# Economics Grade 12 P2 NSC Supplementary 2017 QP (Afr)

> Grade 12 Economics Paper 2 question paper from the NSC Supplementary Exam 2017 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-feb-march-2017-afr/2676e376-8560-4e0a-8c62-406229446e74
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Economics
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2017
- Exam period: NSC Supplementary Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 12

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/economics) › [Economics Grade 12 P2 NSC Supplementary 2017 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-feb-march-2017-afr/2676e376-8560-4e0a-8c62-406229446e74)

## About this document

Economics · Grade 12 · NSC Supplementary Exam · 2017. Question paper, 12 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                    GRAAD 12

                                  NASIONALE
                              SENIOR SERTIFIKAAT

                                       GRAAD 12

                                   EKONOMIE V2

                             FEBRUARIE/MAART 2017

PUNTE: 150

TYD: 2 uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                  2                        DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                            NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Beantwoord VIER vrae soos volg in die ANTWOORDEBOEK:

         AFDELING A: VERPLIGTEND
         AFDELING B: Beantwoord TWEE van die drie vrae.
         AFDELING C: Beantwoord EEN van die twee vrae.

2.       Beantwoord slegs die vereiste getal vrae. Addisionele antwoorde sal NIE
         nagesien word NIE.

3.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik is.

4.       Skryf die vraagnommer boaan elke antwoord neer.

5.       Lees die vrae aandagtig deur.

6.       Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.

7.       Laat 2–3 reëls tussen onderafdelings van vrae oop.

8.       Beantwoord die vrae in volsinne en maak seker dat die formaat, inhoud en
         konteks van jou antwoorde aan die kognitiewe vereistes van die vrae voldoen.

9.       Gebruik slegs swart of blou ink.

10.      Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

11.      Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                        3                         DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                                  NSS

AFDELING A (VERPLIGTEND)

VRAAG 1                                                            30 PUNTE – 20 MINUTE

1.1      Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
         Skryf die vraagnommer (1.1.1–1.1.8) neer, kies die antwoord en maak
         'n kruisie (X) oor die letter (A–C) van jou keuse in die ANTWOORDEBOEK.

         VOORBEELD:

          1.1.9           A               B          C         D

         1.1.1        Oor die lang termyn sal 'n individuele besigheid in volmaakte
                      mededinging in ewewig wees as marginale …

                      A       inkomste gelyk is aan totale koste.
                      B       koste gelyk is aan gemiddelde veranderlike koste.
                      C       koste gelyk is aan marginale inkomste.

         1.1.2        'n Onvolmaakte mark waar inligting volledig is:

                      A       Monopolie
                      B       Monopolistiese mededinging
                      C       Oligopolie

         1.1.3        Die vraagkromme van 'n monopolistiese mededinger …

                      A       het 'n positiewe helling.
                      B       het 'n negatiewe helling.
                      C       is horisontaal.

         1.1.4        'n Voorbeeld van 'n vastekoste-item:

                      A       Elektrisiteit
                      B       Huur
                      C       Telefoon

         1.1.5        Hooflyn-inflasie word deur die SARB gebruik om oor die vlak
                      van … te besluit.

                      A       indiensneming
                      B       die rentekoers
                      C       produksie

         1.1.6        Buitelanders wat na Suid-Afrika reis, word as … toeriste beskou.

                      A       binnelandse
                      B       uitgaande
                      C       inkomende
Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                    4                             DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                              NSS

         1.1.7        Die bywoning van 'n sportgeleentheid is 'n voorbeeld van …
                      toerisme.

                      A   kulturele
                      B   eko-
                      C   sake-

         1.1.8        Kerninflasie sluit items met … pryse uit.

                      A   hoë
                      B   stabiele
                      C   wisselvallige                                                (8 x 2)      (16)

1.2      Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by die item in KOLOM A pas.
         Skryf slegs die letter (A–I) langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.8) in die
         ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.2.9 J.

                  KOLOM A                                       KOLOM B
         1.2.1 Marginale koste                A     die minimum verdienste vereis om te
                                                    voorkom dat 'n entrepreneur die
         1.2.2 Samespanning                         besigheid verlaat

         1.2.3 Belasting                      B     die owerheid stel regulasies vas wat
                                                    omgewingstandaarde afdwing
         1.2.4 Normale wins
                                              C     die addisionele koste wanneer 'n
         1.2.5 Inflasie                             ekstra eenheid vervaardig word

         1.2.6 Bevel en beheer                D     die storting van afval op die
                                                    aardoppervlak
         1.2.7 Geweegde indeks
                                              E     'n ooreenkoms tussen besighede met
         1.2.8 Grondbesoedeling                     die doel om mededinging tussen hulle
                                                    te beperk

                                              F     ekonomiese wins

                                              G     inmenging deur die owerheid om
                                                    eksterne koste te verhaal

                                              H     toon die relatiewe belangrikheid van 'n
                                                    item in 'n mandjie goedere en dienste
                                                    wat in die berekening van inflasie
                                                    gebruik word

                                              I     'n styging in die algemene prysvlak in
                                                    'n sekere jaar
                                                                                   (8 x 1)          (8)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                   5                         DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                             NSS

1.3      Gee EEN term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term
         langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.6) in die ANTWOORDEBOEK neer.

         1.3.1        'n Markstruktuur waar slegs twee besighede die mark oorheers

         1.3.2        Produkte wat identies en gestandaardiseerd is

         1.3.3        'n Monopolie wat as gevolg van hoë ontwikkelingskoste bestaan

         1.3.4        'n Inflasiekoers van meer as 50%

         1.3.5        Die proses om die omgewing op so 'n wyse te bestuur dat dit
                      ongeskonde bly

         1.3.6        Die verskaffing van goedere en dienste soos paaie, telefoonlyne,
                      radio- en televisiedienste                               (6 x 1)         (6)

                                                               TOTAAL AFDELING A:              30

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                      6                                     DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                                NSS

AFDELING B

Beantwoord enige TWEE             van    die    drie     vrae     in     hierdie   afdeling     in   die
ANTWOORDEBOEK.

VRAAG 2: MIKRO-EKONOMIE                                                   40 PUNTE – 30 MINUTE

2.1      Beantwoord die volgende vrae.

         2.1.1        Noem TWEE soorte ondoeltreffendhede wat in die onvolmaakte
                      mark kan voorkom.                                   (2 x 1)                            (2)

         2.1.2        Wat sou gebeur as besighede in 'n oligopolistiese mark in
                      pryse meeding?                                     (1 x 2)                             (2)

2.2      Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                          MONOPOLIE

                      P
                                                                  KMK

                                                                                KGTK
                       60

                       30
                       25

                                               MI                 GI/V

                                          50        80                             Q

         2.2.1        Wat is die verkoopprys vir die monopolis?                                              (1)

         2.2.2        Illustreer die    ewewigsposisie          hierbo     'n   kort   termyn    of 'n
                      lang termyn?                                                                           (1)

         2.2.3        Hoekom sal 'n monopolis altyd op lang termyn 'n ekonomiese wins
                      maak?                                                                                  (2)

         2.2.4        Wat is die vereiste vir hierdie monopolie om as 'n kunsmatige
                      monopolie geklassifiseer te word?                                                      (2)

         2.2.5        Bereken die totale wins wat hierdie monopolis maak. Toon ALLE
                      berekeninge.                                                                           (4)
Kopiereg voorbehou                                                                      Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                   7                             DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                             NSS

2.3      Bestudeer die spotprent hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                   VRAAG ≠ AANBOD

                          MARKMISLUKKING
                 … HOEKOM HET JY JOU
                                                      … DIE MAATSKAPPY HET
                 LAASTE WERK GELOS?
                                                     HULLE HERVESTIG EN MY
                                                        NIE GESÊ WAARHEEN
                                                                  NIE.

                                                             [Aangepas uit Internet Cartoons]

         2.3.1        Watter oorsaak van markmislukking word hierbo geïllustreer?                  (2)

         2.3.2        Beskryf kortliks die term markmislukking.                                    (2)

         2.3.3        Hoe kan arbeid as 'n produksiefaktor meer beweeglik raak?                    (2)

         2.3.4        Hoe poog die Suid-Afrikaanse regering om die probleem van
                      inkome-ongelykheid op te los?                       (2 x 2)                  (4)

2.4      Vergelyk monopolistiese mededinging met volmaakte mededinging.              (4 x 2)       (8)

2.5      Verduidelik hoekom owerhede somtyds met 'n projek voortgaan, selfs al
         oorskry die private koste die private voordele in 'n kostevoordeel-ontleding.             (8)
                                                                                                   [40]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                    8                            DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                              NSS

VRAAG 3: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES 40 PUNTE – 30 MINUTE

3.1      Beantwoord die volgende vrae.

         3.1.1        Noem TWEE oorsake van koste-druk-inflasie.                      (2 x 1)      (2)

         3.1.2        Watter uitwerking sal groenbelasting hê op die produksie-uitset van
                      'n besigheid wat 'n negatiewe eksternaliteit veroorsaak?     (1 x 2)         (2)

3.2      Bestudeer die tabel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                INTERNASIONALE TOERISTE-AANKOMSTE IN SUID-AFRIKA
                       MARKTE               2014            2015
         Afrika (land)                    1 713 543       1 617 570
         Afrika (lug)                       102 006          95 332
         Amerikas                           107 859          92 710
         Asië en Australasië                103 903          81 498
         Europa                             405 894         402 223
         Totale toeriste-aankomste        2 435 341       2 292 169
                                                                    [Bron: www.southafrica.net]

         3.2.1        Identifiseer TWEE markte in die tabel wat in 2015 die meeste tot
                      toerisme in Suid-Afrika bygedra het.                     (2 x 1)             (2)

         3.2.2        Stel moontlike redes voor wat tot 'n algemene afname in
                      internasionale toerisme in 2015 gelei het.        (2 x 2)                    (4)

         3.2.3        Bereken die persentasie afname in totale toeriste-aankomste in
                      Suid-Afrika tussen 2014 en 2015. Toon ALLE berekeninge.                      (4)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                         9                                       DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                                   NSS

3.3      Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                        AARDVERWARMING EN KLIMAATSVERANDERING
         Die omgewingsprobleme van aardverwarming en klimaatverandering is
         werklike bedreigings vir die oorlewing van plante en diere. Deur verskeie
         konferensies het die Verenigde Nasies gepoog om hierdie kwessies te
         hanteer.

                    So, hierdie klimaats-                                      Jip, ons behoort hierdie ou
                  verandering-ding kan 'n      Klimaatsverandering:
                                                                               probleempie binnekort uit te
                    probleem w ees …           definitief 'n probleem.
                                                                                         klaar ...

                 Luister, jammer om soos 'n       Ons het dit w erklik
                                              ondersoek en dis nie stories          Is hierdie ding aan?
                 stukkende plaat te klink …
                                                         nie.

                                                                             [Aangepas uit www.google.co.za]

         3.3.1         Wat is die uitwerking van die vrystelling van kweekhuisgasse op
                       die omgewing?                                                                                 (2)

         3.3.2         Watter boodskap word deur hierdie spotprent oorgedra?                                         (2)

         3.3.3         Noem die internasionale ooreenkoms wat gesluit is om aan
                       aardverwarming en klimaatsverandering aandag te gee.                                          (2)

         3.3.4         Hoe kan die wêreld die neiging tot aardverwarming stop?                             (2 x 2)   (4)

3.4      Onderskei tussen produsenteprysindeks en verbruikersprysindeks.                                   (2 x 4)   (8)

3.5      Hoekom word Suid-Afrika as 'n groot lugbesoedelaar in die wêreld beskou?                                    (8)
                                                                                                                     [40]

Kopiereg voorbehou                                                                             Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                         10                           DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                                   NSS

VRAAG 4: MIKRO-EKONOMIE EN KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES
                                           40 PUNTE – 30 MINUTE

4.1      Beantwoord die volgende vrae.

         4.1.1           Noem TWEE metodes van nieprys-mededinging.                      (2 x 1)       (2)

         4.1.2           Hoe kan 'n daling in besparing die ekonomie negatief beïnvloed?
                                                                                     (1 x 2)           (2)

4.2      Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                                MINIMUM LONE
         Daar is verskillende kategorieë in Suid-Afrika waar minimum lone toegepas
         word: siviele ingenieurswese, kontrak-skoonmaakdienste, huiswerkers,
         plaaswerkers, bosbou, gasvryheid, leierskaptoelaes, privaat sekerheid, groot-
         en kleinhandel, taxi's en die minimum loon van die bedingingsraad. In die
         Verenigde Koninkryk is daar egter 'n nasionale minimum loon wat alle
         sektore insluit.

                                      V                                      A
                                          a                         b
                        3 500

                 Lone

                         2 500                             e

                                  A
                                                                         V

                                          100        200           300

                                                   Getal werkers

         4.2.1           Identifiseer enige TWEE sektore in Suid-Afrika waar minimum lone
                         toegepas word in die uittreksel hierbo.                   (2 x 1)             (2)

         4.2.2           Beskryf die term minimum loon kortliks.                                       (2)

         4.2.3           Wat is die voordeel om 'n nasionale minimum loon te hê, eerder as
                         'n minimum loon per sektor?                                                   (2)

         4.2.4           Verwys na die grafiek hierbo en verduidelik die implikasie van die
                         R3 500 minimum loon wat deur die regering ingestel is.      (2 x 2)           (4)

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                     11                           DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                               NSS

4.3      Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                INFLASIE EN EKONOMIESE GROEI

         Inflasie was nog nooit goed vir die ekonomie nie. Wanneer verwagte inflasie
         egter heers, doen owerhede regoor die wêreld die nodige stappe om inflasie
         tot 'n sekere mate te verminder. Inflasie en ekonomiese groei is parallelle lyne
         wat nooit kan kruis nie. Inflasie verminder die waarde van geld en maak dit vir
         die gewone mens moeilik om te oorleef. Inflasie en ekonomiese groei is
         onversoenbaar omdat eersgenoemde alle sektore raak.

                                                                         [Bron: www.fin24.com]

         4.3.1        Wat, volgens die uittreksel, is die effek van inflasie op geld?               (2)

         4.3.2        Beskryf die term stagflasie kortliks.                                         (2)

         4.3.3        Watter uitwerking het 'n styging in rentekoerse op inflasie?      (1 x 2)     (2)

         4.3.4        Wat is die negatiewe effekte van inflasie op ekonomiese groei?
                                                                                  (2 x 2)           (4)

4.4      Verduidelik die rolle wat deur enige TWEE sleutelinstellings wat mededinging
         in Suid-Afrika monitor, gespeel word.                                 (2 x 4)              (8)

4.5      Tot watter mate is inflasieteikens voordelig vir die ekonomie?                             (8)
                                                                                                    [40]

                                                                   TOTAAL AFDELING B:               80

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                     12                              DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                               NSS

AFDELING C
Beantwoord enige EEN             van   die    twee    vrae   in   hierdie    afdeling    in    die
ANTWOORDEBOEK.
Jou antwoord sal soos volg geassesseer word:
                                                                                PUNTE-
                     STRUKTUUR VAN OPSTEL
                                                                              TOEKENNING
Inleiding                                                                         Maks. 2
Liggaam
Hoofgedeelte: Bespreek in besonderhede/Diepgaande bespreking/                     Maks. 26
Ondersoek/Bespreek krities/Ontleed (Analiseer)/Vergelyk/Evalueer/
Onderskei/Verduidelik/Assesseer/Debatteer
Addisionele gedeelte: Gee eie mening/Bespreek krities/Evalueer/                   Maks. 10
Evalueer krities/Teken 'n grafiek en verduidelik/Gebruik die gegewe
grafiek en verduidelik/Voltooi die gegewe grafiek/Bereken/Lei af/Vergelyk/
Verduidelik/Onderskei/Interpreteer/Debatteer kortliks/Hoe?/Stel voor
Slot
Enige hoërorde-slot behoort die volgende in te sluit:                             Maks. 2
• 'n Kort samevatting van dit wat bespreek is, sonder die herhaling van
     enige feite wat reeds genoem is
• Enige opinie of waardeoordeel oor die feite wat bespreek is
• Addisionele ondersteunende inligting wat die bespreking/ontleding
     versterk
• 'n Teenstrydige sienswyse met motivering, indien gevra
• Aanbevelings
TOTAAL                                                                                  40

VRAAG 5: MIKRO-EKONOMIE                                            40 PUNTE – 40 MINUTE

In 'n volmaakte mark beïnvloed die nywerheid in 'n sekere mate die optrede van 'n
individuele besigheid.
•   Verduidelik, met behulp van grafieke, die volgende oor 'n individuele besigheid
    onder toestande van volmaakte mededinging:
    o Die effek op prys indien die individuele vervaardiger sy uitset (aanbod)
        vermeerder of verminder
    o Die afleiding van die aanbodkurwe vanaf kostekurwes vir die individuele
        vervaardiger                                                           (26)
•   Verduidelik, sonder die gebruik van 'n grafiek, hoekom die prys van 'n produk
    onder volmaakte mededinging gelyk sal wees aan die laagste punt van die
    langtermyn gemiddelde kostekromme.                                         (10)                  [40]
VRAAG 6: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES 40 PUNTE – 40 MINUTE
Toerisme speel 'n belangrike rol en kan die ekonomie negatief of positief beïnvloed.
•   Ondersoek die uitwerking van toerisme op die volgende:
    o Armoede
    o Indiensneming
    o Eksternaliteite                                                                         (26)
•   Hoe kan Suid-Afrika binnelandse toerisme bevorder?                                        (10)   [40]
                                                                    TOTAAL AFDELING C:               40
                                                                        GROOTTOTAAL:                 150
Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [GR12 ECON P2 Sept2017 QP Eng](https://www.hlayiso.com/library/gr12-econ-p2-sept2017-qp-eng/ee07c430-a1b8-4462-a224-b9f4533baf78) — Economics · QP · 2017 · Eng
- [Grade 12 NSC Economics P2 (Afrikaans) Preparatory 2017 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-economics-p2-afrikaans-preparatory-2017-question-paper/498eaf17-b8bb-4092-a221-96afe7bd7aa2) — Economics · QP · 2017 · Afr
- [Economics P2 May June 2017 Eng](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-may-june-2017-eng/695f9083-05e8-422b-88cd-dd2a1d417b26) — Economics · QP · 2017 · Eng
- [Economics P2 Feb March 2018 Eng](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-feb-march-2018-eng/4a0147f8-f13e-4c79-a4e9-cbeb77edfdc9) — Economics · QP · 2018 · Eng
- [Economics P2 Feb March 2018 Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-feb-march-2018-afr/f2ad6b44-5e81-48d8-87e0-8447c94bf4cc) — Economics · QP · 2018 · Afr
- [Grade 12 NSC Economics P2 Preparatory 2017 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-economics-p2-preparatory-2017-possible-answers/779e706d-0501-401b-86fa-ad09b22489ec) — Economics · Memo · 2017

## More from Grade 12 Economics

- [Economics P2 Memo Afr watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-memo-afr-watermark/c9d66fa3-0b40-419d-a6f6-d862847d4e82) — Memo · 2025 · Afr
- [Economics P2 (English) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-english-june-2025-possible-answers/3df8bb66-2d0a-4b1b-89bf-509b303bfa3e) — Memo · 2025 · Eng
- [Economics P1 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-may-june-2025-mg-eng/f6c27985-fe67-48df-afba-d85bf5f76379) — Memo · 2025 · Eng
- [Economics P2 May-June 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-may-june-2025-mg-afr/4cc1190f-9c0a-43ea-98bc-3252875816a9) — Memo · 2025 · Afr
- [NW 12 ECONOMICS P2 QP ENG JUNE 2025](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-economics-2025-nw-june-exam-question-paper-paper-2-english/c80fc8cc-fc9d-44e9-a820-8736783a4556) — QP · 2025 · Eng
- [ECONOMICS QP.P1 GR 12 JUNE 2024 (Backup papers)](https://www.hlayiso.com/library/economics-qp-p1-gr-12-june-2024-backup-papers/cb8af277-aab9-4fba-8e76-5924dcaf1941) — QP · 2024

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
