# Economics Grade 11 P2 Eastern Cape November 2025 QP (Afr)

> Grade 11 Economics Paper 2 question paper from the Eastern Cape November Exam 2025 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-gr11-qp-nov2025-afrikaans-watermark/86767b41-58b1-48f1-8398-85ff62ae0406
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Economics
- Grade: Grade 11
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2025
- Exam period: Eastern Cape November Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 12

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/economics) › [Economics Grade 11 P2 Eastern Cape November 2025 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-gr11-qp-nov2025-afrikaans-watermark/86767b41-58b1-48f1-8398-85ff62ae0406)

## About this document

Economics · Grade 11 · Eastern Cape November Exam · 2025 · Afrikaans. Question paper, 12 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

NASIONALE
                     SENIOR SERTIFIKAAT

                             GRAAD 11

                       NOVEMBER 2025

                          EKONOMIE V2

PUNTE:   150

TYD:     2 uur

                     Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye.

       Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 2

2                                    EKONOMIE V2                         (EC/NOVEMBER 2025)

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 1.     Beantwoord VIER vrae soos volg in die ANTWOORDEBOEK:

         •   AFDELING A: VERPLIGTEND
         •   AFDELING B: Beantwoord TWEE van die drie vrae.
         •   AFDELING C: Beantwoord EEN van die twee vrae.

 2.     Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
        vraestel gebruik is.

 3.     Skryf die nommer van die vraag boaan elke antwoord neer.

 4.     Lees die vrae aandagtig deur en begin ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy.

 5.     Laat 2–3 reëls tussen onderafdelings van vrae oop.

 6.     Beantwoord die vrae in volsinne en maak seker dat die formaat, inhoud en
        konteks van jou antwoorde aan die kognitiewe vereistes van die vrae
        voldoen.

 7.     Beantwoord slegs die vereiste aantal vrae. Antwoorde wat die vereiste
        aantal oorskry, sal NIE gemerk word NIE.

 8.     Gebruik slegs swart of blou ink.

 9.     Jy mag ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

 10.    Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief
       Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 3

(EC/NOVEMBER 2025)                          EKONOMIE V2                                     3

AFDELING A: (VERPLIGTEND)                                  30 PUNTE – 20 MINUTE

VRAAG 1

1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
    Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
    (1.1.1 tot 1.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.9 D.

     1.1.1    Die boonste segment van ŉ oligopolistiese vraagkurwe is ...

              A      relatief elasties.
              B      relatief onelasties.
              C      eenheidselasties.
              D      perfek elasties.

     1.1.2    Totale inkomste word gemaksimeer op die punt waar …

              A      marginale inkomste = 0.
              B      totale inkomste = 100.
              C      marginale koste = 100.
              D      totale koste = 0.

     1.1.3    Die prys van ŉ produk in vergelyking met ŉ ander produk:

              A      Ewewigsprys
              B      Markprys
              C      Relatiewe prys
              D      Absolute prys

     1.1.4    Koste wat onveranderd bly soos produksie verander:

              A      Vaste koste
              B      Totale vaste koste
              C      Marginale koste
              D      Veranderlike koste

     1.1.5    Aardverwarming is die gevolg van die vrystelling van … gasse in die
              atmosfeer.

              A      bruin
              B      kweekhuis-
              C      natuurlike
              D      waterstof

     1.1.6    ŉ Ekonomiese stelsel wat tot die Noord-Suid-verdeling bydra, staan as
              ... bekend.

              A      gemengde ekonomie
              B      sosialisme
              C      federale stelsel
              D      kapitalisme

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief
     Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 4

4                                         EKONOMIE V2                         (EC/NOVEMBER 2025)

     1.1.7   Die proses waardeur die boonste laag grond afslyt en van een plek na
             ŉ ander geskuif word.

             A       Besoedeling
             B       Ontbossing
             C       Gronderosie
             D       Ontbinding

     1.1.8   Belegging in die vorm van geboue, masjiene en toerusting in ŉ vreemde
             land staan as ... bekend.

             A       portefeuljebelegging
             B       buitelandse direkte belegging
             C       buitelandse belegging
             D       buitelandse valuta belegging
                                                                                     (8 x 2)   (16)

1.2 Kies ŉ beskrywing uit KOLOM B wat by ŉ item in KOLOM A pas. Skryf slegs
    die letter (A–I) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.8) in die
    ANTWOORDEBOEK neer.

              KOLOM A                                       KOLOM B
     1.2.1   Homogeen                 A      geskille oor internasionale
                                             handelsooreenkomste

     1.2.2   Marginale inkomste       B      produkte wat in ŉ volmaakte mark en
                                             suiwer oligopolie verkoop word

     1.2.3   Afgeleide vraag          C      kennis wat praktiese toepassing vir die
                                             daaglikse oorlewing van plaaslike
                                             gemeenskappe het

     1.2.4   Herwinning               D      groepering van lande om meer beheer oor
                                             die globale ekonomie te hê

     1.2.5   Korttermyn               E      bykomende inkomste verdien vir elke
                                             bykomende eenheid wat verkoop word

     1.2.6   Verenigde Nasies         F      die versameling en dikwels herverwerking
                                             van weggooimateriaal vir hergebruik

     1.2.7   Inheemse kennis          G      slegs nodig vir wat dit kan produseer

     1.2.8   Handelsblokke            H      aangegaan deur verbruikers wanneer hulle
                                             goedere koop

                                      I      die tydperk waartydens ten minste een
                                             insetfaktor vas is
                                                                                (8 x 1)         (8)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief
     Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 5

(EC/NOVEMBER 2025)                        EKONOMIE V2                                         5

1.3 Gee EEN term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term langs
    die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.6.) in die ANTWOORDEBOEK neer. Afkortings,
    akronieme en voorbeelde sal NIE aanvaar word NIE.

     1.3.1    ŉ Situasie waar die monopolistiese mededinger se totale koste gelyk is
              aan die totale inkomste

     1.3.2    Die prys wat vir ŉ produk aangebied word en ŉ sein aan kopers van wat
              van hulle verwag word om te betaal

     1.3.3    Die totale bevrediging wat verkry word deur die verbruik van ŉ produk

     1.3.4    Die verskeidenheid plant- en dierelewe in ŉ spesifieke gebied

     1.3.5    Hulpbronne wat uitgeput kan raak as hulle nie volhoubaar bestuur word
              nie

     1.3.6    ŉ Internasionale ooreenkoms wat kernafval bestuur                   (6 x 1)    (6)

                                                              TOTAAL AFDELING A:             30

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief
     Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 6

6                                    EKONOMIE V2                          (EC/NOVEMBER 2025)

AFDELING B

Beantwoord enige TWEE van die drie vrae uit hierdie afdeling in jou
ANTWOORDEBOEK.

VRAAG 2: MIKRO-EKONOMIE                                    40 PUNTE – 30 MINUTE

2.1 Beantwoord die volgende vrae.

     2.1.1   Noem enige TWEE inkomstekurwes op die lang termyn.              (2 x 1)      (2)

     2.1.2   Waarom is die vraag na gewoontevormende goedere prys onelasties?
                                                                       (1 x 2)            (2)

2.2 Bestudeer die diagram hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

     2.2.1   Identifiseer die kurwe wat die langtermyn gemiddelde koste in die
             diagram hierbo verteenwoordig.                                               (1)

     2.2.2   Noem enige EEN komponent van totale koste.                                   (1)

     2.2.3   Beskryf kortliks die term skaalnadele.                                       (2)

     2.2.4   Wat impliseer skaalvoordele?                                                 (2)

     2.2.5   Hoe trek firmas voordeel uit skaalvoordele?                     (2 x 2)      (4)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief
     Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 7

(EC/NOVEMBER 2025)                          EKONOMIE V2                                       7

2.3 Bestudeer die tabel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

     'n Plaaslike bakkery, “The Bread Basket,” het besluit om die pryse van twee
     van hul gewildste produkte, ŉ luukse kersiebrood en ŉ basiese witbrood, te
     verander om die impak op verkope waar te neem. Die volgende data is oor een
     maand ingesamel.

        Produk       Oorspronklike      Oorspronklike        Nuwe            Nuwe
                          Prys           Hoeveelheid          prys        Hoeveelheid
                     (per eenheid)         Verkoop            (per          Verkoop
                                          (eenhede          eenheid)       (eenhede
                                         per maand)                       per maand)
      Luukse
      Kersie-
      brood               R30                 500              R35           350
      Basiese
      Witbrood            R15                1 200             R17           1 150

     2.3.1    Identifiseer die prys van die luukse kersiebrood voor die verhoging.           (1)

     2.3.2    Identifiseer ŉ minderwaardige produk in die tabel hierbo.                      (1)

     2.3.3    Beskryf kortliks die term pryselastisiteit van vraag.                          (2)

     2.3.4    Waarom verskil die pryselastisiteit van vraag na luukse kersiebrood
              van die pryselastisiteit van basiese witbrood?                                 (2)

     2.3.5    Bereken die pryselastisiteit van vraag (PEV) vir die basiese witbrood.
              Toon ALLE berekeninge.                                            (2 x 2)      (4)

2.4 Verduidelik met behulp van ŉ grafiek, hoe ŉ firma sy winsmaksimeringsvlak met
    behulp van die TI-TK-benadering kan bepaal.                            (4 x 2)           (8)

2.5 Hoe is die kennis van pryselastisiteit van vraag voordelig vir produsente?
                                                                                 (4 x 2)    (8)
                                                                                           [40]
.

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief
     Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 8

8                                     EKONOMIE V2                           (EC/NOVEMBER 2025)

VRAAG 3: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES
                                         40 PUNTE – 30 MINUTE

3.1 Beantwoord die volgende vrae.

     3.1.1   Noem enige TWEE bruin omgewingskwessies.                          (2 x 1)      (2)

     3.1.2   Hoe word ontwikkelende lande negatief deur globalisering beïnvloed?            (2)

3.2 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                VISKWOTAS “ONTWERP OM DIE ARMES UIT TE HOU”

     Die kwotastelsel wat deur die regering geïmplementeer is, blyk asof dit ontwerp
     is om klein visvangmaatskappye en arm vissers uit te hou, sê ŉ aksiegroep.

     Die voorsitter van die Hlanganani Fishing Business Forum het gesê: “Eerstens,
     het jy die opregte vissers wat nie kwotas gekry het nie en nou sonder ŉ inkomste
     sit. Dan het jy die klein ouens wat kwotas gekry het, maar die koste van die
     gebruik van daardie kwotas is so hoog dat hulle nie ŉ bestaan daaruit kan maak
     nie. Sommige toewysings is net te klein vir mense om werklik ŉ bestaan daaruit
     te maak en baie opregte vissers sit op die strand, terwyl mense wat nog nooit
     vissers was nie, uitgaan en vang.

     Maar ŉ woordvoerder van Mariene en Kusbestuur het gesê: “Die harde
     werklikheid is dat ons mariene hulpbronne afneem en dit is onmoontlik om regte
     aan almal toe te ken. Ons ondersoek verskeie moontlike alternatiewe
     werksgeleenthede vir hierdie gemeenskappe. Ons beplan die ontwikkeling van
     hawens en ons kyk na die moontlikhede van ekotoerisme.”

                                                            [Aangepas uit www.iol.co.za]

     3.2.1   Identifiseer die behoefte vir die regering om visvangkwotas, volgens die
             artikel hierbo, in te stel.                                                    (1)

     3.2.2   Noem EEN strategie wat die regering beplan om te gebruik om
             alternatiewe werksgeleenthede vir die gemeenskappe te skep.                    (1)

     3.2.3   Definieer kortliks die term kwota.                                             (2)

     3.2.4   Beskryf kortliks EEN rede waarom die arm visserman nie by hierdie
             kwotas sal baat vind nie.                                                      (2)

     3.2.5   Verduidelik hoe daar verhoed kan word dat mariene hulpbronne
             uitsterf.                                                    (2 x 2)           (4)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief
     Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 9

(EC/NOVEMBER 2025)                        EKONOMIE V2                                        9

3.3 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

     3.3.1    Identifiseer die tipe ekonomie waarin die primêre sektor die meeste tot
              die BBP sal bydra.                                                            (1)

     3.3.2    Noem enige EEN vinnig ontwikkelende land in Afrika.                           (1)

     3.3.3    Beskryf kortliks die term Noord-Suid-verdeling.                               (2)

     3.3.4    Waarom is dit belangrik om nuwe tegnologie en patente te beskerm?             (2)

     3.3.5    Waarom is dit voordelig vir ŉ land om aan vryehandel deel te neem?            (4)

3.4 Onderskei tussen BRICS- en G20-handelsgroeperings.                                      (8)

3.5 Ondersoek die negatiewe impak van globalisering op die Suid-Afrikaanse
    ekonomie.                                                            (4 x 2)           (8)
                                                                                          [40]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief
     Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 10

10                                      EKONOMIE V2                       (EC/NOVEMBER 2025)

VRAAG 4: MIKRO-EKONOMIE EN KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES
                                         40 PUNTE – 30 MINUTE

4.1 Beantwoord die volgende vrae.

     4.1.1   Noem enige TWEE doelwitte van ŉ besigheid.                        (2 x 1)      (2)

     4.1.2   Hoe veroorsaak die ontwikkeling van tegnologie globalisering?                  (2)

4.2 Bestudeer die prent hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

     4.2.1   Identifiseer die tipe elastisiteit in die prent hierbo.                        (1)

     4.2.2   Noem enige tipe pryselastisiteit van vraag.                                    (1)

     4.2.3   Beskryf kortliks die term pryselastisiteit van aanbod.                         (2)

     4.2.4   Waarom neem die vraag na normale goedere toe wanneer
             inkomstevlakke styg?                                                           (2)

     4.2.5   Verduidelik waarom pryselastisiteit van vraag ŉ negatiewe teken het.
                                                                             (2 x 2)        (4)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief
     Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 11

(EC/NOVEMBER 2025)                          EKONOMIE V2                                       11

4.3 Bestudeer die prent hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

     4.3.1    Identifiseer EEN gevolg van globalisering uit die inligting hierbo.          (1)

     4.3.2    Watter globale instelling help lande in finansiële krisisse?                 (1)

     4.3.3    Beskryf kortliks die term globalisering.                                     (2)

     4.3.4    Verduidelik standaardisering as ŉ oorsaak van globalisering.                 (2)

     4.3.5    Hoe kan internasionale integrasie ekonomiese groei positief                  (4)
              beïnvloed?

4.4 Verduidelik kortliks die tendens van die marginale kostekromme.             (4 x 2)    (8)

4.5 Wat is die voordele vir die bevordering van globalisering?                  (4 x 2)    (8)
                                                                                          [40]

                                                              TOTAAL AFDELING B:           80

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief
     Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 12

12                                  EKONOMIE V2                           (EC/NOVEMBER 2025)

AFDELING C

Beantwoord EEN van die twee vrae uit hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK.

Jou antwoord sal soos volg beoordeel word.

                     STRUKTUUR VAN OPSTEL                                    PUNTE-
                                                                           TOEKENNING
Inleiding
Die inleiding is ŉ laerorde-respons.
• ŉ Goeie beginpunt sou wees om die hoofkonsep wat verband hou met
   die vraagonderwerp te definieer.                                            Maks. 2
• Moenie enige deel van die vraag in jou inleiding insluit nie.
• Moenie enige deel van die inleiding in die hoofteks herhaal nie.
• Vermy om in die inleiding te sê wat jy in die hoofteks gaan bespreek.
Liggaam
Hoofgedeelte: Bespreek in detail/Diepgaande bespreking/Ondersoek/             Maks. 26
Bespreek krities/Analiseer/Vergelyk/Evalueer/Onderskei/Differensieer/
Verduidelik

Bykomende deel: Gee eie mening/Bespreek krities/Evalueer/Evalueer
krities/Teken ŉ grafiek en verduidelik/Gebruik die gegewe grafiek en          Maks. 10
verduidelik/Voltooi die gegewe grafiek/Bereken/Lei af/Vergelyk/
Verduidelik/Onderskei/Interpreteer/Debatteer kortliks/Hoe/Stel voor
Gevolgtrekking
Enige hoërorde gevolgtrekking moet die volgende insluit:
• ŉ Kort opsomming van wat bespreek is sonder om reeds genoemde
    feite te herhaal
• Enige mening of waardeoordeel oor die feite wat bespreek is                  Maks. 2
• Bykomende ondersteunende inligting om die bespreking/analise te
    versterk
• ŉ Teenstrydige standpunt met motivering, indien nodig
• Aanbevelings
TOTAAL                                                                            40

VRAAG 5: MIKRO-EKONOMIE                                       40 PUNTE – 40 MINUTE

• Bespreek in detail die vraag- en aanbodverhoudings met behulp van grafieke
  (substitute en komplemente).                                           (26)
• Waarom is die faktormark nodig in die ekonomie?                       (10)           [40]

VRAAG 6: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES
                                                          40 PUNTE – 40 MINUTE

• Bespreek in detail die probleme wat die omgewing bedreig.                (26)
• Evalueer Suid-Afrika se implementering van die Wêreldberaad oor Volhoubare
  Ontwikkeling (WSSD) se doelwitte.                                        (10)        [40]

                                                          TOTAAL AFDELING C:            40
                                                              GROOTTOTAAL:             150

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief
     Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

## Related documents

- [ECONOMICS GRADE 11 P2 MG NOV 2024 afrikaans moderated final(1) watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-11-p2-mg-nov-2024-afrikaans-moderated-final-1-watermark/ee79320c-cb8c-4616-b967-4427ee8c8b49) — Economics · Memo · 2024 · Afr
- [ECONOMICS P2 GR11 QP NOV2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-gr11-qp-nov2022-afrikaans/1b85faaa-981a-47a9-a6ab-453a60804c87) — Economics · QP · 2022 · Afr
- [Gr11 Ecn P2 (Afrikaans) November 2019 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr11-ecn-p2-afrikaans-november-2019-question-paper/5439f8b1-e96c-4dbf-8e67-3bc1809214bf) — Economics · QP · 2019 · Afr
- [ECON P2 GR11 QP NOV2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/econ-p2-gr11-qp-nov2018-afrikaans/61f64fd7-cc78-41a8-9f45-dc47d12250ca) — Economics · QP · 2018 · Afr
- [ECONOMICS P1 GR11 MEMO NOV 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr11-memo-nov-2023-afrikaans/4d5c41a6-5016-4a68-972e-613a8b5daecc) — Economics · Memo · 2023 · Afr
- [ECONOMICS P1 GR11 QP NOVEMBER 2025 MARKING GUIDELINE watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr11-qp-november-2025-marking-guideline-watermark/50dfb8cd-5e5c-4978-9147-e5988b4d7b5e) — Economics · Memo · 2025

## More from Grade 11 Economics

- [LP CS Economics Grade 11 March 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-cs-economics-grade-11-march-2025-qp-and-memo/5d9f6601-bdd5-43eb-9f96-7f2865b253de) — QP + Memo · 2025
- [Gr 11 Economics P1 (Afrikaans) June 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-economics-p1-afrikaans-june-2024-possible-answers/e44eaa49-7ef0-4d3f-b2fa-223500dfa0c9) — Memo · 2024 · Afr
- [MP Economics Grade 11 June 2024 P2 and Memo](https://www.hlayiso.com/library/mp-economics-grade-11-june-2024-p2-and-memo/0bc69926-9b81-4107-b5e0-8db54cea1ff1) — Memo · 2024
- [Gr 11 Economics P2 (AFR) 2023 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-economics-p2-afr-2023-possible-answers/5526925c-49e0-4b9a-b046-25907db21c52) — Memo · 2023 · Afr
- [Gr 11 Economics P2 (AFR) 2023 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-economics-p2-afr-2023-question-paper/7f5fa3a9-535a-476e-a085-135256d299aa) — QP · 2023 · Afr
- [Limpopo Economics Grade 11 June 2023 P1 and Memo](https://www.hlayiso.com/library/limpopo-economics-grade-11-june-2023-p1-and-memo/16275360-c290-4e47-b268-9c038b3e4af2) — Memo · 2023

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
