# Economics Grade 12 P1 November 2024 NSC Memo (Afrikaans)

> Grade 12 Economics Paper 1 memorandum from the November 2024 NSC (Afrikaans), 21 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-nov-2024-mg-afr/e6919a3b-90ab-41b3-b19f-bb761ad55a0c
- Updated: 2026-10-29
- Subject: Economics
- Grade: Grade 12
- Document type: Memorandum
- Year: 2024
- Exam period: November 2024 NSC
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 21

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/economics) › [Economics Grade 12 P1 November 2024 NSC Memo (Afrikaans)](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-nov-2024-mg-afr/e6919a3b-90ab-41b3-b19f-bb761ad55a0c)

## About this document

Economics · Grade 12 · November 2024 NSC · 2024. Memorandum. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

NASIONALE
                              SENIOR SERTIFIKAAT

                                    GRAAD 12

                                    EKONOMIE V1

                                  NASIENRIGLYNE

                                  NOVEMBER 2024

PUNTE: 150

                     Hierdie nasienriglyne bestaan uit 21 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 2

Ekonomie/V1                                 2                         DBE/November 2024
                                    NSS – Nasienriglyne

 AFDELING A (VERPLIGTEND)

 VRAAG 1

 1.1       MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

           1.1.1     D - geld 
           1.1.2     C - leidende
           1.1.3     B - 3% 
           1.1.4     C - ruilvoet 
           1.1.5     A - beskerming 
           1.1.6     D - BBP per capita 
           1.1.7     A - goeie staatsbeheer
           1.1.8     B – lewensverwagting                                     (8 x 2)    (16)

 1.2       PASITEMS

           1.2.1     F-    bedrag vir die hulpbronne betaal wat gebruik word om
                           goedere en dienste te produseer
           1.2.2     G-    metode gebruik om korttermyn-skommelinge in die
                           tydreeksdata uit te stryk
           1.2.3     A-    'n drie-jaar-aaneelopende besteding- en inkomste-
                           vooruitskattings vir die owerheid
           1.2.4     B-    'n vorm van krediet wat deur die Internasionale Monetêre
                           Fonds aan lande toegestaan word wat betalingsbalans-
                           tekorte ervaar
           1.2.5     I-    vrywillige maatreëls geneem om nie met 'n sekere land
                           handel te dryf nie 
           1.2.6     C-    beoog om armoede uit te skakel en ongelykheid teen 2030 te
                           verminder
           1.2.7     E-    lok infrastruktuur en beleggings na afgeskeepte en
                           onderontwikkelde gebiede
           1.2.8     H-    die proses van die beweging van mense van plattelandse
                           gebiede na stede en dorpe                           (8 x 1)    (8)

 1.3       GEE DIE TERM

           1.3.1     Reële vloei 
           1.3.2     Phillips-kromme 
           1.3.3     Nasionalisering 
           1.3.4     Direkte subsidies 
           1.3.5     Arbeidsintensief 
           1.3.6     Verbruikersprysindeks                                     (6 x 1)    (6)

                                                              TOTAAL AFDELING A:           30

Copyright reserved                                                      Please turn over

### Page 3

Ekonomie/V1                                       3                             DBE/November 2024
                                          NSS – Nasienriglyne

 AFDELING B
 Beantwoord enige TWEE              van     die   drie   vrae   in   hierdie   afdeling   in   die
 ANTWOORDEBOEK.
 VRAAG 2: MAKRO-EKONOMIE                                              40 PUNTE – 30 MINUTE
 2.1      Beantwoord die volgende vrae.
          2.1.1      Noem enige TWEE metodes wat gebruik word om bruto
                     binnelandse produk (BBP) te bereken.
                     •   Produksie/BBP (P)/ Bruto toegevoegde waarde
                     •   Inkome/BBP(I) 
                     •   Besteding/BBP(B)                                                (2 x 1)      (2)
          2.1.2      Hoe kan mededinging totale aanbod in die ekonomie stimuleer?
                     •   Mededinging kan produksiedoeltreffendheid verbeter, wat daartoe
                         lei dat meer goedere en dienste in die ekonomie geproduseer
                         word.
                     •   Besighede kan meer innoverend word, nuwe produksietegnieke
                         met hoër produktiwiteit gebruik en die totale aanbod verhoog 
                     •   Meer besighede kan gestig word wat help om die totale uitset in die
                         ekonomie te verhoog 
                         (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)           (1 x 2)           (2)
 2.2      DATARESPONS
          2.2.1      Identifiseer EEN rede vir openbaresektor-mislukking in die
                     uittreksel hierbo.
                     Bestuursmislukking/ gebrek aan vaardighede                                       (1)
          2.2.2      Noem die vlak van die owerhede wat vir die voorsiening van
                     dienste soos vullisverwydering, verantwoordelik is.
                     Plaaslike owerhede/ Munisipaliteite / Plaaslike owerhede                         (1)
          2.2.3      Beskryf kortliks die term aanspreeklikheid.
                     Die plig van 'n individue of organisasie om hul besluite, optrede en
                     besteding te verduidelik en verantwoordelikheid vir hul gedrag te
                     aanvaar. 
                     (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                                 (2)
          2.2.4      Verduidelik die uitwerking van openbaresektor-mislukking op die
                     toekenning van hulpbronne.
                     • Hulpbronne sal nie optimaal toegewys word nie, wat daartoe lei dat
                       sommige waardevolle hulpbronne vermors word. 
                     • Toewysiging van fondse aan mislukte projekte en ondoeltreffende
                       staatsdepartemente      lei  tot   verkwistende   gebruik     van
                       belastingbetalers se geld. 
                       (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                               (2)

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 4

Ekonomie/V1                                      4                         DBE/November 2024
                                         NSS – Nasienriglyne

          2.2.5      Waarom is dit noodsaaklik vir die owerheid om belasting op
                     niemerietegoedere te hef?

                     •   Om niemerietegoedere duurder te maak om verbruikers te
                         ontmoedig om dit te koop.
                     •   Om die eksterne koste wat deur niemerietegoedere vir mense en
                         die omgewing veroorsaak word, te verhaal.
                     •   Om inkomste in te samel wat gebruik kan word om die verskaffing
                         van openbare goedere te finansier
                         (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)       (2 x 2)           (4)

 2.3      DATARESPONS

          2.3.1          Identifiseer die waarde van die marginale verbruiksgeneigdheid
                         (MVG) in die grafiek hierbo.

                         0,5                                                                      (1)

          2.3.2          Noem enige EEN deelnemer aan 'n tweesektor-ekonomie.

                         •   Huishoudings/Verbruikers
                         •   Besighede/Produsente/ Firmas                                         (1)

          2.3.3          Beskryf kortliks die term outonome verbruik.

                         Die vlak van verbruiksbesteding wat onafhanklik is van die vlak van
                         inkome. 
                         (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                         (2)

          2.3.4          Verduidelik    die     verhouding     tussen            marginale
                         spaargeneigdheid    (MSG)   en    die   waarde          van   die
                         vermenigvuldiger (K)?

                         •   Daar is 'n inverse of 'n negatiewe verwantskap tussen marginale
                             spaargeneigdheid (MSG) en die vermenigvuldiger. 
                         •   Hoe groter die MSG, hoe kleiner is die waarde van die
                             vermenigvuldiger /Hoe kleiner die MPS, hoe groter is die waarde
                             van die vermenigvuldiger 
                         •   (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                     (2)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 5

Ekonomie/V1                                   5                              DBE/November 2024
                                      NSS – Nasienriglyne

          2.3.5      Gebruik die inligting in die grafiek hierbo om die verandering in
                     nasionale inkome (ΔY) te bereken. Toon ALLE berekeninge.

                      Metode 1                              Metode 2
                      ∆Y = ∆J x K                           ∆Y = Y1 – Y
                        = (30 – 20) x (1/1-0,5)               = (30/0,5) – (20/0,5)
                        = 10x 2                              = 60– 40
                        = 20                                  = 20
                      Metode 3                              Metode 4
                      K = 1/1-mvg                           Y=E
                        = 1/1-0,5                           Y = 20 + 0.5Y
                        = 2                                Y - 0.5Y = 20
                                                            Y (1-0,5) = 20
                      K = ∆Y/∆J
                                                            0.5J = 20
                      2 = ∆Y/30-20
                                                            Y = 40
                      2 = ∆Y/10
                      ∆Y = 20                              Y=E
                                                            Y = 30 + 0.5Y
                                                            Y- 0.5J = 30
                                                            Y (1-0,5) = 30
                                                            0.5J = 30
                                                            Y1 = 60
                                                            Daarom: ∆Y = Y1 - Y
                                                                         = 60 – 40
                                                                         = 20                      (4)
 2.4      Bespreek die eksogene (monetaristiese) verduidelikings van sakesiklus.

          •   Monetariste het geglo dat markte inherent stabiel is.
          •   Enige fluktuasies in ekonomiese aktiwiteit word deur eksterne faktore
              veroorsaak.
          •   Die groeipad van die ekonomie word deur die aanbod van faktore van
              produksiefaktore bepaal. 
          •   Die markkragte van vraag en aanbod sal altyd die mark na ewewig
              terugbring wanneer wanbalanse ontstaan. 
          •   Monetariste stel voor dat die owerheid nie in markbedrwighede sal inmeng
              nie, want hul ingryping lei tot die afwyking van die potensiële groeipad.
          •   Strukturele veranderinge wat produksie, indiensneming, investering,
              owerheidsbesteding, belasting, invoere en uitvoere beïnvloed kan tot die
              uitbreiding van sakesiklusse lei. 
          •   Willekeurige sosio-ekonomiese skokke, soos skielike styging in
              brandstofpryse kan sake- en verbruikersvertroue beïnvloed. 
          •   Natuurlikerampe, soos droogtes en vloede kan landbou, bosbou en
              toerisme negatief beïnvloed, wat die vlak van ekonomiese aktiwiteite
              verminder. 
              (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)
              ('n Maksimum van 4 punte mag toegeken word vir blote lys van feite)
              ('n Maksimum van 2 punte kan toegeken word vir die blote lys van
              voorbeelde van eksogene faktore of 'n maksimum van 4 punte vir die
              verduideliking van die voorbeelde)                                     (4 x 2)        (8)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 6

Ekonomie/V1                                   6                           DBE/November 2024
                                      NSS – Nasienriglyne

 2.5      Hoe kan die makro-ekonomiese doelwit van prysstabiliteit die Suid-
          Afrikaanse ekonomie positief beïnvloed?

          •  Prysstabiliteit verseker dat pryse relatief stabiel bly wat verbruiksbesteding
             aanmoedig en ekonomiese groei stimuleer
          • Stabiele pryse bevorder werkskepping en verminder werkloosheidsyfer in
             die ekonomie deur meer buitelandse direkte beleggings.
          • Spaar kan aangemoedig word wat die beskikbaarheid van leenbare fondse
             vir private beleggings verseker.
          • Rentekoerse kan stabiel bly en besteding aan duursame goedere
             aanmoedig, soos om verbande te neem om huise te koop.
          • Prysstabiliteit handhaaf die koopkrag van geld, aangesien die werklike
             inkomste van huishoudings beter bewaar word.
          • Stabiele pryse help om die vraag na Suid-Afrikaanse uitvoere op
             wêreldmarkte te handhaaf en sodoende wisselkoersstabiliteit te
             verseker.
          • Uiterste skommelinge op sakesiklusse kan vermy word wat meer
             volhoubare ekonomiese groei bevorder. 
          • Prysstabiliteit help om inflasieverwagtinge laag te hou wat looneise deur
             werkers verminder en inywerheidsvrede handhaaf. 
          • Prysstabiliteit help verbruikers en besighede om te beplan en ingeligte
             besluite oor besparing, besteding en beleggings te neem.
          • Die kredietgradering van Suid-Afrika kan verbeter wat kan lei tot verhoogde
             beleggings in die land.
          (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)
           (Ken 'n maksimum van 2 punte vir blote lys van feite/ voorbeelde toe)
                                                                                     (4 x 2)      (8)
                                                                                                  [40]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 7

Ekonomie/V1                                 7                       DBE/November 2024
                                    NSS – Nasienriglyne

 VRAAG 3: EKONOMIESE STREWES                                40 PUNTE – 30 MINUTE
 3.1      Beantwoord die volgende vrae.
          3.1.1      Noem enige TWEE lande wat deel is van die Suider-Afrikaanse
                     Ontwikkelingsgemeenskappe (SAOG).

                     •   Angola
                     •   Botswana
                     •   Comore
                     •   Demokratiese Republiek van die Kongo
                     •   Eswatini / Swaziland
                     •   Lesotho
                     •   Madagaskar
                     •   Malawi
                     •   Mauritius
                     •   Mosambiek
                     •   Namibië
                     •   Seychelle
                     •   Suid-Afrika
                     •   Verenigde Republiek van Tanzanië
                     •   Zambië
                     •   Zimbabwe                                            (2 x 1)      (2)
          3.1.2      Hoe kan Breë-Basis Swart Ekonomiese Bemagtiging (BBSEB)
                     help om nywerheidsontwikkeling te bevorder?

                     •  ’n Toename in die aantal swart mense wat besighede besit kan
                        lei tot die uitbreiding van bestaande bedrywe.
                     • Vaardigheidsontwikkeling kan swart mense aanmoedig om nuwe
                        nywerhede te begin. 
                     • Voorkeurverkryging en ondernemingsontwikkeling kan die
                        vestiging van besighede in swart besit bevorder wat tot
                        uitbreiding van bedrywe kan lei. 
                     (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)       (1 x 2)       (2)
 3.2      DATARESPONS
          3.2.1      Identifiseer die nywerheidsontwikkelingstrategie wat ten doel
                     het om die mededingendheid van die vervaardigingsektor te
                     verbeter.

                     Geïntegreerde Vervaardigingstrategie (GVS)                           (1)
          3.2.2      Noem die staatsdepartement wat vir bevordering              van
                     nywerheidsontwikkeling veranwoordelik is.

                     Departement van Handel, Nywerheid en Mededinging (DHNM)              (1)

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 8

Ekonomie/V1                                 8                          DBE/November 2024
                                    NSS – Nasienriglyne

          3.2.3      Beskryf kortliks die term belastingvrye aansporings.
                     Inisiatiewe deur die owerheid geneem om plaaslike besighede toe
                     te laat om produksie-insette in te voer sonder om doeaneregte te
                     betaal. 
                     (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                         (2)
          3.2.4      Verduidelik   die    belangrikheid       van     korridors       om
                     streeksontwikkeling te bevorder.
                     •  Laat mynbou, landbou en vervaardigingsnywerhede toe om
                        toegang van een gebied na 'n ander te hê. 
                     • Bevorder doeltreffende verstedeliking deur die vestiging van
                        nuwe dorpe in minder ontwikkelde streke. 
                     • Korridors maak streke meer aantreklik vir beide plaaslike en
                        buitelandse beleggers, wat ekonomiese groei bevorder.
                     (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                         (2)

          3.2.5      Hoe kan Suid-Afrikaanse besighede voordeel trek uit die
                     Nasionale Navorsing- en Ontwikkelingstrategie (NNOS)?
                     • Bevorder innovasie wat besighede in staat stel om nuwe
                       projeksietegnieke te gebruik wat meer doeltreffend is en hul
                       gemiddelde produksiekoste minimaliseer. 
                     • Nuwe produktegnieke met hoër produktiwiteit mag besighede
                       help om meer uitsette te produseer en groter aanvraag van
                       kliënte te bevredig.
                     • Besighede kan beter gehalte kwaliteit produkte produseer en 'n
                       mededingende voordeel kry, veral op wêreldmarkte. 
                     • Laer produksiekoste en hoër uitset as gevolg van innovasie kan
                       die winsgewendheid van Suid-Afrikaanse besighede
                       verhoog.
                       (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)       (2 x 2)         (4)
 3.3      DATARESPONS
          3.3.1      Identifiseer die persentasieverandering in Suid-Afrika se
                     arbeidsproduktiwiteit in die vierde kwartaal van 2022.
                     -8%                                                                      (1)
          3.3.2      Noem EEN ander ekonomiese aanwyser wat met produktiwiteit
                     verband hou.
                     Vergoeding per werker
                     (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                         (1)
          3.3.3      Beskryf kortliks die term ekonomiese aanwyser.
                     Statistiese data wat gebruik word om die prestasie van die ekonomie
                     te meet. 
                     (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                         (2)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 9

Ekonomie/V1                                  9                           DBE/November 2024
                                     NSS – Nasienriglyne

           3.3.4     Waarom is toegang tot gesondheidsorgdienste belangrik vir die
                     arbeidsmag?

                     • Toegang tot gesondheidsorgdienste help om die geestelike en
                       fisiese vermoë van werkers te verbeter wat die produktiwiteit van
                       die arbeidsmag verhoog. 
                     • Toegang tot bekostigbare gesondheidsorg help om mediese
                       koste te verminder en die werkers se lewenskoste te beperk.
                     • Toegang tot goeie gesondheidsorg kan 'n gebied aantrekliker vir
                       potensiële werkers maak en die geskoolde arbeidsmag
                       behou.
                       (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                        (2)
          3.3.5      Hoe kan 'n afname in arbeidsproduktiwiteit ‘n impak op die
                     ekonomie hê?

                     •  'n Afname in arbeidsproduktiwiteit kan die gemiddelde koste van
                        produksie verhoog wat tot 'n toename in kostedrukinflasie kan
                        lei. 
                     • Produksie-uitset kan verminder wat ekonomiese groei kan
                        vertraag en werkloosheid verhoog. 
                     • Verlaging in produktiwiteit kan lei tot minder uitvoervolumes wat
                        tot betalingsbalanstekort lei.
                     • Werkers kan hul werk verloor wat tot 'n afname in die vraag na
                        goedere en dienste in die ekonomie lei
                     • Aangesien werkers hul werk verloor weens lae produktiwiteit,
                        kan werkloosheid in die ekonomie toeneem.
                     (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)            (2 x 2)       (4)

 3.4      Bespreek die voordele van invoervervanging vir die Suid-Afrikaanse
          ekonomie.

          •   Tariewe en kwotas moedig plaaslike indiensneming aan soos meer werkers
              werk ontvang in bedrywe wat voorheen ingevoerde goedere geproduseer
              het.
          •   Uitbreiding van binnelandse nywerhede om te voorsien in die vraag na
              goedere wat voorheen ingevoer is, kan ekonomiese ontwikkeling
              bevorder.
          •   Verminderde invoer het 'n positiewe uitwerking op die betalingsbalans
              aangesien dit die lopende rekening/handelstekort verminder.
          •   'n Wye verskeidenheid goedere word vervaardig wat die nywerheidsbasis
              uitbrei.
          •   Die verhoging in belastingbasis vir die staat sal tot meer belastinginkomste
              lei.
          •   Tariewe en kwotas is maklike en doeltreffende invoerbeheermaatreëls wat
              verseker dat binnelandse produksie nie in gedrang kom nie..
          •   Die land sal minder kwesbaar wees vir buitelandse optrede en toestande,
              soos prysstygings, omdat goedere plaaslik geproduseer word.
          •   Die beskikbare buitelandse valuta kan gebruik word om ander goedere en
              dienste in te voer en sodoende verbruikers se keuse te verhoog.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 10

Ekonomie/V1                                  10                            DBE/November 2024
                                      NSS – Nasienriglyne

          •   Dit bevorder diversifisering van die ekonomie deur 'n wyer reeks goedere
              en dienste plaaslik te produseer. 
          •   Verminder afhanklikheid van invoere, kan die betalingsbalans verbeter en
              dit kan tot 'n meer stabiele ekonomiese omgewing bydra. 
              (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)
              ('n Maksimum van 4 punte mag toegeken word vir blote lys van
              feite/voorbeelde)                                                  (4 x 2)           (8)

 3.5      Ontleed die uitdagings waarvoor Suid-Afrika te staan kom om
          nywerheidsontwikkeling deur die verskillende beleide te bevorder.

          •   Vaardigheidstekorte en wanverhoudings belemmer die groei van bedrywe
              wat gespesialiseerde kennis en kundigheid benodig, wat hul
              mededingendheid op 'n wêreldskaal beïnvloed. 
          •   Onvoldoende en onbetroubare infrastruktuur, insluitend vervoer, energie en
              watervoorsiening       lei      tot     verhoogde      produksiekoste       en
              voorsieningsonderbrekings wat die uitbreiding van bedrywe belemmer. 
          •   Lastige regulasies, burokrasie en onsekerheid ontmoedig belegging en
              beperk die vestiging van nuwe besighede
          •   Beperkte toegang tot kapitaal deur die Klein, Medium en Mikro -
              ondernemings (KMMO) vertraag die vermoë van besighede om in nuwe
              tegnologieë te belê, fasiliteite te opgradeer en doeltreffend mee te ding. 
          •   Fluktuasies in wêreldvraag, handelspanning, en ekonomiese afswaaie van
              sleutel handelsvennote beïnvloed uitvoergerigte bedrywe en die algehele
              ekonomiese stabiliteit negatief. 
          •   Energie beperkinge, insluitend beurtkrag en hoë energiekoste, wat
              nywerheidsbedrywighede ontwrig, wat tot verlaagde produktiwiteit en
              mededingingheid lei. 
          •   Arbeidsverwante uitdagings, soos nywerheidstakings, loongeskille en
              arbeidsmark-verstramminge beïnvloed nywerheidstabiliteit negatief. 
          •   Internasionale handelsbeperkinge (-versperringe) kan uitvoervolumes deur
              Suid-Afrikaanse bedrywe beperk wat die uitbreiding van bedrywe
              beperk.
               (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)
               ('n Maksimum van 2 punte mag toegeken word vir blote lys van
               feite/voorbeelde)                                                      (4 x 2)      (8)
                                                                                                   [40]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 11

Ekonomie/V1                                 11                            DBE/November 2024
                                     NSS – Nasienriglyne

 VRAAG 4: MAKRO-EKONOMIE EN EKONOMIESE STREWES
                                           40 PUNTE – 30 MINUTE

 4.1      Beantwoord die volgende vrae.

          4.1.1      Noem enige TWEE ekonomiese                  aanwysers       wat    met
                     indiensneming verband hou.

                     •   Ekonomiese aktiewe bevolking (EAB) / Ekonomiese bedrywige
                         bevolking (EBB)
                     •   Indiensnemingskoers
                     •   Werkloosheidskoers
                         (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)  (2 x 1)               (2)

          4.1.2      Hoe kan die owerheid die makro-ekonomiese doelwit van
                     ekonomiese gelykheid in Suid-Afrika bereik?

                     •  Die    owerheid    gebruik    ’n   progressiewe    persoonlike
                        inkomstebelastingstelsel waar hoër inkomsteverdieners hoër
                        belastingkoerse betaal om die inkomstegaping te verminder
                     • Die owerheid kan herverdelingsprogramme, soos maatskaplike
                        welsyn en werkloosheidsvoordele gebruik om inkomste te
                        herverdeel.
                     • Die owerheid kan regstellingsmetodes gebruik, soos BBSEB en
                        regstellende aksie om die inkomste-ongelykhede reg te stel.
                     (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)         (1 x 2)            (2)

 4.2      DATARESPONS

          4.2.1      Identifiseer die periode waarin Suid-Afrika die langste afswaai
                     ervaar het.

                     Desember 2013 tot April 2017                                                (1)

          4.2.2      Noem die draaipunt van 'n sakesiklus wat met die hoogste vlak
                     van inflasie geassosieer word.

                     Piek                                                                        (1)

           4.2.3     Beskryf kortliks die term amplitude.

                     Die vertikale verskil tussen 'n trog en die volgende piek of 'n piek en
                     die volgende trog van 'n sakesiklus. 
                     (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                            (2)

          4.2.4      Verduidelik die belangrikheid van die tendenslyn by die
                     vooruitskatting van sakesiklusse.

                     •   Tendenslyn toon die algemene rigting waarin die ekonomie op
                         pad is

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 12

Ekonomie/V1                                 12                         DBE/November 2024
                                     NSS – Nasienriglyne

                     •   'n Stygende tendenslyn dui aan dat die ekonomie geleidelik
                         groei /’n Dalende tendenslyn dui daarop dat die ekonomie
                         geleidelik inkrimp 
                         (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                    (2)

          4.2.5      Hoe kan 'n ekonomiese resessie huishoudings in die ekonomie
                     beïnvloed?

                     •  Gedurende 'n ekonomiese resessie verloor huishoudings hul
                        werk en ander bronne van inkomste. 
                     • Huishoudings kan gedwing word om alternatiewe maniere te
                        soek om inkomste vir oorlewing te genereer, soos informele
                        besighede.
                     • Huishoudings koop minder goedere en dienste as gevolg van
                        laer inkomstevlakke wat tot laer lewenstandaard lei.
                     • Huishoudings kan dalk goedere en dienste moet invoer weens
                        produktekorte op plaaslike markte. 
                     • Sommige huishoudings kan gedwing word om na ander lande te
                        migreer vir werkgeleenthede en beter lewensstandaard. 
                      (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)       (2 x 2)         (4)
 4.3      DATAREPONS

          4.3.1      Identifiseer 'n handelsbeperking wat verwys na belasting wat
                     op ingevoerde goedere gehef word.

                     Tariewe                                                                 (1)

          4.3.2      Noem die internasionale organisasie wat die verwydering van
                     handelsbeperking tussen lande bevorder.

                     Wêreldhandelsorganisasie (WHO)                                          (1)

          4.3.3      Beskryf kortliks die term embargo.

                     'n Verbod op die uitvoer of invoer van 'n produk en/of verbod op
                     handel met 'n bepaalde land. 
                     (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                        (2)

           4.3.4     Verduidelik die belangrikheid daarvan om suigeling-nywerhede
                     teen buitelandse mededinging te beskerm.

                     •   Beskerming stel nuutgestigte suigelingsnywerhede in staat om
                         hulself sodanig te vestig dat hulle voordeel kan trek uit
                         skaalvoordele en mededingend kan word. 
                     •   Beskerming      van      suigelingsnywerhede    help      om
                         werksgeleenthede plaaslik te skep en ekonomiese ontwikkeling
                         in opkomende sektore te stimuleer.
                     •   Beskerming van suigelingsnywerhede sal help om produksie in
                         nywerhede te diversifiseer.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 13

Ekonomie/V1                                 13                          DBE/November 2024
                                     NSS – Nasienriglyne

                     •  Die beskerming van suigelingsnywerhede kan 'n land help om
                        minder afhanklik van buitelandse goedere en dienste te word.
                     (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                          (2)

          4.3.5      Hoe kan die ekonomie voordeel trek uit spesialisering in die
                     produksie van 'n spesifieke produk?

                     •   Spesialisasie kan tot laer produksiekoste lei wat die winsgrens
                         vir die produsent kan verhoog
                     •   Verbruikers kan laer pryse vir goedere en dienste betaal wat tot
                         verbeterde lewensstandaard lei. 
                     •   Die ekonomie kan 'n absolute of vergelykende voordeel
                         ontwikkel, wat help om vermorsing van hulpbronne te
                         minimaliseer. 
                     •   Totale uitset kan toeneem as gevolg van hoër produktiwiteit
                         (massaproduksie), wat ekonomiese groei bevorder. 
                     •   Internasionale handel kan toeneem deur die kostevoordele. 
                          (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)       (2 x 2)       (4)

 4.4      Bespreek die sosiale aanwysers wat met voeding verband hou.

          a) Kinderwanvoeding 
          • Wanvoeding word op twee maniere uitgedruk- gewig per ouderdom
             (ondergewig) en lengte per ouderdom (dwerggroei). 
          • Die proporsie ondergewig kinders is die belangrikste aanwyser van
             wanvoeding. 
          • In Suid-Afrika is wanvoeding een van die hoofoorsake van kindersterftes en
             die aantal geaffekteerde kinders neem toe. 
          • Die     hoofoorsake      van     kinderwanvoeding     is    huishoudelike
             voedselonsekuriteit, onvoldoende sorg en ongesonde huishoudelike
             omgewing en 'n gebrek aan gesondheidsorgdienste. 

          b) Oorgewig kinders/Obesiteit/Vetsug
          • 'n Oorgewig kind is een wat meer weeg as dit met 'n indeks vergelyk word
             met 'n kind van dieselfde ouderdom, geslag en lengte.
          • Obesiteit van kinders word geassosieer met siektes soos diabetes en
             sielkundige versteuring. 
          • Siektes wat deur obesiteit veroorsaak kan ‘n direkte impak op die
             produktiwiteit van die individu hê en 'n enorme druk op openbare
             gesondheidsektor plaas. 
          • Suid-Afrika het 'n gekombineerde voorkoms van oorgewig en obesiteit by
             kinders wat hoër is as die wêreld-gemiddelde. 
             (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)
             ('n Maksimum van 4 punte mag toegeken word vir blote lys van
             feite/voorbeelde)                                                (4 x 2)           (8)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 14

Ekonomie/V1                                 14                          DBE/November 2024
                                     NSS – Nasienriglyne

 4.5      Hoe kan 'n toename in inspuitings positief tot die Suid-Afrikaanse
          ekonomie bydrae?

          •   'n Styging in inspuitings, in die vorm van owerheidsbesteding, investering
              en uitvoerverdienste, lei tot 'n proporsionele groter toename in nasionale
              inkome deur die vermenigvuldigerproses. 
          •   Toename in beleggings kan nuwe werksgeleenthede skep, wat help om
              werkloosheid in die ekonomie te verminder.
          •   Huishoudings se inkomstevlakke kan toeneem wat tot 'n hoër vraag na
              goedere en dienste lei. 
          •   Meer direkte investering kan produksie van goedere en dienste laat
              toeneem wat ekonomiese groei sal laat toeneem/stimuleer. 
          •   Die stigting van nuwe besighede kan help om die belastingbasis van die
              regering uit te brei, wat tot meer belastinginkomste sal lei.
          •   Toename in buitelandse beleggingkan kapitaalinvloei skep wat help om die
              waarde van plaaslike geldeenheid te verhoog. 
          •   Toename in uitvoerverdienste kan help om die betalingsbalansprobleme in
              die ekonomie te verminder. 
          •   Toename in uitvoere kan plaaslike produksie van goedere en dienste
              verhoog en sodoende ekonomiese groei stimuleer.
          •   Toename in owerheidsbesteding aan infrastruktuur help om meer direkte
              investering regoor die land te lok.
          •   Verhoging in welsynsuitgawes soos maatskaplike toelaes kan help om die
              lewenstandaard vir die mense te verbeter.
              (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)
              ('n Maksimum van 2 punte mag toegeken word vir blote lys van
              feite/voorbeelde)                                                   (4 x 2)       (8)
                                                                                                [40]

                                                                TOTAAL AFDELING B:              80

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 15

Ekonomie/V1                                  15                          DBE/November 2024
                                            NSS

 AFDELING C
 VRAAG 5: MAKRO-EKONOMIE                                        40 PUNTE – 40 MINUTE
 •   Bespreek in detail die redes vir internasionale handel.
 •   Ontleed die impak van 'n swakker geldeenheid (rand) op die Suid-Afrikaanse
     ekonomie.

 INLEIDING
 Internasionale handel verwys na die ruil van goedere en dienste tussen twee lande of
 meer. 
 (Aanvaar enige ander korrekte relevante inleiding)                      (Maks. 2)

 LIGGAAM: HOOFDEEL

 REDES VIR INTERNASIONALE HANDEL

 Vraagredes

 1. Grootte van die bevolking
 • As daar 'n toename in bevolkingsgroei is, veroorsaak dit 'n toename in vraag,
    aangesien meer mense se behoeftes bevredig moet word. 
 • Plaaslike verskaffers sal dalk nie aan hierdie vraag kan voldoen nie en verbruikers
    sal gedwing word om van ander lande af in te voer.

 2. Inkomstevlakke
 • Veranderinge in inkomste veroorsaak 'n verandering in die vraag na goedere en
    dienste.
 • ’n Toename in die per capita-inkomste van mense lei tot meer besteebare inkomste
    wat aan plaaslike goedere en dienste bestee kan word, waarvan sommige dan dalk
    ingevoer sal moet word 
 • Plaaslike aanbod kan onvoldoende wees om die vraag te bevredig en daardeur 'n
    vraag na invoere te skep. 

 3. Veranderinge in welvaart van die bevolking
 • 'n Toename in die welvaart van die bevolking lei tot 'n groter vraag na goedere. 
 • Mense het toegang tot lenings en kan meer aan luukse goedere bestee, waarvan
    baie in ander lande vervaardig word.
 • In gevalle waar luukse goedere en dienste nie plaaslik vervaardig kan word nie, sal
    mense dit van ander lande moet invoer. 

 4. Voorkeure en smake
 • Voorkeure en smake speel 'n rol in die bepaling van pryse. 
 • Klante in Australië het 'n voorkeur vir 'n spesifieke produk wat hulle nie produseer nie
    en moet invoer, en dit sal 'n hoër waarde hê as in ander lande. 
 • Mense se smaak en voorkeure ontwikkel en word dikwels deur sosiale media en
    globalisering beïnvloed. 
 • Veranderinge in voorkeure skep markte vir goedere en dienste wat nie altyd plaaslik
    vervaardig word nie. 

Kopiereg voorbehou

### Page 16

Ekonomie/V1                                 16                          DBE/November 2024
                                     NSS – Nasienriglyne

 5. Die verskil in verbruikerspatrone
 • Die verskil in verbruikerspatrone word bepaal deur die vlak van ekonomiese
    ontwikkeling in die land. 
 • In lande waar die vlakke van besteebare inkomste hoog is, is die vraag na luukse
    goedere hoog, wat 'n groter mark vir invoere skep. 
 • 'n Swak ontwikkelde land sal 'n hoë vraag na basiese goedere en dienste hê, maar
    'n laer vraag na luukse goedere.
 Aanbodredes
 1. Natuurlike hulpbronne
 • Natuurlike hulpbronne is nie eweredig oor alle lande van die wêreld versprei nie.
 • Dit verskil van land tot land en kan slegs ontgin word op plekke waar hierdie
    hulpbronne bestaan. 
 • Suid-Afrika het groot afsettings van goud terwyl Nigerië ru-olie het. 
 • Die beskikbaarheid van natuurlike hulpbronne skep 'n platform vir spesialisasie en 'n
    geleentheid om waardevolle uitvoerinkomste te verdien. 
 2. Klimaatstoestande
 • Elke land het unieke klimaatstoestande wat dit toelaat om spesifieke gewasse te
    verbou. 
 • Spesialisasie word in produksie bevorder wat lande bemagtig om teen laer koste per
    eenheid te produseer. 
 • Klimaatstoestande maak dit vir sommige lande moontlik om sekere goedere teen
    laer pryse as ander lande te produseer. 
 • Brasilië is die grootste produsent van koffie in die wêreld omdat sy klimaatstoestande
    gunstig is vir produksie.van koffie.
 3. Arbeidshulpbronne (menslike hulpbronne) 
 • Arbeidsbronne verskil in kwaliteit, hoeveelheid en koste tussen lande. 
 • Sommige lande het hoogs geskoolde, goed-betaalde werkers met hoë
    produktiwiteitsvlakke soos Switserland.
 • Sommige lande het groter of kleiner arbeidsmag, waar minimumlone hoër kan wees
    terwyl ander geen regulasies met betrekking tot vergoeding het nie. 
 • Sommige lande het gespesialiseerde arbeidsmag in die produksie van sekere
    goedere en dienste. 
 • Duitsland het die mees geskoolde arbeidsmag in die vervaardiging van BMW, VW
    Mercedes Benz-motors, wat hul die kapasiteit gee om na ander lande uit te voer.
 4. Tegnologie
 • Tegnologiese hulpbronne is in sommige lande beskikbaar, wat hulle in staat stel om
    sekere goedere en dienste teen 'n lae eenheidskoste te produseer. 
 • Sommige lande het toegang tot gevorderde tegnologiese hulpbronne soos
    masjinerie en toerusting. 
 • Japan en Singapoer word as tegnologies gevorderd beskou wat hulle 'n
    mededingende voordeel op die wêreldmarkte gee. 
 5. Spesialisasie
 • Spesialisasie in die produksie van 'sekere goedere en dienste stel sommige lande in
    staat om dit teen 'n laer koste as ander te produseer (vergelykend voordeel).
 • Japan spesialiseer in die vervaardiging van elektroniese goedere en verkoop dit teen
    laer pryse. 
 • Spesialisering verseker dat meganisasie, arbeidsverdeling en skaalvoordele wat met
    massaproduksie geassosieer word, bereik word. 

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 17

Ekonomie/V1                                17                         DBE/November 2024
                                    NSS – Nasienriglyne

 •   Lande verdien dus internasionale reputasie deur in die vervaardiging van sekere
     produkte te spesialiseer. 

 6. Kapitaal
 • Kapitaal stel ontwikkelde lande in staat om 'n voordeel bo onderontwikkelde lande te
    geniet. 
 • Ontwikkelde lande is gewoonlik hoog geïndustrialiseerd en het goed ontwikkelde
    infrastruktuur wat hoër vlakke van produktiwiteit bevorder. 
 • Weens 'n gebrek aan kapitaal kan sommige lande nie al die goedere wat hulle
    benodig self produseer nie. 
    (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                     (Maks.26)
     (Ken 'n maksimum van 8 punte vir opskrifte/ sub-hofies/voorbeelde toe)

 ADDISIONELE DEEL

 'n Swakker geldeenheid (rand) kan die Suid-Afrikaanse ekonomie positief soos
 volg beïnvloed::
 • Invoere sal relatief duurder word wat invoere kan ontmoedig en die vraag na
    plaaslike produkte kan verhoog.. 
 • Die vraag na Suid-Afrikaanse uitvoere soos onedelmetale en mineraal produkte sal
    toeneem namate dit relatief goedkoper word. 
 • Toerisme-aktiwiteite sal toeneem namate meer toeriste die land besoek weens die
    swakker rand 
 • Betalingsbalanstekorte sal verminder namate minder goedere ingevoer word terwyl
    meer goedere uitgevoer word. 

 'n Swakker geldeenheid (rand) kan die Suid-Afrikaanse ekonomie negatief soos
 volg beïnvloed:
 • Die Invoer van produksieinsette soos ruolie, landbouchemikalieë en motoronderdele
    sal duurder raak wat kostedrukinflasie sal aanvuur. 
 • Hoër koste van die ingevoerde produksie-insette kan binnelandse produksie verlaag
    wat ekonomiese groei sal vertraag.. 
 • Buitelandse beleggers kan hul beleggings in die ekonomie onttrek omdat 'n swakker
    rand die opbrengs op hul beleggings verlaag.
 • Invoerbetalings sal toeneem wat welsyn kan verminder aangesien meer hulpbronne
    gebruik word om meer uitvoere te produseer om hoër koste van invoere te
    finansier.
 • Uitvoerverdienste sal afneem, wat tot 'n afname in handelsbalans tot gevolg het, .
     (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                     (Maks 10)
     (Ken 'n maksimum van 2 punte vir blote lys van feite/ voorbeelde toe)

 SLOT
 Suid-Afrika behoort as 'n ontwikkelende land internasionale handel aanmoedig om hoër
 ekonomiese groei te behaal. 
 (Aanvaar enige ander relevante hoër-orde slot)                             (Maks. 2)         [40]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 18

Ekonomie/V1                                 18                          DBE/November 2024
                                     NSS – Nasienriglyne

 VRAAG 6: EKONOMIESE STREWES                                   40 PUNTE – 40 MINUTE

 •   Bespreek in detail die vraagkantbenadering in die bevordering van
     ekonomiese groei en ontwikkeling in Suid-Afrika.
 •   Ontleed die belangrikheid vir die Suid-Afrikaanse ekonomie om klein
     besighede te bevorder.

 INLEIDING
 Die vraagkantbenadering behels diskresionêre veranderinge in monetêre en fiskale
 beleide met die doel om die vlak van totale vraag, en daarom uitsette, te verander. 
 (Aanvaar enige ander korrekte relevante inleiding)                          (Maks. 2)

 LIGGAAM: HOOFDEEL
 DIE SUID-AFRIKAANSE VRAAGKANTBENADERING
 • Die Suid-Afrikaanse owerheid gebruik beide monetêre en fiskale beleide vir
    stabiliseringsdoeleindes. 
 • Dit gebruik monetêre beleide, deur die SARB, hoofsaaklik om pryse te stabiliseer
    tydens die lang opswaaie van die sakesiklusse 
 • Die owerheid gebruik fiskale beleid om sosiale ontwikkeling en ekonomiese groei na
    te kom. 

 Monetêre beleid
 • Die SARB, as die sentrale bank, is verantwoordelik vir die formulering van Suid-Afrika
   se monetêre beleid en is grootliks verantwoordelik vir die implementering van hierdie
   beleid.
 • Sy primêre doel, soos omskryf in die Grondwet, is om die waarde van die
   geldeenheid te beskerm deur pryse te stabiliseer in terme van inflasieteikens.

 Dit gebruik hoofsaaklik die volgende monetêre beleidsinstrumente:

 1. Rentekoersveranderinge
 • In Suid-Afrika word rentekoerse gebruik om kredietskepping te beïnvloed deur
    krediet duurder of goedkoper te maak
 • Om ekonomiese groei te stimuleer, kan die SARB rentekoerse verlaag om lenings
    goedkoper te maak wat verbruikersbesteding en produksie sal aanmoedig. 
 • Rentekoerse word gebruik om wisselkoerse te stabiliseer deur kapitaalinvloei of
    uitvloei aan te moedig ten einde 'n tekort of 'n surplus op die lopende tekening van
    die betalingsbalans reg te stel. 

 2. Opemarktransaksies
 • Om bankkrediet te beperk, kan die SARB sekuriteite op opemark verkoop wat
    daartoe lei dat geld vanaf die banke na die SARB vloei en nie krediet kan verleen
    nie.
 • Om kredietskepping aan te moedig, koop die SARB sekuriteite op opemark wat
    daartoe lei dat geld in die bankstelsel invloei en gebruik word om krediet te
    verleen.

 3. Morele oorreding
 • Die SARB konsulteer met banke en oorreed hulle om op 'n wyse wat in terme van
    heersende ekonomiese omstandighede gewens is, op te tree. 

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 19

Ekonomie/V1                                 19                          DBE/November 2024
                                     NSS – Nasienriglyne

 •   Die oorreding word dikwels aan transaksies van die SARB in die geldmark gekoppel
     byvoorbeeld deur papier soos wissels en effekte te koop en te verkoop. 
 •   Indien banke byvoorbeeld te vrygewig is om krediet te verleen, kan die SARB hulle
     versoek om strenger te wees. 
 •   Om kredietverlening aan te moedig, kan die SARB handelsbanke oorreed om meer
     toegeeflik te wees wanneer hulle krediet aan hul kliënte toestaan.
 4. Kontantreserwesvereiste
 • Om bankkrediet te beperk, kan die SARB die kontantreserwevereiste verhoog wat
    kredietverlening deur banke verminder.
 • Om kredietskepping aan te moedig, verminder die SARB die kontantreserwevereiste
    sodat banke meer krediet aan die publiek kan verleen.
 • Toegang tot meer krediet sal verbruikersbesteding en beleggings verhoog wat
    ekonomiese groei sal stimuleer.

 Fiskale beleid
 • Suid-Afrika se fiskale beleid word in die praktyk deur middel van die begrotingsproses
    toegepas. 
 • Die hoofdoel van fiskale beleid in Suid-Afrika is om makro-ekonomiese groei en
    indiensneming te stimuleer en om 'n gewenste herverdeling van inkomste
    (ekonomiese regverdigheid) te verseker. 
 • Die doelwitte vir prysstabiliteit en wisselkoersstabiliteit word grotendeels aan
    monetêre beleid oorgelaat.
 • Die owerheid stel sy besteding en belasting saam op 'n manier wat sy kanse om sy
    makro-ekonomiese doelwitte te bereik, verhoog.
 In Suid-Afrika sluit fiskale beleid die volgende elemente in':
 1. Progressiewe persoonlike inkomstebelasting
 • Hoër inkomsteverdieners word teen hoër koerse as laer inkomsteverdieners
    belas.
 • Die belasting word gebruik om maatskaplike (sosiale) ontwikkeling te finansier. 
 • Belastinginkomste sal die armes bevoordeel deur maatskaplike toelaes soos
    pensioene. 
 2. Rykdombelasting
 • Eiendomme soos huise, kantore en fabrieksgeboue in stedelike gebiede word
    jaarliks belas (Eiendomsbelasting) 
 • Oordragkoste (hereregte) word betaal wanneer eiendomme gekoop word. 
 • Sekuriteite (aandele en effekte) word belas wanneer hulle verhandel word. 
 • Kapitaalwinsbelasting (KWB) word op winste verdien met die verkoop van
    kapitaalgoedere gehef, soos eiendomme en aandele.
 • Boedelbelasting word gehef op die boedel van oorlede persone bo die waarde van
    3,5 miljoen. 
 • Belasting word gebruik om ontwikkelingsbesteding te finansier wat die armes meer
    bevoordeel as diegene wat nie arm is nie.
 3. Kontantvoordele
 • Die regering voorsien sosiale sekerheidsbetalings soos ouderdomspensioene,
    ongeskiktheidstoelaes,      kinderondersteuningstoelaes,          pleegkindtoelae,
    werkloosheidsversekering en die toelae vir maatskaplike noodverligting (SRD). 
Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 20

Ekonomie/V1                               20                         DBE/November 2024
                                   NSS – Nasienriglyne

 4. Voordeel in natura/Natuurlike voordele/In natura-voordele
 • In natura voordele sluit die voorsiening van gesondheidsorg, onderwys en
    skoolmaaltye, beskerming, munisipale dienste en infrastruktuur in. 
 • Waar gebruikersfooi gehef word, word arm mense en mense met lae inkomstes meer
    as ander bevoordeel omdat hulle of niks betaal nie of minder as hoër inkomstes
    verdieners betaal. 
 • Byvoorbeeld, gratis basiese elektrisiteit (FBE) van 50kWh per huishouding per
    maand en gratis basiese water (FBW) van 6 kl. (6 000 liters) water per maand per
    huishouding word verskaf. 
 5. Ander herverdelingsmetode 
 • Sommige makro-ekonomiese beleide het voordele wat arm en lae-inkomste-
    verdieners bevoordeel. 
 • Openbare werke-programme, verskaf indiensneming en strategiese geïntegreerde
    projekte (SIPs) verskaf werkskeppingsubsidies en 'n aantal ander kontant en
    finansiële voordele aan KMMO's. 
 • Voorheen benadeelde persone kry eerste voorkeur om die wanbalans van die
    verlede reg te stel. 

 6. Grondrestitusie en grondherverdeling 
 • Die doel van grondrestitusie is om grond terug te besorg (of om in kontant te
    vergoed) aan diegene wat hul grond as gevolg van diskriminerende wette van die
    verlede verloor het. 
 • Grondherverdeling fokus op grond vir residensiële (stede) en produktiewe (plase)
    gebruik. 
 • Die doel is om 30% van die land se landbougrond aan voorheen benadeelde
    persone te herverdeel..
 • Die fondse vir grondrestitusie en grondherverdelingsprogramme word in die
    hoofbegroting voorsien. 

 7. Eiendomsubsidies. 
 • Subsidies help begunstigdes om eienaarskap van vaste residensiële eiendom te
    bekom. 
 • Die owerheid se behuisingsubsidieskema bied befondsingsopsies aan alle
    kwalifiserende persone wat 'n bepaalde reeks maandelikse inkomste verdien.
 • 'n Behuisingsubsidie is nie 'n kontantuitbetaling nie, maar dit word direk aan die
    finansiële instelling wat die huisverband verskaf of aan die verkoper betaal.
 • Die subsidie hang af van 'n persoon se inkomste maar hoe laer die inkomste hoe
    groter die subsidie. 
 • Die behuisingsubsidieskema word uit die hoofbegroting gefinansier. 
    (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                       (Maks.26)
     (Ken 'n maksimum van 8 punte vir opskrifte/ subopskrifte/voorbeelde toe)

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 21

Ekonomie/V1                                 21                         DBE/November 2024
                                           NSS

 ADDISIONELE DEEL

 •   Klein besighede kan help om werkgeleenthede te skep vir diegene wat struktureel
     werkloos in die ekonomie is en daardeur die werkloosheidskoers verlaag. 
 •   Klein besighede kan met groter besighede meeding wat ekonomiese
     doeltreffendheid verbeter en innovasie bevorder. 
 •   Uitsette wat deur klein besighede geproduseer dra tot die BBP van die land by en
     stimuleer sodoende ekonomiese groei.
 •   Klein besighede kan 'n bron van inkomste vir die huishoudings skep wat help om
     armoede in Suid-Afrika te verlig. 
 •   Die vestiging van klein besighede kan die belastingbasis uitbrei wat
     belastinginkomste vir die owerheid verhoog. 
 •   Uitsette wat deur klein besighede geproduseer word kan tot 'n toename in uitvoere
     bydra wat help om die betalingsbalans (BB) probleme te verminder. 
 •   Bevordering van klein besighede kan help om vaardigheidsontwikkeling onder die
     Suid-Afrikaanse bevolking aan te moedig. 
 •   Die bevolkingspersentasie wat van maatskaplike toelaes afhanklik is, kan afneem
     en daardeur die welsynsbesteding van die owerheid verminder. 
 •   Belastinginkomste wat van kleinsakeondernemings ingevorder word, kan die
     finansiële vermoë van die regering verhoog om infrastruktuur te ontwikkel.
      (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                     (Maks 10)
      (Ken 'n maksimum van 2 punte vir blote lys van feite/ voorbeelde toe)

 SLOT
 Die owerheid moet vraagkantbeleide met aanbodkantbeleide aanvul om hoër
 ekonomiese groei te bereik. 
 (Aanvaar enige ander relevante hoër-orde slot)                  (Maks. 2)                 [40]

                                                               TOTAAL AFDELING C:          40
                                                                   GROOTTOTAAL:            150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [ECONOMICS P1 GR12 QP JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr12-qp-june-2024-afrikaans/c346a16c-1f30-4d4f-bcd0-fc46002d1c9d) — Economics · QP · 2024 · Afr
- [ECONOMICS P1 GR12 QP SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr12-qp-sept2024-afrikaans/8c1cb29b-6587-4828-ae16-d72e2952b976) — Economics · QP · 2024 · Afr
- [ECONOMICS P1 GR12 QP SEPT2024 English](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr12-qp-sept2024-english/7e9a5d10-8410-4b78-ab60-3d2ec8562641) — Economics · QP · 2024 · Eng
- [Economics P1 May-June 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-economics-2024-nsc-june-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/c2bfc0d8-b28a-4a2f-a315-4aef54130cc1) — Economics · QP · 2024 · Afr
- [Gr 12 Economics P2 (Afrikaans) 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-economics-p2-afrikaans-2024-possible-answers/d54cb2c3-c826-4990-8f30-6eaeb86b12e4) — Economics · Memo · 2024 · Afr
- [ECONOMICS P1 GR12 MEMO SEPT 2023 English](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr12-memo-sept-2023-english/2f2dfcd4-99d6-4ca1-b941-aa653985e502) — Economics · Memo · 2023 · Eng

## More from Grade 12 Economics

- [ECONOMICS P2 GR12 QP JCT 2025 AFR D watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-gr12-qp-jct-2025-afr-d-watermark/3dba3588-624d-493b-bc60-00d7e2783cae) — QP · 2025 · Afr
- [Economics Grade 12 NSC P1 QP September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-12-nsc-p1-qp-september-2025-free-state/4def59dd-ebf4-4191-89e7-2b6d4609d6cc) — QP · 2025
- [Economics Grade 12 NSC P1 QP September 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-12-nsc-p1-qp-september-2025-mpumalanga/5449d7a4-548e-416d-91b4-1da462710798) — QP · 2025
- [Economics Grade 12 NSC P2 QP September 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-12-nsc-p2-qp-september-2025-mpumalanga/efbb0e99-1236-496b-bc64-5b31b3784493) — QP · 2025
- [Economics P1 May-June 2025 Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-may-june-2025-afr/e9c77643-7f83-42e3-b28d-cf84e96050ca) — QP · 2025 · Afr
- [Economics P2 May-June 2025 Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-may-june-2025-afr/4c93e067-5237-46b7-ab21-5c2cea219788) — QP · 2025 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
