# Economics Grade 12 P1 Eastern Cape June 2022 QP (Afr)

> Grade 12 Economics Paper 1 question paper from the Eastern Cape June 2022 (Afrikaans), 13 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-qp-gr12-june-2022-afrikaans/2bd75016-80e5-44ba-a4a5-89b705796ff9
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Economics
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2022
- Exam period: Eastern Cape June
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 13

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/economics) › [Economics Grade 12 P1 Eastern Cape June 2022 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-qp-gr12-june-2022-afrikaans/2bd75016-80e5-44ba-a4a5-89b705796ff9)

## About this document

Economics · Grade 12 · Eastern Cape June · 2022 · Afrikaans. Question paper, 13 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                        NASIONALE
                    SENIOR SERTIFIKAAT

                               GRAAD 12

                             JUNIE 2022

                          EKONOMIE V1

PUNTE:   150

TYD:     2 uur

                   Hierdie vraestel bestaan uit 13 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                               EKONOMIE V1                               (EC/JUNIE 2022)

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 1.    Beantwoord VIER vrae soos volg in die ANTWOORDEBOEK:

       AFDELING A: VERPLIGTEND
       AFDELING B: Beantwoord enige TWEE van die drie vrae.
       AFDELING C: Beantwoord EEN van die twee vrae.

 2.    Beantwoord slegs die vereiste getal vrae. Addisionele antwoorde sal NIE
       nagesien word NIE.

 3.    Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
       vraestel gebruik is.

 4.    Skryf die vraagnommer boaan elke antwoord.

 5.    Lees die vrae aandagtig deur.

 6.    Begin ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy.

 7.    Laat 2–3 reëls tussen onderafdelings van vrae oop.

 8.    Beantwoord die vrae in volsinne en maak seker dat die formaat, inhoud en
       konteks van jou antwoorde aan die kognitiewe vereistes van die vrae voldoen.

 9.    Gebruik slegs swart of blou ink.

 10.   Jy mag ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

 11.   Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2022)                      EKONOMIE V1                                           3

 AFDELING A (VERPLIGTEND)                                  30 PUNTE – 20 MINUTE

 VRAAG 1

 1.1    Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
        Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
        (1.1.1 tot 1.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.9 D.

        1.1.1     Vergelykende kostevoordeel toon dat wêreldproduksie/-uitset kan
                  toeneem as lande … in wat hulle die beste doen.

                  A    tariewe oplê
                  B    die gebruik van tegnologie beperk
                  C    spesialiseer
                  D    werkers beskerm

        1.1.2     Gesamentlike aanbod kan deur ŉ regeringsbeleid van …
                  gestimuleer word.

                  A    verlaging van produktiwiteit van die produksiefaktore
                  B    verminder produksiefaktore
                  C    beperk die doeltreffendheid van insette
                  D    verbeter die doeltreffendheid van markte

        1.1.3     Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermagdienste word deur die …
                  regering verskaf.

                  A    sentrale
                  B    distrik
                  C    plaaslike
                  D    provinsiale

        1.1.4     Wanneer die waarde van intermediêre produkte onreëlmatig by
                  finale produkte gevoeg word … vind plaas.

                  A    rekeningkundige rekord
                  B    dubbeltelling
                  C    nasionale inkomste
                  D    nasionale rekeninge

        1.1.5     ŉ Toevoeging tot die land se kapitaalvoorraad of kapitaalgoedere
                  word … genoem.

                  A    bruto binnelandse produk
                  B    uitvinding
                  C    bruto kapitaalvorming
                  D    innovasie

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                               EKONOMIE V1                               (EC/JUNIE 2022)

         1.1.6    ŉ Aanduiding van langtermyngroei in die ekonomie word na as ...
                 verwys.

                 A     tendenslyn
                 B     amplitude
                 C     ekstrapolasie
                 D     trog

         1.1.7   ŉ Belasting is proporsioneel wanneer …

                 A     ŉ algemene belasting word op elke eenheid van die produk
                       gehef.
                 B     die    gemiddelde     belastingkoers   dieselfde  vir   alle
                       belastingbetalers is.
                 C     mense met ŉ hoër inkomste ŉ groter persentasie van hul
                       inkomste aan belasting as mense met ŉ laer inkomste betaal.
                 D     dit ŉ groter persentasie van die inkomste van lae-inkomste
                       verdieners as die met ŉ hoër inkomste neem.

         1.1.8   ŉ Afname in die waarde van die geldeenheid as gevolg van
                 markkragte staan as ... bekend.

                 A     revaluasie
                 B     devaluasie
                 C     appresiasie
                 D     depresiasie                                          (8 x 2)   (16)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2022)                    EKONOMIE V1                                            5

1.2      Kies ŉ beskrywing uit KOLOM B wat by ŉ item in KOLOM A pas. Skryf slegs
         die letter (A–I) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.8) in die
         ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.2.9 J.

                   KOLOM A                             KOLOM B
         1.2.1    Reële syfers          A   ŉ aansporing wat aan vervaardigers
                                            gegee word om die koste van produksie
                                            te verminder

         1.2.2    Kontant-              B   waar hulpbronne nie hertoegewys kan
                  reserwevereiste           word om een individu beter daaraan toe
                                            te maak, sonder om ten minste een
                                            individu slegter daaraan toe te maak nie

         1.2.3    Subsidies             C   toon die manier waarop goedere en
                                            dienste in die ekonomie geproduseer
                                            en verbruik word

         1.2.4    Maatskaplike          D   SARB konsulteer met handelsbanke
                  toelaes                   om op ŉ wenslike/gepaste wyse op te
                                            tree volgens heersende ekonomiese
                                            toestande

         1.2.5    Pareto-               E   ŉ vorm van krediet wat die IMF kan
                  doeltreffendheid          gebruik vir ŉ konsekwente
                                            onewewigheid

         1.2.6    Reële vloei           F   ŉ voorbeeld van oordragbetalings

         1.2.7    Handelsbalans         G   ook bekend as die nasionale produk
                                            teen konstante pryse

         1.2.8    Spesiale              H   waarde van uitvoere minus invoere
                  Ontrekkingsreg

                                        I   die minimum bedrag geld wat die Suid-
                                            Afrikaanse Reserwebank van banke
                                            vereis om in stand te hou om
                                            geldskeppingsaktiwiteite te manipuleer
                                                                            (8 x 1)       (8)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                               EKONOMIE V1                                    (EC/JUNIE 2022)

 1.3    Gee EEN term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term
        langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.6) in die ANTWOORDEBOEK neer.
        Afkortings, akronieme en voorbeelde sal NIE aanvaar word NIE.

        1.3.1   ’n Sektor wat groothandel, vervoer, eiendom en kommunikasie
                insluit

        1.3.2   Verbruik wat onafhanklik is van die vlak en veranderinge van
                inkomste

        1.3.3   Siklusse wat veroorsaak word deur veranderinge in aktiwiteit in die
                bou- en konstruksiebedryf

        1.3.4   ŉ Kromme wat die verband tussen belastingkoerse en
                belastinginkomste verduidelik

        1.3.5   ŉ Opsomming van die waarde van verskillende leidende aanwysers
                in ŉ enkele waarde

        1.3.6   Die uitruil van goedere of dienste oor internasionale grense
                                                                               (6 x 1)      (6)

                                                           TOTAAL AFDELING A:               30

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2022)                      EKONOMIE V1                                                   7

 AFDELING B

 Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling in die
 ANTWOORDEBOEK.

 VRAAG 2: MAKRO-EKONOMIE                                         40 PUNTE – 30 MINUTE

 2.1    Beantwoord die volgende vrae.

        2.1.1      Noem TWEE soorte sekuriteite wat in die geldmark gevind word.
                                                                           (2 x 1)                (2)

        2.1.2      Hoekom gee die regering oordragbetalings aan gemeenskappe?
                                                                         (1 x 2)                  (2)

 2.2    Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                  KEYNESIAANSE EKONOMIE

        Die konsep van die vermenigvuldigerproses het belangrik in die 1930’s
        geword toe John Maynard Keynes dit voorgestel het as ŉ instrument om
        regerings met besluitneming te help. Hierdie vraagbestuur-benadering is
        ontwerp om groei te help en om die bedrag te meet wat nodig is om hoë
        vlakke van nasionale inkomste te bereik.

        Ontleders glo dat ’n toename in staatsbesteding het ’n vermenig-
        vuldigingseffek op die ekonomie, terwyl die lewenstandaarde vir die
        armes verhoog word.

                [Aangepas en vertaal uit www.tutor2u.net. Toegang op 10 November 2021 verkry.]

        2.2.1      Identifiseer ŉ voorbeeld van ŉ inspuiting hierbo.                              (1)

        2.2.2      Noem ŉ faktor wat die grootte van die vermenigvuldiger beïnvloed.              (1)

        2.2.3      Beskryf kortliks die term vermenigvuldiger.                                    (2)

        2.2.4      Verduidelik die gebruik van die vermenigvuldiger deur die
                   regering.                                                                      (2)

        2.2.5      Wat is die negatiewe effek van ŉ lae spaarkoers op ekonomiese
                   groei?                                                                         (4)

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                   EKONOMIE V1                                          (EC/JUNIE 2022)

 2.3    Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

        Suid-Afrika, die vasteland se mees geïndustrialiseerde ekonomie, was
        reeds in ŉ tegniese resessie toe die koronavirus pandemie in Maart 2020
        getref het. Daar was werksverliese, kredietkrisis, stygings in voedsel- en
        brandstofpryse en verbruikersvertroue in die ekonomie het begin daal.

                           [Aangepas en vertaal uit https://www.gov.za/sites/default/files/gcis_
                document/202010/south-african-economic-reconstruction-and-recovery-plan.pdf.
                                                         Toegang op 20 Oktober 2021 verkry.]

        2.3.1    Identifiseer die sosio-ekonomiese uitdaging wat toegeneem het toe
                 die ekonomie in ŉ insinking gegaan het.                                             (1)

        2.3.2    Noem die onderste draaipunt van ŉ sakesiklus.                                       (1)

        2.3.3    Beskryf kortliks die term ekonomiese resessie.                                      (2)

        2.3.4    Verduidelik die verband tussen BBP en sakesiklusse.                                 (2)

        2.3.5    Hoekom is inflasie geneig om tydens resessies te daal?                              (4)

 2.4    Onderskei tussen die bestedingsmetode en die inkomstemetode om Bruto
        Binnelandse Produk (BBP) te bepaal.                                                          (8)

 2.5    Hoe kan die monetêre beleid tot ekonomiese groei bydra?                                     (8)
                                                                                                   [40]

Kopiereg voorbehou                                                                     Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2022)                     EKONOMIE V1                                                9

 VRAAG 3: MAKRO-EKONOMIE                                     40 PUNTE – 30 MINUTE

 3.1 Beantwoord die volgende vrae.

       3.1.1      Noem TWEE vloeie in ŉ oop sirkulêre vloei-ekonomie.             (2 x 1)     (2)

       3.1.2      Hoekom is dit nie moontlik om individue van die gebruik van
                  openbare goedere uit te sluit nie?                                          (2)

 3.2 Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                                            [Bron: http://www.amazon.com]

       3.2.1      Identifiseer die deelnemer wat die produksiefaktore besit.                  (1)

       3.2.2      Noem EEN openbare goedere wat deur die staat verskaf word.                  (1)

       3.2.3      Beskryf kortliks die term faktormark.                                       (2)

       3.2.4      Wat is die effek op nasionale inkomste as inspuitings minder as
                  onttrekkings is?                                                            (2)

       3.2.5      Verduidelik die impak van ŉ daling in belasting op die vlak van
                  produksie.                                                                  (4)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                              EKONOMIE V1                                    (EC/JUNIE 2022)

 3.3    Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                                 [Aangepas en vertaal uit google images]

        3.3.1   Identifiseer ŉ makro-ekonomiese doelwit van die openbare sektor in
                die spotprent.                                                                (1)

        3.3.2   Watter fiskale beleidsinstrument is die hoofbron van
                staatsinkomste?                                                               (1)

        3.3.3   Beskryf kortliks die term ekonomiese groei.                                   (2)

        3.3.4   Verduidelik hoe die openbare sektor mislukking tot sosiale
                onstabiliteit kan lei.                                                        (2)

        3.3.5   Waarom sal Suid-Afrika waarskynlik misluk in die bereiking van sy
                ekonomiese doelwitte?                                                         (4)

 3.4    Bespreek kortliks die rol van ondernemings in die ekonomiese-kringloop.               (8)

 3.5    Evalueer die impak van die vermindering van die terugkoopkoers
        (repokoers) op die ekonomie.                                                         (8)
                                                                                            [40]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2022)                   EKONOMIE V1                                                11

 VRAAG 4: MAKRO-EKONOMIE EN EKONOMIESE STREWES
                                        40 PUNTE – 30 MINUTE

 4.1    Beantwoord die volgende vrae.

        4.1.1     Noem TWEE tipes markte wat deel van die finansiële stelsel vorm.            (2)

        4.1.2     Hoekom is dit belangrik om bewegende gemiddeldes te gebruik om
                  sakesiklusse te voorspel?                                                   (2)

 4.2    Bestudeer die tabel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                              NASIONALE REKENING TOTALE
                      SUID-AFRIKA BRUTO BINNELANDSE PRODUK
                                                     R miljoene
                        Primêre sektor                             324 365
                       Sekondêre sektor                            556 708
                        Tersiêre sektor                           1 789 431

         Bruto toegevoegde waarde teen basiese                         A
                         pryse
         Bruto binnelandse produk teen markpryse                  2 964 261
                                                           [Bron: SARB Quarterly Bulletin]

        4.2.1     Gee ŉ voorbeeld van belasting op produkte.                                  (1)

        4.2.2     Noem die alternatiewe term wat vir bruto toegevoegde waarde in
                  nasionale rekeninge gebruik word.                                           (1)

        4.2.3     Beskryf kortliks die term sekondêre sektor.                                 (2)

        4.2.4     Hoe word basiese pryse na markpryse omgeskakel?                             (2)

        4.2.5     Bereken die waarde van A. Toon ALLE berekeninge.                            (4)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                                  EKONOMIE V1                                          (EC/JUNIE 2022)

 4.3    Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

          [Vertaal en aangepas uit https://southafricanmi.com/south-africas-qdp.html/. Toegang op
                                                                         21 Augustus 2021 verkry.]

        4.3.1    Identifiseer die industrie in die sekondêre sektor wat die meeste tot
                 ekonomiese groei in die diagram hierbo bygedra het.                                    (1)

        4.3.2    Gee EEN voorbeeld van ŉ industrie in die primêre sektor.                               (1)

        4.3.3    Beskryf kortliks die term Bruto Binnelandse Produk.                                    (2)

        4.3.4    Hoe beïnvloed vergoeding van werknemers arbeidsproduktiwiteit?                         (2)

        4.3.5    Waarom is die vermenigvuldigingseffek op vervaardiging belangrik
                 in die ekonomie?                                                                       (4)

 4.4    Teken ŉ korrek benoemde diagram van ŉ sakesiklus, wat tendenslyn,
        lengte, die amplitude en die trog duidelik aandui.                                              (8)

 4.5    Met verwysing na die Phillips-kurwe, ontleed die verband tussen inflasie en
        werkloosheid.                                                                                  (8)
                                                                                                      [40]

                                                                    TOTAAL AFDELING B:                  80

Kopiereg voorbehou                                                                      Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2022)                   EKONOMIE V1                                               13

AFDELING C

Beantwoord enige EEN van die twee vrae in hierdie afdeling in die
ANTWOORDEBOEK.

Jou antwoord sal soos volg geassesseer word:

                                                                            PUNTE-
                     STRUKTUUR VAN OPSTEL
                                                                          TOEKENNING
Inleiding
Die inleiding is ŉ laerorde-antwoord.                                       Maks. 2
• ŉ Goeie begin is om die sleutelkonsep wat met die vraag verband
   hou, te definieer of te omskryf.
• Moet NIE enige deel van die vraag by die inleiding insluit NIE.
• Moet NIE enige deel van die inleiding by die liggaam insluit NIE.
• Vermy dit om in die inleiding te noem wat jy in die liggaam gaan
   bespreek
Liggaam
Hoofgedeelte: Bespreek in besonderhede/Diepgaande bespreking/              Maks. 26
Ondersoek/Bespreek krities/Analiseer/Vergelyk/Evalueer/Onderskei/
Verduidelik/Teken ŉ grafiek en verduidelik/Gebruik die grafiek gegee en
verduidelik/Voltooi die grafiek gegee/Assesseer/Debatteer
                                                                           Maks. 10
ŉ Maksimum van 8 punte kan aan opskrifte/voorbeelde toegeken
word.
Bykomende gedeelte: Bespreek krities/Evalueer/Evalueer krities/
Debatteer/Lei af/Vergelyk/Onderskei/Interpreteer/Hoe?/Stel voor
ŉ Maksimum van 2 punte kan vir die blote noem van feite toegeken
word.
Slot
Enige hoërorde-slot behoort die volgende in te sluit:
• ŉ Kort samevatting van dit wat bespreek is, sonder die herhaling van      Maks. 2
   enige feite wat reeds genoem is
• Enige opinie of waardeoordeel oor die feite wat bespreek is
• Bykomende ondersteunende inligting wat die bespreking/ontleding
   versterk
• ŉ Teenstrydige sienswyse met motivering, indien gevra
• Aanbevelings
TOTAAL                                                                        40

VRAAG 5: MAKRO-EKONOMIE                                       40 PUNTE – 40 MINUTE

•   Bespreek volledig die redes vir internasionale handel.           (26 punte)
•   Hoe kan ŉ swakker rand Suid-Afrika se handel met ander lande beïnvloed?
                                                                     (10 punte)              [40]

VRAAG 6: EKONOMIESE STREWES                                    40 PUNTE – 40 MINUTE

•   Bespreek volledig die hoofdoelwitte van die openbare sektor in die ekonomie.
                                                                         (26 punte)
•   Hoe effektief is die Suid-Afrikaanse regering om volle indiensneming te
    bewerkstellig?                                                       (10 punte)          [40]

                                                               TOTAAL AFDELING C:              40
                                                                   GROOTTOTAAL:               150

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

## Related documents

- [Gr12 Economics P1 (Afrikaans) SEP 2022 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr12-economics-p1-afrikaans-sep-2022-question-paper/4b579af8-e0b1-4689-a729-7d9986eea052) — Economics · QP · 2022 · Afr
- [ECON P2 GR12 QP SEPT2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/econ-p2-gr12-qp-sept2022-afrikaans/4dfd489d-79be-494e-a2cf-f0b51ee8c5e1) — Economics · QP · 2022 · Afr
- [Gr12 Economics P2 (Afrikaans) SEP 2022 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr12-economics-p2-afrikaans-sep-2022-question-paper/82e9d47a-c817-4545-9700-e9e2b9b7de9b) — Economics · QP · 2022 · Afr
- [ECONOMICS P1 GR12 QP JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr12-qp-june-2024-afrikaans/c346a16c-1f30-4d4f-bcd0-fc46002d1c9d) — Economics · QP · 2024 · Afr
- [ECONOMICS P1 GR12 QP SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr12-qp-sept2024-afrikaans/8c1cb29b-6587-4828-ae16-d72e2952b976) — Economics · QP · 2024 · Afr
- [Economics P1 May-June 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-economics-2024-nsc-june-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/c2bfc0d8-b28a-4a2f-a315-4aef54130cc1) — Economics · QP · 2024 · Afr

## More from Grade 12 Economics

- [Economics P2 Memo Afr watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-memo-afr-watermark/c9d66fa3-0b40-419d-a6f6-d862847d4e82) — Memo · 2025 · Afr
- [Economics P2 May-June 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-may-june-2025-mg-afr/4cc1190f-9c0a-43ea-98bc-3252875816a9) — Memo · 2025 · Afr
- [ECONOMICS QP.P1 GR 12 JUNE 2024 (Backup papers)](https://www.hlayiso.com/library/economics-qp-p1-gr-12-june-2024-backup-papers/cb8af277-aab9-4fba-8e76-5924dcaf1941) — QP · 2024
- [ECONOMICS P1 GR12 MEMO SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr12-memo-sept-2024-afrikaans/4e5fd6f8-b056-49dd-befb-68b8106fad9c) — Memo · 2024 · Afr
- [ECONOMICS P2 QP SEPT FINAL 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-qp-sept-final-2024-afrikaans/f341d75d-5790-4f3a-a3d5-07b296615d67) — QP · 2024 · Afr
- [Gr 12 Economics P2 (Afrikaans) June 2024 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-economics-p2-afrikaans-june-2024-question-paper/b63a0d0e-df37-4750-b5b1-eca932045c79) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
