# Economics Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2025 QP (Afr)

> Grade 12 Economics Paper 1 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2025 (Afrikaans), 13 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-qp-gr12-sept-2025-afrikaans-watermark/3f3925ce-7eab-44c0-83f0-c629fca96869
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Economics
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2025
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 13

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/economics) › [Economics Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2025 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-qp-gr12-sept-2025-afrikaans-watermark/3f3925ce-7eab-44c0-83f0-c629fca96869)

## About this document

Economics · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2025 · Afrikaans. Question paper, 13 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

NASIONALE
                      SENIOR SERTIFIKAAT

                               GRAAD 12

                       SEPTEMBER 2025

                          EKONOMIE V1

PUNTE:    150

TYD:      2 uur

                     Hierdie vraestel bestaan uit 13 bladsye.

       Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 2

2                                  EKONOMIE V1                      (EC/SEPTEMBER 2025)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.    Beantwoord VIER vrae soos volg in die ANTWOORDEBOEK:

      AFDELING A: VERPLIGTEND
      AFDELING B: Beantwoord enige TWEE van die drie vrae
      AFDELING C: Beantwoord EEN van die twee vrae

2.    Beantwoord slegs die vereiste aantal vrae. Antwoorde wat die vereiste
      nommer oorskry, sal NIE nagesien word NIE.

3.    Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
      vraestel gebruik word.

4.    Skryf die vraagnommer boaan elke antwoord neer.

5.    Lees die vrae aandagtig deur.

6.    Begin ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy.

7.    Laat 2–3 reëls tussen onderafdelings van vrae.

8.    Beantwoord die vrae in volsinne en maak seker dat die formaat, inhoud en
      konteks van jou antwoorde aan die kognitiewe vereistes van die vrae
      voldoen.

9.    Gebruik slegs swart of blou ink.

10.   Jy mag ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

11.   Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief
      Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 3

(EC/SEPTEMBER 2025)                   EKONOMIE V1                                         3

AFDELING A: (VERPLIGTEND)

VRAAG 1                                                   30 PUNTE – 20 MINUTE

1.1    Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae
       voorsien. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die
       vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer,
       byvoorbeeld 1.1.7 B.

       1.1.1    Produkte wat verbruikers vir baie jare herhaaldelik kan gebruik om
                in hul behoeftes te voorsien, word verwys na as … goedere.

                A     semi-duursame
                B     nie-duursame
                C     duursame
                D     bederfbare

       1.1.2    Totale aanbod in die ekonomie kan gestimuleer word deur …

                A     die koste van sake doen, te verhoog.
                B     verbetering van die doeltreffendheid van insette.
                C     verbetering van die ondoeltreffendheid van markte.
                D     dieselfde kostes te handhaaf.

       1.1.3    Die Meduimtermynbestedingsbeleidsraamwerk (MTBR) dui die
                regering se uitgawes en inkomste projeksies vir ŉ tydperk van …
                jaar/(e )

                A     een
                B     twee
                C     drie
                D     vier

       1.1.4    ŉ Omvattende en sistematiese rekord van alle transaksies tussen
                ŉ spesifieke land met ander lande van die wệreld, oor ŉ jaar
                word … genoem

                A     betalingsbalans
                B     globalisering
                C     internasionale handel
                D     handelsbalans

       1.1.5    ŉ Protokol om die bestaande betrekkinge tussen Argentinië,
                Brasilië, Paraguay en Uruguay te versterk word … genoem.

                A     Mercosur
                B     SADC
                C     AU
                D     BRICS

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief
      Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 4

4                                  EKONOMIE V1                        (EC/SEPTEMBER 2025)

     1.1.6   Die tipe belasting wat jaarliks gehef word op die markwaarde van
             residensiële, kantoor- en fabrieksgeboue word … genoem.

             A       kapitaalwinsbelasting
             B       boedelbelasting
             C       oordragbelasting
             D       eiendomsbelasting

     1.1.7   … behels die implementering van gesonde ekonomiese beleide en
             praktyke wat verantwoordbaarheid, deursigtigheid en responsiwiteit
             teenoor die behoeftes van burgers verseker.

             A       Vryemarkoriëntering
             B       Goeie bestuur
             C       Integrasie
             D       Voorsiening van hulpbronne

     1.1.8   Vetsug, as ŉ sosiale aanwyser, is verwant aan …

             A       gesondheid.
             B       wanvoeding.
             C       demografie.
             D       voeding.                                             (8 x 2)   (16)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief
     Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 5

(EC/SEPTEMBER 2025)                   EKONOMIE V1                                          5

1.2 Kies ŉ beskrywing in KOLOM B wat by ŉ item in KOLOM A pas. Skryf slegs die
    letter (A–I) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.8) in die ANTWOORDEBOEK
    neer, byvoorbeeld 1.2.9 J.

                KOLOM A                                KOLOM B
     1.2.1    Invoerbesteding          A   wanneer alle mense wat aktief werk
                                           soek, ŉ werk kan kry
     1.2.2    Philipskurwe             B   bevorder innovasie wat besighede in
                                           staat stel om nuwe produksie tegnieke
                                           te gebruik wat meer doeltreffend is
     1.2.3    Volle indiensneming      C   hertoewysing van landbougrond aan
                                           voorheen benadeelde groepe
     1.2.4    Wisselkoerse             D   verwys na hoeveel geproduseer word in
                                           verhouding tot die produksiefaktore wat
                                           gebruik word
     1.2.5    Grondverdeling           E   handel oor die verbetering van mense
                                           se vaardighede om die land se
                                           vaardigheidstekort aan te spreek
     1.2.6    JIPSA                    F   verwys na die vloei van geld uit die land.
     1.2.7    Nasionale Navorsing-     G   terugbesorging van grond aan diegene
              en                           wat dit verloor het weens
              Ontwikkelingstrategie        diskriminerende wette in die verlede
     1.2.8    Produktiwiteit           H   toon ŉ verband tussen inflasie en
                                           werkloosheid
                                       I   die prys van een geldeenheid in terme
                                           van ŉ ander geldeenheid
                                                                            (8 x 1)        (8)
1.3 Gee EEN term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term
    langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.6) in die ANTWOORDEBOEK neer.
     1.3.1    Langtermynfondse word deur verbruikers en besighede in hierdie
              mark gespaar en geleen.
     1.3.2    Die minimum persentasie kontant deposito’s wat handelsbanke by die
              Sentrale Bank moet hou.
     1.3.3    Die kurwe wat die verhouding tussen belasting en staatsinkomste
              illustreer.
     1.3.4    ŉ Handelsbeleid wat daarop gemik is om ŉ land se afhanklikheid van
              invoere te verminder deur die goedere en dienste wat voorheen
              ingevoer is, te produseer.
     1.3.5    Die gebruik van verskeie beleide om industriële beleggings en
              doeltreffendheid aan te moedig.
     1.3.6    Die aantal jare wat ŉ pasgebore baba waarskynlik sal leef.       (6 x 1)     (6)
                                                           TOTAAL AFDELING A:              30

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief
      Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 6

6                                      EKONOMIE V1                                    (EC/SEPTEMBER 2025)

AFDELING B

Beantwoord enige TWEE van die drie vrae uit hierdie afdeling in die
ANTWOORDEBOEK.

VRAAG 2: MAKRO-EKONOMIE                                              40 PUNTE – 30 MINUTE

2.1 Beantwoord die volgende vrae.

     2.1.1    Noem enige TWEE probleme van openbare sektor voorsiening.                               (2)

     2.1.2    Hoe kan ŉ afname in owerheidsbesteding huishoudings beïnvloed?                          (2)

2.2 Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

     Die tersiêre sektor is die grootste bydraer tot die Suid-Afrikaanse ekonomie.
     Suid-Afrika se BBP verteenwoordig ongeveer 14% van die Afrika-kontinent se
     totale BBP. Een van Suid-Afrika se unieke kenmerke is die oopheid vir
     internasionale handel.
             [http://interest.co.za/exploring-south-africas-economic-potential-and –opportunities/&
                                                                                      Statista.com]

     2.2.1    Identifiseer die ekonomiese konsep/term uit die uittreksel hierbo wat
              met ŉ oop ekonomie geassosieer word.                                                    (1)

     2.2.2    Noem die metode om BBP te bereken wat aan die sirkelgrafiek
              hierbo gekoppel is.                                                                     (1)

     2.2.3    Verduidelik kortliks die term sekondệre sektor.                                         (2)

     2.2.4    Onderskei tussen bruto binnelandse produk en bruto nasionale
              produk.                                                                                 (2)

     2.2.5    Gebruik die sirkelgrafiek hierbo om die persentasie wat deur die
              sekondêre sektor tot die Suid-Afrikaanse ekonomie bygedra het, te
              bereken.                                                                                (4)

Kopiereg voorbehou                                                                        Blaai om asseblief
     Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 7

(EC/SEPTEMBER 2025)                   EKONOMIE V1                                            7

2.3 Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

      SUID-AFRIKA SE LOPENDE REKENING VAN DIE BETALINGSBALANS

                  R biljoene                2022          2023              2024
      Ontvangste
      Goedere uitvoere                      1 930         1 924            1 914
      Netto goud uitvoere                     86           116              113
      Dienste ontvangste                     207           262              281
      Inkomste ontvangste                    186           217              195
      Lopende oordragte                        -            -                -
      Betalings
      Goedere invoere                       1 792         1 937            1 843
      Dienste betalings                      298           343              343
      Inkomste betalings                     324           312              356
      Lopende oordragte                       26            40               45
                                             [Aangepas uit Stats SA and SARB June 2024]

     2.3.1    Identifiseer uit die tabel hierbo die item wat al die transaksies wat met
              betrekking tot skenkings en geskenke vasvang.                                (1)

     2.3.2    In watter jaar die land die hoogste goedere-invoere aangeteken het?          (1)

     2.3.3    Beskryf kortliks die term lopende rekening.                                  (2)

     2.3.4    Verduidelik die doel van ongeregistreerde transaksies wanneer ŉ
              land se betalingsbalans opgestel word.                                       (2)

     2.3.5    Bereken die lopende rekeningsaldo vir die jaar 2024.
              Toon ALLE berekeninge.                                                       (4)

2.4 Verduidelik die faktore wat die vraag na buitelandse valuta beïnvloed. (4 x 2)         (8)

2.5 Hoe beïnvloed die mislukking van die openbare sektor ekonomiese stabiliteit
    in Suid-Afrika?                                                   (4 x 2)              (8)
                                                                                          [40]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief
      Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 8

8                                   EKONOMIE V1                                (EC/SEPTEMBER 2025)

VRAAG 3: EKONOMIESE STREWES                                  40 PUNTE – 30 MINUTE

3.1 Beantwoord die volgende vrae.

     3.1.1   Noem TWEE industriële strategieë in Suid-Afrika.                     (2 x 1)      (2)

     3.1.2   Hoe kan onderwys as ŉ sosiale aanwyser ongelykhede verminder?
                                                                     (1 x 2)                   (2)

3.2 Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                            VRYHANDEL EN BESKERMING

     Trump het gesệ ŉ heffing van 25% op Kanadese en Meksikaanse invoere, sowel
     as ŉ bykomende 10%-belasting op Chinese goedere, sal in werking tree.
     In reaksie hierop, het beide Kanada en Mexiko gesệ dat hulle soortgelyke tariewe
     op Amerikaanse goedere sal instel. Die implementering van tariewe en die
     daaropvolgende vergelding kan die begin van ŉ nuwe era van wệreldwye
     handelsoorloë aandui.
     Tariewe is ŉ sentrale deel van Trump se ekonomiese visie, aangesien hy dit as
     ŉ manier sien van die Amerikaanse ekonomie te laat groei, werksgeleenthede te
     beskerm en belastinginkomste te verhoog.

              [Aangepas uit https://www.bbc.com/news/articles/c627nx42xelo February 2025.]

     3.2.1   Identifiseer EEN argument ten gunste van beskerming uit die
             uittreksel hierbo.                                                                (1)

     3.2.2   Noem die tipe tarief wat as ŉ persentasie op die waarde van
             ingevoerde goedere gehef word.                                                    (1)

     3.2.3   Verduidelik kortliks die term beskerming.                                         (2)

     3.2.4   Verduidelik die belangrikheid van vryhandel op die Suid-Afrikaanse
             ekonomie.                                                                         (2)

     3.2.5   Hoe beïnvloed tariewe verbruikers in die invoerland?                 (2 x 2)      (4)

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief
     Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 9

(EC/SEPTEMBER 2025)                  EKONOMIE V1                                            9

3.3    Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                      AANGEWESE SPESIALE EKONOMIESE SONES
                        EN NYWERHEIDSONTWIKKELINGSONES

                                                      S’s is uiters nuttig vir beleggers
                                                      aangesien     hulle    belasting-   en
                                                      finansiële aansporings ontvang wat
                                                      nie beskikbaar vir die beleggers buite
                                                      aangewese        sones      is     nie.
                                                      Gemeenskappe in streke wat SES
                                                      huisves, trek ook aansienlik voordeel
                                                      uit   die   private    en     openbare
                                                      beleggings, wat dikwels tot hoẽr
                                                      lewenstandaarde,            verhoogde
                                                      indiensneming       en    verminderde
                                                      armoede en ongelykheid lei.

                                                         [Bron: DTI Mail & Guardian-Graphic: John
                                                                                        McCann]

       3.3.1    Identifiseer die NOS gemerk A op die kaart hierbo.                           (1)

       3.3.2    Noem EEN voordeel van private en publieke belegging aan
                gemeenskappe in ons streke waar SES’s soos aangedui in die
                uittreksel hierbo.                                                           (1)

       3.3.3    Beskryf kortliks die term Nywerheidsontwikkelingsone.                        (2)

       3.3.4    Verduidelik enige faktor die faktore wat ŉ negatiewe impak op die
                sukses van die Nywerheidontwikkelingsones in Suid-Afrika het.                (2)

       3.3.5    Hoe kan doeane-vrye aansporings help met industriële ontwikkeling?           (4)

3.4    Verduidelik kortliks Vryhandelgebiede en Gemeenskapmark as vorme van
       ekonomiese integrasie.
                                                                        (2 x 4)              (8)

3.5    Evalueer die effektiwiteit van dienslewering aan Suid-Afrikaanse burgers.
                                                                              (4 x 2)        (8)
                                                                                            [40]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief
      Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 10

10                               EKONOMIE V1                               (EC/SEPTEMBER 2025)

VRAAG 4: MAKRO-EKONOMIE EN EKONOMIESE STREWES
                                          40 PUNTE – 30 MINUTE

4.1 Beantwoord die volgende vrae.

     4.1.1   Noem enige TWEE soorte wisselkoersstelsels.                                         (2)

     4.1.2   Hoe kan uitvoerbevordering die probleem van werkloosheid oplos?                     (2)

4.2 Bestudeer die diagram hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                 BEGROTINGSPROSES

     Die Staatsrede (SONA) en die MTBBR is albei deel van die Suid-Afrikaanse
     begrotingsproses. Om die ekonomie te versterk en werkloosheid aan te spreek,
     het die regering belowe om R940 biljoen meer vir die volgende drie jaar in
     infrastruktuur te belê. Van hierdie totaal, sal R375 biljoen toegeken word aan
     Staats-Ondersteunde Ondernemings (SOO’s), vir die konstruksie van paaie, brȗe,
     damme, waterweë en hawens. Suid-Afrika se werkloosheidskoers is bo 32%, en
     die huidige openbare skuld as ŉ persentasie van die BBP staan by 75,1% teen
     September 2024.
                                        [Aangepas van Business Day iol.co.za Februarie 2025]

     4.2.1   Identifiseer die beleidsinstrument wat die ekonomiese uitkyk uiteensit in
             die inligting hierbo.                                                               (1)

     4.2.2   Noem EEN regeringsuitdaging uit die inligting hierbo.                               (1)

     4.2.3   Beskryf kortliks die term hoofbegroting.                                            (2)

     4.2.4   Waarom is dit belangrik vir die regering om staatsbeheerde
             ondernemings te finansier?                                                          (2)

     4.2.5   Hoe kan die regering publieke skuld effektief verminder?               (2 x 2)      (4)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief
     Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 11

(EC/SEPTEMBER 2025)                    EKONOMIE V1                                                11

4.3 DATA RESPONS

     Bestudeer die artikel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

           EKONOMIESE AANWYSERS EN INTERNASIONALE ORGANISASIES

     Die Wệreldbank kollekteer, analiseer, en versprei ekonomiese aanwysers om
     ŉ land se ekonomiese vooruitgang te volg en identifiseer gebiede vir verbetering.
     Deur ekonomiese aanwysers te analiseer, help die Wệreldbank lande en
     internasionale organisasies om ingeligte besluite te maak, bevorder ekonomiese
     groei, verminder armoede en volhoubare ontwikkeling.
                                                           [Bron: Meta Al & Business Day 2025.01.29]

     4.3.1    Identifiseer die instelling uit die spotprent en inligting hierbo wat
              rentekoerse bepaal.                                                                         (1)

     4.3.2    Noem ŉ internasionale organisasie wat ekonomiese aanwyser
              standaardiseer wat NIE hierbo genoem word NIE.                                              (1)

     4.3.3    Beskryf kortliks die term ekonomiese aanwyser.                                              (2)

     4.3.4    Verduidelik die impak van stygende arbeidsproduktiwiteit op besighede.                      (2)

     4.3.5    Hoe kan rentekoerse as ŉ ekonomiese aanwyser inflasie beïnvloed?
                                                                              (2 x 2)                     (4)

4.4 Verduidelik kortliks die rol van produkte markte en faktormarkte in die vier-sektor
    model.                                                                        (2 x 4)                 (8)

4.5 Beskryf kortliks die belangrikheid van Openbare-Privaat Vennootskap (OPV) in
    Ruimtelike ontwikkelingsinisiatiewe (ROI).
                                                                            (4 x 2)                     (8)
                                                                                                       [40]

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief
      Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 12

12                               EKONOMIE V1                          (EC/SEPTEMBER 2025)

AFDELING C

Beantwoord enige EEN van die twee vrae in hierdie afdeling in die
ANTWOORDEBOEK.

Jou antwoord sal soos volg geassesseer word:

                                                                      PUNTE
                STRUKTUUR VAN DIE OPSTEL
                                                                    TOEKENNING
Inleiding
• ŉ Goeie begin is om die sleutelkonsep wat met die vraag
    verband hou, te definieer of te omskryf.
• Sluit ander sinne in om jou onderwerp te ondersteun
• Moenie enige deel van die vraag by die inleIding insluit nie.
• Moenie enige gedeelte van die inleiding in die liggaam
    herhaal nie.
• Vermy om in die inleiding te sệ wat jy gaan bespreek in die
    liggaam.                                                          Maks. 2
Liggaam
Hoofgedeelte:
Bespreek in detail/Diepgaande bespreking/Ondersoek/Bespreek
krities/Analiseer/Vergelyk/Evalueer/Onderskei/Verduidelik/
Assesseer/Debatteer                                                  Maks. 26
Addisionele deel:
Gee eie opinie/bespreek krities/Evalueer/Krities evalueer/Teken
ŉ grafiek en verduidelik/voltooi die gegewe grafiek/Bereken/Stel
voor/Verduidelik/Onderskei/Interpreteer/Kortliks debatteer           Maks. 10
Slot
Enige relevante hoë-orde slot behoort die volgende in te sluit:
 • ŉ Kort samevatting van wat alreeds bespreek/analiseer is,
    sonder die herhaling van feite wat reeds in die liggaam
    genoem word.
 • Enige mening/opinie of waardeoordeel oor die feite wat
    bespreek is
 • Addisionele ondersteuningsinligting wat die
    bespreking/analise versterk
 • ŉ Teenstrydige sienswyse met motivering, indien gevra
 • Aanbevelings                                                       Maks. 2
TOTAAL                                                                  40

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief
     Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 13

(EC/SEPTEMBER 2025)                EKONOMIE V1                                      13

VRAAG 5: MAKRO-EKONOMIE                              40 PUNTE – 40 MINUTE
• Bespreek volledig die nuwe ekonomiese paradigma in die gladstryking van
  sakesiklusse.                                                                   (26)
• Hoe kan ŉ daling in ekonomiese aktiwiteite deelnemers in die ekonomie
  beinvloed?                                                                      (10)
                                                                                  [40]
VRAAG 6: EKONOMIESE STREWES                         40 MARKS – 40 MINUTES
• Bespreek volledig die Suid-Afrikaanse groei en ontwikkelings beleide en
  strategieë inisiatiewe sedert 1994.                                             (26)
• Analiseer die omgewingseffek van ekonomiese aktiwiteite van lande in die
  Noorde.                                                                         (10)
                                                                                  [40]

                                                       TOTAAL AFDELING C:          40
                                                           GROOTTOTAAL:           150

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief
      Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

## Related documents

- [ECONOMICS P1 GR12 QP SEPT2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr12-qp-sept2017-afrikaans/5e40d41d-6537-4b4d-9803-062fd519c72e) — Economics · QP · 2017 · Afr
- [ECONOMICS P1 GR12 MEMO SEPT2021 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr12-memo-sept2021-afrikaans/be8a315c-3850-4a12-a242-cce45d9f946b) — Economics · Memo · 2021 · Afr
- [ECON P2 GR12 QP SEPT2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/econ-p2-gr12-qp-sept2022-afrikaans/4dfd489d-79be-494e-a2cf-f0b51ee8c5e1) — Economics · QP · 2022 · Afr
- [ECONOMICS P2 QP GR12 SEPT2021 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-qp-gr12-sept2021-afrikaans/dd04c2d3-fe9a-483a-8499-6776d07f5cd2) — Economics · QP · 2021 · Afr
- [ECONOMICS P2 QP SEPT2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-qp-sept2018-afrikaans/40b8038d-eb89-4d3e-86b1-b75479d96047) — Economics · QP · 2018 · Afr
- [ECONOMICS P1 GR12 QP JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr12-qp-june-2024-afrikaans/c346a16c-1f30-4d4f-bcd0-fc46002d1c9d) — Economics · QP · 2024 · Afr

## More from Grade 12 Economics

- [Economics P2 Memo Afr watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-memo-afr-watermark/c9d66fa3-0b40-419d-a6f6-d862847d4e82) — Memo · 2025 · Afr
- [Economics P2 May-June 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-may-june-2025-mg-afr/4cc1190f-9c0a-43ea-98bc-3252875816a9) — Memo · 2025 · Afr
- [ECONOMICS QP.P1 GR 12 JUNE 2024 (Backup papers)](https://www.hlayiso.com/library/economics-qp-p1-gr-12-june-2024-backup-papers/cb8af277-aab9-4fba-8e76-5924dcaf1941) — QP · 2024
- [ECONOMICS P1 GR12 MEMO SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr12-memo-sept-2024-afrikaans/4e5fd6f8-b056-49dd-befb-68b8106fad9c) — Memo · 2024 · Afr
- [ECONOMICS P1 GR12 QP SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr12-qp-sept2024-afrikaans/8c1cb29b-6587-4828-ae16-d72e2952b976) — QP · 2024 · Afr
- [ECONOMICS P2 QP SEPT FINAL 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-qp-sept-final-2024-afrikaans/f341d75d-5790-4f3a-a3d5-07b296615d67) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
