# Economics Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2025 QP (Afr)

> Grade 12 Economics Paper 2 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2025 (Afrikaans), 13 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-gr12-qp-sept2025-afrikaans-watermark/2ef79805-c475-4320-86db-5819e788bdd8
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Economics
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2025
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 13

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/economics) › [Economics Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2025 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-gr12-qp-sept2025-afrikaans-watermark/2ef79805-c475-4320-86db-5819e788bdd8)

## About this document

Economics · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2025 · Afrikaans. Question paper, 13 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

NASIONALE
                        SENIOR SERTIFIKAAT

                                GRAAD 12

                        SEPTEMBER 2025

                            EKONOMIE V2

PUNTE:     150

TYD:       2 uur

                   Hierdie vraestel bestaan uit 13 bladsye.

       Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 2

2                                       EKONOMIE V2                     (EC/SEPTEMBER 2025)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.   Beantwoord VIER vrae soos volg in die ANTWOORDEBOEK:

     •   AFDELING A: VERPLIGTEND
     •   AFDELING B: Beantwoord TWEE van die drie vrae.
     •   AFDELING C: Beantwoord EEN van die twee vrae.

2.   Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
     vraestel gebruik is.

3.   Skryf die nommer van die vraag boaan elke antwoord neer.

4.   Lees die vrae aandagtig deur en begin elke vraag op ŉ NUWE bladsy.

5.   Laat 2–3 reëls tussen onderafdelings van vrae oop.

6.   Beantwoord die vrae in volsinne en maak seker dat die formaat, inhoud en
     konteks van jou antwoorde aan die kognitiewe vereistes van die vrae voldoen.

7.   Beantwoord slegs die vereiste aantal vrae. Addisionele antwoorde sal NIE
     nagesien word NIE.

8.   Gebruik slegs swart of blou ink.

9.   Jy mag ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

10. Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief
     Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 3

(EC/SEPTEMBER 2025)                       EKONOMIE V2                                      3

AFDELING A (VERPLIGTEND)                                  30 PUNTE – 20 MINUTE

VRAAG 1

1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
    Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
    (1.1.1 tot 1.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.9 D.

     1.1.1    Die inkomste verkry uit die verkoop van een bykomende eenheid van ŉ
              produk word … inkomste genoem.

              A       maksimum
              B       gemiddelde
              C       marginale
              D       totale

     1.1.2    Meganisme wat kopers en verkopers van goedere en dienste
              bymekaar bring:

              A       Mark
              B       Markmislukking
              C       Doeltreffendheid
              D       Toerisme

     1.1.3    Winsmaksimering is waar die vertikale afstand tussen … en TK die
              grootste is.

              A       TFC
              B       TVK
              C       MK
              D       TI

     1.1.4    ŉ Markingryping wat die produksiekoste vir die produsente verlaag,
              staan as ŉ ... bekend.

              A       tarief
              B       belasting
              C       oordrag
              D       subsidie

     1.1.5    Die VPIX-indeks is die inflasiekoers wat rentekoerse op … lenings
              uitsluit.

              A       munisipale
              B       regerings
              C       verband
              D       tesourie

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief
      Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 4

4                                    EKONOMIE V2                        (EC/SEPTEMBER 2025)

     1.1.6   ŉ Plek wat deur UNESCO gelys word as ŉ plek wat spesiale kulturele
             of fisiese belangrikheid inhou, word ŉ ... genoem.

             A       Departement van Toerisme
             B       Wêrelderfenisterrein
             C       Superieurstruktuur
             D       Wêreldbank

     1.1.7   Die konstante daling in die algemene prysvlak word ... genoem.

             A       deflasie
             B       rentekoers
             C       hiperinflasie
             D       kerninflasie

     1.1.8   ŉ Suid-Afrikaner wat na Frankryk reis om na die Wêreldbeker-
             rugbytoernooi te kyk, is ŉ voorbeeld van ŉ … toeris.

             A       mediese
             B       besigheids
             C       uitgaande
             D       inkomende                                                 (8 x 2)   (16)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief
     Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 5

(EC/SEPTEMBER 2025)                      EKONOMIE V2                                        5

1.2 Kies ŉ beskrywing uit KOLOM B wat by ŉ item in KOLOM A pas. Skryf slegs
    die letter (A–I) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.8) in die
    ANTWOORDEBOEK neer.

                KOLOM A                               KOLOM B
     1.2.1    Minimum loon           A   ŉ kromme met ŉ boonste elastiese
                                         gedeelte en ŉ onderste onelastiese
                                         gedeelte

     1.2.2    Toerisme               B   die markprys waarteen die hoeveelheid
                                         goedere aangebied gelyk is aan die
                                         hoeveelheid goedere gevra

     1.2.3    Geknikte vraagkromme C     die laagste bedrag van vergoeding wat
                                         van ŉ werkgewer vereis word om werkers
                                         te betaal vir die werk wat gedurende ŉ
                                         gegewe tydperk verrig is

     1.2.4    Biodiversiteit         D   aktiwiteite van mense wat buite hul
                                         gewone plekke vir ontspanning, besigheid
                                         of sport reis

     1.2.5    Ewewigsprys            E   ŉ maatstaf van die koers van die
                                         verandering in pryse van produkte wat
                                         verkoop word wanneer hulle die fabriek
                                         verlaat

     1.2.6    Produsenteprysindeks   F   betaling gemaak deur die regering aan
                                         besighede om aktiwiteite te verminder
                                         wat negatiewe eksternaliteite op die
                                         omgewing veroorsaak

     1.2.7    Stagflasie             G   die verskeidenheid plant- en dierelewe in
                                         ŉ bepaalde habitat

     1.2.8    Omgewingsubsidie       H   die vermoë van die omgewing om
                                         haarself vir toekomstige ekonomiese
                                         aktiwiteite te onderhou
                                     I   lae groei, hoë werkloosheid en hoë
                                         inflasiekoerse vind gelyktydig plaas
                                                                                (8 x 1)   (8)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief
      Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 6

6                                    EKONOMIE V2                        (EC/SEPTEMBER 2025)

1.3 Gee EEN term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term langs
    die vraagnommers (1.3.1. tot 1.3.6.) in die ANTWOORDEBOEK neer.
    Afkortings, akronieme en voorbeelde sal NIE aanvaar word NIE.

     1.3.1   ŉ Tegniek wat deur die regering gebruik word om maatskaplike voordele
             met sosiale koste te vergelyk

     1.3.2   ŉ Instituut wat beperkende sakepraktyke en misbruik van dominante
             posisies ondersoek

     1.3.3   Privaat koste plus eksterne koste

     1.3.4   Onaangepaste VPI wat slegs vir stedelike gebiede bereken word

     1.3.5   Die bekendstelling van afval in die omgewing

     1.3.6   Die proses om die hulpbronne wat niehernubaar is, ongeskonde te hou
                                                                          (6 x 1)      (6)

                                                            TOTAAL AFDELING A:         30

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief
     Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 7

(EC/SEPTEMBER 2025)                         EKONOMIE V2                                     7

AFDELING B

Beantwoord enige TWEE van die drie vrae uit hierdie afdeling in die
ANTWOORDEBOEK.

VRAAG 2: MIKRO-EKONOMIE                                         40 PUNTE – 30 MINUTE

2.1 Beantwoord die volgende vrae.

     2.1.1    Noem enige TWEE voorbeelde van produkte wat deur volmaakte
              mededingers verkoop word.                                  (2 x 1)           (2)

     2.1.2    Hoe dra die onvolmaakte verspreiding van inkomste en welvaart tot
              markmislukkings by?                                             (1 x 2)      (2)

2.2 Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

     2.2.1    Identifiseer die markstruktuur in die grafiek hierbo.                        (1)

     2.2.2    Identifiseer die aanbodkromme in die grafiek hierbo.                         (1)

     2.2.3    Beskryf kortliks die term homogene produkte.                                 (2)

     2.2.4    Wanneer sal ŉ firma in hierdie mark sy bedrywighede sluit?                   (2)

     2.2.5    Gebruik die grafiek hierbo om die tipe wins wat hierdie firma maak, te
              bepaal. Toon AL die berekeninge.                                  (2 x 2)    (4)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief
      Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 8

8                                     EKONOMIE V2                           (EC/SEPTEMBER 2025)

2.3 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

      DIE SUID-AFRIKAANSE MEDIESE SKEMA-MARK─ ’N VOORBEELD VAN
                    STAATSGESKEPTE MARKMISLUKKING

     Die Suid-Afrikaanse mediese skemas mark is van groot belang vanuit ŉ
     ekonoom se perspektief vir die twee redes.

     Pareto, ŉ Italiaanse ingenieur, het ŉ bietjie vlees op daardie bene gesit deur uit
     te wys dat die optrede van sommige, onwillekeurige koste op ander kan oplê;
     of soos dit gewoonlik deur ekonome gesê word, dwing eksternaliteite op ander
     af.

     Ekonome kan ŉ algemene verduideliking vir regeringsingryping bied. Regerings
     is geregverdig om in markte in te gryp om markmislukking uit te skakel. Nadat
     daardie stelling gemaak is, kan dit dan gesê word dat dit nie die verduideliking is
     vir die ingryping in die Suid-Afrikaanse mediese skemas mark nie.

                                                    [Aangepas uit: www.bizcommunity.com]

     2.3.1   Identifiseer die oorsaak van markmislukking uit die uittreksel hierbo.         (1)

     2.3.2   Noem enige EEN kenmerk van openbare goedere.                                   (1)

     2.3.3   Beskryf kortliks die term markmislukking.                                      (2)

     2.3.4   Verduidelik grondrestitusie as ŉ regstellingsmetode om inkomste en
             welvaart te herverdeel.                                                        (2)

     2.3.5   Hoekom is markte onwillig om openbare goedere te produseer? (2 x 2)            (4)

2.4 Onderskei, sonder om grafieke te gebruik, die vraagkromme van volmaakte
    mededinger met die van oligopolie.                                  (4 x 2)             (8)

2.5 Verduidelik die impak van produktiewe ondoeltreffendheid op die koste en
    mededingendheid van ŉ besigheid.                                       (4 x 2)          (8)
                                                                                           [40]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief
     Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 9

(EC/SEPTEMBER 2025)                         EKONOMIE V2                                           9

VRAAG 3: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES
                                                                 40 PUNTE – 30 MINUTE

3.1 Beantwoord die volgende vrae.

     3.1.1    Noem enige TWEE inheemse kunsvorme in Suid-Afrika.                     (2 x 1)     (2)

     3.1.2    Hoe veroorsaak uitvoer verdienste vraagtrekinflasie?                    (2 x 1)    (2)

3.2 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

      WÊRELD BURGER WETENSKAPLIKES GRAWE DIT UIT: OPGRAWE VAN
                       SA SE PALEO-TOERISME

     Stel jou voor, versigtig grawe rondom ŉ stuk been wat uit die aarde steek. As ons
     daardie een fossiel vind, wat die vermiste stuk in ŉ yslike, groot menslike
     voorouer-legkaart is.
     Paula, wat van Ierland is, is aan die onderkant van ŉ uitgrawingsput in die Wieg
     van die Mensdom se UNESCO Wêrelderfenisterrein naby Johannesburg in
     Gauteng, waar sowat 40% van Afrika se menslike voorouer fossiele gevind is. Sy
     is deel van ŉ groep van ses internasionale toeriste op ŉ paleo-safari.
                                                       [Aangepas uit: www.dailymaverick.co.za]

     3.2.1    Identifiseer die tipe toerisme wat in die uittreksel hierbo genoem word.            (1)

     3.2.2    Noem enige EEN Wêrelderfenisterrein.                                                (1)

     3.2.3    Beskryf kortliks die term transito-toeris.                                          (2)

     3.2.4    Waarom is misdaadvoorkoming belangrik vir die groei van toerisme in
              Suid-Afrika?                                                                        (2)

     3.2.5    Hoe kan toerisme die omgewing negatief beïnvloed?                       (2 x 2)     (4)

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief
      Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 10

10                                     EKONOMIE V2                             (EC/SEPTEMBER 2025)

3.3 Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                                               [Bron: Forbesindia.com]

     3.3.1   Identifiseer die oorsaak van inflasie in die grafiek hierbo.                  (1)

     3.3.2   Noem die tipe inflasie wat hoë, onbestendige pryse uitsluit.                  (1)

     3.3.3   Beskryf kortliks die term allesomvattende inflasie.                           (2)

     3.3.4   Beskryf die effek van inflasie op industriële onrus.                          (2)

     3.3.5   Verduidelik die effek van inflasionêre verwagtinge op produsente.             (4)

3.4 Onderskei tussen fiskale maatreëls en monetêre maatreëls wanneer inflasie
    bekamp word.                                                                           (8)

3.5 Hoe kan binnelandse toerisme in Suid-Afrika bevorder word?                 (4 x 2)      (8)
                                                                                           [40]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief
     Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 11

(EC/SEPTEMBER 2025)                         EKONOMIE V2                                         11

VRAAG 4: MIKRO-EKONOMIE EN KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES
                                          40 PUNTE – 30 MINUTE

4.1 Beantwoord die volgende vrae.

     4.1.1    Noem enige TWEE tipes verbruikersinflasie.                            (2 x 1)     (2)

     4.1.2    Waarom sal die gemiddelde langtermynkoste daal namate uitset oortyd
              toeneem?                                                                          (2)

4.2 Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

         EKONOMIESE IMPAK VAN DIE TOERISME SEKTOR: TOERISME IS ’N
            SLEUTEL EKONOMIESE DRYWER EN IS BESIG OM TE STYG

     Die toerisme sektor word dikwels oor die hoof gesien as ŉ belangrike ekonomiese
     sektor, tog is dit ŉ beduidende bydraer en drywer van ekonomiese groei en
     werkskepping.

                                                           [Aangepas uit www.southafrica.net]

     4.2.1    Identifiseer die effek van toerisme in die grafiek hierbo.                        (1)

     4.2.2    Noem enige EEN rede vir toerismegroei in Suid-Afrika.                             (1)

     4.2.3    Beskryf kortliks die konsep ekotoerisme.                                          (2)

     4.2.4    Verduidelik die effek van die depresiasie van die rand op buitelandse
              toerisme.                                                                         (2)

     4.2.5    Hoe kan inheemse kennisstelsels ŉ bydrae tot die bevordering van
              toerisme lewer?                                                                   (4)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief
      Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 12

12                                     EKONOMIE V2                       (EC/SEPTEMBER 2025)

 4.3 Bestuder die prente hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

              REDES VIR MARKMISLUKKINGS – ONTBREKENDE MARKTE

                     PRENT A                                PRENT B

                     PRENT C                                PRENT D

      4.3.1    Identifiseer merietegoedere in die prente hierbo.                        (1)

      4.3.2    Noem die goedere wat deur die mark oorvoorsien word.                     (1)

      4.3.3    Beskryf kortliks die term eksternaliteite.                               (2)

      4.3.4    Waarom word merietegoedere deur die mark ondervoorsien?                  (2)

      4.3.5    Hoe kan die regering die verbruik van demeriete goedere ontmoedig?
                                                                            (2 x 2)     (4)

 4.4 Bespreek die toename in huishoudelike verbruik as ŉ oorsaak van vraagtrek-
     inflasie.                                                          (4 x 2)         (8)

 4.5 Hoe bevoordeel die Mededingingswet die Suid-Afrikaanse ekonomie?         (4 x 2)    (8)
                                                                                        [40]

                                                               TOTAAL AFDELING B:       80

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief
     Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 13

(EC/SEPTEMBER 2025)                      EKONOMIE V2                                       13

AFDELING C
Beantwoord EEN van die twee vrae uit hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK.

Jou antwoord sal soos volg geassesseer word.

                                                                           PUNTE-
                      STRUKTUUR VAN OPSTEL
                                                                         TOEKENNING
Inleiding
Die inleiding is ŉ laerorde-antwoord.
• ŉ Goeie beginpunt sal wees om die sleutelkonsep wat met die
   vraag verband hou, te definieer of te omskryf.
• MOENIE enige deel van die vraag by jou inleiding insluit NIE.
• MOENIE enige deel van die inleiding in die liggaam herhaal NIE.
• Vermy om in die inleiding te sê wat jy in die liggaam gaan bespreek.     Maks. 2
Liggaam
Hoofdeel: Bespreek in detail/In-diepte bespreking/Ondersoek/               Maks. 26
Bespreek krities/Ontleed/Vergelyk/Evalueer/Onderskei/Differensieer/
Verduidelik

Addisionele deel: Gee eie opinie/Bespreek krities/Evalueer/
Evalueer krities/Teken ŉ grafiek en verduidelik/Gebruik gegewe
grafiek en verduidelik/ Voltooi die gegewe grafiek/Bereken/Lei af/
Vergelyk/Verduidelik/Onderskei/Interpreteer/Debatteer kortliks/Hoe/
Stel voor                                                                  Maks. 10
Slot
Enige hoërorde slot behoort die volgende in te sluit:
• ŉ Kort opsomming van wat alreeds bespreek is, sonder om feite
    wat reeds genoem is te herhaal
• Enige mening of waardeoordeel oor die feite wat bespreek is
• Bykomende ondersteuningsinligting wat die bespreking/analise
    versterk
• ŉ Teenstrydige sienswyse met motivering, indien gevra
• Aanbevelings                                                             Maks. 2
TOTAAL                                                                       40

VRAAG 5: MIKRO-EKONOMIE                                    40 PUNTE – 40 MINUTE

•   Bespreek in detail monopolie as ŉ markstruktuur.                   (26 punte)
•   Waarom misluk Suid-Afrikaanse monopolieë daarin om die tipiese langtermyn-
    ewewigsposisie van ŉ monopolie te bereik nie?                       (10 punte)        [40]

VRAAG 6: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES
                                                            40 PUNTE – 40 MINUTE

•   Bespreek in detail die omgewingsprobleme en die belangrikste internasionale
    maatreëls wat geneem is om volhoubare ontwikkeling te verseker       (26 punte)
•   Bespreek krities waarom die mark misluk om omgewingsvolhoubaarheid te
    verseker.                                                            (10 punte)       [40]

                                                             TOTAAL AFDELING C:             40
                                                                 GROOTTOTAAL:              150

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief
      Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

## Related documents

- [ECON P2 GR12 QP SEPT2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/econ-p2-gr12-qp-sept2022-afrikaans/4dfd489d-79be-494e-a2cf-f0b51ee8c5e1) — Economics · QP · 2022 · Afr
- [ECONOMICS P2 QP GR12 SEPT2021 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-qp-gr12-sept2021-afrikaans/dd04c2d3-fe9a-483a-8499-6776d07f5cd2) — Economics · QP · 2021 · Afr
- [ECONOMICS P2 QP SEPT2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-qp-sept2018-afrikaans/40b8038d-eb89-4d3e-86b1-b75479d96047) — Economics · QP · 2018 · Afr
- [Economics P2 May-June 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-may-june-2025-mg-afr/4cc1190f-9c0a-43ea-98bc-3252875816a9) — Economics · Memo · 2025 · Afr
- [ECONOMICS P2 MEMO GR12 SEPT2014 AFRIKAANS](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-memo-gr12-sept2014-afrikaans/f49aa136-8785-408e-90f0-b03837af7a8f) — Economics · Memo · 2014 · Afr
- [ECONOMICS P1 GR12 QP SEPT2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr12-qp-sept2017-afrikaans/5e40d41d-6537-4b4d-9803-062fd519c72e) — Economics · QP · 2017 · Afr

## More from Grade 12 Economics

- [Economics P2 Memo Afr watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-memo-afr-watermark/c9d66fa3-0b40-419d-a6f6-d862847d4e82) — Memo · 2025 · Afr
- [ECONOMICS QP.P1 GR 12 JUNE 2024 (Backup papers)](https://www.hlayiso.com/library/economics-qp-p1-gr-12-june-2024-backup-papers/cb8af277-aab9-4fba-8e76-5924dcaf1941) — QP · 2024
- [ECONOMICS P1 GR12 QP JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr12-qp-june-2024-afrikaans/c346a16c-1f30-4d4f-bcd0-fc46002d1c9d) — QP · 2024 · Afr
- [ECONOMICS P1 GR12 MEMO SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr12-memo-sept-2024-afrikaans/4e5fd6f8-b056-49dd-befb-68b8106fad9c) — Memo · 2024 · Afr
- [ECONOMICS P1 GR12 QP SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr12-qp-sept2024-afrikaans/8c1cb29b-6587-4828-ae16-d72e2952b976) — QP · 2024 · Afr
- [ECONOMICS P2 QP SEPT FINAL 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-qp-sept-final-2024-afrikaans/f341d75d-5790-4f3a-a3d5-07b296615d67) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
