# Economics Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2022 QP (Afr)

> Grade 12 Economics Paper 1 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2022 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-r12-qp-sept2022-afrikaans/58dca883-68cb-42d7-a153-1fdb3275e50b
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Economics
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2022
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 12

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/economics) › [Economics Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2022 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-r12-qp-sept2022-afrikaans/58dca883-68cb-42d7-a153-1fdb3275e50b)

## About this document

Economics · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2022 · Afrikaans. Question paper, 12 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                          NASIONALE
                      SENIOR SERTIFIKAAT

                               GRAAD 12

                       SEPTEMBER 2022

                          EKONOMIE V1

PUNTE:   150

TYD:     2 uur

                      Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                         EKONOMIE V1               (EC/SEPTEMBER 2022)

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 1.    Beantwoord VIER vrae soos volg in die ANTWOORDEBOEK:

       AFDELING A: VERPLIGTEND
       AFDELING B: Beantwoord enige TWEE van die drie vrae
       AFDELING C: Beantwoord EEN van die twee vrae

 2.    Beantwoord slegs die vereiste aantal vrae. Antwoorde wat die vereiste
       nommer oorskry, sal NIE nagesien word NIE.

 3.    Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
       vraestel gebruik word.

 4.    Skryf die vraagnommer boaan elke antwoord neer.

 5.    Lees die vrae aandagtig deur.

 6.    Begin ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy.

 7.    Laat 2–3 reëls tussen onderafdelings van vrae.

 8.    Beantwoord die vrae in volsinne en maak seker dat die formaat, inhoud en
       konteks van jou antwoorde aan die kognitiewe vereistes van die vrae
       voldoen.

 9.    Gebruik slegs swart of blou ink.

 10.   Jy mag ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

 11.   Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022)                      EKONOMIE V1                                         3

AFDELING A (VERPLIGTEND)                                 30 PUNTE – 20 MINUTE

VRAAG 1

1.1   Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
      Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A‒D) langs die vraagnommers
      (1.1.1 tot 1.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.9 D.

      1.1.1     Nasionale inkomste sal toeneem wanneer …

                A      I + G + X = S + T + M.
                B      I + G + X > S + T + M.
                C      I + G + X < S + T + M.
                D      I + G + X – S + T + M.

      1.1.2     Die tipe sakesiklus wat veroorsaak word deur veranderinge in netto
                beleggings deur die regering en besighede word ... genoem.

                A      Kondratieff
                B      besigheid
                C      Jugler
                D      Kitchin

      1.1.3     Die kenmerk van mislukking in die openbare sektor waar die
                regering inflasie- en groeiteikens mis, hou met ... verband.

                A      oneffektief
                B      die Pareto-doeltreffendheid
                C      ondoeltreffendheid
                D      burokrasie

      1.1.4     ŉ Styging in uitvoerpryse toon ŉ … in terme van handel van ŉ land.

                A      verbetering
                B      agteruitgang
                C      balans
                D      onewewig

      1.1.5     ŉ Maatreël om die aanbodkantbenadering te stimuleer is die ...

                A      monetêre beleid.
                B      inflasie-teikening.
                C      fiskale maatreëls.
                D      koste om besigheid te doen.

      1.1.6     ŉ Beste internasionale praktyk kriteria wat daarop fokus om te
                verseker dat die voordele van een streek oorspoel na ander
                nywerhede en gebiede is ...

                A      goeie bestuur.
                B      integrasie.
                C      die voorsiening van hulpbronne.
                D      vennootskappe.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                          EKONOMIE V1                    (EC/SEPTEMBER 2022)

      1.1.7    Die kategorie geldvoorraad wat bestaan uit note en munte in
               omloop en aanvraagdeposito's van die binnelandse private sektor
               by banke is …
               A      M2.
               B      M3.
               C      M1.
               D      M3+
      1.1.8    ŉ Handelsprotokol waar lidlande die vrye beweging van
               produksiefaktore tussen lidlande toelaat, is die (ŉ) …
               A      ekonomiese unie.
               B      doeane-unie.
               C      vryhandelsgebied.
               D      gemeenskaplike mark.                                  (8 x 2)    (16)
 1.2 Kies ŉ beskrywing uit KOLOM B wat by die item in KOLOM A pas. Skryf
     slegs die letter (A–I) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.8) in die
     ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.2.9 J.

                KOLOM A                                 KOLOM B
      1.2.1    Vermenigvuldiger        A     herverdeling van inkomste en rykdom
      1.2.2    Eksogene benadering     B     waarde van geldeenhede wat deur
                                             markkragte bepaal word
      1.2.3    Beheerde                C     regstellingsprogram as gevolg van
               wisselkoerse                  diskriminerende wette in die verlede

      1.2.4    Ekonomiese billikheid   D     ŉ klein aanvanklike toename in
                                             besteding produseer ŉ proporsioneel
                                             groter toename in totale nasionale
                                             inkomste
      1.2.5    Embargo                 E     geniet aansporings soos belasting-
                                             verligting en ondersteuningstelsels
                                             om       nywerheidsontwikkeling  te
                                             bevorder.

      1.2.6    Grondrestitusie         F     onafhanklike       faktore      wat
                                             sakesiklusse beïnvloed en buite die
                                             ekonomie ontstaan

      1.2.7    Spesiale ekonomiese     G     stelsel wat die waarde van
               sones                         geldeenheid     toelaat om     op
                                             markkragte te reageer met sentrale
                                             bankintervensies
      1.2.8    Wêreldbank              H     ŉ amptelike staatsverbod op handel
                                             met ŉ bepaalde land

                                       I     ŉ internasionale instelling wat gestig
                                             is om ekonomiese herstel en
                                             ontwikkeling te bevorder
                                                                             (8 x 1)   (8)
Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022)                   EKONOMIE V1                                            5

 1.3    Gee EEN term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term
        langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.6) in die ANTWOORDEBOEK
        neer. Afkortings, akronieme en voorbeelde sal NIE aanvaar word NIE.

        1.3.1    ŉ Voorstelling van die ekonomie wat wys hoe die ekonomiese
                 deelnemers met mekaar omgaan

        1.3.2    Goedere verskaf deur die staat wat ondervoorsien sou word as
                 dit heeltemal aan markkragte oorgelaat word

        1.3.3    ŉ Doelbewuste afname in die waarde van ŉ land se geldeenheid
                 in vergelyking met ŉ ander

        1.3.4    ŉ Toename in ŉ land se reële bruto binnelandse produk

        1.3.5    Arbeidsmag tussen die ouderdomme van 15 en 65 wat bereid en
                 in staat is om arbeid te verskaf vir die produksie van goedere en
                 dienste

        1.3.6    ŉ Landstreek wat ŉ deurgang vorm wat toegang van een gebied
                 na ŉ ander toelaat                                    (6 x 1)          (6)

                                                         TOTAAL AFDELING A:             30

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                             EKONOMIE V1                          (EC/SEPTEMBER 2022)

 AFDELING B

 VRAAG 2: MAKRO-EKONOMIE                                         40 PUNTE – 30 MINUTE

 2.1    Beantwoord die volgende vrae.

        2.1.1    Noem enige TWEE kenmerke van die fiskale beleid.                      (2 x 1)     (2)

        2.1.2    Hoe sal ŉ positiewe vermenigvuldigingseffek die ekonomie
                 beïnvloed?                                               (1 x 2)                  (2)

 2.2    Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                              BETALINGSBALANSTEKORT

                         B

                                                                     A

                [Aangepas uit https://ecoaim.in/2020/07/12/how-disequilibrium-can-be-corrected/.
                                                         Toegang op 21 November 2021 verkry.]

        2.2.1     Watter letter verteenwoordig invoere in die data hierbo?                         (1)

        2.2.2     Watter internasionale instelling kan lande met fondse help om
                  fundamentele tekort reg te stel?                                                 (1)

        2.2.3     Beskryf kortliks die term betalingsbalans.                                       (2)

        2.2.4     Verduidelik die verband tussen die wisselkoers van ŉ land en sy
                  betalingsbalans.                                                                 (2)

        2.2.5     Waarom is dit belangrik om ŉ land se betalingsbalansdata te
                  ontleed?                                             (2 x 2)                     (4)

Kopiereg voorbehou                                                                    Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022)                         EKONOMIE V1                                               7

 2.3    Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

          DIE STELSEL VAN NASIONALE REKENINGE, HERBASERING EN
                            MAATSTAFKRITERIA

        Alle lande produseer hul makro-ekonomiese statistieke deur ŉ reeks
        internasionale riglyne te gebruik. Die internasionale goudstandaard vir die
        samestelling van nasionale rekeninge is die Stelsel van Nasionale
        Rekeninge, 2008 (SNR 2008).

        Statistieke Suid-Afrika (Stats SA) saam met die SARB het die land se
        bruto binnelandse produk (BBP) herbaseer (nuwe basisjaar) en nuwe
        maatstawwe toegeken. BBP is die bekendste en algemeenste kenmerk
        van die nasionale rekeninge.

                      [Aangepas uit www.statssa.gov.za. Toegang op 15 Desember 2021 verkry.]

        2.3.1    Noem enige EEN metode om die bruto binnelandse produk te
                 bereken.                                                                        (1)

        2.3.2    Wat word op produkte in ag geneem wanneer basiese pryse na
                 markpryse omgeskakel word?                                                      (1)

        2.3.3    Beskryf kortliks die term bruto binnelandse produk.                             (2)

        2.3.4    Hoe kan ekonome die akkuraatheid van BBP-syfers verseker?                       (2)

        2.3.5    Waarom is reële BBP ŉ voorkeurmaatstaf van ekonomiese groei
                 eerder as nominale BBP?                             (2 x 2)                     (4)

 2.4    Verduidelik met behulp van ŉ goed-gemerkte Laffer-kurwe die verband
        tussen ŉ belastingkoersverhoging en die effek daarvan op
        staatsinkomste.                                                                          (8)

 2.5    Hoe bevoordeel finansiële markte die ekonomie?                               (4 x 2)    (8)
                                                                                               [40]

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                           EKONOMIE V1                         (EC/SEPTEMBER 2022)

VRAAG 3: EKONOMIESE STREWES                                 40 PUNTE – 30 MINUTE

3.1   Beantwoord die volgende vrae.

      3.1.1    Noem enige TWEE dienste wat as sosiale aanwysers beskou word.
                                                                       (2 x 1)                   (2)

      3.1.2    Hoe verbeter Spesiale Ekonomiese Sones nywerheidsontwikkeling?
                                                                       (1 x 2)                   (2)

3.2   Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                          SUID-AFRIKA SE
                                          HANDELSBELEID                       INVOERE
              UITVOER                         Suid-Afrika was ŉ
                                                                                  Die
           BEVORDERING                   WHO-lid sedert 1995 en ŉ
                                                lid van GATT
                                                                            belangrikste
              SA se top
                                                 sedert 1948.                invoere van
            uitvoere word
                                        In November 2021 het Suid-          S.A. is ru- en
             meestal na
                                              Afrika ŉ positiewe               verfynde
              China, die
                                          handelsbalans van ZAR               petroleum,
              Verenigde
                                             29,6 miljard gehad.              motors en
              Koninkryk,                   Uitvoere het met 18,7%              voertuig-
            Duitsland, die                  gestyg en invoer met            onderdele en
           Verenigde State                24,5% tussen Nov. 2020                goud.
               en Indië                         en Nov. 2021.
               uitgevoer
                                                 en NO
                                                  and
                                                Nov 2021.
      Regerings gebruik die Wêreldhandelsorganisasie om die reëls wat internasionale
      handel reguleer, te vestig, hersien en af te dwing.
                          [Aangepas uit https://oec.world. Toegang op 13 Oktober 2021 verkry.]

      3.2.1    Noem enige EEN van Suid-Afrika se top-uitvoerprodukte.                            (1)

      3.2.2    Watter internasionale organisasie reguleer tans vrye handel tussen
               lande?                                                                            (1)

      3.2.3    Beskryf kortliks die term uitvoerbevordering.                                     (2)

      3.2.4    Verduidelik ŉ     rede     waarom     die    regering    uitvoerbevordering
               ondersteun.                                                                       (2)

      3.2.5    Hoe dra vryhandel tot verbeterde ekonomiese groei by?                  (2 x 2)    (4)

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022)                          EKONOMIE V1                                                9

3.3    Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

          R50 BILJOEN IN NUWE SUID-AFRIKAANSE BELEGGINGS
       Die nuwe beleggings van R50 miljard wat deur Franse maatskappye in Suid-
       Afrika aangekondig is, volg op ŉ belegging van R20 miljard in 2019. Die
       verskillende sektore wat daarby sal baat vind sluit vervaardiging en die
       landbou-industrie in.

       Die twee lande het ooreengekom om saam te werk om investering te
       bevorder wat nywerheidsontwikkeling ondersteun.

       Behoorlike sakevriendelike beleide wat hawedoeltreffendheid insluit, sal die
       posisie van Suid-Afrika as die beleggingsentrum op die Afrika-vasteland
       verder versterk.

                      [Aangepas uit engineeringnews.co.za. Toegang op 26 Augustus 2021 verkry.]

       3.3.1    Noem enige EEN nywerheidsontwikkelingsbeleid in Suid-Afrika.                       (1)

       3.3.2    Watter finansiële aansporing word gebruik om besighede te lok om
                in die Nywerheidsontwikkelingsones (NOS’e) te werk?                                (1)

       3.3.3    Beskryf kortliks die term industriële ontwikkeling.                                (2)

       3.3.4    Verduidelik die belangrikheid van nywerheidsontwikkeling in Suid-
                Afrika.                                                                            (2)

       3.3.5    Hoe sal streeksontwikkeling in Suid-Afrika die hele Afrika
                bevoordeel?                                                            (2 x 2)     (4)

3.4    Onderskei tussen produksie (produsent)-prysindeks en verbruikers-
       prysindeks as ekonomiese aanwysers.                                                         (8)

3.5    Hoe kan die regering werkloosheid in die ekonomie verminder?                    (4 x 2)     (8)
                                                                                                  [40]

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                                        EKONOMIE V1                       (EC/SEPTEMBER 2022)

 VRAAG 4: MAKRO-EKONOMIE EN EKONOMIESE STREWES
                                        40 PUNTE – 30 MINUTE

 4.1   Beantwoord die volgende vrae.

       4.1.1 Noem TWEE hoof-items wat gebruik word om ŉ handelsbalans te
             bereken.                                               (2 x 1)                  (2)

       4.1.2 Watter effek het subsidies op produksie op bruto toegevoegde
             waarde?                                               (2 x 1)                   (2)

 4.2   Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                        SUID-AFRIKAANSE BEGROTING 2022

       Belastinginvorderings vir die huidige boekjaar het verbeter in vergelyking
       met die laaste mediumtermynbegrotings-beleidsverklaring (MTBBV) wat
       aan die parlement voorgelê is.

                        [Aangepas uit moneyweb.co.za. Toegang op 19 Oktober 2021 verkry.]

       4.2.1 Identifiseer ŉ bron van staatsinkomste uit die data hierbo.                     (1)

       4.2.2 Watter persentasie van openbare skuld tot nominale BBP word as
             die algemene skuldreël aanvaar?                                                 (1)

       4.2.3 Beskryf kortliks die term begroting.                                            (2)

       4.2.4 Wat is die doel van die mediumtermynbegrotings-beleidsverklaring
             (MTBBV)?                                                                        (2)

       4.2.5 Hoe kan die regering sy inkomste verhoog?                           (2 x 2)     (4)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022)                        EKONOMIE V1                                              11

 4.3 Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                                             VERSTEDELIKING
                                                             Suid-Afrika verstedelik baie
                                                             vinnig: Daar word beraam dat
                                                             agt uit 10 mense teen 2050 in
                                                             stedelike gebiede sal woon
                                                             en dit sal die vraag na
                                                             basiese infrastruktuur-
                                                             vereistes verhoog.

               [Aangepas uit https://pmg.org.za/page/Urbanisation en Google images. Toegang op
                                                                           05 April 2022 verkry.]

       4.3.1    Noem EEN rede vir die toename in verstedeliking in Suid-Afrika.                        (1)

       4.3.2    Watter sosio-ekonomiese kwessie kan as gevolg van onbeplande
                verstedeliking ontstaan?                                                               (1)

       4.3.3    Beskryf kortliks die term verstedeliking.                                              (2)

       4.3.4    Verduidelik die negatiewe effek van vinnige verstedeliking op die
                omgewing.                                                                              (2)

       4.3.5    Hoe kan die regering die probleem van onbeplande verstedeliking
                verminder?                                             (2 x 2)                         (4)

 4.4 Bespreek massa produksie en doeltreffendheid as gevolge van
     internasionale handel.                                                                            (8)

 4.5 Verduidelik die uitdagings in die implementering van ŉ beskermingsbeleid.
                                                                      (4 x 2)                        (8)
                                                                                                    [40]

                                                                    TOTAAL AFDELING B:                 80

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                                       EKONOMIE V1                     (EC/SEPTEMBER 2022)

 AFDELING C

 Beantwoord enige EEN vraag van die TWEE vrae in die ANTWOORDEBOEK.

 Jou antwoord sal soos volg geassesseer word:

                                                                         PUNTE-
                     STRUKTUUR VAN OPSTEL
                                                                       TOEKENNING
 Inleiding
  Die inleiding is ŉ laerorde antwoord.
  • ŉ Goeie begin is om die sleutelkonsep wat met die vraag verband      Maks. 2
     hou, te definieer.
  • Moenie enige deel van die vraag by die inleiding insluit NIE.
  • Moenie enige deel van die inleiding by die liggaam insluit NIE.
  • Vermy dit om in die inleiding te noem wat jy in die liggaam gaan
     bespreek.
 Liggaam
 Hoofgedeelte: Bespreek in detail/Diepgaande bespreking/Ondersoek
 /Bespreek krities/Analiseer/Vergelyk/Evalueer/Onderskei/Verduidelik
 /Teken ŉ grafiek en verduidelik/Gebruik die grafiek gegee en
 verduidelik/Voltooi die grafiek gegee/Assesseer/Debatteer              Maks. 26
 ŉ Maksimum van 8 punte kan aan opskrifte/voorbeelde toegeken
 word. Bykomende gedeelte: Bespreek krities/Evalueer/Evalueer
 krities/Debatteer/ Lei af/Vergelyk/Onderskei/Interpreteer/Hoe?/Stel
 voor
 ŉ Maksimum van 2 punte kan vir die blote noem van feite toegeken
 word.                                                                  Maks. 10
 Slot
 Enige hoërorde-slot behoort die volgende in te sluit:
  • ŉ Kort samevatting van dit wat bespreek is, sonder die herhaling
     van enige feite wat reeds genoem is
  • Enige opinie of waardeoordeel oor die feite wat bespreek is
  • Bykomende ondersteunende inligting wat die bespreking/ontleding      Maks. 2
     versterk
  • ŉ Teenstrydige sienswyse met motivering, indien gevra
  • Aanbevelings
 TOTAAL                                                                     40

 VRAAG 5: MAKRO-EKONOMIE                                    40 PUNTE – 40 MINUTE

 • Bespreek in detail die kenmerke onderliggend aan vooruitskatting van
   sakesiklusse                                                  (26 punte)
 • Ontleed die negatiewe impak van sakesiklusse op die ekonomie. (10 punte)              [40]

 VRAAG 6: EKONOMIESE STREWE                                40 PUNTE – 40 MINUTE

 •   Bespreek in detail die Suid-Afrikaanse groei- en ontwikkelingsbeleide en
     strategiese inisiatiewe.                                           (26 punte)
 •   Evalueer die privaat-openbare vennootskap in die bereiking van ekonomiese
     groei en ontwikkeling.                                             (10 punte)       [40]

                                                            TOTAAL AFDELING C:            40
                                                                GROOTTOTAAL:             150

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

## Related documents

- [ECON P2 GR12 QP SEPT2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/econ-p2-gr12-qp-sept2022-afrikaans/4dfd489d-79be-494e-a2cf-f0b51ee8c5e1) — Economics · QP · 2022 · Afr
- [Gr12 Economics P1 (Afrikaans) SEP 2022 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr12-economics-p1-afrikaans-sep-2022-question-paper/4b579af8-e0b1-4689-a729-7d9986eea052) — Economics · QP · 2022 · Afr
- [ECONOMICS P1 GR12 QP SEPT2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr12-qp-sept2017-afrikaans/5e40d41d-6537-4b4d-9803-062fd519c72e) — Economics · QP · 2017 · Afr
- [ECONOMICS P1 GR12 MEMO SEPT2021 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr12-memo-sept2021-afrikaans/be8a315c-3850-4a12-a242-cce45d9f946b) — Economics · Memo · 2021 · Afr
- [Gr12 Economics P2 (Afrikaans) SEP 2022 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr12-economics-p2-afrikaans-sep-2022-question-paper/82e9d47a-c817-4545-9700-e9e2b9b7de9b) — Economics · QP · 2022 · Afr
- [ECONOMICS P2 QP GR12 SEPT2021 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-qp-gr12-sept2021-afrikaans/dd04c2d3-fe9a-483a-8499-6776d07f5cd2) — Economics · QP · 2021 · Afr

## More from Grade 12 Economics

- [Economics P2 Memo Afr watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-memo-afr-watermark/c9d66fa3-0b40-419d-a6f6-d862847d4e82) — Memo · 2025 · Afr
- [Economics P2 May-June 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-may-june-2025-mg-afr/4cc1190f-9c0a-43ea-98bc-3252875816a9) — Memo · 2025 · Afr
- [ECONOMICS QP.P1 GR 12 JUNE 2024 (Backup papers)](https://www.hlayiso.com/library/economics-qp-p1-gr-12-june-2024-backup-papers/cb8af277-aab9-4fba-8e76-5924dcaf1941) — QP · 2024
- [ECONOMICS P1 GR12 QP JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr12-qp-june-2024-afrikaans/c346a16c-1f30-4d4f-bcd0-fc46002d1c9d) — QP · 2024 · Afr
- [ECONOMICS P1 GR12 MEMO SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr12-memo-sept-2024-afrikaans/4e5fd6f8-b056-49dd-befb-68b8106fad9c) — Memo · 2024 · Afr
- [ECONOMICS P1 GR12 QP SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr12-qp-sept2024-afrikaans/8c1cb29b-6587-4828-ae16-d72e2952b976) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
