# Economics Grade 11 P2 Eastern Cape November 2022 QP (Afr)

> Grade 11 Economics Paper 2 question paper from the Eastern Cape November 2022 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-gr11-qp-nov2022-afrikaans/1b85faaa-981a-47a9-a6ab-453a60804c87
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Economics
- Grade: Grade 11
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2022
- Exam period: Eastern Cape November
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 12

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/economics) › [Economics Grade 11 P2 Eastern Cape November 2022 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-gr11-qp-nov2022-afrikaans/1b85faaa-981a-47a9-a6ab-453a60804c87)

## About this document

Economics · Grade 11 · Eastern Cape November · 2022 · Afrikaans. Question paper, 12 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                        NASIONALE
                    SENIOR SERTIFIKAAT

                           GRAAD 11

                      NOVEMBER 2022

                         EKONOMIE V2

PUNTE:   150

TYD:     2 uur

                    Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                        EKONOMIE V2                      (EC/NOVEMBER 2022)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.    Beantwoord VIER vrae soos volg in die ANTWOORDEBOEK.

      AFDELING A: VERPLIGTEND
      AFDELING B: Beantwoord TWEE van die drie vrae.
      AFDELING C: Beantwoord EEN van die twee vrae.

2.    Beantwoord slegs die vereiste aantal vrae. Addisionele antwoorde sal NIE
      nagesien word NIE.

3.    Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
      vraestel gebruik word.

4.    Skryf die vraagnommer boaan elke antwoord neer.

5.    Lees die vrae aandagtig deur.

6.    Begin ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy.

7.    Laat 2−3 reëls tussen onderafdelings van vrae oop.

8.    Beantwoord vrae in volsinne en maak seker dat die uitleg, inhoud en konteks
      van jou antwoorde aan die kognitiewe vlakke van die vrae voldoen.

9.    Gebruik slegs swart of blou ink.

10.   Jy mag ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

11.   Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022)                          EKONOMIE V2                                    3

AFDELING A (VERPLIGTEND)                                  30 PUNTE − 20 MINUTE

VRAAG 1

1.1    Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee.
       Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
       (1.1.1 tot 1.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.9 D.

       1.1.1    ŉ … verhouding bestaan tussen die prys van ŉ produk en die
                hoeveelheid vraag van die plaasvervanger.

                A     Positiewe
                B     Negatiewe
                C     Zero/Nul
                D     Neutrale

       1.1.2    In Suid-Afrika is markte van effekte, aandele en rekenaarskyfies
                voorbeelde van werklike markte wat naby daaraan kom om … markte
                te wees.

                A     monopolie
                B     perfekte
                C     oligopolie
                D     monopolistiese

       1.1.3    ŉ Tydperk waartydens ten minste een produksiefaktor nie verander
                kan word nie, word ... genoem.

                A     langtermyn
                B     onmiddellike termyn
                C     laaste keer
                D     korttermyn

       1.1.4    Die koste wat ŉ besigheid betaal, of dit geen produkte vervaardig of
                verkoop nie, word ... koste genoem.

                A     vaste
                B     veranderlike
                C     totale
                D     gemiddelde

       1.1.5    Handelsliberalisering verwys na die …

                A     vrye beweging van mense.
                B     toepassing van handelsversperrings/-beperkings tussen lande.
                C     vrye beweging van goedere en dienste tussen lande.
                D     beweging van kapitaal tussen lande.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                       EKONOMIE V2                         (EC/NOVEMBER 2022)

      1.1.6    Volmaakte pryselastiese aanvraag word deur ŉ vraagkurwe wat … is,
               verteenwoordig.
               A     vertikaal
               B     reghoekig
               C     horisontaal
               D     positief hellend
      1.1.7    Maatskappye wat goedere of dienste in verskeie lande produseer
               sonder om in ŉ enkele land gekonsentreer te wees, word ...
               maatskappye genoem.
               A     plaaslike
               B     nasionale
               C     internasionale
               D     multinasionale

      1.1.8    Internasionale handelsooreenkomsgeskille word deur die ... bemiddel.
               A     Wêreldhandelsorganisasie (WHO)
               B     Verenigde Nasies (VN)
               C     Internasionale Monetêre Fonds (IMF)
               D     Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO)                          (8 x 2)       (16)
 1.2 Kies ŉ beskrywing uit KOLOM B wat by ŉ item in KOLOM A pas. Skryf slegs die
     letter (A–I) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.8) in die ANTWOORDEBOEK
     neer, byvoorbeeld 1.2.9 J.

                 KOLOM A                                    KOLOM B
      1.2.1    Mark                        A   produksie en inset met          dieselfde
                                               persentasie verhoog

      1.2.2    Nut                         B   doelwit is om stabilisering van
                                               kweekhuisgaskonsentrasies in die
                                               atmosfeer te bereik
      1.2.3    Minderwaardige              C   meganisme waar kopers en verkopers
               goedere                         ontmoet om pryse van goedere en
                                               dienste te onderhandel
      1.2.4    Konstante terugkeer na      D   GI = GVK
               skaal

      1.2.5    Afskakelpunt                E   mag om ŉ behoefte te bevredig
      1.2.6    Buitelandse Direkte         F   in kleiner hoeveelheid gevra wanneer
               Belegging                       inkomste toeneem
      1.2.7    G20                         G die verkryging van eienaarskap van
                                             besighede in ŉ ander land in die vorm
                                             van geboue en kapitaaltoerusting
      1.2.8    Kyoto-protokol              H   sterk Westerse ekonomieë
                                           I   maatstaf van inkomstegelykheid
                                                                                  (8 x 1)       (8)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022)                          EKONOMIE V2                                     5

1.3    Gee EEN term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term langs
       die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.6) in die ANTWOORDEBOEK neer.
       Afkortings, akronieme en voorbeelde sal NIE aanvaar word NIE.

       1.3.1    Die werklike prys van ŉ individuele item op ŉ sekere tyd

       1.3.2    Produkte wat in alle opsigte dieselfde is

       1.3.3    Waarde van die beste alternatief wanneer ŉ besluit geneem word

       1.3.4    Toekomstige veranderinge in reënval en temperatuur

       1.3.5    Die vervanging van voorheen ingevoerde goedere deur plaaslik
                vervaardigde goedere

       1.3.6    Koste of voordele wat na die derde party oorspoel/oorloop      (6 x 1)     (6)

                                                               TOTAL AFDELING A:           30

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                     EKONOMIE V2                               (EC/NOVEMBER 2022)

AFDELING B

Beantwoord enige TWEE van die drie vrae                in hierdie afdeling in die
ANTWOORDEBOEK.

VRAAG 2: MIKRO-EKONOMIE                                     40 PUNTE – 30 MINUTE

2.1    Antwoord die volgende vrae.

       2.1.1   Noem enige TWEE voorbeelde van veranderlike koste.                                 (2)

       2.1.2   Waarom is die vraagkurwe van ŉ perfekte mededinger horisontaal
               skuins?                                                                            (2)

2.2    Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                     VRAAGVERHOUDINGS – SUBSTITUUTGOEDERE

       Gestel daar is twee produkte, lugversorger en verkoeler, wat algemeen as
       substituut deur die verbruiker gebruik word. Die verandering in hul pryse en
       hoeveelheid aangevra word in die tabel hieronder gegee.

                LUGVERSORGER                             VERKOELER
              PRYS     HOEVEELHEID                 PRYS       HOEVEELHEID
           (IN RAND)    AANGEVRA                (IN RAND)      AANGEVRA
             22 000        100                    13 000          200
             28 000        60                     13 000          500

                                                                  [Bron: google.com/search]

       2.2.1   Noem enige EEN voorbeeld van ŉ paar substituutgoedere.                             (1)

       2.2.2   Hoe is die verhouding tussen die prys en hoeveelheid van
               komplementêre goedere?                                                             (1)

       2.2.3   Beskryf kortliks die konsep substituutgoedere.                                     (2)

       2.2.4   Verduidelik kortliks relatiewe prys in ekonomie.                                   (2)

       2.2.5   Ondersoek die verband tussen die produk- en faktormarkte.                          (4)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022)                           EKONOMIE V2                                       7

2.3       Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

          2.3.1      Noem die tipe pryselastisiteit van vraag wat in die bostaande
                     grafiek uitgebeeld word.                                                 (2)

          2.3.2      Identifiseer die hoeveelheid goedere wat aangevra word wanneer
                     die prys tot R80 styg.

          2.3.3      Beskryf kortliks die konsep pryselastisiteit van vraag.                  (2)

          2.3.4      Verduidelik kortliks die duursaamheid van die produk as ŉ
                     determinant van pryselastisiteit van vraag.                              (2)

          2.3.5      Bereken die pryselastisiteit van vraag vanaf die bostaande
                     grafiek. Toon ALLE berekeninge.                                          (4)

2.4       Verduidelik kortliks, sonder die gebruik van ŉ grafiek, kruiselastisiteit van
          vraag.                                                                              (8)

2.5       Ondersoek die voordele van skaalbesparings vir die produsent.                      (8)
                                                                                            [40]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                     EKONOMIE V2                            (EC/NOVEMBER 2022)

VRAAG 3: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES
                                         40 PUNTE – 30 MINUTE

3.1   Beantwoord die volgende vrae.

      3.1.1 Noem enige TWEE soorte besoedeling.                                                 (2)

      3.1.2 Wat is die negatiewe impak van globalisering op die omgewing?                       (2)

3.2   Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                                                   [Bron: Polyp.org.uk]

      3.2.1   Waar funksioneer maatskappye soos Du Pont en IBM?                                 (1)

      3.2.2   Skryf die akroniem NAVHO (NAFTA) voluit.                                          (1)

      3.2.3   Beskryf kortliks die konsep vryhandel.                                            (2)

      3.2.4   Verduidelik kortliks die rol van die WHO (Wêreldhandelorganisasie).               (2)

      3.2.5   Hoe sal ontwikkelde lande daaruit voordeel trek om met Afrika-lande
              handel te dryf?                                                                   (4)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022)                         EKONOMIE V2                                         9

3.3     Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

        Lande en hul ekonomieë is oor die hele wêreld geïntegreer as gevolg van
        handeldryf en vorm een globale wêreld. Dit word moontlik gemaak deur
        vooruitgang in tegnologie, kommunikasie, vervoer en infrastruktuur.

        *ONE WORLD – EEN WÊRELD

                                                               [Bron: www.bartley.com]

        3.3.1    Noem enige EEN oorsaak van globalisering.                                  (1)

        3.3.2    Noem die hoofelement van globalisering.                                    (1)

        3.3.3    Beskryf kortliks die konsep globalisering.                                 (2)

        3.3.4    Verduidelik kortliks kulturele veranderinge as ŉ gevolg van
                 globalisering.                                                             (2)

        3.3.5    Hoe baat lande in die Suide by direkte buitelandse belegging?              (4)

3.4     Tabuleer enige TWEE verskille om die Noord-Suid-verdeling te illustreer.            (8)

3.5     Ondersoek die negatiewe impak van ontbossing.                                       (8)
                                                                                           [40]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                                    EKONOMIE V2                                (EC/NOVEMBER 2022)

VRAAG 4:       MIKRO-EKONOMIE EN KONTEMPORÊRE EKONOMIESE
               KWESSIES                     40 PUNTE – 30 MINUTE

4.1    Beantwoord die volgende vrae.

       4.1.1    Noem enige TWEE faktore wat die aanvraag na goedere en dienste
                beïnvloed.                                                                    (2)

       4.1.2    Hoekom is dit belangrik om biodiversiteit te beskerm?                         (2)

4.2    Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

       HOE SOU PRYSELASTISITEIT VIR VOORSIENING VAN KERNENERGIE
                                 WEES?

       Pryselastisiteit van aanbod vir energie wat deur kernkragsentrales opgewek
       word, sal waarskynlik redelik laag wees, waarskynlik minder as 1.

       Een van die faktore wat pryselastisiteit van aanbod beïnvloed, is die tyd wat
       dit neem om die aanvraag te vul – die bou van ŉ nuwe kragsentrale neem ŉ
       lang tyd, wat voorstel dat ŉ styging in prys nie noodwendig deur ŉ vinnige
       toename in die hoeveelheid verskaf, bereik kan word nie.

                                         [Vertaal en aangepas uit http://www.mytutor.co.za]

       4.2.1    Noem die graad van pryselastisiteit van aanbod wat gelyk aan 1 is.            (1)

       4.2.2    Gee die formule wat gebruik word om pryselastisiteit van aanbod te
                bereken.                                                                      (1)

       4.2.3    Beskryf kortliks die konsep aanbod.                                           (2)

       4.2.4    Verduidelik kortliks onverwante produkte.                                     (2)

       4.2.5    Hoekom is pryselastisiteit van aanbod belangrik?                              (4)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022)                         EKONOMIE V2                                      11

4.3     Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                AARDVERWARMING EN KWEEKHUISGASVRYSTELLING

        Die vrystelling van kweekhuisgasse en aardverwarming raak nie net mense
        en hul eiendomme nie, maar die verhoogde besoedeling van verskeie tipes
        beïnvloed ook die land en waterdiere op negatiewe maniere.

        Een van die beduidende gevolge van aardverwarming is die smelting van
        gletsers; as gevolg hiervan word die ysbere van hul leefarea ontneem, en is
        dus op die rand van uitsterwing.

                                                          [Bron: https://www.google.com]

        4.3.1    Identifiseer EEN effek van aardverwarming uit die uittreksel.              (1)

        4.3.2    Noem die hoofoorsaak van aardverwarming.                                   (1)

        4.3.3    Beskryf kortliks die konsep aardverwarming.                                (2)

        4.3.4    Verduidelik kortliks die belangrikheid van omgewings-
                 volhoubaarheid.                                                            (2)

        4.3.5    Ondersoek die negatiewe impak van gevaarlike afval.                        (4)

4.4     Met behulp van grafieke vergelyk ekonomiese en normale winste in ŉ
        volmaakte mark.                                                                     (8)

4.5     Evalueer die voordele van die Suid-Afrikaanse ekonomie geïntegreer met
        ander lande.                                                                        (8)
                                                                                           [40]

                                                            TOTAAL AFDELING B:              80

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                                     EKONOMIE V2                             (EC/NOVEMBER 2022)

 AFDELING C

 Beantwoord enige EEN van die twee vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK.
 Jou antwoord sal soos volg geassesseer word:

                                                                               PUNTE-
                      STRUKTUUR VAN DIE OPSTEL
                                                                             TOEKENNING
 Inleiding
 Die inleiding is ŉ laerorde-antwoord.
 • ŉ Goeie begin is om die sleutelkonsep wat met die vraag verband hou, te
     definieer of te omskryf.
 • Moet NIE enige deel van die vraag by die inleiding insluit NIE.               Maks. 2
 • Moet NIE enige deel van die inleiding by die liggaam insluit NIE.
 • Vermy dit om in die inleiding te noem wat jy in die liggaam gaan
     bespreek
 Liggaam
 Hoofgedeelte: Bespreek in detail/In-diepte bespreking/Ondersoek/               Maks. 26
 Bespreek krities/Analiseer/Vergelyk/Evalueer/Onderskei/Verduidelik
 ŉ Maksimum van 8 punte kan aan opskrifte/voorbeelde toegeken word.
 Bykomende gedeelte: Gee eie opinie/Bespreek krities/Evalueer/Evalueer
 krities/Teken ŉ grafiek en verduidelik/Gebruik die grafiek gegee en
 verduidelik/Voltooi die grafiek gegee/Bereken/Lei af/Vergelyk/Verduidelik
 Onderskei/Interpreteer/Debatteer kortliks/Hoe/Stel voor
 ŉ Maksimum van 2 punte kan vir die blote noem van feite toegeken               Maks. 10
 word.
 Slot
 Enige hoërorde-slot moet die volgende insluit:
 • ŉ Kort opsomming van dit wat bespreek is, sonder herhaling van enige
       feite wat reeds genoem is
 • Enige opinie of waarde-oordeel oor die feite wat bespreek is                  Maks. 2
 • Bykomende ondersteunende inligting om die bespreking/ontleding te
       versterk
 • ŉ Teenstrydige sienswyse met motivering, indien gevra
 • Aanbevelings
 TOTAAL                                                                             40

 VRAAG 5: MIKRO-EKONOMIE                                         40 PUNTE – 40 MINUTE

 •   Bespreek in detail die kenmerke van ŉ monopolie.                     (26 punte)
 •   Hoe oorleef ŉ monopolistiese mededingende firma kompetisie in die mark?
                                                                          (10 punte)                [40]

 VRAAG 6: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES 40 PUNTE – 40 MINUTE

 •   Bespreek in detail maatreëls wat deur die regering gebruik is om volhoubare
     ontwikkeling te verseker.                                               (26 punte)
 •   Hoe kan verbruikers bydra om die agteruitgang van die omgewing te verminder?
                                                                             (10 punte)             [40]

                                                                  TOTAAL AFDELING C:                 40
                                                                      GROOTTOTAAL:                  150

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

## Related documents

- [ECONOMICS P1 GR11 QP NOV2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr11-qp-nov2022-afrikaans/85de04f2-15fa-4ce8-97fd-be60699aec16) — Economics · QP · 2022 · Afr
- [ECON P2 GR11 QP NOV2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/econ-p2-gr11-qp-nov2018-afrikaans/61f64fd7-cc78-41a8-9f45-dc47d12250ca) — Economics · QP · 2018 · Afr
- [ECONOMICS P2 GR11 MEMO NOV2019 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-gr11-memo-nov2019-afrikaans/7f1be1f6-063b-41e1-a31e-d825fe2b56c3) — Economics · Memo · 2019 · Afr
- [ECON P2 GR11 MEMO NOV2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/econ-p2-gr11-memo-nov2018-afrikaans/a15b86ad-8124-4e32-83f9-507f4410b2c1) — Economics · Memo · 2018 · Afr
- [ECON P2 GR11 MEMO NOV2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/econ-p2-gr11-memo-nov2017-afrikaans/f0938bf9-887f-41e4-9945-7b63c2d73782) — Economics · Memo · 2017 · Afr
- [Gr 11 Economics P1 (Afrikaans) November 2022 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-economics-p1-afrikaans-november-2022-question-paper/897b9d67-33ef-4221-b7a4-7f859e82cc0a) — Economics · QP · 2022 · Afr

## More from Grade 11 Economics

- [ECONOMICS P1 GR11 QP NOVEMBER 2025 MARKING GUIDELINE watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr11-qp-november-2025-marking-guideline-watermark/50dfb8cd-5e5c-4978-9147-e5988b4d7b5e) — Memo · 2025
- [LP CS Economics Grade 11 March 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-cs-economics-grade-11-march-2025-qp-and-memo/5d9f6601-bdd5-43eb-9f96-7f2865b253de) — QP + Memo · 2025
- [ECONOMICS GRADE 11 P2 MG NOV 2024 afrikaans moderated final(1) watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-11-p2-mg-nov-2024-afrikaans-moderated-final-1-watermark/ee79320c-cb8c-4616-b967-4427ee8c8b49) — Memo · 2024 · Afr
- [Gr 11 Economics P1 (Afrikaans) June 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-economics-p1-afrikaans-june-2024-possible-answers/e44eaa49-7ef0-4d3f-b2fa-223500dfa0c9) — Memo · 2024 · Afr
- [MP Economics Grade 11 June 2024 P2 and Memo](https://www.hlayiso.com/library/mp-economics-grade-11-june-2024-p2-and-memo/0bc69926-9b81-4107-b5e0-8db54cea1ff1) — Memo · 2024
- [ECONOMICS P1 GR11 MEMO NOV 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr11-memo-nov-2023-afrikaans/4d5c41a6-5016-4a68-972e-613a8b5daecc) — Memo · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
