# Economics Grade 12 P2 Eastern Cape June 2024 Memo (Afr)

> Grade 12 Economics Paper 2 memorandum from the Eastern Cape June Exam 2024 (Afrikaans), 18 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-gr12-memo-june-2024-afrikaans/814ec1db-aff1-4ecc-b317-2a08ae58daab
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Economics
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Memorandum
- Year: 2024
- Exam period: Eastern Cape June Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 18

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/economics) › [Economics Grade 12 P2 Eastern Cape June 2024 Memo (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-gr12-memo-june-2024-afrikaans/814ec1db-aff1-4ecc-b317-2a08ae58daab)

## About this document

Economics · Grade 12 · Eastern Cape June Exam · 2024 · Afrikaans. Memorandum, 18 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

NASIONALE
                  SENIORSERTIFIKAAT

                          GRAAD 12

                         JUNIE 2024

                     EKONOMIE V2
                     NASIENRIGLYN

PUNTE:   150

               Hierdie nasienriglyn bestaan uit 18 bladsye.

### Page 2

2                                     EKONOMIE V2                              (EC/JUNIE 2024)

AFDELING A (VERPLIGTEND)

VRAAG 1

1.1     MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

        1.1.1   C  (gelykbreek)

        1.1.2   B  (prysnemer)

        1.1.3   D  (Wet op Mededinging)

        1.1.4   A  (monopolie)

        1.1.5   C  (minimum pryse)

        1.1.6   B  (projekte in die openbare sektor)

        1.1.7   A  (winste)

        1.1.8   D  (sondebelasting)                                       (8 x 2)      (16)

1.2     PAS-ITEMS

        1.2.1   E    –   Werklike uitgawes van besighede

        1.2.2   A    –   ŉ Instelling wat beperkende sakepraktyke ondersoek

        1.2.3   F    –   ŉ Markstruktuur waarin daar baie kopers en verkopers is

        1.2.4   B    –   ŉ Groep produsente wat ŉ kollektiewe monopolie vorm

        1.2.5   G    –   Koste betaal deur die verbruiker wanneer goedere gekoop
                          word

        1.2.6   H    –   ŉ Onwettige mark waarin goedere gekoop en verkoop
                          word

        1.2.7   C    –   Goedere wat vir die samelewing voordelig is

        1.2.8   D    –   Verwys na die ekstra hoeveelheid inkomste wat verkry
                          word deur nog een produksie-eenheid te verkoop
                                                                         (8 x 1)          (8)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 3

(EC/JUNIE 2024)                           EKONOMIE V2                               3

1.3      GEE EEN TERM

         1.3.1    Homogeen 

         1.3.2    Totale inkomste 

         1.3.3    Prysleierskap 

         1.3.4    Langtermyn 

         1.3.5    Produktiewe ondoeltreffendheid 

         1.3.6    Subsidies                                         (6 x 1)      (6)

                                                        TOTAAL AFDELING A:        30

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 4

4                                    EKONOMIE V2                               (EC/JUNIE 2024)

AFDELING B

Beantwoord enige TWEE van die drie vrae uit hierdie afdeling in jou
ANTWOORDEBOEK.

VRAAG 2: MIKRO-EKONOMIE

2.1     2.1.1   Noem enige TWEE soorte wins in ŉ volmaakte mark.
                • Normale wins 
                • Ekonomiese wins / supernormale wins / abnormale
                   wins                                                     (2 x 1)      (2)

        2.1.2   Waarom maak ondernemings op ŉ korttermyn ekonomiese
                verlies?
                • Wanneer ŉ besigheid oopmaak, sal dit gekonfronteer word met
                     hoë koste verbonde aan die oopmaak van ŉ besigheid 
                • ŉ Besigheid kan ŉ verlies aan markaandeel ervaar, wat tot ŉ
                     vermindering in totale inkomste lei 
                • ŉ Besigheid kan ŉ toename in totale koste ervaar 
                    (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)    (1 x 2)         (2)

2.2     DATARESPONS

        2.2.1   Identifiseer ŉ gelykbreekpunt op die grafiek hierbo.
                 • A of B                                                                (1)

        2.2.2   Noem       EEN    kromme   wat    gebruik     kan   word om
                winsmaksimaliseringspunt van ŉ volmaakte mededingende
                firma te illustreer.
                • MI  / MK 
                • Marginale inkomstekurwe  / marginale kostekurwe 
                • TI (Totale inkomstekurwe)  / TK (Totale kostekurwe)                   (2)

        2.2.3   Beskryf kortliks die term winsmaksimalisering.
                • Winsmaksimalisering is die korttermyn- of langtermynproses
                   waardeur ŉ firma die prys-, inset- en uitsetvlakke kan bepaal wat
                   tot die hoogste moontlike totale winste kan lei.                     (2)

        2.2.4   Waarom maksimeer die bostaande firma wins wanneer die uitset
                geproduseer 40 is?
                • Die gaping tussen TI en TK is die grootste.                           (2)

        2.2.5   Hoe verskil die totale inkomstekurwe (TI) van ŉ volmaakte
                mededingende firma van dié een van ŉ onvolmaakte
                mededingende firma?
                • Die TI-kromme van ŉ perfek mededingende firma is positief
                   skuins (opwaarts skuins van links na regs). 
                • Die een van ŉ onvolmaakte kompeterende is bultvormig (begin
                   deur te styg, die piek te bereik en dan af te neem). 
                                                                           (2 x 2)        (4)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 5

(EC/JUNIE 2024)                               EKONOMIE V2                                      5

2.3     DATARESPONS

        2.3.1     Identifiseer, uit die uittreksel hierbo, EEN nieprys mededingings-
                  metode wat kettingwinkels gebruik om mee te ding.
                  • Aanlyn-aankope                                                          (1)

        2.3.2     Noem die markstruktuur wat met kettingwinkels geassosieer
                  word.
                  • Monopolistiese mededinging                                              (1)

        2.3.3     Beskryf kortliks die term samespanning.
                  • ŉ Reëling tussen besighede met die doel om mededinging tussen
                      hulle te beperk deur pryse vas te stel. 
                  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                         (2)

        2.3.4     Waarom sal ŉ monopolistiese mededinger nie ŉ groter
                  markaandeel kry as hulle hul pryse verlaag nie?
                  • Monopolistiese mededingers gebruik nieprys-mededinging-
                     strategieë om mee te ding; hulle ding nie mee met pryse nie. 
                  • Baie kliënte geniet ander voordele wat hul gunsteling winkel bied,
                     daarom bly hulle lojaal (handelsmerklojaliteit) aan Spar, selfs al
                     verlaag Shoprite hul pryse.                                           (2)

        2.3.5     Watter negatiewe gevolge kan die sluiting van kettingwinkels op
                  werknemers hê?
                  • Dit kan tot die aflegging van werkers lei 
                  • Dit dra tot minder fisiese interaksie by en dit kan tot antisosiale
                      gedrag en minder werksbevrediging lei 
                  • Ouer werknemers sal afgelê word en hulle sal werkloos raak 
                  • Werknemers sal geen inkomste verdien nie en dit sal hul
                      lewenstandaard verlaag 
                  (Aanvaar enige ander korrekte en relevante antwoord.)          (2 x 2)     (4)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 6

6                                   EKONOMIE V2                              (EC/JUNIE 2024)

2.4   Beskryf kortliks die doelwitte van die Mededingingsbeleid in Suid-Afrika.
      • Om die misbruik van ekonomiese mag te help voorkom, byvoorbeeld deur
         ŉ monopolis 
      • Om die groei van markkrag deur middel van oornames en samesmeltings
         te reguleer 
      • Om beperkende besigheidspraktyke te voorkom, veral deur oligopolieë,
         soos die vasstelling van verkooppryse, samespanning ten opsigte van
         tenders of prysdiskriminasie 
      • Dra by tot die ontwikkeling van die vyf makro-ekonomiese doelwitte van
         die staat  soos prysstabiliteit en ekonomiese ekwiteit
      • Om die doeltreffendheid van markte te verbeter deur wetgewing soos die
         mededingingswet. 
      • Om ekwiteit in markte te verbeter deur regstellingsmetodes te
         implementeer, bv. Wet op Gelyke Indiensneming, BBSEB ens. 
      • Om die verbruiker teen onbillike pryse en minderwaardige produkte te
         beskerm, bv. Mededingingswet 
      • Om prysvasstelling te voorkom wat gewoonlik deur oligopolistiese firmas
         beoefen word 
         (Aanvaar enige ander korrekte en relevante antwoord.)
         (Ken ŉ maksimum van 4 punte toe vir blote lys van feite.)    (Maks. 8)
                                                                         (4 x 2)        (8)

2.5   Hoe sal die implementering van minimum lone ŉ impak op die ekonomie
      het?
      • Minimum lone sal burgers in staat stel om basiese behoeftes te bekostig 
          wat tot ŉ verbetering in die lewenstandaard lei. 
      • Bekostigbaarheid sal verbeter as gevolg van die oplegging van minimum
          lone. 
      • Minimum lone kan ook produktiwiteit verhoog aangesien werkers meer
          gemotiveerd sal raak en baie harder sal werk. 
      • Minimum lone verhoog ook die produksiekoste, daarom wil werkgewers ŉ
          manier hê om dit te verhaal. 
      • Die stygende koste sal die winste van ondernemings verreken. 
      • Sommige entrepreneurs kan kies om pryse te verhoog wat inflasie kan
          uitlok en dit vir verbruikers moeilik maak om te bekostig 
      • Ander kan hul produksie afskaal wat tot werksverliese kan lei. 
          (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)
          (Ken ŉ maksimum van 2 punte toe vir blote lys van feite.)     (Maks. 8)
                                                                           (4 x 2)      (8)
                                                                                       [40]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 7

(EC/JUNIE 2024)                                EKONOMIE V2                                       7

VRAAG 3: MIKRO-EKONOMIE

3.1     3.1.1     Noem enige TWEE kenmerke van openbare goedere.
                  • Nie-mededinging 
                  • Nie-uitsluitbaarheid 
                  • Nie-weiering 
                  • Maatskaplike voordele oortref sosiale koste 
                  • Oneindige verbruik                           (Enige 2 x 1)                (2)

        3.1.2     Hoe sal die vermindering van welvaart en inkomste gapings
                  verbruikers positief beïnvloed?
                  • Belasting op rykdom sal die regering help om aan die armes te
                      herverdeel 
                  • Meer geld kan aan onderwys en die verbetering van mense se
                      lewens bestee word om armoede te oorkom 
                  • Wette kan ook gebruik word om ongelykheid te verminder 
                  • Die lewenstandaard van burgers sal verbeter word 
                      (Aanvaar enige korrekte relevante antwoord.)    (Enige 2 x 1)            (2)

3.2     DATARESPONS

        3.2.1     Identifiseer die markloon op die grafiek hierbo.
                  • 2 500                                                                     (1)

        3.2.2     Noem die kromme in die grafiek wat die werkgewers voorstel.
                  • VV  / Vraagkromme                                                        (1)

        3.2.3     Beskryf kortliks die term maksimum prys.
                  • Dit verwys na ŉ prys wat onder die markprys gestel is om
                     ekonomies gemarginaliseerde individue te akkommodeer wat nie
                     die goed of diens kon bekostig nie. 
                     (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                        (2)

        3.2.4     Waarom       hef     die    regering     indirekte     belasting     op
                  niemerietegoedere?
                  • Hulle beoog om die verbruik van niemeritegoedere te
                      verminder, aangesien dit as skadelik vir die samelewing beskou
                      word. 
                  • Belasting help om die eksterne koste (negatiewe eksternaliteite)
                      te internaliseer, sodat verbruikers die volle sosiale koste van hul
                      verbruikskeuse kan betaal. 
                  • Indirekte belasting genereer aansienlike staatsinkomste, wat
                      gebruik kan word om openbare dienste te finansier. 
                     (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.)            (2 x 1)     (2)

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 8

8                                     EKONOMIE V2                                (EC/JUNIE 2024)

      3.2.5    Waarom is mededinging in die mark goed vir die ekonomie?
               Mededinging is goed vir die ekonomie omdat:
               • dit stoot pryse af en stel verbruikers in staat om goedere en dientste
                 te bekostig 
               • wanneer firma’s meeding sal verbruikers baat vind by die
                 verskeidenheid produkte in die mark 
               • maatskappye sal effektief bedryf word omdat hulle mededingend
                 moet bly 
               • mededinging stel ekonomiese groei in staat en bevorder globale
                 mededinging 
                 (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)             (2 x 2)     (4)

3.3   DATARESPONS

      3.3.1    Identifiseer die aantal huise wat die mark sal verskaf as alle
               hulpbronne aan huise bestee is.
               •    12 000                                                                 (1)

      3.3.2    Hoeveel skole moet die regering voorsien om die sosiaal optimale
               toewysing te bereik?
               •   13 000                                                                  (1)

      3.3.3    Beskryf kortliks die term markmislukking.
               •   Markmislukking vind plaas wanneer die kragte van vraag en
                   aanbod nie hulpbronne doeltreffend toewys nie. 
                   (Aanvaar enige ander korrekte relevante beskrywing.)                     (2)

      3.3.4    Waarom is markte huiwerig om openbare goedere soos paaie te
               verskaf?
               •    Dit verg ŉ groot kapitaaluitgawe wat vir die private sektor
                    uitdagend is. 
               •    Dit is moeilik om hoër pryse te hef en daarom word winste in die
                    gedrang gebring. 
               •    Die aard van die goedere is nie-mededinger (verbruik deur een
                    verminder nie die bedrag wat vir iemand anders beskikbaar is
                    nie). 
               •    Sommige van die goedere is nie-uitsluitbaar (moeilik om te
                    verhoed dat mense die goed gebruik). 
               •    Die koste om dit te produseer is te hoog, en die winsmarge is te
                    laag. 
                    (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                      (2)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 9

(EC/JUNIE 2024)                              EKONOMIE V2                                    9

        3.3.5     Hoe kan die regering positiewe eksternaliteite aanmoedig?
                  • Die regering kan subsidies verskaf wat produkte of dienste met
                    positiewe eksternaliteite skep. 
                  • Byvoorbeeld, die subsidiëring van die produksie van skoon energie
                    tegnologie om die aanvaarding van omgewingsvriendelike praktyke
                    aan te moedig, wat tot verminderde besoedeling en verbeterde
                    openbare gesondheid lei. 
                  • Subsidies aan verbruikers kan goedere of dienste met positiewe
                    eksternaliteite meer bekostigbaar maak. 
                  • Die regering kan goedere en dienste lewer wat positiewe
                    eksternaliteite genereer wanneer private markte dit
                    onderproduseer. 
                  • Verskaf belastingtoegewings of krediete aan individue of besighede
                    wat betrokke is by aktiwiteite wat positiewe eksternaliteite
                    genereer. 
                    (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.)           (2 x 2)        (4)

3.4     Bespreek kortliks nieprysmededinging en marktoetrede as kenmerke van
        monopolistiese mededinging.

        Nieprysmededinging
        • Advertensies kan gebruik word om kliënte te lok. 
        • Produkdifferensiasie maak goedere anders as dié van mededingers. 
        • Verlengde inkopie-ure maak inkopies gerieflik vir kliënte. 

        Marktoetrede
        • Toegang is gratis en maklik,  omdat daar geen hindernisse soos
           lisensies, permitte of patente is wat toegang beperk nie. 
        • Dit is ook maklik vir besighede wat die mark wil verlaat om dit te doen. 
           (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)
           (ŉ Maksimum van 4 punte sal vir blote notering gegee word.)          (4 x 2)         (8)

3.5     Waarom word negatiewe eksternaliteite as ŉ gevolg van markmislukking
        beskou?
        • Negatiewe eksternaliteite word as ŉ gevolg van markmislukking beskou
           omdat dit ŉ situasie verteenwoordig waarin die mark nie hulpbronne
           doeltreffend toewys nie. 
        • Dit skep ŉ situasie van markmislukking waar die mark nie optimale uitkoms
           vanuit die perspektief van die samelewing as geheel bereik nie. 
        • Markte is dikwels onvolmaak en daar kan ŉ verskil tussen private en sosiale
           koste wees. 
        • Die markprys weerspieël nie die volle produksiekoste nie, en sommige koste
           word deur derde partye gedek wat nie by die transaksie betrokke is nie. 
        • Die markprys weerspieël nie die volle produksiekoste nie; die mark sal
           geneig wees om te veel van die goed of diens te produseer wat die
           negatiewe eksternaliteit genereer, wat tot ŉ ondoeltreffende toewysing van
           hulpbronne lei. 
           (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.)
           (Ken ŉ maksimum van 2 punte toe vir ŉ blote lys van feite/voorbeelde)
                                                                               (4 x 2)       (8)
                                                                                            [40]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 10

10                                    EKONOMIE V2                                (EC/JUNIE 2024)

 VRAAG 4: MIKRO-EKONOMIE                                    40 PUNTE – 30 MINUTE

 4.1    4.1.1   Noem enige TWEE voorbeelde van eksplisiete koste.
                • Lone 
                • Rente 
                • Verhuring van grond 
                • Uitgawes/Besteding aan grondstowwe 
                  (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.) (Enige2 x 1)           (2)

        4.1.2   Waarom is die private sektor huiwerig om gemeenskapsgoedere
                te verskaf?
                • Produsente kan nie die goedere weerhou vir wanbetaling nie en
                   word baie meer gedryf deur die ekonomiese motief in die
                   poging. 
                   (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)      (2 x 1)          (2)

 4.2    DATARESPONS

        4.2.1   Identifiseer die markprys vanuit die grafiek hierbo.
                 • P                                                                       (1)

        4.2.2   Watter deel van die vraagkromme is elasties in die bostaande
                grafiek?
                • AB / Onderste segment/gedeelte  / Laer segment/gedeelte                (1)

        4.2.3   Beskryf kortliks die term oligopolie.
                • Dit is ŉ markstruktuur wat oorheers word deur min verkopers wat
                  ŉ gedifferensieerde of homogene produk verkoop.                         (2)

        4.2.4   Waarom is die vraagkromme van ŉ oligopolie geknik?
                • Oligopolieë tree anders op wanneer die pryse styg of daal. 
                • Die vraagkromme van ŉ oligopolis word geknik omdat dit twee
                  elastisiteite het, die boonste gedeelte is relatief onelasties terwyl
                  die onderste deel relatief elasties is. 
                  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                        (2)

        4.2.5   Hoe kan die regering toedelingsondoeltreffendheid wat deur
                oligopolieë veroorsaak word, regstel?
                • Hulle kan mededinging uit die buiteland nooi om skadelike
                   praktyke van plaaslike oligopolieë te beperk 
                • Die regering versterk die implementering van die Wet op
                   Mededinging 89 van 1998 om mededinging te bevorder en
                   uitbuiting en toewysende verdraaiings wat deur oligopolieë
                   veroorsaak word, uit te wis. 
                • Die regering het die Mededingingskommissie, Mededingings-
                   tribunaal en Mededingingsappèlhof gestig om die vlak van
                   mededinging in die ekonomie te verbeter. 
                   (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)  (2 x 2)              (4)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 11

(EC/JUNIE 2024)                             EKONOMIE V2                                   11

4.3      DATARESPONS

         4.3.1    Identifiseer, uit die uittreksel hierbo, ŉ instansie, wat vir die
                  ondersoek na anti-mededingende gedrag verantwoordelik is.
                  • Die Mededingingskommissie                                            (1)

         4.3.2    Watter instansie beslis oor die sake wat deur besighede ingedien
                  word wat nie tevrede is met die beslissings wat deur die
                  Mededingingstribunaal gemaak is nie?
                  • Die Mededingingsappèlhof                                             (1)

         4.3.3    Beskryf kortliks die term implisiete koste.
                  • Die waarde van vaardighede wat die entrepreneur besit en in die
                     produksieproses gebruik word. 
                  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                      (2)

         4.3.4    Verduidelik die manier waarop dominante ondernemings hul
                  markkragte kan misbruik.
                  Sakeondernemings kan hul markmag misbruik deur:
                  • oormatige prysbepaling van goedere of diens, mededinging
                     toegang tot ŉ noodsaaklike fasiliteit weier, prysdiskriminasie
                     (onregverdig kliënte verskillende pryse vir dieselfde goedere of
                     dienste hef). 
                  • weiering om skaars hulpbronne aan ŉ mededinger te verskaf. 
                  • verskaffers of kliënte aanspoor om nie met ŉ mededinger te handel
                     nie. 
                  • pryse te hef wat onder koste is om mededingers uit te sluit.
                  • bundeling van goedere of dienste en die opkoop van ŉ skaars inset
                     wat deur ŉ mededinger vereis word. 
                  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                      (2)

         4.3.5    Hoe kan klein, medium en mikro-ondernemings (KMMO's) tot die
                  doelwitte van die mededingingsbeleid bydra?
                  • Hulle bied meer mededinging wat monopolieë sal verhoed om hul
                    mag te misbruik/sommige firmas verhoed om beperkende
                    praktyke soos prysvasstelling te gebruik. 
                  • KMMO’s is ŉ aanduiding dat alle Suid-Afrikaanse ondernemings,
                    klein en groot, gelyke geleenthede gebied het om aan die
                    ekonomie deel te neem. 
                  • Die arbeidsabsorpsievermoë van kleinsakesektore is hoër as dié
                    van ander groottes. 
                  • Die gemiddelde kapitaalkoste van die werk wat in die KMMO-
                    sektor geskep word, is laer as in die groot sakesektor. 
                  • Hulle bied geleenthede vir aspirant-entrepreneurs, veral diegene
                    wat werkloos, onder-indiens of afgelê is. 
                  • Werkers aan die kleiner kant van die skaal benodig dikwels
                    beperkte of geen vaardighede of opleiding nie, hulle leer op die
                    werk. 
                    (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)         (2 x 2)    (4)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 12

12                                   EKONOMIE V2                                (EC/JUNIE 2024)

4.4     Bespreek       kortliks    openlike    samespanning       en    stilswyende
        samespanning.
        Openlike samespanning
        • Dit is ŉ organisasie van oligopolistiese sake wat ontstaan in ŉ bedryf
             met die spesifieke doel om ŉ kollektiewe monopolie te vorm. 
        • Dit is wanneer oligopolieë openlik en formeel saamwerk. 
        • Kartelle beheer die produksie van goedere en dit beïnvloed die pryse
             van produkte  bv. OPEC (olie).                              (Maks. 4)
        Stilswyende samespanning
        • Die gedrag deur firmas word gemotiveer deur ŉ reëling wat nie formeel
             is nie. 
        • Prysseine is dikwels die sleutelelement tot stilswyende
             samespanning. 
        • Een besigheid verhoog sy prys in die hoop dat die mededingers hul pryse
             sal verhoog – so ŉ firma staan as ŉ prysleier bekend. 
        • Wanneer die ander besighede met die verhoging volg, staan hulle
             bekend as prysvolgelinge. 
        • Prysleiers is gewoonlik die sterkste en mees dominante besigheid
             waarvan die produksiekoste die laagste is.             bv. staalbedryf,
             vervoerbedryf. 
             (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)
             (ŉ Maksimum van 4 punte moet toegeken word vir blote lys van feite)
                                                                            (Maks. 4)      (8)

4.5     Ondersoek die voorwaardes waaronder volmaakte mededinging
        suksesvol bedryf kan word.
        • Die produksiekoste is laer as gevolg van allokatiewe
            doeltreffendheid. 
        • Daar is geen hindernisse vir toegang tot die mark nie, aspirant-
            ondernemings kan maklik die mark betree. 
        • Perfekte mark verhoog mededinging wat die pryse vir die verbruiker
            verlaag. 
        • Perfekte mededinger produseer groot hoeveelhede en verkoop teen laer
            pryse wat die verbruiker bevoordeel. 
        • Produkte is reeds in die mark bekend, daarom bespaar produsente op
            advertensies. 
        • Verbruikers word nie uitgebuit nie aangesien mededingers prysnemers is
            en teen ŉ markprys verkoop. 
        • Die produksiekoste is laer aangesien die firmas op die laagste punt van
            die gemiddelde kostekurwe produseer. 
           (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)
           (ŉ Maksimum van 2 punte kan vir blote lys van feite toegeken word.)
                                                                            (4 x 2)        (8)
                                                                                          [40]

                                                            TOTAAL AFDELING B:              80

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 13

(EC/JUNIE 2024)                                EKONOMIE V2                               13

AFDELING C

Beantwoord EEN van die twee vrae uit hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK.

VRAAG 5: MIKRO-EKONOMIE

•       Met behulp van ŉ grafieke bespreek in detail die verskillende
        ewewigsposisies onder volmaakte marktoestande.                (26 punte)
•       Waarom is Suid-Afrikaanse-staatsmonopolieë nie in staat om ekonomiese
        wins te behaal nie?                                           (10 punte)

INLEIDING

•   ŉ Perfekte mark is ŉ markstruktuur wat uit baie verkopers van homogene
    produkte bestaan. / ŉ Mark is ŉ instelling of meganisme wat kopers en
    verkopers van goedere en dienste bymekaarbring. / ŉ Markstruktuur is hoe
    markte georganiseer word. 
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                                          (2)

LIGGAAM: HOOFDEEL
                                  EKONOMIESE WINS
Prys/Koste/
Inkomste
                                                     MK

                                                                    GK 
        P1/50                          e
                                                                     V=GI=MI     

        C/40
                   Ekonomiese wins         b

               0                      H1/10                  Hoeveelheid

Puntetoekenning
Korrekte teken en benoemings van kostekurwes         = 1 punt
Korrekte tekening en benoemings van inkomstekurwes = 1 punt
Korrekte aanduiding van area (ekonomiese winste)     = 1 punt
Korrekte aanduiding van wins maksimeringspunt        = 1 punt
                                               Maks. = 4 punte

    •    Die minimum punt van die korttermyn gemiddelde kostekurwe is laer as die
         markprys. 
    •    Die besigheid is in ewewig (maksimalisering van winste) by punt e waar MI = MK. 
    •    Totale inkomste is gelyk aan OH1 x OP1 (50 x 10) en die totale koste is gelyk aan
         OH1 x OC (40 x 10). 
    •    Die ekonomiese wins word deur gebied CP1EB (R100) verteenwoordig. 

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 14

14                                          EKONOMIE V2                                          (EC/JUNIE 2024)

                                        NORMALE WINS

                                                                    

                                                               MK           GK 
                                                 E     
                     P1/50                                                    V = GI = MI
                                                       

                         0
                                               H1/10                    Hoeveelheid(8)
          Puntetoekenning
          Korrekte teken en benoemings van kostekurwes         = 1 punt
          Korrekte tekening en benoemings van inkomstekurwes = 1 punt
          Korrekte aanduiding van normale wins              = 2 punte
                                                           Maks. = 4 punte

 Op punt e waar MK= MI sal die besigheid H1 produseer en teen markprys P 1 
 • Die laagste punt van GK raak aan die GI / MI 
 • Dit impliseer dat GK = GI en totale koste (50 x 10) = totale inkomste (50 x 10) 
 • Normale wins is die minimum verdienste wat benodig word om die entrepreneur te
   verhoed om die mark te verlaat. 

                                         EKONOMIESE VERLIES

          Prys/Koste/
                                                                                   GK 
          Inkomste                                                  MK
                         C/50    Ekonomiese verlies      b
                         P1/40                          e                         V = GI = MI

                             0                         H1/10              Hoeveelheid

         Puntetoekenning
         Korrekte teken en benoemings van kostekurwes= 1 punt
         Korrekte tekening en benoemings van inkomstekurwes = 1 punt
         Korrekte aanduiding van minimalisering punt verlies = 1 punt
         Korrektr aanduiding van area (ekonomiese verlies) = 1 punt
                                                         Maks. = 4 punte

 •   Die minimum punt van die korttermyn gemiddelde kostekurwe (GK) is bo die
     markprys. 
 •   Die besigheid is in ewewig (verlies minimalisering) op punt e waar HI = MK en
     die besigheid sal produseer teen hoeveelheid H1 en markprys P1. 
 •   Totale inkomste is gelyk aan OH1 x OP1 (10 x 40) en die totale koste is gelyk
     aan OC x OH1. 
 •   Die verlies word deur die gebied P1CBE (100) verteenwoordig.  (Maks. 26)                               (26)

Kopiereg voorbehou                                                                           Blaai om asseblief

### Page 15

(EC/JUNIE 2024)                            EKONOMIE V2                                   15

 ADDISIONELE DEEL

 Waarom is die Suid-Afrikaanse-staatsmonopolieë nie in staat om ekonomiese
 wins te behaal nie?

 •    Monopoliefirmas in Suid-Afrika verskaf goedere en dienste aan die hele land
      en vind dit moeilik om baie hoë pryse vas te stel om wins te behaal. 
 •    Hulle word onderworpe aan regulasies wat bepaal dat die verkoopprys van hul
      produk vir die armes bekostigbaar is. 
 •    Hulle ervaar hoë onderhoudskoste as gevolg van die vernietiging van hul
      infrastruktuur wat hul winste in gevaar stel. 
 •    Inkomste blyk minder te wees as koste as gevolg van korrupsie en diefstal en
      nie-betaling deur ŉ groot aantal gebruikers. 
 •    Monopolieë kan nie hul hoeveelhede manipuleer om die prys te verhoog nie,
      maar versuim om voldoende hoeveelhede te verskaf. 
 •    Die meeste monopolieë is parastatale waar aanspreeklikheid en swak bestuur
      ontbreek. 
      (Ken ŉ maksimum van 2 punte vir blote lys van feite toe.)              (5 x 2)    (10)

 GEVOLGTREKKING

 Dit is belangrik om daarop te let dat die bedryfsvraagkromme in perfekte markte,
 soos alle ander markstrukture, van links na regs afwaarts neig. 
 (Aanvaar enige ander korrekte relevante en hoërorde antwoord.)                          (2)
                                                                                        [40]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 16

16                                    EKONOMIE V2                               (EC/JUNIE 2024)

VRAAG 6: MIKRO-EKONOMIE

• Bespreek in detail die faktore wat tot die wantoedeling van hulpbronne in die
  mark lei onder die volgende subopskrifte:
  o Ontbrekende markte                                               (10 punte)
  o Gebrek aan inligting                                              (8 punte)
  o Onbeweeglikheid van produksiefaktore                              (8 punte)
• Hoe doeltreffend is die regering se ingrypingstrategie oor die herverdeling
  van welvaart in Suid-Afrika?                                       (10 punte)

INLEIDING

Markmislukking is wanneer die kragte van vraag en aanbod nie hulpbronne
doeltreffend toewys nie. 
(Aanvaar enige ander korrekte relevante inleiding.)                                        (2)

LIGGAAM: HOOFDEEL

Ontbrekende markte
• Markte is onvolledig omdat hulle nie in die vraag na sekere goedere kan voorsien
  nie. 
• Openbare goedere (gemeenskaps- en kollektiewe goedere) is in groot aanvraag,
  maar word nie deur die mark verskaf nie as gevolg van die lae wins wat daaruit
  verkry word en die koste van kapitaal wat nodig is om te voorsien. 
• Aangesien private produsente nie hierdie goedere teen wanbetaling kan weerhou
  nie, is hulle huiwerig om hierdie goedere te verskaf. 
• Die regering verskaf dus hierdie goedere en dienste. 

Openbare goedere 
• Dit sluit gemeenskaps- en kollektiewe goedere in en het twee kenmerke:
• Niemededinging: Verbruik deur een persoon verminder nie verbruik deur ŉ ander
  individu nie,  byvoorbeeld ŉ vuurtoring. 
• Nie-uitsluitbaarheid: Verbruik kan nie beperk word tot diegene wat daarvoor betaal
  nie (parasiete kan dit gebruik),  bv. radio en televisie 
• Maatskaplike voordele oortref private voordele, byvoorbeeld gesondheidsorg en
  onderwys. 
• Nie-weiering: Individue kan hulle nie van verbruik weerhou nie, bv.
  straatbeligting. 
• Oneindige verbruik, byvoorbeeld verkeersligte 

Gemeenskapsgoedere 
• Dit is goedere soos verdediging, polisiedienste, gevangenisdienste, straatbeligting,
  vloedbeheer, stormwaterdreinering en vuurtorings. 

Kollektiewe goedere 
• Dit is goedere soos parke, strandgeriewe en strate. 
• Markte is onvolledig en kan nie in die vraag na hierdie goedere voorsien nie. 
• Die regering verskaf openbare goedere wat bestaan uit vuurtorings, parke, paaie,
  brûe, ens. 

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 17

(EC/JUNIE 2024)                           EKONOMIE V2                                  17

Merietegoedere 
• Dit is hoogs in aanvraag vir die algemene welvaart, maar nie hoog aangeslaan
    deur die mark nie, bv. gesondheidsorg, onderwys en veiligheid. 
• As mense die markprys vir hulle moes betaal, sou baie min verbruik word. 
• Die mark sal misluk omdat die mark minder as die verlangde hoeveelheid
    produseer. 

Niemerietegoedere 
• Dit is goedere wat oorverbruik word, byvoorbeeld sigarette en alkohol, dus
   word meer goedere geproduseer as wat sosiaal aanvaarbaar is. 
• Die regering verbied of verminder die verbruik van hierdie produkte deur
   belasting en verskaf inligting aan die bevolking oor die skadelike gevolge
   daarvan.                                                       (Maks.10)         (10)

Gebrek aan inligting
• Verbruikers, werkers en entrepreneurs het nie die nodige inligting om rasionele
   besluite te neem nie. 
• Dit lei daartoe dat hulpbronne nie doeltreffend toegewys word nie. 
• Vir verbruikers om hul voordele te maksimeer, het hulle inligting oor goedere
   en dienste nodig. 
• Alhoewel tegnologie dit aan die verbruiker bied, het tegnologie
   vanselfsprekend volmaakte inligting. 
• Werkers is dikwels onbewus van werksgeleenthede. 
• Entrepreneurs het nie inligting oor koste, beskikbaarheid en produktiwiteit van
   produksiefaktore nie, wat hul doeltreffendheid beïnvloed. 
                                                                  (Maks. 8 punte)      (8)

Onbeweeglikheid van produksiefaktore
• Arbeid neem tyd om van een gebied na ŉ ander te beweeg en dit neem tyd om
   te verander aangesien die opleiding van arbeid duur is. 
• Die aanbod van geskoolde arbeid kan nie verhoog word nie as gevolg van die
   tyd wat dit neem om opgelei of opgevoed te word. 
• Fisiese kapitaal soos fabrieksgeboue of infrastruktuur soos telefoonlyne kan
   nie maklik hervestig word nie. 
• Strukturele veranderinge soos ŉ verandering van die vervaardiging van
   plastiekpakkies na papierpakkies of die verskuiwing van arbeidsintensiewe
   produksie na rekenaargebaseerde produksie vereis ŉ verandering in
   arbeidsvaardighede en werkpatrone. 
                                                                (Maks.8 punte)
   (Maksimum 8 punte vir blote lys van feite/voorbeelde.)
                                                                    (Maks. 26)        (26)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 18

18                                   EKONOMIE V2                               (EC/JUNIE 2024)

BYKOMENDE DEEL

Hoe doeltreffend is die regering se ingrypingstrategie oor die herverdeling van
welvaart in Suid-Afrika?
Die regering was effektief in die herverdeling van rykdom
• Suid-Afrika het een van die mees ongelyke welvaartverdeling ter wêreld. 
• Die regering gebruik oordragte, maatskaplike besteding en BBSEB om
   ongelykhede wat deur apartheid geskep is, te verminder. 
• Die regering het beperkte gebruik gemaak van welvaartbelasting / ŉ
   welvaartbelasting kan ongelykheid in rykdom verminder, terwyl dit ook bykomende
   inkomste bied. 
• Die regering het nie daarin geslaag om beduidende inklusiewe ekonomiese groei
   te bevorder nie. 
• Die regering het die onderwysbeleid suksesvol gebruik om geleenthede vir
   minderbevoorregtes te skep om kwalifikasies te verwerf en hoër inkomste te
   verdien. 
• Ten spyte van ŉ paar positiewe maatreëls in die algemeen, was die regering
   ondoeltreffend om die welvaartsgaping te verminder namate dit steeds groter
   word. 
(Aanvaar enige ander korrekte relevante hoë-orde reaksie)
(ŉ Maksimum van 4 punte sal toegeken word vir blote notering/feite)       (Maks. 10)      (10)

GEVOLGTREKKING

Die regering moet ingryp om hierdie markte te help om beter te funksioneer en ŉ
billiker verdeling van rykdom en inkomste te bevorder om die lewenstandaard in die
land te verbeter. 
(Aanvaar enige ander korrekte relevante hoë-orde gevolgtrekking.)       (Maks. 2)          (2)
                                                                                          [40]

                                                           TOTAAL AFDELING C:              40
                                                               GROOTTOTAAL:               150

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

## Related documents

- [ECONOMICS P1 GR12 QP JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr12-qp-june-2024-afrikaans/c346a16c-1f30-4d4f-bcd0-fc46002d1c9d) — Economics · QP · 2024 · Afr
- [ECONOMICS P2 QP SEPT FINAL 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-qp-sept-final-2024-afrikaans/f341d75d-5790-4f3a-a3d5-07b296615d67) — Economics · QP · 2024 · Afr
- [Gr 12 Economics P2 (Afrikaans) June 2024 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-economics-p2-afrikaans-june-2024-question-paper/b63a0d0e-df37-4750-b5b1-eca932045c79) — Economics · QP · 2024 · Afr
- [ECONOMICS P2 GR12 QP JCT 2025 AFR D watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-gr12-qp-jct-2025-afr-d-watermark/3dba3588-624d-493b-bc60-00d7e2783cae) — Economics · QP · 2025 · Afr
- [ECONOMICS P2 QP GRADE 12 JUNE 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-qp-grade-12-june-2023-afrikaans/14e460bc-51e9-4a72-a70e-bc549012de25) — Economics · QP · 2023 · Afr
- [Grade 12 NSC Economics P2 (Afrikaans) 2020 Preparatory Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-economics-p2-afrikaans-2020-preparatory-possible-answers/ba246fa2-7d32-4ab7-981e-10d6b2dd4a91) — Economics · Memo · 2020 · Afr

## More from Grade 12 Economics

- [Economics Grade 12 NSC P1 QP September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-12-nsc-p1-qp-september-2025-free-state/4def59dd-ebf4-4191-89e7-2b6d4609d6cc) — QP · 2025
- [Economics Grade 12 NSC P1 QP September 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-12-nsc-p1-qp-september-2025-mpumalanga/5449d7a4-548e-416d-91b4-1da462710798) — QP · 2025
- [Economics Grade 12 NSC P2 QP September 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-12-nsc-p2-qp-september-2025-mpumalanga/efbb0e99-1236-496b-bc64-5b31b3784493) — QP · 2025
- [Economics P1 May-June 2025 Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-may-june-2025-afr/e9c77643-7f83-42e3-b28d-cf84e96050ca) — QP · 2025 · Afr
- [Economics P2 May-June 2025 Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-may-june-2025-afr/4c93e067-5237-46b7-ab21-5c2cea219788) — QP · 2025 · Afr
- [ECONOMICS QP.P1 GR 12 JUNE 2024 (Backup papers)](https://www.hlayiso.com/library/economics-qp-p1-gr-12-june-2024-backup-papers/cb8af277-aab9-4fba-8e76-5924dcaf1941) — QP · 2024

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
