# Economics Grade 12 P1 NSC November 2021 Question Paper (Afr)

> Grade 12 Economics Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2021 (Afrikaans), 13 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-nov-2021-afr/f25a9ed4-62b0-4d15-9e7d-64de934b75d9
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Economics
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2021
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 13

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/economics) › [Economics Grade 12 P1 NSC November 2021 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-nov-2021-afr/f25a9ed4-62b0-4d15-9e7d-64de934b75d9)

## About this document

Economics · Grade 12 · NSC November Exam · 2021. Question paper, 13 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                  NASIONALE
                              SENIOR SERTIFIKAAT

                                       GRAAD 12

                                    EKONOMIE V1

                                  NOVEMBER 2021

PUNTE: 150

TYD: 2 uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 13 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                  2                       DBE/November 2021
                                            NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Beantwoord VIER vrae soos volg in die ANTWOORDEBOEK:

         AFDELING A: VERPLIGTEND
         AFDELING B: Beantwoord TWEE van die drie vrae.
         AFDELING C: Beantwoord EEN van die twee vrae.

2.       Beantwoord slegs die vereiste getal vrae. Addisionele antwoorde sal NIE
         nagesien word NIE.

3.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik is.

4.       Skryf die vraagnommer boaan elke antwoord.

5.       Lees die vrae aandagtig deur.

6.       Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.

7.       Laat 2–3 reëls tussen onderafdelings van vrae oop.

8.       Beantwoord die vrae in volsinne en maak seker dat die formaat, inhoud en
         konteks van jou antwoorde aan die kognitiewe vereistes van die vrae voldoen.

9.       Gebruik slegs swart of blou ink.

10.      Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

11.      Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                     3                      DBE/November 2021
                                               NSS

AFDELING A (VERPLIGTEND)

VRAAG 1                                                      30 PUNTE – 20 MINUTE

1.1      Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
         Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
         (1.1.1 tot 1.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.9 D.

         1.1.1        Langtermyn- finansiële instrumente, soos aandele, word op
                      die …-mark verhandel.

                      A    geld
                      B    kapitaal
                      C    buitelandsevaluta
                      D    arbeids

         1.1.2        Sakesiklusse wat vir 15 tot 20 jaar duur en deur veranderinge in
                      die boubedryf veroorsaak word, word …-siklusse genoem.

                      A    Kuznets
                      B    Kitchin
                      C    Jugler
                      D    Kondratieff

         1.1.3        Die oordrag van eienaarskap van entiteite na die openbare sektor
                      word … genoem.

                      A    privatisering
                      B    kommersialisering
                      C    deregulering
                      D    nasionalisering

         1.1.4        Beleggingskontrakte wat hulle waarde baseer op die onderliggende
                      bates, soos geldeenhede en kommoditeite, staan as … bekend.

                      A    ander beleggings
                      B    direkte beleggings
                      C    finansiële afgeleides
                      D    portefeuljebeleggings

         1.1.5        Die internasionale organisasie wat tariewe en ander
                      handelsbelemmerings verminder sodat handel geliberaliseer word,
                      word die … genoem.

                      A    Wêreldbank
                      B    Internasionale Monetêre Fonds
                      C    Wêreldhandelsorganisasie
                      D    Wêreldgesondheidsorganisasie

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                   4                           DBE/November 2021
                                             NSS

         1.1.6        Die groei- en ontwikkelingsbeleid wat poog om teen 2030 armoede
                      te elimineer en ongelykheid te verminder, staan as die … bekend.

                      A    Nasionale Ontwikkelingsplan
                      B    Heropbou- en Ontwikkelingsprogram
                      C    Groei, Werkverskaffing en Herverdelingsprogram
                      D    Versnelde en Gedeelde Groei-inisiatief vir Suid-Afrika

         1.1.7        'n Kontantaansporing wat poog om belegging in die opleiding van
                      die Suid-Afrikaanse arbeidsmag te verskaf om nuwe kundigheid
                      te bekom, word die … genoem.

                      A    Kritieke Infrastruktuurprogram
                      B    Vaardigheidondersteuningsprogram
                      C    Doeanevryaansporings
                      D    Kleinsake-ondersteuningsprogram

         1.1.8        Die persentasie van die bevolking wat in armoede in 'n land leef,
                      word deur … aangedui.

                      A    die Gini-koëffisiënt
                      B    lewensverwagting
                      C    per capita bruto binnelandse produk
                      D    die koptellingsindeks                                    (8 x 2)      (16)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                      5                         DBE/November 2021
                                                NSS

1.2      Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by 'n item in KOLOM A pas.
         Skryf slegs die letter (A–I) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.8) in die
         ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.2.9 J.

                      KOLOM A                                 KOLOM B
         1.2.1       Oordragbetaling        A     kombinasie van internasionale
                                                  handelsbeleide wat vir die heersende
         1.2.2       Belegging                    toestande in 'n ekonomie geskik is

         1.2.3       Kontantreserwe-        B     monitor identifiseerbare en omskryfbare
                     vereistes                    kwessies verwant aan menslike
                                                  welstand
         1.2.4       Prysdiskriminasie
                                            C     landswye owerheidsinmenging wat
         1.2.5       Sosiale aanwyser             arbeidsintensiewe metodes gebruik om
                                                  werk te skep
         1.2.6       Gewenste mengsel
                                            D     geld ontvang sonder dat enige
         1.2.7       Nywerheids-                  produktiewe diens gelewer is
                     ontwikkelingsones
                                            E     om vir verskillende klante verskillende
         1.2.8       Uitgebreide Openbare         pryse vir dieselfde produk te vra
                     Werke-program
                                            F     besteding deur besighede op
                                                  kapitaalgoedere

                                            G     gebruik om geldvoorraad deur die
                                                  aankoop en verkoop van staatseffekte
                                                  te beheer

                                            H     spesiaal geboude nywerheidspersele
                                                  wat fisies omhein is en met
                                                  internasionale hawens verbind is

                                            I     die minimum bedrag geld vereis deur
                                                  die Suid-Afrikaanse Reserwebank
                                                  waaraan banke moet voldoen om
                                                  geldskeppingsaktiwiteite te manipuleer
                                                                                     (8 x 1)       (8)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                  6                          DBE/November 2021
                                            NSS

1.3      Gee EEN term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term
         langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.6) in die ANTWOORDEBOEK neer.
         Afkortings, akronieme en voorbeelde sal NIE aanvaar word NIE.

         1.3.1        Wanneer 'n land wat by internasionale handel betrokke is meer
                      produseer as ander lande, gegewe dieselfde produksie

         1.3.2        'n Dokument wat verwagte inkomste en beraamde besteding vir die
                      volgende fiskale jaar detailleer

         1.3.3        Belastingstelsels waar lae-inkomsteverdieners hoër belasting-
                      koerse betaal, terwyl hoë-inkomsteverdieners laer belastingkoerse
                      betaal

         1.3.4        Die verskaffing van aansporings om plaaslike besighede aan te
                      moedig om goedere te produseer om aan ander lande te verkoop

         1.3.5        Die proses wat fokus op die verbetering van mense se
                      lewenstandaard

         1.3.6        Die industriële ontwikkelingstrategie wat gemik is op die
                      verbetering van mededinging in vervaardiging deur insetpryse en
                      tegnologie te oorweeg
                                                                               (6 x 1)         (6)

                                                               TOTAAL AFDELING A:              30

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                     7                                   DBE/November 2021
                                               NSS

AFDELING B

Beantwoord enige TWEE              van   die   drie    vrae    in   hierdie    afdeling     in   die
ANTWOORDEBOEK.

VRAAG 2: MAKROEKONOMIE                                                40 PUNTE – 30 MINUTE

2.1      Beantwoord die volgende vrae.

         2.1.1       Noem enige TWEE deelnemers aan die ekonomiesekringloop-
                     model.                                           (2 x 1)                              (2)

         2.1.2       Waarom        lei   openbaresektor-mislukking            tot     maatskaplike
                     onstabiliteit?                                                        (1 x 2)         (2)

2.2      Bestudeer die tabel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

           BRUTO WAARDE TOEGEVOEG VOLGENS TIPE EKONOMIESE AKTIWITEIT

                                                                    2021-syfers
                                                         Teen konstante     Teen huidige
                                                           2015-pryse           pryse
          Primêre sektor                                         295 203            472 082
          Sekondêre sektor                                       552 601            943 771
          Tersiêre sektor                                      2 017 745          3 107 747
          Bruto waarde toegevoeg teen                          2 865 548          4 523 600
          basiese pryse
                                                      [Aangepas uit SARB Quarterly Bulletin, Maart 2021]

         2.2.1        Identifiseer die basisjaar wat die Suid-Afrikaanse Reserwebank
                      gebruik om totale in die nasionale rekeninge saam te stel.                           (1)

         2.2.2        Gee die alternatiewe term wat vir bruto waarde toegevoeg in
                      nasionale rekeninge gebruik word.                                                    (1)

         2.2.3        Beskryf kortliks die term bruto waarde toegevoeg.                                    (2)

         2.2.4        Hoe word basiese pryse na markpryse omgeskakel?                                      (2)

         2.2.5        Waarom sou ekonome konstante pryse bo huidige pryse verkies
                      wanneer ekonomiese groei gemeet word?                (2 x 2)                         (4)

Kopiereg voorbehou                                                                    Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                       8                             DBE/November 2021
                                                 NSS

2.3      Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                   STAATSKULD AAN DIE STYG

         Hoë staatskuldvlakke verhoog die koste van lenings dwarsdeur die ekonomie.
         Die stygende skuld lei tot hoër toekomstige belasting en onsekerheid. Die
         versorging van hierdie stygende skuld verwyder bronne wat in infrastruktuur
         belê kon word. Ons leningsbehoeftes sal elke jaar van die medium termyn ver
         bokant R500 miljard bly ten spyte van die matige verbeteringe in ons fiskale
         posisie.

         Hierdie 2021-begrotingsraamwerk plaas Suid-Afrika op koers om 'n primêre
         surplus te behaal. Deur dit te doen, sal staatskuld in 2025/26 teen
         88,9 persent van die bruto binnelandse produk stabiliseer.

                                                       [Aangepas uit 2021/22-Begrotingsverklaring]

         2.3.1       Noem die staatsdepartement wat vir die formulering                        en
                     implementering van fiskale beleid verantwoordelik is.                              (1)

         2.3.2       Gee die maatstafpersentasie vir staatskuld in verhouding tot bruto
                     binnelandse produk.                                                                (1)

         2.3.3       Beskryf kortliks die term mediumtermyn-bestedingsraamwerk.                         (2)

         2.3.4       Waarom is daar 'n behoefte dat die owerheid meer aan maatskaplike
                     ontwikkeling bestee?                                                               (2)

         2.3.5       Hoe kan inkomstebelastingkategorieë belastingbetalers beïnvloed?
                                                                                  (2 x 2)               (4)

2.4      Met behulp van 'n              korrek     benoemde       grafiek,    verduidelik     die
         vermenigvuldigerbegrip.                                                                        (8)

2.5      Hoe kan veranderinge in terme van ruilvoet die Suid-Afrikaanse ekonomie                        (8)
         beïnvloed?                                                                                     [40]

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                      9                              DBE/November 2021
                                                NSS

VRAAG 3: EKONOMIESE STREWES                                          40 PUNTE – 30 MINUTE

3.1      Beantwoord die volgende vrae.

         3.1.1        Noem enige TWEE metodes van invoervervanging.                       (2 x 1)       (2)

         3.1.2        Hoe kan die owerheid die herstel van grondregte gebruik om sy
                      ontwikkelings- en regstellingsdoelwitte te bereik?      (1 x 2)                   (2)

3.2      Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                              SUID-AFRIKA SE 2030-ENERGIEPLAN

         As deel van die 2030-plan het die Departement van Mineraalbronne en
         Energie effektief R56 miljard losgemaak wat in hernubare energieprojekte
         regdeur die land belê sal word. Daar word van munisipaliteite verwag om
         geskikte nienetwerkenergiebronne te kies en om toegang aan arm
         huishoudings te verskaf.
                         [Aangepas uit Departement van Mineraalbronne en Energie-verklaring, 2021]

         3.2.1        Identifiseer die energiebron wat verband hou met die verbranding
                      van fossielbrandstowwe.                                                           (1)

         3.2.2        Gee die indeks wat gebruik word om die samelewing se vlak van
                      ontwikkeling te meet.                                                             (1)

         3.2.3        Beskryf kortliks die term ekonomiese aanwyser.                                    (2)

         3.2.4        Verduidelik die negatiewe impak van landelik-stedelike migrasie op
                      die verskaffing van dienste in stedelike gebiede.                                 (2)

         3.2.5        Hoe sal hernubare energiebronne arm huishoudings in landelike
                      gebiede positief beïnvloed?                            (2 x 2)                    (4)

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                     10                             DBE/November 2021
                                               NSS

3.3      Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                  SES hoe?
                                        Spesiale
                                      Ekonomiese
                                         Sone
                                                                            … bied
                                                                         Doeanevrye
                Die SES-                                                aansporings,
               program het                                               Buitelandse
              234 beleggers                                             Investerings-
                 gelok en                                                 toelaes en
              15 000 direkte                                            Vaardigheids-
                                                                        Ontwikkelings-
              werksgeleent-                                              Programme
              hede geskep.
                                                                          Belasting-
                                                                         aansporings

                                        [Aangepas uit Google, SEZ latest development, Maart 2021]

         3.3.1        Identifiseer die finansiële aansporing wat toelaat dat intermediêre
                      goedere sonder die betaling van enige tariewe ingevoer word.                     (1)

         3.3.2        Noem enige EEN spesiale ekonomiese sone in Suid-Afrika.                          (1)

         3.3.3        Beskryf kortliks die term korridors.                                             (2)

         3.3.4        Hoe gebruik die owerheid maatskappybelasting om beleggings na
                      spesiale ekonomiese sones te lok?                                                (2)

         3.3.5        Verduidelik die belangrikheid van openbare-privaat vennootskappe
                      in ruimtelike ontwikkelingsinisiatiewe.                   (2 x 2)                (4)

3.4      Beskryf in hooftrekke die doelwitte van streeksontwikkeling.                    (4 x 2)       (8)

3.5      Analiseer die omgewingseffekte van ekonomiese aktiwiteite van lande in
         die noorde.                                                                                   (8)
                                                                                                       [40]

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                   11                            DBE/November 2021
                                             NSS

VRAAG 4: MAKROEKONOMIE EN EKONOMIESE STREWES
                                           40 PUNTE – 30 MINUTE

4.1      Beantwoord die volgende vrae.

         4.1.1        Noem     enige    TWEE       internasionale     maatstafkriteria    vir
                      streeksontwikkeling.                                           (2 x 1)        (2)

         4.1.2        Hoekom word laste bygevoeg wanneer netto direkte beleggings in
                      die finansiële rekening van die betalingsbalans bereken word?
                                                                                  (1 x 2)           (2)

4.2      Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                               HOEKOM DRYF LANDE HANDEL?

         Internasionale handel is deesdae die hartklop van die wêreldekonomie, en is
         vir baie ontwikkeling en welvaart van die moderne geïndustrialiseerde wêreld
         verantwoordelik. Lande dryf handel met mekaar wanneer hulle nie die
         hulpbronne of kapasiteit het om aan hulle eie behoeftes en begeertes te
         voldoen nie. Deur die ontginning van hulle binnelandse skaars natuurlike
         bronne kan lande 'n surplus produseer en dit vir die hulpbronne wat hulle
         benodig, verhandel.

         Firmas wat voor groot wêreldmarkte te staan kom, kan aangemoedig word
         om massaproduksie op te neem en nuwe tegnologie toe te pas.

                                                      [Aangepas uit www.internationalecon.com]

         4.2.1        Identifiseer die aanbodrede vir internasionale handel waaraan in
                      die uittreksel hierbo aandag gegee word.                                      (1)

         4.2.2        Noem die produk wat uitdruklik in die betalingsbalans aangeteken
                      word as gevolg van die historiese belang daarvan.                             (1)

         4.2.3        Beskryf kortliks die term massaproduksie.                                     (2)

         4.2.4        Verduidelik die rede waarom Suid-Afrikaanse verbruikers produkte
                      invoer wat op binnelandse markte beskikbaar is.                               (2)

         4.2.5        Hoe kan natuurrampe, soos 'n droogte, die Suid-Afrikaanse
                      handelsbalans beïnvloed?                            (2 x 2)                   (4)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                    12                           DBE/November 2021
                                              NSS

                                                                                                                  4
 4.3      Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.                               .3.2

                      SUID-AFRIKA SE EKONOMIE BEREIK 'N LAAGTEPUNT

                                                        Swak ekonomiese
                                                              groei

         Suid-Afrika se bruto binnelandse produk (BBP) het tussen die eerste en
         tweede kwartaal van 2020 met net meer as 16,4% gedaal, wat lei tot 'n
         jaarlikse groeikoers van 51%. Die vraagkant van die ekonomie het met
         52,3% gedaal as gevolg van laer uitvoere en huishoudelike besteding.
                                                     [Aangepas uit @StatsSA, Februarie 2021]

         4.3.1        Identifiseer EEN komponent van totale vraag in die inligting hierbo.          (1)

         4.3.2        Noem die werkverskaffingsaanwyser wat met die grootte van die
                      arbeidsmag in die land te make het.                                           (1)

         4.3.3        Beskryf kortliks die term ekonomiese groei.                                   (2)

         4.3.4        Verduidelik die impak van 'n styging in verbruiksbesteding op die
                      produksie van goedere en dienste.                                             (2)

         4.3.5        Hoe kan klein, medium en mikro-ondernemings (KMMO's) tot
                      ekonomiese groei en ontwikkeling bydra?          (2 x 2)                      (4)

4.4      Bespreek kortliks wisselkoersstabiliteit en prysstabiliteit as makroekonomiese
         doelwitte van die owerheid.                                             (2 x 4)            (8)

4.5      Analiseer die uitdagings van die Suid-Afrikaanse owerheid om die
         werkloosheidkoers in die ekonomie te verminder.                                            (8)
                                                                                                    [40]

                                                                  TOTAAL AFDELING B:                80
Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                   13                           DBE/November 2021
                                             NSS

AFDELING C
Beantwoord enige EEN           van    die   twee   vrae   in   hierdie   afdeling     in   die
ANTWOORDEBOEK.
Jou antwoord sal soos volg geassesseer word:

                                                                                 PUNTE-
                      STRUKTUUR VAN OPSTEL
                                                                               TOEKENNING
Inleiding
Die inleiding is 'n laerorde-antwoord.                                              Maks. 2
 'n Goeie begin is om die sleutelkonsep wat met die vraag verband hou,
    te definieer of te omskryf.
 Moet NIE enige deel van die vraag by die inleiding insluit NIE.
 Moet NIE enige deel van die inleiding by die liggaam insluit NIE.
 Vermy dit om in die inleiding te noem wat jy in die liggaam gaan bespreek.
Liggaam
Hoofgedeelte: Bespreek in besonderhede/Diepgaande bespreking/                       Maks. 26
Ondersoek/Bespreek krities/Analiseer/Vergelyk/Evalueer/Onderskei/
Verduidelik/Teken 'n grafiek en verduidelik/Gebruik die grafiek gegee en
verduidelik/Voltooi die grafiek gegee/Assesseer/Debatteer
'n Maksimum van 8 punte kan aan opskrifte/voorbeelde toegeken word.                 Maks. 10
Bykomende gedeelte: Bespreek krities/Evalueer/Evalueer krities/Debatteer/
Lei af/Vergelyk/Onderskei/Interpreteer/Hoe?/Stel voor
'n Maksimum van 2 punte kan vir die blote noem van feite toegeken
word.
Slot
Enige hoërorde-slot behoort die volgende in te sluit:                               Maks. 2
 'n Kort samevatting van dit wat bespreek is, sonder die herhaling van
     enige feite wat reeds genoem is
 Enige opinie of waardeoordeel oor die feite wat bespreek is
 Bykomende ondersteunende inligting wat die bespreking/ontleding
     versterk
 'n Teenstrydige sienswyse met motivering, indien gevra
 Aanbevelings
TOTAAL                                                                                40

VRAAG 5: MAKROEKONOMIE                                          40 PUNTE – 40 MINUTE

   Bespreek in besonderhede die nuwe ekonomiese paradigma in die effening van
    sakesiklusse.                                                   (26 punte)

   Evalueer die Suid-Afrikaanse owerheid se inisiatiewe om die ekonomiese afswaai
    wat deur die Covid-19-pandemie veroorsaak is, te verminder.         (10 punte)               [40]

VRAAG 6: EKONOMIESE STREWES                                      40 PUNTE – 40 MINUTE

   Bespreek die argumente ten gunste van proteksionisme/beskerming.            (26 punte)

   Hoe kan Suid-Afrika uit handel in wêreldmarkte voordeel trek?               (10 punte)       [40]

                                                                  TOTAAL AFDELING C:             40
                                                                      GROOTTOTAAL:               150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Economics P1 May-June 2021 Eng](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-may-june-2021-eng/d66c929a-31ea-4967-b5f5-de0b0dbc06ea) — Economics · QP · 2021 · Eng
- [Economics P1 QP June 2021 English](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-qp-june-2021-english/a9a1ed4d-12d3-41cd-b139-291224bc05ca) — Economics · QP · 2021 · Eng
- [Economics P1 Nov 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-nov-2023-eng/127abefe-4f46-4a3d-9e28-d940dd8b0459) — Economics · QP · 2023 · Eng
- [Economics P1 Nov 2018 Eng](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-nov-2018-eng/7d5ff0ae-2f20-4e20-b379-43f3918a2600) — Economics · QP · 2018 · Eng
- [Economics P1 Nov 2017 Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-nov-2017-afr/48efcc35-8633-4ec0-8862-da6aaffb31b1) — Economics · QP · 2017 · Afr
- [Economics P1 Nov 2014 Eng](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-nov-2014-eng/b1052aed-ab62-4114-83b8-91a086ab3d3e) — Economics · QP · 2014 · Eng

## More from Grade 12 Economics

- [MTG Economics Afr](https://www.hlayiso.com/library/mtg-economics-afr/9848e5ba-3f16-47f5-8714-26d23f3a8bf5) — Guide · Afr
- [Economics P2 Memo Afr watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-memo-afr-watermark/c9d66fa3-0b40-419d-a6f6-d862847d4e82) — Memo · 2025 · Afr
- [Economics P2 (English) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-english-june-2025-possible-answers/3df8bb66-2d0a-4b1b-89bf-509b303bfa3e) — Memo · 2025 · Eng
- [Economics P1 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-may-june-2025-mg-eng/f6c27985-fe67-48df-afba-d85bf5f76379) — Memo · 2025 · Eng
- [Economics P2 May-June 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-may-june-2025-mg-afr/4cc1190f-9c0a-43ea-98bc-3252875816a9) — Memo · 2025 · Afr
- [NW 12 ECONOMICS P2 QP ENG JUNE 2025](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-economics-2025-nw-june-exam-question-paper-paper-2-english/c80fc8cc-fc9d-44e9-a820-8736783a4556) — QP · 2025 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
