# Economics Grade 12 P2 NSC Supplementary 2016 Memo (Afr)

> Grade 12 Economics Paper 2 memorandum from the NSC Supplementary Exam 2016 (Afrikaans), 17 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-feb-march-2016-memo-afr/9175e19b-220d-4755-8e46-bbc061005dd7
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Economics
- Grade: Grade 12
- Document type: Memorandum
- Year: 2016
- Exam period: NSC Supplementary Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 17

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/economics) › [Economics Grade 12 P2 NSC Supplementary 2016 Memo (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-feb-march-2016-memo-afr/9175e19b-220d-4755-8e46-bbc061005dd7)

## About this document

Economics · Grade 12 · NSC Supplementary Exam · 2016. Memorandum, 17 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                  1 GRAAD 12

                                  NASIONALE
                              SENIOR SERTIFIKAAT

                                    GRAAD 12

                                   EKONOMIE V2

                             FEBRUARIE/MAART 2016

                                   MEMORANDUM

PUNTE: 150

                      Hierdie memorandum bestaan uit 17 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                   2                          DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                      NSS – Memorandum

AFDELING A (VERPLIGTEND)

VRAAG 1

1.1      MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

         1.1.1        B (gemiddelde-veranderlike-koste) 
         1.1.2        A (lisensiëring) 
         1.1.3        C (mededinging) 
         1.1.4        B (marginale inkomste) 
         1.1.5        C (stagflasie) 
         1.1.6        A (verbruikersprysindeks) 
         1.1.7        C (besoedeling) 
         1.1.8        B (volhoubare ontwikkeling)                             (8 x 2)         (16)

1.2      PASITEMS

         1.2.1        D - gemiddelde inkomste is minder as gemiddelde koste 
         1.2.2        E - twee maatskappye wat die bedryf oorheers 
         1.2.3        A - polisie en verdediging 
         1.2.4        F - produkte wat nie dieselfde is nie 
         1.2.5        H - 'n beleid wat deur die Reserwebank gebruik word om pryse te
                           stabiliseer 
         1.2.6        I - die besoek van museums en kunsgalerye 
         1.2.7        B - 'n lisensie om tot 'n sekere mate te besoedel 
         1.2.8        C - die versorging van die omgewing sodat huidige en
                           toekomstige generasies bevoordeel sal word         (8 x 1)          (8)

1.3      GEE DIE BEGRIP

         1.3.1        Minimum loon 
         1.3.2        Kort termyn 
         1.3.3        Geleentheidskoste 
         1.3.4        Besoedeling 
         1.3.5        Globalisering 
         1.3.6        Binnelandse toerisme                                     (6 x 1)         (6)

                                                               TOTAAL AFDELING A:               30

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                   3                                DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                       NSS – Memorandum

AFDELING B

Beantwoord enige TWEE            van   die   drie   vrae   in   hierdie    afdeling   in   die
ANTWOORDEBOEK.

VRAAG 2: MIKRO-EKONOMIE

2.1.1    Noem TWEE kenmerke van monopolistiese mededinging.

         •    Bestaan van 'n groot aantal besighede 
         •    Produk differensiasie 
         •    Prysbepaler 
         •    Dalende vraagkromme 
         •    Firmas tree onafhanklik op 
         •    Nie-prysmededinging (grootlik uitgebruik deur advertensies) 
         •    Vrye toe- en uittrede van die mark 
              (Aanvaar enige ander relevante antwoord)                   (Enige 2 x 1)               (2)

2.1.2    Wat sal die uitwerking wees as een firma in 'n volmaakte mark besluit om
         die prys van 'n produk te verhoog?

         Die firma sal 'n verlies ly, omdat alle firmas in die volmaakte mark prysnemers is
         en nie die markprys kan beïnvloed nie 
         (Aanvaar enige ander relevante antwoord)                                  (1 x 2)  (2)

2.2      Bestudeer die illustrasies en beantwoord die vrae wat volg.

         2.2.1        Noem die oorsake van markmislukking soos uitgebeeld in
                      prente 2 en 3.

                      Prent 2 - Ongelyke verdeling van inkomste – werkloosheid 
                      Prent 3 - Niemerietegoedere - sigarette                 (2 x 1)               (2)
         2.2.2        Verduidelik die term markmislukking.

                      'n Situasie waar markewewig misluk en lei tot die ondoeltreffende
                      toedeling van hulpbronne                                                     (2)

         2.2.3        Hoe sal 'n gebrek aan inligting as                  'n oorsaak       van
                      markmislukking verbruikers beïnvloed?

                      Hulle sal nie weet waar om sekere goedere te bekom en of
                      daardie goedere en dienste bekostigbaar is of nie 
                      (Aanvaar enige ander relevante antwoord)                                       (2)

         2.2.4        Verduidelik hoe die owerheid kan ingryp in markte wat deur
                      eksternaliteite geraak word (prente 1 en 4).

                      Prent 1: Subsidieer finansieel benadeelde studente 
                      Prent 4: Hef omgewingsbelasting 
                      (Aanvaar enige ander relevante antwoord)                        (2 x 2)        (4)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                  4                           DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                      NSS – Memorandum

2.3      Bestudeer die grafiek en beantwoord die vrae wat volg.

         2.3.1        Aan watter markstruktuur is die geknakte kurwe verwant?

                      Oligopolie/onvolmaakte mark                                             (1)

         2.3.2        Wat is die uitsetvlak in die grafiek hierbo?

                      50                                                                      (1)

         2.3.3        Wat sal die effek op totale inkomste wees indien die oligopolie
                      sy pryse van R50 na R60 verhoog? Toon berekeninge.

                      Teen die prys van R50 en hoeveelheid 50, sal die totale inkomste
                      R2 500 wees  (50 x 50 = 2 500)
                      Teen die prys van R60 en hoeveelheid 20, sal die totale inkomste
                      R1 200 wees  (60 x 20 = 1 200)
                      Die netto effek op inkomste = R2 500 – R1 200 = R1 300                 (4)

         2.3.4        Gee die oligopolie advies oor hoe hy sy markaandeel in
                      hierdie spesifieke industrie kan vergroot.
                      Die oligopolie behoort die volgende te oorweeg:
                      • Nie-prysmaatstawwe om kliënte se belangstelling te wek en
                          verhoog so hul markaandeel 
                      • Opbou van handelsmerk lojaliteit, produkherkenning en produk
                          differensiasie 
                      • Advertensies en bemarking 
                      Voorbeelde van nie-prysmededinging sluit in:
                      • uitgebreide inkopie- en sake-ure 
                      • doen sake oor die internet 
                      • na-verkope dienste 
                      • bied addisionele dienste aan 
                      • lojaliteit belonings aan kliënte 
                      • deur-tot-deur aflewerings 
                      (Aanvaar enige ander relevante antwoord)
                      (Ken ŉ maksimum van 2 punte toe vir voorbeelde)                          (4)

2.4      Onderskei tussen prysleierskap en kartelle as vorme van samespanning
         Kartel
         • Waar samespanning openlik voorkom word daarna as 'n kartel verwys
         • 'n Kartel kan omskryf word as 'n organisasie van oligopolistiese
             besighede wat ontstaan in 'n nywerheid met die spesifieke doel om 'n
             kollektiewe monopolie te vorm                                (2 x 2)
         Prysleierskap
         • Hierdie tipe prysbepaling is stilswyend 
         • 'n Besigheid sal sy voorneme om pryse te verhoog, aankondig met die
             hoop dat mededingers sal volg 
         • Die prysleier is gewoonlik die grootste of mees dominante besigheid in
             die industrie                                               (2 x 2)             (8)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                              5                                  DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                  NSS – Memorandum

2.5     Ontleed produktiewe ondoeltreffendheid            met       die     hulp       van       'n
        produksiemoontlikheidskurwe.

                                                                    Puntetoekenning

               Kaas 
                                                     1.   Benoem van asse                  1 punt
                                                     2.   Aandui van produksievlakke (A)   1 punt
                                                     3.   Aandui van punt B as 'n
                                                          disekwilibrium punt                1 punt
                                                     4.   Aandui van punt D as ‘n
                                                          Onder-produksiepunt              1 punt

               A

                             D

                                                          B

                                                              A        Melk

        PRODUKTIEWE ONDOELTREFFENDHEID
        Produksiemoontlikheidskurwe (AA), hierbo toon 'n kombinasie van goedere
        wat geproduseer kan word deur alle beskikbare hulpbronne te gebruik 
        • Enige punt op die kurwe toon 'n kombinasie van goedere waar hulpbronne
            doeltreffend gebruik is (B)
        • Daarom is enige punt op die kurwe 'n aanduiding van produktiewe
            doeltreffendheid 
        • Enige punt binne die kurwe toon 'n kombinasie van goedere waar
            hulpbronne nie doeltreffend aangewend is nie (D)                                        (8)
                                                                                                      [40]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                   6                             DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                       NSS – Memorandum

VRAAG 3: KONTEMPORêRE EKONOMIESE KWESSIES

3.1.1    Gee TWEE voorbeelde van pryse wat deur die Suid-Afrikaanse regering
         beheer word.
         •     Brandstofpryse 
         •     Waardasiekoerse 
         •     Eiendomsbelasting 
         •     Sanitêre dienste heffings 
         •     Vullisverwydering heffings 
         •     Waterheffings
         •     Elektrisiteitstariewe 
         •     Posgeld 
              (Aanvaar enige ander relevante voorbeeld)                            (2 x 1)        (2)

3.1.2    Wat is die uitwerking van klimaatsverandering op weerpatrone?
         Dit kan ongelyke weerpatrone veroorsaak: vloede/droogtes                               (2)

3.2      Bestudeer die prent en beantwoord die vrae wat volg.

         3.2.1        Wat het sedert 2010 met die brandstofprys gebeur?
                      Dit het gestyg van R5 per liter tot R12 per liter                          (1)

         3.2.2        Wat sal met indiensneming gebeur as die produksiekoste
                      styg?

                      Indiensneming sal daal                                                     (1)

         3.2.3        Wat word met: 'Brandstof, die grondslag van alle koste'
                      bedoel?
                      •   Vervoer is die lewensbloed van alle ekonomiese aktiwiteite 
                      •   As die petrolprys styg, sal alle ander produkte se pryse ook
                          neig om te styg 
                      •   Besighede sal hierdie ekstra koste verplaas deur die prys te
                          verhoog 
                          (Aanvaar enige ander relevante antwoord)               (2 x 2)          (4)

         3.2.4        Hoekom word inflasie beskou as 'n proses wat nooit eindig
                      nie?
                      •   As verbruikers/werkers voel dat hul verdienste nie genoeg is
                          om hul lewenstandaard te handhaaf nie, eis hul hoër lone 
                      •   As hulle eise suksesvol is, sal lone styg 
                      •   Besighede sal hul pryse verhoog om te kompenseer vir die
                          hoer insetkoste 
                      •   Dit sal lei tot hoër pryse 
                      •   Sodra pryse styg, sal werkers in dieselfde finansiële
                          verknorsing wees en weereens hoër lone eis 
                          (Aanvaar enige ander relevante antwoord)        (Enige 2 x 2)           (4)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                  7                            DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                      NSS – Memorandum
3.3      Bestudeer die uittreksel en beantwoord die vrae wat volg.

         3.3.1        Wat, volgens die uittreksel, is die rede vir die groei in die
                      toerismebedryf?

                      Toeriste stroom na Suid-Afrika vir mediese behandeling                  (2)
         3.3.2        Verduidelik die term toerisme.

                      Aktiwiteite van mense wat reil en bly in plekke buite hul gewone
                      omgewing vir nie meer as een jaar vir ontspanning, besigheid en
                      ander doeleindes. Dit mag nie verwant wees aan enige werk wat
                      verrig word vir geld in die plek wat hulle besoek nie 
                      (Aanvaar enige ander alternatiewe definisie)               (1 x 2)        (2)

         3.3.3        Hoekom is Suid-Afrika so 'n gewilde vakansiebestemming?

                      •   Hoër verbruikbare inkomste 
                      •   Gunstige wisselkoers 
                      •   Verbeterde vervoer 
                      •   Verbeterde kommunikasie 
                      •   Bemarkingsveldtogte 
                          (Aanvaar enige ander relevante antwoord)         (Enige 2 x 1)        (2)

         3.3.4        Hoe sal die ekonomie voordeel trek uit 'n toename in die
                      aantal mediese toeriste wat na Suid-Afrika kom?
                      •   Styging in aantal toeriste stimuleer hierdie dienste sowel as
                          ander verwante nywerhede 
                      •   Hulle bly gewoonlik vir 'n paar weke na die prosedure om te
                          herstel en vir verdere behandelings 
                          (Aanvaar enige ander relevante antwoord)               (2 x 2)        (4)

3.4      Verduidelik hoe lone en wisselkoerse tot kostedruk-inflasie kan lei.

         Lone
         • Vakbonde (werkers) is suksesvol in onderhandeling van beter lone wat
            lone sal laat styg en sal lei tot 'n styging in produksiekoste
         • Besighede sal verkooppryse verhoog om te kompenseer vir die hoër
            insetkoste                                                     (2 x 2)

         Wisselkoersdepresiasie
         • As die Rand depresieer teen die dollar, sal ingevoerde goedere en
            dienste duurder raak 
         • Dit kos meer om goedere in te voer en dit verhoog die prys van
            ingevoerde goedere                                       (2 x 2)                  (8)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                 8                              DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                     NSS – Memorandum

3.5      Wat is die uitwerking van inheemse kennis binne 'n Suid-Afrikaanse
         konteks op toerisme?

         •    Toeriste soek outentieke en unieke ervarings wanneer hulle plekke
              besoek om die inheemse kultuur, geskiedenis en omgewing te
              verstaan
         •    In Suid-Afrika, is 'n hele aantal Wêrelderfenisterreine vir toeriste omdat
              hulle wil weet hoe plaaslike mense leef en werk 
         •    Die groot verskeidenheid inheemse kultuurgroepe bied 'n wye
              verskeidenheid aktiwiteite wat ontwikkel kan word dwarsdeur die land om
              'n positiewe impak te hê op toerisme 
         •    Meer buitelandse toeriste word gelok om Suid-Afrika se inheemse
              terreine te besoek en te ervaar. 
              (Aanvaar enige ander relevante feite)                                (4 x 2)        (8)
                                                                                                  [40]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                 9                             DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                     NSS – Memorandum

VRAAG 4: MIKRO-EKONOMIE EN KONTEMPORêRE EKONOMIESE KWESSIES

4.1.1    Noem TWEE wêrelderfenisterreine in Suid-Afrika.

         •    Mapungubwe 
         •    Sterkfontein-grotte 
         •    Robbeneiland
         •    Vredefortkoepel 
         •    Richtersveld en Botaniese Landskap                          (Enige 2 x 1)        (2)

4.1.2    Wat is die uitwerking op 'n besigheid as die gemiddelde koste meer is as
         die gemiddelde inkomste?

         Die besigheid sal verliese lei (ekonomiese verlies)                    (1 x 2)       (2)

4.2      Bestudeer die data en beantwoord die vrae wat volg.

         4.2.1        Identifiseer EEN private koste en EEN eksterne voordeel uit
                      die data hierbo.

                      Private koste: padkonstruksie-toerusting 
                      Eksterne voordeel: oprigting van nuwe besighede            (2 x 1)       (2)

         4.2.2        Verduidelik die term koste-voordeel analise.

                      Projekevaluering wat gedoen moet word om bepalende antwoorde
                      te gee/prosedure wat gebruik word om totale koste van 'n projek
                      teen die totale voordele daarvan op te weeg 
                      (Aanvaar enige ander relevante antwoord)                                  (2)

         4.2.3        Watter alternatiewe maatreël kan die regering oorweeg in
                      plaas van om 'n nuwe pad te bou?
                      Rekonstruksie van bestaande paaie 
                      Maatreëls om vloedskade in die toekoms te verhoed, bv.
                      damme 
                      (Aanvaar enige ander relevante antwoord)                                  (2)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                  10                           DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                      NSS – Memorandum

         4.2.4        Behoort die regering voort te gaan met die bou van hierdie
                      pad? Motiveer jou antwoord.

                      Ja 
                      • Vloedskade sal nie 'n probleem vir padgebruikers, toeriste en
                          die plaaslike gemeenskap (boere) wees nie 
                      • Inkome verdien uit tolhekke sal toekomstige instandhouding
                          verseker, en sal die belegging dek van die konstruksie van
                          tolpaaie 
                      • Die finale besluit sal deur die positiewe verskil tussen totale
                          voordele uit hierdie projek bo totale koste lê 
                      Nee 
                      • Vloede bestaan slegs gedurende die reënseisoen en ander
                          maatreëls kan geneem word om vloedskade te voorkom bv.
                          damme 
                      • Besoedeling sal die plaaslike gemeenskap benadeel (veral
                          boere en die omgewing) op 'n permanente basis 
                      • Sosiale koste wat sosiale voordele oorskry te wyte aan
                          tydelike werkskepping 
                          (Aanvaar enige ander relevante antwoord)                               (4)

4.3      Bestudeer die uittreksel en beantwoord die vrae wat volg.
         4.3.1        Wat is die huidige inflasieteikengebied?

                      3%–6 %                                                                   (2)

         4.3.2        Wat     is    die   hoofdoel       van   die     Suid-Afrikaanse
                      inflasieteikenbeleid?

                      Om 'n stabiele en volhoubare ekonomie te verseker 
                                                                         (Enige 1 x 2)           (2)

         4.3.3        Hoe kan laer rentekoerse die Suid-Afrikaanse ekonomie oor
                      die kort termyn bevoordeel?

                      •   'n Styging in verbruiksbesteding 
                      •   Stygende produksie 
                      •   Lei tot nuwe werksgeleenthede 
                      •   Lei tot 'n hoër lewenstandaard vir meer mense 
                          (Aanvaar enige ander relevante antwoord)        (Enige 1 x 2)          (2)

         4.3.4        Na jou mening, hoe suksesvol was die Reserwebank om die
                      inflasieteiken te bereik?

                      •   Die Reserwebank was suksesvol – die bank kry dit reg om
                          inflasie te beperk tussen die teiken van 3%–6% 
                      •   Hulle het die repokoers suksesvol verhoog op die regte tyd om
                          verhoogde inflasie bo die 6% teikenspeling te verhoed 
                          (Aanvaar enige ander relevante antwoord)               (2 x 2)         (4)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                11                          DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                    NSS – Memorandum

4.4      Onderskei tussen ekonomiese wins en normale wins in die volmaakte
         mark.
         Normale wins:
         • 'n Besigheid maak normale wins as totale inkomste (TI) gelyk is aan
            totale koste/as gemiddelde inkomste (GI) gelyk is aan gemiddelde koste
            (GK) 
         • Normale wins is die maksimum voordeel (wins) wat die eienaar van 'n
            besig verwag om te ontvang om voort te gaan met sake in die
            industrie 
         • Die minimum verdienste vereis om te keer dat 'n entrepreneur die
            industrie verlaat 
         • As gemiddelde inkomste gelyk is aan gemiddelde koste maak die
            besigheid 'n normale wins                                     (2 x 2)

         Ekonomiese wins:

         •    Wins wat gemaak word bo en behalwe die normale wins 
         •    As gemiddelde inkomste groter is as gemiddelde koste maak die
              besigheid 'n ekonomiese wins 
         •    As die gemiddelde koste per eenheid laer is as die prys 
              (Aanvaar in tabelvorm)
              (Aanvaar enige ander relevante antwoord)                   (2 x 2)             (8)

4.5      Wat is die uitwerking van inflasie op beleggers en spaarders?

         •    Bates met vaste nominale waardes bly dieselfde, dus sal die koopkrag
              van die nominale waardes styg, maar die reële waarde sal daal 
         •    Bates met 'n aanpasbare markwaarde: die houers van aandele en vaste
              eiendom word bevoordeel deur prysstygings omdat die nominale waarde
              van hierdie bates neig om te styg teen ten minste proporsioneel tot die
              inflasiekoers 
         •    Dikwels styg die pryse van hierdie bates vinniger as die styging in die
              algemene prysvlak 
         •    In hierdie geval skep inflasie welvaart tot die voordeel van die
              aandeelhouers 
         •    Spaarders word benadeel deur inflasie omdat rente verdien minder is as
              die inflasiekoers 
              (Aanvaar enige ander relevante feit)                      (Enige 4 x 2)        (8)
                                                                                             [40]
                                                             TOTAAL AFDELING B:              80

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                    12                                DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                        NSS – Memorandum

AFDELING C

Beantwoord enige EEN            van    die   twee    vrae    in   hierdie    afdeling    in   die
ANTWOORDEBOEK.

Jou antwoord sal soos volg geassesseer word:

                                                                                PUNTE-
                      STRUKTUUR VAN OPSTEL
                                                                              TOEKENNING
Inleiding                                                                         Maks. 2
Liggaam
Hoofgedeelte: Bespreek in besonderhede/Diepgaande bespreking/                     Maks. 26
Ondersoek/Bespreek krities/Ontleed (Analiseer)/Vergelyk/Evalueer/
Onderskei/Verduidelik/Assesseer/Debatteer
Addisionele gedeelte: Gee eie mening/Bespreek krities/Evalueer/                   Maks. 10
Evalueer krities/Teken 'n grafiek en verduidelik/Gebruik die gegewe
grafiek en verduidelik/Voltooi die gegewe grafiek/Bereken/Lei af/Vergelyk/
Verduidelik/Onderskei/Interpreteer/Debatteer kortliks/ Hoe?/Stel voor
Slot
Enige hoërorde-slot behoort die volgende in te sluit:                             Maks. 2
• 'n Kort samevatting van dit wat bespreek is, sonder die herhaling van
     enige feite wat reeds genoem is
• Enige opinie of waarde-oordeel oor die feite wat bespreek is
• Addisionele ondersteunende inligting wat die bespreking/ontleding
     versterk
• 'n Teenstrydige sienswyse met motivering, indien gevra
• Aanbevelings
TOTAAL                                                                                  40

VRAAG 5: MIKRO-EKONOMIE

Die bestaan en oorlewing van enige besigheid hang af van hoe hulle sake doen.
•   Vergelyk die markstruktuur van 'n monopolie met dié van 'n volmaakte
    mededinger.                                                (26 punte)
•   Teken 'n duidelik benoemde grafiek wat die afsluitpunt vir die volmaakte
    mededinger aandui. Verduidelik kortliks hoekom 'n besigheid op hierdie punt
    sal ophou om goedere te produseer.                               (10 punte)

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                   13                           DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                       NSS – Memorandum

INLEIDING

'n Volmaakte mededinger het baie verkopers terwyl 'n monopolies slegs een verkoper
het 
(Aanvaar enige aanvaarbare inleiding)                                    (Maks. 2)
INHOUD

HOOFDEEL

                  Volmaakte mededinger                       Monopolie
              - Prysnemer                    - Word beskou as 'n prysbepaler 
 Prys:        - Die mark bepaal die prys vir   - Het 'n mate van beheer oor die
              die individuele besigheid      prys 
                                               - Pryse word nie bepaal deur die
                                               markkragte van vraag en aanbod nie
                                               maar deur die besigheid self 
              - Die vraagkurwe vir die         - Die vraagkurwe vir die monopolis het
 Uitset:      volmaakte mededinger is          'n afwaartse helling 
              horisontaal 
              - Die volmaakte mededinger       - Die monopolis maak 'n ekonomiese
 Wins:        kan ekonomiese wins genereer     wins oor die korttermyn 
              oor die korttermyn             - Die monopolis sal 'n hoër prys as die
              - Abnormale winste sal nuwe      volmaakte mededinger vra 
              besighede tot die markte         - Die monopolis sal nie produseer
              aantrek                        teen die laagste punt van die LGK
              - Die volmaakte mark kan slegs   nie 
              normale winste oor die           - Die monopolie maak steeds 'n
              langtermyn genereer            ekonomiese wins oor die lang
              - Die prys vir die produk is     termyn 
              gelyk aan die gemiddelde         - Die monopolis se produksie sal
              koste                          minder wees as die ideale produksie
              - Die volmaakte mededinger       hoeveelheid en ervaar surplus
              produseer die ideale produksie   kapasiteit 
              hoeveelheid en het geen
              surplus kapasiteit nie 
 Aantal       So baie dat die enkele           Een besigheid 
 besig-       besigheid nie die markprys kan
 hede         beïnvloed nie 
 Aard         Homogeen bv. Mieliemeel        Unieke produk sonder enige naby
 van                                           substitute 
 produk
 Inligting Volledig                          Volledig 
 Toetree Volkome vry                         Geblokkeer 
 (Aanvaar enige ander relevante feit)                                      (Maks 26)

(Aanvaar opstelformaat)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                               14                               DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                                   NSS – Memorandum

ADDISIONELE DEEL

                                                                      MK

       Koste/Inkomste                                                                       GK
                                        Maksimum wins
                                           MI=MK
                                                                                                  GVK

       P1                                                                                       P=GI=MI

                                                                                Korttermyn
                                                                                sluitingspunt
                                                                                MK=GVK

                        0                               Q1                            Hoeveelheid

                                                Puntetoekenning
                            Asse                                      1 punt
                            Korrekte snypunt MK en GVK                1 punt
                            Kostekurwes                               1 punt
                            P=GI=MI                                   1 punt
                            Aanduiding MI=MK                          1 punt
                            Aandui van sluitingspunt                  1 punt
                                                                      6 punte

Verduidelik kortliks hoekom 'n besigheid sal stop om goedere by hierdie punt te
produseer.
•   'n Besigheid sal sluit as hy nie sy gemiddelde of totale veranderlike koste kan dek
    nie 
•   Die besigheid sal nie hier produseer nie omdat GI < GVK 
•   Die besigheid sal nie aanhou produseer links van die sluitingspunt nie omdat die
    besigheid nie sy bedryfskoste kan dek nie 
•   Onder die sluitingspunt sal die firma nie enige produkte verkoop nie. 'n Besigheid
    verkoop goedere as die prys bo die sluitingspuntvlak is (aanbodkurwe) 
                                                                             (Maks 10)
SLOT
Alhoewel dit nie totaal moontlik is om die monopolie mark met die volmaaktemark te
vergelyk nie, kan 'n vergelyking ons meer insig gee en inligting verskaf oor die
winsmaksimerende hoeveelheid en prys 
(Aanvaar enige ander relevante slot)                                            (Maks. 2)                            [40]
Kopiereg voorbehou                                                                              Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                               15                          DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                   NSS – Memorandum

VRAAG 6: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES

Die huidige vlakke van besoedeling en omgewingsagteruitgang is te hoog en dit
het 'n uitwerking op die vermoë van die omgewing om sy gebruik vir ekonomiese
aktiwiteite te oorleef.
•   Bespreek die regering se pogings (ingryping             en   beheer)     om die
    volhoubaarheid van ons omgewing te verseker.                           (26 punte)
•   Na jou mening, hoe doeltreffend is besoedelingsbeheermaatreëls in Suid-
    Afrika?                                                      (10 punte)

INLEIDING

Omgewingsvolhoubaarheid kan gedefinieer word as ontwikkeling wat die behoeftes
van die huidige generasie bevredig sonder om die vermoë van toekomstige generasies
te beïnvloed                                                           (Maks. 2)
LIGGAAM
HOOFDEEL

•   Publieke sektor inmenging 
    - Omdat dit so moeilik is om maatreëls af te dwing om volhoubaarheid te
       verseker, moet die staat ingryp 

        * Omgewingsbelastings 
           - Omgewingsbelastings (groenbelasting) kan gevoeg word by die koste om
             goedere en dienste te produseer vir die negatiewe impak wat dit het op
             die omgewing 
           - Die staat gebruik inkomste gegenereer deur hierdie belastings om die
             omgewing te beskerm 
           - Belastings kan gehef word op petrol, papier, uitlaatgasse 
           - In 2003 het die owerheid wetlik bepaal dat plastieksakke gebruik kan
             word waarvoor die verbruikers moet betaal 
           - Die hoop is dat hulle minder sake sal gebruik wat 'n afvalvrye omgewing
             sal verseker 

        * Heffing vir storting van afval 
        -    'n Maandelikse fooi as deel van munisipale rekeninge word gehef vir
             versameling van afval, riool en vuilgoed 
        -    Huishoudings betaal alreeds vir die haal van afval 
        -    Die fabriekseienaar mag sy afval opruim indien dit sy koste gaan wees
             om dit op te ruim 
        -    Nywerhede mag betaal vir gasvrystelling wat mense en die omgewing
             nadelig beïnvloed 

          * Subsidies 
        -     Subsidies kan toegeken word aan besighede wat bereid is om
              besoedeling en afvalstorting te verminder 
        -     Afval kan ook verminder word deur die gebruik van nuwe tegnologie of
              toerusting  soos sonenergie 
        -     Uitlaatgasse by fabrieke kan verminder word deur nuwe tegnologie te
              gebruik 
Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                16                           DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                    NSS – Memorandum

          * Toeken van eiendomsreg 
        -     Normaalweg neig eienaars van eiendom om meer beskermend op te tree
              rakende hul hulpbronne as gebruikers wat net belangstel in die opbrengs
              van die hulpbronne 
        -     Vir hierdie rede mag die owerheid eiendomsregte toeken oor 'n spesifieke
              gebied 
        -     Eiendomsregte bemagtig eienaars om kontrakte te onderhandel met
              besighede wat die gebied se hulpbronne wil ontgin en bewerk 

          * Bemarkbare permitte 
        -    'n Regering kan besluit op die maksimum verlangde vlakke van
             besoedeling in 'n gebied 
        -    Die reg om te besoedel word dan versprei deur bemarkbare permitte aan
             fabrieke toe te ken in daardie area 
        -    Dit beteken dat elke fabriek kan besoedel tot 'n sekere mate 
        -    Die sal daartoe lei dat bemarkbare permitte besoedelaars toelaat om
             permitte te koop of te verkoop om aan die kontrolevlakke van die
             owerheid te voldoen 

          * Onderwys 
        -    Sluit onderwerpe in die kurrikulum van skole in wat 'n bewustheid
             aanmoedig 
        -    Die publiek sal geleidelik meer bewus word van hierdie toenemende
             probleem 
        -    Plastiek, bottels en karton kan gehersirkuleer word         (13)

•   Publieke sektor beheer 
    - As die owerheid ingryping nie die verlangde resultate oplewer nie, moet hy
       ingryp met die stel van meer direkte perke en limiete 

         * Omgewingsimpak assessering 
        -  In SA moet elke geprojekteerde konstruksie, myn of soortgelyke
           ontwikkeling   'n   assessering     ondergaan     deur gekwalifiseerde
           omgewingskundiges 
        - Om te bewys dat dit nie ongevraagde omgewingskade sal aanrig nie en
           dat enige skade reggestel sal word na konstruksie 
        - Die koste word by die projek ingebou 

         * Bevel en beheer 
        - Regulasies word daargestel en afgedwing as omgewingsbeperkings of
            standaarde 
        - Kwantiteit: bv. Stel 'n perk vir die hoeveelheid visvangs, of beperk die
            seisoenvangste vir sekere spesies vis 
        - Kwaliteit: bv. Drinkwater kwaliteit moet versigtig gemonitor en gekontroleer
            word 
        - Lug kwaliteit in die werksplek is onderhewig aan minimum standaarde
        - Sosiale effek: bv. Gevaarlike gasse uit fabrieke, storting van mediese afval
            naby woonareas en geraasbesoedeling 

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                17                           DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                    NSS – Memorandum

        * Vrywillige ooreenkomste 
         - Ooreenkomste tussen die owerheid en besighede moet vrywillig geskied
            om die negatiewe omgewingsimpak op industrieë aan te spreek 
         - Besighede kom vrywillig ooreen om saam te stem om uitlaatgasse te
            verminder 
         - Onderhandelings word verkies sodat hulle dit by hulle spesifieke behoeftes
            kan aanpas en by hul beplanning kan insluit 
         - Ooreenkomste kan formeel – wat wetlik bindende kontrakte beteken
            insluit, of informele ooreenkomste                                (13)
                                                                          (Maks. 26)

ADDISIONELE DEEL

Na jou mening, hoe doeltreffend is besoedelingsbeheermaatreëls in Suid-Afrika?

•    Die regering beoefen nie doeltreffende beheer oor die voortdurende storting van
     afval nie omdat daar ŉ gebrek is aan koördinering tussen departemente 
•    Die boetes gehef op nywerhede wat afval stort is nie streng genoeg nie en hulle
     hou aan om die omgewing te besoedel 
•    Die minimum standaarde gestel vir gevaarlike gas- en brandstofvrystellings word
     nie afgedwing of aangepas nie 
•    Die herwinning van afvalmateriale word nie oral aangemoedig nie en lei tot oorvol
     stortingsterreine 
•    Die owerheid het verskeie wette wat nie werklik geïmplementeer word nie 
•    Swak dienslewering dra by tot die probleem in sekere gebiede 
     (Aanvaar enige ander relevante antwoord)                          (Enige 5 x 2)

SLOT

Elke individu, besigheid en die owerheid moet saamstaan om ons planeet te red. 
(Aanvaar enige ander relevante slot)                                       (Maks. 2)         [40]

                                                              TOTAAL AFDELING C:             40
                                                                  GROOTTOTAAL:               150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Economics P1 Feb March 2016 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-feb-march-2016-memo-afr/d318adc0-9a71-42ee-8d3c-8ece9ec3be5e) — Economics · Memo · 2016 · Afr
- [Economics P2 Nov 2016 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-nov-2016-memo-eng/508d2e06-2851-499d-9d6f-83894f520210) — Economics · Memo · 2016 · Eng
- [Economics P2 Nov 2016 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-nov-2016-memo-afr/b4dfb506-dfe9-4930-b505-6849623db422) — Economics · Memo · 2016 · Afr
- [Economics P1 Feb March 2016 Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-feb-march-2016-afr/12b23949-5aee-491d-96a1-489f030f478b) — Economics · QP · 2016 · Afr
- [Econ P2 Qp Eng](https://www.hlayiso.com/library/econ-p2-qp-eng/ee87e601-aa9b-4002-832d-655baa4bfc54) — Economics · QP · 2016 · Eng
- [Economics P2 May June 2016 Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-may-june-2016-afr/ea2530ca-e3d2-4f30-8d5c-897bfb78e5c1) — Economics · QP · 2016 · Afr

## More from Grade 12 Economics

- [ECONOMICS P2 GR12 QP JCT 2025 AFR D watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-gr12-qp-jct-2025-afr-d-watermark/3dba3588-624d-493b-bc60-00d7e2783cae) — QP · 2025 · Afr
- [Economics Grade 12 NSC P1 QP September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-12-nsc-p1-qp-september-2025-free-state/4def59dd-ebf4-4191-89e7-2b6d4609d6cc) — QP · 2025
- [Economics Grade 12 NSC P1 QP September 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-12-nsc-p1-qp-september-2025-mpumalanga/5449d7a4-548e-416d-91b4-1da462710798) — QP · 2025
- [Economics Grade 12 NSC P2 QP September 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-12-nsc-p2-qp-september-2025-mpumalanga/efbb0e99-1236-496b-bc64-5b31b3784493) — QP · 2025
- [Economics P1 May-June 2025 Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-may-june-2025-afr/e9c77643-7f83-42e3-b28d-cf84e96050ca) — QP · 2025 · Afr
- [Economics P2 May-June 2025 Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-may-june-2025-afr/4c93e067-5237-46b7-ab21-5c2cea219788) — QP · 2025 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
