# Economics Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2023 Memo (Afr)

> Grade 12 Economics Paper 2 memorandum from the Eastern Cape Mock Exam 2023 (Afrikaans), 20 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-gr12-memo-sept-2023-afrikaans/a6f5c965-4e56-4973-8dd8-a15b6b529385
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Economics
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Memorandum
- Year: 2023
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 20

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/economics) › [Economics Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2023 Memo (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-gr12-memo-sept-2023-afrikaans/a6f5c965-4e56-4973-8dd8-a15b6b529385)

## About this document

Economics · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2023 · Afrikaans. Memorandum, 20 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

NASIONALE
                 SENIORSERTIFIKAAT

                        GRAAD 12

                 SEPTEMBER 2023

                   EKONOMIE V2
                   NASIENRIGLYN

PUNTE:   150

               Hierdie nasienriglyn bestaan uit 20 bladsye.

### Page 2

2                                     EKONOMIE V2                       (EC/SEPTEMBER 2023)

AFDELING A (VERPLIGTEND)

VRAAG 1

1.1    MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

       1.1.1    A – totale koste 

       1.1.2    C – kunsmatige monopolie 

       1.1.3    A – GI-kurwe 

       1.1.4    B – Openbare Werke-Program 

       1.1.5    C – deflasie 

       1.1.6    D – Paleo-toerisme 

       1.1.7    D – bevel en beheer 

       1.1.8    B – omgewingsvolhoubaarheid                                (8 x 2)   (16)

1.2    PAS-ITEMS

       1.2.1     F–   Die addisionele eenheid wat geproduseer word wanneer
                      veranderlike insette met vaste insette gekombineer word 

       1.2.2    D–    Wanneer die mark nie die ware weerspieëling van die
                      skaarsheid van ŉ produk is nie 

       1.2.3    A–    ŉ Situasie waar een produsent die pryse vasstel en die
                      ander dit as die markprys aanvaar 

       1.2.4    I–    Onwettige goedere gekoop en verkoop 

       1.2.5    B–    Werk daaraan om inflasie binne die teikens te hou 

       1.2.6    H–    Mense wat binne hul eie land toer/reis 

       1.2.7    E–    Spesies sterf uit en dit kan nie omgekeer word nie 

       1.2.8    C–    Hoogsgevaarlik met ŉ stadige dekompressietempo 
                                                                      (8 x 1)           (8)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 3

(EC/SEPTEMBER 2023)                        EKONOMIE V2                                  3

1.3     GEE EEN TERM

        1.3.1    Aanbodkurwe 

        1.3.2    Monopolie 

        1.3.3    Nie-mededingende produkte 

        1.3.4    BBP-deflator/implisiete deflator 

        1.3.5    Uitgaande toerisme 

        1.3.6    Ontbossing                                           (6 x 1)     (6)

                                                         TOTAAL AFDELING A:         30

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 4

4                                    EKONOMIE V2                        (EC/SEPTEMBER 2023)

AFDELING B

Beantwoord enige TWEE van die drie vrae uit hierdie afdeling in jou
ANTWOORDEBOEK

VRAAG 2: MIKRO-EKONOMIE

2.1 Beantwoord die volgende vrae.

     2.1.1   Noem enige TWEE kenmerke van die monopolistiese mark.
             • Groot aantal kopers en verkopers 
             • Gedifferensieerde produkte 
             • Toegang tot en uittrede vanuit die mark relatief maklik 
             • Min beheer oor pryse 
             • Onvolledige markinligting 
             (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.)       (Enige 2 x 1)       (2)

     2.1.2   Waarom mik besighede om maksimum wins te maak?
             Besigheid-eienaars moet hul kostes moet dek en hul besighede
             onderhou/volhoubaar, en dit sluit belegging in hul besighede in.
             (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.)        (Enige 1 x 2)      (2)

2.2 2.2.1    Identifiseer ŉ deelnemer vanuit die uittreksel wat deur toetrede-
             beperkings tot die mark geraak word.
             • KMMOs                                                                      (1)

     2.2.2   Noem enige ander mededingingsinstansie behalwe die een wat in
             die uittreksel genoem word.
             Mededingingstribunaal/Mededingingsappélhof                                  (1)

     2.2.3   Verduidelik kortliks die langtermyn periode.
             Die langtermyn periode is die periode wat lang genoeg is vir die
             produsent om produksiefaktore te verander.                                 (2)

     2.2.4   Verduidelik die rol van die Mededingingskommissie.
             Die Mededingingskommissie verwys na die institusie wat beperkende
             besigheidspraktyke ondersoek, misbruik van dominante posisie en
             samesmelting met die doel om gelykheid in die Suid-Afrikaanse
             ekonomie te verkry. 
             (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.)                           (2)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 5

(EC/SEPTEMBER 2023)                       EKONOMIE V2                                         5

       2.2.5    Hoe sal besighede deur die Mededingingskommissiebeleid
                bevoordeel word?
                Besighede       sal       bevoordeel      word       deur       die
                mededingingskommissiebeleid omdat:
                • Die mededingingsbeleid vestig ŉ besigheidskultuur wat kompetisie
                   tussen besighede in die ekonomie handhaaf 
                • Besighede kry die geleentheid om te verbeter en te ontwikkel om
                   sodoende ŉ sterk mededinger in die besigheidveld te bly 
                • Deur mededinging word produksiegroei tussen verskeie
                   besighede verbeter 
                • Die mededingingsbeleid bied beskerming teen anti-
                   mededingingsgedrag deur groter ondernemings en dit bevorder
                   regverdige mededinging tussen besighede 
                (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.)    (Enige 2 x 2)      (4)

2.3    DATARESPONS

       2.3.1   Identifiseer die kurwe wat gemiddelde inkomste aandui.
               • DD kurwe                                                               (1)

       2.3.2   By watter punt word prys in die gegewe grafiek bepaal?
               • Punt B                                                                 (1)

       2.3.3    Verduidelik kortliks die term totale inkomste.
                Totale inkomste is die waarde van alle verkope wat plaasgevind
                het. 
                (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.)                       (2)

       2.3.4    Verduidelik die verhouding tussen marginale inkomste- en
                gemiddelde inkomstekurwes in ŉ monopolie mark.
                • Beide gemiddelde inkomste en marginale inkomste is dieselfde vir
                   die eerste eenheid dus waarom hulle by dieselfde punt op die
                   grafiek begin.
                • Gemiddelde en marginale inkomstekurwes toon albei dalende
                   tendense van links na regs en marginale inkomste is altyd laer as
                   gemiddelde inkomste. 
                • Marginale inkomste daal vinniger as gemiddelde inkomste
                   wanneer die monopolis sy prys verlaag. 
                  (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.)                     (2)

       2.3.5    Bereken gemiddelde inkomste. Toon ALLE berekeninge.

                GI = TI/E 
                   = (10 x 50)/50 
                   = 500/50 
                   = R10                                                                (4)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 6

6                                               EKONOMIE V2                                  (EC/SEPTEMBER 2023)

2.4   Met behulp van ŉ grafiek verduidelik die afleiding van die vraagkurwe vir die
      individuele besigheid in ŉ volmaakte mark.

                       INDUSTRIE                                         INDIVIDUELE PRODUSENT

      PRYS                                                   PRYS

               V                             A

                                                                                        
                                                                                        VV/MI/GI
       p                                                   P                                          

                   A
                                             V

           0               H       HOEVEELHEID                      0        H         H1        HOEVEELHEID

                                                    Puntetoekenning
           Korrekte tekening van die vraagkurwe van die individuele firma                   1 punt
           Korrekte aanduiding van vraag-en aanbodkurwe van die industrie                   1 punt
           Korrekte verbinding tussen markprys en die prys van individuele besigheid        1 punt
           Korrekte benoeming van vraagkurwe van individuele besigheid                       1 punt
                                                                                                           Maks. 4

      • ŉ Individuele besigheid in die volmaakte mark lei die prys van die markprys af wat
         die industrie deur die wisselwerking tussen vraag en aanbod bepaal. 
      • Die vraagkurwe van die individuele firma is horisontaal (volmaak elasties).  ŉ
         Baie klein verandering in prys sal ŉ baie groot (oneindig groot) verandering in
         hoeveelhede gevra meebring. 
      • Die prys van die individuele besigheid is presies by die vlak van die markprys
         deur die industrie vasgestel. 
      • Dus, vir elke eenheid wat die besigheid verkoop, kry dit dieselfde prys. 
      (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.)                         (Maks. 4)                             (4)
2.5   Hoe kan produsente in ŉ monopolistiese mededingende mark hul
      markaandeel vergroot?
      • Monopolisties firmas produseer produkte ŉ verskeidenheid van dieselfde
        produkte wat van mekaar onderskei kan word om sodoende meer klante te
        lok. 
      • Firmas maak gebruik van bemarkingstrategieë asook handelsmerke om hul
        produkte te onderskei. 
      • Produkte kan in groot hoeveelhede teen laer pryse verkoop word terwyl hulle hoër
        winsgrense prysgee met die doel om groter verkoopsvolumes te verkry. 
      • Die voorsiening van kwaliteit produkte sal meer kopers lok. 
      • Monopolisties firmas mag ook beter verpakking gebruik om sodoende gehalte
        produkte beskikbaar te hê wat deur kopers verkies word. 
      • Die produsente kan ook intensiewe reklameveldtogte loods om verbruikers bewus
        te maak van die produk en waar om dit te koop.                                                               (8)
                                                                                                                      [40]

  Kopiereg voorbehou                                                                             Blaai om asseblief

### Page 7

(EC/SEPTEMBER 2023)                         EKONOMIE V2                                          7

VRAAG 3: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES

3.1     3.1.1    Noem enige TWEE soorte inflasie.
                 • Verbruikerinflasie 
                 • Produsenteinflasie 
                 • Hiperinflasie 
                 • Allesomvattende inflasie / Hoofstroominflasie         (Enige 2 x 1)          (2)

        3.1.2    Waarom is volhoubaarheid van die omgewing belangrik?
                 • Die omgewing moet volhou word omrede volhoubaarheid verbeter
                    die gehalte van mense lewens en beskerm die ekosisteem. 
                 • Volhoubaarheid bewaar die natuurlike hulpbronne vir toekomstige
                   generasies. 
                 (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.)   (Enige 1 x 2)              (2)

3.2     DATARESPONS

        3.2.1    Watter manier van reis kan as omgewingsvriendelik beskou
                 word?
                 • Vlieg 

        3.2.2    Verskaf enige voorbeeld van eko-toerisme.
                 • Kampeerdery 
                 • Voetslaan (Stap) 
                 • Wildlewe / dieretuin 
                 (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.)        (Enige 1 x 1)         (1)

        3.2.3    Verduidelik kortliks die rede vir groei in die toerisme sektor.
                 Die toerismebedryf het gegroei a.g.v.:
                 • Toename in besteebare inkomste 
                 • Verminderde werksure 
                 • Groter bewusmaking van ontspanning en vrye tyd 
                 • Verbeterde vervoer, kommunikasie en akkommodasie-fasiliteite 
                 • Toename in advertensies en promosies                                        (2)

        3.2.4    Verduidelik arbeidsintensief in verhouding tot toerisme.
                 • Baie werksplekke in die toerisme bedryf vereis menslikehulp-
                   bronne 
                 • Toerisme word as arbeidsintensief beskou omdat dit die laagste
                   verhouding tot werkskepping het. 
                 • Meer werk word met die kapitaal wat in die toerismebedryf belê
                   word, as in enige ander sektor geskep. 
                 • Baie toerisme-aktiwiteite is binne die bereik van klein operateurs 
                 (Aanvaar enige ander relevante en korrekte antwoord.) (Enige 1 x 2)             (2)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 8

8                                    EKONOMIE V2                        (EC/SEPTEMBER 2023)

       3.2.5    Hoe belangrik is die bemarking van buitelandse toerisme vir die
                Suid-Afrikaanse ekonomie?
                • Toerisme dra 3,7% tot Suid-Afrika se BBP by, veral in die
                   landbousektor. 
                • Dit is verantwoordelik om natuurlike hulpbronne, kultuur, erfenis,
                   ens. te bevorder. 
                • Dit bring buitelandse valuta in die land en mag die potensiaal het
                   om buitelandse beleggings te lok. 
                • Buitelandse toeriste dra baie tot ekonomiese groei by a.g.v. die
                   hoeveelheid geld wat in die land spandeer word. 
                • Die verskil tussen inkomende en uitgaande toerisme is as die
                   toerisme handelsbalans met die res van die wêreld bekend. 
                • Suid-Afrika het tans ŉ positiewe handelsbalans ervaar. 
                (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.)     (Enige 2 x 2)    (4)

 3.3    DATARESPONS

        3.3.1   Identifiseer enige EEN voorbeeld van ŉ item wat uit die VPI-
                mandjie uitgesluit word.
                • Vars en bevrore vleis en vis 
                • Rentekoers op verbandlenings 
                • Groente 
                • BTW en assesseringskoerse 
                (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.) (Enige 1 x 1)        (1)

        3.3.2   Vanuit die bostaande tabel, watter tipe goed het meer gewig?
                Dienste                                                                (1)

        3.3.3   Verduidelik kortliks die term verbruikerprysindeks.
                Verbruikerprysindeks is die indeks wat gebruik word om die prys van
                ŉ vaste mandjie van verbruikersgoedere en dienste in verhouding tot
                lewenskoste te meet. 
                (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.)                      (2)

        3.3.4   Verduidelik kortliks die impak van koste-druk-inflasie op die
                ekonomie.
                Koste-druk-inflasie is uiters gevaarlik vir die ekonomie omrede hoë
                pryse en ŉ daling in nasionale uitset gepaardgaan.                    (2)

        3.3.5   Bereken die inflasiekoers vir alle goedere vir die periode
                September 2021 tot September 2022.

                Inflasiekoers = VPI 2022 – VPI 2021  / VPI 2021 x 100 
                              = 108,5 – 98,0/98,0 x 100 
                              = 8,5%                                                   (4)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 9

(EC/SEPTEMBER 2023)                      EKONOMIE V2                                         9

 3.4    Onderskei tussen bewaring en beskerming as kreatiewe maniere om
        die voortbestaan en funksionering van die omgewing te verseker.

        Bewaring
        • Bewaring het te doen met die volhoubare gebruik en bestuur van natuurlike
          hulpbronne sodat dit beskikbaar kan wees vir gebruik deur toekomstige
          generasies. 
        • Hernubare hulpbronne soos woude en visvoorraad is skaars en moontlik
          volhoubaar dus is dit belangrik om hierdie hulpbronne te bewaar en
          behoorlik te bestuur sodat dit nie heeltemal uitgewis word nie. 
        • Bewaring soek ook kreatiewe voortbestaan van die omgewing terwyl
          veranderinge in die omgewing op so ŉ wyse moet plaasvind dat dit nog
          beskikbaar is vir kwaliteit lewe van huidige en toekomstige generasies. 
        • Dit hou verband met die beskerming van natuurlike hulpbronne om
          sodoende te verseker dat dit nie in geheel opgebruik en uitgewis word
          nie. 
        • Die bestuur van die omgewing op maniere wat verhoed dat dit beskadig of
          verwoes word. 
        • Die bewaring van sekere plante- en dierespesies is noodsaaklik vir hul
          voortbestaan. 

        Beskerming
        • Beskerming beteken om iets ongedeerd te hou wanneer geen ontwikkeling
          in ŉ spesifieke plek plaasvind nie. 
        • Dit sluit die omgewingselemente in wat deur uitwissing bedreig word, bv.
          inheemse woude. 
        • Omgewingsbeskerming is ŉ noodsaaklike basis vir volhoubare
          ontwikkeling en die uitwissing van armoede. 
        • Beskerming is om nie-hernubare hulpbronne in stand te hou bv. ekologiese
          stelsels, erfenisterreine. 
        • Beskerming hou verband met bewaring. 
        • Dit is om bestaande bates te beskerm op so ŉ wyse dat dit nie die
          omgewing beskadig wanneer dit gebruik word nie. 
        (Aanvaar enige ander relevante en korrekte antwoord.)                           (8)

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 10

10                                  EKONOMIE V2                       (EC/SEPTEMBER 2023)

 3.5    Analiseer die belangrikheid daarvan om gewigte aan ŉ mandjie
        goedere en dienste toe te ken.
        • Die gewigte is veronderstel om die belangrikheid van goedere en dienste
          te reflekteer, soos gemeet deur die aandele van totale verbruik van
          huishoudings. 
        • Die gewigte toegeken aan elke goed/diens bepaal die impak wat
          verandering in prys op die allesomvattende indeks sal hê. 
        • Gewigte wat toegeken word aan uitgawes moet gereeld opgegradeer
          word om te verseker dat hulle nie onverteenwoordig word en onbenullig
          is nie. 
        • Dit is nodig dat gewigte opgegradeer moet word om die bekendstelling
          van nuwe items en die verwydering van oues te weerspieël. 
        • Toenemende tye van opgradering van gewigte minimiseer die
          vernietigende impak van veranderde verbruikspatrone en die koers van
          plaasvervanging en die uitwerking wat dit op die indeks mag hê. 
        • Op ŉ stadium word dit meer begeerlik om die gewigte van ŉ meer
          onlangse periode te gebruik om te verseker dat die indeks die effek van
          prysverandering op verbruikers gepas aandui. 
        • ŉ VPI word bereken as ŉ geweegde gemiddelde van prysverandering van
          goedere en dienste wat deur die indeks in ag geneem word. 
        (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.)                            (8)
                                                                                     [40]

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 11

(EC/SEPTEMBER 2023)                        EKONOMIE V2                                      11

VRAAG 4:       MIKRO-EKONOMIE EN KONTEMPORÊRE EKONOMIESE
               KWESSIES

4.1    4.1.1    Noem enige TWEE soorte besoedeling.
                • Lugbesoedeling 
                • Water / Seebesoedeling 
                • Grond / Omgewingbesoedeling 
                • Geraasbesoedeling 
                (Aanvaar enige ander relevante en korrekte antwoord.)      (Enige 2 x 1)         (2)

       4.1.2    Waarom maak ŉ monopolie ekonomiese wins op die langtermyn?
                • Die bestaan van hoë versperrings tot toetrede verhoed firmas om tot
                  markte te kan toetree selfs op die langtermyn en dit veroorsaak dat
                  monopolieë kompetisie vryspring en ekonomiese wins op die
                  langtermyn kan maak 
                • Monopolieë het beheer oor die pryse wat vasgestel moet word en
                  toegang van nuwe produsente tot die mark is ook beperk. 
                (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.)       (Enige 1 x 2)           (2)

4.2    DATARESPONS

       4.2.1   Identifiseer die gevolg van pryskompetisie in ŉ oligopolie.
               • Prysoorlog                                                                      (1)

       4.2.2    Noem enige soort samespanning.
                • Stilswyend / informeel / eksplisiet 
                • Openlik / implisiet / formeel 
                (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.)         (Enige 1 x 1)         (1)

       4.2.3   Verduidelik kortliks nie-prys-kompetisie.
               • Nie-pryskompetisie vind plaas wanneer besighede verskeie ander
                  strategieë behalwe prys, gebruik om hul markaandeel te vergroot. 
               (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.)                                (2)

       4.2.4   Verduidelik die implikasies van ŉ geknakte vraagkurwe.
               • Dit impliseer dat die prys in die oligopolie-mark net by die knik in die
                 geknakte vraagkurwe stabiel is. Aan die bokant van die knik is
                 markaandeel verlore, en aan die onderkant van die knik sal
                 prysoorloë uitbreek wat alle besighede sal benadeel.                          (2)

       4.2.5    Hoe sal kleiner sakeondernemings / nuwe besighede in ŉ
                oligopolie deur pryskompetisie geraak word?
                • Kleiner ondernemings met minder finansiële hulpbronne is geneig om
                   vinniger uit die mark uitgedryf te word. 
                • Nuwe besighede sal dit moeilik vind om toegang tot die mark te kry
                   omdat hulle nie in staat gaan wees om hulself te onderhou indien
                   hulle nie genoeg wins maak nie 
                • Hulle sal nie in staat wees om hul onkostes te dek nie. 
                (Aanvaar enige ander relevante en korrekte antwoord.)     (Enige 2 x 2)          (4)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 12

12                                   EKONOMIE V2                        (EC/SEPTEMBER 2023)

4.3    DATARESPONS

       4.3.1   Identifiseer die afname in lone in werklike terme.
               • - 0,9%                                                                  (1)

       4.3.2   Noem enige kategorie huishoudings wat deur verhoogde inflasie
               geraak word.
               • Middelklas
               • Lae-inkomste huishoudings
               (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.)                        (1)

       4.3.3   Beskryf die term inflasie.
               Inflasie is die volgehoue en aansienlike verhoging in die algemene
               prysvlakke oor ŉ bepaalde tyd en ŉ gepaardgaande daling in die
               waarde van geld. 
               (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord)                         (2)

       4.3.4   Verduidelik die gevolge van inflasie op debiteure.
               Debiteure word bevoordeel deur inflasie omdat hulle geld ontvang wat
               groter koopkrag het en hulle hul skuld (geld met laer koopkrag) moet
               terugbetaal. 
               (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.)                        (2)

       4.3.5   Watter invloed het inflasie op lae-inkomste verdieners?
               • Lae-inkomsteverdieners ervaar die meeste stres as gevolg van
                 inflasie omdat hulle meer van hul besteebare inkomste op
                 noodsaaklikhede soos kos, gas, huurgeld, ens. spandeer.  Dit is
                 kategorieë goedere en dienste wat hoër inflasiekoerse toon as die
                 huidige inflasiekoers, wat dus geen ruimte laat vir hulle om minder
                 geld te spandeer nie. 
               • Lae-inkomsteverdieners sal waarskynlik minder kontantreserwes
                 hê in tye wanneer hoë inflasie ervaar word, wat hulle in staat kon
                 stel om oor dit te kom. 
               • Hulle is nie in staat om produkte op te gaar nie, wanneer produkte
                 se pryse gesny word nie. Hulle koop gewoonlik in grootmaat om
                 sodoende te kan spaar en hulle is geneig om aankope liewer uit te
                 stel. indien daar die geleentheid is om in die toekoms te kan
                 spaar. 
               (Aanvaar enige ander relevante en korrekte antwoord.)
                                                                       (Enige 2 x 2)     (4)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 13

(EC/SEPTEMBER 2023)                     EKONOMIE V2                                    13

 4.4   Bespreek kortliks die toetrede tot die mark en aard van die produk in ŉ
       volmaakte mark.
       Aard van die produk
       • Alle firmas verkoop homogene produkte wat identies is en kopers kan nie
          tussen die produkte onderskei nie. 
       • Dit maak nie saak vir ŉ die verbruiker waar of by wie om te koop nie want
          al die produkte is presies dieselfde. 
       • Kopers kan nie een verkoper bo ŉ ander verkies nie. 

       Toegang tot die mark
       • Daar is absolute vryheid tot toegang tot toetrede en uittrede uit die
         mark. 
       • Die mark is heeltemal toeganklik vir alle kopers en verkopers in die
         algemeen. 
       • Daar is geen wettige, finansiële of tegniese beperkings om die mark te
         betree nie. 
       (Aanvaar enige ander relevante en korrekte antwoord.)                           (8)

 4.5   Wat is beste manier hoe die Suid-Afrikaanse Reserwebank koste-druk-
       inflasie verminder?
       Die Reserwebank kan die volgende doen:
       • Kan inflasie binne die inflasieteikens van 3% – 6% te hou 
       • Maak gebruik van die monetêre beleid  op die volgende maniere:
          o Verhoog rentekoerse om sodoende verskillende deelnemers in die
              ekonomie te ontmoedig om lenings wat gaan bydra tot ŉ verhoging in
              vraag, aan te gaan 
          o Verminder die aanbod van geld, dit kan gedoen word deur
              handelsbanke se kontantreserwevereistes te verhoog, sodat
              handelsbanke minder geld uitleen wat die aanbod van geld laat
              daal. 
          o Oortuig handelsbanke om krediet aan verbruikers en produseerders
              toe sal staan sodoende die tempo van aanvraag na goedere en dienste
              te verlaag. 
       (Aanvaar enige ander relevante en korrekte antwoord.)                           (8)
                                                                                      [40]

                                                          TOTAAL AFDELING B:            80

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 14

14                                   EKONOMIE V2                        (EC/SEPTEMBER 2023)

AFDELING C

Beantwoord EEN van die twee vrae uit hierdie afdeling in jou ANTWOORDEBOEK.

VRAAG 5: MIKRO-EKONOMIE

•    Bespreek in detail die oorsake van markmislukkings.           (26 punte)
•    Ondersoek die impak van inkomste ongelykheid op die ekonomie. (10 punte)

INLEIDING

Markmislukkings vind plaas wanneer die mark nie daarin slaag om die effektiewe
toewysing van skaars hulpbronne te bereik nie en dus nie die beste uitsette kan behaal
nie. 
(Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.)                           (Maks. 2)         (2)

HOOFGEDEELTE

Verlore markte / Openbare goedere
• Verlore markte kan net in sekere omstandighede vorm aanneem en indien daardie
  omstandighede nie daar is nie kan die markte sukkel met voortbestaan. 
• Openbare goedere word nie deur die markmeganisme voorsien nie omdat die
  produsente nie openbare goedere van die mark kan weghou net omdat mense nie
  daarvoor kan betaal nie en daar kan nie bepaal word hoeveel deur die verbruiker
  verbruik word nie is daar geen gronde vir die vasstelling van ŉ markprys nie. 
• Merietegoedere is daardie goedere wat hoogs wenslik vir die algemene welstand van
  die mense en word altyd nie hoogs deur die mark waardeer nie. 
• Indien mense wel markprys hiervoor moet betaal, sal baie min gebruik word. 
• Daar is ook daardie produkte soos sigarette en alkohol wat oormatig in die vrye mark
  verbruik word. 
• Die regering kan hul verbruik verban of verminder produkte deur belastingheffings
  soos aksynsbelasting sondebelasting en deur inligting oor produkte en hul skadelike
  effekte bekend te maak. 
• Produsente produseer produkte om wins te maak, dus produseer hulle net goedere
  om wins te maak, dus produseer hulle nie genoem nie. 
• Openbare goedere word deur die gemeenskap verbruik en niemand mag van die
  verbruik van die produk uitgesluit word nie. 
• As gevolg van die geen uitsluiting is die privaatsektor gewoonlik onwillig om hierdie
  openbare goedere te voorsien. 

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 15

(EC/SEPTEMBER 2023)                      EKONOMIE V2                                   15

Onvolledige inligting / gebrek om inligting
• Verbruikers, werkers en entrepreneurs het nie altyd die nodige inligting
  beskikbaar om goeie besluite te maak nie. 
• Verbruikers beskik ook nie oor perfekte inligting deur vooruitgang in tegnologie
  nie, verhoog die hoeveelheid inligting waaraan mense toegang het. 
• Werkers is onbewus van werksgeleenthede buite hul huidige werksplek. 
• Entrepreneurs inligting oor koste, beskikbaarheid en produktiwiteit van
  produksiefaktore ontbreek en mag dalk funksioneer op grond van verkeerde
  inligting. 
• Onvolledige inligting oor produksietegnieke, produksiekoste, drange en
  begeertes van huishoudings, ens. beteken dat produksiefaktore aangewend word
  sonder dat dit die drie basiese vrae oor die ekonomie beantwoord. 
• Produsente weet nie altyd wat vraag gaan wees nie en kan dus ook nie aanbod
  doeltreffend aanpas nie. 

Onbeweeglikheid van produksiefaktore
• Arbeid mag tyd neem om in nuwe werksgeleenthede en geografiese werksplekke
  in te beweeg om sodoende aan die verandering in verbruikersvraag te kan
  voorsien. 
• Fisiese kapitaal bv. fabrieksgeboue, telefoonlyne, brûe, ens. is onbeweeglik en
  hierdie tipe kapitaal hou vir jare, maar kan nie beweeg word om te pas by
  veranderde vraag nie. 
• Tegnologiese toepassings verander metodes van produksie, maar dit neem tyd
  vir meeste industrieë om aan te pas by groter tegnologiese veranderings. 
• Markte mag dalk nie betyds op verandering in verbruikersvraag reageer nie omdat
  hulpbronne nie maklik hertoegeken word nie en besighede dus sukkel om
  hulpbronne optimaal aan te wend. 
• Werkers is huiwerig om te verander van werk. Die werker moet kennis gee en dit
  beteken dat die aanbod van arbeid nie altyd aan die vraag voldoen nie en as
  gevolg daarvan sal markte ineenstort. 

Ongelyke verspreiding van inkomste en welvaart
• Die markstelsel is neutraal rondom kwessies rakende inkomsteverspreiding. 
• Diskriminasie versteur verdienste deur vroue en minderheidsgroepe, mense met
  gestremdhede en mense wat siekte is en mense wat ongeskik vir werk verklaar
  word. 
• Die mark produseer goedere en dienste vir diegene wat daarvoor kan betaal en
  dit veroorsaak dat sommige verbruikers meer het as ander. 
• Indien die verspreiding ongelyk is gaan die finale verspreiding ook ongelyk wees
  en vir die rede word daar geargumenteer dat dit is waarom markte vou. 

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 16

16                                    EKONOMIE V2                         (EC/SEPTEMBER 2023)

 Onvolmaakte mededinging
 • In markte word kompetisie baie kere benadeel deur die magte van ander
   produsente om te verhoed dat sekere nuwe produsente nie maklik toegang tot
   die mark verkry nie. 
   Die mag is baie keer in die hande van produsente en nie verbruikers nie en dit
   gee aanleiding tot ondoeltreffende allokasie van hulpbronne. 
 • Meeste produsente funksioneer in omstandighede van onvolmaakte kompetisie
   wat toelaat dat produsente hul uitsette (aanbod) beperk wat meebring dat pryse
   gaan styg en produkpryse meer is as marginale koste. 
 • Onvolmaakte markte maak nie ruimte vir prysonderhandelinge nie. 

 Eksternaliteite
 • Eksternaliteite is die effek van die aksies van een party op ŉ ander party wat nie
   aan die transaksie deel het nie. 
 • Hulle veroorsaak dat die mark nie daarin slaag om hulpbronne effektief toewys
   nie omdat die markprys nie die volle koste / voordele in die ekonomie weerspieël
   nie. 
 • Die markprys reflekteer slegs private koste en private voordele. 

 Negatiewe eksternaliteite
 • Daar is koste wat toegeskryf word aan ŉ derde party wat nie in die markprys
   ingesluit word nie, bv. besoedeling 
 • Die koste van negatiewe eksternaliteite soos bv. swak gesondheid word nie
   betaal deur die produsente nie. 
 • Hierdie skadelike produkte word dikwels oorvoorsien op die mark wat sosiaal
   nie baie aanvaarbaar is nie. 

 Positiewe eksternaliteite
 • Hierdie is voordele aan die derde party as gevolg van die aksies van ŉ ander
    party wat nie in die markprys ingesluit word nie, bv. onderwys, gesondheid. 
 • Markte faal wanneer goedere met positiewe eksternaliteite dikwels
    ondervoorsien word en dan moet die regering inmeng deur die tekort te
    produseer en te voorsien. 
 (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)
 (Gee ŉ maksimum van 2 punte indien dit net gelys/genoem word.)         (Maks. 26)      (26)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 17

(EC/SEPTEMBER 2023)                     EKONOMIE V2                                    17

 ADDISIONELE GEDEELTE
 • ŉ Hoë vlak van ekonomiese ongelykheid beteken gewoonlik ŉ hoër vlak van
   armoede. 
 • Armoede word verbind met toename in misdaad en swak openbare gesondheid
   wat gevolglik ŉ groter las op die ekonomie plaas. 
 • In tye van stygende kospryse en laer inkomstevlakke word ekonomiese groei-
   beleide, deur die regering geïmplementeer, al minder ondersteun. 
 • Ryk en welvarende inwoners van die land behou disproporsionele politieke mag
   in vergelyking met die armer inwoners en dit moedig die ontwikkeling van
   ondoeltreffende belastingstrukture aan wat tot die voordeel van ryk mense
   is. 
 • Ongelyke inkomsteverspreiding verhoog politieke onstabiliteit wat eiendomsreg
   bedreig en verhoog ook die risiko vir die regering om kontrakte te verwerp en
   kapitaalvorming word ontmoedig. 
 • Die gaping tussen ryk en arm raak al groter en dit verhoog die vraag na plekke
   om te huur wat weer aanleiding gee tot die mark wat oorheers word deur
   produsente wat ander wil uitbuit wat ekonomiese groei kortwiek. 
 • Ekonomiese groei word onder druk in ŉ ekonomies ongelyke samelewing en die
   afname in belegging in menslike kapitaal.                          (Maks. 10) (10)

 SLOT
• Markmislukking kan ŉ geweldig groot effek hê op die ekonomie en dit vereis
   dan die regering se inmenging om die gevolge daarvan te verminder. 
   (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.)                 (Maks. 2)        (2)
                                                                                      [40]

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 18

18                                     EKONOMIE V2                         (EC/SEPTEMBER 2023)

 VRAAG 6

 •   Bespreek in detail die voordele van toerisme.               (26 punte)
 •   Ontleed die belangrikheid van die Inheemse Kennisstelsel (IKS) ten
     opsigte van die versterking van Suid-Afrika se toerisme-profiel.(10 punte)

 INLEIDING
 Toerisme is die aktiwiteite van mense wat reis en in plekke oornag weg vanaf hulle
 huise vir nie meer as een aaneenlopende jaar nie en mense reis ook vir
 ontspanning, sake en om familie en vriende te gaan besoek. 
 (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.)                       (Maks. 2)         (2)

 HOOFGEDEELTE

 Huishoudings
 • Huishoudings word bevoordeel deur toerisme omdat toeriste geld spandeer wat
   weer ŉ inkomste vir huishoudings is omdat hulle in die toerismebedryf werk. 
 • Toerisme voorsien indirek werksgeleenthede in die finansiële en
   kleinhandelsdienste. 
 • Die meeste infrastruktuur ontwikkel vir die gebruik deur toeriste is ook tot voordeel
   van die plaaslike inwoners. 
 • Huishoudings trek voordeel uit ŉ verskeidenheid vaardighede wat deur die
   toerisme benodig word, waarvoor opvoeding en opleiding benodig word en die
   geleentheid skep om werk te vind. 
 • Huishoudings word meer blootgestel aan buitelandse (vreemde) kulture wat op
   kulturele en sosiale kennis en vermaak ŉ impak het. 
 • Individue ontvang inkomste deur te werk in die toerismebedryf  as kelners,
   busdrywers ,ens. 

 Produsente
 • Toerisme verskaf baie direkte en indirekte geleenthede vir entrepreneurs en die
   regering gebruik ŉ aantal aansporingsmaatreëls om besighede in die toerisme-
   bedryf te bevorder. 
 • Toerisme bevoordeel plaaslike besighede en ondernemings deur ŉ toename in
   besteding op goedere en dienste deur plaaslike besighede verskaf. 
 • Die informele sektor trek voordeel deurdat plaaslike inwoners tradisionele items
   soos handgemaakte kunswerke en kunste aan toeriste verkoop. 
 • Die besigheidsomgewing in landelike en stedelike gebiede word gestimuleer deur
   geleenthede vir entrepreneurs en hulp deur SEB. 
 • Toeristebestemmings word deur publieke en private vennootskappe (PPPs)
   ontwikkel 
 • Deur publieke-private vennootskappe word daar gefokus op die ontwikkeling van
   basiese, fisiese en dienste-infrastruktuur deur die regering en private instansies
   verskaf die superstruktuur waarbinne toerisme bevorder word. 

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 19

(EC/SEPTEMBER 2023)                        EKONOMIE V2                                      19

 Regering
 • Die regering vind baat deur toenames in belastinginkomste. 
 • Die regering kan klein belastingbedrae hef om sodoende die koste om basiese
   dienste soos toiletfasiliteite en storte by strandoorde te dek. 
 • Die regering mag ook lughawe-belasting hef. 

 • Belasting word om twee redes gehef:
   o Om eksterne koste te verhaal – om die gasheerland te help vir die verskaffing
       van infrastruktuur. 
   o Om inkomste te versamel – met die groei van toerisme hef baie lande belasting
       op dit wat as ŉ bron van inkomste vir die regering gebruik word. 

 • Toerisme help met werkskepping teen verlaagde kostes vir die regering veral in die
   informele sektor, soos toergidse, curio-winkels en musikante. 
 • Inkomste wat verdien word, word aangewend om toerisme plaaslik te bemark en
   met die hulp van die regering kan sosio-ekonomiese doelwitte bereik word asook
   groei in die informele sektor, SEB en die ontwikkeling van KMMOs.

 Infrastruktuurontwikkeling
 • ŉ Land moet oor ŉ goed ontwikkelde infrastruktuur beskik wat instand gehou word
    vir daardie land om as ŉ toeristebestemming beskou te word. 
 • In samewerking met die privaatsektor kan die regering die infrastruktuur ontwikkel
    en opgradeer om sodoende te kan voldoen aan die vraag en verwagtinge van
    toeriste. 
 • Plaaslike inwoners en toeriste word bevoordeel deur ŉ goed ontwikkelde
    infrastruktuur. 
 • Toeriste vereis ook sosiale infrastruktuur bv. klinieke en ambulanse. 
 • Genoegsame fisiese en basiese diensinfrastruktuur wat goed onderhou word is
    absoluut noodsaaklik vir toeristebestemmings. 
 • Die regering het ekonomiese infrastruktuur geprioritiseer om groei in toerisme te
    bevorder. 
 (Aanvaar enige ander relevante en korrekte antwoord)
 (Gee maksimum 2 punte indien dit net gelys word.)                         (Maks. 26)           (26)

 ADDISIONELE GEDEELTE
 • Inheemse kennisstelsel het baie tot kulturele toerisme bygedra deurdat kulture
    beskerm word en meer geleer word oor die spesifieke gemeenskap se
    geskiedenis. 
 • Inheemse kulture in Suid-Afrika is ŉ baie groot toeriste attraksie en dit het verskeie
    kulture bymekaar gebring. 
 • Miljoene toeriste word deur die diverse en ryk kulture in Suid-Afrika gelok. 
 • Buitelands toeriste is gefassineerd deur hul ervaring in die plaaslike pottebakkery,
    tradisionele danse, handgemaakte kunswerke, musiek, verskillende kookmetodes
    en kos. 
 • Toeriste soek egtheid en uniekheid in hul toeristebestemmings en wil die kultuur,
    geskiedenis en omgewing verstaan wat dus deur die IKS verskaf word. 
 • Toerisme-onderneming is ŉ belangrike manier om die inheemse kennis te beskerm
    en te bevorder terselfdertyd ook ŉ bron van inkomste te skep. 
 (Aanvaar enige ander relevante en korrekte antwoord.)                        (Maks. 10)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 20

20                                EKONOMIE V2                      (EC/SEPTEMBER 2023)

 SLOT
 Toerisme is ŉ breë konsep en kan veeleisend wees dog interessant wanneer dit
 met ŉ spesifieke gemeenskap verbind word.  
 (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord)                  (Maks. 2)
                                                                                 [40]

                                                      TOTAAL AFDELING C:           40
                                                          GROOTTOTAAL:            150

Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

## Related documents

- [ECONOMICS P2 MEMO GR12 SEPT2014 AFRIKAANS](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-memo-gr12-sept2014-afrikaans/f49aa136-8785-408e-90f0-b03837af7a8f) — Economics · Memo · 2014 · Afr
- [ECONOMICS P2 QP GRADE 12 JUNE 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-qp-grade-12-june-2023-afrikaans/14e460bc-51e9-4a72-a70e-bc549012de25) — Economics · QP · 2023 · Afr
- [ECON P2 GR12 QP SEPT2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/econ-p2-gr12-qp-sept2022-afrikaans/4dfd489d-79be-494e-a2cf-f0b51ee8c5e1) — Economics · QP · 2022 · Afr
- [ECONOMICS P2 QP GR12 SEPT2021 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-qp-gr12-sept2021-afrikaans/dd04c2d3-fe9a-483a-8499-6776d07f5cd2) — Economics · QP · 2021 · Afr
- [ECONOMICS P2 QP SEPT2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-qp-sept2018-afrikaans/40b8038d-eb89-4d3e-86b1-b75479d96047) — Economics · QP · 2018 · Afr
- [ECONOMICS P1 GR12 MEMO SEPT2021 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr12-memo-sept2021-afrikaans/be8a315c-3850-4a12-a242-cce45d9f946b) — Economics · Memo · 2021 · Afr

## More from Grade 12 Economics

- [ECONOMICS P2 GR12 QP JCT 2025 AFR D watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-gr12-qp-jct-2025-afr-d-watermark/3dba3588-624d-493b-bc60-00d7e2783cae) — QP · 2025 · Afr
- [Economics Grade 12 NSC P1 QP September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-12-nsc-p1-qp-september-2025-free-state/4def59dd-ebf4-4191-89e7-2b6d4609d6cc) — QP · 2025
- [Economics Grade 12 NSC P1 QP September 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-12-nsc-p1-qp-september-2025-mpumalanga/5449d7a4-548e-416d-91b4-1da462710798) — QP · 2025
- [Economics Grade 12 NSC P2 QP September 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-12-nsc-p2-qp-september-2025-mpumalanga/efbb0e99-1236-496b-bc64-5b31b3784493) — QP · 2025
- [Economics P1 May-June 2025 Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-may-june-2025-afr/e9c77643-7f83-42e3-b28d-cf84e96050ca) — QP · 2025 · Afr
- [Economics P2 May-June 2025 Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-may-june-2025-afr/4c93e067-5237-46b7-ab21-5c2cea219788) — QP · 2025 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
