# Economics Grade 11 P2 Eastern Cape November 2022 Memo (Afr)

> Grade 11 Economics Paper 2 memorandum from the Eastern Cape November 2022 (Afrikaans), 19 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-gr11-memo-nov2022-afrikaans/7b7a5bf2-a4b9-4500-bc3a-6202f5d2df60
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Economics
- Grade: Grade 11
- Language: Afrikaans
- Document type: Memorandum
- Year: 2022
- Exam period: Eastern Cape November
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 19

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/economics) › [Economics Grade 11 P2 Eastern Cape November 2022 Memo (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-gr11-memo-nov2022-afrikaans/7b7a5bf2-a4b9-4500-bc3a-6202f5d2df60)

## About this document

Economics · Grade 11 · Eastern Cape November · 2022 · Afrikaans. Memorandum, 19 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [ECONOMICS P2 GR11 QP NOV2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-gr11-qp-nov2022-afrikaans/1b85faaa-981a-47a9-a6ab-453a60804c87) — QP · 2022 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                        NASIONALE
                    SENIOR SERTIFIKAAT

                            GRAAD 11

                      NOVEMBER 2022

                       EKONOMIE V2
                       NASIENRIGLYN

PUNTE:   150

                   Hierdie nasienriglyn bestaan uit 19 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                 EKONOMIE V2                               (EC/NOVEMBER 2022)

AFDELING A (VERPLIGTEND)

VRAAG 1

1.1   MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

      1.1.1    A     – Positief 

      1.1.2    B     – Perfekte 

      1.1.3    D     – Korttermyn 

      1.1.4    A     – Vaste 

      1.1.5    C     – Vrye beweging van goedere en dienste tussen lande 

      1.1.6    C     – Horisontaal 

      1.1.7    D     – Multinasionale 

      1.1.8    B     – Verenigde Nasies (VN)                                  (8 x 2)   (16)

1.2   PASITEMS

      1.2.1    C – meganisme waar kopers en verkopers ontmoet om pryse van
                   goedere te beding 

      1.2.2    E     – mag om ŉ behoefte te bevredig 

      1.2.3    F     – in kleiner hoeveelheid gevra wanneer inkomste toeneem 

      1.2.4    A     – produksie en inset verhoog met dieselfde persentasie 

      1.2.5    D – GI = GVK 

      1.2.6    G – die verkryging van eienaarskap van besighede in ŉ ander land
                   in die vorm van geboue en kapitaaltoerusting 

      1.2.7    H – sterk Westerse ekonomieë 

      1.2.8    B     – doelwit is om die stabilisering van kweekhuis-gaskonsentrasies
                       in die atmosfeer te bereik 
                                                                               (8 x 1)     (8)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022)                      EKONOMIE V2                              3

1.3     GEE EEN TERM

        1.3.1        Nominale prys 

        1.3.2        Homogeen 

        1.3.3        Geleentheidskoste 

        1.3.4        Klimaatsverandering 

        1.3.5        Invoervervanging 

        1.3.6        Eksternaliteit                               (6 x 1)      (6)

                                                      TOTAAL AFDELING A:        30

Kopiereg voorbehou                                               Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                 EKONOMIE V2                                (EC/NOVEMBER 2022)

AFDELING B

Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling in jou
ANTWOORDEBOEK.

VRAAG 2: MIKRO-EKONOMIE

2.1   Beantwoord die volgende vrae.

      2.1.1    Noem enige TWEE voorbeelde van veranderlike koste.

              •      Elektrisiteit 
              •      Water 
              •      Grondstowwe 
              •      Lone 
                     (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.) (Enige 2 x 1)      (2)

      2.1.2    Waarom is die vraagkurwe van ŉ perfekte mededinger
               horisontaal skuins?

              •      Die vraagkurwe is horisontaal skuins omdat die firma enige
                     hoeveelheid goedere teen die heersende markprys kan verkoop,
                     selfs ŉ klein styging in prys kan tot nul aanvraag lei 
              •      Dit dui aan dat die firma geen beheer oor die prys het nie 
                     (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.) (Enige 1 x 2)      (2)

2.2   DATARESPONS

      2.2.1    Noem enige EEN voorbeeld van ŉ paar substituutgoedere/
               -produkte.

              •      Botter en margarien 
              •      Bees- en skaapvleis 
              •      Koffie en tee 
              •      Lugversorger en verkoeler 
                     (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.)                    (1)

      2.2.2    Hoe is die verhouding tussen die prys en hoeveelheid van
               komplementêre goedere?

               • Negatief/indirek eweredig                                                (1)

      2.2.3    Beskryf kortliks die konsep substituutgoedere.

               • Substituutgoedere is goedere/produkte wat in die plek van ŉ
                  ander gebruik kan word. 
               • Dit is ŉ goed/produk wat maklik deur verbruikers met ander
                  goedere/produkte vervang kan word. 
                 (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.)                        (2)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022)                    EKONOMIE V2                                            5

       2.2.4    Verduidelik kortliks relatiewe prys in ekonomie.

               • ŉ Relatiewe prys is die prys van een goed/produk met ander 
               • Relatiewe prys vertel hoeveel goedkoper of duurder ŉ produk in
                 vergelyking met ŉ ander produk is 
               • Om ŉ relatiewe prys van ŉ produk te verkry, deel die prys van een
                 produk deur ŉ ander. 
                 (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.)                         (2)

       2.2.5    Ondersoek die verband tussen die produk- en faktormarkte.

               •     Produkmark kan nie sonder die faktormark bestaan nie 
               •     ŉ Toename in goedere en dienste in die produkmark sal tot ŉ
                     toename in vraag na produksiefaktore in die faktormark lei 
               •     Produksiefaktore in die faktormark is slegs waardevol wanneer dit
                     vir produksiedoeleindes in die produkmark benodig word 
                     (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.)                     (4)

 2.3 DATARESPONS

       2.3.1    Noem die tipe pryselastisiteit van vraag wat in die bostaande
                grafiek uitgebeeld word.

                Relatiewe elastiese vraag                                                  (1)

       2.3.2    Identifiseer die hoeveelheid goedere wat aangevra word wanneer
                die prys tot R80 styg.

                50 eenhede                                                                 (1)

       2.3.3    Beskryf kortliks die konsep pryselastisiteit van vraag.

                Pryselastisiteit van vraag is die reaksie van die hoeveelheid gevra op
                die prysveranderings. 
                (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.)                          (2)

       2.3.4    Verduidelik kortliks duursaamheid van die produk as ŉ
                determinant van pryselastisiteit van vraag.

                • Hoe duursamer ŉ produk is, hoe meer elasties sal die vraag
                   wees 
                • As die produk vir ŉ lang tyd hou, sal verbruikers deur prysstygings
                   beïnvloed word en sal hulle meer huiwerig wees om die produk te
                   koop 
                • Produkte wat nie duursaam is nie, het ŉ onelastiese
                   aanvraag 
                  (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.)                        (2)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                  EKONOMIE V2                                       (EC/NOVEMBER 2022)

        2.3.5      Bereken die pryselastisiteit van vraag vanaf die bostaande
                   grafiek. Toon ALLE berekeninge.

                                                  % verandeling in hoeveelheid aangevra
                   Pryselastisiteit van vraag =
                                                             % verandering in prys

                                                  50 – 110
                                   %ΔHvld =                    x 100 
                                                   110
                                              = 55%

                                                  80 – 65
                                        %∆P =                x 100 
                                                    65

                                              = 23%
                                              = 55%/23%

                                              = 2,4%                                              (4)

2.4     Verduidelik kortliks, sonder die gebruik van ŉ grafiek, kruiselastisiteit
        van vraag.

        •        Kruiselastisiteit van vraag meet die reaksie van die hoeveelheid gevra
                 van ŉ spesifieke goedere op veranderinge in die prys van verwante
                 goedere 
        •        Kruiselastisiteit van vraag fokus op die effek van prysstygings op ander
                 goed 
        •        Hoe hoër die waarde van die kruiselastisiteit van vraag , hoe sterker sal
                 die effek/uitwerking op die vraag na die verwante produk wees 
        •        Substituutgoedere sal ŉ positiewe kruiselastisiteit van vraag hê, omdat
                 die vraag na een produk styg wanneer die prys vir die Substituutgoedere
                 toeneem 
        •        Items wat sterk substitute het, het ŉ hoër kruiselastisiteit van vraag 
        •        Komplemente sal ŉ negatiewe kruiselastisiteit van vraag hê namate die
                 prys van een item toeneem, ŉ item wat nou met daardie item
                 geassosieer word en nodig is vir sy verbruik neem af omdat die vraag
                 na die hoofgoed ook gedaal het 
        •        Kruiselastisiteit van vraag is nuttig vir besighede omdat hulle dit gebruik
                 om pryse vir hul goedere en dienste vas te stel 
        •        Regerings, besighede en ekonome gebruik kruiselastisiteit van vraag
                 om te bepaal wat die rimpeleffek van prysveranderings op verwante
                 produkte sal wees 
        •        Regerings, ekonome en besighede sal dan meer versigtig wees om
                 pryse of belasting te verhoog, want dit sal die verwante produk ook
                 raak. 
                (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.)                                  (8)

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022)                  EKONOMIE V2                                          7

2.5     Ondersoek die voordele van skaalbesparings vir die produsent.

        • Skaalbesparings is kostevoordele wat kan voorkom wanneer ŉ
          besigheid sy produksieskaal vergroot en meer doeltreffend word, wat tot
          ŉ verlaagde koste per eenheid lei 
        • Die koste van produksie (insluitend vaste en veranderlike koste) word
          oor meer produksie-eenhede versprei wat groter ondernemings ŉ
          mededingende voordeel bo kleineres bied, want hoe groter die
          onderneming, hoe laer is sy koste per eenheid. 
        • Besighede sal hul prysmededingendheid in globale markte kan
          verbeter 
        • Besighede ervaar verhoogde winste, genereer ŉ hoër opbrengs op
           kapitaalbelegging en kan groei 
        • Soos ŉ besigheid groei, stol dit en word minder kwesbaar vir eksterne
           bedreigings, soos vyandige oornames 
          (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.)                           (8)
                                                                                      [40]

VRAAG 3: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES

3.1     3.1.1 Noem enige TWEE soorte besoedeling.

               •     Lugbesoedeling 
               •     Water-/seebesoedeling 
               •     Grond-/omgewingsbesoedeling 
               •     Geraasbesoedeling                             (Enige 2 x 1)       (2)

        3.1.2 Wat is die negatiewe impak van globalisering op die
              omgewing?

                • Hernubare hulpbronne sal uitgeput/op raak as gevolg van
                  buitensporige vraag na goedere en natuurlike hulpbronne sowel
                  as die vlak van ontwikkeling wêreldwyd 
                • Water, woude, plante en dierespesies word op groot skaal
                  gebruik om steeds toenemende behoeftes en begeerte te
                  bevredig ten koste van toekomstige geslagte 
                  (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.)
                                                                   (Enige 1 x 2)        (2)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                   EKONOMIE V2                                  (EC/NOVEMBER 2022)

3.2 DATARESPONS

     3.2.1   Waar funksioneer maatskappye soos Du Pont en IBM?

             Wêreldwyd/Internasionaal                                                          (1)

     3.2.2   Skryf die akroniem NAVHA (NAFTA) voluit.

             •        Noord-Amerikaanse Vryhandelsagentskap                                    (1)

     3.2.3   Beskryf kortliks die konsep vryhandel.

              • Vryhandel is die beleid wat toelaat dat goedere en dienste oor
                 internasionale grense gekoop en verkoop kan word met min of geen
                 regeringstariewe, kwotas, subsidies of verbod om hul uitruil te
                 beperk. 
              • Vryhandel is die beleid waarvolgens ŉ regering nie teen invoer
                 diskrimineer of met uitvoere inmeng deur tariewe te hef nie. 
                (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.)                              (2)

     3.2.4   Verduidelik kortliks die rol van die WHO (Wêreldhandelsorganisasie).

              •        Hanteer die globale handelsreëls, om te verseker dat internasionale
                       handel so glad, voorspelbaar en vrylik moontlik vloei 
              •        Moniteer internasionale handelsooreenkomste 
                      (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.)                        (2)

     3.2.5   Hoe sal ontwikkelde lande daaruit voordeel trek om met Afrika-lande
             handel te dryf?

             •         Hulle trek voordeel uit goedkoper arbeid uit Afrika-lande 
             •         Afrika-lande, veral Suid-Afrika, beskik oor ŉ oorvloed van minerale
                       hulpbronne wat skaars in ontwikkelde lande is. 
                      (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.)                        (4)

3.3 DATARESPONS

     3.3.1       Noem enige EEN oorsaak van globalisering.

                  •    Ontwikkeling van tegnologie 
                  •    Kapitaal-liberalisering 
                  •    Multinasionale ondernemings 
                  •    Standaardisering                                                        (1)

     3.3.2       Noem die hoofelement van globalisering.

                 Handel                                                                        (1)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022)                   EKONOMIE V2                                           9

       3.3.3    Beskryf kortliks die konsep globalisering.

                Globalisering is die proses van interaksie tussen die lande van die
                wêreld om hul ekonomieë en samelewings bymekaar te bring om ŉ
                globale ekonomie te ontwikkel. 
                (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.)                      (2)

       3.3.4    Verduidelik kortliks kulturele veranderinge as ŉ gevolg van
                globalisering.

                •    Globalisering het daartoe gelei dat verskeie kulture saam
                     gekom het 
                •    Mense van een kultuur ontdek tekortkominge in hul kultuur
                     wanneer hulle met ander kulture in aanraking kom 
                •    Hulle neem aspekte van ander kulture wat meer met huidige tye
                     in pas, aan 
                •    Samelewings het uitgebrei namate hulle mense van ander
                     kulture en agtergronde ingeneem het en ŉ hele nuwe kultuur
                     van hul eie geskep het 
                •    Kookstyle, tale, musiekstyle, kunsvorme en gebruike het
                     internasionaal as gevolg van globalisering versprei 
                     (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.)                 (2)

       3.3.5    Hoe baat lande in die Suide by direkte buitelandse belegging?

                Lande in die Suide baat deur:
                • Verhoogde indiensneming en inkomstegroei 
                • Verbeterde ekonomiese groei en ontwikkeling 
                • Uitbreiding van nywerhede binne die land 
                • Uitbreiding van die belastingbasis wat tot meer inkomste vir die
                    regering lei 
                   (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.)
                                                                     (Enige 2 x 2)      (4)

3.4    Tabuleer enige TWEE verskille om die Noord-Suid-verdeling te
       illustreer.

                      NOORD                                   SUID
       Hoogs ontwikkelde infrastruktuur      Swak infrastruktuur 
       Hoë vlakke van produksie en             Lae vlakke van produksie en
       verbruik                              verbruik 
       Geïndustrialiseerde lande             Nie-geïndustrialiseer 
       Gemiddelde inkomste is baie             Gemiddelde inkomste is laag 
       hoog 

       (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.)
                                                     (Enige 2 x 2 + Enige 2 x 2)        (8)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                                 EKONOMIE V2                              (EC/NOVEMBER 2022)

3.5   Ondersoek die negatiewe impak van ontbossing.

      • Wanneer woude skoongemaak word, word plantegroei wat as
        grondbedekking dien verwyder en soos reënwater daardeur vloei, word
        voedingstowwe asook ander organiese materiaal uitgespoel. 
      • Die grond in baie ontboste streke is soortgelyk nie geskik vir die
        instandhouding van jaarlikse gewasprodukte nie. 
      • Sodra bome weg is, kan groot hoeveelhede water tot blitsvloede lei,
        waarvan baie rampe in dele oor die wêreld veroorsaak het. 
      • Dit kan die negatiewe uitwerking op die ekonomiese lewensvatbaarheid
        van verskeie besighede en aansienlike sterftes in die natuurlewehabitat tot
        gevolg hê. 
      • Ontbossing lei tot die verlies van aansienlike hoeveelheid biodiversiteit, die
        uitsterwing en vernietiging van baie dier- en plantspesies, waarvan baie
        onbekend bly en waarvan die voordele onbekend sal bly. 
      • Die verlies van bome en ander plantegroei kan klimaatsverandering,
        verwoestyning, gronderosie, minder oeste, oorstromings, verhoogde
        kweekhuisgasse in die atmosfeer en ŉ magdom probleme vir inheemse
        mense veroorsaak. 
      • Die verwydering van woude het gronderosie verhoog en die dreinering van
        water in die riviere en mere in gevaar gestel. 
      • Ontbossing lei daartoe dat minder water in die lug na die grond teruggekeer
        word, wat dan droër grond en onvermoë om gewasse te kweek
         veroorsaak. 
         (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.)                               (8)
                                                                                         [40]

VRAAG 4:       MIKRO-EKONOMIE EN KONTEMPORÊRE EKONOMIESE
               KWESSIES

4.1   4.1.1    Noem enige TWEE faktore wat die aanvraag na goedere en dienste
               beïnvloed.

               •     Prys van die produk 
               •     Inkomste van verbruikers 
               •     Beskikbaarheid van substitute 
               •     Smaak en voorkeure van verbruikers 
               •     Modetendense 
                     (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.) (Enige 2 x 1)      (2)

      4.1.2    Hoekom is dit belangrik om biodiversiteit te beskerm?

               Dit is belangrik om biodiversiteit te beskerm omdat:
               • Biodiversiteit verwys nie net na spesies nie, maar ook na
                  ekosisteem en verskille in gene binne ŉ enkele spesie 
               • ŉ Gesonde ekosisteem voorsien skoon water, suiwer lug, reguleer
                  klimaat, voorsien voedsel ens. 
               • Mense maak ook staat op gesonde ekosisteem om medisyne,
                  brandstof en energie, suurstof om asem te haal ens., te
                  verskaf. 
                  (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.)
                                                                        (Enige 1 x 2)      (2)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022)                      EKONOMIE V2                                            11

4.2     DATARESPONS

        4.2.1        Noem die graad van pryselastisiteit van aanbod wat gelyk aan
                     1 is.

                     Eenheidspryselastisiteit van aanbod                                     (1)

        4.2.2        Gee die formule wat gebruik word om pryselastisiteit van
                     aanbod te bereken.

                             %Δ van hoeveelheid voorsien
                     PES =                                 
                                      %Δ in prys                                              (1)

        4.2.3        Beskryf kortliks die konsep aanbod.

                     Aanbod is die hoeveelheid van ŉ produk of diens wat teen ŉ
                     spesifieke prys aan verbruikers beskikbaar is. 
                     (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.)                       (2)

        4.2.4        Verduidelik kortliks onverwante produkte.

                 •     Onverwante produkte het geen kruiselastisiteit van vraag
                       waarde nie 
                 •     Hulle bestaan onafhanklik 
                 •     Produk A het niks met produk B te doen nie.                          (2)

        4.2.5        Hoekom is pryselastisiteit van aanbod belangrik?

                 •     Dit meet hoeveel die hoeveelheid van ŉ produk of diens
                       gelewer reageer op ŉ verandering in prys. 
                 •     Dit is nodig vir ŉ firma om te weet hoe vinnig en doeltreffend
                       dit op veranderende marktoestande kan reageer, veral
                       prysveranderings. 
                       (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.)                     (4)

4.3     DATARESPONS

        4.3.1 Identifiseer EEN effek van aardverwarming uit die uittreksel.

                Smelt van gletsers                                                           (1)

        4.3.2 Noem die hoofoorsaak van aardverwarming.

                Menslike aktiwiteite                                                         (1)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                                  EKONOMIE V2                                     (EC/NOVEMBER 2022)

     4.3.3    Beskryf kortliks die konsep aardverwarming.
              Aardverwarming is die geleidelike toename in die algehele temperatuur
              van die aarde se atmosfeer wat algemeen toegeskryf word aan die
              kweekhuiseffek wat veroorsaak word deur verhoogde vlakke van
              koolstofdioksied en ander besoedelingstowwe / Aardverwarming is
              die langtermynverhitting van die aarde se klimaatstelsel as gevolg van
              menslike aktiwiteite, hoofsaaklik die verbranding van fossielbrandstof,
              wat die hittevangende kweekhuisgasvlakke in die aarde se atmosfeer
              verhoog. 
              (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.)                                 (2)

     4.3.4    Verduidelik kortliks die belangrikheid van omgewings-
              volhoubaarheid.
              Volhoubaarheid is belangrik omdat:
              • Mense moet binne die perke van die omgewing leef 
              • Dit verbeter die kwaliteit van mense se lewens, beskerm die
                  ekosisteem en bewaar natuurlike hulpbronne vir toekomstige
                  generasies. 
                  (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.)                             (2)

     4.3.5    Ondersoek die negatiewe impak van gevaarlike afval.

              Gevaarlike afval kan:
              • ŉ Bedreiging vir menslike gesondheid en omgewing inhou 
              • Versprei en besoedel lug, water en grond 
              • Beïnvloed produktiwiteit deur grondwaterbronne te besoedel en
                  stel plant- en dierelewe in gevaar 
                 (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                              (4)

4.4 Met behulp van grafieke vergelyk ekonomiese en normale winste in ŉ
    perfekte mark.

                                    Puntetoekenning
     Korrekte tekening en byskrifte van kostekrommes in elke grafiek    = 1 punt
     Korrekte tekening en byskrifte van inkomstekrommes in elke grafiek = 1 punt
     Ekonomiese winsgebied                                              = 2 punte
     Normale winsgebied                                                 = 2 punte
     Benoeming van die as in elke grafiek                               = 1 punt
                                                               Maksimum = 8 punte                (8)

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022)                EKONOMIE V2                                            13

4.5    Evalueer die voordele van die Suid-Afrikaanse ekonomie geïntegreer
       met ander lande.
      • Ekonomiese integrasie lei dikwels tot ŉ verlaging in die koste van
         handel 
      • Daar sal verbeterde beskikbaarheid van goedere en dienste wees en
         winste in doeltreffendheid wat tot groter koopkrag lei 
      • Indiensnemingsgeleenthede is geneig om te verbeter omdat
         handelsliberalisering tot markuitbreiding, tegnologiedeling en
         oorgrensbelegging lei 
      • Politieke samewerking tussen lande kan ook verbeter as gevolg van
         sterker ekonomiese bande, wat ŉ aansporing bied om konflikte vreedsaam
         op te los en lei tot groter stabiliteit 
      • Suid-Afrika sal by verbeterde direkte buitelandse investering baat vind. 
         (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                              (8)
                                                                                        [40]

                                                           TOTAAL AFDELING B:             80

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                               EKONOMIE V2                              (EC/NOVEMBER 2022)

 AFDELING C

 Beantwoord EEN van die twee vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK.

 VRAAG 5: MIKRO-EKONOMIE

     •   Bespreek in detail die kenmerke van ŉ monopolie.               (26 punte)
     •   Hoe oorleef ŉ monopolistiese mededingende firma kompetisie in die mark?
 A
                                                                        (10 punte)

 INLEIDING
 Monopolie bestaan wanneer daar net een verkoper van ŉ produk is, met geen nabye
 substitute nie en toetrede tot die mark heeltemal geblokkeer word. 
 (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.)                    (Maks. 2)

 HOOFGEDEELTE
 Aantal produsente 
 • Die monopolis is die enigste verkoper in die bedryf en het volle beheer oor die
    verskaffing van ŉ produk 
 • Dit verteenwoordig die totale bedryf, met volledige markkrag  bv. De Beers,
    Eskom 
 • Dit stel die monopolis in staat om aansienlike invloed op die kopers uit te
    oefen 

 Aard van die produk 
 • Die produk is uniek en het geen nabye plaasvervangers nie 
 • Bv. elektrisiteit en kleinhandelvervoer 
 • Kopers kan slegs by die monopolie koop of sonder die produk gaan 

 Wins 
 • Die monopolie maak ŉ korttermyn verlies en ekonomiese winste op beide die kort
    en lang termyn 
 • Dit is meer waarskynlik dat die massiewe markkrag en hoë pryse sal verseker dat
    dit bonormale winste maak 

 Tegniese meerderwaardigheid 
 • Monopolie het ŉ tegniese voordeel bo potensiële mededingers 
 • Sy toegang tot hulpbronne en tegniese meerderwaardigheid maak dit vir ander
    moeilik om mee te ding 
 • Dit kan die monopolis vir ŉ geruime tyd in sy posisie hou, byvoorbeeld in die
    rekenaarsagteware-industrie 

 Beheer oor pryse 
 • ŉ Monopolie het volle beheer oor die prys van ŉ produk of diens – maar dit word
   beperk deur aanvraag om buitensporige hoë pryse te vra 
 • Dit beheer die prys deur uitset te manipuleer en te beperk om ŉ tekort te skep wat
   ŉ styging in pryse veroorsaak 
 • Monopolieë is dus prysmakers omdat hulle die mag het om hul eie prys te
   bepaal 
 • ŉ Monopolie kan slegs besluit op watter punt op die vraagkromme hy wil
   produseer 

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022)                 EKONOMIE V2                                           15

Gunstige omstandighede 
• Soms kan entrepreneurs gunstige omstandighede in ŉ sekere geografiese gebied
   geniet 
• Bv. daar mag net een verskaffer van melk, ŉ hardewarewinkel of hotel in ŉ
   spesifieke dorp wees 
• Daar kan selfs wette wees wat die mark beskerm, bv. poskantore in
   Suid-Afrika 

Markinligting 
• ŉ Monopolie het volle kennis van al die huidige marktoestande omdat dit die
   enigste verkoper in die mark beskikbaar is wat die bedryf as ŉ geheel
   verteenwoordig 
• Nuwe firmas wat die mark wil betree, sal nie dieselfde inligting tot hulle
   beskikking hê nie en dit belemmer hul vermoë om die mark te betree 
• Monopolieë weerhou inligting van verbruikers as sodanig is dit moeilik vir hulle
   om ingeligte besluite te neem aangesien hulle dalk nie ten volle bewus is van die
   behoeftes van verbruikers nie 

Uitbuiting van verbruikers 
• Die monopolis produseer dalk minder produkte teen ŉ hoër prys in vergelyking
    met besighede onder volmaakte mededinging 
• Bv. De Beers, omdat die monopolis die enigste produsent van die produk in die
    mark is, is daar altyd die moontlikheid van verbruikersuitbuiting.
• Die meeste regerings neem stappe om teen sulke praktyke te waak en nuwe en
    bestaande monopolieë word gewoonlik goed gemonitor 

Marktoetrede 
• Toegang tot die mark is heeltemal geblokkeer en dit is onmoontlik vir ander
   besighede om die mark te betree 
• Sommige monopolieë word deur wetgewing wat deur die regering aanvaar word
   geskep wat een firma eksklusiewe reg gee om ŉ spesifieke produk te
   vervaardig 
• Die regering kan patente, lisensies en kopiereg gebruik om marktoetrede te
   beperk en te verhoed dat ongewenste of onbevoegde firmas die mark
   betree 
• Die hindernisse verhoed dat ander produsente die mark betree om dieselfde tipe
   produk te verskaf 
• Hoë aanvangskoste sluit kapitaalinvestering en navorsing en ontwikkeling in wat
   vir ander firmas moeilik kan wees om te bekostig 

Skaalbesparings 
• Die blote grootte van die groot besigheid gee dit ŉ kostevoordeel bo ŉ kleiner
   mededinger en dit sal dit onmoontlik maak vir die kleiner besigheid om mee te
   ding 
   (ŉ Maksimum van 8 punte vir blote lys van feite/voorbeelde)
   (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                     (Maks. 26)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
16                               EKONOMIE V2                                (EC/NOVEMBER 2022)

 ADDISIONELE GEDEELTE
 Monopolistiese mededingende firma oorleef deur nie-prysmededinging deur te
 gebruik, deur:
 • Gedifferensieerde produkte aan te bied wat dit minder pryselasties
     maak 
 • Kompeteer op grond van nie-prysfaktore 
 • Gebruik handelsmerk om verskille aan te dui wanneer daar met ander
     verskaffers in die mark gemeeding word 
 • Aggressiewe advertensieveldtogte wat van stapel gestuur kan word om
     klante te lok 
 • Verlenging van inkopie-ure wat vir kliënte geriefliker sal wees om van hul
     dienste gebruik te maak, bv. 24-uur diens 
 • Die verskaffing van gratis aflewerings binne ŉ sekere reeks besigheid wat ŉ
     verskansing bo ander mededinging verseker 
     (ŉ Maksimum van 2 punte vir blote lys van feite en voorbeelde.)
     (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)               (Maks. 10)

 SLOT
 Produsente moet kies en die beperkte hulpbronne verstandig aanwend om meer
 goedere teen die hoogste moontlike prys te produseer, want nie alle
 geleenthede lewer dieselfde beloning nie. 
 Daar is nie ruimte vir monopoliefirmas in ŉ gemengde ekonomie soos in Suid-
 Afrika nie, aangesien dit tot verbruikersuitbuiting, onregverdige mededinging en
 buitensporige hoë pryse lei 
 ŉ Monopolie het ŉ neiging om verbruikers uit te buit, so dit is baie belangrik dat
 hulle ŉ semistaatsinstelling is of deur die regering gemonitor word. 
 (Aanvaar enige ander hoë-orde gevolgtrekking.)                           ( Maks. 2)
                                                                                         [40]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022)                 EKONOMIE V2                                           17

VRAAG 6: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES

•   Bespreek in detail maatreëls wat deur die regering gebruik is om
    volhoubare ontwikkeling te verseker.                            (26 punte)
•   Hoe kan verbruikers bydra om die agteruitgang van die omgewing te
    verminder?                                                       (10 punte)

INLEIDING
Omgewingsvolhoubaarheid behels ontwikkelings om in die behoeftes van die
huidige generasie te voorsien sonder om die vermoë van toekomstige generasie om
in hul behoeftes te voorsien, in gevaar te stel. 
Dit is die vermoë van die omgewing om die gebruik daarvan vir toekomstige
ekonomiese aktiwiteit, te oorleef. 
(Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.)                      (Maks. 2)

HOOFGEDEELTE
Toekenning van eiendomsreg 
• Eiendomsregte is titels op die eienaarskap van vaste eiendom wat deur die wet
  afgedwing word 
• Hulle het ŉ bewaringseffek aangesien hulle verseker dat mense goed na die
  hulpbronne wat aan hulle behoort omsien en enigiets sal doen om hulle teen
  agteruitgang te beskerm 
• Mense word eiendomsreg toegeken om te voorkom dat fauna en flora uitsterf en
  dit het min koste vir die belastingbetaler 
• Eiendomsregte regte kan na algemene goedere uitgebrei word soos skoon lug
  waar die slagoffers die besoedelaars kan aankla vir die reg om te
  besoedel 
• Eiendomsreg bemagtig eienaars om kontrakte met besighede te onderhandel wat
  die gebied se hulpbronne wil ontgin 

Bevel en beheer 
• Die regering neem soms direkte beheer om die omgewing te onderhou 
• Dit behels dat die regering minimum aanvaarbare vlakke van omgewingskwaliteit
  en maksimum toegelate vlakke van uitlaatgasse of hulpbrongebruik stel 
• Inspekteurs monitor die aktiwiteite en lê boetes op indien die vasgestelde vlakke
  nie nagekom word nie 
• Daar is drie benaderings tot die ontwerp van bevel- en beheerstelsels:
  o Hoeveelheidstandaarde wat fokus op hoeveelhede besoedeling wat
     veroorsaak word, bv. gasvrystellings 
  o Gehaltestandaarde wat op omgewingsimpak fokus, byvoorbeeld standaarde
     word gestel vir lug- en watersuiwerheid 
  o Sosiale impakstandaarde wat fokus op die negatiewe effek op mense 

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
18                              EKONOMIE V2                              (EC/NOVEMBER 2022)

Hef omgewingsbelasting 
• Dit is belasting wat deur die regering gehef word om die omgewing teen mense en
  besighede te beskerm 
• Dit kan op die uitset of verbruik van ŉ goed afgedwing word waar eksterne
  omgewingskoste ookal gegenereer word 
• Dit staan ook as groenbelastings bekend, bv. belasting op bande 
• Dit sal as ŉ aansporing vir produsente dien om besoedeling te verminder 
• Die doel van groenbelasting is om te verseker dat besoedelaars die koste dra 
• Omgewingsbelasting (groenbelasting) kan by die koste van goedere en dienste
  gevoeg word vir die negatiewe impak wat dit op die omgewing het 
• Belasting kan op petrol, papier, vrystelling van gasse ens., gehef word 
• In 2003 het die regering die gebruik van bio-afbreekbare plastieksakke wat
  verbruikers voor moes betaal deur wetgewing afdwing 
• Die hoop is dat hulle minder sakke sal gebruik en rommelvrye omgewing sal
  verseker 

Betaal omgewingsubsidies 
• Subsidies kan toegeken word aan besighede wat bereid is om besoedeling en
  afval te verminder, wat hulle aanmoedig om omgewingsvriendelike maniere van
  produksie te gebruik 
• Subsidies kan vir die ontwikkeling van nuwe tegnologie of toerusting wees (bv.
  sonenergie, verminder rook), omgewingsvriendelike substitute (bv. loodvrye petrol)
  herwinning van afval (bv. bottels, blikkies, karton, ens.) 
• Emissiegasse van fabrieke kan verminder word deur nuwe tegnologie te
  gebruik 

Reik bemarkbare permitte uit 
• Die regering bepaal eers die hoeveelheid besoedeling wat elke firma in die gebied
  toegelaat word om te skep 
• Dan kan die regering dalk vir die besoedeling hef en kan ŉ belasting verhoog om
  daarvoor te betaal 
• Bemarkbare permitte/lisensies word aan die besighede verkoop wat hulle in staat
  stel om tot ŉ sekere mate te besoedel 
• Indien firma meer wil besoedel as wat dit toegewys is, kan dit sekere permitte
  koop van daardie firmas in die area wat minder gebruik as hul toekennings 
• Die permitte word verkoop teen pryse wat deur vraag en aanbod op die mark
  bepaal word 
• Die doel van bemarkbare permitte is om firmas aan te moedig om tegnologieë te
  vind wat besoedeling verminder 
• Emissieheffing is gebaseer op die hoeveelheid en/of inhoud van
  besoedelingstowwe wat in die omgewing vrygestel word 
• Hoe meer besoedeling die firma skep, hoe meer betaal hy aan emissie-
  heffings 

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022)                 EKONOMIE V2                                           19

Onderwys 
• Die regering moet opvoedkundige veldtogte hê om bewustheid oor
  omgewingsagteruitgang en die gevolge daarvan te skep 
• Die insluiting van onderwerpe oor omgewingsvolhoubaarheid in die
  skoolkurrikulum bevorder bewustheid 
• Onderrig maak mense bewus van die impak van hul optrede op die
  omgewing 
• Greening the Nation-program is ŉ program wat daarop gemik is om bewustheid
  onder leerders en gemeenskapslede te skep van die behoefte om bome te plant
  om teen aardverwarming te help 

Vrywillige ooreenkomste 
• Dit is ooreenkomste tussen die regering en besighede vrywillig om negatiewe
   omgewingsimpakte van nywerhede aan te spreek 
• Besighede verkies meestal onderhandelinge sodat hulle hul spesifieke behoeftes
   kan pasmaak en dit by hul beplanning kan insluit 
• Ooreenkomste kan formeel wees, wat wetlik bindend kontrak of informeel
   is. 
• Regering en besighede kom bymekaar en maak formele ooreenkomste  om
   besoedeling te verminder sonder om drastiese maatreëls soos om wette en
   regulasies in te stel, te gebruik 
• Besighede verkies vrywillige ooreenkomste omdat dit by hul omstandighede
   pas 
  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                   (Maks. 26)

ADDISIONELE DEEL
Verbruikers kan bydra deur:
• herwinning van afvalmateriaal om besoedeling en klimaatsverandering te
  verminder 
• vermy die verbranding van fossielbrandstof en veldbrande 
• loodvrye petrol gebruik 
• vermy rommelstrooiing, maak eerder gebruik van dromme vir afval-
  materiaal 
• betrokke te wees by skoonmaakveldtogte in hul gemeenskappe 
• die gebruik van omgewingsvriendelike en energiebesparende goedere, bv.
  fluoresserende gloeilampe, sonkrag-geisers 
  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)
  (Maksimum 2 punte vir blote lys van feite en voorbeelde.)          (Maks. 10)

SLOT
Ten spyte van maatreëls wat deur die regering getref is om die omgewing te
onderhou, is dit belangrik dat alle deelnemers in die ekonomie hande vat en
maatreëls op ŉ morele grondslag tref om omgewingsbesoedeling en-agteruitgang te
verminder. 
(Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.)                        (Maks. 2)      (2)
                                                                                        [40]

                                                           TOTAAL AFDELING C:            40
                                                               GROOTTOTAAL:             150

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

## Related documents

- [ECONOMICS P2 GR11 MEMO NOV2019 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-gr11-memo-nov2019-afrikaans/7f1be1f6-063b-41e1-a31e-d825fe2b56c3) — Economics · Memo · 2019 · Afr
- [ECON P2 GR11 MEMO NOV2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/econ-p2-gr11-memo-nov2018-afrikaans/a15b86ad-8124-4e32-83f9-507f4410b2c1) — Economics · Memo · 2018 · Afr
- [ECON P2 GR11 MEMO NOV2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/econ-p2-gr11-memo-nov2017-afrikaans/f0938bf9-887f-41e4-9945-7b63c2d73782) — Economics · Memo · 2017 · Afr
- [ECONOMICS P1 GR11 QP NOV2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr11-qp-nov2022-afrikaans/85de04f2-15fa-4ce8-97fd-be60699aec16) — Economics · QP · 2022 · Afr
- [ECON P2 GR11 QP NOV2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/econ-p2-gr11-qp-nov2018-afrikaans/61f64fd7-cc78-41a8-9f45-dc47d12250ca) — Economics · QP · 2018 · Afr
- [ECON P1 GR11 MEMO NOV2019 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/econ-p1-gr11-memo-nov2019-afrikaans/f261271c-5399-4a63-bc3b-3182b0e988ac) — Economics · Memo · 2019 · Afr

## More from Grade 11 Economics

- [ECONOMICS P2 GR11 QP NOV2025 Afrikaans watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-gr11-qp-nov2025-afrikaans-watermark/86767b41-58b1-48f1-8398-85ff62ae0406) — QP · 2025 · Afr
- [LP CS Economics Grade 11 March 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-cs-economics-grade-11-march-2025-qp-and-memo/5d9f6601-bdd5-43eb-9f96-7f2865b253de) — QP + Memo · 2025
- [ECONOMICS GRADE 11 P2 QP NOV 2024 AFR D watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-11-p2-qp-nov-2024-afr-d-watermark/8703b89d-9b76-462c-932b-0bec6afe2b03) — QP · 2024 · Afr
- [Gr 11 Economics P2 (Afrikaans) June 2024 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-economics-p2-afrikaans-june-2024-question-paper/286fd14c-e55e-40fd-bc7c-063349f9423e) — QP · 2024 · Afr
- [NW 11 ECONOMICS P2 QP AFR NOV 2024](https://www.hlayiso.com/library/nw-11-economics-p2-qp-afr-nov-2024/7a818f82-3a68-4706-bcd0-8984b2f584ac) — QP · 2024 · Afr
- [ECONOMICS P1 GR11 QP NOV 2023 Afrikaans D](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr11-qp-nov-2023-afrikaans-d/dd4b415f-de2c-47ef-b4c1-6b78f3ecc69e) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
