# Economics Grade 10 P1 National Exemplar 2020 QP (Afr)

> Grade 10 Economics Paper 1 question paper from the National Exemplar Exam 2020 (Afrikaans), 13 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-qp-gr10-nov2020-afrikaans/ad403250-941c-4b67-95c4-2d96fb1f9fb9
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Economics
- Grade: Grade 10
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2020
- Exam period: National Exemplar Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 13

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 10](https://www.hlayiso.com/library/grade-10) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-10/economics) › [Economics Grade 10 P1 National Exemplar 2020 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-qp-gr10-nov2020-afrikaans/ad403250-941c-4b67-95c4-2d96fb1f9fb9)

## About this document

Economics · Grade 10 · National Exemplar Exam · 2020 · Afrikaans. Question paper, 13 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

NASIONALE
                  SENIOR SERTIFIKAAT

                         GRAAD 10

                   NOVEMBER 2020

                      EKONOMIE V1
                     (EKSEMPLAAR)

PUNTE:   150

TYD:     2 uur

                 Hierdie vraestel bestaan uit 13 bladsye.

### Page 2

2                                   EKONOMIE V1                        (EC/NOVEMBER 2020)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.     Beantwoord VIER vrae soos volg in die ANTWOORDEBOEK.

       •   AFDELING A: VERPLIGTEND
       •   AFDELING B: Beantwoord TWEE van die drie vrae.
       •   AFDELING C: Beantwoord EEN van die twee vrae.

2.     Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
       vraestel gebruik word.

3.     Skryf die vraagnommer boaan elke antwoord neer.

4.     Lees die vrae aandagtig deur en begin ELKE vraag op ’n NUWE bladsy.

5.     Laat 2−3 reëls oop tussen onderafdelings van vrae.

6.     Beantwoord vrae in volsinne en maak seker dat die uitleg, inhoud en konteks
       van jou antwoorde aan die kognitiewe vlakke van die vrae voldoen.

7.     Beantwoord slegs die vereiste aantal vrae. Addisionele antwoorde sal NIE
       nagesien word NIE.

8.     Gebruik slegs swart of blou ink.

9.     Nieprogrammeerbare sakrekenaars mag gebruik word.

10.    Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 3

(EC/NOVEMBER 2020)                        EKONOMIE V1                                     3

 AFDELING A (VERPLIGTEND)                                30 PUNTE – 20 MINUTE

 VRAAG 1

 1.1    Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
        Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
        (1.1.1–1.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.9 D.

        1.1.1    Goedere wat om hulle eie onthalwe gebruik word, want dit
                 bevredig direk ons behoeftes.

                 A     Dienste
                 B     Verbruiksgoedere
                 C     Kapitaalgoedere
                 D     Intermediêre goedere

        1.1.2    Die ontginning van grondstowwe uit die natuur.

                 A     Primêre sektor
                 B     Sekondêre sektor
                 C     Tersiêre sektor
                 D     Buitelandse sektor

        1.1.3    Waar elke werker slegs ŉ klein gedeelte van die produksie-
                 aktiwiteit verrig, word dit … genoem.

                 A     arbeidsverdeling
                 B     uitkontraktering
                 C     geskoolde arbeid
                 D     spesialisasie

        1.1.4    Die persentasie toename of afname in terme van die werklike
                 bedrag, nadat inflasie ingesluit is.

                 A     Gewone syfers
                 B     Nominale syfers
                 C     Reële syfers
                 D     Aangepaste syfers

        1.1.5    Mense het nie ŉ keuse gehad oor watter voedsel om te verbruik
                 nie; hulle moes eet wat hulle ook al kon vind.

                 A     Tradisionele stelsel
                 B     Manoralisme
                 C     Feodalisme
                 D     Merkantilisme

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 4

4                                EKONOMIE V1                            (EC/NOVEMBER 2020)

       1.1.6    ŉ Persoon in die ekonomies-aktiewe ouderdomsgroep wat
                gewillig is om te werk en werk soek, maar nie werk kan kry nie.

                A    Indiensname
                B    Onder-indiensname
                C    Volle werkverskaffing
                D    Werkloos

       1.1.7    Die surplus van mense wat die land binnekom, word … genoem.

                A    netto emigrasie
                B    netto immigrasie
                C    vrywillige migrasie
                D    nie-vrywillige migrasie

       1.1.8    Maatreëls wat druk toepas op ŉ nasie om weg te doen met
                onaanvaarbare beleide.

                A    Handelsembargo
                B    Tariewe
                C    Sanksies
                D    Kwotas                                             (8 x 2)    (16)

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 5

(EC/NOVEMBER 2020)                        EKONOMIE V1                                         5

1.2    Kies ŉ beskrywing uit KOLOM B wat by ŉ begrip in KOLOM A pas. Skryf
       slegs die korrekte letter (A−I) langs die vraagnommers (1.2.1−1.2.8) in die
       ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.2.8 J.

                 KOLOM A                                 KOLOM B
       1.2.1    Ekonomiese            A    sistematiese benadering om gewone
                probleem                   patrone te ontbloot, deur na werklike
                                           gebeure in die verlede te kyk

       1.2.2    Monetaristiese        B    wanneer mense van plek tot plek beweeg
                benadering                 vir voedsel, water en weiding

       1.2.3    Wetenskaplike         C    vryemarkekonomie is inherent onstabiel
                metode

       1.2.4    Sakesiklus            D    mense het onbeperkte behoeftes, maar
                                           slegs skaars hulpbronne is beskikbaar

       1.2.5    Nomadies              E    die verskil tussen geldwaarde van invoere
                                           en uitvoere

       1.2.6    Handelsbalans         F    vryemarkekonomie is inherent stabiel

       1.2.7    Ekonomiese beleid     G    die herhalende en fluktuerende vlakke van
                                           ekonomiese aktiwiteit oor ŉ lang periode
                                           van tyd

       1.2.8    Khoisan               H    eerste inheemse mense in Suid-Afrika

                                      I    regeringsoptrede om ekonomiese
                                           aktiwiteite te beïnvloed
                                                                               (8 x 1)     (8)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 6

6                               EKONOMIE V1                               (EC/NOVEMBER 2020)

1.3    Identifiseer die konsep wat in elk van die volgende stellings beskryf word.
       Skryf slegs die term langs die vraagnommers (1.3.1–1.3.6) in die
       ANTWOORDEBOEK neer.

       1.3.1   ŉ Studie oor hoe individue, besighede en ander organisasies
               keuses maak oor hoe om goedere en dienste te produseer met
               skaars hulpbronne

       1.3.2   ŉ Stelling wat ŉ subjektiewe waardeoordeel behels

       1.3.3   Die beweging van goedere en dienste en produksiefaktore is onder
               meer deelnemers aan die ekonomie

       1.3.4   Die wêreldwye integrasie van markte en produksie

       1.3.5   ŉ Organisasie van werkers wat saamspan om gemeenskaplike
               doelwitte te bereik, soos beter diensvoorwaardes

       1.3.6   ŉ Ekonomiese markstelsel waar alle besluitneming oor produksie
               en verbruik deur individuele persone gemaak word          (6 x 1)        (6)

                                                         TOTAAL AFDELING A:             30

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 7

(EC/NOVEMBER 2020)                      EKONOMIE V1                                             7

AFDELING B

Beantwoord enige TWEE          van    die   drie   vrae   in   hierdie   afdeling   in   die
ANTWOORDEBOEK.

VRAAG 2: MAKRO-EKONOMIE                                         40 PUNTE – 30 MINUTE

2.1    Beantwoord die volgende vrae.

       2.1.1    Noem TWEE vertakkings van ekonomie.                                 (2 x 1)    (2)

       2.1.2    Hoekom gebruik ekonome wiskundige finansies?                        (1 x 2)    (2)

2.2    Bestudeer die tabel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

       BRUTO TOEGEVOEGDE WAARDE                           2019 (miljoene rande)
                    (BTW)
               Primêre sektor                                    456 939
              Sekondêre sektor                                   106 067
               Tersiêre sektor                                   350 882
         BTW TEEN BASIESE PRYSE                                VRAAG 2.2.5
            Belasting op produkte                                  575
            Subsidie op produkte                                   150
          BBP TEEN MARKPRYSE                                     914 313

       2.2.1    Identifiseer die metode wat in bostaande tabel gebruik is.                     (1)

       2.2.2    Gee EEN voorbeeld van belasting op produkte.                                   (1)

       2.2.3    Verduidelik kortliks die begrip Bruto Binnelandse Produk (BBP).                (2)

       2.2.4    Hoekom word subsidies afgetrek wanneer die BBP bereken word?                   (2)

       2.2.5    Bereken die Bruto Toegevoegde Waarde teen basiese pryse. Toon
                ALLE berekeninge.                                                              (4)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 8

8                                EKONOMIE V1                                 (EC/NOVEMBER 2020)

2.3    Bestudeer die prent hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

       Jou dag bestaan uit miljoene keuses; jou keuse wanneer om te studeer,
       of wanneer om TV te kyk. Die probleem is dat jy ŉ hulpbron slegs vir een
       doel kan aanwend.

       2.3.1   Watter ekonomiese probleem word in bostaande prent aangedui?               (1)

       2.3.2   Identifiseer die rasionele keuse uit bostaande prent.                      (1)

       2.3.3   Beskryf kortliks die begrip keuse.                                         (2)

       2.3.4   Hoe verseker jy dat jy ŉ goeie keuse maak?                                 (2)

       2.3.5   Hoekom móét mense ŉ keuse maak?                                            (4)

2.4    Verduidelik kortliks die verskil tussen ekonomiese en vrye goedere.                (8)

2.5    Hoekom is die gebruik van modelle nodig in ekonomie?                              (8)
                                                                                        [40]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 9

(EC/NOVEMBER 2020)                      EKONOMIE V1                                          9

VRAAG 3: EKONOMIESE STREWES                                  40 PUNTE – 30 MINUTE

3.1   Beantwoord die volgende vrae.

      3.1.1    Noem TWEE maniere wat die Gildes gebruik het om surplusse te
               produseer vir handelsdoeleindes.                            (2 x 1)          (2)

      3.1.2    Watter rol het die ontwikkeling van dorpe en stede gespeel in die vroeë
               ekonomiese ontwikkeling?                                        (1 x 2)      (2)

3.2   Bestudeer die spotprent hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                          Nou, luister vir my … Jy het tonne hooi,
                          maar benodig melk, nè? Ek, aan die ander
                           kant, het melk, maar benodig hooi …

      3.2.1    Watter soort handel word in die bostaande spotprent voorgestel?              (1)

      3.2.2    Hoe het mense hierdie soort handel aangewend?                                (1)

      3.2.3    Verduidelik die inmenging van die regering in handel.                        (2)

      3.2.4    Wat het die ekonomie daartoe gelei om geld te gebruik?                       (2)

      3.2.5    Hoekom behoort die nasie aangemoedig te word om te spaar?                    (4)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 10

10                               EKONOMIE V1                                     (EC/NOVEMBER 2020)

3.3    Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                    VERSTEDELIKING

       Suid-Afrika verstedelik vinnig waar 63% Suid-Afrikaners reeds in stedelike
       gebiede woon en die statistiek sal tot 71% teen 2030 toeneem. Teen 2015,
       sal 8 uit 10 mense in stedelike gebiede woon en dit sal die vraag na basiese
       infrastruktuurvereistes laat toeneem. Die uitdagings van verstedeliking is
       heelwat.

                                                             [Aangepas uit http//pmg.org.za]

       3.3.1   Noem EEN rede vir die styging van Suid-Afrikaners in stedelike
               gebiede.                                                                           (1)

       3.3.2   Watter persentasie Suid-Afrikaners woon nie in stedelike gebiede
               nie?                                                                               (1)

       3.3.3   Beskryf kortliks die begrip verstedeliking.                                        (2)

       3.3.4   Wat is waarskynlik die uitdagings van verstedeliking?                              (2)

       3.3.5   Hoe doeltreffend is die gebruik van tegnologie in die ekonomie?                    (4)

3.4    Verduidelik kortliks die evolusie van beperkte aanspreeklike maatskappye.
                                                                            (4 x 2)               (8)

3.5    Hoe is inheemse mense negatief deur kolonialisme en imperialisme
       beïnvloed?                                                       (4 x 2)                  (8)
                                                                                                [40]

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 11

(EC/NOVEMBER 2020)                       EKONOMIE V1                                        11

VRAAG 4: MAKRO-EKONOMIE EN EKONOMIESE STREWES
                                           40 PUNTE – 30 MINUTE

4.1   Beantwoord die volgende vrae.

      4.1.1    Noem enige TWEE maniere waarop die San-mense geleef het.         (2 x 1)     (2)

      4.1.2    Hoekom word ekonomie as ŉ sosiale wetenskap beskou?               (1 x 2)    (2)

4.2   Bestudeer die prent hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

      4.2.1    Noem enige EEN beroepskeuse wanneer jy Ekonomie neem.                        (1)

      4.2.2    Watter wetenskap kan met Ekonomie gekombineer word?                          (1)

      4.2.3    Beskryf kortliks die begrip loopbaan.                                        (2)

      4.2.4    Wat sou die effek daarvan wees om nie ŉ loopbaan te hê nie?                  (2)

      4.2.4    Hoekom behoort mense hulle belangstellings en vaardighede te oorweeg
               wanneer hulle ŉ loopbaan kies?                                               (4)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 12

12                               EKONOMIE V1                                   (EC/NOVEMBER 2020)

4.3    Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                               DIE INNOVASIE-SPILPUNT

       Suid-Afrika het die mees hoogsontwikkelde telekommunikasienetwerk in
       Afrika. Dit is 99% digitaal en sluit koordlose en satellietkommunikasie in.
       Suid-Afrika is ook in ŉ uitstekende posisie om sy IKT-produkte en dienste uit
       te voer na die mark in die res van Afrika, waar die vraag daarna vinnig groei
       soos wat ekonomiese toestande verbeter.

                                           [Aangepas en vertaal uit Fast Track Economics]

       4.3.1     Noem enige EEN kommunikasiestelsel wat in Suid-Afrika gebruik
                 word.                                                                       (1)

       4.3.2     Wat is die hoofdoel van die Innovasie-spilpunt?                             (1)

       4.3.3     Verduidelik kortliks die begrip kommunikasie.                               (2)

       4.3.4     Verduidelik waarom ŉ kommunikasiestelsel belangrik is in die
                 ekonomie.                                                                   (2)

       4.3.5     Watter uitwerking sal mobiele en koordlose kommunikasie op ons
                 lewens hê?                                                                  (4)

4.4    Onderskei tussen ekonomiese groei en ekonomiese ontwikkeling.             (4 x 2)     (8)

4.5    Evalueer die negatiewe uitwerking van produksie op die omgewing.          (4 x 2)     (8)
                                                                                            [40]

                                                             TOTAAL AFDELING B:               80

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 13

(EC/NOVEMBER 2020)                     EKONOMIE V1                                              13

AFDELING C
Beantwoord EEN van         die   volgende   twee   vrae    in   hierdie     afdeling     in   die
ANTWOORDEBOEK.

                                                                               PUNTE-
                     STRUKTUUR VAN DIE OPSTEL
                                                                             TOEKENNING
Inleiding
• ŉ Goeie beginpunt sal wees om ŉ begrip te definieer wat in
   die vraag verskyn.
• Sluit ander sinne in om die onderwerp te ondersteun.                           Maks. 2
• Moenie enige gedeelte van die vraag in jou inleiding insluit nie.
• Moenie enige gedeelte van die inleiding in jou inhoud herhaal nie.
• Vermy om in die inleiding te sê wat in die inhoud bespreek gaan
   word.
Inhoud
Hoofgedeelte: Bespreek in besonderhede/Diepgaande bespreking /                  Maks. 26
Ondersoek/Bespreek krities/Ontleed (Analiseer)/Vergelyk/Evalueer/
Onderskei/Verduidelik/Assesseer/Debatteer.

Addisionele gedeelte: Gee eie mening/Bespreek krities/Evalueer/                 Maks. 10
Evalueer krities/Teken ŉ grafiek en verduidelik/Gebruik die gegewe
grafiek en verduidelik/Voltooi die gegewe grafiek/Bereken/Lei af/
Vergelyk/Verduidelik/Onderskei/Interpreteer/Debatteer kortliks
Slot
• Die slot is ŉ kort opsomming van die bespreking van die onderwerp
   in die inhoud en moet beskou word as ŉ hoërorde antwoord.
• Die slot kan in die vorm van ŉ eie opinie wees, voorbeelde om jou              Maks. 2
   bespreking te staaf of ŉ teenoorgestelde sienswyse van dit wat
   bespreek is.
• Geen aspek uit die inleiding of die inhoud mag weer in die slot
   voorkom nie.
                                                              TOTAAL                40

VRAAG 5: MAKRO-EKONOMIE                                40 PUNTE – 40 MINUTE
•   Bespreek in detail die ekonomiese aanwysers wat in vooruitskatting gebruik
    word.                                                            (26 punte)

•   Hoekom sal ŉ resessie ekonomies-kwesbare mense negatief beïnvloed?
                                                                           (10 punte)         [40]

VRAAG 6: EKONOMIESE STREWES                          40 PUNTE – 40 MINUTE
•   Bespreek in detail die VYF fases van die demografiese siklus.
    (Maksimum van 6 punte per fase)                                       (26 punte)
•   Watter impak sal die verspreiding van COVID-19 op die arbeidsmag van ŉ
    land hê volgens jou opinie?                                   (10 punte)                  [40]

                                                          TOTAAL AFDELING C:                   40
                                                              GROOTTOTAAL:                    150

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

## Related documents

- [Gr10 ECN P1 (Afrikaans) 2020 Exemplars Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr10-ecn-p1-afrikaans-2020-exemplars-possible-answers/d0af2238-7266-42e1-af23-c2f342a3e8b4) — Economics · Memo · 2020 · Afr
- [Gr10 ECN P2 (Afrikaans) 2020 Exemplars Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr10-ecn-p2-afrikaans-2020-exemplars-question-paper/918bddbe-ad7d-4a5f-af59-b63e77392766) — Economics · QP · 2020 · Afr
- [ECONOMICS P2 GR10 QP NOV 2020 ENG .docx](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-gr10-qp-nov-2020-eng-docx/856930f7-6814-408c-b664-c45b5a4c67e4) — Economics · QP · 2020 · Eng
- [Gr10 ECN P1 (Afrikaans) June 2018 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr10-ecn-p1-afrikaans-june-2018-question-paper/85a08651-2711-4656-ae89-9b5dd7f46278) — Economics · QP · 2018 · Afr
- [Gr10 ECN P1 (Afrikaans) November 2018 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr10-ecn-p1-afrikaans-november-2018-question-paper/a7a98926-6f8d-44f2-ae7e-4dc7afed3e6c) — Economics · QP · 2017 · Afr
- [ECONOMICS P1 GR10 QP NOV2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-economics-2017-national-november-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/39929933-f231-4d31-8c37-17bb8f7c9306) — Economics · QP · 2017 · Afr

## More from Grade 10 Economics

- [Gr 10 Eco ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-eco-atp-2023-24/1e23cbbf-de14-4cad-b1b6-69a5e90a701c) — ATP
- [LP Economics Grade 10 March 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-economics-grade-10-march-2025-qp-and-memo/bac096e2-ec50-4df8-a553-9592d8c40ac8) — QP + Memo · 2025
- [Gr 10 Economics P1 (Afrikaans) June 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-economics-p1-afrikaans-june-2024-possible-answers/2e8a22fb-f428-4bd0-8ef5-1d0feef1fa94) — Memo · 2024 · Afr
- [Gr 10 Economics P2 (Afrikaans) June 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-economics-p2-afrikaans-june-2024-possible-answers/6510048d-9b76-4cdc-ac94-b3b211d47d8b) — Memo · 2024 · Afr
- [Gr 10 ECO P1 (Afrikaans) June 2023 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-eco-p1-afrikaans-june-2023-possible-answers/fb015450-42a2-4b1a-9c84-60032bd6acca) — Memo · 2023 · Afr
- [Gr 10 ECO P2 (Afrikaans) June 2023 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-eco-p2-afrikaans-june-2023-possible-answers/11295fb7-f85e-4c3b-a272-dc3b895ef1e0) — Memo · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 10 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-10/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
