# Economics Grade 11 P1 Eastern Cape November 2015 QP (Afr)

> Grade 11 Economics Paper 1 question paper from the Eastern Cape November 2015 (Afrikaans), 13 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-qp-afr-gr11-nov-2015/b13d22b1-3255-4a8c-b6bb-e447efad1ccc
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Economics
- Grade: Grade 11
- Document type: Question paper
- Year: 2015
- Exam period: Eastern Cape November
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 13

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/economics) › [Economics Grade 11 P1 Eastern Cape November 2015 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-qp-afr-gr11-nov-2015/b13d22b1-3255-4a8c-b6bb-e447efad1ccc)

## About this document

Economics · Grade 11 · Eastern Cape November · 2015. Question paper, 13 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                      NASIONALE
                  SENIOR SERTIFIKAAT

                       GRAAD 11

                   NOVEMBER 2015

                      EKONOMIE V1

PUNTE:   150

TYD:     2 uur

                            *IECONA1*

                 Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                     EKONOMIE V1                           (EC/NOVEMBER 2015)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.    Beantwoord VIER vrae as volg:

      AFDELING A: VERPLIGTEND.
      AFDELING B: Beantwoord enige TWEE vrae in die ANTWOORDEBOEK.
      AFDELING C: Beantwoord enige EEN vraag in die ANTWOORDEBOEK.

2.    Skryf die vraagnommer boaan elke vraag.

3.    Nommer die vrae korrek volgens die nommeringstelsel wat in die vraestel
      gebruik word.

4.    Lees die vrae sorgvuldig en begin elke vraag op ŉ NUWE bladsy.

5.    Laat 2–3 reëls oop tussen onderafdelings van vrae.

6.    Beantwoord vrae in volsinne en maak seker dat die uitleg en inhoud van jou
      antwoorde aan die kognitiewe vlakke van die vrae voldoen.

7.    Skryf netjies en leesbaar.

8.    Slegs die vereiste aantal vrae sal nagesien word in die volgorde waarin dit in
      die ANTWOORDEBOEK verskyn.

9.    Jy mag ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

10.   Gebruik swart of blou pen.

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2015)                        EKONOMIE V1                                      3

AFDELING A (VERPLIGTEND)

VRAAG 1

1.1   Verskeie moontlike opsies word as antwoorde tot die volgende vrae gegee.
      Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A, B of C) langs die
      ooreenstemmende vraagnommer (1.1.1–1.1.8) in die ANTWOORDEBOEK
      neer, byvoorbeeld 1.1.9. C.

      1.1.1    ’n Persoon wie die produksiefaktore in ’n doeltreffende manier
               saamvoeg.

               A      Verbruikers
               B      Staatsamptenare
               C      Entrepreneur

      1.1.2    Om basiese prys na markpryse om te skakel, moet belastings op
               produkte ... word.

               A      afgetrek
               B      bygetel
               C      vermenigvuldig

      1.1.3    In ŉ sentraal beplande ekonomie word alle probleme deur ... opgelos.

               A      privaat individue
               B      die regering
               C      produsente

      1.1.4    Eskom wek elektrisiteit in Suid-Afrika op, deur hoofsaaklik van ...
               gebruik te maak.

               A      water
               B      wind
               C      steenkool

      1.1.5    Word gehef op winste gerealiseer met die verkoop van
               kapitaalgoedere, byvoorbeeld eiendomme en aandele.

               A      Oordragkoste
               B      Kapitaalwinsbelasting
               C      Rykdom-belastings

      1.1.6    ŉ Toename in die produksie van goedere en dienste in ŉ land oor ŉ
               tydperk van ŉ jaar.

               A      Ekonomiese ontwikkeling
               B      Ekonomiese groei
               C      Investering

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                     EKONOMIE V1                          (EC/NOVEMBER 2015)

      1.1.7   Mense wat minder werk as wat hulle kan, is ... in diens geneem.

              A       onder
              B       meer
              C       semi

      1.1.8   ‘Fiat geld’ ...

              A       het intrinsieke waarde.
              B       is Kruger Rande.
              C       het waarde slegs omdat dit algemeen as ŉ ruilmiddel aanvaar
                      word.                                                  (8 x 2)       (16)

1.2   Kies ŉ beskrywing uit KOLOM B wat by ŉ begrip in KOLOM A pas. Skryf slegs
      die korrekte letter (A–I) langs die ooreenstemmende vraagnommer (1.2.1–
      1.2.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.2.9 I.

               KOLOM A                                     KOLOM B
      1.2.1   Ekonomiese huur          A    gebeur wanneer die waarde van
                                            alle uitsette van al die ondernemings in
                                            die ekonomie net bymekaargetel word

      1.2.2   Dubbeltelling            B    gee die beste moontlike uitkoms met ŉ
                                            gegewe stel omstandighede

      1.2.3   Optimum mengsel          C    finansiële bystand wat nie terugbetaal
                                            moet word nie

      1.2.4   Gemeenskaps-             D    die bedrag geld wat ŉ natuurlike hulpbron
              dienste                       verdien bo en behalwe sy oordrag
                                            verdienste

      1.2.5   Produktiwiteit           E    sluit beskerming, sanitasie en water in

      1.2.6   Gini-koëffisiënt         F    ŉ statistiese maatstaf wat gebruik word
                                            om die ongelykheid van inkome verdeling
                                            uit te druk

      1.2.7   Kontantreserwes          G    die waarde van bankbates wat gehou
                                            word in die vorm van kontant om die dag-
                                            tot-dag onttrekkings deur kliënte asook
                                            finansiële verpligtinge na te kom

      1.2.8   Toelae                   H    verhouding tussen reële uitset en inset

                                       I    die verspreiding van rykdom tussen
                                            lande van die wêreld
                                                                              (8 x 1)       (8)

Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2015)                     EKONOMIE V1                                       5

1.3   Gee EEN ekonomiese begrip vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs
      die begrip langs die ooreenstemmende vraagnommer (1.3.1–1.3.6) in die
      ANTWOORDEBOEK neer.

      1.3.1    Die bedrag wat ŉ werker elke dag, elke week of aan die einde van ŉ
               maand ontvang

      1.3.2    Goedere wat verbruik of vernietig word wanneer dit gebruik word

      1.3.3    ŉ Regering se verkoop van meer as 50% van sy aandele in sy
               ondernemings of ander soort diens-ondernemings, aan die
               privaatsektor

      1.3.4    Dui op ŉ toename in die lewensstandaard van die totale bevolking

      1.3.5    Word uitgereik deur verbruikersorganisasies en kleinhandelaars, en dit
               verskaf toegang tot krediet aan verbruikers

      1.3.6    Wanneer ŉ land se totale invoere meer as sy uitvoere is         (6 x 1)   (6)

                                                              TOTAAL AFDELING A:         30

Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
 6                                     EKONOMIE V1                           (EC/NOVEMBER 2015)

AFDELING B

Beantwoord enige TWEE vrae uit hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK.

VRAAG 2: MAKRO-EKONOMIE                                        40 PUNTE – 20 MINUTE

2.1   2.1.1   Noem enige TWEE vorme van gemeenskap deelname in plaaslike
              ekonomiese beplanning en aktiwiteite.                      (2 x 1)                   (2)

      2.1.2   Verduidelik die begrip Bruto Binnelandse Produk (BBP).                 (1 x 2)       (2)

2.2   Bestudeer die onderstaande tabel en beantwoord die vrae wat volg.
      Sleutel arbeidsmarkveranderlikes 2001 tot 2013 (Maart van elke jaar)

                          2001      2003     2005      2007     2009       2011        2013
      Werkende           27 265    28 327   29 319    30 208   30 987     32 314      33 240
      bevolking se
      ouderdom
      (15–64)
      Nie-ekonomies      10 690    11 819   12 823    12763    13 166     14 832      15 017
      aktief
      Arbeidsmag         16 575    16 509   16 497    17 444   17 820     17 482      18 222
      Indiens            12 494    11 666   12 503    13 326   13 636     13 118      13 621
      Werkloos            4 081     4 843    3 993     4 119    4 184      4 364       4 601
      Werkloosheids-      26,6      29,3      24,2      23,6    23,5         ?         25,2
      koers
      Opname-koers        45,8      41,2     42,6      44,1     44,0        40,6        41,0
      Arbeidsmag          60,8      58,3     56,3      57,7     57,5        54,1        54,8
      deelname
                                                                  [Bron: Statistiek Suid-Afrika]

      2.2.1   Verduidelik die begrip Nie-ekonomies aktief.                                         (2)

      2.2.2   Bereken die werkloosheidskoers vir 2011.                                             (2)

      2.2.3   Watter tendens neem jy waar by die ‘werkende bevolking se ouderdom’,
              volgens die tabel?                                                                   (2)

      2.2.4   Noem enige TWEE faktore wat die kwaliteit van ŉ arbeidsmag bepaal.                   (4)

 Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2015)                      EKONOMIE V1                                       7

2.3   DATA RESPONS

      Bestudeer die onderstaande spotprent en beantwoord die vrae wat volg.

      2.3.1    Verduidelik die begrip ‘vryemark ekonomie’.                                 (2)

      2.3.2    Wat is die boodskap wat die spotprent oordra?                               (2)

      2.3.3    Wat motiveer verbruikers en produsente in ŉ suiwer markekonomie?            (2)

      2.3.4    Noem enige TWEE voordele van ŉ vryemark ekonomie.                           (4)

2.4   Verduidelik kapitaal- (intermediêre) goedere en dienste.                 (4 x 2)     (8)

2.5   Bespreek kortliks die doeltreffendheid in die lewering van sosiale dienste in
      Suid-Afrika.                                                             (2 x 4)     (8)
                                                                                          [40]

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                     EKONOMIE V1                         (EC/NOVEMBER 2015)

VRAAG 3: EKONOMIESE STREWES                             40 PUNTE – 20 MINUTE

3.1   Beantwoord die volgende vrae.

      3.1.1   Noem enige TWEE faktore wat inkomstevlakke beïnvloed.          (2 x 1)      (2)

      3.1.2   Waarom meng die regering in die ekonomie in?                   (1 x 2)      (2)

3.2   DATA RESPONS

      Bestudeer die onderstaande uittreksel en beantwoord die vrae wat volg.

                                         SAOG

      SAOG se visie is een van ŉ gemeenskaplike toekoms, ŉ toekoms midde-in ŉ
      streeksgemeenskap wat ekonomiese welstand sal verseker, lewensstandaard
      en lewenskwaliteit sal verbeter, en vryheid en sosiale regverdigheid, vrede en
      sekuriteit vir die mense van Suider-Afrika sal bied. Hierdie gedeelde visie is
      geanker in die gemeenskaplike waardes en beginsels en die historiese en
      kulturele ooreenkomste wat tussen die mense van Suider-Afrika bestaan.

                                                                  [Bron: www. Sadc.int]

      3.2.1   Noem enige TWEE lande wat deel van die SAOG vorm.                           (2)

      3.2.2   Waarvoor staan die afkorting SAOG?                                          (2)

      3.2.3   Noem enige EEN doelwit van die visie van die SAOG volgens die
              uittreksel.                                                                 (2)

      3.2.4   Noem enige TWEE vorme van ekonomiese integrasie en koöperasie.              (4)

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2015)                      EKONOMIE V1                                       9

3.3   Bestudeer die onderstaande spotprent en beantwoord die vrae wat volg.

      3.3.1    Wat is bankmislukking?                                                     (2)

      3.3.2    Hoe hanteer die Suid-Afrikaanse Reserwebank bankmislukking?                (2)

      3.3.3    Waarom dink jy is die ou man in die spotprent ŉ slagoffer van bank-
               mislukking?                                                                (2)

      3.3.4    Noem enige TWEE redes vir bankmislukkings.                    (2 x 2)      (4)

3.4   Bespreek kortliks die doelwitte van die monetêre beleid.               (4 x 2)      (8)

3.5   Ontleed lae lewensstandaarde en lae vlakke van produktiwiteit as kenmerke
      van ontwikkelende lande.                                            (2 x 4)         (8)
                                                                                         [40]

Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                                    EKONOMIE V1                              (EC/NOVEMBER 2015)

VRAAG 4: MAKRO-EKONOMIE EN EKONOMIESE STREWES
                                           40 PUNTE – 20 MINUTE

4.1   Beantwoord die volgende vrae.

      4.1.1   Noem enige TWEE soorte mobiele telefone wat in gebruik is.             (2 x 1)       (2)

      4.1.2   Verduidelik die begrip ekonomies gemarginaliseerde groep.              (1 x 2)       (2)

4.2   DATA RESPONS

      Bestudeer die onderstaande tabel en beantwoord die vrae wat volg.

      Reële finale verbruiksbesteding deur huishoudings

      Kategorie               2012                             2013
                                       ste        de
                              Jaar    1     Kw   2     Kw     3de Kw      4de Kw        Jaar
      Duursame goedere        11,1        5,9        12,5       9,4         6,9          7,9
      Semi-duursame            6,2        7,6        8,5        7,1         3,1          6,7
      goedere
      Nie-duursame            2,7         2,4        2,7        0,5         0,2          2,2
      goedere
      Dienste                 1,7         0,1        -2.1       0,1         1,7          0,3
      Totaal                  3,5         2,4        2,5        2,1         2,0          2,6
                                                       [Bron: Kwartaallikse Bulletin Maart 2014]

      4.2.1   Definieer finale verbruiksbesteding deur huishoudings.                               (2)

      4.2.2   Identifiseer die kategorieë waarop huishoudings meeste van hulle
              inkome in 2012 en 2013 gespandeer het.                          (2 x 1)              (2)

      4.2.3   Gee jou eie mening oor die persentasie van verbruiksbesteding in die 4de
              kwartaal, in vergelyking met die vorige kwartale.                                    (2)

      4.2.4   Verduidelik nie-duursame goedere en gee voorbeelde.                    (2 x 2)       (4)

4.3   DATA RESPONS
      Bestudeer die onderstaande uittreksel en beantwoord die vrae wat volg.

                      SUID-AFRIKA – ‘TWEE-DERDES VERSTEDELIK’

      Twee-derdes van Suid-Afrika se bevolking bly nou in stedelike gebiede, volgens
      die mees onlangse opnames in die land, wat deur die Suid-Afrikaanse Instituut
      vir Rasseverhoudinge in Johannesburg vrygestel is. “Die aantal mense wat in
      stedelike gebied woon het van 52% in 1990 tot 62% in 2011, toegeneem” het die
      Instituut in ŉ verklaring bevestig. Die aantal mense wat in plattelandse gebiede
      woon, het van 48% tot 38% oor dieselfde periode gedaal. Dit word verwag dat
      Afrika se koers van verstedeliking dié van Asië teen 2030 sal oortref. Suid-Afrika
      se bevolking het gegroei teen 15,5%, of byna 7 miljoen mense, in ŉ kwessie van
      10 jaar, om ŉ totaal van 51,7 miljoen in 2011 te bereik, volgens die land se
      nuutste nasionale sensus.
                                                                  [Bron: www southafrica. info]

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2015)                       EKONOMIE V1                                      11

      4.3.1    Definieer die begrip verstedeliking.                                        (2)

      4.3.2    Wat is die redes waarom mense na stedelike gebiede verhuis?
               Noem enige TWEE redes.                                                      (4)

      4.3.3    Wat toon die vlak van verstedeliking in ŉ land aan?                         (2)

      4.3.4    Noem enige EEN probleem wat verstedeliking in stede skep.                   (2)

4.4   Verduidelik kortliks enige TWEE faktore wat die wins van ŉ entrepreneur
      beïnvloed.                                                            (2 x 4)        (8)

4.5   Bespreek die doelwitte van NEPAD.                                         (4 x 2)     (8)
                                                                                          [40]

                                                              TOTAAL AFDELING B:           80

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
 12                                    EKONOMIE V1                          (EC/NOVEMBER 2015)

AFDELING C

Beantwoord slegs EEN van die twee vrae uit hierdie afdeling in die
ANTWOORDEBOEK.

STRUKTUUR VAN DIE OPSTEL                                      PUNTETOEKENNING
Inleiding                                                          Maks. 2
Inhoud
Hoofgedeelte: Bespreek in detail/In diepte bespreking/
                                                                     Maks. 26
Ondersoek/Bespreek krities/Ontleed/Vergelyk/ Evalueer
/Onderskei/Verduidelik/Assesseer/Debatteer
Addisionele gedeelte: Gee eie mening/Bespreek
krities/Evalueer/Evalueer krities/Teken ŉ grafiek en
verduidelik/ Gebruik gegewe grafiek en verduidelik/ Voltooi          Maks. 10
die gegewe grafiek/Bereken/Lei af/Vergelyk/
Verduidelik/Onderskei/Interpreteer/Debatteer kortliks
Slot                                                                 Maks. 2
TOTAAL                                                                 40

VRAAG 5: MAKRO-EKONOMIE                                  40 PUNTE – 35 MINUTE

5.1   Ekonome verdeel die ekonomie in drie sektore: primêre, sekondêre en
      tersiêre sektor. Die rol wat elke sektor speel, verander soos wat die ekonomie
      meer ontwikkel.

         Bespreek die ekonomiese belangrikheid van die primêre sektor in die
          ekonomie.
         Krities evalueer, die programme wat die regstelling van die grondkwessie
          in Suid-Afrika aanspreek.                                                        [40]

VRAAG 6: EKONOMIESE STREWES                               40 PUNTE – 35 MINUTE

6.1   Een van die makro-ekonomiese doelwitte van die regering is om ekonomiese
      regverdigheid in die land te verseker. Dit beteken dat die regering maatreëls
      moet instel wat die inkome gaping tussen ryk en arm verklein.

         Bespreek en evalueer die metodes wat deur die regering gebruik word om
          inkome en rykdom te herverdeel.
         Verduidelik kortliks die redes vir die ongelyke verdeling van inkome.            [40]

                                                              TOTAAL AFDELING C:            40
                                                                  GROOTTOTAAL:             150

 Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com

## Related documents

- [ECONOMICS P1 QP ENG GR11 NOV 2015](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-qp-eng-gr11-nov-2015/684febc9-bef9-4583-a90a-17343f308555) — Economics · QP · 2015 · Eng
- [ECONOMICS P1 MEMO AFR GR11 NOV 2015](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-memo-afr-gr11-nov-2015/52916bf4-5dff-4b0e-870a-c4b381b04e45) — Economics · Memo · 2015 · Afr
- [Gr11 Econ P2 N15 QP Eng](https://www.hlayiso.com/library/gr11-econ-p2-n15-qp-eng/7eff44b0-d238-4c58-8bd2-d5e8edb60783) — Economics · QP · 2015 · Eng
- [Gr11 ECN P1 (Afrikaans) November 2015 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr11-ecn-p1-afrikaans-november-2015-question-paper/f6948d1b-63be-42ee-882c-e1e4bb7610e8) — Economics · QP · 2015 · Afr
- [ECONOMICS P1 GR11 QP NOV2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr11-qp-nov2022-afrikaans/85de04f2-15fa-4ce8-97fd-be60699aec16) — Economics · QP · 2022 · Afr
- [ECONOMICS P1 GR11 QP NOV2022 English](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr11-qp-nov2022-english/c1cbd622-91f6-4204-b317-76345aeeb445) — Economics · QP · 2022 · Eng

## More from Grade 11 Economics

- [ECONOMICS P1 GR11 QP NOVEMBER 2025 MARKING GUIDELINE watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr11-qp-november-2025-marking-guideline-watermark/50dfb8cd-5e5c-4978-9147-e5988b4d7b5e) — Memo · 2025
- [LP CS Economics Grade 11 March 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-cs-economics-grade-11-march-2025-qp-and-memo/5d9f6601-bdd5-43eb-9f96-7f2865b253de) — QP + Memo · 2025
- [ECONOMICS GRADE 11 P2 MG NOV 2024 afrikaans moderated final(1) watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-11-p2-mg-nov-2024-afrikaans-moderated-final-1-watermark/ee79320c-cb8c-4616-b967-4427ee8c8b49) — Memo · 2024 · Afr
- [Gr 11 Economics P1 (Afrikaans) June 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-economics-p1-afrikaans-june-2024-possible-answers/e44eaa49-7ef0-4d3f-b2fa-223500dfa0c9) — Memo · 2024 · Afr
- [MP Economics Grade 11 June 2024 P2 and Memo](https://www.hlayiso.com/library/mp-economics-grade-11-june-2024-p2-and-memo/0bc69926-9b81-4107-b5e0-8db54cea1ff1) — Memo · 2024
- [ECONOMICS P1 GR11 MEMO NOV 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr11-memo-nov-2023-afrikaans/4d5c41a6-5016-4a68-972e-613a8b5daecc) — Memo · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
