# Economics Grade 12 P2 NSC Supplementary 2016 QP (Afr)

> Grade 12 Economics Paper 2 question paper from the NSC Supplementary Exam 2016 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-feb-march-2016-afr/c883577f-d6e9-4c4c-bc4d-20a99e747699
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Economics
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2016
- Exam period: NSC Supplementary Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 12

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/economics) › [Economics Grade 12 P2 NSC Supplementary 2016 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-feb-march-2016-afr/c883577f-d6e9-4c4c-bc4d-20a99e747699)

## About this document

Economics · Grade 12 · NSC Supplementary Exam · 2016. Question paper, 12 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                    GRAAD 12

                                  NASIONALE
                              SENIOR SERTIFIKAAT

                                       GRAAD 12

                                    EKONOMIE V2

                             FEBRUARIE/MAART 2016

PUNTE: 150

TYD: 2 uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                  2                        DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                            NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Beantwoord VIER vrae soos volg in die ANTWOORDEBOEK:

         AFDELING A: VERPLIGTEND
         AFDELING B: Beantwoord TWEE van die drie vrae.
         AFDELING C: Beantwoord EEN van die twee vrae.

2.       Beantwoord slegs die vereiste getal vrae. Addisionele antwoorde sal NIE
         nagesien word NIE.

3.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik is.

4.       Skryf die vraagnommer boaan elke antwoord neer.

5.       Lees die vrae aandagtig deur.

6.       Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.

7.       Laat 2–3 reëls tussen onderafdelings van vrae oop.

8.       Beantwoord die vrae in volsinne en maak seker dat die formaat, inhoud en
         konteks van jou antwoorde aan die kognitiewe vereistes van die vrae voldoen.

9.       Gebruik slegs blou of swart ink.

10.      Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

11.      Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                    3                        DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                              NSS

AFDELING A (VERPLIGTEND)

VRAAG 1                                                       30 PUNTE – 20 MINUTE

1.1      Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
         Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–C) langs die vraagnommer
         (1.1.1–1.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.9 C.

         1.1.1        Die aanbodkurwe van 'n volmaakte mededinger word deur daardie
                      deel van die MK-kurwe wat bo die … -kurwe lê, voorgestel.

                      A    totalekoste
                      B    gemiddelde-veranderlike-koste
                      C    gemiddelde-koste

         1.1.2        Die waarskynlikste hindernis vir 'n maatskappy wat met
                      maatskappye in die selfoonbedryf, soos Vodacom, wil meeding,
                      is …

                      A    lisensiëring.
                      B    kapitaal.
                      C    groter tegniese voortreflikheid.

         1.1.3        Oligopolieë het nie soveel beheer oor pryse as wat monopolieë het
                      nie, as gevolg van …

                      A    beleidsrigtings.
                      B    reklame.
                      C    mededinging.

         1.1.4        Die volmaakte mededinger vra 'n prys wat gelyk is aan die …

                      A    gemiddelde koste.
                      B    marginale inkomste.
                      C    gemiddelde-veranderlike-kurwe.

         1.1.5        'n Kombinasie van hoë inflasie en hoë werkloosheid staan as …
                      bekend.

                      A    deflasie
                      B    hiperinflasie
                      C    stagflasie

         1.1.6        Die indeks wat na hooflyn-inflasie verwys, word die … genoem.

                      A    verbruikersprysindeks
                      B    indeks van uitvoerpryse
                      C    produsenteprysindeks

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                    4                             DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                              NSS

         1.1.7         Watter EEN van die volgende is 'n voorbeeld van 'n negatiewe
                       effek van toerisme?

                       A     Armoede
                       B     Werkloosheid
                       C     Besoedeling

         1.1.8         Die hooffokus van die Johannesburg-beraad was op …

                       A     gevaarlike afval.
                       B     volhoubare ontwikkeling.
                       C     besoedeling.                                            (8 x 2)          (16)

1.2      Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by die item in KOLOM A pas.
         Skryf slegs die letter (A–I) langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.8) in die
         ANTWOORDEBOEK neer.

                       KOLOM A                                  KOLOM B
         1.2.1       Ekonomiese verlies        A    polisie en verdediging

         1.2.2       Duopolie                  B    'n lisensie om tot 'n sekere mate te
                                                    besoedel
         1.2.3       Gemeenskapsgoedere
                                               C    die versorging van die omgewing
         1.2.4       Heterogeen                     sodat huidige en toekomstige
                                                    generasies bevoordeel sal word
         1.2.5       Inflasieteikens
                                               D    gemiddelde inkomste is minder as
         1.2.6       Kulturele toerisme             gemiddelde koste

         1.2.7       Bemarkbare permit         E    twee maatskappye wat 'n bedryf
                                                    oorheers
         1.2.8       Bewaring
                                               F    produkte wat nie dieselfde is nie

                                               G    sluit items met hoë, onbestendige
                                                    pryse uit

                                               H    'n beleid wat deur die Reserwebank
                                                    gebruik word om pryse te stabiliseer

                                               I    die besoek van museums en
                                                    kunsgalerye
                                                                                        (8 x 1)      (8)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                     5                             DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                               NSS

1.3      Gee EEN term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term
         langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.6) in die ANTWOORDEBOEK neer.

         1.3.1        'n Loonkoers wat deur die regering vasgestel word waaronder
                      geen werkgewer sy/haar werkers mag betaal nie

         1.3.2        Die periode van produksie              waar   slegs   die   veranderlike
                      produksiefaktore kan verander

         1.3.3        Die waarde van die volgende beste alternatief

         1.3.4        Veroorsaak skade aan die omgewing deur die storting van
                      afvalmateriaal

         1.3.5        Wêreldwye koppelvlakke en interaksie van ekonomieë met handel
                      as hoofdoelwit

         1.3.6        Toeriste wat in hulle eie lande reis                              (6 x 1)        (6)

                                                                     TOTAAL AFDELING A:                30

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                    6                              DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                              NSS

AFDELING B

Beantwoord enige TWEE            van    die   drie   vrae   in   hierdie   afdeling    in   die
ANTWOORDEBOEK.

VRAAG 2: MIKRO-EKONOMIE                                           40 PUNTE – 30 MINUTE

2.1        Beantwoord die volgende vrae.

           2.1.1      Noem TWEE kenmerke van monopolistiese mededinging.               (2 x 1)         (2)

           2.1.2      Wat sal die uitwerking wees as een firma in 'n volmaakte mark
                      besluit om die prys van 'n produk te verhoog?           (1 x 2)                  (2)

2.2        Bestudeer die prente hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                       MARKMISLUKKING
                                                                                   Beskikbare werk
       1                                              2

            ONDERWYS

                                                     STYGENDE WERKLOOSHEID

       3                                             4

                                                             [Aangepas uit Internet Google Images]

           2.2.1      Noem die oorsake van markmislukking soos uitgebeeld in
                      prent 2 en 3.                                   (2 x 1)                          (2)

           2.2.2      Verduidelik die term markmislukking.                                             (2)

           2.2.3      Hoe sal 'n gebrek aan inligting as 'n oorsaak van markmislukking
                      verbruikers beïnvloed?                                                           (2)

           2.2.4      Verduidelik hoe die regering kan ingryp in markte wat deur
                      eksternaliteite geraak word (prent 1 en 4).         (2 x 2)                      (4)
Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                             7                            DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                                       NSS

2.3      Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                   GEKNAKTE VRAAGKURWE

              Prys (R)
                                      D
                         60
                                                  B
                         50

                                                               D

                              0      20         50
                                                                   Hoeveelheid

         2.3.1                Aan watter markstruktuur is die geknakte kurwe verwant?                          (1)

         2.3.2                Wat is die uitsetvlak in die grafiek hierbo?                                     (1)

         2.3.3                Wat sal die uitwerking op die totale inkomste wees indien die
                              oligopolis sy prys van R50 na R60 sou verhoog? Toon
                              berekeninge.                                                                     (4)

         2.3.4                Gee die oligopolis advies oor hoe hy sy markaandeel in hierdie
                              spesifieke bedryf kan vergroot.                                                  (4)

2.4      Onderskei tussen prysleierskap en kartelle as vorme van samespanning.
                                                                             (2 x 4)                           (8)

2.5      Ontleed   produktiewe     ondoeltreffendheid                   met      behulp     van    'n
         produksiemoontlikheidskurwe.                                                         (4 x 2)          (8)
                                                                                                               [40]

Kopiereg voorbehou                                                                        Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                      8                         DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                                NSS

VRAAG 3: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES 40 PUNTE – 30 MINUTE

3.1      Beantwoord die volgende vrae.

         3.1.1        Gee TWEE voorbeelde van pryse wat deur die Suid-Afrikaanse
                      regering beheer word.                                (2 x 1)                    (2)

         3.1.2        Wat is die uitwerking van klimaatsverandering op weerpatrone?
                                                                                 (1 x 2)              (2)

3.2      Bestudeer die prent hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                      BRANDSTOF, DIE GRONDSLAG VAN ALLE KOSTE!

                 Inflasie is 'n deurlopende
                 proses wat nooit eindig nie.

                                                                        2015 =
                                                                         R12

                                    2010 =
                                      R5

                                                         [Aangepas uit Internet Google Images]

         3.2.1        Wat het sedert 2010 met die brandstofprys gebeur?                               (1)

         3.2.2        Wat sal met indiensneming gebeur as die produksiekoste styg?                    (1)

         3.2.3        Wat word met 'Brandstof, die grondslag van alle koste' bedoel?
                                                                                  (2 x 2)             (4)

         3.2.4        Hoekom word inflasie beskou as 'n proses wat nooit eindig nie?
                                                                                  (2 x 2)             (4)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                   9                            DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                             NSS

3.3      Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

              BETER MEDIESE GERIEWE IN SUID-AFRIKA BEÏNVLOED STEEDS
                          DIE GROEI IN MEDIESE TOERISME

         'n Algemene styging in die getal mense wat Suid-Afrika met die oog op
         mediese behandeling besoek, word waargeneem by van die land se vele
         gesondheidsorginstellings, wat as voortreflike geriewe met hoë vlakke van
         mediese kundigheid beskou word.

         Mediese toeriste kom meestal uit ander Afrika-lande, wat moontlik 'n gebrek
         aan geskikte mediese geriewe met behoorlike toerusting het om moeilike
         chirurgiese prosedures uit te voer. Inkomende mediese toeriste van oorsee
         reis dikwels na Suid-Afrika vir chirurgiese prosedures wat as betreklik duur in
         ander lande soos die VSA en die VK beskou word.

                                                           [Vertaal uit www.euromonitor.com]

         3.3.1        Wat, volgens die uittreksel, is die rede vir die groei in die
                      toerismebedryf?                                                              (2)

         3.3.2        Verduidelik die term toerisme.                                               (2)

         3.3.3        Hoekom is Suid-Afrika so 'n gewilde vakansiebestemming? (2 x 1)              (2)

         3.3.4        Hoe sal die ekonomie voordeel trek uit 'n styging in die getal
                      mediese toeriste wat na Suid-Afrika kom?                (2 x 2)              (4)

3.4      Verduidelik hoe lone en wisselkoerse tot koste-druk-inflasie kan lei.      (2 x 4)        (8)

3.5      Wat is die uitwerking van inheemse kennis binne die Suid-Afrikaanse konteks
         op toerisme?                                                         (4 x 2)              (8)
                                                                                                   [40]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                   10                              DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                             NSS

VRAAG 4: MIKRO-EKONOMIE EN KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES
                                           40 PUNTE – 30 MINUTE

4.1      Beantwoord die volgende vrae.

         4.1.1        Noem TWEE Wêrelderfenisterreine in Suid-Afrika.                   (2 x 1)        (2)

         4.1.2        Wat is die uitwerking op 'n besigheid as die gemiddelde koste meer
                      is as die gemiddelde inkomste?                               (1 x 2)             (2)

4.2      Bestudeer die data hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

             KOSTE-VOORDEEL-                            VOORDELE EN KOSTE
                 ONTLEDING                    Besoedeling
         Baie paaie het verspoel as
         gevolg van oorstromings.
         Die regering oorweeg die                             Oprigting van nuwe besighede
         bou van 'n nuwe pad wat
         R100 miljoen sal kos.
         'n Tolhek sal geïnstalleer           Padkonstruksietoerusting
         word om 'n deel van die
         koste te verhaal. Eksterne
         koste en voordele sal ook in
                                                                Indiensneming gedurende
         berekening gebring moet                                konstruksie
         word om 'n finale besluit te
         neem.
                                                        [Aangepas uit Financial Mail, Augustus 2013]

         4.2.1        Identifiseer EEN privaat koste en EEN eksterne voordeel uit die
                      data hierbo.                                            (2 x 1)                  (2)

         4.2.2        Verduidelik die term koste-voordeel-ontleding.                                   (2)

         4.2.3        Watter alternatiewe maatreël kan die regering oorweeg in plaas
                      daarvan om 'n nuwe pad te bou?                                                   (2)

         4.2.4        Behoort die regering voort te gaan met die bou van hierdie pad?
                      Motiveer jou antwoord.                                                           (4)

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                    11                              DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                              NSS

4.3      Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                               INFLASIETEIKENS IN SUID-AFRIKA

         Suid-Afrika het sedert Februarie 2000 suksesvol 'n inflasieteiken- monetêre
         beleid nagestreef. Die beleid het 'n stabiele en volhoubare ekonomie
         verseker.

         Dis belangrik om te verstaan dat die Suid-Afrikaanse Reserwebank as 'n
         outonome liggaam gestig is, maar hierdie onafhanklike liggaam het die
         mandaat ontvang om inflasie binne 'n teikengebied te hou om
         langtermyngroei in die ekonomie te bevorder.

         Toe die inflasiekoers in 2014 tot hoër as die boonste vlak van die gebied
         gestyg het, het 'n algemeen ongewilde styging in die rentekoers die president
         van die Reserwebank en die Monetêre Beleidskomitee onder toenemende
         druk geplaas. Vakbonde bepleit die afskaffing van inflasieteikens ter wille van
         korttermynwerkskepping.
                                                      [Vertaal uit Inflation Targeting SARB 2004]

         4.3.1        Wat is die huidige inflasie-teikengebied?                                        (2)

         4.3.2        Wat is die hoofdoel van Suid-Afrika se inflasieteiken-beleid?                    (2)

         4.3.3        Hoe kan laer rentekoerse die Suid-Afrikaanse ekonomie in die kort
                      termyn bevoordeel?                                                               (2)

         4.3.4        Na jou mening, hoe suksesvol was die Reserwebank om die
                      inflasieteiken te bereik?                                                        (4)

4.4      Onderskei tussen ekonomiese wins en normale wins in die volmaakte mark.
                                                                            (2 x 4)                    (8)

4.5      Wat is die uitwerking van inflasie op beleggers en spaarders?                   (4 x 2)       (8)
                                                                                                       [40]

                                                                   TOTAAL AFDELING B:                  80

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                     12                             DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                               NSS

AFDELING C

Beantwoord enige EEN            van    die   twee    vrae    in   hierdie    afdeling    in   die
ANTWOORDEBOEK.

Jou antwoord sal soos volg geassesseer word:

                                                                                PUNTE-
                      STRUKTUUR VAN OPSTEL
                                                                              TOEKENNING
Inleiding                                                                         Maks. 2
Liggaam
Hoofgedeelte: Bespreek in besonderhede/Diepgaande bespreking/                     Maks. 26
Ondersoek/Bespreek krities/Ontleed (Analiseer)/Vergelyk/Evalueer/
Onderskei/Verduidelik/Assesseer/Debatteer
Addisionele gedeelte: Gee eie mening/Bespreek krities/Evalueer/                   Maks. 10
Evalueer krities/Teken 'n grafiek en verduidelik/Gebruik die gegewe
grafiek en verduidelik/Voltooi die gegewe grafiek/Bereken/Lei af/Vergelyk/
Verduidelik/Onderskei/Interpreteer/Debatteer kortliks/Hoe?/Stel voor
Slot
Enige hoërorde-slot behoort die volgende in te sluit:                             Maks. 2
• 'n Kort samevatting van dit wat bespreek is, sonder die herhaling van
     enige feite wat reeds genoem is
• Enige opinie of waarde-oordeel oor die feite wat bespreek is
• Addisionele ondersteunende inligting wat die bespreking/ontleding
     versterk
• 'n Teenstrydige sienswyse met motivering, indien gevra
• Aanbevelings
TOTAAL                                                                                  40

VRAAG 5: MIKRO-EKONOMIE                                            40 PUNTE – 40 MINUTE

Die bestaan en oorlewing van enige besigheid hang af van hoe hulle sake doen.
•   Vergelyk die markstruktuur van 'n monopolie met dié van 'n volmaakte
    mededinger.                                                (26 punte)
•   Teken 'n duidelik benoemde grafiek wat die afsluitpunt vir die volmaakte
    mededinger aandui. Verduidelik kortliks hoekom 'n besigheid op hierdie punt sal
    ophou om goedere te produseer.                                       (10 punte)                 [40]

VRAAG 6: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES 40 PUNTE – 40 MINUTE

Die huidige vlakke van besoedeling en omgewingsagteruitgang is te hoog. Dit het 'n
uitwerking op die vermoë van die omgewing om sy gebruik vir ekonomiese aktiwiteite
te oorleef.
•   Bespreek die regering se pogings (ingryping en beheer) om die volhoubaarheid
    van ons omgewing te verseker.                                     (26 punte)
•   Na jou mening, hoe doeltreffend is besoedelingsbeheermaatreëls in Suid-Afrika?
                                                                          (10 punte)                [40]

                                                                    TOTAAL AFDELING C:              40
                                                                        GROOTTOTAAL:                150
Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Economics P1 Feb March 2016 Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-feb-march-2016-afr/12b23949-5aee-491d-96a1-489f030f478b) — Economics · QP · 2016 · Afr
- [Econ P2 Qp Eng](https://www.hlayiso.com/library/econ-p2-qp-eng/ee87e601-aa9b-4002-832d-655baa4bfc54) — Economics · QP · 2016 · Eng
- [Economics P2 May June 2016 Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-may-june-2016-afr/ea2530ca-e3d2-4f30-8d5c-897bfb78e5c1) — Economics · QP · 2016 · Afr
- [Economics P2 Nov 2016 Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-nov-2016-afr/bc09b176-bf84-4ca4-9c47-fed330569164) — Economics · QP · 2016 · Afr
- [Economics P2 Feb March 2018 Eng](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-feb-march-2018-eng/4a0147f8-f13e-4c79-a4e9-cbeb77edfdc9) — Economics · QP · 2018 · Eng
- [Economics P2 Feb March 2018 Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-feb-march-2018-afr/f2ad6b44-5e81-48d8-87e0-8447c94bf4cc) — Economics · QP · 2018 · Afr

## More from Grade 12 Economics

- [Economics P2 Memo Afr watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-memo-afr-watermark/c9d66fa3-0b40-419d-a6f6-d862847d4e82) — Memo · 2025 · Afr
- [Economics P2 (English) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-english-june-2025-possible-answers/3df8bb66-2d0a-4b1b-89bf-509b303bfa3e) — Memo · 2025 · Eng
- [Economics P1 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-may-june-2025-mg-eng/f6c27985-fe67-48df-afba-d85bf5f76379) — Memo · 2025 · Eng
- [Economics P2 May-June 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-may-june-2025-mg-afr/4cc1190f-9c0a-43ea-98bc-3252875816a9) — Memo · 2025 · Afr
- [NW 12 ECONOMICS P2 QP ENG JUNE 2025](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-economics-2025-nw-june-exam-question-paper-paper-2-english/c80fc8cc-fc9d-44e9-a820-8736783a4556) — QP · 2025 · Eng
- [ECONOMICS QP.P1 GR 12 JUNE 2024 (Backup papers)](https://www.hlayiso.com/library/economics-qp-p1-gr-12-june-2024-backup-papers/cb8af277-aab9-4fba-8e76-5924dcaf1941) — QP · 2024

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
