# Economics Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2023 QP (Afr)

> Grade 12 Economics Paper 2 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2023 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-gr12-qp-sept-2023-afrikaans/798afaae-8da0-4390-8c75-6859a7b8305f
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Economics
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2023
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 12

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/economics) › [Economics Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2023 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-gr12-qp-sept-2023-afrikaans/798afaae-8da0-4390-8c75-6859a7b8305f)

## About this document

Economics · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2023 · Afrikaans. Question paper, 12 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

NASIONALE
                  SENIORSERTIFIKAAT

                         GRAAD 12

                   SEPTEMBER 2023

                      EKONOMIE V2

PUNTE:   150

TYD:     2 uur

                 Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye.

### Page 2

2                              EKONOMIE V2                          (EC/SEPTEMBER 2023)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.    Beantwoord VIER vrae soos volg in die ANTWOORDEBOEK:

      •   AFDELING A: VERPLIGTEND
      •   AFDELING B: Beantwoord TWEE van die drie vrae.
      •   AFDELING C: Beantwoord EEN van die twee vrae.

2.    Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
      vraestel gebruik word.

3.    Skryf die vraagnommer boaan elke antwoord neer.

4.    Lees die vrae aandagtig deur en begin ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy.

5.    Laat 2–3 reëls tussen onderafdelings van vrae oop.

6.    Beantwoord die vrae in volsinne en maak seker dat die formaat, inhoud en
      konteks van jou antwoorde aan die kognitiewe vereistes van die vrae
      voldoen.

7.    Beantwoord slegs die vereiste getal vrae. Addisionele antwoorde sal NIE
      nagesien word NIE.

8.    Gebruik slegs swart of blou ink.

9.    Jy mag ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

10.   Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 3

(EC/SEPTEMBER 2023)                               EKONOMIE V2                                   3

VRAAG A (VERPLIGTEND)

VRAAG 1                                                       30 PUNTE – 20 MINUTE

1.1     Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
        Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
        (1.1.1 tot 1.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld. 1.1.9 D.

        1.1.1    Besteding op alle produksiefaktore wat tydens die produksieproses
                 aangewend word, staan as … bekend.

                 A    totale koste
                 B    marginale koste
                 C    gemiddelde koste
                 D    vaste koste

        1.1.2    ŉ Monopolie wat op wette gebaseerd is, met die doel om ander
                 produsente van kompetisie te weerhou, word ŉ … monopolie
                 genoem.

                 A    kunsmatige
                 B    natuurlike
                 C    dominerende
                 D    eenvoudige

        1.1.3    In ŉ onvolmaakte mark word pryse langs die … -kurwe bepaal.

                 A    gemiddelde inkomste
                 B    marginale inkomste
                 C    gemiddelde veranderlike koste
                 D    gemiddelde koste

        1.1.4    ŉ Inisiatief deur die regering met die doel om armoede te verminder
                 deur inkomste verligting te verskaf deur tydelike werk te skep, is as ...
                 bekend.

                 A    kostevoordeelontleding
                 B    Openbare werke-programme
                 C    subsidie
                 D    Swart Ekonomiese Bemagtiging

        1.1.5    ŉ Voortdurende daling in die algemene prysvlakke oor ŉ langdurige
                 periode is as ... bekend.

                 A    hiperinflasie
                 B    stagflasie
                 C    deflasie
                 D    geadministreerde inflasie

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 4

4                                 EKONOMIE V2                                 (EC/SEPTEMBER 2023)

      1.1.6    Aktiwiteite waar toeriste groot argeologiese terreine besoek soos die Wieg
               van die Mensdom word na as … -toerisme verwys.

               A     ontspanning
               B     sake
               C     eko-
               D     paleo

      1.1.7    Die vasstelling van wettige beperkings op uitlaatgasse en die wettige aankla
               van besighede en individue wat nie aan hierdie beperkings voldoen nie, word
               na as … verwys.

               A     vrywillige ooreenkomste
               B     direkte beheer
               C     tegnologie en beheer
               D     bevel en beheer

      1.1.8    Die vermoë van die omgewing om ekonomiese aktiwiteite te kan oorleef word
               … genoem.

               A     die omgewing
               B     omgewingsvolhoubaarheid
               C     bewaring
               D     beskerming                                                      (8 x 2)    (16)

1.2   Kies ŉ beskrywing uit KOLOM B wat by die item in KOLOM A pas. Skryf slegs
      die letter (A–I) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.8) in die
      ANTWOORDEBOEK neer.

               KOLOM A                                    KOLOM B
      1.2.1    Marginale produk       A   ŉ Situasie waar een produsent die pryse vasstel
                                          en die ander dit as die markprys aanvaar

      1.2.2    Onvolmaakte mark       B   Werk daarin om inflasie binne die teikens te hou

      1.2.3    Prysleier              C   Hoogsgevaarlik met ŉ stadige
                                          dekompressietempo

      1.2.4    Swartmark              D   Wanneer die markprys nie die ware weer-
                                          spieëling van die skaarsheid van ŉ produk is nie

      1.2.5    Monetêre               E   Spesies sterf uit en dit kan nie omgekeer word nie
               Beleidskomitee

      1.2.6    Plaaslike toerisme     F   Die addisionele eenheid wat geproduseer word
                                          wanneer veranderlike insette met vaste insette
                                          gekombineer word

      1.2.7    Verlies aan            G   Giftig met ŉ negatiewe uitwerking op lewende
               biodiversiteit             wesens

      1.2.8    Gevaarlike afval       H   Mense wat binne hul eie land toer/reis

                                      I   Onwettige goedere word gekoop en verkoop
                                                                                     (8 x 1)        (8)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 5

(EC/SEPTEMBER 2023)                            EKONOMIE V2                                5

1.3     Gee EEN term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term
        langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.6) in die ANTWOORDEBOEK neer.
        Afkortings; akronieme en voorbeelde word NIE aanvaar NIE.

        1.3.1    Die stygende gedeelte van die marginalekoste-kurwe wat bokant die
                 minimum van die Gemiddelde koste-kurwe is

        1.3.2    Bepaal self pryse en verkoop unieke produkte

        1.3.3    Goedere wat deur een persoon verbruik word, sal nie verbruik deur ŉ
                 ander individu verminder nie

        1.3.4    ŉ Indeks wat gebruik word om allesomvattende inflasie te bereken
                 waar nominale pryse in reële pryse omgeskakel word

        1.3.5    Suid-Afrikaanse burgers wat na ander lande vir ontspanning en
                 besigheid reis

        1.3.6    Die verwydering van bome en woude vanuit die omgewing sonder om
                 dit te vervang                                           (6 x 1)        (6)

                                                            TOTAAL AFDELING A:            30

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 6

6                               EKONOMIE V2                               (EC/SEPTEMBER 2023)

AFDELING B

Beantwoord enige TWEE van die drie vrae uit hierdie afdeling in jou
ANTWOORDEBOEK.

VRAAG 2: MIKRO-EKONOMIE                                    40 PUNTE – 30 MINUTE

2.1    Beantwoord die volgende vrae.

       2.1.1    Noem enige TWEE kenmerke van die monopolisties mark.                       (2)

       2.1.2    Waarom mik besighede om maksimum wins te maak?                             (2)

2.2    Lees die onderstaande uittreksel en beantwoord die vrae wat volg.

               KOMPETISIE KONSENTRASIE EN DIE VERWYDERING VAN
                          BEPERKINGS TOT TOETREDE

       Mededingingsbeleid is gereed om die sleuteldryfkrag in ekonomiese
       hervorming in Suid-Afrika te wees. In Maart 2022 het die
       Mededingingskommissie die Suid-Afrikaanse Parlement rondom die
       Ekonomiese Konsentrasie Verslag ingelig.

       Die verslag het die patrone van konsentrasie in die Suid-Afrikaanse ekonomie
       uitgelig. Dit het die besonderhede rondom die Kommissie se mag om mark
       navrae bekend te stel oor die hoogsgekonsentreerde bedrywe en hul reg om
       strukturele oplossings vir besighede in daardie sektore te vind. Sulke
       oplossings word nodig geag om hindernisse op die toetrede van nuwe
       deelnemers, hoofsaak KMMO’s te verwyder.

                                                               [Bron: Bizcommunity.com]

       2.2.1    Identifiseer ŉ deelnemer vanuit die uittreksel wat deur toetrede-
                beperkings tot die mark geraak word.                                       (1)

       2.2.2    Noem enige ander mededingingsinstansie behalwe die een wat in die
                uittreksel genoem word.                                                    (1)

       2.2.3    Verduidelik kortliks die langtermyn periode.                               (2)

       2.2.4    Verduidelik die rol van die Mededingingskommissie.                         (2)

       2.2.5    Hoe sal besighede        deur   die   Mededingingskommissiebeleid
                bevoordeel word?                                                           (4)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 7

(EC/SEPTEMBER 2023)                                       EKONOMIE V2                                  7

2.3    Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                        INKOMSTEKROMME VAN INDIVIDUELE FIRMA

                      Prys / Inkomste

                                                                         VV
                                                         MI

                                                                        Hoeveelheid

                                                                           TI

                                                                         Hoeveelheid

       2.3.1    Identifiseer die kurwe wat gemiddelde inkomste aandui.                               (1)

       2.3.2    By watter punt word prys, in die gegewe grafiek, bepaal?                             (1)

       2.3.3    Verduidelik kortliks die term totale inkomste.                                       (2)

       2.3.4    Verduidelik die verhouding tussen marginale inkomste- en
                gemiddelde inkomstekurwes in ŉ monopolie mark.                                       (2)

       2.3.5    Bereken gemiddelde inkomste. Toon ALLE berekeninge.                                  (4)

2.4    Met behulp van ŉ grafiek verduidelik die afleiding van die vraagkurwe vir die
       individuele besigheid in ŉ volmaakte mark.                                                    (8)

2.5    Hoe kan firmas in ŉ monopolistiese mededingende mark hul markaandeel
       verhoog?                                                                                     (8)
                                                                                                   [40]

Kopiereg voorbehou                                                                    Blaai om asseblief

### Page 8

8                               EKONOMIE V2                                    (EC/SEPTEMBER 2023)

VRAAG 3: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES
                                         40 PUNTE – 30 MINUTE

3.1    Beantwoord die volgende vrae.

       3.1.1   Noem enige TWEE soorte inflasie.                                                      (2)

       3.1.2   Waarom is volhoubaarheid van die omgewing belangrik?                                  (2)

3.2    Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                           [Bron: cartoonstock.com/directory/e/ecotourism.asp]

       3.2.1    Watter manier van reis kan as omgewingsvriendelik beskou word?                       (1)

       3.2.2    Verskaf enige voorbeeld van eko-toerisme.                                            (1)

       3.2.3    Verduidelik kortliks die rede vir groei in die toerisme sektor.                      (2)

       3.2.4    Verduidelik arbeidsintensief in verhouding tot toerisme.                             (2)

       3.2.5    Hoe belangrik is die bemarking van buitelandse toerisme vir die Suid-
                Afrikaanse ekonomie?                                                                 (4)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 9

(EC/SEPTEMBER 2023)                              EKONOMIE V2                                     9

3.3    Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                      VERBRUIKERPRYSINDEKS EN GEWIGSTOEKENNING

        Groep           Gewig    Indeks Des. 2021 = 100      Persentasie verandering
                        100       Sept. Aug.     Sept.       Sept. 2021 Sept. 2021
                                  2021 2022      2022         vs. Aug.     vs. Sept.
                                                               2022          2022
        Alle items
        (VPI
        hooflyn)          100    98,7   106,0     106,1          0,1             7,5
        VPI vir alle
        goedere          48,68   98,0   108,7     108,5          -0,2            10,7
        Duursame
        goedere          7,59    99,0   103,3     103,2          -0,1            4,2
        Semi-
        duursame
        goedere          5,38    99,6   102,3     102,8          0,5             3,2
        Nie-
        duursame
        goedere          35,71   97,6   110,7     110,2          -0,5            12,9
        Dienste          51,32   99,4   103,3     103,7           0,4             4,2
                                            [Aangepas uit statssa/publications/September 2022]

       3.3.1     Identifiseer enige EEN voorbeeld van ŉ item wat vanuit die VPI-mandjie
                 uitgesluit word.                                                                    (1)

       3.3.2     Vanuit die bostaande tabel, watter tipe goed het meer gewig?                        (1)

       3.3.3     Verduidelik kortliks die term verbruikerprysindeks.                                 (2)

       3.3.4     Verduidelik kortliks die impak van koste-druk-inflasie op die ekonomie.             (2)

       3.3.5     Bereken die inflasiekoers vir alle goedere vir die periode September
                 2021 tot September 2022.                                                            (4)

3.4    Onderskei tussen bewaring en beskerming as kreatiewe maniere om die
       voortbestaan en funksionering van die omgewing te verseker.                                   (8)

3.5    Analiseer die belangrikheid daarvan om gewigte aan ŉ mandjie goedere en
       dienste toe te ken.                                                                        (8)
                                                                                                 [40]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 10

10                              EKONOMIE V2                                (EC/SEPTEMBER 2023)

VRAAG 4:       MIKRO-EKONOMIE EN KONTEMPORÊRE EKONOMIESE
               KWESSIES                 40 PUNTE – 30 MINUTE

4.1    Beantwoord die volgende vrae.

       4.1.1    Noem enige TWEE soorte besoedeling.                                           (2)

       4.1.2    Waarom maak ŉ monopolie ekonomiese wins op die langtermyn.                    (2)

4.2    Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                     SAMESPANNING IN ’N OLIGOPOLIE MARK

       Twee firmas deel die mark waar hulle alreeds saamspan en hoë pryse
       handhaaf. Elke firma kan besluit om nie meer saam te span nie en sodoende
       ŉ prysoorlog veroorsaak om hul markaandeel te verhoog of selfs vir die
       ander om uit die mark te tree. Indien altwee bereid is om saam te span kry
       beide 5,5. Indien een van hulle besluit om ŉ prysoorlog te begin sal hulle
       onderskeidelik 4,3 en 3,4 ontvang afhangend van wie die prysoorlog begin
       het.
                                                               [Bron: policonomics.com]

       4.2.1    Identifiseer die gevolg van pryskompetisie in ŉ oligopolie.                   (1)

       4.2.2    Noem enige soort samespanning.                                                (1)

       4.2.3    Verduidelik kortliks nie-prys-kompetisie.                                     (2)

       4.2.4    Verduidelik die implikasies van ŉ geknakte vraagkurwe.                        (2)

       4.2.5    Hoe sal kleiner sakeondernemings / nuwe besighede in ŉ oligopolie
                deur pryskompetisie geraak word?                                              (4)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 11

(EC/SEPTEMBER 2023)                              EKONOMIE V2                                    11

4.3     Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

         STYGENDE INFLASIE BRING ’N WAARNEEMBARE DALING IN RËELE
                                   LONE

        Die ernstige inflasiekrisis tesame met ŉ globale verlangsamings in
        ekonomiese groei – wat aangedryf word deur die oorlog in Oekraine en die
        globale energiekrisis veroorsaak ŉ noemenswaardige afname in die
        maandelikse reële lone in baie lande.

        Hierdie krisis verlaag die koopkrag van die middelklasse en veral lae-inkomste
        huishoudings word baie hard geslaan.

        Globale maandelikse lone het in werklike terme tot minus 0,9% in die eerste
        helfte van 2022 geval. Dit het miljoene werkers in ŉ benarde posisie geplaas
        soos hulle toenemende onsekerheid in die gesig staar.

                                                        [Bron: ilo.org/global/newsroom.com]

        4.3.1    Identifiseer die afname in lone in werklike terme.                            (1)

        4.3.2    Noem enige kategorie huishoudings wat deur verhoogde inflasie
                 geraak word.                                                                  (1)

        4.3.3    Beskryf die term inflasie.                                                    (2)

        4.3.4    Verduidelik die gevolge van inflasie op debiteure.                            (2)

        4.3.5    Watter invloed het inflasie op lae-inkomste verdieners?                       (4)

4.4     Bespreek kortliks die toetrede tot die mark en aard van die produk in ŉ
        volmaakte mark.                                                                        (8)

4.5     Hoe beste kan die Suid-Afrikaanse Reserwebank koste-druk-inflasie
        verminder.                                                                             (8)
                                                                                              [40]

                                                              TOTAAL AFDELING B:                80

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 12

12                             EKONOMIE V2                              (EC/SEPTEMBER 2023)

AFDELING C

Beantwoord EEN van die twee vrae uit hierdie afdeling in jou ANTWOORDEBOEK.

Jou antwoord sal as volg geassesseer word.

                                                                      PUNTE-
                     STRUKTUUR VAN OPSTEL
                                                                    TOEKENNING
Inleiding
Die inleiding is ŉ laerorde-antwoord
• ŉ Goeie begin is om ŉ sleutelkonsep wat met die vraag verband
   hou, te definieer of te omskryf.
• Moenie enige deel van die vraag by die inleiding insluit nie.        Maks. 2
• Moenie enige gedeelte van die inleiding by die liggaam insluit
   nie.
 • Vermy dit om in die inleiding te sê wat jy in die liggaam gaan
   bespreek.
Liggaam
Hoofgedeelte: Bespreek in detail/In-diepte bespreking/                 Maks. 26
Ondersoek/Bespreek krities/Ontleed Analiseer/Vergelyk/
Evalueer/Onderskei/Verduidelik
Bykomende gedeelte: Gee eie opinie/Bespreek krities/Evalueer/
Evalueer krities/Teken ŉ grafiek en verduidelik/Gebruik die
gegewe grafiek en verduidelik/Voltooi die gegewe
grafiek/Bereken/Lei af/ Vergelyk/ Verduidelik/Onderskei/
Interpreteer/Debatteer kortliks/Hoe/Stel voor                          Maks. 10
Slot
Enige hoërorde-slot behoort die volgende in te sluit:
• ŉ Kort samevatting van dit wat bespreek is, sonder van enige
    feite wat reeds genoem is, te herhaal
• Enige opinie of waardeoordeel oor die bespreekte feite
• Addisionele ondersteunende inligting om bespreking/ontleding
    te versterk
• ŉ Teenstrydige sienswyse met motivering, indien vereis
• Aanbevelings                                                         Maks. 2
TOTAAL                                                                   40

VRAAG 5: MIKRO-EKONOMIE                                   40 PUNTE – 40 MINUTE

•    Bespreek in detail die oorsake van markmislukkings.                 (26 punte)
•    Ondersoek die impak van inkomste ongelykheid op die ekonomie.      (10 punte) [40]

VRAAG 6: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES
                                        40 PUNTE – 40 MINUTE

•    Bespreek in detail die voordele van toerisme.                       (26 punte)
•    Ontleed die belangrikheid van die inheemse kennisstelsel in die versterking
     van Suid-Afrika se toerisme-profiel.                                (10 punte)    [40]

                                                           TOTAAL AFDELING C:           40
                                                               GROOTTOTAAL:            150

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

## Related documents

- [ECONOMICS P2 QP GRADE 12 JUNE 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-qp-grade-12-june-2023-afrikaans/14e460bc-51e9-4a72-a70e-bc549012de25) — Economics · QP · 2023 · Afr
- [ECON P2 GR12 QP SEPT2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/econ-p2-gr12-qp-sept2022-afrikaans/4dfd489d-79be-494e-a2cf-f0b51ee8c5e1) — Economics · QP · 2022 · Afr
- [ECONOMICS P2 QP GR12 SEPT2021 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-qp-gr12-sept2021-afrikaans/dd04c2d3-fe9a-483a-8499-6776d07f5cd2) — Economics · QP · 2021 · Afr
- [ECONOMICS P2 QP SEPT2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-qp-sept2018-afrikaans/40b8038d-eb89-4d3e-86b1-b75479d96047) — Economics · QP · 2018 · Afr
- [ECONOMICS P2 MEMO GR12 JUNE 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-memo-gr12-june-2023-afrikaans/3493f088-0531-43e0-b777-da84a7b24ab5) — Economics · Memo · 2023 · Afr
- [ECONOMICS P2 MEMO GR12 SEPT2014 AFRIKAANS](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-memo-gr12-sept2014-afrikaans/f49aa136-8785-408e-90f0-b03837af7a8f) — Economics · Memo · 2014 · Afr

## More from Grade 12 Economics

- [Economics P2 Memo Afr watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-memo-afr-watermark/c9d66fa3-0b40-419d-a6f6-d862847d4e82) — Memo · 2025 · Afr
- [Economics P2 May-June 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-may-june-2025-mg-afr/4cc1190f-9c0a-43ea-98bc-3252875816a9) — Memo · 2025 · Afr
- [ECONOMICS QP.P1 GR 12 JUNE 2024 (Backup papers)](https://www.hlayiso.com/library/economics-qp-p1-gr-12-june-2024-backup-papers/cb8af277-aab9-4fba-8e76-5924dcaf1941) — QP · 2024
- [ECONOMICS P1 GR12 QP JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr12-qp-june-2024-afrikaans/c346a16c-1f30-4d4f-bcd0-fc46002d1c9d) — QP · 2024 · Afr
- [ECONOMICS P1 GR12 MEMO SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr12-memo-sept-2024-afrikaans/4e5fd6f8-b056-49dd-befb-68b8106fad9c) — Memo · 2024 · Afr
- [ECONOMICS P1 GR12 QP SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr12-qp-sept2024-afrikaans/8c1cb29b-6587-4828-ae16-d72e2952b976) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
