# Economics Grade 10 P2 National Exemplar 2012 QP (Afr)

> Grade 10 Economics Paper 2 question paper from the National Exemplar Exam 2012 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-gr-10-exemplar-2012-afr/9f50ee48-8def-4982-8a8a-7b40f9afd527
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Economics
- Grade: Grade 10
- Document type: Question paper
- Year: 2012
- Exam period: National Exemplar Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 12

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 10](https://www.hlayiso.com/library/grade-10) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-10/economics) › [Economics Grade 10 P2 National Exemplar 2012 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-gr-10-exemplar-2012-afr/9f50ee48-8def-4982-8a8a-7b40f9afd527)

## About this document

Economics · Grade 10 · National Exemplar Exam · 2012. Question paper, 12 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                 GRAAD 12

                              NASIONALE
                          SENIOR SERTIFIKAAT

                                   GRAAD 10

                                EKONOMIE V2

                                 MODEL 2012

PUNTE: 150

TYD: 2 uur

                     Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                              Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                    2                            DBE/2012
                                      NSS – Graad 10 Model

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Beantwoord VIER vrae soos volg in die ANTWOORDEBOEK:

         AFDELING A: VERPLIGTEND
         AFDELING B: Beantwoord enige TWEE van die drie vrae.
         AFDELING C: Beantwoord EEN van die twee vrae.

2.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik is.

3.       Skryf die vraagnommer boaan elke antwoord neer.

4.       Lees die vrae aandagtig deur.

5.       Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.

6.       Laat 2–3 reëls tussen onderafdelings van vrae oop.

7.       Beantwoord die vrae in volsinne en maak seker dat die formaat, inhoud en
         konteks van jou antwoorde ooreenstem met die kognitiewe vereistes van die
         vrae.

8.       Beantwoord slegs die vereiste getal vrae. Oortollige antwoorde sal NIE
         nagesien word nie.

9.       Gebruik slegs swart of blou ink.

10.      Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

11.      Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                   3                                     DBE/2012
                                     NSS – Graad 10 Model

AFDELING A (VERPLIGTEND)

VRAAG 1                                                          30 PUNTE – 15 MINUTE

1.1      Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
         Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–C) langs die vraagnommer
         (1.1.1–1.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.9 C.

         1.1.1       Wanneer die staat eienaarskap van besighede in die privaat sektor
                     oorneem, staan dit as … bekend.

                     A    privatisering
                     B    kommersialisering
                     C    nasionalisering

         1.1.2       Wêreldmarkte staan ook as … markte bekend.

                     A    kollektiewe
                     B    globale
                     C    volmaakte

         1.1.3       Die lyn wat verskillende kombinasies van goedere toon wat deur 'n
                     verbruiker aangekoop kan word, staan as die … lyn bekend.

                     A    begrotings-
                     B    produksie-
                     C    verkoops-

         1.1.4       'n Voorbeeld van 'n openbaresektor-entiteit is 'n ...

                     A    publieke maatskappy.
                     B    staatshospitaal.
                     C    buitelandse besigheid.

         1.1.5       Die arbeidsmark in Suid-Afrika word …

                     A    deur vraag en aanbod van arbeid ondersteun.
                     B    deur werkgewers gedomineer.
                     C    deur vakbonde gedomineer.

         1.1.6       'n Ekonomies aktiewe bevolking bestaan uit … tussen die
                     ouderdom van 15 en 64.

                     A    persone in diens
                     B    werklose persone
                     C    persone in diens en werklose persone

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                      4                                     DBE/2012
                                        NSS – Graad 10 Model

         1.1.7       'n Aanvaarbare reël of gedragsmetode wat 'n invloed op arbeid het,
                     staan as 'n arbeid-… bekend.

                     A     konsultasie
                     B     konvensie
                     C     beweging

         1.1.8       In Suid-Afrika is werkloosheid die vernaamste oorsaak van …

                     A     xenofobie.
                     B     rassisme.
                     C     armoede.                                                   (8 x 2)      (16)

1.2      Kies 'n beskrywing uit KOLOM B om by 'n item in KOLOM A te pas. Skryf
         slegs die letter (A–I) langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.8) in die
         ANTWOORDEBOEK neer.

                      KOLOM A                                   KOLOM B
         1.2.1       Oligopolie                 A      onwettige handel van goedere

         1.2.2       Wet van aanbod             B      die studie van bevolkings

         1.2.3       Swart mark                 C      verteenwoordigers van die
                                                       owerheid, besigheid en
         1.2.4       Pareto-                           arbeidsorganisasies
                     doeltreffendheid
                                                D      ekonomies gemarginaliseerd
         1.2.5       NEOAR ('Nedlac')
                                                E      positiewe verwantskap tussen prys
         1.2.6       Werkloses                         en hoeveelheid

         1.2.7       Demografie                 F      omgekeerde verwantskap tussen
                                                       prys en hoeveelheid
         1.2.8       Wet op Basiese
                     Diensvoorwaardes           G      die reg op menswaardige
                                                       werkstoestande

                                                H      'n mark waar daar 'n paar groot
                                                       ondernemings bestaan, byvoorbeeld
                                                       motorvervaardigers

                                                I      produksie- en toedelings-
                                                       doeltreffendheid word bereik
                                                                                      (8 x 1)      (8)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                 5                                   DBE/2012
                                   NSS – Graad 10 Model

1.3      Kies die korrekte woord uit dié wat tussen hakies gegee word. Skryf slegs die
         woord langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.6) in die ANTWOORDEBOEK neer.

         1.3.1       Die bykomende bevrediging wat verkry word deur die verbruik van
                     'n addisionele eenheid, staan as (marginale/gemiddelde) nut
                     bekend.

         1.3.2       Pryse wat onder die ewewigsprys vasgestel word, staan as
                     (minimum/maksimum) pryse bekend.

         1.3.3       (Geleentheidskoste/Vaste koste) verwys na die ruil tussen twee
                     produkte.

         1.3.4       Die program wat na die 1994-verkiesing geïmplementeer is om
                     rassediskriminasie en ongelykheid te verwyder, staan as (GEAR/
                     HOP) bekend.

         1.3.5       Die (Wet op Gelyke Indiensneming/Wet op Arbeid) word gebruik
                     om gelykheid in die werkplek te behaal.

         1.3.6       'n Werkplek-(forum/bespreking) fasiliteer interaksie       tussen
                     werknemers en verteenwoordigers van werkers.               (6 x 1)       (6)

                                                             TOTAAL AFDELING A:               30

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                            6                                             DBE/2012
                                              NSS – Graad 10 Model

AFDELING B

Beantwoord enige TWEE                   van     die   drie   vrae    in   hierdie       afdeling    in   die
ANTWOORDEBOEK.

VRAAG 2: MIKRO-EKONOMIE                                                    40 PUNTE – 20 MINUTE

2.1.     Noem VIER eienskappe van nut.                                                               (4 x 1)       (4)

2.2      Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                   V1
                 Prys                                                               A

                            V

                     R13                                            E1

                     R10                              E

                               A                                                         V1
                      R8
                                                                           V

                           0       8             20           30                          Hoeveelheid

         2.2.1        Definieer die wet van vraag.                                                                 (2)

         2.2.2        Dui die oorspronklike ewewigsprys in rand aan.                                               (1)

         2.2.3        Beskryf die helling van die aanbodkurwe.                                                     (1)

         2.2.4        Verwys na vraagkurwe VV en aanbodkurwe AA.

                      (a)       Dui die prys, in randwaarde, aan waar daar 'n surplus in die
                                mark sal wees.

                      (b)       Bereken die surplus. Toon ALLE berekeninge.                          (2 x 2)       (4)

         2.2.5        Wat kan produsente doen indien daar 'n surplus goedere op die
                      mark is?                                                                                     (2)

Kopiereg voorbehou                                                                            Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                  7                                   DBE/2012
                                    NSS – Graad 10 Model

2.3      Bestudeer die grafiek hieronder oor die produksiemoontlikheidskromme en
         beantwoord die vrae wat volg.

                        PRODUKSIEMOONTLIKHEIDSKROMME

      Appels

        600
        575                  M
                                                   H

      300                            W
      275                                      S

              0                   300      450 500         Lemoene

         2.3.1       Wat is die doel van die produksiemoontlikheidskromme (PMK)?               (2)

         2.3.2       Is produksie by punt H moontlik? Motiveer jou antwoord.                   (3)

         2.3.3       Watter punt word as ondoeltreffend beskou? Motiveer jou
                     antwoord.                                                                 (3)

         2.3.4       Hoeveel appels kan vervaardig word indien al die hulpbronne
                     gebruik sou word om appels te vervaardig?                                 (2)

2.4      Verduidelik die kenmerke van indifferensiekrommes met behulp van 'n
         grafiek.                                                     (4 x 2)                  (8)

2.5      Onderskei tussen komplementêre goedere en substituutgoedere.            (4 x 2)       (8)
                                                                                               [40]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                 8                                         DBE/2012
                                   NSS – Graad 10 Model

VRAAG 3: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES 40 PUNTE – 20 MINUTE

3.1      Noem VIER funksies van vakbonde.                                             (4 x 1)       (4)

3.2      Bestudeer die tabel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                 MIV-POSITIEWE SCENARIO'S IN SUID-AFRIKA – 2008

              PROVINSIE              BEVOLKING                PERSENTASIE VAN
                                                               BEVOLKING WAT
                                                               MIV-POSITIEF IS
         Limpopo                      5 857 622                     12,9%
         Mpumalanga                   3 181 041                     7,0%
         Gauteng                      8 170 386                     18,0%
         Vrystaat                     2 878 993                     6,3%
         KwaZulu-Natal                9 308 565                     20,5%
                                                                        [Bron: Stats SA, 2010]

         3.2.1       Watter provinsie het      die   grootste        getal   geregistreerde
                     MIV-positiewe mense?                                                           (1)

         3.2.2       Bereken die getal mense in Gauteng wat MIV-positief is. Dui ALLE
                     berekeninge aan.                                                               (3)

         3.2.3       Watter maatreëls kan die staat en ekonomiese sektore gebruik om
                     hierdie MIV-pandemie te beveg?                                                 (2)

         3.2.4       Verduidelik die impak van            MIV/Vigs     op    produksie in
                     arbeidsintensiewe nywerhede.                                   (2 x 2)         (4)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                   9                                         DBE/2012
                                     NSS – Graad 10 Model

3.3      Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                     UITGEBREIDE OPENBAREWERKEPROGRAM (UOWP)

         Die UOWP poog om geleenthede vir die armes en kwesbares te skep deur
         arbeidsintensiewe programme deur die owerheid. Dit fokus op die skep van
         infrastruktuur en fisiese dienste, soos die opruim van aanlegte.

         Ooreenkomste met duidelike teikens vir elke provinsie en munisipaliteit,
         waarin hul bydraes tot die skep van vier miljoen werksgeleenthede verduidelik
         word, is deur alle premiers en burgemeesters onderteken.

         223 568 werksgeleenthede is tussen 1 April 2009 en 31 Augustus 2009
         geskep.
                                                            [Aangepas uit SA Jaarboek, 2009/10]

         3.3.1       Wat word bedoel met openbarewerkeprogram?                                       (2)

         3.3.2       Verduidelik die term infrastruktuur.                                            (2)

         3.3.3       Wie is verantwoordelik        vir   die    implementering      van    die
                     Openbarewerkeprogram?                                                           (2)

         3.3.4       Beskryf, in jou eie woorde, hoe jy dink die Openbarewerkeprogram
                     armoede kan verlig.                                                             (4)

3.4      Bespreek kosteverlaging en markte as kenmerke van massaproduksie.
                                                                                       (2 x 4)       (8)

3.5      Onderskei tussen seisoenswerkloosheid en strukturele werkloosheid.            (2 x 4)       (8)
                                                                                                     [40]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                     10                                             DBE/2012
                                       NSS – Graad 10 Model

VRAAG 4: MIKRO-EKONOMIE EN KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES
                                           40 PUNTE – 20 MINUTE

4.1      Noem VIER faktore wat die vraag na 'n goed kan verander.                              (4 x 1)     (4)

4.2      Bestudeer die spotprent hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                        DIE MACLEAN BAKKERY
                                           Die enigste bakker binne 30 km.
                                                   Verkoop jy nie       Nee, en as jy nie
                                        PRYSE      volgraanbrood        daarvan hou nie,
                                                        nie?            koop elders!
                                        Witbrood
                                           R4

       Dis jammer dat
       daar nie 'n ander
       bakkery is nie.                  Ek gaan vir          … en dis nie     Hy verkoop
                                        eeue wag teen         eens altyd      net wit, onge-
                                        hierdie tempo!         vars nie.      snyde brood.

         4.2.1         Dui die spotprent hierbo 'n voorbeeld van 'n volmaakte mark of 'n
                       monopoliemark aan? Gee 'n rede vir jou antwoord.                                    (4)

         4.2.2         Identifiseer 'n voorbeeld van die mark hierbo in Suid-Afrika.                       (1)

         4.2.3         Noem 'n ander markstruktuur buiten 'n volmaakte mark en 'n
                       monopoliemark.                                                                      (1)

         4.2.4         Verduidelik hoe 'n tweede bakkery die dorp se inwoners kan
                       bevoordeel.                                         (2 x 2)                         (4)

Kopiereg voorbehou                                                                    Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                   11                                      DBE/2012
                                     NSS – Graad 10 Model

4.3      Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                 ARBEIDSDISPUTE OPGELOS

         Die KVBA is 'n onafhanklike liggaam wat in 1996 gestig is ingevolge die Wet
         op Arbeidsverhoudinge, 1995, soos gewysig. Dit word deur geen politieke
         party, vakbond of besigheid besit of beheer nie, alhoewel die KVBA 'n
         uitstekende rekord van 1 069 400 arbeidsdispute toon wat tussen
         November 1996 en 31 Januarie 1997 verhoor is. Die totale getal verlore
         werksdae as gevolg van nywerheidsoptrede het met 68% gedaal sedert die
         instelling van die nuwe Wet op Arbeidsverhoudinge in 1995.

                                                   [Bron: Suid-Afrikaanse Jaarboek 2008/2009]

         4.3.1       Skryf die afkorting KVBA volledig uit.                                        (2)

         4.3.2       Noem 'n doelwit van die Wet op Arbeidsverhoudinge.                            (2)

         4.3.3       Hoekom, dink jy, is dit belangrik dat die KVBA nie aan enige
                     politieke party, vakbond of besigheid behoort nie?                            (2)

         4.3.4       Hoekom, dink jy, is dit belangrik om die getal verlore werksdae te
                     beperk?                                                                       (2)

         4.3.5       Watter frase uit die uittreksel hierbo dui daarop dat die
                     bekendstelling van die Wet op Arbeidsverhoudinge tot voordeel
                     van die ekonomie in sy geheel was?                                            (2)

4.4      Verduidelik TWEE interne faktore wat 'n                   verandering      in die
         produksiemoontlikheidskromme kan veroorsaak.                                (4 x 2)       (8)

4.5      Verduidelik kortliks die impak wat werkloosheid op die individu het.        (4 x 2)       (8)
                                                                                                   [40]

                                                                 TOTAAL AFDELING B:                80

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                12                                       DBE/2012
                                  NSS – Graad 10 Model

AFDELING C

Beantwoord EEN van die twee vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK.

Jou antwoord sal soos volg geassesseer word:

STRUKTUUR VAN DIE OPSTEL                                          PUNTETOEKENNING
Inleiding                                                              Maks. 3
Inhoud:
• Hoofdeel: Bespreek/Onderskei/Verduidelik/Analiseer/                    Maks. 24
    Evalueer/Assesseer
• Addisionele deel: Gebruik/trek/teken 'n grafiek/diagram …/             Maks. 6
    Lei af/Verduidelik kortliks/Brei uit op …/Jou eie opinie
Slot                                                                     Maks. 2
Interpretasie/Rubriek                                                    Maks. 5
TOTAAL                                                                     40

VRAAG 5: MIKRO-EKONOMIE                                     40 PUNTE – 20 MINUTE

Bespreek die verskillende maniere waarop die owerheid in die mark inmeng.

Beskryf verder kortliks die redes waarom dit nodig is dat die owerheid in die ekonomie
inmeng.                                                                                   [40]

VRAAG 6: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES 40 PUNTE – 20 MINUTE

Suid-Afrika se transformasie na demokrasie in 1994 het gelei tot ernstige pogings om
'n totale verandering in die lewens van gewone Suid-Afrikaners te bring.

Skryf 'n opstel oor die pogings tot herstel sedert 1994 en gee 'n kort oorsig oor die
opleidingsprogramme wat deur die owerheid ingestel is om lewens te verander.              [40]

                                                             TOTAAL AFDELING C:           40
                                                                 GROOTTOTAAL:             150

Kopiereg voorgehou

## Related documents

- [Economics P2 GR 10 Exemplar 2012 Eng](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-gr-10-exemplar-2012-eng/730fbd56-393b-4f61-9f65-8860d0695193) — Economics · QP · 2012 · Eng
- [Economics P2 GR 10 Exemplar 2012 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-gr-10-exemplar-2012-memo-afr/a6382a36-b6f1-4d29-94e1-3f4f44773ab3) — Economics · Memo · 2012 · Afr
- [Economics P1 GR 10 Exemplar 2012 Eng](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr-10-exemplar-2012-eng/9c1ec3a9-a152-4768-8e14-068095b99253) — Economics · QP · 2012 · Eng
- [ECONOMICS P2 GR10 QP NOV 2020 ENG .docx](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-gr10-qp-nov-2020-eng-docx/856930f7-6814-408c-b664-c45b5a4c67e4) — Economics · QP · 2020 · Eng
- [Economics P1 GR 10 Exemplar 2012 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr-10-exemplar-2012-memo-afr/7fb2abbc-86f7-4c71-84bd-fc5623a5f789) — Economics · Memo · 2012 · Afr
- [ECONOMICS P2 MEMO GR10 2020 ENG](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-memo-gr10-2020-eng/9e31e52d-a9a1-4fb5-8921-0f2305a188b5) — Economics · Memo · 2020 · Eng

## More from Grade 10 Economics

- [Grade 10 Economics P1 November 2026 Mock Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-economics-2026-november-mock-exam-memorandum-paper-1/aa451ed3-608a-4b51-901a-d63eec037da7) — Memo · 2026 · Eng
- [Gr 10 Eco ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-eco-atp-2023-24/1e23cbbf-de14-4cad-b1b6-69a5e90a701c) — ATP
- [LP Economics Grade 10 March 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-economics-grade-10-march-2025-qp-and-memo/bac096e2-ec50-4df8-a553-9592d8c40ac8) — QP + Memo · 2025
- [Gr 10 Economics P1 (Afrikaans) June 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-economics-p1-afrikaans-june-2024-possible-answers/2e8a22fb-f428-4bd0-8ef5-1d0feef1fa94) — Memo · 2024 · Afr
- [Gr 10 Economics P1 (English) June 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-economics-p1-english-june-2024-possible-answers/c23085d5-738d-46b4-b878-072af26bc958) — Memo · 2024 · Eng
- [Gr 10 Economics P2 (Afrikaans) June 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-economics-p2-afrikaans-june-2024-possible-answers/6510048d-9b76-4cdc-ac94-b3b211d47d8b) — Memo · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 10 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-10/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
