# Economics Grade 12 Paper 2 NSC June 2015 Memo (Afrikaans)

> Grade 12 Economics Paper 2 memorandum from the NSC June Exam 2015 (Afrikaans), 20 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-june-july-2015-memo-afr/5afa4894-3b89-4ecb-a614-4674339826f6
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Economics
- Grade: Grade 12
- Document type: Memorandum
- Year: 2015
- Exam period: NSC June Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 20

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/economics) › [Economics Grade 12 Paper 2 NSC June 2015 Memo (Afrikaans)](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-june-july-2015-memo-afr/5afa4894-3b89-4ecb-a614-4674339826f6)

## About this document

Economics · Grade 12 · NSC June Exam · 2015. Memorandum, 20 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                      SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                                    EKONOMIE V2

                                         2015

                                   MEMORANDUM

                                                                    PUNTE: 150

                      Hierdie memorandum bestaan uit 20 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                    2                                      DBE/2015
                                       SSE – Memorandum

AFDELING A (VERPLIGTEND)

VRAAG 1

1.1      MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

         1.1.1        B – eksterne 
         1.1.2        C – kopers en verkopers 
         1.1.3        A – minder teen 'n hoër 
         1.1.4        C – daal 
         1.1.5        C – arbeids 
         1.1.6        A – marginale 
         1.1.7        B – biodiversiteitsverlies 
         1.1.8        A – monetêre                                                (8 x 2)         (16)

1.2      PAS-ITEMS

         1.2.1        I – Die getal eenhede wat gedurende 'n sekere tyd geproduseer
                          word 
         1.2.2        C – Die positiewe verskil tussen totale inkomste en totale koste 
         1.2.3        E – Negatiewe of positiewe derdeparty-effekte 
         1.2.4        G – Sluit items met hoogs wisselvallige pryse uit die VPI-mandjie
                          uit 
         1.2.5        H – Rede vir groei in toerisme 
         1.2.6        A – Volhoubare bestuur en gebruik van hulpbronne 
         1.2.7        D – Handelsmerke speel 'n belangrike rol in die bepaling van
                          kliëntlojaliteit 
         1.2.8        B – Toelae en pensioene                                      (8 x 1)         (8)

1.3      IDENTIFISEER DIE TERM

         1.3.1        Nie-prys-mededinging 
         1.3.2        Vaste koste (VK) 
         1.3.3        Publieke goedere / openbare goedere 
         1.3.4        Stagflasie 
         1.3.5        Inkomende toeriste / Internasionale toerisme 
         1.3.6        Aardverwarming / Kweekhuiseffek                              (6 x 1)         (6)

                                                                  TOTAAL AFDELING A:                30

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                    3                                    DBE/2015
                                       SSE – Memorandum

AFDELING B

Beantwoord TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK.

VRAAG 2:             MIKRO-EKONOMIE

2.1      Beantwoord die volgende vrae:

         2.1.1        Noem enige TWEE instansies in Suid-Afrika wat anti-
                      mededingende gedrag reguleer.

                      •   Mededingingskommissie 
                      •   Mededingingstribunaal 
                      •   Mededingingsappélhof                            (Enige 2 x 1)          (2)

         2.1.2        Watter invloed het BTW op die berekening van VPI
                      (Verbruikersprysindeks) en PPI (Produsente prysindeks)?

                      •   VPI neem toe / BTW is ingesluit  Geen effek op PPI / BTW
                          word uitgesluit                                       (1 x 2)          (2)

2.2      Datarespons

         2.2.1        Wat is die sigbare verband tussen die MK en GK kurwes?

                      Die MK-kurwe sny die GK-kurwe op sy minimumpunt 
                      (Aanvaar enige verduideliking van die verwantskap)C                         (2)

         2.2.2        Definieer die term ekonomiese verlies.

                      As 'n besigheid se gemiddelde koste die prys oorskry (totale koste
                      is meer as totale inkomste)  OF MK > MI                                 (2)

         2.2.3        Hoekom is die vraagkurwe van die individuele produsent
                      horisontaal (plat)?

                      Produsente is prysnemers – verkoop alle hoeveelhede teen
                      dieselfde prys                                                            (2)

         2.2.4        Bereken die ekonomiese verlies. Toon ALLE berekeninge.

                      15 x 100 = 1 500 koste 
                      10 x 100 = 1 000 Inkomste 
                      Daarom is die ekonomiese verlies = 1 000 – 1 500 = -500 
                                                    OF
                      R10 – R15  = -R5 
                      50 x -R5     = -R250                                                      (4)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                    4                                        DBE/2015
                                       SSE – Memorandum

2.3      Datarespons

         2.3.1        Watter tipe bedrywe         word    volgens    die   uittreksel     as
                      oligopolisties beskou?

                      •   Farmaseutiese maatskappye 
                      •   Slimfoon maatskappye                                    (2 x 1)         (2)

         2.3.2        Definieer die term oligopolie.

                      Dis 'n markstruktuur waar 'n klein aantal groot verkopers die mark
                      oorheers                                                                   (2)

         2.3.3        Hoekom is dit vir hierdie maatskappye                belangrik     om
                      handelsmerke vir hul produkte sal hê?

                      •   Om kopiëring van produkte te voorkom 
                      •   Om te keer dat ander die mark betree                                   (2)

         2.3.4        Hoe verskil kartelle en prysleierskap rakende die manier
                      waarop pryse gemanipuleer word?

                      •   By prysleierskap bepaal die dominante firma die prys en ander
                          besighede volg dikwels (stilswyende samespanning) 
                      •   In 'n kartel sal die besighede amptelik ontmoet en op 'n prys vir
                          hul produkte ooreenkom (openlike/formele samespanning) 
                                                                                    (2 x 2)        (4)

2.4      Wat is die doelwitte van die Wet op Mededinging, 1998 (Wet 89 van 1998)
         in Suid-Afrika?

         •    Om alle Suid-Afrikaners gelyke geleenthede te bied om billik aan die
              ekonomie deel te neem 
         •    Om sekere handelspraktyke soos prysvasstelling te beperk 
         •    Om die oordrag van ekonomiese eienaarskap in lyn met publieke belang
              te reguleer 
         •    Stig onafhanklike instellings om ekonomiese mededinging te monitor 
         •    Skep 'n groter vermoë en omgewing vir Suid-Afrikaners om doeltreffend
              internasionaal mee te ding 
              (Aanvaar enige ander relevante antwoorde)                 (Enige 4 x 2)              (8)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                    5                                           DBE/2015
                                       SSE – Memorandum

2.5      Verduidelik met behulp van 'n grafiek, hoekom marginale koste aan
         marginale inkome gelyk moet wees om winste te maksimeer.

                Prys                                                     MK

                          Maksimum
                             wins
                          MI=MK                                  MI < MK 

                                                                               P=GI=MI
                  8
                           MI > MK 
                                                                          Puntetoekenning
                                                      Benoeming van asse: 1 punt
                                                      Korrekte trek en benoem van MK-kurwe: 1 punt
                                                      Korrekte trek en benoem van MI-kurwe: 1 punt
                                                      Aandui van winsmaksimeringspunt (MI=MK): 2 punte
                                                      Aandui van MI>MK: 1 punt
                                                      Aandui van MI<MK: 1 punt               MAKS 6 PUNTE

                      0                       100                      Hoeveelheid
         (Aanvaar grafieke vir die onvolmaakte mark wat die MK en MI kurwes toon)

         Die besigheid maksimeer wins waar MK = MI 
         • As die besigheid minder as die gemiddelde inkomste (GI) produseer, sal
             die marginale inkomste verkry hoër wees as die marginale koste 
             Daarom het die besigheid geleentheid om sy winsvlak te verbeter
             (MI>MK) 
         • Indien die besigheid bo die gemiddelde inkomste (GI) produseer, sal die
             marginale inkomste laer as die marginale koste wees (MI<MK) 
             daarom sal die besigheid 'n verlies per addisionele eenheid geproduseer
             tot bo die MI = MK punt maak  (Maksimum 6 punte vir die bespreking)                     (8)
                                                                                                       [40]

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                    6                                     DBE/2015
                                       SSE – Memorandum

VRAAG 3:             KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES

3.1      Beantwoord die volgende vrae:

         3.1.1        Noem enige TWEE internasionale ooreenkomste rakende
                      volhoubare ontwikkeling.

                      •  Verenigde Nasies se Konferensie oor Omgewing en
                         Ontwikkeling (Rio de Janeiro) 
                      • Die Montreal Protokol oor afvalstowwe wat die osoonlaag
                         vernietig 
                      • Konvensie oor Biologiese Diversiteit 
                      • Wêreldberaad oor volhoubare ontwikkeling 
                      • Habitat II Konferensie in Istanbul 
                      • Raamwerk Konvensie rakende klimaatsverandering (COP) 
                      • Kyoto Protokol 
                       (Aanvaar enige ander relevante antwoord)     (Enige 2 x 1)                  (2)

         3.1.2        Wat is die doel van groenbelasting?

                      Om die produksie van goedere wat skadelike effekte op die
                      omgewing het, te verminder 
                      (Aanvaar enige ander relevante antwoord)           (1 x 2)                   (2)

3.2      Datarespons

         3.2.1        Definieer die term ekotoerisme.

                      Dis die genieting en waardering van die ongerepte natuur 
                      (Aanvaar enige ander relevante definisie)                                    (2)

         3.2.2        Noem enige TWEE wêrelderfenisterreine in Suid-Afrika.

                      •   Mapungubwe 
                      •   Robbeneiland 
                      •   Tafelberg 
                      •   iSimangaliso Vleilande (Groter St Lucia Vleilande Park) 
                      •   Die Sterkfonteingrotte (Wieg van die Mensdom) 
                      •   Die Vredefortkoepel 
                      •   Die Kaapse fynbosstreek 
                      •   uKhahlamba Drakensberg Park 
                      •   Richtersveld Kulturele en Botaniese landskap      (Enige 2 x 1)          (2)

         3.2.3        Watter boodskap, dink jy, word deur die spotprent oorgedra?

                      Die diere hou die ekotoeriste dop, terwyl dit gewoonlik die
                      teenoorgestelde is/die diere dink dat die toeriste begaan is oor
                      besoedeling van die omgewing – en dat dit die rede is waarom
                      hulle die voertuig stoot – terwyl hulle in werklikheid sonder petrol
                      gaan staan het  (Aanvaar enige ander relevante antwoord)                   (2)
Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                   7                                     DBE/2015
                                      SSE – Memorandum

         3.2.4        Hoekom is infrastruktuur ontwikkeling 'n belangrike vereiste
                      vir toerisme?
                      •   Voldoende en goeie instandhouding van fisiese en basiese
                          dienste,     infrastruktuur  is    noodsaaklik    vir toeriste-
                          bestemmings 
                      •   Dit word gewoonlik deur inwoners en besoekers gebruik 
                      •   Die owerheid het voorkeur verleen aan ekonomiese
                          infrastruktuur wat toegang tot hawens, kusgebiede, riviere en
                          mere verleen om toerisme groei te ondersteun 
                      •   Die meeste ekonomiese korridors het toerisme as belangrike
                          focus. Publieke Private Vennootskappe (PPV's) word somtyds
                          gebruik vir die ontwikkeling van infrastruktuur 
                      •   Bykomend tot fisiese en basiese infrastruktuur, vereis toeriste
                          en inwoners sosiale infrastruktuur  bv. Ambulansdienste,
                          medisyne, klinieke en hospitale, polisiebeskerming en
                          inligtingsdienste 
                          (Aanvaar enige ander relevante antwoorde)               (2 x 2)         (4)
3.3      Datarespons
         3.3.1        Identifiseer die belangrikste probleme wat 'n impak op die
                      bestuur van die omgewing het.
                      •    Gebrek aan kennis 
                      •    Gebrek aan omgewingsbewustheid 
                          (Aanvaar enige ander relevante antwoord)                (2 x 1)         (2)
         3.3.2        Definieer die begrip omgewingsvolhoubaarheid.
                      Dis die vermoë van die omgewing om sy gebruik in ekonomiese
                      aktiwiteite te oorleef                                                    (2)
                      (Aanvaar enige ander relevante antwoord)
         3.3.3        Watter rol kan opvoeding in die verandering van mense se
                      sienings oor ekologiese kwessies speel?
                      Dit maak mense bewus van die verbintenis tussen hul oorlewing en
                      die omgewing/Mense kan leer om die omgewing volhoubaar te
                      gebruik 
                      (Aanvaar enige ander relevante antwoord)                                    (2)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                   8                                     DBE/2015
                                      SSE – Memorandum

         3.3.4        Hoe kan die owerheid ingryp om omgewingsvolhoubaarheid te
                      verseker?

                      •    Heffings op die verbruikers en produsente vir die gebruik van
                           die omgewing 
                      •    Hef omgewingsbelasting op uitset of verbruik  waar
                           eksterne omgewingskoste gegenereer word
                      •    Subsidieer ekonomiese aktiwiteite wat omgewingskade
                           verminder  bv. Produksie van loodvrye petrol 
                      •    Toeken van eiendomsregte vir gemeenskaplike goedere soos
                           lug 
                          (Aanvaar enige ander relevante antwoorde)               (2 x 2)         (4)

3.4      Watter voordele hou toerisme vir huishoudings in?

         • Besteding deur toeriste impliseer inkome aan die huishouding in die vorm
           van salarisse en lone deur indiensneming (groei) in die toerismebedryf
           
         • Hulle verdien inkome direk uit die toerismebedryf as toerleiers
           byvoorbeeld en indirek as werkgewers in finansiële instellings,
           vervoerondernemings, of werk in die hotelbedryf 
         • Toerisme kan ook die inkome van kunstenaars verhoog  bv.
           Produsente van aandenkings, tolke 
         • Hulle sal in staat wees om meer goedere en dienste te koop wat die
           inkomste van dié wat goedere produseer en versprei, sal verhoog 
         • Die meeste van die infrastruktuur wat vir toeriste geskep is, is ook
           beskikbaar vir die gebruik deur plaaslike inwoners, bv. Paaie, hotelle,
           telefone, water en elektrisiteit 
         • Die Toerisme Gasvryheid en Sport Onderwys en Opleiding owerheid
           (SETA) bied leerderskappe vir 'n aantal vaardighede vereis in toerisme,
           soos toergidse, reisagente en kokke 
         • Hoër onderwysinstellings bied agt verskillende soorte reis en toerisme-
           programme 
         • Toerisme stel mense bloot aan verskillende vreemde kulture en dit het 'n
           impak op kulturele en sosiale kennis en genot 
           (Aanvaar enige ander relevante antwoord)                    (Enige 4 x 2)              (8)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                  9                                     DBE/2015
                                     SSE – Memorandum

3.5      Watter raad sal jy aan die Minister van Finansies gee om inflasie hok te
         slaan (te verminder)?

         •    Verhoogde direkte belasting sal lei tot 'n afname in verbruikbare inkome,
              wat sal lei tot 'n afname in besteding en inflasie 
         •    Verhoogde indirekte belasting soos BTW sal lei tot 'n toename in pryse en
              'n afname in vraag 
         •    'n Afname in owerheidsbesteding sal lei tot minder geld wat in die
              ekonomie ingespuit word 
         •    Dit sal lei tot 'n afname in die totale vraag na goedere en dienste en
              inflasie sal dus daal 
              (Aanvaar enige ander relevante antwoord)                           (4 x 2)         (8)
                                                                                                 [40]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                     10                                    DBE/2015
                                         SSE – Memorandum

VRAAG 4: MIKRO-EKONOMIE EN KONTEMPORêRE EKONOMIESE KWESSIES
4.1      Beantwoord die volgende vrae:
         4.1.1        Noem enige TWEE voorbeelde van meriete goedere.

                      •      Onderwys 
                      •      Primêre gesondheidsorg 
                             (Aanvaar enige ander relevante antwoord)              (2 x 1)         (2)

         4.1.2        Hoe kan toerisme tot staatsinkomste bydra?

                     •       Toerisme heffing 
                     •       Belasting uit goedere aangekoop 
                     •       Inkomstebelasting van mense in diens geneem in hierdie
                              sektor 
                      •      Belasting op sakewinste 
                      •      (Aanvaar enige ander relevante antwoorde)            (1 x 2)          (2)

4.2      Datarespons
         4.2.1        Watter boodskap word in die prent uitgebeeld?
                      •      Die koste en voordele van sonenergie  /of
                      •      Voordele van sonenergie oortref die koste 
                             (Aanvaar enige ander relevante antwoord)                              (2)
         4.2.2       Noem enige private koste wat met die verskaffing van
                     sonenergie verband hou.
                     • Installeringskoste van sonpanele 
                     • Koste van panele 
                     • Arbeidskoste 
                     • Vervoerkoste 
                     • Aankope van eiendomme om sonpanele op te rig (sonplase)
                        
                        (Aanvaar enige ander relevante antwoord)        (1 x 2)                    (2)
         4.2.3        Hoekom is Suid-Afrika          geskik   vir   die   opwekking    van
                      sonenergie?

                      Oorvloedige sonskyn/gunstige weersomstandighede/klimaat                    (2)
         4.2.4        Hoe sal die gebruik van sonenergie Suid-Afrika bevoordeel?
                         •   Minder besoedeling/skoner lug 
                         •   Minder mediese kwessies 
                         •   Verminder die druk op Eskom om elektrisiteit op te wek /
                             minder 
                         •   Spaar op instandhoudingskoste wat kan lei tot laer
                             elektrisiteitspryse 
                         •   Verlaag die lewenskoste 
                             (Aanvaar enige ander relevante antwoord)           (2 x 2)            (4)
Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                   11                                    DBE/2015
                                       SSE – Memorandum

4.3      Datarespons

         4.3.1        Identifiseer TWEE lande wat lidlande van BRICS is.

                      • China 
                      • Indië                                                    (2 x 1)         (2)

         4.3.2        Definieer die term toerisme.

                      Aktiwiteite van mense wat reis en bly in plekke buite hul gewone
                      omgewing vir nie langer as een aaneenlopende jaar vir
                      ontspanning, besigheid en ander doeleindes wat nie verwant is aan
                      enige aktiwiteite waarvoor vergoeding ontvang word nie                    (2)

         4.3.3        Bepaal die persentasieverandering van Chinese toeriste na
                      Suid-Afrika tussen 2011 en 2012.

                      55,9% / 56%                                                               (2)

         4.3.4        Waarom is Suid-Afrika na jou mening 'n voorkeurtoeriste-
                      bestemming?

                     •   Die land het baie mooi natuurskoon bv. Robbeneiland,
                         Mapungubwe, Sterkfontein 
                     •   Die stabiele politieke atmosfeer 
                     •   Menswaardigheid van Suid-Afrikaners (Ubuntu) 
                     •   'n Gunstige wisselkoers 
                         (Aanvaar enige ander relevante antwoord)        (2 x 2)                  (4)

4.4      Bespreek kortliks die vraagkurwe van die monopolis.

         •    Monopolis se vraagkurwe het 'n negatiewe helling/afwaartse neiging van
              links na regs (aanvaar 'n grafiese voorstelling van die vraagkurwe) 
         •    Helling is onelasties (styl) 
         •    Die vraagkurwe is ook die markvraagkurwe 
         •    Die vorm van die kurwe dui daarop dat daar 'n omgekeerde verwantskap
              tussen prys en hoeveelheid gevra bestaan 
         •    Dit beteken as die prys styg sal die hoeveelheid gevra daal/prysdaling sal
              lei tot 'n toename in die hoeveelheid gevra                 (Enige 4 x 2)         (8)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                 12                                    DBE/2015
                                     SSE – Memorandum

4.5      Verduidelik hoekom markte misluk in die beskerming van die
         omgewing.

         •    Gebrek aan kennis  Verbruikers besef nie altyd dat hulle
              omgewingskade veroorsaak by die gebruik van sekere produkte nie 
              bv. spuitkannetjies, sekere plastiekware  veral as die effek opbou oor
              tyd 
         •    Eksternaliteite  Geaffekteerde individue dra die indirekte koste van
              besoedeling en nie die besighede wat die besoedeling veroorsaak nie
               Niemand besit die omgewing nie, bv. lug, water  niemand kan dus
              eiendomsreg daaroor uitoefen nie  Dit is dus moeilik om 'n persoon te
              stop om die lug te besoedel omdat dit nie aan die individu behoort nie 
         •    Nie-uitsluitbaarheid van die omgewing  Dis 'n gemeenskaplike
              hulpbron wat nie privaat besit word nie  bv. lug en oseane  Daar is
              geen aansporing om die omgewing te red nie 
         •    Traak-my-nie-agtigheid  Verbruikers en besighede is dikwels bereid
              om skadelike praktyke voort te sit, en laat dit aan die nageslag oor om
              oor die omgewing bekommerd te wees 
              (Aanvaar enige ander relevante verduideliking)                                    (8)
                                                                                                [40]

                                                              TOTAAL AFDELING B:                80

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                               13                                           DBE/2015
                                   SSE – Memorandum

AFDELING C

Beantwoord enige EEN         van   die   twee   vrae   in   hierdie   afdeling    in    die
ANTWOORDEBOEK.

Jou antwoord sal soos volg geassesseer word:

                 STRUKTUUR VAN OPSTEL                           PUNTETOEKENNING
Inleiding                                                            Maks. 2
Liggaam:
Hoofgedeelte: Bespreek in besonderhede/In diepte                       Maks. 26
bespreking/Ondersoek/Bespreek krities/Vergelyk/Evalueer/
Onderskei / Differensieer/Verduidelik/Assesseer/Debateer

Addisionele gedeelte: Gee eie mening/Bespreek krities/
Evalueer/Evalueer krities/Teken 'n grafiek en verduidelik/             Maks. 10
Gebruik die gegewe grafiek en verduidelik/Voltooi die
gegewe grafiek/Bereken/Lei af/Vergelyk/Verduidelik/
Onderskei/Interpreteer/Debatteer kortliks
Slot:
Enige hoërorde-slot behoort die volgende in te sluit:                   Maks. 2
• 'n Kort samevatting van dit wat reeds bespreek is, sonder
    om enige feite wat alreeds genoem is, te herhaal
• Enige opinie of waardeoordeel rakende die feite wat
    bespreek is
• Addisionele ondersteunende inligting wat die bespreking/
    analise versterk
• 'n Teenstrydige sienswyse met motivering, indien gevra
• Aanbevelings
TOTAAL                                                                    40

VRAAG 5:      MIKRO-EKONOMIE

Markmislukking kom algemeen in vryemark-ekonomieë voor.
•   Bespreek in besonderhede die oorsake van markmislukking.       (26 punte)
•   Verduidelik met behulp van 'n grafiek (produksiemoontlikheidskurwe) hoe
    produktiewe doeltreffendheid in die mark bereik kan word.     (10 punte)

INLEIDING

Markmislukking impliseer dat die beste beskikbare of optimale produksie uitset is nie
bereik nie/die mark misluk om die optimale hulpbrontoekenning te bereik (Maks. 2)

INHOUD

HOOFDEEL

Eksternaliteite 
• dit staan ook bekend as oorspoeleffekte of effek op derde partye 
• Dis daardie koste en voordele wat private koste en voordele omskakel in sosiale
   koste en voordele 
Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                               14                                          DBE/2015
                                   SSE – Memorandum

Begrippe:
• Private koste: interne koste wat bekend staan as private koste 
   Dis die gewone koste wat verbruikers aangaan as hulle goedere koop  bv. die
   prys wat 'n persoon betaal vir 'n huis R280 000 
• Private voordele (interne voordele): dis die voordele wat bestaan by dié persone
   wat die goedere koop asook dié wat die goedere produseer 
• Sosiale koste: dis die koste van goedere en dienste aan dié wat dit geskep het en
   vir die gemeenskap in sy geheel 
   Private koste plus eksterne koste is gelyk aan sosiale koste 
• Sosiale voordele: eksterne voordele en private voordele is gelyk aan sosiale
   voordele 
   As eksternaliteite in produksie en verbruik dikwels voorkom en uitset is gewoonlik
   gebaseer op private koste en voordele, is dit 'n belangrike oorsaak van
   markmislukking 

       NEGATIEWE EKSTERNALITEITE 
       Prys 
                                A1                           Puntetoekenning:
                V                              A         Maks. 4 punte vir grafiek
                                                         Opskrif           – 1 punt
                                                         Asse              – 1 punt
        P1                                              Aanbodkurwes      – 1 punt
         P                                               Verandering in P – 1 punt

                     A1                       V
                       A

              0
                           Q1 Q                    Hoeveelheid

Publieke goedere: 
• Betekenisvolle markmislukking is die onvermoë om sekere goedere en dienste te
   produseer, ten spyte daarvan dat hulle nodig is en daar 'n vraag voor is 
• Markte kan slegs onder sekere toestande funksioneer en wanneer hierdie
   toestande nie bestaan nie, sukkel markte om te bestaan 
• Publieke goedere word nie deur die markmeganisme voorsien nie omdat
   produsente nie goedere kan terughou vir nie-betaling nie en aangesien daar
   dikwels geen manier is om 'n persoon se verbruik te meet nie, bestaan daar nie 'n
   basis vir die berekening van 'n markprys nie 
• Gemeenskaps- en kollektiewe goedere staan gesamentlik bekend as publieke
   goedere 
• Gemeenskapsgoedere: dis goedere soos die weermag, polisiedienste,
   gevangenisdienste, straatligte, vloedbeheer, stormwater-afvoer en vuurtorings 
• Kollektiewe goedere: dis goedere soos parkte, strande, strate, sypaadjies, paaie,
   brûe, openbare vervoer, rioolstelsels, afvalverwydering, watertoevoer en
   vullisverwydering. 
Kenmerke van gemeenskaps- en kollektiewe goedere is:
• Nie-mededingend: hierdie kenmerk beteken dat verbruik deur een persoon op
   geen manier die verbruik van 'n ander persoon verminder nie 
• bv. 'n vuurtoring en straatligte 

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                15                                    DBE/2015
                                    SSE – Memorandum

•   Nie-uitsluitbaarheid: hierdie kenmerk verwys na die feit dat die verbruik van 'n
    goed nie beperk is tot diegene wat daarvoor betaal nie; dus is daar niebetalers 
    Mense kan die produk geniet sonder om daarvoor te betaal 
    Bv. Radio- en televisiediens in Suid-Afrika het baie niebetalers 

Meriete en niemerietegoedere: 
• Dit hou verband met hoe gewens dit is om te gebruik 
• Merietegoedere: Sekere goedere wat uiters gewens is vir algemene welstand van
   die inwoners van 'n land, word dikwels nie deur die mark hoog aangeslaan nie 
• Indien mense markpryse daarvoor moet betaal, sal relatief te min daarvan verbruik
   word 
• In hierdie opsig het die mark misluk en die ekonomie en samelewing sal benadeel
   word 
   Bv. Gesondheidsorg en onderwys, veiligheid, inenting, vaardigheidsopleiding en
   motorsitplekgordels 
• Niemerietegoedere: Items soos sigarette, alkohol en nievoorskrifmedisyne is
   voorbeelde van niemerietegoedere 
• In 'n vryemarkekonomie, word hierdie goedere oorverbruik 
• Sommige verbruikers is onbewus van die ware koste van verbruik – hul negatiewe
   eksternaliteite 
• Die regering kan die verbruik daarvan deur belasting en deur inligting oor die
   nadelige gevolge daarvan verbied of verminder bv. deur aksynsbelasting te hef 

Onvolmaakte mededinging: 
• In markekonomieë word mededinging dikwels deur mag belemmer 
• Dis gewoonlik die produsente wat die mag het nie soseer die verbruikers nie 
• Meeste besighede funksioneer onder toestande van onvolmaakte mededinging
   wat hulle toelaat om uitset te beperk, pryse te verhoog en te produseer waar pryse
   die marginale koste oorskry 
• Hulle kan ook nuwe sakeondernemings verhoed om tot die bedryf toe te tree en so
   verhoed dat daar ten volle by die veranderinge in verbruikersvraag aangepas kan
   word 

Gebrek aan inligting: 
• Verbruikers, werkers en entrepreneurs beskik nie altyd oor die nodige inligting om
   rasionele besluite te neem nie 
• Verbruikers: Alhoewel gevorderde tegnologie vir mense toegang tot meer inligting
   gee, het hulle uiteraard nie al die inligting of volmaakte inligting nie 
• Werkers: Hulle is onbewus van ander werksgeleenthede 
• Entrepreneurs: Hulle het 'n gebrek aan inligting oor koste, beskikbaarheid en
   produktiwiteit van bepaalde produksiefaktore en werk dalk volgens die verkeerde
   inligting 

Onbeweeglikheid van produksiefaktore: 
• Meeste markte kan nie maklik aanpas by veranderinge in vraag en aanbod nie
   
• Hoewel dit gedeeltelik weens 'n gebrek aan inligting is, is hulpbronne ook nie juis
   beweeglik nie 
• Arbeid: Dit kan 'n ruk duur voordat arbeid beroepsgewys en geografies verskuif
   om in die veranderingei n verbruikersvraag te voorsien 
• Fisiese kapitaal: Fabrieksgeboue en infrastruktuur soos telefoonlyne, brûe,
   spoorlyne en lughawens kan nie beweeg word nie 
Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                16                                                 DBE/2015
                                    SSE – Memorandum

•   Dit hou vir jare, maar kan nie beweeg word om by 'n verandering in die vraag aan
    te pas nie 
•   Tegnologiese hulpmiddele verander produksiemetodes: Tegnologie gebruik in
    die produksie mag verander, bv. gebruik van robotte eerder as arbeid in myne 
•   Dit neem egter tyd vir die meeste nywerhede om aan te pas – met groter
    tegnologiese veranderinge, is daar 'n toename in die vraag na werkers wat kan
    aanpas, om bereid te wees om hul vaardighede op te gradeer deur hul loopbane
    heen as werkers en om te verander van werk, beroep en werkpatrone 
Onvolmaakte verspreiding van inkomste en welvaart: 
• Moontlik die belangrikste tekortkoming van die markstelsel is dat dit neutral staan
   teenoor die kwessie van inkomeverdeling 
• As die oorspronklike verdeling ongelyk is, sal die finale verspreiding ook wees 
• Vir hierdie rede word daar dikwels geargumenteer dat die mark misluk 
   (‘n Maksimum van 8 punte kan vir opskrifte en subopskrifte toegeken word)
   (Aanvaar enige ander relevante antwoord)                                 (Maks. 26)
ADDISIONELE DEEL
Verduidelik produktiewe doeltreffendheid met behulp van 'n grafiek.
         

         Kaas
                                                           Puntetoekenning

                                    1.   Benoeming van asse = 1 punt
                                    2.   Aandui van produksievlakke (A) op beide kurwes = 2 punte
                                    3.   Aandui van punt C (skaars / onmoontlik) = 1 punt
                                    4.   Aandui van punt B as optimum produksiepunt = 1 punt
                                    5.   Aandui van punt D as produksie ondoeltreffendheid = 1 punt
                                                                         GRAFIEK - MAKS: 6 PUNTE
          A

                                                     C

                         D

                                                          B

                                                             A        Melk
VERDUIDELIKING

•   D (punt links van die PMK kurwe) is ondoeltreffend – hulpbronne word vermors 
•   C ('n punt regs van die PMK kurwe) is nie moontlik nie te wyte aan skaarsheid ('n
    gebrek aan hulpbronne) 
•   B ('n punt op die PMK kurwe) dui op doeltreffendheid – produksie word
    gemaksimeer – geen vermorsing van hulpbronne 
    (Aanvaar die verduideliking van ‘trade-off’as twee punte op PMK verskyn) (Max 6)
Kopiereg voorbehou                                                                    Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                              17                                   DBE/2015
                                  SSE – Memorandum

SLOT

Net soos wat die owerheid nie voldoen aan die verskaffing van alle
gemeenskapsgoedere nie, sal daar altyd 'n behoefte wees om aan die verwagtinge
van die totale gemeenskap te voldoen 
(Enige ander relevante gevolgtrekking)                               (Maks. 2)              [40]

VRAAG 6: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES

Inflasie is oor die wêreld heen 'n voortdurende uitdaging vir die inkomste van
werkers en die samelewing.

•   Ondersoek in besonderhede die gevolge van inflasie.        (26 punte)
•   Debatteer die meriete (voordele) van geadministreerde pryse deur die
    owerheid.                                                  (10 punte)

INLEIDING

Dis 'n konstante en aansienlike toename in die algemene prysvlak van goedere en
dienste in die land oor 'n sekere tydsperiode bv. 'n jaar            (Maks. 2)
(Aanvaar enige ander relevante antwoord)

INHOUD

HOOFDEEL

Krediteure en debiteure 
• Terwyl leners (debiteure) deur prysstygings bevoordeel word, word uitleners
   (krediteure) daardeur benadeel. 
• Dis omdat leners geld met 'n relatief hoë koopkrag ontvang en hulle hul lenings
   met geld met 'n lae koopkrag terugbetaal, tensy rentekoerse toereikend is om
   hiervoor te vergoed 

Salaris en loontrekkers 
• Prysstygings affekteer mense wie se inkomste relatief vas is m.a.w. mense wie se
    inkomste konstant bly of wie se inkomste nie teen dieselfde tempo as pryse styg
    nie
• Dit is gewoonlik afgetredenes, pensioentrekkers en arm mense 
• Namate pryse styg koop hulle byna vaste inkomste al hoe minder 
• Daarteenoor is daar individue en entrepreneurs wie se inkomste vinniger as die
    inflasiekoers styg en wat dus voordeel uit inflasie trek 
• Globalisering lei tot verhoogde indiensnemingsgeleenthede in die ekonomie a.g.v.
    stygende produktiwiteit, die behoefte om meer goedere te produseer vir beide
    plaaslike en internasionale markte wat in ekonomieë wêreldwyd ontstaan 
• Die vraag na stygende geskoolde arbeid word al meer. Dié vraag na arbeid
    bevoordeel die plaaslike arbeidsmark rakende stygende indiensneming
    geleenthede en groei 

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                               18                                      DBE/2015
                                   SSE – Memorandum

Beleggers en spaarders 
• Verskillende soorte beleggings word deur inflasie beïnvloed: bates met vaste
    nominale waardes 
• Hierdie bates met 'n vaste nominale waarde en gee 'n vaste opbrengs indien dit tot
    die vervaldatum gehou word 
• Sodra hulle uitbetaal, daal die koopkrag van die nominale waarde daarvan soos
    pryse styg 

Bates met aanpasbare markwaardes 
• Diegene wat aandele en vaste eiendom besit baat gewoonlik by prysstygings om
   dat die nominale waardes van hierdie bates min of meer in verhouding met die
   inflasiekoers styg (hul markwaardes is aanpasbaar) 
• Die pryse van hierdie bates styg dikwels vinniger as stygings in die algemene
   prysvlak 
• In hierdie geval skep inflasie rykdom tot die rykes se voordeel 

Belastingbetalers 
• Suid-Afrika het 'n progressiewe persoonlike inkomstebelastingstelsel 
• Dit beteken dat die marginale en gemiddelde belastingkoerse ooreenkomstig die
    inkomstevlak styg 
• Hoe hoër die individu se inkomste, hoe groter is die persentasie aan
    inkomstebelasting wat hy of sy moet betaal 
• Ten tye van inflasie styg die belastingbetaler se nominale inkomste in die vorm
    van lone en salarisse, al bly hulle reële inkomste onveranderd 
• Belasting word op nominale inkomste gehef en nie op reële inkomste nie 
• Indien die belastingskale dus onveranderd bly, verhoog inflasie die gemiddelde
    persoonlike inkomstebelastingkoers 
• Individue moet dus die hoër belastings betaal al is hulle in werklikheid nie beter
    daaraan toe as tevore nie 
• Hierdie verskynsel word blokkruiping genoem en dit lei daartoe dat inkomste van
    die belastingbetaler af na die regering toe herverdeel word 
• Blokkruiping ontstaan uit die gesamentlike werking van inflasie en progressiewe
    belasting 
• Dit het dieselfde uitwerking as 'n styging in die belastingkoers 

Nywerheidsvrede 
• Loononderhandelinge gaan dikwels gepaard met stakings en massa-optredes 
• Hierdie aksies loop uit op geweld wat die hele samelewing raak 
• In uiterste gevalle wanneer inflasie buitengewoon hoog is en die regering weier om
   aan eise om hoër lone toe te gee ontstaan wydverspreide sosiale onrus 

Inflasie het 'n negatiewe uitwerking op ekonomiese groei 
• Inflasie lei tot toenemende onsekerheid in die ekonomie 
• Hierdie onsekerheid ontmoedig besparing en belegging              veral   oor    die
     langtermyn 
• Dis noodsaaklik vir ekonomiese groei – wat nou verlaag 

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                 19                                     DBE/2015
                                     SSE – Memorandum

Inflasie beïnvloed die reële geldwaarde en spaar 
• Omdat inflasie die reële waarde van geld verlaag, beïnvloed dit die reële waarde
     van veral spaar 
• Dit impliseer dat inflasie die rand negatief beïnvloed – die rand koop minder
     goedere en dienste as tevore 
• Dit beteken ook dat die reële waarde van geld gespaar minder werd is aan die
     einde van die spaarperiode as die dag toe die geld gespaar is 
• Bv. As die verbruiker 5% rente op sy spaarrekening ontvang terwyl die
     inflasiekoers 8% was, is die reële rentekoers op die verbruiker se spaar –3% 

Inflasie het 'n omgekeerde effek op 'n land se betalingsbalans 
• As 'n land se inflasiekoers hoër is as dié van sy handelsvennote, sal die pryse van
     uitvoere styg terwyl die pryse van ingevoerde goedere daal 
• Dit lei tot 'n verlies aan mededingendheid in die uitvoermark, wat op sy beurt lei tot
     'n afname in uitvoere 
• Dit het 'n negatiewe effek op die land se betalingsbalans 
• Die verlies van uitvoermededingendheid kan ook werkloosheid verhoog 

Inflasie beïnvloed die herverspreiding van inkome in 'n land 
• Die effek van inflasie is ongelyk 
• Dis duidelik dat almal nie bevoordeel word daardeur nie – sommiges word meer as
     ander benadeel 
• Inflasie neig om inkomste van lae inkomstegroepe na hoë inkomstegroepe te
     herverdeel 
• Dis omdat mense in die lae inkomstegroepe nie dieselfde bates het waarvan die
     waarde vinniger as die inflasiekoers styg nie – om hulle so te help om die effek
     van inflasie te oorkom 
• Magsgroepe soos vakbonde, groot maatskappye en rykes is in staat om hul
     aandeel van die nasionale inkome ten koste van benadeelde persone soos
     pensionarisse, werkloses en welsynsgroepe te vergroot 

Inflasie het sosiale en politieke koste 
• As inflasie deurentyd stygende pryse veroorsaak, raak mense ongelukkig en
     verhoudings tussen werkgewers en werknemers, asook tussen kliënte en
     handelaars versuur 
• Mense in laer-inkomstegroepe voel die ernstige effek van 'n toename in die prys
     van noodsaaklike items soos brood, mieliemeel, huur en vervoerkoste 
• Dit kan lei tot sosiale en politieke onrus 

Inflasie voed homself en veroorsaak verdere inflasie 
• Dit word die inflasiespiraal genoem 
• Bv. Hoër looneise veroorsaak dat produsente hul pryse laat styg om hul winste
     konstant te behou 

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                20                                     DBE/2015
                                    SSE – Memorandum

ADDISIONELE DEEL

Debatteer die meriete (voordele) van geadministreerde pryse deur die owerheid

•   Dis die pryse wat deur die owerheid gereguleer word  bv. Huiseienaars se
    koste op water, huishoudelike brandstof (paraffien en elektrisiteit), mediese
    versorging (publieke hospitale), kommunikasie (telefoonoproepe, telefoonhuur en
    installering), posgeld, selkommunikasie, vervoer (petrol) 
•   Die meeste van die geadministreerde pryse word eenmalig per jaar aangepas wat
    prysstabiliteit meebring 
•   Gereguleerde pryse word beperk volgens die mate waarmee pryse mag verskil –
    afhangende van die owerheid se doelwitte 
•   Geadministreerde pryse voorsien addisionele inkomste aan die nasionale
    tesourie 
•   Dit blyk dat sommige van hierdie pryse uiters aggressief reageer oor die
    korttermyn 
    (Aanvaar enige ander relevante antwoord)                             (Maks. 10)

SLOT

Indien inflasie nie beheer word deur doeltreffende fiskale en monetêre instrumente nie,
kan dit uitdagende probleme vir die ekonomie oor die algemeen skep 
(Aanvaar enige ander relevante gevolgtrekking)                                (Maks. 2)

                                                               TOTAAL AFDELING C:            40
                                                                   GROOTTOTAAL:              150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Economics P2 June July 2015 Eng](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-june-july-2015-eng/37d6ea0b-132e-48c2-aaaf-c24c21c986df) — Economics · QP · 2015 · Eng
- [Economics P1 June July 2015 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-june-july-2015-memo-afr/b5b06235-58b3-4850-94d2-65c0f871f204) — Economics · Memo · 2015 · Afr
- [Economics P2 Nov 2015 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-nov-2015-memo-eng/b9d108c8-dee7-4edd-b6e0-86a83081b665) — Economics · Memo · 2015 · Eng
- [Economics P2 Nov 2015 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-nov-2015-memo-afr/4dc5134c-c4d5-4ab7-afff-23e02987ed56) — Economics · Memo · 2015 · Afr
- [Economics P2 May June 2019 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-may-june-2019-memo-afr/846aeb3c-b8bb-4c9d-ab48-312d9bac1aa4) — Economics · Memo · 2019 · Afr
- [Economics P1 June July 2015 Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-june-july-2015-afr/77be5731-43fb-45ad-b75d-c938058342c2) — Economics · QP · 2015 · Afr

## More from Grade 12 Economics

- [MTG Economics Afr](https://www.hlayiso.com/library/mtg-economics-afr/9848e5ba-3f16-47f5-8714-26d23f3a8bf5) — Guide · Afr
- [ECONOMICS P2 GR12 QP JCT 2025 AFR D watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-gr12-qp-jct-2025-afr-d-watermark/3dba3588-624d-493b-bc60-00d7e2783cae) — QP · 2025 · Afr
- [Economics Grade 12 NSC P1 QP September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-12-nsc-p1-qp-september-2025-free-state/4def59dd-ebf4-4191-89e7-2b6d4609d6cc) — QP · 2025
- [Economics Grade 12 NSC P1 QP September 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-12-nsc-p1-qp-september-2025-mpumalanga/5449d7a4-548e-416d-91b4-1da462710798) — QP · 2025
- [Economics Grade 12 NSC P2 QP September 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-12-nsc-p2-qp-september-2025-mpumalanga/efbb0e99-1236-496b-bc64-5b31b3784493) — QP · 2025
- [Economics P1 May-June 2025 Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-may-june-2025-afr/e9c77643-7f83-42e3-b28d-cf84e96050ca) — QP · 2025 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
