam in die inleiding.
Liggaam
Hoofgedeelte: Bespreek in besonderhede/Diepgaande bespreking/                   Maks. 26
Ondersoek/Bespreek krities/ /Vergelyk/ Onderskei/Differensieer/
Verduidelik/Assesseer/Trek 'n grafiek en verduidelik/Gebruik die gegewe
grafiek en verduidelik/Voltooi die gegewe grafiek                               Maks. 10
Addisionele gedeelte: Gee eie mening/Bespreek krities/Evalueer/
Evalueer krities/ /Lei af/Vergelyk/ Verduidelik/Onderskei/Interpreteer/
Debatteer kortliks/Hoe/Stel voor/Analiseer/Evalueer
Slot
Enige hoërorde-slot moet die volgende insluit:                                  Maks. 2
 'n Kort samevatting van dit wat bespreek is, sonder herhaling van
     enige feite wat reeds genoem is
 Enige mening of waardeoordeel oor die feite wat bespreek is
 Addisionele ondersteunende inligting wat die bespreking/ontleding
     versterk
 'n Teenstrydige sienswyse met motivering, indien gevra
 Aanbevelings
TOTAAL                                                                                40

VRAAG 5: MAKRO-EKONOMIE                                            40 PUNTE– 40 MINUTE

 Bespreek die rol van markte in die ekonomiese kringloop.               (26 punte)
 Hoe kan die sakesektor 'n meer positiewe bydrae tot die ekonomie lewer?
                                                                          (10 punte)              [40]

VRAAG 6: EKONOMIESE STREWES                                       40 PUNTE – 40 MINUTE

 Bespreek, sonder grafieke, die aanbodkantbeleid om ekonomiese groei te bevorder.
                                                                         (26 punte)
 Hoekom moet die owerheid meer op klein-, medium- en mikro-ondernemings
  (KMMO's) fokus om die ekonomie te dryf?
                                                                        (10 punte)                [40]

                                                                   TOTAAL AFDELING C:             40
                                                                       GROOTTOTAAL:               150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Grade 12 NSC Economics P1 (Afrikaans) 2020 Preparatory Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-economics-p1-afrikaans-2020-preparatory-question-paper/468fe2d7-94f8-43ec-88c6-86cf12e31969) — Economics · QP · 2020 · Afr
- [Grade 12 NSC Economics P2 (Afrikaans) 2020 Preparatory Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-economics-p2-afrikaans-2020-preparatory-question-paper/d34a6a9d-f432-46f7-873d-1a849eb9a1cc) — Economics · QP · 2020 · Afr
- [Economics 2020 KZN P2 QP](https://www.hlayiso.com/library/economics-2020-kzn-p2-qp/d8f15014-08c6-4aa6-bb50-345e3de4a83f) — Economics · QP · 2020
- [ECONOMICS P1 GR12 QP JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr12-qp-june-2024-afrikaans/c346a16c-1f30-4d4f-bcd0-fc46002d1c9d) — Economics · QP · 2024 · Afr
- [ECONOMICS P1 GR12 QP SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr12-qp-sept2024-afrikaans/8c1cb29b-6587-4828-ae16-d72e2952b976) — Economics · QP · 2024 · Afr
- [ECONOMICS P1 GR12 QP SEPT2024 English](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr12-qp-sept2024-english/7e9a5d10-8410-4b78-ab60-3d2ec8562641) — Economics · QP · 2024 · Eng

## More from Grade 12 Economics

- [Economics P2 Memo Afr watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-memo-afr-watermark/c9d66fa3-0b40-419d-a6f6-d862847d4e82) — Memo · 2025 · Afr
- [Economics P2 (English) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-english-june-2025-possible-answers/3df8bb66-2d0a-4b1b-89bf-509b303bfa3e) — Memo · 2025 · Eng
- [Economics P1 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-may-june-2025-mg-eng/f6c27985-fe67-48df-afba-d85bf5f76379) — Memo · 2025 · Eng
- [Economics P2 May-June 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-may-june-2025-mg-afr/4cc1190f-9c0a-43ea-98bc-3252875816a9) — Memo · 2025 · Afr
- [NW 12 ECONOMICS P2 QP ENG JUNE 2025](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-economics-2025-nw-june-exam-question-paper-paper-2-english/c80fc8cc-fc9d-44e9-a820-8736783a4556) — QP · 2025 · Eng
- [ECONOMICS QP.P1 GR 12 JUNE 2024 (Backup papers)](https://www.hlayiso.com/library/economics-qp-p1-gr-12-june-2024-backup-papers/cb8af277-aab9-4fba-8e76-5924dcaf1941) — QP · 2024

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
