# Economics Grade 12 P1 NSC November 2023 Question Paper (Afr)

> Grade 12 Economics Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2023 (Afrikaans), 13 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-nov-2023-afr/abe65521-a0dd-4666-8c17-722764a8ce9d
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Economics
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2023
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 13

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/economics) › [Economics Grade 12 P1 NSC November 2023 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-nov-2023-afr/abe65521-a0dd-4666-8c17-722764a8ce9d)

## About this document

Economics · Grade 12 · NSC November Exam · 2023. Question paper, 13 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                              NASIONALE
                          SENIOR SERTIFIKAAT

                                  GRAAD 12

                               EKONOMIE V1

                              NOVEMBER 2023

PUNTE: 150

TYD: 2 uur

                     Hierdie vraestel bestaan uit 13 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                              Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                  2                       DBE/November 2023
                                            NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Beantwoord VIER vrae soos volg in die ANTWOORDEBOEK:

         AFDELING A:      VERPLIGTEND
         AFDELING B:      Beantwoord TWEE van die drie vrae.
         AFDELING C:      Beantwoord EEN van die twee vrae.

2.       Beantwoord slegs die vereiste getal vrae. Addisionele antwoorde sal NIE
         nagesien word NIE.

3.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik is.

4.       Skryf die vraagnommer boaan elke antwoord.

5.       Lees die vrae aandagtig deur.

6.       Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.

7.       Laat 2–3 reëls tussen onderafdelings van vrae oop.

8.       Beantwoord die vrae in volsinne en maak seker dat die formaat, inhoud en
         konteks van jou antwoorde aan die kognitiewe vereistes van die vrae voldoen.

9.       Gebruik slegs swart of blou ink.

10.      Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

11.      Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                 3                         DBE/November 2023
                                           NSS

AFDELING A (VERPLIGTEND)

VRAAG 1                                                     30 PUNTE – 20 MINUTE

1.1      Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
         Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
         (1.1.1 tot 1.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.9 D.

         1.1.1       'n Doelbewuste aksie deur die owerheid om die waarde van 'n
                     geldeenheid te verhoog, staan as … bekend.

                     A   revaluasie
                     B   appresiasie
                     C   devaluasie
                     D   depresiasie

         1.1.2       Sakesiklusse wat van 7 tot 11 jaar duur, veroorsaak deur
                     veranderinge in netto investering, staan as …-siklusse bekend.

                     A   Kuznets
                     B   Kondratieff
                     C   Jugler
                     D   Kitchin

         1.1.3       Die verwantskap tussen die belastingkoers en die belasting-
                     inkomste vir die owerheid word deur die ...-kromme (-kurwe)
                     geïllustreer.

                     A   Phillips
                     B   Laffer
                     C   Lorenz
                     D   Indifferensie

         1.1.4       As die waarde van die marginale verbruiksgeneigdheid (MVG)
                     0,6 is, sal die waarde van die marginale spaargeneigdheid (MSG)
                     ... wees.

                     A   0,4
                     B   0,75
                     C   1,67
                     D   2,5

         1.1.5       'n Beperking op die hoeveelheid goedere en dienste wat van ander
                     lande aangekoop kan word, staan as invoer-… bekend.

                     A   tarief
                     B   aansporing
                     C   heffing
                     D   kwota

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                  4                           DBE/November 2023
                                            NSS

         1.1.6       'n Groei- en ontwikkelingstrategie wat ten doel gehad het om
                     werkloosheid en armoede teen 2014 te halveer, het as ... bekend
                     gestaan.

                     A   Heropbou- en Ontwikkelingsbeleid
                     B   Versnelde en Gedeelde Groei-inisiatief vir Suid-Afrika
                     C   Groei, Indiensneming en Herverdelingsprogram
                     D   Nasionale Vaardigheidsontwikkelingstrategie

         1.1.7       Die owerheid se breë benadering tot industrialisasie word in die ...
                     uiteengesit.

                     A   Nywerheidsbeleid-aksieplan
                     B   Strategiese Geïntegreerde Projekte
                     C   Vaardigheidsondersteuningsprogram
                     D   Nasionale Nywerheidsbeleidsraamwerk

         1.1.8       Die toename in die bevolking van stede en dorpe deur die
                     beweging van mense uit landelike gebiede staan as ... bekend.

                     A   immigrasie
                     B   migrasie
                     C   verstedeliking
                     D   emigrasie                                                (8 x 2)       (16)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                     5                         DBE/November 2023
                                               NSS

1.2      Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by die item in KOLOM A pas.
         Skryf slegs die letter (A–I) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.8) in die
         ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.2.9 J.

                      KOLOM A                                 KOLOM B
         1.2.1       Outonome verbruik          A    'n ekonomiese aanwyser wat met die
                                                     lewenskoste verband hou
         1.2.2       Monetaristiese
                     benadering                 B    wanneer 'n organisasie of 'n land
                                                     vrygestel word van sy verpligting om
         1.2.3       Aanspreeklikheid                'n lening terug te betaal

         1.2.4       Skuldvergewing             C    samewerking tussen lande om
                                                     gemeenskaplike monetêre en fiskale
         1.2.5       Ekonomiese unie                 beleide aan te neem

         1.2.6       Kapitaalvorming            D    fokus op die gebruik van wetenskap
                                                     en tegnologie om industrialisasie te
         1.2.7       Nasionale Navorsing- en         bevorder
                     Ontwikkelingstrategie
                                                E    handhaaf die siening dat markte
         1.2.8       Verbruikersprysindeks           inherent onstabiel is

                                                F    die vereiste om 'n verduideliking van
                                                     jou eie besluite en optrede te gee

                                                G    handhaaf die siening dat markte
                                                     inherent stabiel is

                                                H    gedeelte van huishoudings se
                                                     besteding wat onafhanklik van die
                                                     vlak van inkomste is

                                                I    die proses van toevoeging van nuwe
                                                     bates, soos masjinerie en toerusting,
                                                     tot die bestaande voorraad
                                                                                    (8 x 1)       (8)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                  6                          DBE/November 2023
                                            NSS

1.3      Gee EEN term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term
         langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.6) in die ANTWOORDEBOEK neer.
         Afkortings, akronieme en voorbeelde sal NIE aanvaar word NIE.

         1.3.1       Die onttrekking van geld vanuit die ekonomiese kringloop

         1.3.2       'n Samevatting van die verskeie aanwysers van dieselfde soort in
                     'n enkele waarde

         1.3.3       Die wisselkoers word deur markkragte met inmenging deur die
                     sentrale bank vasgestel

         1.3.4       Die toename in die ekonomie se kapasiteit om meer goedere en
                     dienste te produseer

         1.3.5       Die verwerking van natuurlike hulpbronne tot voltooide produkte

         1.3.6       Die laagste rentekoers wat deur handelsbanke van hulle beste
                     kliënte gehef word                                    (6 x 1)             (6)

                                                               TOTAAL AFDELING A:              30

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                              7                                DBE/November 2023
                                                        NSS

AFDELING B

Beantwoord enige TWEE                      van    die   drie    vrae   in     hierdie   afdeling   in   die
ANTWOORDEBOEK.

VRAAG 2: MAKRO-EKONOMIE                                                        40 PUNTE – 30 MINUTE

2.1      Beantwoord die volgende vrae.

         2.1.1                Noem enige TWEE produksiefaktore.                                     (2 x 1)      (2)

         2.1.2                Waarom is die inflasiekoers gedurende die voorspoedfase van 'n
                              sakesiklus hoog?                                        (1 x 2)                    (2)

2.2      Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                            SUID-AFRIKA SE HANDELSBALANS
                          2 000 000
                          1 800 000

              R miljoen
                          1 600 000
                          1 400 000
                          1 200 000
                          1 000 000
                           800 000
                           600 000
                           400 000
                           200 000
                                 0
                                           2018          2019               2020          2021
                                Uitvoere      Invoere       handelsbalans
                                                            Handelsbalans                Jaar

                                                   [Aangepas uit SARB Kwartaallikse Bulletin, Desember 2022]

         2.2.1                Identifiseer die jaar waarin Suid-Afrika die hoogste waarde van
                              uitvoere aangeteken het.                                                           (1)

         2.2.2                Noem die rekening in die betalingsbalans (BB) wat portefeulje-
                              investerings aanteken.                                                             (1)

         2.2.3                Beskryf kortliks die term handelsbalans.                                           (2)

         2.2.4                Verduidelik die impak van elektrisiteitstekorte op uitvoervolumes in
                              Suid-Afrika.                                                                       (2)

         2.2.5                Hoe kan die Suid-Afrikaanse Reserwebank (SARB) betalings-
                              balanstekorte verminder?                          (2 x 2)                          (4)

Kopiereg voorbehou                                                                          Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                   8                              DBE/November 2023
                                             NSS

2.3      Bestudeer die tabel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                         NASIONALE REKENINGE VIR SUID-AFRIKA
                                  Teen huidige pryse

          Item                                                           2021 (R biljoen)
          Vergoeding van werknemers                                                 2 861
          Netto bedryfsurplus                                                       1 795
          Verbruik van vaste kapitaal                                                 797
          Bruto waarde toegevoeg teen faktorkoste                                   5 453
          Belasting op produksie                                                      132
          Subsidies op produksie                                                        12
          Bruto waarde toegevoeg teen basiese pryse                                    (A)
          Belasting op produkte                                                       634
          Subsidies op produkte                                                         14
          Bruto binnelandse produk teen markpryse                                   6 193

                                       [Aangepas uit SARB Kwartaallikse Bulletin, Desember 2022]

         2.3.1       Identifiseer in die tabel hierbo die metode wat gebruik word om die
                     bruto binnelandse produk (BBP) te bereken.                                      (1)

         2.3.2       Gee EEN voorbeeld van belasting op produkte.                                    (1)

         2.3.3       Beskryf kortliks die term subsidie op produksie.                                (2)

         2.3.4       Waarom is dit vir 'n land belangrik om nasionale rekeningtotale
                     voor te berei?                                                                  (2)

         2.3.5       Bereken die bruto waarde toegevoeg (BWT) teen basiese pryse
                     (A) in die tabel hierbo. Toon ALLE berekeninge.      (2 x 2)                    (4)

2.4      Verduidelik kortliks spesialisasie en massaproduksie as uitwerkings (effekte)
         van internasionale handel.                                                                  (8)

2.5      Hoe kan sakesiklusse die gebruik van fiskale beleid in die ekonomie
         beïnvloed?                                                    (4 x 2)                       (8)
                                                                                                     [40]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                   9                            DBE/November 2023
                                             NSS

VRAAG 3: EKONOMIESE STREWES                                    40 PUNTE – 30 MINUTE

3.1      Beantwoord die volgende vrae.

         3.1.1        Gee enige TWEE voorbeelde van basiese dienste wat deur die
                      owerheid verskaf word.                              (2 x 1)                  (2)

         3.1.2        Hoe kan die Geïntegreerde Vervaardigingstrategie (GVS)
                      industrialisasie in Suid-Afrika bevorder?        (1 x 2)                     (2)

3.2      Bestudeer die spotprent hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                     SUID-AFRIKA SE GROEI- EN ONTWIKKELINGSBELEIDE

                                                   Ons moet aandag gee aan die
                                                       uitdagings wat Swart
                                                   Ekonomiese Bemagtiging in die
                                                            gesig staar.

                                                              WAT VAN 'N
                                                              BIETJIE HULP?

                                                              WET OP GELYKE
                                                              INDIENSNEMING

                                                             [Aangepas uit Dailyfriend.co.za]

         3.2.1        Identifiseer 'n regstellende beleid wat daarna streef om onbillike
                      diskriminasie in Suid-Afrikaanse werkplekke te verwyder.                     (1)

         3.2.2        Noem EEN maatreël wat gebruik word om die doeltreffendheid van
                      markte te verbeter.                                                          (1)

         3.2.3        Beskryf kortliks die term ekonomiese ontwikkeling.                           (2)

         3.2.4        Hoe kan die owerheid belasting          gebruik    om    besigheids-
                      doeltreffendheid te bevorder?                                                (2)

         3.2.5        Verduidelik die uitdagings in die implementering van Breëbasis-
                      Swart Ekonomiese Bemagtiging (BBSEB).                    (2 x 2)             (4)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                  10                           DBE/November 2023
                                            NSS

3.3      Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                 BUITELANDSE DIREKTE INVESTERING (BDI) IN SUID-AFRIKA

         In vergelyking met ander Afrikalande is die potensiële aantreklikheid van
         Suid-Afrika hoog. Buitelandse investering het oor die jare toegeneem en is
         verantwoordelik vir werkskepping asook rykdomskeppende ekonomiese
         groei.

         Die meeste van die invloei van buitelandse direkte investering is gerig op die
         finansiële, mynbou-, vervaardiging-, vervoer- en kleinhandelsektore. Beijing
         Motorbedryf, BMW, Nissan en Mainstream Renewable Energy was die
         grootste beleggers die afgelope paar jaar.

                                                          [Bron: www.tradeclub.standardbank]

         3.3.1       Identifiseer EEN voordeel van buitelandse direkte investering vir
                     die ekonomie.                                                                (1)

         3.3.2       Noem die finansiële aansporing deur die owerheid verskaf om
                     nuwe buitelandse investerings na Suid-Afrika te lok.                         (1)

         3.3.3       Beskryf kortliks die term nywerheidsontwikkeling.                            (2)

         3.3.4       Waarom is die vervaardigingsektor belangrik vir die ekonomie?                (2)

         3.3.5       Verduidelik die faktore wat die sukses van nywerheids-
                     ontwikkelingsones (NOS) in Suid-Afrika negatief mag beïnvloed.
                                                                                (2 x 2)           (4)

3.4      Bespreek kortliks die ruilvoet en die wisselkoers as ekonomiese aanwysers
         wat met buitelandse handel verband hou.                            (2 x 4)               (8)

3.5      Ontleed die impak van lae ekonomiese groei op die Suid-Afrikaanse
         ekonomie.                                                   (4 x 2)                      (8)
                                                                                                  [40]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                                      11                        DBE/November 2023
                                                                NSS

VRAAG 4: MAKRO-EKONOMIE EN EKONOMIESE STREWES
                                          40 PUNTE – 30 MINUTE

4.1      Beantwoord die volgende vrae.

         4.1.1                        Noem enige TWEE eienskappe van lande in die Suide.             (2 x 1)       (2)

         4.1.2                        Hoe kan 'n toename in die bevolking se inkomstevlakke die vraag
                                      na invoere beïnvloed?                                    (1 x 2)             (2)

4.2      Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                           Effek van vraagkant- en aanbodkantbeleide
                                                 (nuwe ekonomiese paradigma)

              Algemene prysvlak
                                                                                 TA
                                                                                          TA1

                                                                      e1
                             P1
                                                            e              e2
                                  P

                                                                                            TV1

                                                                                    TV

                                  0
                                                           H          H1   H2         Reële uitset

         4.2.1                        Identifiseer die oorspronklike ewewigspunt in die grafiek hierbo.            (1)

         4.2.2                        Noem EEN instrument van die monetêre beleid.                                 (1)

         4.2.3                        Beskryf kortliks die term sakesiklusse.                                      (2)

         4.2.4                        Hoe kan mededinging totale aanbod stimuleer?                                 (2)

         4.2.5                        Verduidelik die effek van vraagkant- en aanbodkantbeleide op die
                                      algemene prysvlak en reële uitset, met verwysing na die grafiek
                                      hierbo.                                                  (2 x 2)             (4)

Kopiereg voorbehou                                                                            Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                             12                             DBE/November 2023
                                                       NSS

4.3      Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                BEVOLKINGSDEMOGRAFIE VIR SUID-AFRIKA IN 2022
                                  2020                        Bevolking: 59 308 690
                                  2022                        Bevolking: 59 893 885

                                             Manlik                           Vroulik

              Ouderdomsgroep

                                                                        Bevolkingspersentasie

                                                       [Bron: www.populationpyramid.net/south-africa/2022]

         4.3.1                  Identifiseer die bevolkingspersentasie        van     vroue     in   die
                                ouderdomsgroep 30 tot 34 jaar.                                                (1)

         4.3.2                  Gee 'n ekonomiese term wat na die bevolkingsouderdomsgroep
                                15 tot 65 jaar verwys.                                                        (1)

         4.3.3                  Beskryf kortliks die term lewensverwagting.                                   (2)

         4.3.4                  Verduidelik die impak van wanvoeding op die kindersterftesyfer.               (2)

         4.3.5                  Waarom is bevolkingsgrootte belangrik vir besighede en/of die
                                owerheid?                                                                     (4)

4.4      Bespreek ruimtelike-ontwikkelingsinisiatiewe                 (ROI's) as Suid-Afrika se
         strewes (pogings) in streeksontwikkeling.                                         (4 x 2)            (8)

4.5      Ontleed die verhouding tussen die finansiële sektor en ander deelnemers in
         die ekonomiesekringloop-model.                                      (4 x 2)                          (8)
                                                                                                              [40]

                                                                            TOTAAL AFDELING B:                80

Kopiereg voorbehou                                                                       Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                    13                               DBE/November 2023
                                              NSS

AFDELING C

Beantwoord enige EEN           van    die   twee    vrae    in   hierdie    afdeling    in    die
ANTWOORDEBOEK.

Jou antwoord sal soos volg geassesseer word:

                                                                                  PUNTE-
                     STRUKTUUR VAN OPSTEL
                                                                                TOEKENNING
Inleiding
Die inleiding is 'n laerorde-antwoord.                                             Maks. 2
 'n Goeie begin is om die sleutelkonsep wat met die vraag verband hou,
    te definieer of te omskryf.
 MOENIE enige deel van die vraag by die inleiding insluit NIE.
 MOENIE enige deel van die inleiding by die liggaam herhaal NIE.
 MOENIE in die inleiding noem wat jy in die liggaam gaan bespreek NIE.
Liggaam
Hoofdeel: Bespreek in detail/Diepgaande bespreking/Ondersoek/                      Maks. 26
Bespreek krities/Analiseer/Vergelyk/Evalueer/Onderskei/Differensieer/
Verduidelik/Assesseer/Debatteer
'n Maksimum van 8 punte kan vir opskrifte/voorbeelde toegeken word.
Addisionele deel: Bespreek krities/Evalueer/Evalueer krities/Lei af/               Maks. 10
Vergelyk/Onderskei/Stel voor/Interpreteer/Debatteer/Hoe
'n Maksimum van 2 punte kan vir die blote noem van feite toegeken
word.
Slot
Enige hoërorde-slot behoort die volgende in te sluit:                              Maks. 2
 'n Kort samevatting van wat alreeds bespreek is, sonder die herhaling
    van feite wat reeds genoem is
 Enige mening/opinie of waardeoordeel oor die feite wat bespreek is
 Addisionele ondersteuningsinligting wat die bespreking/analise versterk
 'n Teenstrydige sienswyse met motivering, indien gevra
 Aanbevelings
TOTAAL                                                                                 40

VRAAG 5: MAKRO-EKONOMIE                                           40 PUNTE – 40 MINUTE

   Bespreek in detail die vernaamste doelwitte van die openbare sektor in die ekonomie.            (26)

   Evalueer die impak van privatisering van               staatsbeheerde        ondernemings
    (parastatale) op die Suid-Afrikaanse ekonomie.                                                  (10)
                                                                                                    [40]

VRAAG 6: EKONOMIESE STREWES                                       40 PUNTE – 40 MINUTE

   Bespreek in detail       uitvoerbevordering     as     Suid-Afrika     se    internasionale
    handelsbeleid.                                                                                  (26)

   Hoe kan Suid-Afrika bevoordeel word deur deel te wees van die verskeie
    handelsprotokolle soos die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG)?                    (10)
                                                                                                    [40]

                                                                   TOTAAL AFDELING C:               40
                                                                       GROOTTOTAAL:                 150
Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Economics P1 Nov 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-nov-2023-eng/127abefe-4f46-4a3d-9e28-d940dd8b0459) — Economics · QP · 2023 · Eng
- [Economics 2023 FS Prelim P1 QP](https://www.hlayiso.com/library/economics-2023-fs-prelim-p1-qp/4df62619-23c8-4a72-9f11-2679cd92b0ad) — Economics · QP · 2023
- [Economics 2023 NW Prelim P1 QP](https://www.hlayiso.com/library/economics-2023-nw-prelim-p1-qp/140b8415-3912-4d87-ab37-214fe6aaa927) — Economics · QP · 2023
- [Economics P1 Nov 2021 Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-nov-2021-afr/f25a9ed4-62b0-4d15-9e7d-64de934b75d9) — Economics · QP · 2021 · Afr
- [Economics P1 Nov 2018 Eng](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-nov-2018-eng/7d5ff0ae-2f20-4e20-b379-43f3918a2600) — Economics · QP · 2018 · Eng
- [Economics P1 Nov 2017 Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-nov-2017-afr/48efcc35-8633-4ec0-8862-da6aaffb31b1) — Economics · QP · 2017 · Afr

## More from Grade 12 Economics

- [Economics P2 Memo Afr watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-memo-afr-watermark/c9d66fa3-0b40-419d-a6f6-d862847d4e82) — Memo · 2025 · Afr
- [Economics P2 (English) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-english-june-2025-possible-answers/3df8bb66-2d0a-4b1b-89bf-509b303bfa3e) — Memo · 2025 · Eng
- [Economics P1 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-may-june-2025-mg-eng/f6c27985-fe67-48df-afba-d85bf5f76379) — Memo · 2025 · Eng
- [Economics P2 May-June 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-may-june-2025-mg-afr/4cc1190f-9c0a-43ea-98bc-3252875816a9) — Memo · 2025 · Afr
- [NW 12 ECONOMICS P2 QP ENG JUNE 2025](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-economics-2025-nw-june-exam-question-paper-paper-2-english/c80fc8cc-fc9d-44e9-a820-8736783a4556) — QP · 2025 · Eng
- [ECONOMICS QP.P1 GR 12 JUNE 2024 (Backup papers)](https://www.hlayiso.com/library/economics-qp-p1-gr-12-june-2024-backup-papers/cb8af277-aab9-4fba-8e76-5924dcaf1941) — QP · 2024

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
