# Economics Grade 12 P1 NSC November 2021 Memo (Afrikaans)

> Grade 12 Economics Paper 1 memorandum from the NSC November Exam 2021 (Afrikaans), 22 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-nov-2021-mg-afr/24c9228c-d519-4ca5-8740-6a961c18c213
- Updated: 2026-10-29
- Subject: Economics
- Grade: Grade 12
- Document type: Memorandum
- Year: 2021
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 22

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/economics) › [Economics Grade 12 P1 NSC November 2021 Memo (Afrikaans)](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-nov-2021-mg-afr/24c9228c-d519-4ca5-8740-6a961c18c213)

## About this document

Economics · Grade 12 · NSC November Exam · 2021. Memorandum. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                  NASONALE
                              SENIOR SERTIFIKAAT

                                     GRAAD 12

                                    EKONOMIE V1

                                  NASIENRIGLYNE

                                  NOVEMBER 2021

PUNTE: 150

                      Hierdie nasienriglyne bestaan uit 22 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                     2                              DBE/November 2021
                                        NSS – Nasienriglyne

AFDELING A (VERPLIGTEND)

VRAAG 1

1.1      MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

         1.1.1        B - kapitaal 
         1.1.2        A - Kuznets 
         1.1.3        D - nasionalisering 
         1.1.4        C – finansiële afgeleides 
         1.1.5        C - Wêreldhandelsorganisasie 
         1.1.6        A – nasionale ontwikkelingsplan 
         1.1.7        B - vaardigheidondersteuningsprogram 
         1.1.8        D - koptellingsindeks                                          (8 x 2)        (16)

1.2      PASITEMS

         1.2.1       D - geld ontvang sonder dat enige produktiewe diens gelewer is 
         1.2.2       F - besteding deur besighede op kapitaalgoedere 
         1.2.3       I - die minimum bedrag geld vereis deur die Suid-Afrikaanse
                         Reserwebank waaraan banke moet voldoen om
                         geldskeppingsaktiwiteite te manipuleer 
         1.2.4       E - om vir verskillende klante verskillende pryse vir dieselfde produk
                          te vra 
         1.2.5       B - monitor identifiseerbare en omskryfbare kwessies verwant aan
                          menslike welstand 
         1.2.6       A - kombinasie van internasionale handelsbeleide wat vir die
                          heersende toestande in 'n ekonomie geskik is 
         1.2.7       H - spesiaal geboude nywerheidspersele wat fisies omhein is en met
                          internasionale hawens verbind is 
         1.2.8       C - landswye owerheidsinmenging wat arbeidsintensiewe metodes
                          gebruik om werk te skep                                     (8 x 1)        (8)

1.3      GEE DIE TERM

         1.3.1        Absolute voordeel 
         1.3.2        Jaarlikse begroting / Nasionale begroting / Hoofbegroting 
         1.3.3        Regressief 
         1.3.4        Uitvoerbevordering 
         1.3.5        Ekonomiese ontwikkeling 
         1.3.6        Geïntegreerde Vervaardigingstrategie 
                                                                                       (6 x 1)        (6)

                                                                    TOTAAL AFDELING A:                30

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                      3                           DBE/November 2021
                                         NSS – Nasienriglyne

AFDELING B

Beantwoord TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK.

VRAAG 2: MAKRO-EKONOMIE

2.1      Beantwoord die volgende vrae.

         2.1.1       Noem enige TWEE deelnemers aan die ekonomiesekringloop-
                     model.

                          Huishoudings 
                          Sakesektor 
                          Owerheid 
                          Buitelandse sektor                                       (2 x 1)        (2)
         2.1.2       Waarom lei         openbaresektor-mislukking      tot   maatskaplike
                     onstabiliteit?

                       Die lewens van mense word gedestabiliseer en hulle
                        menseregte word benadeel 
                      Die gemeenskap raak ontevrede en begin hul eise stel deur te
                        protesteer
                     (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)      (1 x 2)                 (2)

2.2      DATARESPONS
         2.2.1           Identifiseer  die basisjaar  wat    die  Suid-Afrikaanse
                         Reserwebank gebruik om totale in die nasionale rekeninge
                         saam te stel.

                         2015                                                                      (1)
         2.2.2           Gee die alternatiewe term wat vir bruto waarde toegevoeg in
                         nasionale rekeninge gebruik word.

                         Bruto binnelandse produk / BBP(P)                                         (1)

         2.2.3           Beskryf kortliks die term bruto waarde toegevoeg.

                         Die waarde wat toegevoeg word op die goedere by elke stadium
                         van die produksieproses 
                         (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                          (2)
         2.2.4           Hoe word basiese pryse na markpryse omgeskakel?

                         Belasting op produkte word bygevoeg en subsidies op produkte
                         word afgetrek van die bruto binnelandse produk teen basiese pryse
                         om die bruto binnelandse produk teen markpryse te kry./
                         BWT @ basiese pryse PLUS belasting op produkte MINUS
                         subsidie op produkte = BBP @ markpryse 
                         (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                          (2)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                   4                          DBE/November 2021
                                      NSS – Nasienriglyne

         2.2.5        Waarom sou ekonome konstante pryse bo huidige pryse
                      verkies wanneer ekonomiese groei gemeet word?

                        Konstante pryse is aangepas om die effekte van inflasie in ag
                         te neem, teenoor huidige pryse wat nie aangepas is nie 
                       Konstante pryse gee 'n ware beeld van werklike veranderinge
                         in die produksie van goedere en dienste, terwyl huidige pryse
                         'n skewe beeld gee 
                       Huidige pryse gee 'n verwronge aanduiding van die werklike
                         groei van die ekonomie 
                       Om ekonomiese groei te meet met gebruik van konstante
                         pryse gee akkurate data aan beleidmakers om ingeligte
                         besluite te neem
                       Konstante pryse help om van een jaar na die volgende 'n
                         akkurate vergelyking van ekonomiese prestasie te maak.
                      (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)         (2 x 2)         (4)

2.3      DATARESPONS

         2.3.1        Noem die staatsdepartement wat vir die formulering en
                      implementering van fiskale beleid verantwoordelik is.

                      Departement van Finansies                                                (1)

         2.3.2        Gee die maatstafpersentasie vir staatskuld in verhouding tot
                      bruto binnelandse produk.

                      Nie meer as 60% nie                                                      (1)

         2.3.3        Beskryf kortliks die term mediumtermyn-bestedingsraamwerk.

                      Dit toon die owerheid se inkomste- en bestedingberamings vir 'n
                      driejaar-tydperk 
                      (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                         (2)

         2.3.4        Waarom is daar 'n behoefte dat die owerheid meer aan
                      maatskaplike ontwikkeling bestee?

                        'n Aansienlike deel van die Suid-Afrikaanse bevolking leef
                         steeds in armoede; dus behoort die regering meer hulpbronne
                         toe te ken om hul lewenstandaard te verbeter 
                        Die werkloosheidsyfer is die hoogste in die wêreld as gevolg
                         van laevlak-vaardighede, verminderde BBP en 'n tekort aan
                         belegging.    Hoë      werkloosheidskoers      verhoog   die
                         afhanklikheidskoers van die regering, dit dwing die regering
                         dus om besteding aan aktiwiteite wat die lewens van die
                         mense verbeter, te verhoog 
                        Baie mense het hul werk en bronne van inkomste verloor as
                         gevolg van die Covid-19-pandemie en benodig toelaes om te
                         oorleef 
                      (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                         (2)
Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                             5                              DBE/November 2021
                                                NSS – Nasienriglyne

         2.3.5               Hoe kan        inkomstebelastingkategorieë            belastingbetalers
                             beïnvloed?

                                'n Toename in inkomste kan belastingbetalers in hoër
                                 belastingkategorieë instoot as belastingkategorieë dieselfde
                                 bly, wat lei tot hoër belastings (belastingversnelling/'bracket
                                 creep')
                              Belastingbetalers ontvang nie die volle voordeel van 'n
                                 toename in hulle lone nie.
                              'n Toename in hulle inkomste sal nie huishoudings na hoër
                                 belastingkategorieë skuif nie wat dus belastingversnelling sal
                                 voorkom. 
                              Dit sal belastingverligting aan werkers gee aangesien hulle
                                 bestaande salarisse in laer belastingkategorieë kan val. 
                              Hul verbruikbare inkomste kan toeneem, wat hulle toelaat om
                                 meer op goedere en dienste te spandeer 
                             LW: aanvaar die verduideliking vir 'n afname in die belastingkerf/-
                             kategorie wat 'n negatiewe impak op die verbruiker se besteebare
                             inkomste sal hê)                                             (2 x 2)             (4)
                             (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)
2.4       Met behulp van’ n korrek benoemde grafiek, verduidelik die vermenigvuldiger.

                                            VERMENIGVULDIGER EFFEK
                                                          E=Y

                                                            E1        E1 = C + I

                                                                         E=C+I
                                                                       Benoem van asse = 1 punt
                             AE1

                 Besteding
                                                E                       Benoem op asse = 1 punt
                                                                        Verskuiwing van verbruikers-
                                                                        funksie = 1 punt
                             AE                                         E = Y - 1 punt
                                                                                                   Maks. 4
                                      45o
                                 0
                                                Y              Y1 
                                                    Inkome 
                     
                    Die vermenigvuldigereffek kom voor as „n klein styging in besteding lei tot „n
                    proporsioneel groter styging in nasionale inkome 
                  By „n inkome van Y, sny die bestedingskromme die vertikale as by AE 
                  „n Styging van AE na AE1 beteken dat meer geld in die ekonomie ingespuit
                   word 
                  Dit veroorsaak „n proporsioneel groter styigng in inkome van Y na Y1. 
                                                                                (2 x 2) = (4) 8
                   (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)
                   Verduideliking moet verband hou met die grafiek om punte te verdien.
                   Verduideliking – 4 punte.

Kopiereg voorbehou                                                                       Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                  6                            DBE/November 2021
                                     NSS – Nasienriglyne

2.5      Hoe kan veranderinge in terme van ruilvoet die Suid-Afrikaanse
         ekonomie beïnvloed?

          'n Styging in die ruilvoet kom as gevolg van 'n styging in uitvoerpryse en/of
           'n daling in invoerpryse. 
          'n Styging in uitvoerpryse sal ekonomiese welvaart op kort termyn verhoog,
           want meer inkomste word met dieselfde besteding op invoere verdien
          'n Daling in invoerpryse lei tot minder besteding of minder betalings op
           invoere op die kort termyn 
          Hoër      uitvoerverdienste     en     laer   invoerbetalings      kan     die
           betalingsbalanstekort op kort termyn verminder 
          Minder hulpbronne word gebruik om uitvoere te produseer wat vir invoere
           sal betaal 
          Die vraag na Suid-Afrikaanse uitvoere mag daal oor die langtermyn as
           gevolg van hoër pryse 
          'n Daling in ruilvoet vind plaas as gevolg van 'n daling in uitvoerpryse en/of
           'n styging in invoerpryse. 
          'n Daling in uitvoerpryse sal ekonomiese welvaart verklein op kort termyn,
           want minder inkomste word verdien met dieselfde/minder besteding aan
           invoere. 
          'n Styging in invoerpryse sal lei tot meer besteding of minder betalings op
           invoere op kort termyn. 
          Laer     uitvoerverdienste      en    hoër    invoerbetalings      kan     die
           betalingsbalanstekort op kort termyn vergroot. 
          Meer bronne sal gebruik word om uitvoere te produseer om vir invoere te
           betaal. 
          Vraag na Suid-Afrikaanse uitvoere kan op lang termyn toeneem as gevolg
           van laer pryse. 
           OF
          'n Toename in uitvoer sal die ontwikkeling van die land se
           nywerheidskapasiteit aanmoedig 
          Meer buitelandse valuta sal verdien word om vir invoere te betaal 
          Verhoogde uitvoere kan lei tot 'n verbetering van die betalingsbalans
          Toename in invoere kan lei tot die depresiasie van die wisselkoers en dit
           sal duur wees vir Suid-Afrika om van ander lande te koop. 
         (Aanvaar enige korrekte relevante antwoord.)                                             (8)
         (Ken 'n maksimum van 2 punte toe vir die blote opnoem van feite/voorbeelde)
                                                                                                  [40]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                   7                           DBE/November 2021
                                      NSS – Nasienriglyne

VRAAG 3: EKONOMIESE STREWES

3.1      Beantwoord die volgende vrae.

         3.1.1        Noem TWEE metodes van invoervervanging.
                       Tariewe (ad-valorem tarief, spesifieke tarief) 
                       Wegkeer van handel/invoerdeposito's/kwaliteitstandaarde 
                       Kwotas 
                       Subsidies 
                       Wisselkoersbeheer 
                       Fisiese beheer/ Embargo
                      (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)        (2 x 1)           (2)

         3.1.2        Hoe kan die owerheid die herstel van grondregte gebruik om
                      sy ontwikkelings- en regstellingsdoelwitte te bereik?

                      Die owerheid kan grond teruggee of kontantvergoeding betaal aan
                      diegene wat hul grond verloor het a.g.v. diskriminerende wette in
                      die verlede, om die lewenstandaard van voorheen benadeeldes te
                      verbeter 
                      (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)         (1 x 2)          (2)

3.2      DATARESPONS

         3.2.1        Identifiseer die energiebron wat verband hou met die
                      verbranding van fossielbrandstowwe.

                      Steenkool                                                                 (1)

         3.2.2        Gee die indeks wat gebruik word om die samelewing se vlak
                      van ontwikkeling te meet.

                      Menslike Ontwikkelingsindeks / MOI                                        (1)

         3.2.3        Beskryf kortliks die term ekonomiese aanwyser.

                      Statistiese data gebruik om die prestasie van die ekonomie te
                      meet/ Statistiese inligting wat deur die regering gebruik word om
                      toekomstige ekonomiese beleid te bepaal en om voorspellings oor
                      toekomstige prestasie van die ekonomie te maak 
                      (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                          (2)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                   8                          DBE/November 2021
                                      NSS – Nasienriglyne

         3.2.4        Verduidelik die negatiewe impak van landelik-stedelike
                      migrasie op die verskaffing van dienste in stedelike gebiede.

                       Bevolking in stedelike gebiede sal styg wat meer druk op die
                         verskaffing van dienste soos water en sanitasie sal plaas 
                       Verskaffing van behuising sal nie aan vraag kan voldoen nie,
                         wat sal lei tot informele nedersettings sonder behoorlike
                         infrastruktuur 
                       Die vraag na Elektrisiteit in stedelike gebiede sal druk op die
                         kragnetwerk plaas wat tot meer beurtkrag sal lei. 
                       Beperkings van plaaslike regering met betrekking tot plaaslike
                         begroting en beplanning. 
                       Onregmatige besetting van grond wat vir landbouproduksie
                         opsy gesit is. 
                      (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                         (2)

         3.2.5        Hoe sal hernubare energiebronne arm huishoudings in
                      landelike gebiede positief beïnvloed?

                        Lewenskoste van huishoudings sal daal omdat hulle minder vir
                         elektrisiteit/energie betaal, wat lei tot 'n hoër lewen-
                         standaard 
                       Huishoudings het meer verbruikbare inkomste om op ander
                         basiese goedere en dienste te spandeer 
                       Elektrisiteit     raak   meer     toeganklik    vir kwesbare
                         gemeenskappe 
                       Skoon energiebronne sal 'n positiewe impak op die gesondheid
                         van gemeenskappe hê                              (2 x 2)
                      (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                         (4)
3.3      DATARESPONS
         3.3.1        Identifiseer die finansiële aansporing wat toelaat dat
                      intermediêre goedere sonder die betaling van enige tariewe
                      ingevoer word.
                      Doeanevry                                                                (1)

         3.3.2        Noem enige EEN spesiale ekonomiese sone in Suid-Afrika.
                         Coega SES (Oos-Kaap) 
                         Richardsbaai SES (KZN) 
                         Oos-London SES (Oos-Kaap) 
                         Saldannabaai SES (Wes-Kaap) 
                         Dube Tradeport SES (KZN) 
                         Maluti-a-phofung SES (Vrystaat) 
                         OR Tambo NOS (Gauteng) 
                         Musina/Makhado SES (Limpopo) 
                         Atlantis SES (Wes-Kaap) 
                         Nkomazi SES (Mpumalanga) 
                         Tshwane Automotive SES                                           (1)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                    9                           DBE/November 2021
                                       NSS – Nasienriglyne

         3.3.3        Beskryf kortliks die term korridors.

                      'n Korridor is 'n stuk grond wat 'n deurgang vorm wat toegang bied
                      van een gebied na 'n volgende en ontwikkel word as deel van
                      streeksontwikkeling 
                      (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                            (2)

         3.3.4        Hoe gebruik die owerheid maatskappybelasting                     om
                      beleggings na spesiale ekonomiese sones te lok?

                        Die owerheid verminder maatskappybelasting van 27% na
                         15% vir besighede wat in SES's gevestig word. 
                       Die belastingvermindering maak dit vir nuwe besighede
                         moontlik om die eerste paar jaar in produksie te oorleef deur
                         bedryfskoste vir hulle te verminder. 
                      (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                            (2)

         3.3.5        Verduidelik  die    belangrikheid    van    openbare-privaat
                      vennootskappe in ruimtelike ontwikkelingsinisiatiewe.

                       Dit stel privaatsektorbesighede in staat om voordeel te trek uit
                         die ekonomiese potensiaal van onderontwikkelde gebiede 
                       Die private besigheid kan beleggingskapitaal verskaf, terwyl die
                         regering kapitaal vir infrastruktuur verskaf soos paaie en water/
                         elektrisiteit 
                       Meer produksiefaktore sal gebruik word aangesien meer
                         beleggings gelok sal word 
                       Besighede trek bevoordeel uit winste en die regering trek
                         voordeel uit belastings, heffings en verlaagde werkloosheid 
                       Laat die beweging na internasionale mededingendheid,
                         streeksamewerking en meer diverse eienaarskapbasis toe 
                      (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)           (2 x 2)          (4)

3.4      Beskryf in hooftrekke die doelwitte van streeksontwikkeling.

           Verminder ongelyke ontwikkeling van ekonomiese aktiwiteite binne 'n
            land 
          Stimuleer ontwikkeling in armer gebiede 
          Verhoed dat nuwe wanbalanse ontstaan / verbeter mededingendheid van
            alle provinsies 
          Implementeer en koördineer die implementering van nasionale- en
            streeksnywerheidsbeleide 
          Voorkom nuwe wanbalanse wat kan ontstaan 
          Verbeter mededingendheid van alle provinsies 
         (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)
         (Ken 'n maksimum van 4 punte toe vir blote opnoem van feite/ voorbeelde)
                                                                              (4 x 2)              (8)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                               10                           DBE/November 2021
                                   NSS – Nasienriglyne

3.5      Analiseer die omgewingseffekte van ekonomiese aktiwiteite van lande in
         die noorde.

           Massaproduksie en verbruik in die noorde beskadig die osoonlaag,
            veroorsaak deur besoedeling en giftige stowwe 
          Noordelike lande is skuldig aan die gebruik van groot verbranders van olie
            en steenkool, waar CO2 die omgewing beskadig en klimaatsverandering
            regdeur die wêreld ervaar word 
          Kweekhuisgasse deur groot nywerhede geproduseer affekteer lewens in
            die suide meer negatief as gevolg van hulle lewenswyse. 
          Klimaatsverandering het internasionale ooreenkomste soos die Kyoto
            Protokol nodig gemaak om kweekhuisgasse te verminder. 
          Klimaatsverandering lei tot swakker landbouproduksie as gevolg van swak
            grondtoestande, onvoldoende reën en onbetroubare reënval. 
          Die suide word erg beïnvloed deur agteruitgang en vernietiging van grond,
            waterbesmetting en plantegroei wat wanvoeding en hongersnood
            veroorsaak
          Handelsuitbreiding kan 'n duidelike direkte impak op die omgewing hê as
            gevolg van hoër besoedeling of minder natuurlike hulpbronne 
          Oop markte kan toegang tot nuwe tegnologieë verbeter, wat plaaslike
            produksieprosesse doeltreffender maak deur die gebruik van insette soos
            energie, water en ander omgewingskadelike stowwe te verminder.
          Namate 'n land meer geïntegreer word binne die wêreldekonomie, word
            sy uitvoersektor meer blootgestel aan omgewingsvereistes wat deur die
            invoerders ingestel word. 
         (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                                    (8)
         (Ken 'n maksimum van 2 punte toe vir die blote opnoem van feite/voorbeelde)          [40]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                  11                       DBE/November 2021
                                      NSS – Nasienriglyne

VRAAG 4: MAKRO-EKONOMIE EN EKONOMIESE STREWES

4.1      Beantwoord die volgende vrae.

         4.1.1        Noem enige TWEE internasionale maatstafkriteria vir
                      streeksontwikkeling.

                       Vryemark oriëntering 
                       Mededingendheid 
                       Volhoubaarheid 
                       Goeie staatsbeheer 
                       Verskaffing van hulpbronne 
                       Belegging in sosiale kapitaal 
                       Integrasie 
                       Vennootskappe 
                      (Aanvaar enige ander relevante antwoord)               (2 x 1)         (2)

         4.1.2        Hoekom word laste bygevoeg wanneer netto direkte
                      beleggings in die finansiële rekening van die betalingsbalans
                      bereken word?

                      Laste verteenwoordig kapitaalinvloei of geld wat vanaf die
                      buitelandse sektor in Suid-Afrika invloei.        (1 x 2)            (2)

4.2      DATARESPONS

         4.2.1        Identifiseer die aanbodrede vir internasionale handel waaraan
                      in die uittreksel hierbo aandag gegee word.

                      Natuurlike hulpbronne                                                 (1)
                      Tegnologie 

         4.2.2        Noem die produk wat uitdruklik in die betalingsbalans
                      aangeteken word, as gevolg van die historiese belang daarvan

                      Goud                                                                  (1)

         4.2.3        Beskryf kortliks die term massaproduksie.

                      Die produksie van goedere in groot hoeveelhede wat die
                      gemiddelde produksiekoste kan verlaag                                (2)
                      (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                     12                            DBE/November 2021
                                         NSS – Nasienriglyne

         4.2.4           Verduidelik die rede waarom Suid-Afrikaanse verbruikers
                         produkte invoer wat op binnelandse markte beskikbaar is.

                          Ingevoerde produkte kan 'n beter kwaliteit as plaaslike produkte
                           wees 
                          Ingevoerde produkte kan beskikbaar wees teen laer pryse 
                          Sommige plaaslike verbruikers geniet inkopies uitsluitlik as
                           gevolg van handelsmerklojaliteit, toename in inkomste en as
                           gevolg van verskillende smake                                           (2)
                         (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)

         4.2.5           Hoe kan natuurrampe, soos 'n droogte, die Suid-Afrikaanse
                         handelsbalans beïnvloed?

                           Verminderde plaaslike landbouproduksie sal lei tot 'n daling in
                            uitvoere 
                          Plaaslike verbruikers word gedwing om meer voedselprodukte
                            in te voer as gevolg van die tekorte op plaaslike markte 
                          Die handelsbalans sal verswak soos wat uitvoere afneem terwyl
                            invoere toeneem 
                         (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)            (2 x 2)        (4)

4.3      DATARESPONS

         4.3.1       Identifiseer EEN komponent van totale vraag in die inligting
                     hierbo.

                            Uitvoere 
                            Huishoudelike besteding / verbruikersbesteding                         (1)

         4.3.2       Noem die werksverskaffingsaanwyser wat mete die grootte van
                     die arbeidsmag in die land te make het.
                     Ekonomies aktiewe bevolking/ EAB / indiensneming / ekonomiese
                     bedrywige bevolking 
                     (Aanvaar enige ander relevante antwoord.)                                       (1)

         4.3.3       Beskryf kortliks die term ekonomiese groei.
                     'n Styging in die produksie van goedere en dienste oor tyd / „n
                     styging in die reële BBP 
                     (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                               (2)

         4.3.4       Verduidelik die impak van 'n styging in verbruiksbesteding op
                     die produksie van goedere en dienste.

                     Vraag na goedere en dienste sal styg, wat besighede sal
                     aanmoedig om meer te produseer 
                     (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                               (2)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                   13                           DBE/November 2021
                                       NSS – Nasienriglyne

         4.3.5       Hoe kan klein, medium en mikro-ondernemings (KMMO's) tot
                     ekonomiese groei en ontwikkeling bydra?
                       Meer werksgeleenthede sal geskep word in beide die formele en
                        informele sektore wat lei tot meer bronne van inkomste 
                      Styging in totale vraag sal lei tot hoër produksievlakke 
                      Mededinging sal toeneem, wat sal lei tot laer pryse vir goedere
                        en dienste 
                      Belastinginkomste vir die staat sal styg, wat sal lei tot meer
                        maatskaplike besteding op armes 
                      Surplusprodukte sal uitgevoer word en buitelandse valuta sal
                        verdien word om vir ingevoerde insette te betaal. 
                      Owerheid ondersteun om programme wat skep vir die opleiding
                        van werkers 
                     (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)            (2 x 2)         (4)

4.4      Bespreek  kortliks  wisselkoersstabiliteit  en             prysstabiliteit    as
         makroekonomiese doelwitte van die owerheid.

         Wisselkoersstabiliteit:
          Depresiasie en appresiasie van 'n geldeenheid skep onsekerheid by
            produsente en handelaars, en moet beperk word 
          Die owerheid behoort die ekonomie op so 'n wyse te bestuur deur
            monetêre en fiskale beleide dat die wisselkoers relatief stabiel bly so lank
            as moontlik 
          Suid-Afrika volg stabiele wisselkoerse om buitelandse kapitaal te trek 

         Prysstabiliteit:
            In 'n gemengde ekonomie, fluktueer pryse soos vraag en aanbod
             verander 
            Gereelde en dramatiese verandering in pryse beïnvloed ekonomiese
             groei en indiensneming 
            Die owerheid poog om teen onstabiele pryse te waarsku 
            In Suid-Afrika, beteken prysstabiliteit 'n inflasiekoers van tussen 3% tot
             6% 
            Stabiele pryse stel ondernemings en huishoudings in staat om inkomste
             en uitgawes te voorspel. 
            Beleggersvertroue word versterk deur stabiele pryse en lok direkte
             buitelandse beleggings. 
         (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                       (2 x 4)
         (Ken 'n maksimum van 4 punte toe vir die blote opnoem van feite/voorbeelde)              (8)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                               14                           DBE/November 2021
                                   NSS – Nasienriglyne

4.5      Analiseer die uitdagings van die Suid-Afrikaanse owerheid om die
         werkloosheidkoers in die ekonomie te verminder.

         Die Suid-Afrikaanse owerheid word deur die volgende uitdagings in die
         vermindering van werkloosheid in die gesig gestaar:-
            Korrupsie onder staatsbeheerde ondernemings skep 'n negatiewe
             sentiment onder potensiële beleggers 
            Gebrek aan vaardighede onder die jeug van Suid-Afrika verminder die
             geskiktheid vir werk van baie mense. 
            Gebrek aan inligting onder sommige jeugdiges verminder toeganklikheid
             van werksgeleenthede. 
            Covid-19 resessie het gelei tot duidende wat hulle werk verloor het, wat
             die werkloosheidsyfer skerp laat styg het .
            Negatiewe sentiment teenoor die ekonomie lei tot minder buitelandse
             direkte beleggings. 
            Gebreek aan aanvangskapitaal onder die jeug lei daartoe dat daar nie in
             baie potensiële entrepreneursidees belê word nie. 
            Swak infrastruktuur in sommige streke van die land verminder
             nywerheidsaktiwiteite in sulke gebiede. 
            Onbetroubare elektrisiteitsvoorsiening knou enige vooruitsigte om
             werksgeleenthede in Suid-Afrika te vergroot verder. 
         (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)
         (Ken 'n maksimum van 2 punte toe vir die blote opnoem van feite/voorbeelde)          (8)
                                                                                              [40]

                                                             TOTAAL AFDELING B:               80

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                15                               DBE/November 2021
                                    NSS – Nasienriglyne

AFDELING C
Beantwoord enige EEN         van    die   twee   vrae     in   hierdie   afdeling   in   die
ANTWOORDEBOEK.

VRAAG 5: MAKRO-EKONOMIE
   Bespreek in besonderhede die nuwe ekonomiese paradigma in die effening
    van sakesiklusse.                                                (26 punte)
   Evalueer die Suid-Afrikaanse owerheid se inisiatiewe om die ekonomiese
    afswaai wat deur die Covid-19-pandemie veroorsaak is, te verminder.    (10)                     [40]

INLEIDING

 Die nuwe ekonomiese paradigma stel voor dat dit moontlik is om maatreëls te
   implementeer wat ekonomiese groei bevorder en werkloosheid verlaag sonder om
   inflasie te veroorsaak 
 Die nuwe ekonomiese paradigma is geanker in beide vraagkant- en
   aanbodkantbeleide 
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                      (Maks 2)

INHOUD: HOOFDEEL
Vraagkantbeleide: 
   Tradisionele monetêre en fiskale beleide fokus op totale vraag 
Monetêre beleid: 
 Wanneer die vlak van ekonomiese aktiwiteit verslap, gebruik die SARB 'n
  ekspansionêre maatreëls om ekonomiese aktiwiteite te stimuleer 
 'n Ekspansionêre monetêre beleid word geïmplementeer wanneer die ekonomie in
  resessie is, om ekonomiese aktiwiteite te stimuleer 
 Rentekoerse kan verlaag word om lenings goedkoper te maak en besteding deur
  huishoudings en besighede aan te moedig 
 Die verhoogde besteding verhoog die vlak van ekonomiese aktiwiteit. Belegging sal
  styg en meer produksiefaktore sal aangewend word 
 Hoër vlakke van produksie en inkome en besteding word bereik 
 As die aanbod van goedere en dienste nie toeneem in lyn met 'n styging in vraag
  nie, sal inflasie styg 
Fiskale beleid 
   Wanneer die vlak van ekonomiese aktiwiteit laag is, kan die minister van finansies
    ekspansionêre fiskale maatreëls gebruik om groei te stimuleer en werkloosheid te
    verminder 
   'n Ekspansionêre fiskale beleid kan geïmplementeer word as die ekonomie in
    resessie is om ekonomiese aktiwiteite te stimuleer 
   'n Styging in staatsbesteding sal totale vraag verhoog 
   Wanneer daar ŉ groter inspuiting in die ekonomie soos produksie is wat tot meer
    werksgeleenthede van produksiefaktore sal lei 
   Die gevolg sal wees hoër inkome en hoër besteding 
   Belasting kan verlaag, wat sal lei tot 'n styging in verbruikbare inkome 
   Verbruiksbesteding en beleggings sal styg wat totale vraag stimuleer 

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                           16                               DBE/November 2021
                                               NSS – Nasienriglyne

Inflasie 

              Wanneer die vraag toeneem, sal die aanbod op dieselfde manier reageer. 
              As die aanbod nie op 'n toename in vraag reageer nie, sal pryse styg ('n nuwe
               ewewig). 
              Totale vraag en aanbod is in ewewig waar AD = AS by punt C, en weer waar AD1
               = AS1 by punt E. 
               Wanneer die vraag toeneem, sal die aanbod op dieselfde manier reageer. 
              Fig (a) hieronder illustreer dat indien AD1 toeneem en AS nie reageer nie, die
               nuwe ewewig by punt F sal wees. Daarom sal reële produksie toeneem en pryse
               sal ook toeneem. Inflasie sal seëvier. 

                              TV   TV1    TA    TA1

    Prysvlak                                                             TOEKENNING VAN PUNTE:
                                                                     Benoeming van asse       = 1 punt
                                                                     Benoeming van krommes = 1 punt
                                                                     Verskuiwing van TV en TA = 2 punte
                                                                                            Maks. 4 punte

                     TA                                TV1
                       TA1                            TV

                                                             Produksievlak 

Werkloosheid 

 Vraagkantbeleide is effektief om ekonomiese groei te stimuleer. 
 Die vraag na arbeid sal toeneem as gevolg van ekonomiese groei, en dit lei tot
  verminderde werkloosheid. 
 ‟n Afname in werkloosheid het ‟n toename in inflasie tot gevolg omdat meer mense
  in diens geneem word, wat ‟n toename in die vraag na arbeid veroorsaak. 
 Hierdie verband tussen werkloosheid en inflasie word geïllustreer deur die Phillips-
  kromme te gebruik. 

Kopiereg voorbehou                                                                        Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                               17                             DBE/November 2021
                                                   NSS – Nasienriglyne

                                              PHILLIPS KROMME

    Inflasie%                   PK

                                                                     TOEKENNING VAN PUNTE:

                                                                  Benoeming van asse = 1 punt
                                                                  Benoeming van kromme = 1 punt
           6                         A                            Benoeming op asse = 1 punt
                                                                  Korrekte vorm van PK = 1 punt
                                                                                     Maks. 4 punte

           2                              B

                                                    C

                0   2   4   6    8       10   12    14       Werkloosheid%

 Die Phillips-kromme toon die verband tussen werkloosheid en inflasie aan. 
 PC toon die aanvanklike situasie, waar by punt C die PC-kromme x/as sny, met
  ander woorde natuurlike werkloosheidsyfer is 14%. 
 As werkloosheid tot 10% daal, sal lone toeneem met 2%; dus „n omgekeerde
  verhouding tussen werkloosheid en inflasie. 
 Maatreëls aan die aanbodkant kan die Phillips-kromme verskuif na links as gevolg
  van „n verbetering van onderwys, effektiewe opleiding, minder beperkings op
  immigrasie van geskoolde werkers 
 Vraagkantbeleide is effektief om ekonomiese groei te stimuleer. 
 Ekonomiese groei kan lei tot 'n toename in die vraag na arbeid. 
 Gevolglik sal meer mense in diens geneem word en werkloosheid sal afneem.
 Namate werkloosheid afneem, sal inflasie waarskynlik toeneem. 

Aanbodkantbeleide 

    'n Vraagkantbenadering verskaf nie die verlangde uitkoms nie, omdat groei gesny
     moet word a.g.v. probleme met inflasie 
    Totale aanbod moet goed bestuur word, deur te fokus op verhoogde
     buigsaamheid van aanbodkomponente 
    As die koste van verhoogde produksie totaal buigsaam is, kan 'n groter produksie
     teen enige prysvlak verskaf word 
    Die owerhede kan sake in die ekonomie reël op so 'n wyse dat dit ooreenstem
     met veranderinge in die vraag 
    Verlaagde koste laat 'n groter uitset toe wat by enige gegewe prysvlak verskaf
     word 

Kopiereg voorbehou                                                                          Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                               18                          DBE/November 2021
                                   NSS – Nasienriglyne

Regeringsmaatreëls wat koste kan verlaag 

   Infrastruktuurdienste soos kommunikasie, vervoer en energiekoste 
   Administrasiekoste soos inspeksies en regulasies dra by tot algehele koste 
   Kontantaansporings soos subsidies verlaag die produksiekoste 
   Vergoeding aan uitvoerders om verhoogde produksie wat gerig is op buitelandse
    markte, aan te moedig 
Maatreëls om doeltreffendheid van insette te verbeter 

   Laer koerse van persoonlike inkomstebelasting is aansporings vir hoë
    produktiwiteit en verhoog totale aanbod 
   Kapitale verbruik deur kapitaalgoedere op 'n gereelde grondslag te vervang wat
    geleenthede sal skep vir besighede om by te hou met tegnologiese
    ontwikkeling 
   Menslikehulpbron-ontwikkeling waar die gehalte van arbeid verbeter kan word
    deur gesondheidsorg, onderwys en opleiding te verbeter wat die doeltreffendheid
    van besighede sal verhoog 
   Gratis adviesdienste om geleenthede te bevorder om uit te voer en om
    sakeaktiwiteite in die buiteland te vestig, soos weervoorspellings,
    veeartsenydienste en navorsing 

Maatreëls om doeltreffendheid van markte te verbeter 

  Deregulering waar wette en regulasies verwyder word om markte vry te maak 
  Mededinging word aangemoedig om nuwe besighede te vestig, buitelandse
   direkte investering aan te lok, en magswanbalanse te verwyder 
 Maak die ekonomiese speelvlak gelyk omdat private besighede nie kan meeding
   met publieke sakeondernemings nie, a.g.v. wetlike beskerming       (Maks 26)
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)
(Ken 'n maksimum van 8 punte toe vir blote opnoem van feite/voorbeelde)

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                               19                          DBE/November 2021
                                   NSS – Nasienriglyne

ADDISIONELE DEEL

  Verlaging in repokoers om die koste van lenings laag te hou, het
   verbruikersbesteding en beleggings gestimuleer.
 Leningswaarborge vir besighede met 'n lae omset het gehelp dat hulle die ekstra
   koste van Covid-19 kan oorleef 
 Verslapping van regulerende vereistes wat die vloei van krediet aan huishoudings
   en besighede ondersteun het 
 Die regering het tydelike betalingsvakansies en ander maatreëls ingestel om
   debiteure te ondersteun 
 Uitstel van belasting en nuwe belastings het besighede aangemoedig om voort te
   gaan om te funksioneer, wat sommige werksgeleenthede gered het 
 Tydelike indiensnemingverligtingskemas het werkers ondersteun en afleggings
   verminder 
 Uitbreiding van maatskaplike toelaes en ander maatskaplike steun het die vraag
   na goedere en dienste verhoog wat besighede aanmoedig om meer te produseer
   
 Hertoekenning van fondse tussen staatsdepartemente lei tot mislukking in
   dienslewering van departemente bv. Infrastruktuurontwikkeling 
 Beperkings in die verhandel van nie-noodsaaklike produkte soos alkohol en tabak
   lei tot „n daling in belastinginkomste vir die staat 
 Leen van fondse om die pandemie te beveg, het publieke skuld laat toeneem 
(Aanvaar enige ander korrekte hoërorde relevante antwoord)                (Maks 10)

SLOT

Dit is krities belangrik vir die owerheid om te fokus op beide vraagkant- en
aanbodkantmaatreëls om stabiliteit in die ekonomie te verseker 
(Aanvaar enige ander korrekte hoërorde relevante antwoord)          (Maks 2)
                                                                                             [40]

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                20                           DBE/November 2021
                                    NSS – Nasienriglyne

VRAAG 6: EKONOMIESE STREWES

   Bespreek die argumente ten gunste van proteksionisme/beskerming.
                                                                   (26 punte)
   Hoe kan Suid-Afrika uit handel in wêreldmarkte voordeel trek? (10 punte)

INLEIDING

'n Handelsbeleid waar die staat maatreëls implementeer om plaaslike nywerhede teen
onregverdige mededinging vanaf ander lande, te beskerm 
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                         (Maks 2)

INHOUD: HOOFDEEL

Nywerheidsontwikkeling 
 Sekere ontwikkelende lande is geskik vir die vestiging van sekere tipes nywerhede
  
 Vryhandel maak dit onmoontlik om mee te ding met goedgevestigde ouer lande,
  omdat die eerste paar jaar van bestaan van 'n nywerheid baie moeilik is 
 Ouer nywerhede gebruik onregverdige metodes om pryse te sny en storting –
  daarom is dit nodig om jong nywerhede te beskerm tot hulle behoorlik gevestig
  is 
 Beskerming sal mededinging voorkom, omdat dit moeilik is om dit te stop as dit
  eers toegepas word 

Kleuternywerhede 
 Dis moeilik vir 'n jong nywerheid om te oorleef, omdat hul gemiddelde koste hoër is
   as die van goedgevestigde buitelandse mededingers 
 As hulle in hulle vroeë jare beskerm word, sodat hulle kan groei en voordeel trek uit
   skaalvoordele/laer gemiddelde koste/mededingend raak 

Stabiele loonvlakke en hoë lewenstandaard 
 'n Land met hoë lone het 'n siening dat die lewenstandaard ondermyn sal word as
   goedkoper goedere uit lande met lae lone ingevoer word 
 In werklikheid word hoë lone aan werkers betaal met 'n hoë produktiwiteit 

Verhoogde indiensneming 
 Plaaslike nywerhede wat nie winsgewende markte kan vind nie, kan produksie stop
   en werkloosheid veroorsaak 
 Beskerming sal lei tot minder werkloosheid 

Ekonomiese selfstandigheid en strategiese sleutelnywerhede 
 Oorloë veroorsaak isolasie of wrywing tussen lande, depressie, verskuiwing in
  vraag, alles faktore wat noodsaaklik is vir selfstandigheid 
 Beskerming word verleen veral aan sleutelnywerhede om oorlewing te verseker 

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                               21                           DBE/November 2021
                                   NSS – Nasienriglyne

Handhaaf binnelandse indiensneming, om werkloosheid te verminder en meer
werksgeleenthede te verskaf 

 Lande met hoë vlakke van werkloosheid, word gedruk om werkskepping te
  stimuleer 
 Beskermingsbeleide word gebruik om nywerheidsvorming te stimuleer 
 Binnelandse indiensneming word aangemoedig deur invoerbeperkings in te stel 
 Binnelandse indiensneming word geskep ten koste van ander lande en staan
  bekend as “bedel by jou naaste” (“beggar thy neighbour” beleide 

Voorkom storting 
 Lande verkoop goedere in die buiteland teen laer pryse as produksiekoste in land
  van oorsprong 
 Storting word gebruik om toegang te kry tot nuwe markte, en dwing finansieel
  swakker nywerhede uit mededinging 
 Buitelandse ondernemings kan betrokke raak by storting omdat staatsubsidies hulle
  toelaat om goedere teen baie lae pryse of onder koste te verkoop of omdat hulle
  poog om winste te verhoog deur prysdiskriminasie. 
 Die aanvanklike rede vir die uitvoer van produkte teen 'n lae prys kan wees om van
  opgehoopte voorraad goedere ontslae te raak. 
 Op kort termyn sal verbruikers in die invoerland bevoordeel word. 
 Langtermyndoelwit kan egter wees om binnelandse produsente uit te dryf en 'n
  sterk markposisie te verkry. 
 In hierdie geval sal verbruikers waarskynlik verloor as gevolg van die vermindering
  in keuses en die hoër pryse wat die uitvoerders kan vra. 
 Beskerming verhoed dat buitelandse nywerhede hul surplusse en buite-seisoen
  goedere teen lae pryse stort, wat skadelik vir plaaslike nywerhede kan wees. 

Stabiliseer wisselkoerse en betalingsbalans 
 Handelaars koop op die goedkoopste markte en verkoop op die duurste markte 
 Lande voer primêre produkte uit en voer vervaardigde goedere in, wat die
   betalingsbalans en wisselkoerse versteur 
 Pryse van invoere styg deur tariewe en kwotas 
 'n Stabiele wisselkoers en betalingsbalans verhoog staatsinkome/voorkom dat
   skadelike goedere die land binnekom/ontwikkel groter tegniese vaardighede 

Beskerming van natuurlike hulpbronne 
 Vryhandel sal hulpbronne uitput omdat die wêreld daarin deel 
 Beskerming verseker dat nywerhede oorleef 

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 22

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                22                           DBE/November 2021
                                   NSS – Nasienriglyne

Verseker groter ekonomiese stabiliteit 
 Oorspesialisasie is 'n gevolg van vryhandel en is skadelik in tye van oorlog en
    wrywing (meer gewere as voedsel) 
 Beskerming voorkom oorspesialisasie, en skep 'n meer gedifferensieerde
    ekonomie en groter stabiliteit 
 Dit bevorder ook sekondêre nywerhede en die welvaart van mense wat van
    beskermde nywerhede afhanklik is 
 As invoere meer is as uitvoere, kan 'n land invoerbeheer instel soos doeaneregte
    en kwotas, wat die tekort op die betalingsbalans uitskakel 
 Ontwikkelende lande vertrou op die uitvoer van primêre produkte. Verkope van
    geprosesseerde goedere is meer voordelig vir 'n land omdat meer valuta daarmee
    verdien word. Beskerming verseker die prosessering van primêre goedere tot
    voltooiing 
('n Maksimum van 8 punte kan toegeken word vir blote opnoem van feite/voorbeelde)
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                         (Maks 26)

ADDISIONELE DEEL
Suid-Afrika sal soos volg voordeel trek uit wêreldmarkte:
    Produksie van goedere en dienste sal toeneem aangesien plaaslike besighede
     hul produkte op groter markte sal verkoop 
    Kwaliteit van goedere en dienste sal verbeter want besighede probeer om
     wêreldstandaarde te ewenaar 
    Mededinging van buitelandse produkte sal plaaslike besighede aanmoedig om
     meer innoverend te wees 
    Doeltreffendheid in die produksie van goedere en dienste sal daartoe lei dat
     besighede laer pryse vra 
    Suid-Afrikaanse verbruikers sal 'n groter keuse van goedere en dienste hê, omdat
     hulle toegang het tot buitelandse produkte 
    Meer werksgeleenthede kan geskep word want produksie van goedere en dienste
     sal styg 
    Inflasie kan beheer word want plaaslike pryse sal aan internasionale pryse
     gekoppel wees 
    Suid-Afrika sal sy handelsverhoudings met ander lande vermeerder, wat sal lei tot
     die voordeel van „n groter markaandeel internasionaal 
    Verdien buitelandse valuta wat die binnelandse geldeenheid sal versterk 
    Suid-Afrika sal spesialiseer in die produksie van goedere waar hulle „n
     vergelykende voordeel geniet 
(Aanvaar enige ander korrekte relevante hoërorde-antwoord)                  (Maks 10)

 SLOT
 Die beleid van beperking van internasionale handel (beskerming) met die doel om
 werkloosheid of kapitale verliese in nywerhede wat bedreig word deur invoere, te
 voorkom, kan moontlik nie die interne inkomsteverspreiding genoegsaam beïnvloed
 of die land se ruilvoet verbeter nie want dit is nie gebaseer op internasionale
 monopoliekrag en spesialiskennis nie 
 (Aanvaar enige ander korrekte relevante hoërorde antwoord)             (Maks 2)
                                                                                              [40]
                                                                                            [40]

                                                                TOTAAL AFDELING C:          4040
                                                                    GROOTTOTAAL:              150
                                                                                            150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Economics P1 Nov 2021 Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-nov-2021-afr/f25a9ed4-62b0-4d15-9e7d-64de934b75d9) — Economics · QP · 2021 · Afr
- [ECONOMICS P1 GR12 MEMO SEPT2021 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr12-memo-sept2021-afrikaans/be8a315c-3850-4a12-a242-cce45d9f946b) — Economics · Memo · 2021 · Afr
- [ECONOMICS P1 GR12 MEMO SEPT2021 English](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr12-memo-sept2021-english/f71b59cc-d759-45ca-8fbc-31cb94eeac9f) — Economics · Memo · 2021 · Eng
- [Economics Grade 12 Trial 2021 P1 and Memo](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-12-trial-2021-p1-and-memo/ed51c4b0-5c6a-443c-b684-4fa0927b34d8) — Economics · Memo · 2021
- [Economics P1 Memo June 2021 English](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-memo-june-2021-english/e950b63c-8a27-48bb-9666-472bdc20a64a) — Economics · Memo · 2021 · Eng
- [Economics P1 Nov 2019 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-nov-2019-memo-afr/5356311e-5173-4723-8d25-e9cf4c6c6da0) — Economics · Memo · 2019 · Afr

## More from Grade 12 Economics

- [ECONOMICS P2 GR12 QP JCT 2025 AFR D watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-gr12-qp-jct-2025-afr-d-watermark/3dba3588-624d-493b-bc60-00d7e2783cae) — QP · 2025 · Afr
- [Economics Grade 12 NSC P1 QP September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-12-nsc-p1-qp-september-2025-free-state/4def59dd-ebf4-4191-89e7-2b6d4609d6cc) — QP · 2025
- [Economics Grade 12 NSC P1 QP September 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-12-nsc-p1-qp-september-2025-mpumalanga/5449d7a4-548e-416d-91b4-1da462710798) — QP · 2025
- [Economics Grade 12 NSC P2 QP September 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-12-nsc-p2-qp-september-2025-mpumalanga/efbb0e99-1236-496b-bc64-5b31b3784493) — QP · 2025
- [Economics P1 May-June 2025 Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-may-june-2025-afr/e9c77643-7f83-42e3-b28d-cf84e96050ca) — QP · 2025 · Afr
- [Economics P2 May-June 2025 Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-may-june-2025-afr/4c93e067-5237-46b7-ab21-5c2cea219788) — QP · 2025 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
