# Economics Grade 11 P2 Eastern Cape November 2019 QP (Afr)

> Grade 11 Economics Paper 2 question paper from the Eastern Cape November 2019 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-gr11-qp-nov2019-afr-d/69d8377f-d2d8-4f7a-8eb4-15920d783e06
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Economics
- Grade: Grade 11
- Document type: Question paper
- Year: 2019
- Exam period: Eastern Cape November
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/economics) › [Economics Grade 11 P2 Eastern Cape November 2019 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-gr11-qp-nov2019-afr-d/69d8377f-d2d8-4f7a-8eb4-15920d783e06)

## About this document

Economics · Grade 11 · Eastern Cape November · 2019. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                        NASIONALE
                    SENIOR SERTIFIKAAT

                          GRAAD 11

                     NOVEMBER 2019

                       EKONOMIE V2

PUNTE:   150

TYD:     2 uur

                                *IECONA2*

                     Hierdie vraestel bestaan uit 13 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                     EKONOMIE V2                      (EC/NOVEMBER 2019)

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 1.   Beantwoord VIER vrae soos volg in die ANTWOORDEBOEK:

      AFDELING A: VERPLIGTEND
      AFDELING B: Beantwoord TWEE van die drie vrae.
      AFDELING C: Beantwoord EEN van die twee vrae.

 2.   Beantwoord slegs die vereiste getal vrae. Addisionele antwoorde sal NIE
      nagesien word NIE.

 3.   Beantwoord die vrae in volsinne en maak seker dat die formaat, inhoud
      en konteks van jou antwoorde aan die kognitiewe vereistes van die vrae
      voldoen.

 4.   Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in
      hierdie vraestel gebruik word.

 5.   Skryf die vraagnommer boaan elke antwoord neer.

 6.   Lees die vrae aandagtig deur.

 7.   Begin ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy.

 8.   Laat 2–3 reëls tussen onderafdelings van vrae oop.

 9.   Gebruik slegs swart of blou ink.

 10. Jy mag ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

 11. Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019)                        EKONOMIE V2                                      3

 AFDELING A (VERPLIGTEND)

 VRAAG 1                                                   30 PUNTE – 20 MINUTE

 1.1    Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee.
        Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer
        (1.1.1–1.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.9 D.

        1.1.1    Die prys wat op die mark vir ŉ produk gekwoteer is en wat seine aan
                 die kopers stuur word die … prys genoem.

                 A    absolute
                 B    relatiewe
                 C    reële
                 D    konstante

        1.1.2    Besighede wat hulle eie pryse vasstel, word prys … genoem.

                 A    -nemers
                 B    -makers
                 C    onderhandelaars
                 D    soekers

        1.1.3    Die koste wat reeds aangegaan is en nie weer verhaal kan word nie,
                 word … koste genoem.

                 A    versonke
                 B    implisiete
                 C    vaste
                 D    veranderlike

        1.1.4    As die prys van ŉ pakkie sigarette gestyg het, sal die vraag daarna
                 dieselfde bly, wat beteken die vraag na sigarette is …

                 A    volmaak elasties.
                 B    elasties.
                 C    onelasties.
                 D    eenheid elasties.

        1.1.5    Wat word die degradering van grond in droë-lande genoem?

                 A    Omgewingsagteruitgang
                 B    Gronderosie
                 C    Ontbossing
                 D    Verwoestyning

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                     EKONOMIE V2                       (EC/NOVEMBER 2019)

        1.1.6   Die gemiddelde tekorte van die totale bevolking van die armoedelyn
                is die …

                A     armoedestrik.
                B     armoedekoers.
                C     armoede-gaping.
                D     koppetellingkoers.

        1.1.7   Internasionale handelsooreenkoms dispute word deur die …
                bemiddel.

                A     Verenigde Nasies
                B     Wêreld-Gesondheidsorganisasie
                C     Internasionale Monetêre Fonds
                D     Wêreld-handelsorganisasie

        1.1.8   Hulpbronne wat uitgeput kan raak, indien dit nie op ŉ volhoubare
                manier bestuur word nie, staan as … hulpbronne bekend.

                A     natuurlike
                B     eindigende
                C     mensgemaakte
                D     hernieubare                                           (8 x 2)   (16)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019)                        EKONOMIE V2                                    5

 1.2    Kies ŉ beskrywing uit KOLOM B wat pas by ŉ begrip in KOLOM A pas. Skryf
        slegs die letter (A–I) langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.8) in die
        ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.2.9 J.

                    KOLOM A                                KOLOM B
        1.2.1    Aanbod                      A   omskakeling van oop gebiede of
                                                 plaasgrond na residensiële gebiede,
                                                 handelsgebiede, kantore of oprigting
                                                 van dorpe

        1.2.2    Lisensie                    B   saamgroepeer van lande om meer
                                                 beheer oor die globale ekonomie te
                                                 verkry

        1.2.3    Eksplisiete koste           C   kopers en verkopers ontmoet

        1.2.4    Minderwaardige goedere      D   wettige blokkasie tot toetrede

        1.2.5    Grondverbruik               E   uitputting van hulpbronne, soos lug,
                                                 grond en water

        1.2.6    Welsyn-afhanklikheid        F   goedere teen ŉ gegewe prys te koop
                                                 aangebied

        1.2.7    Handelsblokke               G   werklike besteding deur ŉ besigheid
                                                 wanneer ŉ faktor-inset aangekoop
                                                 word

        1.2.8    Omgewingsdegradering        H   wanneer mense nie vir werk soek nie,
                                                 omdat hulle daarop staatmaak om
                                                 toelaes te ontvang

                                             I   toename in inkome lei tot kleiner
                                                 hoeveelhede van hierdie goedere wat
                                                 aangevra word
                                                                                 (8 x 1)      (8)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                     EKONOMIE V2                         (EC/NOVEMBER 2019)

 1.3    Gee EEN term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term
        langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.6) in die ANTWOORDEBOEK neer.

        1.3.1   Minimum verdienste wat ŉ entrepreneur sal verhoed om sy
                produksiefaktore êrens anders aan te wend

        1.3.2   Die waarde van die volgende beste alternatief wat opgeoffer is

        1.3.3   Die totale bevrediging verkry uit die verbruik van ŉ produk

        1.3.4   Meet die gelykheid en ongelykheid wat in of tussen groepe mense
                bestaan

        1.3.5   Diere- of plantlewe wat in ernstige gevaar verkeer om uitgewis te
                word

        1.3.6   ŉ Soort investering wanneer ŉ land ŉ besigheid in ŉ ander land
                oprig                                                   (6 x 1)           (6)

                                                          TOTAAL AFDELING A:              30

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019)                                   EKONOMIE V2                                      7

AFDELING B

Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK.

VRAAG 2: MIKRO-EKONOMIE                                                    40 PUNTE – 30 MINUTE

2.1    Beantwoord die volgende vrae.

       2.1.1              Noem enige TWEE voorbeelde van komplementêre goedere.                            (2)

       2.1.2              Hoe beïnvloed ŉ toename in vraag die prys van ŉ produk/diens?                    (2)

2.2    Bestudeer die onderstaande grafiek en beantwoord die vrae wat volg.

          Prys/MI/MK/GK

       2.2.1              Wat verteenwoordig die skadu-gedeelte in die grafiek?                            (1)

       2.2.2              Watter punt op die grafiek toon winsmaksimering aan?                             (1)

       2.2.3              Beskryf kortliks die begrip monopolie.                                           (2)

       2.2.4              Verduidelik toetrede as ŉ kenmerk van ŉ monopolie.                               (2)

       2.2.5              Maak gebruik van die inligting op die grafiek en bereken die wins of
                          verlies. Toon ALLE berekeninge.                                                  (4)
Kopiereg voorbehou                                                                    Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                     EKONOMIE V2                            (EC/NOVEMBER 2019)

 2.3    Bestudeer die onderstaande tabel en beantwoord die vrae wat volg.

                INKOME EN KOSTE SKEDULE OOR DIE KORTTERMYN

         HOEVEELHEID         PRYS       TOTALE       TOTALE          TOTALE
                                        INKOME       KOSTE        WINS/VERLIES

                 0           90 000         0         60 000           -60 000
                 1           90 000       90 000      110 000          -20 000
                 2           90 000      180 000      160 000           30 000
                 3           90 000      270 000      200 000           70 000
                 4           90 000      360 000      250 000          110 000
                 5           90 000      450 000      310 000          140 000
                 6           90 000      540 000      380 000          160 000
                 7           90 000      630 000      460 000          170 000
                 8           90 000      720 000      550 000          170 000
                 9           90 000      810 000      650 000          160 000
                10           90 000      900 000      760 000          140 000

        2.3.1   Identifiseer, uit die tabel, die hoeveelheid waarteen wins
                gemaksimeer sal word.                                                      (1)

        2.3.2   Op watter markstruktuur is bogenoemde data van toepassing?                 (1)

        2.3.3   Beskryf kortliks die begrip wins.                                          (2)

        2.3.4   Waaruit bestaan totale koste?                                              (2)

        2.3.5   Maak gebruik van die inligting van bogenoemde data en teken ŉ
                vraagkurwe.                                                                (4)

 2.4    Bespreek kortliks die aard van die produk en prysbeheer as kenmerke van
        monopolistiese mededinging.                                       (2 x 4)          (8)

 2.5    Ondersoek die belangrikheid van inkomste-elastisiteit van vraag vir
        besighede.                                                          (4 x 2)        (8)
                                                                                           [40]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019)                         EKONOMIE V2                                          9

 VRAAG 3: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES
                                        40 PUNTE – 30 MINUTE

 3.1   Beantwoord die volgende vrae.

       3.1.1    Noem enige TWEE voorbeelde van verbruikers-afval.                             (2)

       3.1.2    Hoekom is dit voordelig vir ŉ land om by vryhandel betrokke te
                wees?                                                                         (2)

 3.2   Lees die onderstaande uittreksel en beantwoord die vrae wat volg.

           ARMOEDE: WÊRELDBANK BIED HUPSTOOT AAN LENINGS VIR
                               AFRIKA

       Die Wêreldbank se nuwe president het planne aangekondig om lenings aan
       Afrika-lande ŉ hupstoot te gee, ten einde armoede te help beveg. Hy het
       onderneem om die bank se teen-armoede missie so op te stel dat dit meer
       van sy toelaes en lenings aan Afrika-lande toestaan.

       Afrika is besig om armoede te verminder en daar is ietwat van ŉ daling in
       sommige lande, maar as ŉ geheel is daar ŉ styging in die aantal mense wat
       in uiterste armoede leef.

                                             [Aangepas uit Northafricapost.com, 6 Mei 2019]

        3.2.1    Identifiseer die soort armoede waarna in die uittreksel verwys word.         (1)

        3.2.2    Noem EEN kenmerk van armoede.                                                (1)

        3.2.3    Beskryf kortliks die begrip armoede.                                         (2)

        3.2.4    Verduidelik gebrek aan hulpbronne as ŉ oorsaak van armoede.                  (2)

        3.2.5    Hoe word die Suid-Afrikaanse regering deur hoë vlakke van
                 armoede in die land beïnvloed?                                               (4)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                                    EKONOMIE V2                         (EC/NOVEMBER 2019)

 3.3   Bestudeer die onderstaande inligting en beantwoord die vrae wat volg.

            ABSOLUTE EN VERGELYKENDE VOORDELE VAN VRYHANDEL
       Lande oorweeg dit om met mekaar handel te dryf. Hulle besluit sal gebaseer
       word op of ŉ land oor ŉ absolute of vergelykende voordeel beskik.
       ILLUSTRASIE 1
              LAND                  MIELIES              MOTORS
             LAND A                    80                  150
             LAND B                   100                   75

       ILLUSTRASIE 2
                 LAND                OLIE                LEMOENE
                LAND A                40                    20
                LAND B                30                    10

       3.3.1    Oor watter produk beskik LAND A ŉ absolute voordeel?                       (1)

       3.3.2    Wie het die teorie van vergelykende voordeel ontwikkel?                    (1)

       3.3.3    Beskryf kortliks die begrip vryhandel.                                     (2)

       3.3.4    Verduidelik die teorie van absolute voordeel.                              (2)

       3.3.5    Hoe is dit moontlik vir lande in ILLUSTRASIE 2 om handel te dryf?          (4)

 3.4   Verduidelik kortliks handelsliberalisering en standaardisasie as oorsake van
       globalisasie.                                                                       (8)

 3.5   Hoe kan die mens ŉ positiewe uitwerking op die omgewing het?                       (8)
                                                                                         [40]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019)                           EKONOMIE V2                                      11

 VRAAG 4:       MIKRO-EKONOMIE EN KONTEMPORÊRE EKONOMIESE
                KWESSIES                     40 PUNTE – 30 MINUTE

 4.1   Beantwoord die volgende vrae.

       4.1.1     Noem enige TWEE beginsels van volhoubare ontwikkeling.                      (2)

       4.1.2     Hoekom is dit belangrik vir besighede om doelwitte te stel?                 (2)

 4.2   Bestudeer die onderstaande tabel en beantwoord die vrae wat volg.

                            KRUIS-ELASTISITEIT VAN VRAAG

                    PRODUK X EN PRODUK Y IS SUBSTITUTE
         PRYS VAN PRODUK X HOEVEELHEID AANGEVRA VAN PRODUK
                                              Y
                 50                          100
                 60                          150

       4.2.1     Watter soort kruis-elastisiteit word in bostaande tabel voorgestel?         (1)

       4.2.2     Noem EEN voorbeeld van goedere vir kruis-elastisiteit van vraag,
                 soos hierbo aangedui.                                                       (1)

       4.2.3     Beskryf kortliks die begrip kruis-elastisiteit van vraag.                   (2)

       4.2.4     Verduidelik kruis-elastisiteit van onverwante goedere.                      (2)

       4.2.5     Gebruik die bostaande inligting en bereken die kruis-elastisiteit van
                 vraag.                                                                      (4)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                                    EKONOMIE V2                         (EC/NOVEMBER 2019)

 4.3 Bestudeer die onderstaande prent en beantwoord die vrae wat volg.

         DIE GLOBALE VERDEEL EN DIE ONGELYKE VERSPREIDING VAN
                 RYKDOM TUSSEN DIE NOORDE EN DIE SUIDE

      4.3.1    Wat word deur die bostaande prentjie verteenwoordig?                         (1)

      4.3.2    Watter deel van die aardbol, volgens bostaande prent, word deur
               ontwikkelende lande verteenwoordig?                                          (1)

      4.3.3    Beskryf kortliks die begrip rykdom.                                          (2)

      4.3.4    Onderskei tussen lande in die Noorde en lande in die Suide verdeel,
               in terme van vlakke van onderwys.                                            (2)

      4.3.5    Wat is die positiewe effekte van globalisasie op Suid-Afrika?                (4)

 4.4 Onderskei tussen skaalvoordele en nie-skaalvoordele van ekonomie.                      (8)

 4.5 Evalueer die sukses van sosiale toelaes op armoedeverligting in Suid-Afrika.           (8)
                                                                                           [40]

                                                           TOTAAL AFDELING B:               80

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019)                          EKONOMIE V2                                       13

 AFDELING C

 Beantwoord enige EEN van die twee vrae uit hierdie afdeling in die
 ANTWOORDEBOEK.

 Jou antwoord sal soos volg geassesseer word:

 STRUKTUUR VAN DIE OPSTEL                                                        PUNTE-
                                                                               TOEKENNING
 Inleiding
 Die inleiding is ŉ laerorde antwoord.
 x ŉ Goeie beginpunt is om die hoofterm wat met die onderwerp van die
     vraag verband hou, te definieer.                                              Maks. 2
 x Moenie enige deel van die vraag in jou inleiding insluit nie.
 x Moenie enige deel van die inleiding in jou inhoud herhaal nie.
 x Vermy om in die inleiding te noem wat jy in die liggaam gaan bespreek.
 Liggaam                                                                          Maks. 26
 Hoofdeel: Bespreek in detail/Diepgaande bespreking/Ondersoek/Bespreek
 krities/Analiseer/Vergelyk/Evalueer/Onderskei/Differensieer/Verduidelik

 Addisionele deel: Gee eie mening/Bespreek krities/Evalueer/Evalueer
 kritiese /Teken ŉ grafiek en verduidelik/Gebruik die gegewe grafiek en
 verduidelik/Voltooi die gegewe grafiek/Bereken/Lei af/Vergelyk/Verduidelik/
 Onderskei/Interpreteer/Debatteer kortliks/Hoe/Maak voorstelle                    Maks. 10
 Slot
 Enige hoër-orde slot behoort in te sluit:
 x ŉ Kort samevatting van wat alreeds bespreek is, sonder om feit wat
       genoem is reeds, te herhaal.
                                                                                   Maks. 2
 x Enige mening of waardeoordeel van die feite wat bespreek is.
 x Addisionele ondersteuningsinligting wat die bespreking/analise versterk.
 x ŉ Opponerende sienswyse met motivering, indien verlang.
 x Aanbevelings
 TOTAAL                                                                               40

 VRAAG 5: MIKRO-EKONOMIE                                   40 PUNTE – 40 MINUTE

 x Bespreek die kenmerke van ŉ volmaakte mark, in detail.                   (26 punte)
 x Ondersoek die positiewe uitwerking van mededinging op markte.            (10 punte)

                                                                                           [40]

 VRAAG 6: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES
                                       40 PUNTE – 40 MINUTE

 x Bespreek openbare sektor inmenging as ŉ maatreël om volhoubare
   ontwikkeling te verseker.                                      (26 punte)
 x Ondersoek hoe internasionale handel die omgewing kan beïnvloed.
                                                                  (10 punte)
                                                                                           [40]

                                                             TOTAAL AFDELING C:             40
                                                                 GROOTTOTAAL:              150

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com

         

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com



         

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com



## Related documents

- [ECONOMICS P2 GR11 MEMO NOV2019 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-gr11-memo-nov2019-afrikaans/7f1be1f6-063b-41e1-a31e-d825fe2b56c3) — Economics · Memo · 2019 · Afr
- [ECON P1 GR11 QP NOV2019 Afr D](https://www.hlayiso.com/library/econ-p1-gr11-qp-nov2019-afr-d/16e07f8e-3009-41db-8486-b7f25066e893) — Economics · QP · 2019 · Afr
- [Gr11 Ecn P2 (Afrikaans) November 2019 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr11-ecn-p2-afrikaans-november-2019-question-paper/5439f8b1-e96c-4dbf-8e67-3bc1809214bf) — Economics · QP · 2019 · Afr
- [Gr11 Ecn P2 (English) November 2019 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr11-ecn-p2-english-november-2019-question-paper/8f8b3e0d-dccd-4d61-b884-82d769c3a546) — Economics · QP · 2019 · Eng
- [Economics GR 11 Paper 2](https://www.hlayiso.com/library/economics-gr-11-paper-2/549403cd-6de5-4961-b299-c66aeb7394a4) — Economics · QP · 2019
- [ECONOMICS P2 GR11 QP NOV2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-gr11-qp-nov2022-afrikaans/1b85faaa-981a-47a9-a6ab-453a60804c87) — Economics · QP · 2022 · Afr

## More from Grade 11 Economics

- [ECONOMICS P1 GR11 QP NOVEMBER 2025 MARKING GUIDELINE watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr11-qp-november-2025-marking-guideline-watermark/50dfb8cd-5e5c-4978-9147-e5988b4d7b5e) — Memo · 2025
- [LP CS Economics Grade 11 March 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-cs-economics-grade-11-march-2025-qp-and-memo/5d9f6601-bdd5-43eb-9f96-7f2865b253de) — QP + Memo · 2025
- [ECONOMICS GRADE 11 P2 MG NOV 2024 afrikaans moderated final(1) watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-11-p2-mg-nov-2024-afrikaans-moderated-final-1-watermark/ee79320c-cb8c-4616-b967-4427ee8c8b49) — Memo · 2024 · Afr
- [Gr 11 Economics P1 (Afrikaans) June 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-economics-p1-afrikaans-june-2024-possible-answers/e44eaa49-7ef0-4d3f-b2fa-223500dfa0c9) — Memo · 2024 · Afr
- [MP Economics Grade 11 June 2024 P2 and Memo](https://www.hlayiso.com/library/mp-economics-grade-11-june-2024-p2-and-memo/0bc69926-9b81-4107-b5e0-8db54cea1ff1) — Memo · 2024
- [ECONOMICS P1 GR11 MEMO NOV 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr11-memo-nov-2023-afrikaans/4d5c41a6-5016-4a68-972e-613a8b5daecc) — Memo · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
