# Economics Grade 12 P1 NSC November 2022 Question Paper (Afr)

> Grade 12 Economics Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2022 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-nov-2022-afr/438f8c37-f486-4021-8431-10c8f15185a5
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Economics
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2022
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 12

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/economics) › [Economics Grade 12 P1 NSC November 2022 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-nov-2022-afr/438f8c37-f486-4021-8431-10c8f15185a5)

## About this document

Economics · Grade 12 · NSC November Exam · 2022. Question paper, 12 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                 NASIONALE
                             SENIOR SERTIFIKAAT

                                     GRAAD 12

                                  EKONOMIE V1

                                 NOVEMBER 2022

PUNTE: 150

TYD: 2 uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                  2                       DBE/November 2022
                                            NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Beantwoord VIER vrae soos volg in die ANTWOORDEBOEK:

         AFDELING A: VERPLIGTEND
         AFDELING B: Beantwoord TWEE van die drie vrae.
         AFDELING C: Beantwoord EEN van die twee vrae.

2.       Beantwoord slegs die vereiste getal vrae. Addisionele antwoorde sal NIE
         nagesien word NIE.

3.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik is.

4.       Skryf die vraagnommer boaan elke antwoord.

5.       Lees die vrae aandagtig deur.

6.       Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.

7.       Laat 2–3 reëls tussen onderafdelings van vrae oop.

8.       Beantwoord die vrae in volsinne en maak seker dat die formaat, inhoud en
         konteks van jou antwoorde aan die kognitiewe vereistes van die vrae voldoen.

9.       Gebruik slegs swart of blou ink.

10.      Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

11.      Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                     3                       DBE/November 2022
                                               NSS

AFDELING A (VERPLIGTEND)
VRAAG 1                                                       30 PUNTE – 20 MINUTE
1.1      Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
         Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
         (1.1.1 tot 1.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.9 D.
         1.1.1        Produkte wat verbruikers herhaaldelik kan gebruik om vir baie jare
                      hulle behoeftes te bevredig, word … goedere genoem.
                      A    halfduursame
                      B    nieduursame
                      C    bederfbare
                      D    duursame
         1.1.2        Die koop en verkoop van staatseffekte om die geldaanbod te
                      beheer, staan as … bekend.
                      A    morele oorreding
                      B    kontantreserwevereistes
                      C    opemarktransaksies
                      D    rentekoersveranderinge
         1.1.3        Openbare goedere wat nie-uitsluitbaar en niemededingend in
                      verbruik is, word … goedere genoem.
                      A    gemeenskaps-
                      B    kollektiewe
                      C    niemeriete-
                      D    meriete-
         1.1.4        Die betalingsbalansrekening waarin transaksies aangeteken word
                      wat met uitvoere en invoere van goedere en dienste verband hou,
                      staan as die … Rekening bekend.
                      A    Finansiële
                      B    Lopende
                      C    Kapitaaloordrag-
                      D    Reserwe-
         1.1.5        'n Handelsprotokol wat bedoel is om handelsbetrekkinge tussen
                      die Verenigde State van Amerika en Afrika te verbeter, word die …
                      genoem.
                      A    Europese Unie
                      B    Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap
                      C    Wet op Groei en Geleenthede in Afrika
                      D    Multilaterale Monetêre Gebied
         1.1.6        'n Regstellende maatreël wat bedoel is om landsburgers te vergoed
                      wat hulle grond as gevolg van diskriminerende wette van die
                      verlede verloor het, staan as … bekend.
                      A    grondherverdeling
                      B    eiendomsubsidie
                      C    grondhervorming
                      D    grondrestitusie
Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                   4                           DBE/November 2022
                                             NSS

         1.1.7        Die Platinum- Ruimtelike Ontwikkelingsinisiatief (ROI) fokus op …

                      A    mynbou en agritoerisme.
                      B    bosbou en landbouprosessering.
                      C    inligting, tegnologie en telekommunikasie.
                      D    vervoer en toerisme.

        1.1.8         'n Aanwyser wat die aantal kinders meet wat voor die ouderdom
                      van een jaar sterf, word … genoem.

                      A    besteding op gesondheid
                      B    kindermortaliteit
                      C    die onder-vyf-sterftesyfer
                      D    toegang tot sanitasie                                    (8 x 2)       (16)

1.2      Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by 'n item in KOLOM A pas.
         Skryf slegs die letter (A–I) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.8) in die
         ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.2.9 J.

                     KOLOM A                                 KOLOM B
         1.2.1       Geldvloei                A    'n dokument wat die owerheid se            .
                                                   verwagte besteding en inkome oor 'n
         1.2.2       Keynesiaanse                  periode van drie jaar uiteensit
                     benadering
                                              B    produksie van 'n wye verskeidenheid
         1.2.3       Mediumtermyn-                 goedere en dienste
                     bestedingsraamwerk
                                              C    verwys na die wêreld se ontwikkelde
         1.2.4       Onaangetekende                lande en ontwikkelende lande
                     transaksies
                                              D    fokus op die gebruik van wetenskap
         1.2.5       Diversifisering               en tegnologie om industrialisasie te
                                                   bevorder en uit te brei
         1.2.6       Noord-Suid-verdeling
                                              E    inkome en besteding tussen die
         1.2.7       Nasionale Navorsing-
                                                   deelnemers aan die ekonomie
                     en Ontwikkeling-
                     strategie                F    beweer dat markte inherent onstabiel
                                                   is en ekonomiese skommelinge deur
         1.2.8       Repokoers
                                                   interne faktore veroorsaak word

                                              G    die prys wat handelsbanke
                                                   vir die leen van geld by die
                                                   Suid-Afrikaanse Reserwebank betaal

                                              H    beweer dat markte inherent stabiel is
                                                   en ekonomiese skommelinge deur
                                                   eksterne faktore veroorsaak word

                                              I    'n item in die betalingsbalans wat vir
                                                   enige weglatings en foute voorsiening
                                                   maak
                                                                                    (8 x 1)       (8)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                   5                         DBE/November 2022
                                             NSS

1.3      Gee EEN term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term
         langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.6) in die ANTWOORDEBOEK neer.
         Afkortings, akronieme en voorbeelde sal NIE aanvaar word NIE.

         1.3.1        Die totale markwaarde van alle finale goedere en dienste wat binne
                      'n spesifieke periode deur permanente landsburgers geproduseer
                      is

         1.3.2        Wanneer hulpbronne op so 'n wyse toegeken word dat niemand
                      beter daaraan toe is sonder dat iemand anders swakker daaraan
                      toe is nie

         1.3.3        Vergelyk 'n land se uitvoerpryse met sy invoerpryse deur middel
                      van indekse

         1.3.4        Verkoop van goedere op 'n buitelandse mark teen pryse wat laer
                      as die koste van produksie in die land van herkoms is

         1.3.5        'n Landstreek wat 'n deurgang vorm wat toegang van een gebied
                      na 'n ander moontlik maak om streeksontwikkeling te bevorder

         1.3.6        Die aantal persone in diens, as 'n persentasie van die ekonomies
                      aktiewe bevolking uitgedruk                                (6 x 1)        (6)

                                                                TOTAAL AFDELING A:              30

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                     6                              DBE/November 2022
                                               NSS

AFDELING B

Beantwoord enige TWEE             van    die   drie   vrae   in   hierdie    afdeling    in   die
ANTWOORDEBOEK.

VRAAG 2: MAKRO-EKONOMIE                                           40 PUNTE – 30 MINUTE

2.1      Beantwoord die volgende vrae.

         2.1.1        Noem enige TWEE makro-ekonomiese doelwitte van die openbare
                      sektor.                                              (2 x 1)                     (2)

         2.1.2        Waarom word subsidies op produkte afgetrek wanneer bruto
                      binnelandse produk (BBP) teen basiese pryse na BBP teen
                      markpryse herlei word?                            (1 x 2)                        (2)

2.2       Bestudeer die tabel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                HOE MEER JY VERDIEN, HOE MEER BETAAL JY
                      BELASTINGKOERSE VIR INDIVIDUE
                 BELASBARE                        BELASTINGKOERS (2021/22)
              INKOMSTE (RAND)
                        1–216 200                          18% van belasbare inkomste
                  216 201–337 800      38 916 + 26% van belasbare inkomste bo 216 200
                  337 801–467 500      70 532 + 31% van belasbare inkomste bo 337 800
                  467 501–613 600     110 739 + 36% van belasbare inkomste bo 467 500
                  613 601–782 200     163 335 + 39% van belasbare inkomste bo 613 600
                782 201–1 656 600     229 089 + 41% van belasbare inkomste bo 782 200
                   1 656 601 en bo   587 593 + 45% van belasbare inkomste bo 1 656 600
                                                              [Bron: http://www.treasury.gov.za]

         2.2.1        Identifiseer die marginale belastingkoers vir 'n persoon wat tussen
                      R216 201 en R337 800 per jaar verdien.                                           (1)

         2.2.2        Noem die inkomstebelastingstelsel wat deur die tabel hierbo
                      voorgestel word.                                                                 (1)

         2.2.3        Beskryf kortliks die term fiskale beleid.                                        (2)

         2.2.4        Verduidelik die effek van hoë belastingkoerse op belastingbetalers
                      in 'n land.                                                                      (2)

         2.2.5        Gebruik die inligting in die tabel hierbo om die inkomstebelasting
                      betaalbaar te bereken indien 'n jaarlikse inkomste van R480 000
                      verdien word.                                                                    (4)

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                     7                             DBE/November 2022
                                               NSS

2.3      Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                    BUITELANDSEVALUTA-MARK

        Wisselkoers
        (rand/VSA$)            V1
                                                                 A
                           V
                                                     e1
              R15,00
                                                e
              R14,60

                                                                                     V1
                                      A
                                                                              V

                       0                      100    120             Hoeveelheid VSA-dollar
                                                                          (miljoene)

         2.3.1         Identifiseer die oorspronklike wisselkoers in die grafiek hierbo.               (1)

         2.3.2         Noem die wisselkoersstelsel wat in Suid-Afrika gebruik word.                    (1)

         2.3.3         Beskryf kortliks die term devaluasie.                                           (2)

         2.3.4         Wat is die voordeel van 'n surplus op die lopende rekening van die
                       betalingsbalans?                                                                (2)

         2.3.5         Met verwysing na die grafiek hierbo, verduidelik die effek van die
                       toenemende vraag na VSA-dollar op die waarde van die rand.
                                                                                   (2 x 2)             (4)

2.4      Verduidelik die onderlinge verhouding tussen huishoudings en besighede in
         die ekonomiesekringloop-model.                                     (4 x 2)                    (8)

2.5      Ontleed die probleme waarvoor die Suid-Afrikaanse regering in die
         verskaffing van openbare goedere en dienste te staan kom.   (4 x 2)                           (8)
                                                                                                       [40]

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                     8                          DBE/November 2022
                                               NSS

VRAAG 3: EKONOMIESE STREWES                                     40 PUNTE – 30 MINUTE

3.1      Beantwoord die volgende vrae.

         3.1.1         Noem enige TWEE vorme van ekonomiese integrasie.             (2 x 1)       (2)

         3.1.2         Waarom migreer mense dikwels na stede en stedelike gebiede?
                                                                               (1 x 2)            (2)

3.2      Bestudeer die spotprent hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                     INTERNASIONALE LIBERALISERING VAN DIE HANDEL

                                           UITEINDELIK VRYHANDEL!!
                                           UITEINDELIK VRYHANDEL!!
                                              GEEN BESKERMING
                                                  MEER NIE.

                                                                                  GEEN
           MASSIEWE                                                             WERKERS-
          AFLEGGINGS
                                                                                REGTE NIE

                                                                       [Bron: www.google.com]
  VSA-werkers
                                                                            Werkers oorsee

                                                                                            WHO

         3.2.1         Identifiseer die internasionale handelsbeleid wat deur die spotprent
                       hierbo uitgebeeld word.                                                    (1)

         3.2.2         Waarvoor staan die afkorting WHO?                                          (1)

         3.2.3         Beskryf kortliks die term invoervervanging.                                (2)

         3.2.4         Waarom is dit nodig dat suigeling-nywerhede beskerm word?                  (2)

         3.2.5         Hoe kan Suid-Afrika uit vryhandel voordeel trek?             (2 x 2)       (4)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                             9                                 DBE/November 2022
                                                       NSS

3.3      Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                SUID-AFRIKA SE KWARTAALLIKSE ARBEIDSPRODUKTIWITEIT-
                                  GROEIKOERS (%)

                           14%

              Groeikoers
                           12%
                           10%
                           8%
                           6%
                           4%
                           2%
                           0%
                                 2020-K1    2020-K2    2020-K3      2020-K4     2021-K1      2021-K2
                           -2%
                                                                               Tyd (Kwartaalliks)
                           -4%
                           -6%

                                                                                [Bron: www.thedtic.gov.za]

         3.3.1               Identifiseer, in die grafiek hierbo, die periode waarin Suid-Afrika die
                             hoogste negatiewe groeikoers ervaar het.                                            (1)

         3.3.2               Noem enige EEN instelling wat ekonomiese aanwysers in
                             Suid-Afrika publiseer.                                                              (1)

         3.3.3               Beskryf kortliks die term sosiale aanwyser.                                         (2)

         3.3.4               Verduidelik die impak van 'n toename in arbeidsproduktiwiteit op
                             besighede.                                                                          (2)

         3.3.5               Hoe kan die owerheid die produktiwiteit van die Suid-Afrikaanse
                             arbeidsmag verbeter?                                     (2 x 2)                    (4)

3.4       Bespreek kortliks                subsidies    en       aansporings     as       metodes van
          uitvoerbevordering.                                                                    (2 x 4)         (8)

3.5      Evalueer Suid-Afrika se streekontwikkelingsbeleide ten opsigte van die
         internasionale maatstafkriteria.                                (4 x 2)                                 (8)
                                                                                                                 [40]

Kopiereg voorbehou                                                                          Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                   10                           DBE/November 2022
                                             NSS

VRAAG 4: MAKRO-EKONOMIE EN EKONOMIESE STREWES
                                           40 PUNTE – 30 MINUTE

4.1      Beantwoord die volgende vrae.

         4.1.1        Noem enige TWEE uitwerkings (effekte) van internasionale handel.
                                                                                (2 x 1)           (2)

         4.1.2        Hoe bevorder Breëbasis- Swart          Ekonomiese      Bemagtiging
                      (BBSEB) nywerheidsontwikkeling?                            (1 x 2)          (2)

4.2      Bestudeer die diagram hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                     EKONOMIESE KRINGLOOP EN DIE VERMENIGVULDIGER

                                           Inkome (Y) = R100m

                                  Besparings                  Beleggings
                 VERBRUIKERS      S = R20m                    I = R100m       FIRMAS
                                                FINANSIËLE
                     R100m                         MARK                       R100m
                                     0,2

                                       Verbruik (C) = R80m

                                                 0,8

         4.2.1        Identifiseer die waarde van die marginale spaargeneigdheid (msg)
                      in die diagram hierbo.                                                      (1)

         4.2.2        Noem die lekkasie wat met die buitelandse sektor verband hou.               (1)

         4.2.3        Beskryf kortliks die term outonome verbruik.                                (2)

         4.2.4        Verduidelik die belangrikheid van besparings in die ekonomie.               (2)

         4.2.5        Gebruik die marginale verbruikgeneigdheid (mvg) in die diagram
                      hierbo om die waarde van die vermenigvuldiger te bereken. Toon
                      die formule en AL die berekeninge.                       (2 x 2)            (4)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                   11                          DBE/November 2022
                                             NSS

4.3      Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                        NYWERHEIDSONTWIKKELING IN SUID-AFRIKA

         Die missie van die Departement van Handel, Nywerheid en Mededinging
         (DHNM) is om strukturele transformasie na 'n dinamiese nywerheids- en
         wêreldmededingende ekonomie te bevorder.

         Die kritieke infrastruktuurfasiliteite (KIF'e), saam met ander aansporings, poog
         om investering te lok deur infrastruktuur wat as kritiek beskou word,
         te ondersteun. Die Suid-Afrikaanse regering implementeer die KIF'e om
         investeringsgroei in ooreenstemming met die Nasionale Nywerheidsbeleid-
         raamwerk (NNBR) te stimuleer.
                                                                  [Bron: www.thedtic.gov.za]

         4.3.1        Identifiseer die beleid wat die regering se benadering tot
                      industrialisasie uiteensit.                                                  (1)

         4.3.2        Noem enige ander aansporing wat deur die DHNM verskaf word
                      om nywerheidsontwikkeling in Suid-Afrika te bevorder.                        (1)

         4.3.3        Beskryf kortliks die term spesiale ekonomiese sones (SES's).                 (2)

         4.3.4        Hoe    kan    'n     styging    in     internasionale       oliepryse
                      nywerheidsontwikkeling vertraag?                                             (2)

         4.3.5        Waarom is infrastruktuurontwikkeling in voorheen verwaarloosde
                      gebiede belangrik?                                      (2 x 2)              (4)

4.4       Bespreek kortliks bevolkingsgroei en lewensverwagting as demografiese
          aanwysers.                                                    (2 x 4)                    (8)

4.5      Hoe kan Suid-Afrika invoere verminder om 'n tekort in die betalingsbalans reg
         te stel?                                                               (4 x 2)            (8)
                                                                                                   [40]

                                                                TOTAAL AFDELING B:                 80

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                   12                           DBE/November 2022
                                             NSS

AFDELING C

Beantwoord enige EEN           van   die   twee    vrae   in   hierdie   afdeling    in    die
ANTWOORDEBOEK.

Jou antwoord sal soos volg geassesseer word:

                                                                                 PUNTE-
                       STRUKTUUR VAN OPSTEL
                                                                               TOEKENNING
Inleiding
Die inleiding is 'n laerorde-antwoord.                                              Maks. 2
 'n Goeie begin is om die sleutelkonsep wat met die vraag verband hou, te
    definieer of te omskryf.
 MOENIE enige deel van die vraag by die inleiding insluit NIE.
 MOENIE enige deel van die inleiding by die liggaam herhaal NIE.
 Vermy dit om in die inleiding te noem wat jy in die liggaam gaan bespreek.
Liggaam
Hoofgedeelte: Bespreek in besonderhede/Diepgaande bespreking/Ondersoek/             Maks. 26
Bespreek krities/Analiseer/Vergelyk/Evalueer/Onderskei/Verduidelik/Teken 'n
grafiek en verduidelik/Gebruik die grafiek gegee en verduidelik/Voltooi die
grafiek gegee/Assesseer/Debatteer
'n Maksimum van 8 punte kan vir opskrifte/voorbeelde toegeken word.
Bykomende gedeelte: Bespreek krities/Evalueer/Evalueer krities/Debatteer/           Maks. 10
Lei af/Vergelyk/Onderskei/Interpreteer/Hoe?/Stel voor
'n Maksimum van 2 punte kan vir die blote noem van feite toegeken word.
Slot
Enige hoërorde-slot behoort die volgende in te sluit:                               Maks. 2
 'n Kort samevatting van wat bespreek is, sonder die herhaling van enige
    feite wat reeds genoem is
 Enige opinie of waardeoordeel oor die feite wat bespreek is
 Bykomende ondersteunende inligting wat die bespreking/ontleding versterk
 'n Teenstrydige sienswyse met motivering, indien gevra
 Aanbevelings
TOTAAL                                                                                40

VRAAG 5: MAKRO-EKONOMIE                                          40 PUNTE – 40 MINUTE

   Bespreek in besonderhede die kenmerke onderliggend aan vooruitskatting van
    sakesiklusse.                                                   (26 punte)
   Analiseer die uitdagings wat 'n ekonomiese resessie vir die verskillende
    deelnemers in die ekonomie skep.                             (10 punte)                      [40]

VRAAG 6: EKONOMIESE STREWES                                     40 PUNTE – 40 MINUTE

   Bespreek in besonderhede die Suid-Afrikaanse groei- en ontwikkelingsbeleide en
    strategiese inisiatiewe vanaf 1994.                                 (26 punte)
   Hoe kan Suid-Afrika aanbodkantmaatreëls gebruik om ekonomiese groei en
    ontwikkeling te bevorder?                                    (10 punte)                      [40]

                                                                 TOTAAL AFDELING C:              40
                                                                     GROOTTOTAAL:                150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Economics 2022 FS Prelim P1 QP](https://www.hlayiso.com/library/economics-2022-fs-prelim-p1-qp/3fc68dd1-672b-4d6b-8fec-93521a8c6a06) — Economics · QP · 2022
- [Gr12 Economics P1 (Afrikaans) SEP 2022 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr12-economics-p1-afrikaans-sep-2022-question-paper/4b579af8-e0b1-4689-a729-7d9986eea052) — Economics · QP · 2022 · Afr
- [Economics P1 Nov 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-nov-2023-eng/127abefe-4f46-4a3d-9e28-d940dd8b0459) — Economics · QP · 2023 · Eng
- [Economics P1 Nov 2021 Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-nov-2021-afr/f25a9ed4-62b0-4d15-9e7d-64de934b75d9) — Economics · QP · 2021 · Afr
- [Economics P1 Nov 2018 Eng](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-nov-2018-eng/7d5ff0ae-2f20-4e20-b379-43f3918a2600) — Economics · QP · 2018 · Eng
- [Economics P1 Nov 2017 Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-nov-2017-afr/48efcc35-8633-4ec0-8862-da6aaffb31b1) — Economics · QP · 2017 · Afr

## More from Grade 12 Economics

- [Economics P2 Memo Afr watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-memo-afr-watermark/c9d66fa3-0b40-419d-a6f6-d862847d4e82) — Memo · 2025 · Afr
- [Economics P2 (English) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-english-june-2025-possible-answers/3df8bb66-2d0a-4b1b-89bf-509b303bfa3e) — Memo · 2025 · Eng
- [Economics P1 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-may-june-2025-mg-eng/f6c27985-fe67-48df-afba-d85bf5f76379) — Memo · 2025 · Eng
- [Economics P2 May-June 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-may-june-2025-mg-afr/4cc1190f-9c0a-43ea-98bc-3252875816a9) — Memo · 2025 · Afr
- [NW 12 ECONOMICS P2 QP ENG JUNE 2025](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-economics-2025-nw-june-exam-question-paper-paper-2-english/c80fc8cc-fc9d-44e9-a820-8736783a4556) — QP · 2025 · Eng
- [ECONOMICS QP.P1 GR 12 JUNE 2024 (Backup papers)](https://www.hlayiso.com/library/economics-qp-p1-gr-12-june-2024-backup-papers/cb8af277-aab9-4fba-8e76-5924dcaf1941) — QP · 2024

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
