# Economics Grade 12 P1 NSC November 2020 Memo (Afrikaans)

> Grade 12 Economics Paper 1 memorandum from the NSC November Exam 2020 (Afrikaans), 21 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-nov-2020-memo-afr/657942a2-2771-48c2-ab59-8030e54cb111
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Economics
- Grade: Grade 12
- Document type: Memorandum
- Year: 2020
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 21

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/economics) › [Economics Grade 12 P1 NSC November 2020 Memo (Afrikaans)](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-nov-2020-memo-afr/657942a2-2771-48c2-ab59-8030e54cb111)

## About this document

Economics · Grade 12 · NSC November Exam · 2020. Memorandum, 21 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                             SENIOR SERTIFIKAAT/
    SENIOR CERTIFICATE
                NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT

                                     GRAAD 12

                                  EKONOMIE V1

                                 NOVEMBER 2020

                                 NASIENRIGLYNE

PUNTE: 150

                      Hierdie nasienriglyne bestaan uit 21 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                     2                          DBE/November 2020
                                      SS/NSS – Nasienriglyne

AFDELING A (VERPLIGTEND)

VRAAG 1

1.1      MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

         1.1.1        C – amplitude 
         1.1.2        B – China 
         1.1.3        D – 0,4 
         1.1.4        B – Mediumtermyn-begrotingsbeleidsverklaring 
         1.1.5        C – M3 
         1.1.6        D – arbeidsbronne 
         1.1.7        A – prima 
         1.1.8        A – belasting op alkohol                                     (8 x 2)       (16)

1.2      PASITEMS

         1.2.1       D – besteding wat ongeag die vlak van inkome plaasvind 

         1.2.2       E – die effening van sakesiklusse deur die gebruik van monetêre en
                         fiskale beleid 

         1.2.3       H – amptelike reëls en regulasies wat dienslewering kan verhinder 

         1.2.4       F – verseker die aanbod van gestandaardiseerde artikels deur 'n
                        geoutomatiseerde meganiese proses 

         1.2.5       C – fokus op die verkryging van vaardighede 

         1.2.6       I – verkoop van goedere in 'n ander land teen baie lae pryse
                         waarmee die plaaslike nywerheid nie kan meeding nie 

         1.2.7       G – styging in 'n land se produksiekapasiteit 

         1.2.8       B – koördineer regeringsaksies om die mededingendheid van Suid-
                        Afrikaanse besighede te vergroot                      (8 x 1)             (8)

1.3      GEE DIE TERM

         1.3.1        Ekonomies aktiewe bevolking / ekonomies bedrywige bevolking 
         1.3.2        Philips-kromme 
         1.3.3        Spesiale trekkingsregte 
         1.3.4        Sanksies / embargo / boikotte / tariewe / verbod / invoerbelasting /
                      kwotas 
         1.3.5        Morele oorreding 
         1.3.6        Verstedeliking                                               (6 x 1)        (6)

                                                                  TOTAAL AFDELING A:               30

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                        3                         DBE/November 2020
                                         SS/NSS – Nasienriglyne

AFDELING B

Beantwoord TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK.

VRAAG 2: MAKRO-EKONOMIE

2.1      Beantwoord die volgende vrae.

         2.1.1       Noem enige TWEE bronne van staatsinkome.

                            Belasting (Persoonlike inkomstebelasting / Kapitaalwinsbelasting
                             / Belasting op toegevoegde waarde / Doeaneregte / Aksynsregte
                             / Brandstofheffing) 
                            Inkome uit verhuur van eiendom 
                            Inkome uit privatisering van staatsbates 
                            Winste van SOOs 
                            Donasies 
                            Lenings                                                 (2 x 1)
                             (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                       (2)

         2.1.2       Wat is die doel van die residuele item wanneer die
                     bestedingsmetode gebruik word om nasionale inkome te
                     bereken?

                     Die residuele item neem foute en weglatings in ag wat voorgekom
                     het in die balansering van die BBP- en BBI-vergelyking 
                     (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)         (1 x 2)               (2)

2.2      DATARESPONS

         2.2.1           Water regeringsvlak ontwikkel beleide en koördineer dienste
                         in al nege provinsies?

                         Nasionale / Sentrale                                                       (1)

         2.2.2           Noem EEN makro-ekonomiese doelwit van die staat.

                             Ekonomiese groei 
                             Volle indiensneming 
                             Ekonomiese gelykheid 
                             Prysstabiliteit 
                             Wisselkoersstabiliteit 
                             Betalingsbalans ewewig                                                (1)

         2.2.3           Beskryf kortliks die term rekenpligtigheid.

                         Die plig van 'n individu of organisasie om sy besluite en aksies te
                         verduidelik en verantwoordelikheid vir sy optrede te aanvaar 
                         (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                           (2)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                    4                          DBE/November 2020
                                     SS/NSS – Nasienriglyne

         2.2.4        Hoe sal die staat voordeel trek uit die privatisering van
                      staatsbeheerde ondernemings?

                        Genereer ekstra fondse vir die owerheid om meer goedere en
                         dienste te voorsien 
                       Die belastingbasis word uitgebrei, stygende maatskappy-
                         belasting wat 'n inkomste vir die staat verseker 
                       Dit kan lei tot groter doeltreffendheid in die ekonomie omdat
                         die loonrekening daal en die staat toelaat om by 'n groter
                         verskeidenheid dienste betrokke te raak 
                       Die owerheid kan privatisering gebruik om breëbasis swart
                         ekonomiese bemagtiging te bevorder
                      (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                          (2)

         2.2.5        Hoekom is die prysbeleid 'n probleem vir die owerheid met die
                      verskaffing van goedere en dienste?

                        Staatsbeheerde ondernemings werk nie binne die markstelsel
                         van vraag en aanbod nie, en skep probleme in die bepaling
                         van pryse vir publieke goedere en dienste 
                       Gemeenskapsgoedere word gratis verskaf, omdat dit moeilik is
                         om 'n prys toe te ken as gevolg van nie-uitsluitbaarheid en nie-
                         mededingende eienskappe 
                       Gebruikerstariewe: regering verloor inkomste a.g.v. motoriste
                         in gebrek bly om e-tol te betaal, wat aanleiding gee tot
                         belastingontduiking 
                       As die prys van 'n produk of diens skerp styg sal dit lei tot 'n
                         wantoedeling van hulpbronne  byvoorbeeld water en
                         elektrisiteit 
                       Wanneer die owerheid oorweeg om die koste van 'n diens deur
                         heffings te dek, ontstaan probleme as relatiewe hoë vaste
                         koste betrokke is  publieke spoor- of busvervoer, waar
                         direkte en indirekte subsidies die koste gedeeltelik dek 
                      (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)            (2 x 2)       (4)

2.3      DATARESPONS

         2.3.1        Watter item in die lopende rekening is uniek aan Suid-Afrika?

                      Netto gouduitvoere                                                        (1)

         2.3.2        Benoem die item A in die lopende rekening in die tabel hierbo
                      ontbreek.

                      Lopende oordragte                                                         (1)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                    5                          DBE/November 2020
                                     SS/NSS – Nasienriglyne

         2.3.3        Beskryf kortliks die term kapitaaloordragrekening
                      Dit is 'n netto bedrag en sluit alle transaksies en toelaes verwant
                      aan die eienaarskap van vaste bates, skuldkwytskelding en die
                      waarde van huishoudelike en persoonlike aard asook finansiële
                      eise en laste van migrante in                                               (2)
         2.3.4        Verduidelik EEN faktor wat die vraag sal beïnvloed om die
                      tekort in die betalingsbalans te verminder.
                        'n Styging in die repokoers beïnvloed rentekoerse en lei tot 'n
                         daling in invoerbesteding 
                       Owerheidsaansporings word toegepas om invoere te
                        vervang 
                       Invoerbeheer (tariewe en kwotas) verlaag die vraag 
                       Sekere vorme van wisselkoersbeheer is teruggehou deur die
                        sentrale bank, wat buitelandse valuta sal terughou en lei tot 'n
                        daling in die vraag 
                        (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                           (2)
         2.3.5        Bepaal die waarde         van   die     handelsbalans.    Toon     alle
                      berekeninge.
                      Goedere-uitvoere                     1 175 547 
                      Plus netto gouduitvoere              (+) 71 678 
                      Minus Goedere-invoere            (-) 1 222 944 
                                                            R24 281m                               (4)

2.4      Verduidelik kortliks leidende en saamgestelde aanwysers as kenmerke
         onderliggend aan die vooruitskatting van sakesiklusse.
         LEIDENDE AANWYSERS
          Wanneer hierdie aanwysers styg, sal die vlak van ekonomiese aktiwiteite
           ook 'n paar maande later styg 
          Leidende aanwysers gee verbruikers, besighede en die regering insae in
           die rigting waarin die ekonomie beweeg 
          Leidende wkonomiese aanwysers is ook belangrik vir beleggers, omdat
           hulle gebruik word pm die ekonomie te voorspel 
          Bv. Advertensies van poste, voorraad en verkope             (Maks 4)
         SAAMGESTELDE AANWYSERS
          'n Opsomming van die verskillende aanwysers van dieselfde soort as 'n
             enkele syfer 
          Al drie aanwysers kan bereken word as 'n enkele saamgestelde aanwyser
             wat verwysingsgegewend van die land se ekonomiese prestasie sal
             wees 
          Bv. Vind 'n waarde vir 'n saamgestelde, leidende, samevallende en
             sloerende aanwyser 
             (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)           (Maks 4)
                                                                           (2 x 4)
         ('n Maksimum van 4 punte kan toegeken word vir blote opnoem van
         feite/voorbeelde)                                                                          (8)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                  6                          DBE/November 2020
                                   SS/NSS – Nasienriglyne

2.5      Ontleed die impak van 'n devaluasie van die rand op die ekonomie.

         Dit sal die ekonomie positief beïnvloed omdat:
          uitvoere goedkoper raak wat die land sal in staat stel om meer
            mededingend te raak 
          produksie sal styg wat sal lei tot werkskepping 
          'n styging in uitvoere sal lei tot 'n verbetering in die betalingsbalans (wat
            die tekort sal verminder) 
          'n toename in totale vraag sal lei tot ekonomiese groei 
          dit sentrale banke toelaat om rentekoerse te sny wat die ekonomie sal
            stimuleer 

         Dit sal die ekonomie negatief beïnvloed omdat:
          dit inflasie veroorsaak wat invoere duurder maak 
          dit die koopkrag verlaag (verlaging in reële lone) van Suid-Afrikaners wat
             oorsee reis 
          dit potensiële beleggers afskrik want die bates se waardes sal daal wat
             kan lei tot kapitaalvlug (disinvestering) 
          skuld in buitelandse valuta 'n negatiewe impak sal hê op die koste van
             terugbetalings 
             (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)              (Maks 8)           (8)
         ('n Maksimum van 2 punte mag toegeken word vir blote opnoem van
         feite/voorbeelde)                                                                     [40]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                    7                          DBE/November 2020
                                     SS/NSS – Nasienriglyne

VRAAG 3: EKONOMIESE STREWES

3.1      Beantwoord die volgende vrae.

         3.1.1        Noem TWEE aanwysers wat aan buitelandse handel verwant
                      is.

                       Ruilvoet / Uitvoer en invoer verhouding 
                       Wisselkoers 
                       Betalingsbalans 
                       Rentekoers differensiaal 
                      (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)            (2 x 1)       (2)

         3.1.2        Wat is die doel van die Uitgebreide Openbare Werkeprogram?

                      Dit bied werk vir gemarginaliseerde groepe wat huidiglik werkloos
                      is 
                      (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)         (1 x 2)          (2)

3.2      DATARESPONS

         3.2.1        Identifiseer die ekonomiese aanwyser wat die gemiddelde
                      verdienste van elke persoon in die land weerspieël.

                      Per capita BBP                                                            (1)

         3.2.2        Noem EEN internasionale instelling wat vereis dat Suid-Afrika
                      se ekonomiese aanwysers gestandaardiseer word.

                       Verenigde Nasies 
                       Wêreldbank 
                       Internasionale Monetêre Fonds                                           (1)

         3.2.3        Beskryf kortliks die term reële bruto binnelandse produk.

                      Die totale waarde van alle finale goedere en dienste geproduseer
                      binne die landsgrense waar veranderinge in prysvlakke (inflasie) in
                      berekening gebring is 
                      (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                          (2)

         3.2.4        Hoe word die werkloosheidskoers in die land bepaal?

                      Die aantal werklose mense uitgedruk as 'n persentasie van die
                      arbeidsmag 
                                                     OF
                      aantal werklose mense x 100 
                      EAB (arbeidsmag) 
                      (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                          (2)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                    8                         DBE/November 2020
                                     SS/NSS – Nasienriglyne

         3.2.5        Hoekom is dit noodsaaklik dat Suid-Afrika se ekonomiese
                      aanwysers       volgens    internasionale     voorskrifte
                      gestandaardiseer word?
                         Dit is belangrik dat 'n land die vermoë besit om suksesvol
                          internasionaal mee te ding met volhoubare verbetering in reële
                          produksie en welvaart 
                         Die Suid-Afrikaanse ekonomie is toenemend betrokke in
                          wêreldmarkte deur uitvoere en invoere, en ervaar hoë vlakke
                          van onsekerheid in die globale omgewing wat hoë groei
                          belemmer 
                         Verskeie internasionale instansies bepaal spesifikasies hoe
                          aanwysers saamgestel moet word, wat vergelykbaarheid van
                          syfers op dieselfde wyse saamgestel, vergemaklik 
                         Die Stelsel van Nasionale Rekeninge word volgens die
                          spesifikasies van die Verenigde Nasies opgestel 
                         Suid-Afrika kan slegs bevoordeeel word uit hierdie
                          internasionale    organisasies,   as aanwysers        geredelik
                          beskikbaar is  Bv. oorbruggingsfinansiering van die IMF 
                          finansiëê  and kindertoelaes van die Verenigde Nasies se
                          Kinderfonds (Unicef) 
                         Die Suid-Afrikaanse owerheid vorm deel van verskeie
                          internasionale organisasies en NROs, wat wêreldwyd betrokke
                          is by die verskaffing van finansiële hulp, toelaes, lenings en
                          lewering van gratis dienste 
                          (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)       (2 x 2)        (4)
3.3      DATARESPONS
         3.3.1        Gee EEN voorbeeld van 'n Ruimtelike Ontwikkelingsinisiatief
                      in Suid-Afrika wat nie hierbo genoem is nie.
                      Korridor / NOS 
                      (Aanvaar die neem van enige ander ROI)                                     (1)
         3.3.2        Watter      staatsdepartement     is   verantwoordelik           vir
                      nywerheidsontwikkeling in Suid-Afrika?
                      Departement van Handel en Nywerheid                                       (1)
         3.3.3        Beskryf kortliks die term Nywerheidsontwikkelingsone.
                      Doelgeboude nywerheidseiendom, fisies omhein en strategies
                      verbind aan 'n hawe of lughawe in doeanevrye invoergebiede 
                      (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                          (2)

         3.3.4        Hoe    help   die   buitelandse    beleggingstoelaag             om
                      streeksnywerheidsontwikkeling te bevorder?
                      Dis 'n kontant-aansporingskema vir buitelandse beleggers wat hul
                      aanvangskoste dek en die vestiging van besighede in verskillende
                      streke aanmoedig bv. vergoed word vir die koste om nuwe
                      masjinerie en toerusting te verskuif                                      (2)
                      (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                   9                        DBE/November 2020
                                    SS/NSS – Nasienriglyne

         3.3.5        Hoekom word die nuwe Spesiale Ekonomiese Sone-program
                      as 'n verbetering op die huidige Nywerheidsontwikkeling-
                      sones beskou?
                       Die SES'e het 'n breër nywerheidsontwikkelingsdoelwit en kan
                         in enige en kan in enige gebied aangetref word, en hoef nie
                         naby 'n hawe of lughawe geleë te wees soos die NOS'e nie 
                       Die SES behels produksie vir uitvoer en binnelandse gebruik,
                         terwyl die NOS gefokus is op uitvoere uitsluitlik 
                       SES bied spesiale belastinginsentiewe van 15% wat nie van
                         toepassing is op bestaande NOS'e nie 
                       SESse lei tot ‘n mer gediversifiseerde ekonomie 
                      (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)        (2 x 2)        (4)

3.4      Verduidelik kortliks bevolkingsgroei en lewensverwagting as kenmerke
         van demografie as sosiale aanwyser.

         Bevolkingsgroei
          Demografiese inligting verwys na inligting oor die grootte en ouderdom
            struktuur van 'n bevolking, en het belangrike implikasies vir publieke
            sektor besteding 
          Huidig is die Suid-Afrikaanse bevolking omtrent 58 miljoen 
          Sensus word elke paar jaar gedoen om die bevolkingsgroei te bepaal 
          Die bevolkingsgroeikoers is ‘n belangrike aanwyser vir die owerheid in
            terme van die aantal sosiale dienste wat benodig word 
          Die grootte en die verandering in die bevolking is ‘n aanduiding van die
            arbeidsmag van die toekoms wat infrastruktuur nodig sal hê 

         Lewensverwagting
          Lewensverwagting verwys na die aantal jare wat 'n individu verwag om te
            leef 
          Die reflekteer die gemiddelde ouderdom wanneer mense in 'n land
            sterf 
          In Suid-Afrika is lewensverwagting laag as gevolg van VIGS 
          Ander demografiese aanwysers sluit migrasiekoerse, bevolkingsdigtheid,
            sterftekoerse en geboortekoerse in 
          Assuransiemaatskappye stel belang in die daling van lewensverwagting,
            omdat dit ‘n impak op premies en dienslewering sal hê 
         (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                   (2 x 4)          (8)
         (Ken 'n maksimum van 4 punte toe vir blote opnoem van feite/voorbeelde)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                10                        DBE/November 2020
                                  SS/NSS – Nasienriglyne

3.5      Evalueer die sukses van die breëbasis swart ekonomiese bemagtiging
         (BBSEB) in die Suid-Afrikaanse ekonomie.

         Die BBSEB was suksesvol in Suid-Afrika omdat:
          Implementering van hierdie strategie die land se inheemse volke bemagtig
            het, soos voorgeskryf deur die Verenigde Nasies en Wêreldbank se
            ontwikkelingsinisiatief 
          Swart-beheerde ondernemings is bevoordeel deur die staat se
            voorkeurverkrygingsbeleide waar ooreenstemming met die DHN-telkaart
            noodsaaklik is 
          Dit verskaf toegang tot kapitaal en opleiding van potensiële swart
            entrepreneurs gefokus op die bemagtiging van swart vroue 
          'n Aansienlike verandering het plaasgevind in die rasse-samestelling van
            eienaarskap en bestuurstrukture van baie besighede 
          Politieke stabiliteit is bereik in die regstelling van ongelykhede van die
            verlede en stimulering van deelname van voorheen benadeelde groepe in
            die ekonomie 

         Die BBSEB was nie suksesvol in Suid-Afrika nie, omdat:
          Die grootste deel van die benadeelde mense van hierdie land nog nie ten
            volle voordeel getrek het uit die beleid nie, aangesien armoede en
            werkloosheid steeds toeneem 
          Firmas met swak BBSEB-puntetellings sal hoogs onwaarskynlik deel in
            staatskontrakte alhoewel hulle 'n groot persentasie swart mense in diens
            het, wat negatiewe impak sal hê op ander swart beheerde maatskappye
            
          Tenders word toegeken volgens voorkeurverkryging, en kos die staat
            meer aangesien hulle nie die verskaffers van dienste is nie maar gebruik
            maak van uitkontraktering (omdat hulle nie betrokke is by die verskaffing
            van goedere en dienste nie word kwaliteit ingeboet) 
          Bedrog kom voor waar betaling vir tenders gemaak is sonder dat enige
            produk of diens verskaf is 
          Bedrog      soos    vervalste   SEB-sertifikate,   wanvoorstellings    aan
            staatsdepartemente, nie in staat om aandelesertifikate uit te reik nie en
            diefstal 
          Die herverdeling van rykdom is beklemtoon en het nie ekonomiese groei
            bevorder nie 
         (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)
         (Ken 'n maksimum van 2 punte toe vir die blote opnoem van feite/voorbeelde)         (8)
                                                                                             [40]

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                   11                          DBE/November 2020
                                     SS/NSS – Nasienriglyne

VRAAG 4: MAKRO-EKONOMIE EN EKONOMIESE STREWES

4.1      Beantwoord die volgende vrae.

         4.1.1        Noem enige TWEE vorme van ekonomiese integrasie.

                         Vrye handelsgebied 
                         Doeane-unie 
                         Gemeenskapsmark 
                         Ekonomiese unie 
                         Monetêre unie                                              (2 x 1)       (2)

         4.1.2        Wat is die fokus van die Nasionale Navorsing en
                      ontwikkelingstrategie?

                      Fokus op verbeterde innovering; navorsing in wetenskap,
                      ingenieurswese en tegnologie; ontwikkeling van menslike
                      hulpbronne; transformasie 
                      (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (1 x 2)                     (2)

4.2      DATARESPONS

         4.2.1        Identifiseer die eksogene rede vir sakesiklusse in die inligting
                      hierbo.

                      A / klimaatstoestande wat lei tot droogtes en vloede                         (1)

         4.2.2        Noem enige EEN tipe sakesiklus.

                       Kitchin 
                       Jugler 
                       Kuznets 
                       Kondratieff                                                                (1)
                      (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)

         4.2.3        Beskryf kortliks die term sakesiklus.

                      Opeenvolgende periodes van stygende en dalende ekonomiese
                      aktiwiteit                                                                  (2)
                      (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)

         4.2.4        Hoekom moedig die endogene denkskool staatsinmenging in
                      die ekonomie aan?

                       Markte is onstabiel, daarom behoort die staat in te meng in die
                         ekonomiese prosesse om die ekonomie te stabiliseer (om pieke
                         en trôe uit te stryk) 
                       Die prysmeganisme faal om aanbod en vraag in die produkte-
                         en faktormark te koördineer 
                      (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                             (2)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                     12                         DBE/November 2020
                                       SS/NSS – Nasienriglyne

         4.2.5        Hoe kan die Reserwebank 'n vraagkantbeleid gebruik om 'n
                      demper op die ekonomie te plaas?
                         Die Reserwebank sal 'n beperkende monetêre beleid gebruik
                          om ekonomiese aktiwiteit te verlaag of inflasie te verlaag 
                         Gebruik die monetêre beleid om die rentekoers te verhoog om
                          geldvoorraad te verminder 
                         Verhoog die kontantreserwevereiste wat daartoe lei dat banke
                          minder geld het om uit te leen 
                         Verkope van staatseffekte aan banke om likiditeit te verlaag
                          (opemarktransaksies) 
                         Oorreed banke om die hoeveelheid krediet aan verbruikers te
                          beperk (morele oorreding) 
                         SARB kan tydelik inmeng deur buitelandse valuta te koop of te
                          verkoop om die waarde van die rand te stabiliseer 
                          (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)          (2 x 2)      (4)
4.3      DATARESPONS
         4.3.1       Watter internasionale organisasie moedig vryhandel aan?

                     Wêreldhandelsorganisasie                                                    (1)
         4.3.2       Noem die begrip wat met die wêreldwye integrasie van
                     ekonomieë deur handel verband hou.
                     Globalisering                                                               (1)
         4.3.3       Beskryf kortliks die term beskerming.
                     'n Beleid wat owerhede instel om plaaslike produsente teen die
                     onregverdige effek van buitelandse mededinging te beskerm 
                     (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                            (2)

         4.3.4       Verduidelik die impak van beskerming op die waarde van die
                     rand.

                     Die rand (geldeenheid) sal appresieer as die wisselkoers verbeter
                     as gevolg van 'n negatiewe handelsbalans waar beskermings-
                     maatreëls ingestel is om tekort op betalingsbalans reg te stel 
                     (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                            (2)
         4.3.5       Hoe sal verbruikers uit 'n beleid van vryhandel voordeel trek?
                     Die verbruiker:
                      geniet vryheid van keuse om enige plek ter wêreld te koop /
                         hulle word nie beperk tot aankoop van plaaslik geproduseerde
                         goedere nie 
                      koop produkte goedkoper aan in ander lande as hulle sekere
                         items goedkoper produseer (verminderde pryse) 
                      se welvaart styg omdat sommiges verkies om buitelandse
                         goedere eerder as binnelandse goedere aan te koop 
                         (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)     (2 x 2)            (4)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                13                        DBE/November 2020
                                  SS/NSS – Nasienriglyne

4.4      Verduidelik kortliks goeie owerheidsbestuur en belegging in sosiale
         kapitaal    as     maatstafkriteria  (verwysings-/normkriteria) vir
         streeksontwikkeling.

         GOEIE STAATSBESTUUR:
          Streeksontwikkelingstrategieë moet effektief en vry van korrupsie bestuur
           word 
          Moet ondersteun word deur demokratiese besluitneming wat nie deur
           nepotisme en geheimhouding ondermyn word nie / stel mense mett die
           regte vaardighede aan 
          Behels deursigtigheid waar daar oorleg gepleeg moet word met alle
           rolspelers 
          Behoorlike finansiële bestuur en beheer is noodsaaklik om aan die
           doelwitte deur die staat opgestel, voldoen word 

         BELEGGING IN SOSIALE KAPITAAL:
          Streeksontwikkeling fokus op die beginsel van: van die mense, vir die
            mense, deur die mense 
          Ontwikkeling moet aangespreek word van onder af waar die
            noodsaaklikste menslike behoeftes bestaan 
          Totale ontwikkeling dek alle fasette van die menslike lewe insluitende
            onderrig, gesondheid en voeding 
         (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)
         (Ken 'n maksimum van 4 punte toe vir die blote opnoem van feite/voorbeelde)
                                                                              (2 x 4)        (8)

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                14                        DBE/November 2020
                                  SS/NSS – Nasienriglyne

4.5      Evalueer die sukses van invoervervanging as 'n Suid-Afrikaanse
         handelsbeleid.

         Invoervervanging was suksesvol as handelsbeleid deur:
          bevordering van die skepping en groei van plaaslike nywerhede 
          'n gaping vir investering binne binnelandse grense geskep is 
          hulpbronne toe te ken na produksie van goedere wat lei tot vorming van
             nuwe nywerhede 
          dat dit gelei het tot verhoogde winste wat 'n positiewe impak gehad het op
             besparings, investering en kapitaalvorming 
          die vorming van binnelandse industrialisering wat die vraag na
             arbeidsintensiewe nywerhede vergroot en werksgeleenthede skep deur
             die nuutste tegnologie te gebruik 
          die aanpasbaarheid tot globale ekonomiese skokke te verbeter deur voort
             te bou op ekonomiese stabiliteit en volhoubaarheid 
          verstedeliking te fasiliteer deur uitbreiding van nywerhede 
          beperking van invoere wat ‘n verhoogde vraag vir plaaslik geproduseerde
             produkte verhoog 

         Invoervervanging was nie suksesvol as handelsbeleid nie omdat:
          beperkings op invoere 'n stygende vraag na produkte geskep het 
          dit gelei het tot 'n gebrek aan eksterne mededinging wat die
             doeltreffendheid van kleuternywerhede beïnvloed net – groei is negatief
             geaffekteer 
          dit gefaal het om aan die behoeftes van 'n groeiende binnelandse
             industrie te voldoen, en gelei het tot swartmarkte (onwettige markte) 
          finansiële lekkasies staatsinkome en die totale kapitale basis van die
             ekonomie verlaag 
          beskerming van handel as gevolg van invoervervanging wat gelei tot 'n
             oorgewaardeerde wisselkoers wat binnelandse pryse laat styg 
          dit die staat gedwing het om meer te spandeer op gesubsidieerde
             nywerheidsinvestering. Inflasie volg 
          kapitaal en entrepreneurstalent weggetrek word van nywerhede en
             ontwikkelende lande na lande wat ‘n komparatiewe voordeel in produksie
             het 
          die totale hoeveelheid invoere nie verminderr nie, omdat Suid-Afrika
             steels gespesialiseerde produkte invoer, sowel as kapitaal (lenings) en
             intermediêre goedere om produkte plaaslik te produseer 
         (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)
         (Ken 'n maksimum van 2 punte toe vir die blote opnoem van feite/voorbeelde)         (8)
                                                                                             [40]

                                                             TOTAAL AFDELING B:              80

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                15                        DBE/November 2020
                                  SS/NSS – Nasienriglyne

AFDELING C

Beantwoord enige EEN van die twee vrae in hierdie afdeling

VRAAG 5: MAKRO-EKONOMIE

   Bespreek die rol van markte in die ekonomiese kringloop.             (26 punte)

   Hoe kan die sakesektor 'n groter bydrae tot die ekonomie lewer?      (10 punte)         [40]

INLEIDING

 Markte koördineer ekonomiese aktiwiteite en bepaal pryse vir goedere en dienste
  
 Die ekonomiese kringloop model is 'n vereenvoudigde voorstelling van die
  interaksie tussen die deelnemers van die ekonomie 
  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                     (Maks 2)

INHOUD: HOOFDEEL

Goedere/produkte/uitsetmarkte 
 Dis markte vir verbruikersgoedere en dienste 
In ekonomie is daar 'n onderskeid tussen goedere en dienste:
 Goedere word gedefinieer as tasbare items soos voedsel, kleding en motors wat
    sekere menslike behoeftes bevredig 
 Koop en verkoop van goedere wat geproduseer word in die markte bv.
    - Kapitaalgoederemark vir handel in geboue en masjinerie 
    - Verbruikersgoederemark vir handel van duursame verbruiksgoedere, semi-
       duursame verbruiksgoedere en nie-duursame verbruikersgoedere 
 Dienste word gedefinieer as nie-tasbare aksies en sluit groot- en kleinhandel,
    vervoer en finansiële markte in 
 Vloeie van private en publieke goedere en dienste is reële vloeie en word vergesel
    deur wedersydse vloeie van besteding en belasting op die produktemark 

Faktor/hulpbron/insetmarkte 
 Produksiefaktore word gekoop en verkoop in die faktormark 
 Die faktormark sluit arbeid, eiendom en finansiële markte in 
 Faktordienste is reële vloeie en word vergesel van wedersydse vloeie van inkome
  op die faktormark 

Finansiële markte 
 Nie direk betrokke in produksie van goedere en dienste nie, maar verbind
   huishoudings, die sakesektor en ander deelnemers deur surplusfondse 
 Banke, versekeringsmaatskappye en pensioenfondse vorm deel van die finansiele
   mark 

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                16                          DBE/November 2020
                                  SS/NSS – Nasienriglyne

Geldmarkte 
 In die geldmark, word korttermynlenings en baie korttermynfondse gespaar en
  geleen deur verbruikers en sakeondernemings 
 Voorbeelde van produkte verkoop in hierdie mark is bankskuldbriewe,
  skatkiswissels en staatseffekte 
 Die SARB is die sleutelinstelling in die geldmark 
Kapitaalmarkte 
 In die kapitaalmark word langtermynfondse geleen en gespaar deur verbruikers en
  sakeondernemings 
 Die Johannesburg Effektebeurs is die sleutelinstelling in die kapitaalmark 
 Voorbeelde van produkte verkoop in hierdie mark is verbandlenings en aandele 
Buitelandse valutamarkte 
 Op die buitelandse valutamark koop/verkoop besighede buitelandse valuta om vir
  ingevoerde goedere en dienste te betaal 
 Hierdie transaksies kom voor in banke en bestaan uit 'n elektroniese geldoordrag
  van een rekening na die ander 
 Die belangrikste buitelandse valutamarkte is in Londen/New York/Tokio 
 Die SA rand word vryelik verhandel in hierdie markte as 'n persoon reisigerstjeks
   koop om oorsee te reis 
 Invoere en uitvoere is reële vloeie en word vergesel deur wedersydse vloeie van
   besteding en inkomste op die buitelandse valutamark 
   (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                     (Maks 26)
ADDISIONELE DEEL
Hoe kan die sakesektor 'n groter bydrae tot die ekonomie lewer?
Die sakesektor kan 'n groter bydrae lewer deur:
 te investeer in meer arbeidsintensiewe projekte wat fokus op indiensopleiding en
    vaardigheidsontwikkeling vir werkers 
 winste te herbelê in bruto kapitaalvormingsprogramme  toerusting, gereedskap,
    vervoerbates en elektrisiteit 
 hul besigheidsomvang uit te brei en te investeer in die nuutste tegnologie om te
    verseker dat kwaliteit produksiefaktore nodig vir produksie verkry kan word 
 diversifisering van sakebedrywighede deur gedifferensieerde produkte aan te bied
    wat buite hul lyn van produksie lê 
 Suid-Afrikaanse besighede te ondersteun in terme van verkryging van volmag in
    grondstowwe en 'n groter markaandeel vir Suid-Afrikaans geproduseerde goedere
    en dienste plaaslik en oorsee 
 die bestaan van goeie sakebeginsels te verseker teenoor 'n langtermyn
    betrokkenheid in die ekonomie wat kan lei tot 'n positiewe ekonomiese groeikoers
    
 die gebruik van lenings om te investeer in kapitaalgoedere soos masjinerie, wat
    massaproduksie moontlik maak teen 'n laer koste en sodoende mededingendheid
    verbeter 
    (Aanvaar enige ander korrekte relevante hoër orde antwoord)              (Maks 10)
SLOT
Markte is baie belangrike instellings in ons ekonomiese stelsel, omdat hulle vraag en
aanbod reguleer en prysstabiliteit verseker asook algemene sakevertroue 
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                            (Maks 2)         [40]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                17                        DBE/November 2020
                                  SS/NSS – Nasienriglyne

VRAAG 6: EKONOMIESE STREWES
 Bespreek, sonder grafieke, die aanbodkantbeleid om ekonomiese groei te
  bevorder.                                                   (26 punte)
 Hoekom behoort die owerheid meer op Klein-, Medium- en Mikro-
  ondernemings (KMMO's) te fokus as dryfkrag in die ekonomie?
                                                               (10 punte)                    [40]
INLEIDING
Aanbodkantbeleide fokus op aanbod en sy mikro-ekonomiese komponente soos
mededinging en potensiële uitset in die aanbod van goedere en dienste 
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                        (Maks 2)
INHOUD: HOOFDEEL
1. DIE DOELTREFFENDHEID EN EFFEKTIWITEIT VAN MARKTE 
Doeltreffend
 As 'n besigheid sy doelwitte van winsgewendheid en groei bereik, is die besigheid
  doeltreffend 
 Soortgelyk, is nywerhede en markte doeltreffend as hulle hul doelwitte bereik het
 In Suid-Afrika, stel die owerheid doelwitte in op markte deur wetgewing waar hulle
  verplig word om voort te gaan as hulle hul mikpunte bereik het, omdat dit dui op
  doeltreffendheid 
Effektiwiteit
 Die owerheid vereis dat markte funksioneer op so 'n wyse dat meer swart mense
   opgeneem word in die hoofstroomekonomie omdat hulle voorheen uitgesluit
   was 
 Twee Wette is uitgevaardig om voorkeur te verleen aan swart werkers en
   ondernemings van swart mense 
   Die Wet op Gelyke indiensneming  Hierdie Wet verbied diskriminasie en vereis
   dat die werksmag die rasse- en geslagsprofiel van die bevolking reflekteer 
   o Besighede moet hul indiensnemings-gelykheidsplan aan die Departement van
       Arbeid en inspekteurs van die departement voorlê by besoek aan die besigheid
       om te verseker dat hulle aan die wet voldoen 
   Breë-basis Swart Ekonomiese Bemagtiging 
   o Hierdie Wet verskaf 'n regsbasis vir transformasie van die Suid-Afrikaanse
       ekonomie 
   o Dit vereis regstelling sodat die aantal swart mense wat besighede in die land
       besit, bestuur ene beheer  aansienlik sal styg en inkome-ongelykheid
       aansienlik kan daal 
   o Pareto-doeltreffendheid  beteken dat gegewe die beperkings van effektiewe
       parameters, is dit nie moontlik om die toekenning van hulpbronne op so 'n wyse
       te laat geskied dat iemand beter daaraan toe is sonder dat iemand swakker
       daaraan toe is nie 
   o Dit sluit produktiewe en toedelingsdoeltreffendheid in 
       - Mededinging  Dit is op die volgende wyse in die markte verbeter: deur die
           stig van nuwe besighede en verkryging van BDI  en die vermindering
           van invoerbeperkings  wat mededinging van oorsee verhoog het 
       - Bykomend, is 'n mededingingsreguleringsnetwerk begin wat mededingings-
           praktyke tussen binnelandse besighede afdwing (die Wet op Mededinging
           (1998), Mededingingstribunaal, Mededingingsappelhof) . Ten spyte
           hiervan toon die Globale Mededingingsindeks dat Suid-Afrika se
           mededinging verswak 
Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                 18                        DBE/November 2020
                                   SS/NSS – Nasienriglyne

        -   Deregulering  Private sektor magsongelykhede wat die vrye
            funksionering van markte aan bande lê, is hersien en sommiges geskrap in
            die 1990s 
        - Privatisering  doeltreffendheid verbeter in terme van kwaliteit dienste
            gelewer en produkte geproduseer 
    o   Die regering verbind hom steeds om die gemak waarmee sake in Suid-Afrika
        gedoen word, te verbeter 
    o   Wisselkoersbeheermaatreëls is periodiek verslap maar nie geskrap teen 2012
        nie 
    o   Die Gemak om Sake te doen Indeks toon dat Suid-Afrika se prestasie elke jaar
        verswak 

Sakedoeltreffendheid 
Sommige maatreëls dien as aansporings tot groter inspanning en doeltreffendheid
asook groter winsgewendheid 

    Belasting 
    o Die land se maatskappybelasting is 28% en klein sakeondernemings betaal 'n
        laer koers solank as wat hulle inkome minder as R350 000 per jaar is terwyl
        mikro-ondernemings se omset R750 000 is 
    o Individuele inkomstebelasting begin op 18% en styg op 'n glyskaal tot 40% 
    o Die effek van blokkruiping op persoonlike inkomstebelasting is aangespreek in
        omtrent elke begroting met aanpassings van inkomeblokke 

    Kapitaalvorming 
    o Die depresiasie van kapitaalgoedere gebruik deur besighede is ontwerp om
       investering aan te moedig bv. Die aankope van nuwe masjinerie mag depresieer
       oor 4 jaar, 40% in die eerste jaar en rekenaars en elektroniese toerusting oor
       drie jaar 
    o Die owerheid, deur die DHN en NOK verskaf kapitaal en lenings aan KMMO's
       en groter besighede 
    o Dit dien as aansporings om doeltreffendheid te bevorder 

    Menslike hulpbronne/transformasie in onderrig 
    o Onderwys ontvang proporsioneel 'n groter deel van die begrotingsbesteding 
    o Sektorale Onderwys en Opleidingsowerhede (SETAs) moet na skool fasiliteer,
       asook werkverwante opleiding en al hierdie maatreëls is gerig op groter
       doeltreffendheid 

    Gratis adviesdienste 
    o Voorbeelde sluit die ontwikkeling van uitvoermarkte, bestuur en beheer van
        KMMO's, landbouproduksie, weervoorspellings, en voorkoming en genesing van
        siektes onder diere in 

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                 19                         DBE/November 2020
                                   SS/NSS – Nasienriglyne

2. KOSTE OM BESIGHEID TE DOEN 
In Suid-Afrika beheer die regering meeste fisiese infrastruktuur-komponente 
Die beskikbaarheid, betroubaarheid en koste van infrastruktuurdienste speel 'n
belangrike rol in die finansiële lewensvatbaarheid en winsgewendheid van
besighede 

    Vervoerkoste 
    o Vervoerkoste in die vorm van lug, pad, spoorlyn en seevervoer 
    o Die staat beheer lug- en spoorvervoer in Suid-Afrika 
    o 'n Aansienlike deel van vrag- en passasiervervoer geskied per pad 
    o Slegs 'n betroubare spoorvervoerdiens wat goedkoper is as padvervoer sal dit
        omkeer 
    o Vervoerkoste binne Suid-Afrika en tussen Suid-Afrika en sy uitvoerbestemmings
        is duur as gevolg van die lang afstande betrokke 
    o Die regering het hom verbind om die doeltreffendheid en betroubaarheid van
        spoorvervoer dienste te verbeter en dit meer bekostigbaar te maak 

    Kommunikasiekoste 
    o Kommunikasieopsies is kabel, sein en pos 
    o Die owerheid beheer kabel (land / vas) en pos-kommunikasiedienste 
    o Kabel kommunikasie in Suid-Afrika is die duurste in die wêreld maar redelik
       doeltreffend 
    o Die hoë koste maak IT-dienste vir besighede en individue duur en verhoed
       globale mededingendheid 

    Energiekoste 
     Die 2 vernaamste vorme van energie in Suid-Afrika is elektrisiteit en brandstof 
    o Eskom is 'n monopolie as elektrisiteitverskaffer 
    o In onlangse jare het koerse aansienlik gestyg en by tye was dit onmoontlik om
        aan die vraag vir elektrisiteit te voldoen wat die doeltreffendheid van die
        ekonomie benadeel het 
    o Die regering kondig aansienlike investering in nuwe elektrisiteit kapasiteit
        aan
    o Die regering reguleer petrol en paraffienpryse 
    o Pryse op ingevoerde ru-olie word verbind aan hoë internasionale markpryse 
    o Hoë vloeistof energiepryse ondermyn die doeltreffendheid van die ekonomie

3. MENSLIKE HULPBRONNE 
   o Pas migrasiebeleide toe om werkers met baie vaardighede te behou en invloei
     van werkers met swakker vaardighede te beperk 
   o Bevorder kwaliteit onderwys en opleiding om arbeidsproduktiwiteit te
     verhoog
   o Verminder die mag van vakbonde om 'n groter soepelheid in loon en
     arbeidspraktyke aan te moedig 

4. NATUURLIKE HULPBRONNE 
   o Waarde, groei en behoud van natuurlike hulpbronne van die land 
   o Investeer in nuwe ontdekking van minerale en ander hulpbronne 
   o Investeer in navorsing en tegnologie om produktiwiteit van natuurlike
      hulpbronne te verhoog 

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                  20                           DBE/November 2020
                                    SS/NSS – Nasienriglyne

5. KAPITAALVORMING 
   o Bevorder privaatsektor investering in mensgemaakte kapitaal soos nuwe
      fabrieke 
   o Gebruik publieke geld doeltreffend om infrastruktuur, publieke goedere en
      dienste te verbeter 
   o Bevorder tegnologiese verbeterings om produktiwiteit van kapitaal en arbeid te
      verhoog 
   o Moedig buitelandse investering aan deur wisselkoersbeheer te verwyder en
      ander beperkinge op die vrye beweging van kapitaal 
   o Moedig die publiek aan om te spaar en befondsing vir kapitaalvorming te
      verskaf 
   o Skep 'n stabiele sakeomgewing wat vertroue daarstel en investering
      bevorder
6. ENTREPRENEURSKAP 
   o Moedig mededinging aan deur beleide van deregulering en anti-monopolistiese
      wetgewing 
   o Bevorder 'n entrepreneuriese kultuur en moedig oprigting van nuwe
      sakeondernemings aan deur finansies en raad te verskaf, entrepreneuriese
      onderrig en opleiding en 'n sake-vriendelike regsomgewing daar te stel 

7. TEGNOLOGIE 
    o Nuwe wetenskaplike kennis in die vorm van uitvindings en ontdekkings word
       toegepas 
    o Gevorderde tegnologie stimuleer ekonomiese groei en ontwikkeling, om ‘n wyer
       verskeidenheid goedere te produseer / verbeter die kwaliteit van goedere en
       dienste / navorsing en produksie van nuwe produkte 
('n Maksimum van 8 punte kan toegeken word vir blote opnoem van feite/voorbeelde)
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                        (Maks 26)
ADDISIONELE DEEL
Die regering behoort te fokus op KMMO's om die ekonomie se dryf omdat:
     die kleinsakesektor 'n groot deel van die arbeidsmag in diens neem in vergelyking
      met ander grootte besighede 
     die gemiddelde kapitale koste van 'n werk wat geskep word in die KMMO-sektor
      laer is as in die groot sakesektor 
     dit meer kompeterende markte toelaat waar verbruikers voordeel trek uit 'n wyer
      verskeidenheid goedere teen meer mededingende (laer) pryse 
     dit vinniger as groter organisasies by die verandering in voorkeure en neigings
      aanpas 
     dikwels plaaslike hulpbronne gebruik wat 'n rimpeleffek op die ontwikkeling van
      ander nywerhede het 
     dit geleenthede bied vir aspirant-entrepreneurs, veral dié wat werkloos, onder-
      indiens of afgelê is 
     daar van werkers by die smaller punt op die skaal dikwels 'n beperkte aantal
      vaardighede of opleiding vereis word; hulle leer om die werk te doen 
     subkontraktering deur groot sakeondernemings aan KMMO's bied
      uitbreidingsmoontlikhede in produksieprosesse 
     dit 'n belangrike rol speel in tegniese- en ander uitvindings wat kan lei tot 'n
      wêreld met suksesvolle, hoogsgekwalifiseerde mededingers in die toekoms 
     (Aanvaar enige ander korrekte relevante hoër orde antwoord)                  (Maks 10)

Kopiereg voorbehou

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                21                        DBE/November 2020
                                  SS/NSS – Nasienriglyne

SLOT

Die aanbodkant-beleid benadering kan gebruik word om kwaliteit en kwantiteit gebruik
van produksiefaktore tot voordeel van die ekonomie aan te wend           (Maks 2)
(Aanvaar enige ander korrekte relevante hoër orde antwoord)                              [40]

                                                            TOTAAL AFDELING C:           40

                                                                  GROOTTOTAAL:           150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Economics P1 Nov 2019 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-nov-2019-memo-afr/5356311e-5173-4723-8d25-e9cf4c6c6da0) — Economics · Memo · 2019 · Afr
- [Economics P1 Nov 2018 FINAL Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-nov-2018-final-memo-afr/163f0388-17fe-4dcb-90ce-35973b4ce181) — Economics · Memo · 2018 · Afr
- [Economics P1 Nov 2017 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-nov-2017-memo-eng/42373e1f-5b55-4cc0-97b4-9b8903280996) — Economics · Memo · 2017 · Eng
- [Economics P1 Nov 2016 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-nov-2016-memo-eng/e9d1075c-f676-4869-ad8a-64675b11fd49) — Economics · Memo · 2016 · Eng
- [Economics P1 Nov 2016 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-nov-2016-memo-afr/3ad593d6-e82a-49ec-ae58-d57f0e0ee936) — Economics · Memo · 2016 · Afr
- [Economics P1 Nov 2014 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-nov-2014-memo-eng/68e34c8d-ff14-4246-887a-c69f32ed75a8) — Economics · Memo · 2014 · Eng

## More from Grade 12 Economics

- [ECONOMICS P2 GR12 QP JCT 2025 AFR D watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-gr12-qp-jct-2025-afr-d-watermark/3dba3588-624d-493b-bc60-00d7e2783cae) — QP · 2025 · Afr
- [Economics Grade 12 NSC P1 QP September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-12-nsc-p1-qp-september-2025-free-state/4def59dd-ebf4-4191-89e7-2b6d4609d6cc) — QP · 2025
- [Economics Grade 12 NSC P1 QP September 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-12-nsc-p1-qp-september-2025-mpumalanga/5449d7a4-548e-416d-91b4-1da462710798) — QP · 2025
- [Economics Grade 12 NSC P2 QP September 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-12-nsc-p2-qp-september-2025-mpumalanga/efbb0e99-1236-496b-bc64-5b31b3784493) — QP · 2025
- [Economics P1 May-June 2025 Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-may-june-2025-afr/e9c77643-7f83-42e3-b28d-cf84e96050ca) — QP · 2025 · Afr
- [Economics P2 May-June 2025 Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-may-june-2025-afr/4c93e067-5237-46b7-ab21-5c2cea219788) — QP · 2025 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
