# Economics Grade 12 P1 November 2024 NSC Question Paper (Afr)

> Grade 12 Economics Paper 1 question paper from the November 2024 NSC (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-nov-2024-afr/c9a0f911-9835-4f51-8587-4679ca0fed4c
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Economics
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2024
- Exam period: November 2024 NSC
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 12

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/economics) › [Economics Grade 12 P1 November 2024 NSC Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-nov-2024-afr/c9a0f911-9835-4f51-8587-4679ca0fed4c)

## About this document

Economics · Grade 12 · November 2024 NSC · 2024. Question paper, 12 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Vertroulik

                              NASIONALE
                          SENIOR SERTIFIKAAT

                                  GRAAD 12

                               EKONOMIE V1

                              NOVEMBER 2024

PUNTE: 150

TYD: 2 uur

                     Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                              Blaai om asseblief

### Page 2

Ekonomie/V1                                 2                        DBE/November 2024
                                       NSS Vertroulik

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 1.       Beantwoord VIER vrae soos volg in die ANTWOORDEBOEK:

          AFDELING A:      VERPLIGTEND
          AFDELING B:      Beantwoord TWEE van die drie vrae.
          AFDELING C:      Beantwoord EEN van die twee vrae.

 2.       Beantwoord slegs die vereiste getal vrae. Addisionele antwoorde sal NIE
          nagesien word NIE.

 3.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
          vraestel gebruik is.

 4.       Skryf die vraagnommer boaan elke antwoord.

 5.       Lees die vrae aandagtig deur.

 6.       Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.

 7.       Laat 2–3 reëls tussen onderafdelings van vrae oop.

 8.       Beantwoord die vrae in volsinne en maak seker dat die formaat, inhoud en
          konteks van jou antwoorde aan die kognitiewe vereistes van die vrae voldoen.

 9.       Gebruik slegs swart of blou ink.

 10.      Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

 11.      Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 3

Ekonomie/V1                                  3                         DBE/November 2024
                                        NSS Vertroulik

 AFDELING A (VERPLIGTEND)

 VRAAG 1                                                      30 PUNTE – 20 MINUTE

 1.1      Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
          Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
          (1.1.1 tot 1.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.9 D.    Nov

          1.1.1      Korttermynbesparings en -lenings word op die …-mark verhandel.

                     A   kapitaal
                     B   buitelandsevaluta
                     C   faktor
                     D   geld

          1.1.2      Advertensiespasie vir vakatures is 'n voorbeeld van 'n … aanwyser.

                     A   sloerende
                     B   samevallende
                     C   leidende
                     D   saamgestelde

          1.1.3      Die tekortereël verklaar dat tekorte op die begroting nie … van die
                     bruto binnelandse produk (BBP) moet oorskry nie.

                     A   60%
                     B   3%
                     C   30%
                     D   6%

          1.1.4      Die verhouding van 'n land se uitvoerprysindeks tot sy invoerprys-
                     indeks staan as die … bekend.

                     A   handelsbalans
                     B   wisselkoers
                     C   ruilvoet
                     D   rentekoers

          1.1.5      'n Handelsbeleid wat sekere invoere beperk om onregverdige
                     buitelandse mededinging vir plaaslike nywerhede te voorkom,
                     word … genoem.

                     A   beskerming
                     B   uitvoerbevordering
                     C   invoervervanging
                     D   vryhandel

          1.1.6      Die vlak van 'n land se lewenstandaard word deur … gemeet.

                     A   reële BBP
                     B   nominale BBP
                     C   nasionale inkome
                     D   BBP per capita

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 4

Ekonomie/V1                                    4                           DBE/November 2024
                                          NSS Vertroulik

          1.1.7        'n Internasionale maatstafkriterium vir streeksontwikkeling wat
                       demokratiese besluitneming en deursigtigheid vereis, word …
                       genoem.
                       A   goeie staatsbeheer
                       B   integrasie
                       C   vennootskap
                       D   vryemarkoriëntering
          1.1.8        Die waarskynlike aantal jare wat 'n persoon ná geboorte sal lewe,
                       staan as … bekend.
                       A   kindermortaliteit
                       B   lewensverwagting
                       C   onder-vyf-mortaliteit
                       D   bevolkingsgroei                                            (8 x 2)      (16)
 1.2      Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by die item in KOLOM A pas.
          Skryf slegs die letter (A–I) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.8) in die
          ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.2.9 J.

                       KOLOM A                                     KOLOM B
          1.2.1      Faktorkoste                A   'n drie-jaar- aaneenlopende besteding-
                                                    en inkomstevooruitskatting vir die
          1.2.2      Bewegende                      owerheid
                     gemiddelde
                                                B   'n vorm van krediet wat deur die
          1.2.3      Mediumtermyn-                  Internasionale Monetêre Fonds aan
                     bestedingsraamwerk             lande toegestaan word wat
          1.2.4      Spesiale                       betalingsbalanstekorte ervaar
                     Trekkingsregte             C beoog om armoede uit te skakel en
          1.2.5      Boikotte                     ongelykheid teen 2030 te verminder

          1.2.6      Nasionale                  D metode om die onbekende te voorspel
                     Ontwikkelingsplan            deur feite wat bekend is, te gebruik

          1.2.7      Ruimtelike-                E   lok infrastruktuur en beleggings na
                     ontwikkelingsinisiatiewe       afgeskeepte en onderontwikkelde
                                                    gebiede
          1.2.8      Verstedeliking
                                                F   bedrag vir die hulpbronne betaal wat
                                                    gebruik word om goedere en dienste te
                                                    produseer
                                                G metode gebruik om korttermyn-
                                                  skommelinge in tydreeksdata uit te stryk
                                                H die proses van die beweging van mense
                                                  van plattelandse gebiede na stede en
                                                  dorpe
                                                I   vrywillige maatreëls geneem om nie met
                                                    'n sekere land handel te dryf nie
                                                                                      (8 x 1)      (8)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 5

Ekonomie/V1                                 5                         DBE/November 2024
                                       NSS Vertroulik

 1.3      Gee EEN term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term langs
          die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.6) in die ANTWOORDEBOEK neer.
          Afkortings, akronieme en voorbeelde sal NIE aanvaar word NIE.

          1.3.1      Die vloei van goedere, dienste en produksiefaktore tussen die
                     deelnemers aan die ekonomie

          1.3.2      'n Kromme wat die inverse verhouding tussen werkloosheid en die
                     inflasiekoers illustreer

          1.3.3      Die oordrag van funksies en eienaarskap van entiteite vanaf die
                     private sektor na die openbare sektor

          1.3.4      Finansiële ondersteuning in die vorm van kontantbetalings voorsien
                     deur die owerheid aan binnelandse produsente

          1.3.5      Bedrywe wat meer arbeid as kapitaal in die produksieproses gebruik

          1.3.6      Die ekonomiese aanwyser wat gebruik word om lewenskoste te
                     meet                                                (6 x 1)              (6)

                                                               TOTAAL AFDELING A:             30

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 6

Ekonomie/V1                                 6                                DBE/November 2024
                                       NSS Vertroulik

 AFDELING B

 Beantwoord enige TWEE          van    die   drie   vrae   in    hierdie   afdeling    in   die
 ANTWOORDEBOEK.

 VRAAG 2: MAKRO-EKONOMIE                                           40 PUNTE – 30 MINUTE

 2.1      Beantwoord die volgende vrae.

          2.1.1      Noem enige TWEE metodes wat gebruik word om bruto binnelandse
                     produk (BBP) te bereken.                                (2 x 1)                 (2)

          2.1.2      Hoe kan mededinging totale aanbod in die ekonomie stimuleer?
                                                                              (1 x 2)                (2)

 2.2      Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                              OPENBARESEKTOR-MISLUKKING

          In Suid-Afrika ly baie openbare entiteite as gevolg van bestuursmislukking.
          Organisasies is ondoeltreffend met dienslewering omdat hulle 'n gebrek aan 'n
          vaardige arbeidsmag het om take suksesvol te voltooi.

          Dit lei tot dienste van 'n swak gehalte, soos hospitale wat 'n tekort aan
          medisyne ondervind. Daar is gevalle waar fondse onbestee gelaat word, selfs
          al is daar 'n desperate behoefte daaraan in gemeenskappe. Dit beteken dat
          geld aan die einde van die fiskale jaar aan die Nasionale Tesourie teruggegee
          word.

                                                                [Aangepas uit www.wikipedia.org]

          2.2.1      Identifiseer EEN rede vir openbaresektor-mislukking in die uittreksel
                     hierbo.                                                                         (1)

          2.2.2      Noem die vlak van die owerheid wat vir die voorsiening van dienste,
                     soos vullisverwydering, verantwoordelik is.                                     (1)

          2.2.3      Beskryf kortliks die term aanspreeklikheid.                                     (2)

          2.2.4      Verduidelik die uitwerking van openbaresektor-mislukking op die
                     toekenning van hulpbronne.                                                      (2)

          2.2.5      Waarom is dit noodsaaklik vir die owerheid om belasting op
                     niemerietegoedere te hef?                            (2 x 2)                    (4)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 7

Ekonomie/V1                                                7                            DBE/November 2024
                                                      NSS Vertroulik

 2.3      Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                          VERMENIGVULDIGEREFFEK IN 'N TWEESEKTOR-EKONOMIE

                                                                        E=Y

              Besteding (E)
                                                                           E1 = 30 + 0,5Y

              (Miljard rand)
                                                          e1               0.6Y1111111111
                                                                          E1= 20 + 0,5Y

                               30                 e

                               20

                                                  Y        Y1
                                                                                   Inkome (Y)
                                                            0.6
                                                            Y1
          2.3.1                     Identifiseer die waarde11van die marginale verbruiksgeneigdheid
                                                            11
                                    (MVG) in die grafiek hierbo.                                               (1)
                                                            11
          2.3.2                     Noem enige EEN deelnemer11   aan 'n tweesektor-ekonomie.                   (1)
                                                            11
          2.3.3                     Beskryf kortliks die term outonome verbruik.                               (2)

          2.3.4                     Verduidelik die verhouding tussen marginale spaargeneigdheid
                                    (MSG) en die waarde van die vermenigvuldiger (K).                          (2)

          2.3.5                     Gebruik die inligting in die grafiek hierbo om die verandering in
                                    nasionale inkome (ΔY) te bereken. Toon ALLE berekeninge.                   (4)

 2.4      Bespreek die eksogene (monetaristiese) verduidelikings van 'n sakesiklus.
                                                                                (4 x 2)                        (8)

 2.5      Hoe kan die makro-ekonomiese doelwit                               van     prysstabiliteit die
          Suid-Afrikaanse ekonomie positief beïnvloed?                                              (4 x 2)    (8)
                                                                                                               [40]

Kopiereg voorbehou                                                                        Blaai om asseblief

### Page 8

Ekonomie/V1                                 8                              DBE/November 2024
                                       NSS Vertroulik

 VRAAG 3: EKONOMIESE STREWES                                     40 PUNTE – 30 MINUTE

 3.1      Beantwoord die volgende vrae.

          3.1.1      Noem enige TWEE lande wat deel is van die Suider-Afrikaanse
                     Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG).                      (2 x 1)                  (2)

          3.1.2      Hoe kan Breë-Basis Swart Ekonomiese Bemagtiging (BBSEB) help
                     om nywerheidsontwikkeling te bevorder?               (1 x 2)                  (2)

 3.2      Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                  SUID-AFRIKA SE NYWERHEIDSONTWIKKELING-STRATEGIEË

          Ter erkenning van die belangrikheid van vervaardiging in die ekonomie is
          twee strategieë ontwikkel, naamlik die Nasionale Navorsing- en
          Ontwikkelingstrategie (NNOS) en die Geïntegreerde Vervaardigingstrategie
          (GVS).

          Suid-Afrika het 'n teiken van 1,5% van bruto-binnelandse-produk(BBP)-
          besteding op navorsing en ontwikkeling gestel. Hierdie investerings het egter
          van 0,75% in 2018/19 tot 0,60% in 2021/22 verminder.

                                                        [Aangepaste uit OECD, September 2023]

          3.2.1      Identifiseer die nywerheidsontwikkelingstrategie wat ten doel het
                     om die mededingendheid van die vervaardigingsektor te verbeter.               (1)

          3.2.2      Noem die staatsdepartement wat vir die bevordering van
                     nywerheidsontwikkeling verantwoordelik is.                                    (1)

          3.2.3      Beskryf kortliks die term belastingvrye aansporings.                          (2)

          3.2.4      Verduidelik die belangrikheid van korridors om streeksontwikkeling
                     te bevorder.                                                                  (2)

          3.2.5      Hoe kan Suid-Afrikaanse besighede voordeel trek uit die Nasionale
                     Navorsing- en Ontwikkelingstrategie (NNOS)?                (2 x 2)            (4)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 9

Ekonomie/V1                                                                  9                         DBE/November 2024
                                                                        NSS Vertroulik

 3.3      Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                                        SUID-AFRIKA SE ARBEIDSPRODUKTIWITEITSGROEI

              Persentasieverandering per kwartaal
                                                      KW1
                                                      2022

                                                                 KW2           KW3       KW4        KW1         KW2
                                                                 2022          2022      2022       2023        2023

                                                                                                  [Bron: www.ceicdata.com]

          3.3.1                                     Identifiseer die persentasieverandering in Suid-Afrika              se
                                                    arbeidsproduktiwiteit in die vierde kwartaal van 2022.                      (1)

          3.3.2                                     Noem EEN ander ekonomiese aanwyser wat met produktiwiteit
                                                    verband hou.                                                                (1)

          3.3.3                                     Beskryf kortliks die term ekonomiese aanwyser.                              (2)

          3.3.4                                     Waarom is toegang tot gesondheidsorgdienste belangrik vir die
                                                    arbeidsmag?                                                                 (2)

          3.3.5                                     Hoe kan 'n afname in arbeidsproduktiwiteit 'n impak op die ekonomie
                                                    hê?                                                           (2 x 2)       (4)

 3.4      Bespreek die voordele van invoervervanging vir die Suid-Afrikaanse ekonomie.
                                                                                (4 x 2)                                         (8)

 3.5      Ontleed die uitdagings waarvoor Suid-Afrika te staan                                                 kom om
          nywerheidsontwikkeling deur die verskillende beleide te bevorder.                                       (4 x 2)       (8)
                                                                                                                                [40]

Kopiereg voorbehou                                                                                         Blaai om asseblief

### Page 10

Ekonomie/V1                                  10                              DBE/November 2024
                                        NSS Vertroulik

 VRAAG 4: MAKRO-EKONOMIE EN EKONOMIESE STREWES
                                            40 PUNTE – 30 MINUTE

 4.1      Beantwoord die volgende vrae.

          4.1.1       Noem enige TWEE ekonomiese aanwysers wat met indiensneming
                      verband hou.                                         (2 x 1)                   (2)

          4.1.2       Hoe kan die owerheid die makro-ekonomiese doelwit van
                      ekonomiese gelykheid in Suid-Afrika bereik?    (1 x 2)                         (2)

 4.2      Bestudeer die tabel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                        SAKESIKLUSSE VAN SUID-AFRIKA VANAF 1999

                     Opswaai             Duur in              Afswaai                Duur in
                                         maande                                      maande

           Sept. 1999 tot Nov. 2007         99       Des. 2007 tot Aug. 2009           21

           Sept. 2009 tot Nov. 2013         51       Des. 2013 tot Apr. 2017           41

           Mei 2017 tot Jun. 2019           26       Jul. 2019 tot Apr. 2020           10

                                       [Aangepas uit SARB Kwartaallikse Bulletin, Desember 2023]

          4.2.1       Identifiseer die periode waarin Suid-Afrika die langste afswaai
                      ervaar het.                                                                    (1)

          4.2.2       Noem die draaipunt van 'n sakesiklus wat met die hoogste vlak van
                      inflasie geassosieer word.                                                     (1)

           4.2.3      Beskryf kortliks die term amplitude.                                           (2)

          4.2.4       Verduidelik die belangrikheid van          die    tendenslyn     by   die
                      vooruitskatting van sakesiklusse.                                              (2)

          4.2.5       Hoe kan 'n ekonomiese resessie huishoudings in die ekonomie
                      beïnvloed?                                            (2 x 2)                  (4)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 11

Ekonomie/V1                                 11                           DBE/November 2024
                                       NSS Vertroulik

 4.3      Bestudeer die spotprent hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                          INTERNASIONALE HANDELSBEPERKINGE

                                                          [Aangepas uit www.guyparsons.com]

          4.3.1      Identifiseer 'n handelsbeperking wat verwys na belasting wat op
                     ingevoerde goedere gehef word.                                              (1)

          4.3.2      Noem die internasionale organisasie wat die verwydering van
                     handelsbeperkings tussen lande bevorder.                                    (1)

          4.3.3      Beskryf kortliks die term embargo.                                          (2)

           4.3.4     Verduidelik die belangrikheid daarvan om suigeling-nywerhede teen
                     buitelandse mededinging te beskerm.                                         (2)

          4.3.5      Hoe kan die ekonomie voordeel trek uit spesialisering in die
                     produksie van 'n spesifieke produk?                   (2 x 2)               (4)

 4.4      Bespreek die sosiale aanwysers wat met voeding verband hou.               (4 x 2)      (8)

 4.5      Hoe kan 'n toename in inspuitings positief tot die Suid-Afrikaanse ekonomie
          bydra?                                                                (4 x 2)          (8)
                                                                                                 [40]

                                                                 TOTAAL AFDELING B:              80

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 12

Ekonomie/V1                                   12                             DBE/November 2024
                                         NSS Vertroulik

 AFDELING C

 Beantwoord enige EEN van die twee vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK.

 Jou antwoord sal soos volg geassesseer word:

                                                                                PUNTE-
                      STRUKTUUR VAN OPSTEL
                                                                              TOEKENNING
 Inleiding
 Die inleiding is 'n laerorde-antwoord.                                           Maks. 2
  'n Goeie begin is om die sleutelkonsep wat met die vraag verband hou,
     te definieer of te omskryf.
  MOENIE enige deel van die vraag by die inleiding insluit NIE.
  MOENIE enige deel van die inleiding by die liggaam herhaal NIE.
  MOENIE in die inleiding noem wat jy in die liggaam gaan bespreek NIE.
 Liggaam
 Hoofdeel: Bespreek in detail/Diepgaande bespreking/Ondersoek/                   Maks. 26
 Bespreek krities/Analiseer/Vergelyk/Evalueer/Onderskei/Differensieer/
 Verduidelik/Assesseer/Debatteer
 'n Maksimum van 8 punte kan vir opskrifte/voorbeelde toegeken word.
 Addisionele deel: Bespreek krities/Evalueer/Evalueer krities/Lei af/            Maks. 10
 Vergelyk/Onderskei/Stel voor/Interpreteer/Debatteer/Hoe
 'n Maksimum van 2 punte kan vir die blote noem van feite toegeken
 word.
 Slot
 Enige hoërorde-slot behoort die volgende in te sluit:                            Maks. 2
  'n Kort samevatting van wat alreeds bespreek is, sonder die herhaling
     van feite wat reeds genoem is
  Enige mening/opinie of waardeoordeel oor die feite wat bespreek is
  Addisionele ondersteuningsinligting wat die bespreking/analise versterk
  'n Teenstrydige sienswyse met motivering, indien gevra
  Aanbevelings
 TOTAAL                                                                             40

 VRAAG 5: MAKRO-EKONOMIE                                          40 PUNTE – 40 MINUTE

    Bespreek in detail die redes vir internasionale handel.                                     (26)

    Ontleed die impak van 'n swakker geldeenheid (rand) op die Suid-Afrikaanse
     ekonomie.                                                                                   (10)
                                                                                                 [40]

 VRAAG 6: EKONOMIESE STREWES                                      40 PUNTE – 40 MINUTE

    Bespreek in detail die vraagkantbenadering in die bevordering van ekonomiese groei
     en ontwikkeling in Suid-Afrika                                                              (26)

    Ontleed die belangrikheid vir die Suid-Afrikaanse ekonomie om klein besighede te
     bevorder.                                                                                   (10)
                                                                                                 [40]

                                                                   TOTAAL AFDELING C:            40
                                                                       GROOTTOTAAL:              150
Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [ECONOMICS P1 GR12 QP JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr12-qp-june-2024-afrikaans/c346a16c-1f30-4d4f-bcd0-fc46002d1c9d) — Economics · QP · 2024 · Afr
- [ECONOMICS P1 GR12 QP SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr12-qp-sept2024-afrikaans/8c1cb29b-6587-4828-ae16-d72e2952b976) — Economics · QP · 2024 · Afr
- [ECONOMICS P1 GR12 QP SEPT2024 English](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr12-qp-sept2024-english/7e9a5d10-8410-4b78-ab60-3d2ec8562641) — Economics · QP · 2024 · Eng
- [Economics P1 May-June 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-economics-2024-nsc-june-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/c2bfc0d8-b28a-4a2f-a315-4aef54130cc1) — Economics · QP · 2024 · Afr
- [ECONOMICS P1 GR12 MEMO SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr12-memo-sept-2024-afrikaans/4e5fd6f8-b056-49dd-befb-68b8106fad9c) — Economics · Memo · 2024 · Afr
- [ECONOMICS P1 GR12 MEMO SEPT 2024 English](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr12-memo-sept-2024-english/aacdfc1e-7b8b-44f0-9fa9-4d71d621503b) — Economics · Memo · 2024 · Eng

## More from Grade 12 Economics

- [Economics P2 Memo Afr watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-memo-afr-watermark/c9d66fa3-0b40-419d-a6f6-d862847d4e82) — Memo · 2025 · Afr
- [Economics P2 (English) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-english-june-2025-possible-answers/3df8bb66-2d0a-4b1b-89bf-509b303bfa3e) — Memo · 2025 · Eng
- [Economics P1 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-may-june-2025-mg-eng/f6c27985-fe67-48df-afba-d85bf5f76379) — Memo · 2025 · Eng
- [Economics P2 May-June 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-may-june-2025-mg-afr/4cc1190f-9c0a-43ea-98bc-3252875816a9) — Memo · 2025 · Afr
- [NW 12 ECONOMICS P2 QP ENG JUNE 2025](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-economics-2025-nw-june-exam-question-paper-paper-2-english/c80fc8cc-fc9d-44e9-a820-8736783a4556) — QP · 2025 · Eng
- [ECONOMICS QP.P1 GR 12 JUNE 2024 (Backup papers)](https://www.hlayiso.com/library/economics-qp-p1-gr-12-june-2024-backup-papers/cb8af277-aab9-4fba-8e76-5924dcaf1941) — QP · 2024

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
