# Economics Grade 12 P2 NSC June 2016 Question Paper (Afr)

> Grade 12 Economics Paper 2 question paper from the NSC June Exam 2016 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-may-june-2016-afr/ea2530ca-e3d2-4f30-8d5c-897bfb78e5c1
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Economics
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2016
- Exam period: NSC June Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 12

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/economics) › [Economics Grade 12 P2 NSC June 2016 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-may-june-2016-afr/ea2530ca-e3d2-4f30-8d5c-897bfb78e5c1)

## About this document

Economics · Grade 12 · NSC June Exam · 2016. Question paper, 12 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                      SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                                   EKONOMIE V2

                                         2016

                                                                      PUNTE: 150

                                                                        TYD: 2 uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                  2                                 DBE/2016
                                            SSE

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Beantwoord VIER vrae soos volg in die ANTWOORDEBOEK:

         AFDELING A: VERPLIGTEND
         AFDELING B: Beantwoord TWEE van die drie vrae.
         AFDELING C: Beantwoord EEN van die twee vrae.

2.       Beantwoord slegs die vereiste getal vrae. Addisionele antwoorde sal NIE
         nagesien word NIE.

3.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik is.

4.       Skryf die vraagnommer boaan elke antwoord neer.

5.       Lees die vrae aandagtig deur.

6.       Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.

7.       Laat 2–3 reëls tussen onderafdelings van vrae oop.

8.       Beantwoord die vrae in volsinne en maak seker dat die formaat, inhoud en
         konteks van jou antwoorde aan die kognitiewe vereistes van die vrae voldoen.

9.       Gebruik slegs blou of swart ink.

10.      Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

11.      Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                      3                                 DBE/2016
                                                SSE

AFDELING A (VERPLIGTEND)

VRAAG 1                                                           30 PUNTE – 20 MINUTE

1.1      Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
         Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–C) langs die vraagnommer
         (1.1.1–1.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.9 C.

         1.1.1        Watter markstruktuur is hoogs afhanklik van handelsmerklojaliteit?

                      A    Volmaakte mark
                      B    Monopolie
                      C    Monopolistiese mededinging

         1.1.2        In 'n monopoliemark is toe- en uittrede …

                      A    totaal geblokkeer.
                      B    relatief beperk.
                      C    volkome vry.

         1.1.3        Prysvorming vir die individuele besigheid op die volmaakte mark,
                      word bepaal deur die ...

                      A    eienaar
                      B    mark
                      C    dominante besigheid

         1.1.4        Die produksiefaktore in 'n … mark is volkome beweeglik.

                      A    volmaakte
                      B    onvolmaakte
                      C    semivolmaakte

         1.1.5        Giftige chemiese afvalstowwe kan tot 'n hoë … syfer lei.

                      A    geboorte-
                      B    onvrugbaarheids-
                      C    vrugbaarheids-

         1.1.6        Toerisme word as 'n … bedryf beskou.

                      A    tegnologies gevorderde
                      B    kapitaalgeoriënteerde
                      C    arbeidsintensiewe

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                      4                                      DBE/2016
                                                SSE

         1.1.7         Die owerheid kan voorkom dat fauna- en flora-spesies uitsterf deur
                       die …

                       A     toekenning van eiendomsregte.
                       B     heffing van omgewingsbelastings.
                       C     subsidiëring van fabrieksaanlegte.

         1.1.8         'n Toename in verbruiksbesteding sal lei tot ... -inflasie.

                       A     koste-druk
                       B     vraag-trek
                       C     hiper                                                      (8 x 2)       (16)

1.2      Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by die item in KOLOM A pas.
         Skryf slegs die letter (A–I) langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.8) in die
         ANTWOORDEBOEK neer.

                      KOLOM A                                   KOLOM B
         1.2.1       Eksplisiete koste      A   kleinste individuele en onafhanklike
                                                produserende eenheid
         1.2.2       Besigheid
                                            B   owerheidsingryping om inkome gelyk te
         1.2.3       Normale wins               herverdeel

         1.2.4       Progressiewe           C   werklike besteding van 'n besigheid soos
                     belasting                  die aankoop van grondstowwe, betaling
                                                van lone en rente
         1.2.5       Basiese dienste
                                            D   Suid-Afrikaanse se Wêrelderfenisterrein
         1.2.6       Aardverwarming
                                            E   bestaan van 'n verskeidenheid
         1.2.7       Bevel en beheer            plantspesies

         1.2.8       iSimangaliso-          F   totale inkomste is gelyk aan totale koste
                     vleilandpark
                                            G verskaf water en sanitasie

                                            H   owerheid bepaal aanvaarbare vlakke van
                                                besoedeling

                                            I   klimaatsverandering wat die hele wêreld
                                                beïnvloed
                                                                                    (8 x 1)           (8)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                   5                                    DBE/2016
                                             SSE

1.3      Gee EEN term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term
         langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.6) in die ANTWOORDEBOEK neer.

         1.3.1        Die wins wat 'n besigheid maak wat meer as die normale wins is

         1.3.2        Die koste wat die gemeenskap aangaan

         1.3.3        'n Deel van die ekonomie wat dieselfde soort goedere en dienste
                      produseer

         1.3.4        Wanneer Suid-Afrikaners binne die grense van die land reis

         1.3.5        'n Stel kulturele en tradisionele vaardighede wat om 'n spesifieke
                      gemeenskap ontwikkel is

         1.3.6        Pryse van goedere en dienste wat deur die owerheid vasgestel
                      word                                                  (6 x 1)             (6)

                                                               TOTAAL AFDELING A:               30

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                  6                                       DBE/2016
                                            SSE

AFDELING B

Beantwoord enige TWEE           van   die   drie   vrae   in   hierdie   afdeling   in   die
ANTWOORDEBOEK.

VRAAG 2: MIKRO-EKONOMIE                                         40 PUNTE – 30 MINUTE

2.1      Beantwoord die volgende vrae.

         2.1.1        Gee TWEE voorbeelde van merietegoedere.                       (2 x 1)       (2)

         2.1.2        Waarom sal uitset in die goederemark styg wanneer besighede in
                      die volmaakte mark 'n ekonomiese wins maak?                                 (2)

2.2      Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                 HOE SUID-AFRIKAANSE BESIGHEDE DIE LAND ARM HOU

         Suid-Afrika het heeltemal te veel monopolieë, byvoorbeeld Eskom wat as 'n
         natuurlike monopolie beskou word. Daar is slegs een mededinger in die
         mark. Party pryse in Suid-Afrika is dus baie hoër as wat hulle veronderstel is
         om te wees. Die gehalte van goedere en dienste is laer en sommige van
         hierdie maatskappye is minder oorspronklik en doeltreffend as wat hulle in
         die geval van meer mededingende omgewings sou gewees het.

                                                          [Aangepas uit www.moneyweb.co.za]

         2.2.1        Identifiseer TWEE belangrike probleme wat Suid-Afrika met
                      monopolieë in die uittreksel hierbo ondervind.      (2 x 1)                 (2)

         2.2.2        Waarom word Eskom as 'n natuurlike monopolie beskou?                        (2)

         2.2.3        Wat voorkom dat monopolieë uitermate hoë pryse vra?                         (2)

         2.2.4        Hoe het die implementering van 'n antimonopolistiese beleid
                      Suid-Afrika bevoordeel?                              (2 x 2)                (4)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                       7                                    DBE/2016
                                                 SSE

2.3          Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

               VOLMAAKTE MEDEDINGING – DIE INDIVIDUELE BESIGHEID
  Prys
  Koste                                                     MK
  Inkomste

                                                   C
                                                                            GK

                                                                          GVK

                                             B
      50                                                                        GI/P

                                         A
      30

                                                                        Hoeveelheid
                                         50 60         90

             2.3.1     Identifiseer die marginale-inkomste-kromme in die grafiek hierbo.          (1)

             2.3.2     Watter kromme staan ook as die aanbodkromme bekend?                        (1)

             2.3.3     Hoekom sal die individuele besigheid nie meer as 60 eenhede
                       produseer nie?                                                             (2)

             2.3.4     Hoe verskil die markvraagkromme van die kromme van die
                       individuele besigheid?                                                     (2)

             2.3.5     Wat is die betekenis van punt A?                                (2 x 2)    (4)

2.4          Onderskei tussen die aard van die produk onder monopolistiese mededinging
             en onder die monopolie.                                           (2 x 4)            (8)

2.5          Verduidelik, met behulp van 'n netjies benoemde grafiek, hoe 'n negatiewe
             eksternaliteit tot die wantoedeling van hulpbronne sal lei.        (4 x 2)           (8)
                                                                                                  [40]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                   8                                         DBE/2016
                                             SSE

VRAAG 3: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES 40 PUNTE – 30 MINUTE

3.1      Beantwoord die volgende vrae.

         3.1.1        Noem TWEE tipes toerisme.                                        (2 x 1)       (2)

         3.1.2        Watter uitwerking sal chemiese besoedeling op landbougrond in
                      Suid-Afrika hê?                                        (1 x 2)                 (2)

3.2      Bestudeer die tabel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                   INFLASIE IN SUID-AFRIKA
                 JAAR       VERBRUIKERSPRYSINDEKS                 INFLASIEKOERS
                 2010                 100                                -
                 2013                105,4                              5,4
                 2015                111,0                              (A)
                                                     [Bron: www.statisticssouthafrica.org.za]

         3.2.1        Watter ekonomiese aanwyser word gebruik om die inflasiekoers te
                      bepaal?                                                                        (1)

         3.2.2        Watter jaar word tans deur die SARB as basisjaar gebruik?                      (1)

         3.2.3        Waarom sou die inflasiekoers in 2013 deur die Monetêre
                      Beleidskomitee as aanvaarbaar beskou geword het?                               (2)

         3.2.4        Waarom sal 'n verlaging in persoonlike inkomstebelasting die
                      inflasiekoers verhoog?                                                         (2)

         3.2.5        Bereken die inflasiekoers vir 2015 (A). Toon ALLE berekeninge.                 (4)

3.3      Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

              DIE SWAK RAND KAN SUID-AFRIKA SE TOERISME BEVOORDEEL
         Suid-Afrika se geldeenheid het sy laagste vlak sedert 2001 bereik. Dit is goeie
         nuus vir internasionale toeriste wat voordeel uit 'n baie gunstige wisselkoers
         kan trek om Suid-Afrika te besoek. Suid-Afrika bied nou, meer as ooit, goeie
         waarde vir geld en het een van die beste vakansiebestemmings vir
         internasionale reisigers geword.

         Suid-Afrika bied vakansiemoontlikhede wat by elke sak en voorkeur pas.
         Reisigers het te veel om van te kies ten opsigte van hotel- en safari lodge-
         akkommodasie, restaurante wat plaaslike en internasionale kookkuns bied,
         toegang tot die Groot Vyf-wild en skouspelagtige, asemrowende natuurskoon.
                                                                 [Bron: www.eturbonews.com]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                    9                                  DBE/2016
                                              SSE

         3.3.1        Identifiseer TWEE goedere of dienste waarop toeriste geld in Suid-
                      Afrika kan spandeer in die uittreksel hierbo.              (2 x 1)        (2)

         3.3.2        Verduidelik die begrip toerisme.                                          (2)

         3.3.3        Hoe beïnvloed 'n swakker rand die Suid-Afrikaanse toeris?                 (2)

         3.3.4        Hoe kan 'n toename in toerisme Suid-Afrikaanse huishoudings
                      bevoordeel?                                          (2 x 2)              (4)

3.4      Verduidelik die uitwerking van 'n toename in toerisme op armoede.        (4 x 2)       (8)

3.5      Hoe kan die mark gebruik word om omgewingsvolhoubaarheid te verseker?
                                                                        (4 x 2)                 (8)
                                                                                                [40]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                    10                                     DBE/2016
                                              SSE

VRAAG 4: MIKRO-EKONOMIE EN KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES
                                           40 PUNTE – 30 MINUTE

4.1      Beantwoord die volgende vrae.

         4.1.1        Gee TWEE redes vir 'n koste-voordeel-ontleding.                (2 x 1)        (2)

         4.1.2        Hoe kan onderwys gebruik word om omgewingsvolhoubaarheid in
                      Suid-Afrika te verseker?                            (1 x 2)                   (2)

4.2      Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                         'N OLIGOPOLISTIESE KLEINHANDELBEDRYF

         Die Suid-Afrikaanse kleinhandelsbedryf is die grootste in die sub-Sahara-
         streek en word as die 20ste grootste kleinhandelmark in die wêreld beskou.
         Dit is min of meer 'n oligopolistiese mark met vyf Suid-Afrikaanse
         maatskappye, naamlik Shoprite, Pick n Pay, Spar, Massmart en Metcash, wat
         80% van die kleinhandelverkope verteenwoordig. Informele kleinhandel vorm
         die ander 20%.

         Informelekleinhandelsbegrippe wissel van tavernes (sjebiens) tot
         snoepwinkels       (kleinhandelaars    wat   kos     verkoop).   Spazas    of
         kleinhandelwinkels wat meestal van die huis bedryf word, maak 'n groot
         verskil in die plaaslike kleinhandelarena deur voedsel en nie-voedselprodukte
         aan te bied. Smouse, straatstalletjies, kitskos, kioske en wegneemkos vorm
         deel van die informelemark-kleinhandelaars.

                                                           [Aangepas uit www.thomaswhite.com]

         4.2.1        Gee TWEE voorbeelde van informele kleinhandelaars in Suid-
                      Afrika in die uittreksel hierbo.                    (2 x 1)                   (2)

         4.2.2        Verduidelik die begrip oligopolie.                                            (2)

         4.2.3        Hoe kan Shoprite die pryse van hul goedere beïnvloed sonder om
                      'n kartel te vorm?                                                            (2)

         4.2.4        Hoe vergroot die vyf grootste Suid-Afrikaanse maatskappye hul
                      markaandeel in die ekonomie?                           (2 x 2)                (4)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                   11                                   DBE/2016
                                             SSE

4.3      Bestudeer die spotprent hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

      OMGEWING

                                                                   [Bron: www.google.co.za]

         4.3.1        Beskryf die ekonomiese boodskap wat in die spotprent hierbo
                      uitgebeeld word.                                                          (2)

         4.3.2        Noem enige EEN negatiewe kwessie wat deel vorm van die
                      huidige toestand van die omgewing.                                        (2)

         4.3.3        Verduidelik die begrip bewaring.                                          (2)

         4.3.4        Verduidelik hoe klimaatsverandering tot 'n daling in produksie in
                      jou gemeenskap kan lei.                                   (2 x 2)         (4)

4.4      Verduidelik die langtermynewewig van 'n besigheid onder volmaakte
         mededinging.                                               (4 x 2)                     (8)

4.5      Wat het wêreldwyd tot 'n toename in toerisme bygedra?                    (4 x 2)       (8)
                                                                                                [40]

                                                               TOTAAL AFDELING B:               80

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                     12                                         DBE/2016
                                               SSE

AFDELING C

Beantwoord enige EEN            van   die   twee     vrae   in   hierdie   afdeling   in    die
ANTWOORDEBOEK.
Jou antwoord sal soos volg geassesseer word:

                     STRUKTUUR VAN OPSTEL                                  PUNTETOEKENNING
Inleiding                                                                       Maks. 2
Liggaam
Hoofgedeelte: Bespreek in besonderhede/Diepgaande bespreking/                    Maks. 26
Ondersoek/Bespreek krities/Ontleed (Analiseer)/Vergelyk/Evalueer/
Onderskei/Differensieer/Verduidelik/ Assesseer/Debatteer
Addisionele gedeelte: Gee eie mening/Bespreek krities/                           Maks. 10
Evalueer/Evalueer krities/Teken 'n grafiek en verduidelik/ Gebruik die
gegewe grafiek en verduidelik/Voltooi die gegewe grafiek/Bereken/
Lei af/Vergelyk/Verduidelik/ Onderskei/Interpreteer/Debatteer kortliks
Slot
Enige hoërorde-slot behoort die volgende in te sluit:
• 'n Kort samevatting van wat bespreek is, sonder herhaling van
     enige feite wat reeds genoem is
• Enige opinie of waarde-oordeel oor die feite wat bespreek is                    Maks. 2
• Addisionele ondersteunende inligting wat die bespreking/ontleding
     versterk
• 'n Teenstrydige sienswyse met motivering, indien gevra
•    Aanbevelings
TOTAAL                                                                                40

VRAAG 5: MIKRO-EKONOMIE                                           40 PUNTE – 40 MINUTE

Owerhede gebruik verskillende instrumente tot hul beskikking om markmislukking reg
te stel of te beperk.

•    Teken 'n duidelik benoemde grafiek wat die gevolge van owerheidsinmenging in
     die mark vir elk van die volgende verduidelik:

     o Maksimum pryse                                    (maksimum 13 punte)
     o Belastingheffing                                  (maksimum 13 punte)                      (26)
•    Na jou mening, hoe het die implementering van minimum lone die werker in
     Suid-Afrika bevoordeel?                                                                      (10)
                                                                                                  [40]

VRAAG 6: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES 40 PUNTE – 40 MINUTE

Die impak van inflasie op die ekonomie kan dikwels vernietigend wees.

•    Ondersoek die maatreëls om inflasie te beheer.                                               (26)
•    Wat is die impak van inflasie op die individuele belastingbetaler?                           (10)
                                                                                                  [40]

                                                                    TOTAAL AFDELING C:             40
                                                                        GROOTTOTAAL:              150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Economics P1 May June 2016 Eng](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-may-june-2016-eng/83674469-a609-4e4c-9c6e-c58ba94cbcac) — Economics · QP · 2016 · Eng
- [Econ P2 Qp Eng](https://www.hlayiso.com/library/econ-p2-qp-eng/ee87e601-aa9b-4002-832d-655baa4bfc54) — Economics · QP · 2016 · Eng
- [Economics P2 Nov 2016 Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-nov-2016-afr/bc09b176-bf84-4ca4-9c47-fed330569164) — Economics · QP · 2016 · Afr
- [Economics P2 May June 2017 Eng](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-may-june-2017-eng/695f9083-05e8-422b-88cd-dd2a1d417b26) — Economics · QP · 2017 · Eng
- [Economics P2 June July 2015 Eng](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-june-july-2015-eng/37d6ea0b-132e-48c2-aaaf-c24c21c986df) — Economics · QP · 2015 · Eng
- [Economics P2 Nov 2016 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-nov-2016-memo-eng/508d2e06-2851-499d-9d6f-83894f520210) — Economics · Memo · 2016 · Eng

## More from Grade 12 Economics

- [MTG Economics Afr](https://www.hlayiso.com/library/mtg-economics-afr/9848e5ba-3f16-47f5-8714-26d23f3a8bf5) — Guide · Afr
- [Economics P2 Memo Afr watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-memo-afr-watermark/c9d66fa3-0b40-419d-a6f6-d862847d4e82) — Memo · 2025 · Afr
- [Economics P2 (English) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-english-june-2025-possible-answers/3df8bb66-2d0a-4b1b-89bf-509b303bfa3e) — Memo · 2025 · Eng
- [Economics P1 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-may-june-2025-mg-eng/f6c27985-fe67-48df-afba-d85bf5f76379) — Memo · 2025 · Eng
- [Economics P2 May-June 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-may-june-2025-mg-afr/4cc1190f-9c0a-43ea-98bc-3252875816a9) — Memo · 2025 · Afr
- [NW 12 ECONOMICS P2 QP ENG JUNE 2025](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-economics-2025-nw-june-exam-question-paper-paper-2-english/c80fc8cc-fc9d-44e9-a820-8736783a4556) — QP · 2025 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
