# Economics Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2022 Memo (Afr)

> Grade 12 Economics Paper 1 memorandum from the Eastern Cape Mock Exam 2022 (Afrikaans), 21 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-r12-memo-sept2022-afrikaans/0c5578bd-336b-423b-8733-227d892a706d
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Economics
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Memorandum
- Year: 2022
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 21

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/economics) › [Economics Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2022 Memo (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-r12-memo-sept2022-afrikaans/0c5578bd-336b-423b-8733-227d892a706d)

## About this document

Economics · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2022 · Afrikaans. Memorandum, 21 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                      NASIONALE SENIOR
                         SERTIFIKAAT
                     SENIOR SERTIFIKAAT
                            GRAAD 12

                       SEPTEMBER 2022

                         EKONOMIE V1
                         NASIENRIGLYN

PUNTE:   150

                  Hierdie nasienriglyn bestaan uit 21 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                 EKONOMIE V1                             (EC/SEPTEMBER 2022)

 AFDELING A (VERPLIGTEND)

 VRAAG 1

 1.1 MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

      1.1.1    B      –   I + G + X > S + T + M 
      1.1.2    C      –   Jugler 
      1.1.3    A      –   ondoeltreffendheid 
      1.1.4    A      –   verbetering 
      1.1.5    D      –   koste om besigheid te doen 
      1.1.6    B      –   integrasie 
      1.1.7    C      –   M1 
      1.1.8    D      –   gemeenskapsmark                                 (8 x 2)    (16)

 1.2 PAS-ITEMS

      1.2.1    D      –   ŉ klein aanvanklike toename in besteding produseer ŉ
                          proporsioneel groter toename in totale nasionale
                          inkomste 
      1.2.2    F      –   onafhanklike faktore wat sakesiklusse beïnvloed en buite
                          die ekonomie ontstaan 
      1.2.3    G      –   Stelsel wat die waarde van geldeenheid toelaat om op
                          markkragte te reageer met sentrale bankintervensies 
      1.2.4    A      –   Herverdeling van inkomste en welwaart 
      1.2.5    H      –   ŉ Amptelike staatsverbod op handel met ŉ bepaalde
                          land 
      1.2.6    C      –   regstellingsprogram as gevolg van diskriminerende
                          wette in die verlede 
      1.2.7    E      –   geniet aansporings soos belastingverligting en
                          ondersteuningstelsels om nywerheidsontwikkeling te
                          bevorder 
      1.2.8    I      –   ŉ Internasionale instelling wat gestig is om ekonomiese
                          herstel en ontwikkeling te bevorder              (8 x 1)     (8)

 1.3 GEE DIE TERM

      1.3.1    Ekonomiese Kringloop/Sirkulȇre vloei 
      1.3.2    Meriete goedere 
      1.3.3    Devaluasie 
      1.3.4    Ekonomiese groei 
      1.3.5    Ekonomies aktiewe bevolking 
      1.3.6    Korridor                                                    (6 x 1)     (6)

                                                          TOTAAL AFDELING A:             30

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022)                   EKONOMIE V1                                               3

AFDELING B

Beantwoord TWEE van             die   drie   vrae   in   hierdie   afdeling   in    die
ANTWOORDEBOEK.

VRAAG 2: MAKRO-EKONOMIE

2.1 2.1.1      Noem enige TWEE kenmerke van die fiskale beleid.

                •     Doelgebonde 
                •     Vraaggebaseerd 
                •     Siklies                                           (Enige 2 x 1)        (2)

      2.1.2     Hoe sal ŉ positiewe vermenigvuldigingseffek die ekonomie
                beïnvloed?

                Dit kan die ekonomie beïnvloed deur:
                • firmas verhoog produksie en verkoop meer goedere. 
                • dat sommige firmas meer werkers aanstel om aan die groter
                    vraag te voldoen namate uitset toeneem 
                • inkomste aan huishoudings te verskaf wat besteding sal
                    verhoog 
                • tot ŉ toename in ekonomiese groei by te dra. 
                (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)
                                                                   (Enige 1 x 2)              (2)

2.2 DATARESPONS

      2.2.1     Watter letter verteenwoordig invoere van bogenoemde data?

                A                                                                            (1)

      2.2.2     Watter internasionale instelling kan lande met fondse help om
                fundamentele tekort reg te stel?

                Internasionale Monetêre Fonds (IMF)                                          (1)

      2.2.3     Beskryf kortliks die term betalingsbalans.

                ŉ Sistematiese rekord van alle handel en finansiële transaksies van
                ŉ land met die res van die wêreld. 
                (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                            (2)

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                   EKONOMIE V1                         (EC/SEPTEMBER 2022)

        2.2.4   Verduidelik die verband tussen die wisselkoers van ŉ land en
                die lopende rekeningsaldo.

                •  ŉ Oorwaardeerde wisselkoers beteken dat die land se uitvoer
                   relatief duur sal wees en invoer goedkoper 
                • Besteding aan invoere neem toe wat lei tot voortdurende
                   tekorte op die lopende rekening van die
                   betalingbalans 
                • ŉ Ondergewaardeerde land se geldeenheid maak die land se
                   invoer relatief duur as sy uitvoer  wat tot fundamentele
                   surplusse lei namate meer uit die invoerbetalings verdien
                   word 
                (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)
                                                                     (Enige 1 x 2)     (2)

        2.2.5   Waarom is dit belangrik om ŉ land se betalingsbalansdata te
                ontleed?

                Betalingsbalansdata:
                • verskaf gedetailleerde inligting oor die vraag en aanbod van
                   die land se geldeenheid 
                • kan gebruik word om die prestasie van die land in
                   internasionale ekonomiese mededinging te evalueer 
                • dui ŉ land se internasionale betalingsgaping aan wat deur die
                   regering se amptelike reserwe transaksies gefinansier moet
                   word 
                • verseker maksimum valutabeheer 
                (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (Enige 2 x 2)       (4)

 2.3    DATARESPONS

        2.3.1   Noem enige EEN metode om bruto binnelandse produk te
                bereken.

                •     Produksie 
                •     Uitgawes 
                •     Inkomste                                      (Enige 1 x 1)     (1)

        2.3.2   Wat word op produkte in ag geneem wanneer basiese pryse
                na markpryse omgeskakel word?

                •     Belasting 
                •     Subsidies                                       (Any 1 x 1)     (1)

        2.3.3   Beskryf kortliks die term bruto binnelandse produk.

                Waarde van alle finale goedere en dienste geproduseer binne die
                grense van ŉ land vir ŉ spesifieke tydperk. 
                (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)       (1 x 2)       (2)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022)                 EKONOMIE V1                                         5

        2.3.4    Hoe kan ekonome die akkuraatheid van BBP-syfers verseker?

                 Deur slegs die waarde van finale goedere en dienste by die
                 samestelling van die syfers by te voeg. 
                 (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)  (1 x 2)         (2)

        2.3.5    Waarom is reële BBP ŉ voorkeurmaatstaf van ekonomiese
                 groei eerder as nominale BBP?

                 Reële BBP word meer verkies as nominale BBP omdat:
                 • dit gebruik konstante pryse, wat vergelykings tussen jare meer
                    sinvol maak 
                 • dit maak voorsiening vir vergelykings van die werklike volume
                    goedere en dienste sonder om inflasie in ag te neem 
                 • deur inflasie te verwyder, verskaf reële BBP die mees
                    akkurate syfers waarmee ŉ ekonomie se veranderinge oor
                    tyd uitgedruk en gemonitor kan word. 
                 (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (Enige 2 x 2)    (4)

 2.4    Verduidelik met behulp van ŉ goed-gemerkte Laffer-kurwe die
        verband tussen ŉ belastingkoersverhoging en die effek daarvan op
        staatsinkomste.

        Uitwerking van ŉ belastingverhoging op staatsinkomste
        • Soos die belastingkoers styg, neem belastinginkomste toe 
        • Waar die kromme ŉ hoogtepunt bereik (teen belastingkoers t)
           maksimeer die belasting aan die regering 
        • Teen belastingkoerse hoër as t, sal staatsinkomste daal omdat
           werkers sal weier om te werk of hul inkomste sal openbaar
           (ontduiking/vermyding)                                  (Maks. 4)
        (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)              (4 x 2) (8)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                EKONOMIE V1                             (EC/SEPTEMBER 2022)

 2.5    Hoe bevoordeel finansiële markte die ekonomie?

        • Finansiële markte help om die vloei van spaargeld en investering
           doeltreffend in die ekonomie te rig 
        • Hulle doen dit op maniere wat die akkumulasie/ophoping van kapitaal
           en die produksie van goedere en dienste vergemaklik. 
        • Die markte maak dit maklik vir kopers en verkopers om hul finansiële
           besittings te verhandel. 
        • Finansiële markte verskaf finansiering vir maatskappye sodat hulle
           kan huur, belê en groei. 
        • Finansiële markte speel ŉ belangrike rol om die gladde werking van
           ander markte te fasiliteer deur hulpbronne toe te ken en likiditeit vir
           besighede en entrepreneurs te skep. 
        • Finansiële markte skep sekuriteitsprodukte wat ŉ opbrengs bied vir
           diegene wat oortollige fondse het (beleggers/uitleners)  en stel
           hierdie fondse beskikbaar aan diegene wat bykomende geld benodig
           (leners). 
        (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)           (Enige 4 x 2)     (8)
                                                                                      [40]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022)                      EKONOMIE V1                                      7

 VRAAG 3: EKONOMIESE STREWES

 3.1 3.1.1      Noem enige TWEE dienste wat as sosiale aanwysers beskou
                word.

                •     Elektrisiteit 
                •     Vullis/vullisverwydering 
                •     Watervoorsiening 
                •     Sanitasie                                       (Enige 1 x 2)     (2)

       3.1.2    Hoe verbeter Spesiale Ekonomiese Sones
                nywerheidsontwikkeling?

                • Spesiale ekonomiese sones het verbinding met beide verskaffers
                   en potensiële markte terwyl dit uitvoergerigte nywerhede en
                   plaaslike integrasie bevorder. 
                • Hulle stimuleer dus indiensneming en industrie groei en
                   maatskaplike ontwikkeling. 
                (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)  (Enige 1 x 2)        (2)

 3.2 DATARESPONS

       3.2.1    Noem enige EEN van Suid-Afrika se top-uitvoerprodukte.

                • Goud 
                • Platinum 
                • Steenkool 
                • Motors 
                • Diamante 
                (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)      (Enige 1 x 1)    (1)

       3.2.2    Watter internasionale organisasie reguleer vrye handel tussen
                lande?

                Wêreld Handelsorganisasie / WHO                                         (1)

       3.2.3    Beskryf kortliks die term uitvoerbevordering.

                Uitvoerbevordering verwys na maatreëls wat deur die regering
                onderneem word om plaaslike produsente aan te moedig om meer te
                produseer om aan ander lande te verkoop. 
                (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)       (1 x 2)         (2)

       3.2.4    Verduidelik ŉ rede waarom die regering uitvoerbevordering
                ondersteun.

                • Uitvoerbevordering vergroot die produksievermoë van die land en
                   lei tot ekonomiese groei 
                • Deur uitvoerbevordering sal meer werkers in diens geneem word
                   en pryse sal verlaag word 
                • Uitvoerbevordering help om die betalingsbalans onewewig reg te
                   stel aangesien daar meer geld na die land sal vloei 
                (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)      (Enige 1 x 2)    (2)
Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                               EKONOMIE V1                            (EC/SEPTEMBER 2022)

       3.2.5    Hoe dra vryhandel tot verbeterde ekonomiese groei by?

                Vryhandel dra by tot verbeterde ekonomiese groei deur:
                • toenemende wêreldproduksie wanneer lande spesialiseer in dit
                   waarin hulle relatief die beste is 
                • die vermindering van eenheidskoste van produksie deur
                   skaalvoordele te maksimeer. 
                • toenemende mededinging wat innovasies aanmoedig 
                • die verbetering van globale doeltreffendheid deur meer
                   doeltreffende toewysing van hulpbronne toe te laat 
                (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (Enige 2 x 2)     (4)

 3.3   DATARESPONS

       3.3.1    Noem enige EEN nywerheidsontwikkelingsbeleid in Suid-
                Afrika.

                • Nasionale Nywerheidsbeleidsraamwerk (NIPF/NNBR) 
                • Nywerheidsbeleid-aksieplan (IPAP/NBAP) 
                (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (Enige 1 x 1)     (1)

       3.3.2    Watter finansiële aansporing word gebruik om besighede te
                lok om in die Nywerheidsontwikkelingsones (NOS’e) te werk?

                Doeane fooi-aansporing/Belastingvrye aansporing                     (1)

       3.3.3    Beskryf kortliks die term industriële ontwikkeling.

                Industriële ontwikkeling verwys na beleide wat gemik is op die
                aanmoediging van nywerheidsinvestering en groter nywerheids-
                doeltreffendheid. 
                (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                   (2)

       3.3.4    Verduidelik die belangrikheid van nywerheidsontwikkeling in
                Suid-Afrika.

                • vestig grootskaalse vervaardiging, landbou, mynbou en dienste
                   produksie en skep werksgeleenthede in die proses 
                • diversifiseer die ekonomie en bereik hoë koerse van besparing
                   en belegging 
                • ontwikkel en handhaaf toepaslike aansporings om beleggers te
                   lok. 
                (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (Enige 1 x 2)     (2)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022)                      EKONOMIE V1                                           9

          3.3.5       Hoe sal streeksontwikkeling in Suid-Afrika die hele Afrika
                      bevoordeel?

                      •  Suid-Afrika word beskou as ŉ poort/deurgang na Afrika. 
                      •  Deur streeksontwikkeling in Suid-Afrika kan buurlande ons
                         hawens en lughawens vir uitvoergeleenthede gebruik. 
                      • Suid-Afrika se streeksbenadering sal strategiese rigting gee in
                         terme van Suid-Afrika se handelsposisie in die Suidelike
                         Doeane-unie en die Suider-Afrikaanse Ontwikkelings-
                         gemeenskap. 
                      • Suid-Afrika se streeksontwikkelingsprogramme in die
                         infrastruktuur sal ekonomiese ontwikkeling in die aktiwiteite van
                         die Afrika-unie (AU), en die Nuwe Vennootskap vir Afrika se
                         Ontwikkeling (NEPAD) verbeter). 
                      (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (Enige 2 x 2)        (4)

 3.4      Onderskei tussen produksieprysindeks en verbruikersprysindeks as
          ekonomiese aanwysers.

          Produksieprysindeks (PPI)
          • PPI word gebruik om die pryse van binnelands geproduseerde goedere
             te meet 
          • Het betrekking op koste van produksie 
          • Dit meet ook ŉ styging of afname in die prys van ingevoerde
             goedere. 
          • Wanneer die rand depresieer, sal dit eers in die PPI weerspieël
             word. 
          • Pryse sluit BTW uit                                      (Enige 2 x 2)

          Verbruikersprysindeks (VPI)
          • Dit verteenwoordig die koste van ŉ inkopie mandjie van goedere en
             dienste van ŉ tipiese SA huishouding. 
          • Kapitaal- en intermediêre goedere is uitgesluit 
          • Dit wys veranderinge in die koopkrag van die rand. 
          • Het betrekking op lewenskoste 
          • Pryse sluit BTW in
          • Dit is die amptelike indeks wat in inflasieteikens gebruik word. 
                                                                        (Enige 2 x 2)         (8)

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                              EKONOMIE V1                             (EC/SEPTEMBER 2022)

 3.5 Hoe kan die regering werkloosheid in die ekonomie verminder?

       Die regering kan die vlak van werkloosheid verminder deur:
       • verbetering van onderwys en opleiding deur die toepassing van die
          vaardigheidsontwikkelingsprogramme om strukturele indiensneming te
          help verminder en beter vergoeding te verseker wat vraag en produksie
          sal stimuleer 
       • die aanbied van geografiese subsidies om firmas aan te moedig om in
          onderontwikkelde streke te belê om werklose jeugdiges te absorbeer en
          hulle te voorsien van internskappe wat nodig is om die nuutste tegnologie
          te gebruik wat in produksieprosesse vereis word 
       • Verlaging van minimum loon om reële loonwerkloosheid te verminder 
       • meer buigsame arbeidsmarkte toe te laat om dit makliker te maak om
          werkers aan te stel en af te dank 
       • verskaffing van werk deur EPWP 
       • regeringsbeleide te gebruik wat die totale vraag sal verhoog, soos
          dalende rentekoerse, belastingverlagings en verhoging van
          staatsbesteding. 
       (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)             (Enige 4 x 2)     (8)
                                                                                       [40]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022)                  EKONOMIE V1                                        11

VRAAG 4: MAKRO-EKONOMIE EN EKONOMIESE STREWES
4.1 4.1.1     Noem TWEE hoofitems wat gebruik word om die handelsbalans
              te bereken.
              •   Uitvoere 
              •   Invoere                                                  (2 x 1)     (2)

     4.1.2    Watter effek het subsidies op produksie op bruto toegevoegde
              waarde?
              •  Subsidies op produksie verander die kosteproduksie van goedere
                 en, as gevolg daarvan, die hoeveelheid geproduseer 
              • Hulle verlaag die bruto waardetoegevoegde syfers 
              (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)    (Enige 1 x 2)       (2)

4.2 DATARESPONS

     4.2.1    Identifiseer ŉ bron van staatsinkomste uit die data hierbo.
              Belasting                                                                (1)

     4.2.2    Watter persentasie van openbare skuld tot nominale BBP word
              as die algemene skuldreël aanvaar?
              60%                                                                      (1)
     4.2.3    Beskryf kortliks die term begroting.
              Begroting is die staat van die regering se beplande uitgawes en
              verwagte inkomste vir die boekjaar. 
              (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                        (2)

     4.2.4    Wat is die doel van die MTBBV?
              •  Dit laat staatsdepartemente toe om aansoek te doen vir
                 aanpassings aan hul begrotings, en bykomende fondse aan te vra
                 vir onvoorsienbare en onvermydelike uitgawes . 
              • Dit dui aan hoe die regering van plan is om die komende nasionale
                 begroting toe te ken . 
              (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)     (Enige 1 x 2)      (2)

     4.2.5    Hoe kan die regering sy inkomste verhoog?

              Die regering kan sy inkomste verhoog deur:
              • meer mense en maatskappye te kry om inkomste- en
                 maatskappybelasting te betaal 
              • die implementering van strategieë en beleide om ekonomiese groei
                 te verhoog 
              • die uitbreiding van belastingbasis deur meer werksgeleenthede te
                 skep 
              • beter dienslewering om belastingontduiking te vermy deur burgers
                 se vertroue in die regering te wen 
              • die vereenvoudiging van belastinginvorderingstelsels om
                 belastingontduiking te verminder 
              (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)          (2 x 2)       (4)
Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                                   EKONOMIE V1                            (EC/SEPTEMBER 2022)

 4.3 DATARESPONS

      4.3.1     Noem EEN rede vir die toename in verstedeliking in Suid-Afrika.

                • Opsoek na werk 
                • Groter ekonomiese geleenthede in stedelike gebiede 
                (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                         (1)

      4.3.2     Watter sosio-ekonomiese kwessie kan ontstaan as gevolg van
                onbeplande verstedeliking?

                •       ŉ Toename in misdaad 
                •       ŉ Toename in werkloosheid 
                •       Armoede                                                          (1)

      4.3.3     Beskryf kortliks die term verstedeliking.

                Verstedeliking is die beweging van mense van landelike gebiede
                na stedelike gebiede. 
                (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                         (2)

        4.3.4       Verduidelik die negatiewe effek van vinnige verstedeliking op
                    die omgewing.

                    • Swak lug- en watergehalte 
                    • Onvoldoende water beskikbaarheid 
                    • Probleme met afvalverwydering 
                    • Hoë energieverbruik 
                    (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (Enige 2 x 1)       (2)

        4.3.5       Hoe kan die regering die probleem van onbeplande
                    verstedeliking verminder?

                    •  Die regering moet toegang tot noodsaaklike maatskaplike
                       dienste verseker, naamlik onderwys, gesondheid, sanitasie en
                       skoon water, tegnologie, elektrisiteit en voedsel. 
                    • Private beleggings moet aangemoedig word om meer
                       werksgeleenthede in onderontwikkelde gebiede te skep .
                    • Voorsien     veldtogte    en     berading     vir   doeltreffende
                       gesinsbeplanning om te help om die hoë koerse van
                       bevolkingsgroei te verminder. 
                    (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (Enige 2 x 2)       (4)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022)                 EKONOMIE V1                                       13

 4.4    Bespreek massaproduksie en doeltreffendheid as gevolge van
        internasionale handel.

        Massaproduksie
        • Indien binnelandse vraag by buitelandse vraag gevoeg word, maak dit
          grootskaalse produksie (massaproduksie) moontlik 
        • Die vervaardiging van vervaardigde goedere vereis dat dit op groot
          skaal moet plaasvind om dit bekostigbaar en winsgewend te
          maak, bv. vervaardiging van rekenaars, selfone, motors ens. 
        • Klein lande kan net met groter lande meeding as hulle spesialiseer en
          suksesvol uitvoer. 
        • Suid-Afrikaanse besighede voer na Afrika-lande uit  (Enige 2 x 2)

        Doeltreffendheid
        • Onbeperkte internasionale handel verhoog mededinging 
        • Mededinging verhoog doeltreffendheid aangesien dit onnodige koste en
           vermorsing/verkwisting uitskakel en verminder 
        • Verhoogde doeltreffendheid lei tot laer koste en laer pryse 
        • Laer pryse beteken dat dieselfde inkomste meer goedere en dienste
           kan koop  wat tot ŉ verhoogde lewenstandaard lei 
        (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (Enige 2 x 2) (4 + 4)      (8)

 4.5    Verduidelik die uitdagings in die implementering van ŉ beskermings-
        beleid

        ŉ Beskermingsbeleid het die volgende uitdagings:

        •  nywerhede wat beskerming gekry het, is geneig om daarvan afhanklik
           te raak en kan nooit finansieel daarsonder voortbestaan nie 
        • sommige nywerhede is nie beskerm teen prysverlaging / storting van
           buitelandse goedere en dienste nie  byvoorbeeld die storting van
           hoender deur die VSA 
        • die styging in werkloosheidsyfers (35%) het die lewenstandaard
           benadeel as gevolg van ŉ laer vraag wat ŉ negatiewe impak op
           plaaslike produksie 
        • die nadele van hoër pryse teenoor die voordele van laer ingevoerde
           pryse is moeilik om op die lang termyn op te weeg 
        • beskerming moedig grootliks invoervervanging aan wat ekonomiese
           groei en werkskepping demp 
        • dit is moeilik vir die regering om te bepaal wanneer om beskerming uit
           te faseer, want as dit te vroeg gedoen word, sal dit die industrieë
           kwesbaar laat 
        • die inflasiespiraal word geaktiveer, want die koste verbonde aan
           beskerming beteken dat plaaslik vervaardigde goedere duurder is as
           ingevoerde goedere 
        • dit is moeilik om nuwe bedrywe te identifiseer wat moontlik tydelike
           beskerming verleen 
        (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)          (Enige 4 x 2)     (8)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                              EKONOMIE V1                           (EC/SEPTEMBER 2022)

AFDELING C

VRAAG 5: MAKRO-EKONOMIE

 • Bespreek in detail die kenmerke onderliggend aan vooruitsskatting van
   sakesiklusse                                                (26 punte)
 • Ontleed die negatiewe impak van sakesiklusse op die ekonomie.
                                                               (10 punte)

 INLEIDING

 Besigheidsiklusse kan gebruik word om ekonomiese voorspellings te maak
 (voorspel toekomstige gebeure) / ŉ Besigheidsiklus kan as opeenvolgende
 periodes van toenemende en dalende ekonomiese aktiwiteite beskryf word. 
 (Aanvaar enige ander korrekte relevante inleiding.)                                  (2)

 INHOUD: HOOFDEEL

 Leidende ekonomiese aanwysers 
 • Dit is aanwysers wat verander voordat die ekonomie verander/met die
    verwysingsdraaipunt saamval. 
 • Hulle gee verbruikers, besighede en beleidmakers ŉ blik op waarheen die
    ekonomie op pad is. 
 • Hulle bereik die hoogtepunt voordat die ekonomie die hoogtepunt bereik. 
 • Belangrikste tipe aanwyser om ekonome te help om te voorspel hoe die
    ekonomie in die toekoms gaan wees. 
 • Wanneer hierdie aanwysers welvaart toon, sal die vlak van ekonomiese
    aktiwiteite ook oor ŉ paar maande styg  bv. aantal nuwe voertuie verkoop,
    werklike uitvoere van goedere, ens. 

 Samevallende ekonomiese aanwysers 
 • Hulle beweeg op dieselfde tyd as die ekonomie. As die draaipunt van ŉ
   spesifieke tydreeksveranderlike saamval met die verwysingsdraaipunt. 
 • Dit dui die huidige stand van die ekonomie aan  bv. kleinhandelverkope. 
 • As die sakesiklus ŉ hoogtepunt bereik en dan begin daal, sal die waarde van
   kleinhandelverkope ŉ hoogtepunt bereik en dan terselfdertyd begin daal. 

 Sloerende aanwysers 
 • Hulle verander nie van rigting tot nadat die sakesiklus sy rigting verander het
    nie. 
 • Hulle dien om die gedrag van samevallende aanwysers te bevestig  bv.
    nuwe masjinerie verkoop.
 • As die sakesiklus die hoogtepunt bereik en begin daal, is ons in staat om die
    waarde van nuwe masjinerie wat verkoop word, te voorspel. 

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022)                 EKONOMIE V1                                           15

 Saamgestelde aanwysers 
 • Dit is ŉ groepering van verskeie aanwysers van dieselfde soort in ŉ enkele
   waarde. 
 • Die enkele syfer vorm die norm vir ŉ land se ekonomiese prestasie. 

 Lengte 
 • Dit is die tyd wat dit neem vir ŉ sakesiklus om deur een volledige siklus te beweeg.
    Dit word gemeet van piek tot piek/trog tot trog. 
 • Dit is nuttig om die lengte te ken omdat die lengte geneig is om met verloop van
    tyd relatief konstant te bly. 
 • As sakesiklusse langer is, beskou ons die ekonomie as sterk. 

 Amplitude 
 • Dit is die verskil tussen die totale uitset tussen ŉ piek en ŉ trog. 
 • Dit meet die afstand van die ossillasie van ŉ veranderlike vanaf die tendenslyn. Dit
   is die intensiteit van die opswaai en afswaai in ekonomiese aktiwiteit. 
 • Hoe groter die amplitude, hoe meer drasties is die veranderinge wat kan
   voorkom. 
 Tendens 
 • ŉ Tendens is die algemene rigting waarin die ekonomie beweeg 
 • Dit het gewoonlik ŉ positiewe helling omdat die produksievermoë van die
    ekonomie mettertyd toeneem. 
 • Tendense is nuttig omdat dit die algemene rigting aandui waarin die ekonomie op
    pad is. Dit dui die tempo van toename of afname in die vlak van uitset aan. 
 Ekstrapolasie 
 • Dit is die tegniek om vorige data te gebruik om voorspellings oor die toekoms te
    maak. 
 • Dit word ook gebruik om ekonomiese voorspellings in ander omgewings te
    maak  bv. voorspelling van toekomstige aandeelprys. 
 Bewegende gemiddelde 
 • Dit is ŉ statistiese analitiese hulpmiddel wat gebruik word om die veranderinge in
    ŉ data reeks oor ŉ tydperk te ontleed. 
 • Bewegende gemiddeldes kan vir die afgelope drie maande bereken word om enige
    geringe fluktuasies uit te stryk. 
 (Aanvaar enige ander relevante en korrekte antwoord.)
 (Beide subopskrifte en voorbeelde word tot ŉ maksimum van 8 punte nagesien)
                                                                               Maks.           (26)
 ADDISIONELE DEEL

 •   Tydperke van vinnige groei in BBP lei tot inflasie met verskeie ekonomiese koste
     wat tot ŉ resessie lei 
 •   ŉ Inkrimping in die ekonomie veroorsaak dat totale vraag afneem wat weer ŉ
     afname in aanbod veroorsaak 
 •   In ŉ wêreldwye resessie neem die vraag van ander lande na Suid-Afrikaanse
     produkte af 
 •   Resessie verteenwoordig ŉ groot vermorsing van hulpbronne en lang tydperk van
     werkloosheid wat ook dan tot ŉ verlies aan arbeidsproduktiwiteit lei. 
 •   Die onsekerheid wat deur sakesiklusse geskep word, veroorsaak laer investering
     en dit kan tot laer langtermyn ekonomiese groei lei. 

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
16                              EKONOMIE V1                             (EC/SEPTEMBER 2022)

 •  In ŉ resessie gaan ondoeltreffende firmas uit besigheid en
    werkloosheid neem toe
 • In ŉ wêreldwye resessie neem die vraag van ander lande na Suid-Afrikaanse
    produkte af. 
 • Die vraag na die rand neem af, die randwisselkoers depresieer. 
 • Sakesiklusse raak oor die algemeen ekonomies kwesbare mense meer as
    die res van die bevolking. 
 • Mense wat ekonomies kwesbaar is ly die meeste wanneer lewenstandaarde
    daal tydens ŉ resessie 
 • Daar is minder geld om te bestee aan maatskaplike opheffingsprojekte en
    toelaes om mense in nood by te staan. 
 (Aanvaar enige korrekte relevante antwoord.)                          Maks.         (10)

 SLOT

 Variasies in die land se monetêre en fiskale beleid is ŉ belangrike maatstaf wat
 die regering kan gebruik om sakesiklusse te bestuur.
 (Aanvaar enige hoër-orde relevante gevolgtrekking.)                      Maks.       (2)
                                                                                     [40]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022)                  EKONOMIE V1                                       17

 VRAAG 6: EKONOMIESE STREWES
 • Bespreek in detail die Suid-Afrikaanse groei- en ontwikkelingsbeleide en
   strategiese inisiatiewe.                                      (26 punte)
 • Evalueer die privaat-openbare vennootskap in die bereiking van
   ekonomiese groei en ontwikkeling.                             (10 punte)
 INLEIDING

 Verskillende groei- en ontwikkelingstrategieë is sedert 1994 in Suid-Afrika
 geïmplementeer, elk wat daarop gemik is om spesifieke behoeftes ten tye van
 bekendstelling aan te spreek.
 (Aanvaar enige korrekte relevante inleiding.)                                         (2)
 INHOUD: HOOFDEEL
 Heropbou- en Ontwikkelingsbeleid (HOP) 
 • Die HOP-strategie was om armoede te verlig en die ongelykhede en tekorte in
   maatskaplike dienste aan te spreek deur te fokus op werkskepping, welsyn,
   behuising, vervoer, grondhervorming, gesondheidsorg, onderwys, opleiding,
   water en sanitasie. 
 • Die behuisingsinfrastruktuur van die meerderheid van die mense het begin
   verbeter 
 • Meer elektrifisering van die landelike gemeenskappe is in plek gestel 
 • Die HOP-program het die oorspronklike roetekaart vir ekonomiese groei en
   ontwikkeling van die land geword 
 • Dit was ŉ sosio-ekonomiese beleidsraamwerk wat as ŉ goue draad in elke
   regeringsplan deurgeloop het 
 • Gehelp met die ontwikkeling van menslike hulpbronne wat die ekonomie die
   nodigste vir ontwikkeling benodig 
 Groei, Indiensneming en Herverdelingbeleid (GEAR) 
 • Die strategie was om ekonomiese ontwikkeling te versterk, inkomste te
   herverdeel en sosio-ekonomiese geleenthede vir die armes te skep. 
 • Het groter finansiële dissipline en makro-ekonomiese stabiliteit meegebring. 
 • Daar was werklike vermindering in fiskale tekort (minder as 3% in terme van
   internasionale maatstawwe). 
 • Inflasie het meestal tot binne die inflasieteikens gedaal. 
 • Buitelandse valutareserwes het in die meeste opsigte toegeneem. 
 • GEAR het nie daarin geslaag om volhoubare werksgeleenthede te skep en
   rykdom meer eweredig te herverdeel nie 
 Nasionale Vaardigheidsontwikkelingstrategie (NVOS) 
 • Hierdie beleid verskaf die raamwerk vir vaardigheidsontwikkeling in die
   werkplek.
 • JIPSA is ŉ kort- tot mediumtermyn-meganisme om die doelwitte van die NVOS
   te bespoedig  en om die aanleer van vaardighede wat nodig is vir versnelde
   en gedeelde groei te prioritiseer 
 Drie prosesse vir implementering:
 • Dit fokus op produktiewe burgers 
 • Fokus op billikheid  kwaliteit opleiding  en vaardigheidsontwikkeling in die
   werkplek 
 • Fokus op institusionele leer 
Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
18                             EKONOMIE V1                           (EC/SEPTEMBER 2022)

 Versnelde en Gedeelde Groei-inisiatief vir Suid-Afrika (ASGISA) 
 • Asgisa se doelwit was om regeringsinisiatief met ekonomiese ontwikkeling te
   koordineer 
 • AsgiSA het daarin geslaag om meer werk te skep wat gelei het tot verhoogde
   lone en verbruik 
 • Dit het die lewenstandaard van sommige burgers verbeter 
 • Dit het werkloosheidskoersvlakke effens verlaag deur die Uitgebreide Openbare
   Werke-program (EPWP) 
 • AsgiSA het ook gepoog om ekonomiese groei te verhoog hoewel Suid-Afrika
   steeds hoë vlakke van werkloosheid ervaar, veral onder die jeug 

 Gesamentlike Inisiatief oor die Verwerwing van Voorkeurvaardighede
 (JIPSA) 
 • dit is die vaardigheidsbemagtigingsarm van AsgiSA 
 • die inisiatief is in 2006 van stapel gestuur om die land se chroniese
    probleemareas aan te spreek: werkloosheid en die vaardigheidstekort 

 Uitgebreide Openbare Werke-programme (UOWP)
 • Dit is ŉ landwye regeringsingryping om werk te skep deur arbeidsintensiewe
    metodes te gebruik, 
 • om mense vaardighede aan te leer wat hulle kan om werk te kry wanneer hulle
    werk in die UOWP klaar is. 

 Dit doen dit deur:
 • Gee werklose mense toegang tot tydelike werk. 
 • Help werklose mense deur vaardigheidsprogramme en werkservaring. 
 • Verseker dat werklose mense ŉ toelae ontvang vir enige werk wat hulle as deel
     van die UOWP voltooi het. 
 • Verbetering van UOWP-deelnemers se kanse om werk te kry of hul eie
     besighede te begin. 

 UOWP fokus op vier sektore:
 • Infrastruktuursektor – Werksgeleenthede binne hierdie sektor fokus meer op
   arbeidsverwante aktiwiteite soos instandhoudingsprogramme. 
 • Nie-staatsektor  – gelei deur die Independent Development Trust (IDT) verskaf
   befondsing aan NRO's om gereelde deeltydse werk met gereelde inkomste te
   verskaf 
 • Omgewings- en Kultuursektor  – Hierdie sektor skep werk deur uitheemse
   plantegroei skoonmaakprojekte, vleiland rehabilitasieprogramme, afvalbestuur
   en gemeenskapstoerisme projekte. 
 • Die sosiale sektor  – fokus om die kwaliteit van tuisversorging en vroeë
   kinderontwikkelingsprogramme te verhoog 

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022)                EKONOMIE V1                                        19

 Die Nuwe Groeipad(NGP) 
 • Dit het ten doel om groei te bevorder om werk en groter gelykheid te
    bewersktellig 
 • Dit is in Oktober 2010 aangekondig en die hooffokus was om 5 miljoen
    werksgeleenthede oor die volgende 10 jaar te skep 
 Sleutel-areas waar werk geskep kan word:
 • Infrastruktuuruitbreiding met beleggings in vyf belangrike fisiese en sosiale
    infrastruktuurareas  naamlik energie, vervoer, kommunikasie, water en
    behuising 
 • Die landbou waardeketting deur die hoë koste van kunsmis en ander insette aan
    te spreek  en deur verwerking en uitvoerbemarking te bevorder 
 • Die mynbouwaardeketting deur mineraalontginning te verhoog wat infrastruktuur
    en vaardigheidsontwikkeling verbeter 
 • en die ondersteuning van die veredeling op die finale vervaardiging van
    verbruikers en kapitaalgoedere  waardeur minerale plaaslik tot hoërwaarde
    produkte verwerk word eerder as om rou minerale uit te voer om na die buiteland
    verwerk te word 
 • sodoende werk te skep en welvaart te genereer 
 • Die groen ekonomie deur die uitbreiding van konstruksie en produksie van
     tegnologieë  vir sonenergie, windenergie en biobrandstof 
 • Vervaardigingsektore deur innovasie, sterk vaardigheidsontwikkeling, verlaagde
     insetkoste en verhoogde navorsings- en ontwikkelingsinvestering 
 •   Toerisme en sekere hoëvlakdienste 
 Nasionale Ontwikkelingsplan (NOP) 
 • Beoog om armoede teen 2030 uit te skakel en ongelykheid te verminder 
 Drie prioriteite staan uit:
 • Verhoging van indiensneming deur vinniger ekonomiese groei 
 • Verbetering van die gehalte van onderwys, vaardigheidsontwikkeling en
     innovasie 
 • Die bou van die staat se vermoë om ŉ ontwikkelings-, transformerende rol te
     speel. 
 Om die akute uitwerking van armoede op miljoene Suid-Afrikaners oor die kort
 termyn te verminder, stel die plan voor om:

 •   Stel aktiewe arbeidsmarkbeleide en aansporings in om indiensneming te laat
     groei, veral vir jongmense en in sektore wat relatief lae geskoolde mense in
     diens neem. 
 •   Brei openbare indiensnemingsprogramme uit tot 1 miljoen deelnemers teen
     2015 en 2 miljoen teen 2020 
 •   Versterk primêre gesondheidsorgdienste en verbreed distriksgebaseerde
     gesondheidsprogramme, soos die gemeenskaps gesondheidswerker- en
     vroedvrou programme, en gesondheidsopvoeding. 
 •   Brei welsynsdienste en openbare indiensnemingskemas uit, wat die staat in
     staat stel om arm gemeenskappe te bedien en te ondersteun, veral dié met hoë
     vlakke van misdaad en geweld. 
 •   Stel ŉ voedingsprogram vir swanger vroue en jong kinders bekend en brei vroeë
     kinderontwikkelingsdienste uit vir kinders onder vyf. 
 •   Verbeter die gehalte van onderwys in onderpresterende skole en kolleges vir
     verdere onderwys en opleiding. 

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
20                              EKONOMIE V1                            (EC/SEPTEMBER 2022)

 •   Bevorder gemengde behuisingstrategieë en meer kompakte stedelike
     ontwikkeling om mense te help om toegang tot openbare ruimtes en fasiliteite,
     werk en sakegeleenthede te kry. 
 •   Belê in openbare vervoer, wat lae-inkomste huishoudings sal bevoordeel deur
     mobiliteit te fasiliteer.                                         Maks.         (26)

 Swart Ekonomiese Bemagtiging (SEB) 
 • SEB het daarin geslaag om sommige swartes deur die stelsel te bemagtig deur
    in senior poste in beide die openbare en private sektor aangestel te word 
 • Dit het baie voorheen benadeelde mense aktief by die ekonomie van die land
    betrek 
 • Dit het geleenthede geskep vir jong opkomende entrepreneurs om die
    sakewêreld te betree 
 • Dit het toeganklikheid van oop besigheidsgeleenthede in die verskillende
    sektore van die ekonomie gebied 
 • Swart Ekonomiese Bemagtiging het alle Suid-Afrikaners bevoordeel, hoewel die
    stelsel deur ŉ paar met korrupte neigings misbruik is 
 • Dit het waardevolle hulpbronne regverdig toegewys, maar nepotisme en
    wydverspreide korrupsie het gelei tot waardevolle hulpbronvermorsing 
 (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoorde.)                         Maks.     (26)
 Bevorderingsprogram vir kleinsake ontwikkeling
 • Om onderstering te bied en sodoende groei van klein besigheid te bevorder
 • Om te verseker dat nuwe entrepreneurs behoorlik gementoor, ondersteun en
   gekoester word om KMMO’s aan sthe moedig.
 • KMMO’s word deur die regering erken as krities vir die groei en ontwikkeling van
   die ekonomie.
 ADDISIONELE DEEL

 Positiewes
 • Hulle help om onvoldoende infrastruktuur wat ekonomiese groei beperk, veral
    in ontwikkelende lande te oorkom deur private sektor bronne te mobiliseer en
    voldoende instandhouding te verseker 
 • Hulle dien as ŉ instrument om op markmislukkings te reageer terwyl die risiko
    van regeringsmislukking tot die minimum beperk word 
 •  Dit lei tot vinniger projekvoltooiings en verminderde vertragings op
    infrastruktuur projekte deur tyd-tot-voltooiing in te sluit as ŉ maatstaf van
    prestasie en dus van wins. 
 • Innoverende ontwerp- en finansieringsbenaderings word beskikbaar gestel
    wanneer die twee entiteite saamwerk. 
 • Die operasionele en projekuitvoeringsrisiko's word van die regering na die
    private deelnemer oorgedra, wat gewoonlik meer ondervinding in kostebeheer
    het. 
 • Deur die doeltreffendheid van die regering se belegging te verhoog, laat dit
    staatsfondse toe om na ander belangrike sosio-ekonomiese gebiede herlei te
    word.
 • Die groter doeltreffendheid van PPP's verminder staatsbegrotings en
    begrotingstekorte. 

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022)                 EKONOMIE V1                                         21

 Negatiewe
 • Elke publiek-private vennootskap hou risiko's in vir die private deelnemer, wat
    redelikerwys verwag om vergoed te word vir die aanvaarding van daardie
    risiko's. Dit kan staatskoste verhoog. 
 • ŉ Beperkte aantal private entiteite wat die vermoë het om ŉ projek te voltooi,
    kan die mededingendheid wat vir kostedoeltreffende vennootskap vereis word,
    beperk. 
 • As die kundigheid in die vennootskap baie aan die private kant lê, is die
    regering inherent benadeel.  Dit kan byvoorbeeld nie in staat wees om die
    voorgestelde koste akkuraat te bepaal nie. 
 • Sommige projekte kan polities of sosiaal meer uitdagend wees om in te stel en
    te implementeer as ander – veral as daar ŉ bestaande openbare sektor
    werksmag is wat vrees om na die private sektor oorgeplaas te word. 
 • Regeringsverantwoordelikheid duur voort – burgers sal voortgaan om die
    regering verantwoordelik te hou vir die kwaliteit van nutsdienste. 
 • (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoorde.)                      Maks.      (10)

 SLOT

 Suid-Afrika het sedert sy oorgang na demokrasie in 1994 groot pogings aangewend
 om die welstand van sy burgers te verbeter, maar vordering het in die laaste dekade
 verminder. 
 (Aanvaar enige ander relevante hoër-orde gevolgtrekking)                      Maks.     (2)

                                                           TOTAAL AFDELING C:            40
                                                               GROOTTOTAAL:             150

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

## Related documents

- [ECONOMICS P1 GR12 MEMO SEPT2021 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr12-memo-sept2021-afrikaans/be8a315c-3850-4a12-a242-cce45d9f946b) — Economics · Memo · 2021 · Afr
- [ECON P2 GR12 QP SEPT2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/econ-p2-gr12-qp-sept2022-afrikaans/4dfd489d-79be-494e-a2cf-f0b51ee8c5e1) — Economics · QP · 2022 · Afr
- [Gr12 Economics P1 (Afrikaans) SEP 2022 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr12-economics-p1-afrikaans-sep-2022-question-paper/4b579af8-e0b1-4689-a729-7d9986eea052) — Economics · QP · 2022 · Afr
- [ECONOMICS P1 GR12 QP SEPT2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr12-qp-sept2017-afrikaans/5e40d41d-6537-4b4d-9803-062fd519c72e) — Economics · QP · 2017 · Afr
- [ECONOMICS P2 MEMO GR12 SEPT2014 AFRIKAANS](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-memo-gr12-sept2014-afrikaans/f49aa136-8785-408e-90f0-b03837af7a8f) — Economics · Memo · 2014 · Afr
- [Economics 2022 NW Prelim P1 Memo](https://www.hlayiso.com/library/economics-2022-nw-prelim-p1-memo/105428ec-9423-46fd-b646-21f31fb92d02) — Economics · Memo · 2022

## More from Grade 12 Economics

- [ECONOMICS P2 GR12 QP JCT 2025 AFR D watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-gr12-qp-jct-2025-afr-d-watermark/3dba3588-624d-493b-bc60-00d7e2783cae) — QP · 2025 · Afr
- [Economics Grade 12 NSC P1 QP September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-12-nsc-p1-qp-september-2025-free-state/4def59dd-ebf4-4191-89e7-2b6d4609d6cc) — QP · 2025
- [Economics Grade 12 NSC P1 QP September 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-12-nsc-p1-qp-september-2025-mpumalanga/5449d7a4-548e-416d-91b4-1da462710798) — QP · 2025
- [Economics Grade 12 NSC P2 QP September 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-12-nsc-p2-qp-september-2025-mpumalanga/efbb0e99-1236-496b-bc64-5b31b3784493) — QP · 2025
- [Economics P1 May-June 2025 Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-may-june-2025-afr/e9c77643-7f83-42e3-b28d-cf84e96050ca) — QP · 2025 · Afr
- [Economics P2 May-June 2025 Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-may-june-2025-afr/4c93e067-5237-46b7-ab21-5c2cea219788) — QP · 2025 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
