# Economics Grade 11 P2 Eastern Cape November 2019 Memo (Afr)

> Grade 11 Economics Paper 2 memorandum from the Eastern Cape November 2019 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-gr11-memo-nov2019-afrikaans/7f1be1f6-063b-41e1-a31e-d825fe2b56c3
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Economics
- Grade: Grade 11
- Language: Afrikaans
- Document type: Memorandum
- Year: 2019
- Exam period: Eastern Cape November
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/economics) › [Economics Grade 11 P2 Eastern Cape November 2019 Memo (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-gr11-memo-nov2019-afrikaans/7f1be1f6-063b-41e1-a31e-d825fe2b56c3)

## About this document

Economics · Grade 11 · Eastern Cape November · 2019 · Afrikaans. Memorandum, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                        NASIONALE
                    SENIOR SERTIFIKAAT

                            GRAAD 11

                      NOVEMBER 2019

                       EKONOMIE V2
                       NASIENRIGLYN

PUNTE:   150

                   Hierdie nasienriglyn bestaan uit 16 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                           EKONOMIE V2                       (EC/NOVEMBER 2019)

 AFDELING A (VERPLIGTEND)

 VRAAG 1

 1.1   MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

       1.1.1    A              absolute

       1.1.2    B              makers

       1.1.3    A              versonke

       1.1.4    C              onelasties

       1.1.5    D              verwoestyning

       1.1.6    C              Armoede-gaping

       1.1.7    D              Wêreld-handelsorganisasie

       1.1.8    B              eindigende                                      (8 x 2)    (16)

 1.2   PAS ITEMS

       1.2.1     F           goedere teen ŉ gegewe prys te koop aangebied

       1.2.2     D           wettige blokkasie tot toetrede

       1.2.3     G           werklike besteding deur ŉ besigheid wanneer ŉ faktor-
                              inset aangekoop word

       1.2.4         I       toename in inkome lei tot kleiner hoeveelhede van
                              hierdie goedere wat aangevra word

       1.2.5     A           omskakeling van oop gebiede of plaasgrond na
                              residensiële gebiede, handelsgebiede, kantore of
                              oprigting van dorpe

       1.2.6     H           wanneer mense nie vir werk soek nie, omdat hulle
                              daarop staatmaak om toelaes te ontvang

       1.2.7     B           saamgroepeer van lande om meer beheer oor die
                              globale ekonomie te verkry

       1.2.8     E           uitputting van hulpbronne, soos lug, grond en water
                                                                                (8 x 1)     (8)

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019)                        EKONOMIE V2                              3

 1.3    GEE EEN BEGRIP

        1.3.1    Normale wins 

        1.3.2    Geleentheidskoste 

        1.3.3    Totale nut 

        1.3.4    Gini-koëffisiënt 

        1.3.5    Bedreigde spesies 

        1.3.6    Buitelandse direkte investering                    (6 x 1)      (6)

                                                        TOTAAL AFDELING A:        30

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                   EKONOMIE V2                         (EC/NOVEMBER 2019)

 AFDELING B

 VRAAG 2: MIKRO-EKONOMIE

 2.1   Beantwoord die volgende vrae.

       2.1.1   Noem enige TWEE voorbeelde van komplementêre goedere.
                Skoene en skoenveters 
                Flitse en batterye 
                Rekenaar hardeware en rekenaar sagteware 
                Drukker in ink 
                 (Aanvaar enige korrekte toepaslike antwoord)    (2 x 1)             (2)
       2.1.2   Hoe beïnvloed ŉ toename in vraag die prys van ŉ produk/diens?
                ŉ Groter vraag na ŉ produk/diens lok die pryse en trek dit op –
                 goedere/dienste sal vir die verbruikers duurder raak. 
                 (Aanvaar enige korrekte toepaslike antwoord)                    (2)

 2.2   2.2.1   Wat verteenwoordig die skadu gedeelte in die grafiek?
                Ekonomiese wins                                                    (1)

       2.2.2   Watter punt op die grafiek toon winsmaksimering aan?
                E                                                                  (1)
       2.2.3   Beskryf kortliks die begrip monopolie.
                Monopolie is ŉ markstruktuur waarbinne slegs een verkoper
                 funksioneer en toegang geblok is. 
                 (Aanvaar enige korrekte toepaslike antwoord)                        (2)

       2.2.4   Verduidelik toetrede as ŉ kenmerk van ŉ monopolie.
                Daar is hindernisse tot toetrede tot die mark. 
                Toegang tot die mark is heeltemal geblok/versper.       (1 x 2)   (2)
                 (Aanvaar enige korrekte toepaslike antwoord)

       2.2.5   Maak gebruik van die inligting op die grafiek en bereken die
               wins of verlies. Toon ALLE berekeninge.

                Wins/Verlies = TI – TK 
                             = (100 x 50) – (80 x 50)
                             = 5 000 – 4 000 
                             = 1 000 (Wins) 
                                                 OF
                Wins/Verlies = (GI – GK) x Hoeveelheid 
                             = 100 – 80 x 50
                             = 20 x 50
                             = 1 000                                               (4)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019)                            EKONOMIE V2                                       5

 2.3    DATARESPONS

        2.3.1   Identifiseer, uit die tabel, die hoeveelheid waarteen wins
                gemaksimeer sal word.
                 8 eenhede                                                                     (1)

        2.3.2   Op watter markstruktuur is bogenoemde data van toepassing?
                 Volmaakte mark                                                                (1)

        2.3.3   Beskryf kortliks die begrip wins.
                Positiewe verskil tussen die bedrag verdien en die bedrag bestee by die
                aankope, bedryf of produksie van iets. 
                (Aanvaar enige korrekte toepaslike antwoord)                                     (2)

        2.3.4   Waaruit bestaan totale koste?
                Totale koste bestaan uit veranderlike koste wat wissel na gelang van die
                uitsetvlak en vaste koste wat onafhanklik van die uitsetvlak is.               (2)
                (Aanvaar enige korrekte toepaslike antwoord)

        2.3.5   Maak gebruik van bogenoemde data en teken ŉ vraagkurwe.

                      Prys

                     90 000
                                                                       VV

                              0   1   2   3   4   5    6    7   8   9   10   Hoeveelheid 

                     Puntetoekenning              maksimum = 4 punte
                     Byskrifte van beide asse                = 1 punte
                     Byskrifte van die asse                  = 1 punte
                     Korrekte vorm en byskrif van die vraagkurwe = 2 punte                       (4)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                     EKONOMIE V2                           (EC/NOVEMBER 2019)

 2.4   Bespreek kortliks die aard van die produk en prysbeheer as kenmerke
       van monopolistiese mededinging.
       Aard van die produk
        Monopolistiese mededinging bied gedifferensieerde produkte, wat beteken
         dat dit soortgelyk aan mekaar is, maar verskil tog ietwat van mekaar. 
        Die verskil is in die verbeelding van die verbruikers – hulle beskou die
         produk van ŉ spesifieke besigheid as uniek en verhewe bo enige ander
         produk wat aan dieselfde groep behoort en skep sodoende ŉ sin van
         waarde. 
        Produk differensiasie mag werklik of denkbeeldig wees – werklike
         verskille is soos ontwerp, materiaal wat gebruik is en vaardighede, waar
         denkbeeldige verskille d.m.v. advertensies, handelsmerke, ens. is. 
        Differensiasie beteken nie om die produk te verander nie, soms is dit net
         genoeg om ŉ nuwe advertensie veldtog te skep of die verpakking te
         verander.                                                        Maks. 4
       Prysbeheer
        Besighede het beduidende beheer oor die pryse van hulle goedere en
         dienste as wat ŉ monopolie het – hulle kan nie hulle pryse vasstel
         nie. 
        Die enigste beheer wat hulle het, hang af van die handelsmerk sterkte
         van die lojaliteit. 
        Kompetisie vind nie deur prys plaas nie maar deur gedifferensieerde
         produkte 
         (Aanvaar enige korrekte toepaslike antwoord)                       Maks. 4       (8)
 2.5   Ondersoek die belangrikheid van inkomste-elastisiteit van vraag vir
       besighede.
       Inkomste-elastisiteit van vraag is belangrik want:
        Kennis van inkomste-elastisiteit van vraag help ondernemings om die
         uitwerking van die ekonomiese siklus op verkope te voorspel. 
        Luukse produkte met hoë inkomste-elastisiteit dui op groter
         wisselvalligheid by verkope oor die sakesiklus, as noodsaaklikhede waar
         die vraag van verbruikers minder sensitief is vir veranderinge in die
         siklus. 
        Dit help om goedere op die basis van die verhouding tussen inkomste en
         vraag te klassifiseer. As vraag na ŉ produk verhoog tesame met
         inkomste, word dit na verwys as normale goedere, maar as die vraag
         daal met ŉ toename in inkomste, is dit minderwaardige goedere. 
        ŉ Onderneming kan die impak op ŉ verandering in inkomste op die
         verkoop hoeveelhede en verkoop inkome, voorspel. 
        Kennis van inkomste-elastisiteit van vraag, help die onderneming om te
         besluit om pryse te verhoog of te verlaag as gevolg van ŉ verandering in
         verbruiker inkomste. 
         (Aanvaar enige korrekte toepaslike antwoord).                         (4 x 2)    (8)
                                                                                         [40]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019)                         EKONOMIE V2                                      7

 VRAAG 3: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES

 3.1 Beantwoord die volgende vrae:

       3.1.1    Noem enige TWEE voorbeelde van verbruikersafval.
                Papier;  Glas;  Bottels;  Blikkies;  Plastiek 
                (Aanvaar enige korrekte toepaslike antwoord)                              (2)

       3.1.2    Hoekom is dit voordelig vir ŉ land om by vryhandel betrokke te
                wees?
                Vryhandel veroorsaak internasionale spesialisasie omdat dit die
                verskillende lande in staat stel om produkte te vervaardig waarin hulle
                ŉ voordeel het. 
                (Aanvaar enige korrekte toepaslike antwoord)                              (2)

 3.2 DATARESPONS

       3.2.1    Identifiseer die soort armoede waarna in die uittreksel verwys
                word.
                Absolute armoede                                                         (1)

       3.2.2    Noem EEN kenmerk van armoede.
                 Armoede is geneig om erger in plattelandse gebiede te wees. 
                 Vroue maak ŉ beduidende deel van die meeste armes in die
                  wêreld uit. 
                 Minderheid etniese-groepe en inheemse mense word baie erg
                  beïnvloed. 
                  (Aanvaar enige korrekte toepaslike antwoord)                            (1)

       3.2.3    Beskryf kortliks die begrip armoede.
                 Armoede is om nie genoeg geld te hê om basiese behoeftes,
                  insluitende voedsel, klere en beskerming, te bevredig nie. 
                 Armoede kom voor wanneer die hulpbronne minder is as wat
                  vereis word om die basiese fisiese behoefte aan voedsel, klere en
                  beskerming te bevredig. 
                 Armoede word gemeet aan mense wat onder ŉ sekere vlak van
                  inkomste val, wat die armoedelyn genoem word.
                  (Aanvaar enige korrekte toepaslike antwoord.)                           (2)

       3.2.4    Verduidelik gebrek aan hulpbronne as ŉ oorsaak van armoede.
                 Arm mense het nie toegang tot basiese hulpbronne soos vervoer,
                  gesondheid, voedsel en onderwys nie. 
                 Dit is onmoontlik vir hulle om hulle basiese behoeftes te bevredig
                  en hulle is kwesbaar vir siektes. 
                  (Aanvaar enige korrekte toepaslike antwoord)                            (2)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                     EKONOMIE V2                         (EC/NOVEMBER 2019)

      3.2.5    Hoe word die Suid-Afrikaanse regering deur hoë vlakke van
               armoede in die land beïnvloed?
                Die regering belas die rykes teen ŉ hoër koers om sosiale toelaes
                 vir die armes te befonds. 
                Meer geld word vir die verspreiding van sosiale
                 toelaes gebruik. 
                Groot bedrae geld word vir welsyn begroot, wat minder geld laat
                 vir besteding op die ontwikkeling van ander behoeftes soos
                 doeltreffende gesondheid. 
                 (Aanvaar enige korrekte toepaslike antwoord)                (2 x 2) (4)

 3.3 DATARESPONS

      3.3.1    Oor watter produk beskik LAND A ŉ absolute voordeel?
                Motors                                                                (1)

      3.3.2    Wie het die teorie van vergelykende voordeel ontwikkel?
                David Ricardo                                                         (1)

      3.3.3    Beskryf kortliks die begrip vryhandel.
               Vryhandel beteken dat daar geen vorm van beskerming is, wat
               gebruik kan word om nuwe nywerhede in ontwikkelende lande te
               beskerm nie.
               (Aanvaar enige korrekte toepaslike antwoord.)                            (2)

      3.3.4    Verduidelik die teorie van absolute voordeel.
               Volgens die teorie van absolute voordeel sal lande handel dryf
               wanneer een land ŉ produk meer doeltreffend produseer as ŉ ander
               land, al het hulle dieselfde hulpbronne gebruik. 
               (Aanvaar enige korrekte toepaslike antwoord.)                            (2)

      3.3.5    Hoe is dit moontlik vir lande in ILLUSTRASIE 2 om handel te
               dryf?
                Volgens die teorie van vergelykende voordeel kan lande handel
                  dryf, selfs al het een land die absolute voordeel in beide
                  produkte. 
                Handel kan plaasvind deurdat elke land spesialiseer in die produk
                  waarin hulle die vergelykende voordeel het – die
                  geleentheidskoste in die produksie van goedere verskil in die twee
                  lande.
                Land A sal spesialiseer in lemoene terwyl Land B in olie sal
                  spesialiseer. 
                Land A kry olie van Land B en Land B sal lemoene van Land A
                  verkry. 
                  (Aanvaar enige korrekte toepaslike antwoord)                 (2 x 2) (4)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019)                        EKONOMIE V2                                      9

       3.4 Verduidelik kortliks handelsliberalisering en standaardisasie as
           oorsake van globalisasie.
           Handelsliberalisering
            Handelsliberalisering beteken die afskaffing of vermindering van
             handelshindernisse wat handel tussen lande beperk. 
            Hierdie hindernisse sluit tariewe, soos heffings en bybetalings en nie-
             tariewe soos lisensiëring reëls en kwotas, in. 
            Handelsliberalisering bevorder vryhandel wat lande toelaat om handel
             sonder regulerende hindernisse te dryf.                        Maks. 4

             Standaardisasie
              Standaardisasie is wanneer reëls vir handel dieselfde reg oor die
                wêreld is, wat dit makliker maak vir lande om internasionaal handel te
                dryf en te investeer – lande moet aan ŉ vaste stel reëls voldoen. 
              Diegene wat onderworpe is aan die reëls, handel op dieselfde manier,
                wat globalisasie bevorder. 
              Die instellings sluit die Wêreldhandelsorganisasie (WHO) in wat
                internasionale handelsooreenkomste, tarief beleid en die beskerming
                van intellektuele eiendom, fasiliteer. 
                (Aanvaar enige korrekte toepaslike antwoord)                    Maks. 4         (8)

       3.5 Hoe kan mens ŉ positiewe uitwerking op die omgewing het?
           Mense mag die omgewing op ŉ positiewe manier beïnvloed, deur:
            mere en die see skoon te maak, wat ŉ positiewe invloed op die
             omgewing sal hê. 
            afval te herwin en plante en groente te groei en ook deur bome te
             plant, sal die hoeveelheid afval in die omgewing verminder word. 
            betrokke te wees by opvoedkundige programme oor hoe om die
             omgewing te bewaar – praat met ander oor die impak van omgewing
             degradering, maak mense van die skade wat hulle aan die omgewing
             kan veroorsaak bewus. 
            rommelstrooiing of afval in onvanpaste plekke weg te gooi te vermy –
             verbruik van minder hulpbronne, sal lei tot ŉ laer produksie-uitset en
             afval verminder. 
            die bewaring van energie deur energiebesparende gloeilampe te
             gebruik. 
             (Aanvaar enige korrekte toepaslike antwoord)                                   (8)
                                                                                           [40]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                                    EKONOMIE V2                          (EC/NOVEMBER 2019)

 VRAAG 4:       MIKRO-EKONOMIE EN KONTEMPORÊRE EKONOMIESE
                KWESSIES

 4.1   Beantwoord die volgende vrae.

       4.1.1    Noem enige TWEE beginsels van volhoubare ontwikkeling.
                 Goeie bestuur 
                 Uitroei van armoede 
                 Ekonomiese herstel 
                 Verantwoording 
                 Deursigtigheid 
                 Aandag aan sosiale dienste skenk 
                  (Aanvaar enige korrekte toepaslike antwoord)      (2 x 1)              (2)

       4.1.2    Hoekom is dit belangrik vir besighede om doelwitte te stel?
                 Stel van doelwitte help die besigheid om die rigting wat hulle wil
                  inslaan, te definieer – doelwitte behoort in lyn met die besigheid
                  se missie- en visie-stellings te wees. 
                  (Aanvaar enige korrekte toepaslike antwoord)                           (2)

 4.2   DATARESPONS

       4.2.1    Watter soort kruis-elastisiteit word in bostaande tabel
                voorgestel?
                 Positiewe kruis-elastisiteit                                          (1)

       4.2.2    Gee EEN voorbeeld van goedere vir kruis-elastisiteit van vraag,
                soos hierbo aangedui.
                 Tee en koffie 
                 Bees en skaap 
                 Botter en margarine 
                  (Aanvaar enige korrekte toepaslike antwoord)                           (1)

       4.2.3    Beskryf kortliks die begrip kruis-elastisiteit van vraag.
                 Kruis-elastisiteit van vraag is die verhouding tussen veranderinge
                  in die prys van een produk en die gevolglike veranderinge in die
                  hoeveelheid aangevra van ŉ ander produk.                             (2)

       4.2.4    Verduidelik kruis-elastisiteit van onverwante goedere.
                 As die produkte nie verwant is nie, kan dit nie met ŉ ander produk
                  vervang word nie en dit lei tot geen verandering in vraag by enige
                  prysverandering, so elastisiteit van vraag sal nul wees.             (2)
                  (Aanvaar enige korrekte toepaslike antwoord)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019)                          EKONOMIE V2                                                 11

        4.2.5    Gebruik die bostaande inligting en bereken die kruis-elastisiteit
                 van vraag.

                                                  % verandering in hoeveelheid gevra van Produk Y
                 Kruis-elastisiteit van vraag =                                                     
                                                        % verandering in prys van Produk X

                                                  50%
                                             =        
                                                  20%

                                              = 2                                                     (4)

 4.3   DATARESPONS

       4.3.1    Wat word deur die bostaande prent verteenwoordig?
                 Noord/Suid verdeel                                                                   (1)

       4.3.2    Watter deel van die aardbol, volgens bostaande prent, word
                deur ontwikkelende lande verteenwoordig?
                 Suid / laer gedeelte / onder die ewenaar                                             (1)

       4.3.3    Beskryf kortliks die begrip rykdom.
                ŉ Voorraad van bates wat finansiële waarde het en deur individue,
                besighede en die regering besit word. 
                (Aanvaar enige korrekte toepaslike antwoord)                                            (2)

       4.3.4    Onderskei tussen lande in die Noorde en lande in die Suide
                verdeel, in terme van vlakke van onderwys.
                Lande in die Noorde het hoër vlakke van onderwys as land in die
                Suide.                                                                                (2)

       4.3.5    Wat is die positiewe effekte van globalisasie op Suid-Afrika?
                 Meer toegang vir Suid-Afrika tot wêreldmarkte. 
                 Maatskappye trek voordeel uit verhoogde handel. 
                 Globale finansiële markte help met die belegging oplewing in
                  Suid-Afrika en dra tot die gesonde bankstelsel by. 
                 Die vermindering van handel hindernisse het gelei tot ŉ wyer
                  verskeidenheid van produkte en dienste wat vir verbruikers
                  beskikbaar is. 
                  (Aanvaar enige korrekte toepaslike antwoord)               (2 x 2)                    (4)

Kopiereg voorbehou                                                                       Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                                   EKONOMIE V2                        (EC/NOVEMBER 2019)

 4.4   Onderskei tussen skaalvoordele en nie-skaalvoordele van ekonomie.

       Skaalvoordele
        Skaalvoordele verwys na die situasie waar die hoeveelheid uitsette
         toeneem en die eenheidskoste afneem. 
        Die onderneming se eenheidskoste daal soos die skaal van die besigheid
         toeneem – persentasie verandering in inset is kleiner as die persentasie
         verandering in die uitset. 
        Soos die besigheid meer produseer, sal die koste van die addisionele
         eenhede laer wees as dié van die vorige eenhede.                Maks. 4

       Nie-skaalvoordele
        Gebeur wanneer die eenheidskoste styg as die hoeveelheid geproduseer
         afneem – wanneer die langtermyn gemiddelde koste kurwe begin om te
         styg. 
        Soos die besigheid produksie verhoog, ondervind dit aanvanklik ŉ daling
         in gemiddelde koste per eenheid en soos wat dit voortgaan om hul skaal
         van hulle besigheid te verhoog, bly die gemiddelde koste kontant, gevolg
         deur nie-skaalvoordele. 
        Dan sal hoër vlakke van operasionele verkwisting ondervind word, a.g.v.
         ŉ gebrek aan behoorlike beheer en koördinasie weens die moeilikheid
         daarvan om ŉ groter arbeidsmag te bestuur en dit lei tot nie-
         skaalvoordele. 
         (Aanvaar enige korrekte toepaslike antwoord)                    Maks. 4      (8)

 4.5   Evalueer die sukses van sosiale toelaes op armoedeverligting in SA.
       Suksesvol
        Dien as ŉ bron van inkomste vir die begunstigdes, soos ouer mense wat
         nie langer in diens geneem kan word nie. 
        Begunstigdes kan basiese behoeftes bekostig en hulle lewenspeil
         verbeter. 
        Verskaf ŉ veiligheidsnet vir die weeskinders en gestremdes, ens. 
        Ondersteun nie net die begunstigdes nie, maar bied ŉ breër
         ondersteuning – waar die hele huishouding van die
         toelae afhanklik is. 
       Nie-suksesvol
        Die toelae word nie net deur die begunstigde gebruik nie, maar deur die
         hele huishouding, met die gevolg hul lewenspeil word nie verbeter
         nie. 
        Toestaan van sosiale toelaes lei daartoe dat mense lui raak om werk te
         kry of te skep en dit veroorsaak dat hulle vasgevang word in
         armoede. 
         (Aanvaar enige korrekte toepaslike antwoord)                      (4 x 2)    (8)
                                                                                     [40]

                                                          TOTAAL AFDELING B:          80

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019)                        EKONOMIE V2                                     13

 AFDELING C

 Beantwoord enige EEN van die twee vrae uit hierdie afdeling in die
 ANTWOORDEBOEK.

 VRAAG 5

  Bespreek die kenmerke van ŉ volmaakte mark, in detail.                         (26)
  Ondersoek die positiewe uitwerking van mededinging op markte.                  (10)

 INLEIDING
 ŉ Volmaakte mark is ŉ hipotetiese model van ŉ mark waar daar geen enkele
 verbruiker of produsent is wat ŉ invloed op die markprys het nie. Kopers en
 verkopers het geen voorkeur waar hulle die produkte wil koop of verkoop nie, want
 die produkte is dieselfde.                                                      (2)
 (Aanvaar enige korrekte toepaslike antwoord)

 HOOFGEDEELTE
 KENMERKE VAN ’N VOLMAAKTE MARK
 Aantal kopers en verkopers 
  Die aantal kopers en verkopers is so baie dat individuele mark deelnemers
   onbeduidend in verhouding tot die mark as ŉ geheel is. 
  Geen individuele koper of verkoper het ŉ invloed op die markprys nie omdat
   elkeen ŉ prysnemer is. 

 Aard van die produk 
  Alle produkte wat in die spesifieke mark verkoop word, is homogeen. 
  Dit is dieselfde in alle aspekte van kwaliteit, voorkoms en enige spesifieke
   kenmerk. 
  Dit maak geen verskil waar die koper die produk koop of by wie nie. 

 Vryheid van toe- en uittrede 
  Daar is geen faktore wat die produsent se besluit om tot die mark toe te tree of
   uit te tree, beïnvloed nie. 
  Ondernemings is vry om tot die mark toe te tree, waar daar geleenthede is om
   wins te realiseer en vry om te onttrek waar verliese voorkom. 
  Die mark is totaal toeganklik, daar is geen wetlike, finansiële of tegnologiese
   hindernisse wat toe- en uittrede kan verhinder nie. 

 Beweeglikheid van produksiefaktore 
  Alle produksiefaktore is totaal beweeglik en kan vryelik tussen markte, sonder
   enige beperkinge beweeg. 
  Arbeid kan enige tyd tussen werke skuif. 
  Produsente het toegang tot produksie tegnologie en hulpbronne, geen
   produsent betaal meer vir ŉ produksiefaktore as ŉ ander nie. 

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                                    EKONOMIE V2                         (EC/NOVEMBER 2019)

 Volledige kennis 
  Kopers besit volledige kennis oor pryse, kwaliteit en beskikbaarheid van
   goedere en dienste. 
  Verkopers het volledige kennis oor produksiekoste en markgeleenthede. 
  As een besigheid neig om sy prys hoër as die markprys vas te stel, sal kopers
   onmiddellik daarvan bewus raak en hulle produkte aankoop by besighede wie
   se prys steeds laer as die markprys is. 

 Geen samespanning 
  Samespanning vind nie in ŉ volmaakte mark plaas nie, want verkopers
   reageer onafhanklik van andere. 

 Ongereguleerde markte 
  Kopers en verkopers word nie deur regeringsinmenging beïnvloed nie. 

 (Ken maksimum 8 punte toe vir slegs die noem van feite en voorbeelde)
 (Aanvaar enige korrekte toepaslike antwoord)                                          (26)

 ADDISIONELE GEDEELTE
 Mededinging het ŉ positiewe invloed op die markte, omdat:
  Deur mededinging te bevorder, lei dit tot die beste toekenning van hulpbronne,
   laagste pryse, hoogste kwaliteit en die grootste materiële vooruitgang. 
  Mededinging verbeter produktiwiteit en internasionale mededingendheid van
   markte en bevorder dinamiese markte en ekonomiese groei. 
  Markte wat heftige mededinging in die gesig staar, word aanhoudend gedwing
   om meer doeltreffend en meer produktief te wees.  Hulle weet dat hulle
   mededingers konstant besig is om maniere te soek om koste te verminder ten
   einde winste te verhoog. 
  Mededinging lei daartoe dat markte innoverend is, want innovasie is
   noodsaaklik vir sukses.  Innovasie lei tot nuwe produkte en nuwe produksie
   tegnologieë word ontwikkel. 
  Mededinging laat nuwe ondernemings toe om tot die mark wat gewoonlik deur
   ŉ paar ondernemings gedomineer is, toe te tree. 
  Mededinging dwing besluite om op markfaktore soos vraag, kostes, tegnologie
   eerder as op onvolledige inligting gebaseer te word. 
    (Aanvaar enige korrekte toepaslike antwoord)                            (5 x 2)    (10)

 SLOT
 Volmaakte markte is regtig skaars en hulle dien as ’n maatstaf vir die
 onvolmaakte markte. 
 (Aanvaar enige korrekte hoër-orde gevolgtrekking.)                                     (2)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019)                      EKONOMIE V2                                   15

 VRAAG 6

  Bespreek openbare sektor inmenging as ŉ maatreël om volhoubare
   ontwikkeling te verseker.                                       (26)
  Ondersoek hoe internasionale handel die omgewing kan beïnvloed. (10)

 INLEIDING
 Omgewingsvolhoubaarheid beteken die vermoë van die omgewing om sy
 ekonomiese gebruik van ekonomiese aktiwiteit te oorleef. 
 (Aanvaar enige korrekte toepaslike antwoord)                                        (2)

 HOOFGEDEELTE
 OPENBARE SEKTOR INMENGINGSMAATREËLS OM VOLHOUBARE
 ONTWIKKELNG TE VERSEKER.
 Toestaan van eiendomsregte 
  Bogenoemde het ŉ uitwerking op bewaring omdat mense na dinge wat aan
   hulle behoort kyk. 
  Om te verhoed dat plante en diere uitgewis word, kan eiendomsreg daaroor
   aan mense toegestaan word. 
  Die plante en diere sal dan teen ŉ minimale koste van die belastingbetaler,
   bewaar kan word. 
  As eiendomsreg na gemeenskaplike goedere soos skoon lug, uitgebrei kan
   word kan die regering besoedelaars vir die reg om te besoedel laat betaal. 
 Heffings op die gebruik van die omgewing 
  Verbruikers en produsente betaal ŉ maandelikse fooi aan die regering vir die
   afval wat hulle produseer en die storting daarvan in die omgewing. 
  Verbruikers betaal munisipale heffings vir vullisverwydering en riolering. 
  Nywerhede mag ook heffings betaal op uitlaatgasse en so ook eienaars van
   voertuie wanneer hulle nuwe voertuie koop. 
  Die kostes behoort proporsioneel volgens die afval wat geproduseer word te
   wees. 
  ŉ Vaste totale heffing soos ŉ maandelikse heffing sal nie afval produsente
   aanmoedig om afval te verminder nie. 
 Omgewingsubsidies 
  Regering kan subsidies verskaf om aktiwiteite wat skade aan die omgewing
   verminder, aan te moedig. 
 Subsidies kan wees vir:
  Ontwikkeling van ŉ nuwe tegniek of toerusting bv. om energie te bespaar, rook
   te verminder of om omgewingsvriendelike energie te gebruik soos wind, gety
   of sonenergie. 
  Aanmoediging van die produksie van omgewingsvriendelike substitute soos
   loodvrye petrol. 
  Aanmoediging van herwinning, soos bottels, blikkies en karton. 

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
16                                   EKONOMIE V2                          (EC/NOVEMBER 2019)

 Omgewingsbelasting / groenbelasting 
  Hierdie belasting sal die prys van skadelike goedere verhoog en mense sal na
    alternatiewe begin kyk, bv. die heffing op motorbande. 
  Ten einde sosiale doeltreffende uitset te bereik, behoort die belastingkoers
    gelyk aan die marginale eksterne koste te wees. 
 Bemarkbare permitte 
  Die regering gee vir elke besigheid ŉ lisensie om tot ŉ sekere mate te
    besoedel. 
  Besighede verkoop hulle lisensies aan ander besighede. 
  In Suid-Afrika word bemarkbare permitte deur die Departement van Minerale
    en Energie uitgereik. 
 (Aanvaar enige korrekte toepaslike antwoord)
 (Ken ŉ maksimum van 8 punte vir slegs noem van feite of voorbeelde)                   (26)

 ADDISIONELE GEDEELTE
 Internasionale handel beïnvloed die omgewing negatief deur:
   Uitgebreide handel wat die verkoop van produksie vir die wêreld as ŉ geheel
    vergroot en daar toe lei dat die totale hoeveelheid besoedeling en skade aan
    die omgewing heel waarskynlik vergroot. 
   Toenemende lugbesoedeling en ander invloede op die omgewing deur energie
    wat aangewend word vir vervoer. 
   Stygende landbou verbouing wat tot degradering en gronderosie lei wat te
    wyte is aan oorverbouing. 
   Handel met spesifieke soorte handel soos giftige afval en bedreigde spesies
    het ooglopende impak op die omgewing. 
   Wydverspreide subsidies op chemiese kunsmis en plaagdoders bevorder
    skadelike boerderymetodes vir die omgewing. 
    (Aanvaar enige korrekte toepaslike antwoord)                             (5 x 2)    (10)

 SLOT
 Vir omgewingsvolhoubaarheid om bereik te word, moet daar werklike toewyding
 van regerings, markte en internasionale gemeenskappe wees om hulle optrede
 teen die omgewing te verander. 
 (Aanvaar enige korrekte toepaslike hoër-orde antwoord)                                  (2)
                                                                                        [40]

                                                           TOTAAL AFDELING C:            40
                                                               GROOTTOTAAL:             150

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

## Related documents

- [ECON P1 GR11 MEMO NOV2019 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/econ-p1-gr11-memo-nov2019-afrikaans/f261271c-5399-4a63-bc3b-3182b0e988ac) — Economics · Memo · 2019 · Afr
- [Gr11 ECN P2 (Afrikaans) June 2019 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr11-ecn-p2-afrikaans-june-2019-possible-answers/8406f1d8-0d8f-4ab3-bbc9-7734cfbc83f0) — Economics · Memo · 2019 · Afr
- [Gr11 Ecn P2 (Afrikaans) November 2019 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr11-ecn-p2-afrikaans-november-2019-possible-answers/3da2c64d-9c52-4050-b623-b23413f7d393) — Economics · Memo · 2019 · Afr
- [ECON P2 GR11 MEMO NOV2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/econ-p2-gr11-memo-nov2018-afrikaans/a15b86ad-8124-4e32-83f9-507f4410b2c1) — Economics · Memo · 2018 · Afr
- [ECON P2 GR11 MEMO NOV2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/econ-p2-gr11-memo-nov2017-afrikaans/f0938bf9-887f-41e4-9945-7b63c2d73782) — Economics · Memo · 2017 · Afr
- [Gr11 Ecn P2 (Afrikaans) November 2019 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr11-ecn-p2-afrikaans-november-2019-question-paper/5439f8b1-e96c-4dbf-8e67-3bc1809214bf) — Economics · QP · 2019 · Afr

## More from Grade 11 Economics

- [ECONOMICS P2 GR11 QP NOV2025 Afrikaans watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-gr11-qp-nov2025-afrikaans-watermark/86767b41-58b1-48f1-8398-85ff62ae0406) — QP · 2025 · Afr
- [LP CS Economics Grade 11 March 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-cs-economics-grade-11-march-2025-qp-and-memo/5d9f6601-bdd5-43eb-9f96-7f2865b253de) — QP + Memo · 2025
- [ECONOMICS GRADE 11 P2 QP NOV 2024 AFR D watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-11-p2-qp-nov-2024-afr-d-watermark/8703b89d-9b76-462c-932b-0bec6afe2b03) — QP · 2024 · Afr
- [Gr 11 Economics P2 (Afrikaans) June 2024 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-economics-p2-afrikaans-june-2024-question-paper/286fd14c-e55e-40fd-bc7c-063349f9423e) — QP · 2024 · Afr
- [NW 11 ECONOMICS P2 QP AFR NOV 2024](https://www.hlayiso.com/library/nw-11-economics-p2-qp-afr-nov-2024/7a818f82-3a68-4706-bcd0-8984b2f584ac) — QP · 2024 · Afr
- [ECONOMICS P1 GR11 QP NOV 2023 Afrikaans D](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr11-qp-nov-2023-afrikaans-d/dd4b415f-de2c-47ef-b4c1-6b78f3ecc69e) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
