# Economics Grade 12 P2 NSC June 2017 Question Paper (Afr)

> Grade 12 Economics Paper 2 question paper from the NSC June Exam 2017 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-may-june-2017-afr/373038eb-bf89-488b-9291-c649b21fb276
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Economics
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2017
- Exam period: NSC June Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 12

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/economics) › [Economics Grade 12 P2 NSC June 2017 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-may-june-2017-afr/373038eb-bf89-488b-9291-c649b21fb276)

## About this document

Economics · Grade 12 · NSC June Exam · 2017. Question paper, 12 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                      SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                                  EKONOMIE V2

                                        2017

                                                                      PUNTE: 150

                                                                        TYD: 2 uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                  2                                 DBE/2017
                                            SSE

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Beantwoord VIER vrae soos volg in die ANTWOORDEBOEK:

         AFDELING A: VERPLIGTEND
         AFDELING B: Beantwoord TWEE van die drie vrae.
         AFDELING C: Beantwoord EEN van die twee vrae.

2.       Beantwoord slegs die vereiste getal vrae. Addisionele antwoorde sal NIE
         nagesien word NIE.

3.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik is.

4.       Skryf die vraagnommer boaan elke antwoord neer.

5.       Lees die vrae aandagtig deur.

6.       Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.

7.       Laat 2–3 reëls tussen onderafdelings van vrae oop.

8.       Beantwoord die vrae in volsinne en maak seker dat die formaat, inhoud en
         konteks van jou antwoorde aan die kognitiewe vereistes van die vrae voldoen.

9.       Gebruik slegs swart of blou ink.

10.      Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

11.      Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                      3                                DBE/2017
                                                SSE

AFDELING A (VERPLIGTEND)

VRAAG 1                                                        30 PUNTE – 20 MINUTE

1.1      Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
         Skryf die vraagnommer (1.1.1–1.1.8) neer, kies die antwoord en maak
         'n kruisie (X) oor die letter (A–D) van jou keuse in die ANTWOORDEBOEK.

         VOORBEELD:

          1.1.9           A           B          C         D

         1.1.1        Die gemiddelde inkomste van 'n besigheid in 'n volmaakte
                      mededingende mark is gelyk aan die … daarvan.

                      A       verkoopprys
                      B       totale koste
                      C       marginale koste
                      D       ekonomiese wins

         1.1.2        Die aanbodkromme vir 'n besigheid in 'n volmaakte mededingende
                      mark het 'n … helling.

                      A       negatiewe
                      B       horisontale
                      C       positiewe
                      D       konvekse

         1.1.3        Gedifferensieerde produkte is …

                      A       identies.
                      B       heterogeen.
                      C       homogeen.
                      D       uniek.

         1.1.4        Die vraagkromme wat oligopolistiese gedrag verduidelik, word deur
                      sommige teoretici as … beskryf.

                      A       geknak
                      B       vertikaal
                      C       horisontaal
                      D       sirkelvormig

         1.1.5        Die mark is nie in staat om die omgewing te beskerm nie, omdat dit
                      hoofsaaklik deur … aangedryf word.

                      A       eie belang
                      B       sosiale belang
                      D       sosiale koste
                      C       die gemeenskap

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                       4                                      DBE/2017
                                                 SSE

         1.1.6         Die implementering van inflasieteikens is die verantwoordelikheid
                       van die …
                       A     Suid-Afrikaanse Inkomstediens.
                       B     Departement van Finansies.
                       C     Suid-Afrikaanse Reserwebank.
                       D     Departement van Handel en Nywerheid.
         1.1.7         Vir 'n reis om as deel van toerisme geklassifiseer te word, is die
                       maksimum lengte van verblyf minder as … jaar.
                       A     tien
                       B     een
                       C     vyf
                       D     twee
         1.1.8         Aardverwarming is die gevolg van die uitlaat van … gasse in die
                       atmosfeer.
                       A     natuurlike
                       B     waterstof-
                       C     kweekhuis-
                       D     suurstofryke                                             (8 x 2)        (16)
1.2      Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by die item in KOLOM A pas.
         Skryf slegs die letter (A–I) langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.8) in die
         ANTWOORDEBOEK neer.
                        KOLOM A                                   KOLOM B
         1.2.1       Disekonomieë van skaal       A    tydsduur waar ten minste een
                     (Skaalnadele)                     produksiefaktor vasgestel is
         1.2.2       Marginale inkomste           B    bestaan van fasiliteite en geriewe,
                                                       byvoorbeeld paaie en brûe
         1.2.3       Kort termyn
                                                  C    koste om een ekstra eenheid van
         1.2.4       Afsluitpunt
                                                       'n produk te produseer
         1.2.5       Millennium-ontwikkelings-
                                                  D    vind plaas wanneer insette toeneem,
                     doelwitte
                                                       terwyl uitsette toeneem met minder
         1.2.6       Kerninflasie                      as die persentasiestyging in insette
         1.2.7       Infrastruktuur               E    sluit die pryse van goedere en
                                                       dienste uit wat gereeld verander
         1.2.8       Bemarkbare permit
                                                  F    ekstra inkomste wat die verkoper
                                                       verdien as nog een eenheid van 'n
                                                       produk geproduseer en verkoop word
                                                  G 'n onderneming in 'n volmaakte mark
                                                    sal oorweeg om sy deure te sluit as
                                                    GI = GVK
                                                  H    lisensie vir 'n besigheid om tot 'n
                                                       gespesifiseerde limiet te besoedel
                                                  I    uitwissing van uiterste armoede
                                                       en hongersnood
                                                                                          (8 x 1)    (8)
Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                    5                                     DBE/2017
                                              SSE

1.3      Gee EEN term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term
         langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.6) in die ANTWOORDEBOEK neer.

         1.3.1        'n Kontantaansporing wat aan 'n produsent gegee word om
                      produksiekoste te verlaag

         1.3.2        'n Situasie waar een besigheid 'n prys vasstel en ander besighede
                      dit as die markprys aanvaar

         1.3.3        Die oorloopeffek ('spillover effect') van 'n ekonomiese aktiwiteit wat
                      derde partye beïnvloed

         1.3.4        'n Buitensporige styging in die algemene prysvlak, waarna soms as
                      wegholinflasie verwys word

         1.3.5        Die storting van afvalmateriaal in die omgewing

         1.3.6        Die langtermynverandering in weerpatrone wat verandering in
                      temperatuur, reënvalpatroon en wind insluit          (6 x 1)                 (6)

                                                                  TOTAAL AFDELING A:               30

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                     6                                           DBE/2017
                                               SSE

AFDELING B

Beantwoord enige TWEE             van   die    drie   vrae   in   hierdie       afdeling   in   die
ANTWOORDEBOEK.

VRAAG 2: MIKRO-EKONOMIE                                           40 PUNTE – 30 MINUTE

2.1      Beantwoord die volgende vrae.

         2.1.1        Gee enige TWEE voorbeelde van gemeenskapsgoedere.                    (2 x 1)       (2)

         2.1.2        Hoekom is dit moeilik om die vraag na geskoolde arbeid in
                      Suid-Afrika aan te pas?                            (1 x 2)                         (2)

2.2      Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                 BELASTING OP SIGARETTE

          Prys (R)                                                A1
                             V
                                                                            A

              130                             e1

              100                                     e

                        A1                                    V
                             A
                                         200       260             Hoeveelheid

         2.2.1        Identifiseer die prys van sigarette voordat 'n belasting daarop
                      opgelê is.                                                                         (1)

         2.2.2        Watter hoeveelheid word gevra nadat die staat 'n belasting op
                      sigarette opgelê het?                                                              (1)

         2.2.3        Onderskei duidelik tussen merietegoedere en nie-merietegoedere.                    (4)

         2.2.4        Gebruik die grafiek hierbo en verduidelik hoe 'n belasting op
                      sigarette markmislukking sal verminder.                                            (4)

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                   7                                       DBE/2017
                                             SSE

2.3      Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                          ARCELORMITTAL SE KARTELGEDRAG HET
                               SA NYWERHEDE ONDERDRUK

         ArcelorMittal het ingestem om 'n boete van R1,5 biljoen aan die
         Mededingingskommissie te betaal, nadat hulle hul betrokkenheid by
         antimededingende gedrag met betrekking tot langstaal- en afvalmetaalkartelle
         erken het. Ten minste vyf ondersoekende klagtes, wat sover terug as 2003
         dateer, is teen die staalvervaardiger ingebring.

         ArcelorMittal se misbruik van markoorheersing het 'n massiewe uitwerking op
         handelsuitvoere, die nywerheidsektor en werkverskaffing stroomaf gehad.

                                                                        [Bron: www.702.co.za]

         2.3.1        Noem die instelling in die uittreksel wat antimededingende gedrag
                      in Suid-Afrika ondersoek.                                                     (1)

         2.3.2        Identifiseer EEN aspek wat negatief deur ArcelorMittal se
                      antimededingende gedrag beïnvloed is.                                         (1)

         2.3.3        Wat is die rol van die Mededingingstribunaal?                                 (2)

         2.3.4        Wat word met markoorheersing bedoel?                                          (2)

         2.3.5        Hoe sal ArcelorMittal se        antimededingende         gedrag die
                      nywerheidsektor beïnvloed?                                    (2 x 2)         (4)

2.4      Onderskei, sonder om grafieke te gebruik,                    tussen   produktiewe
         ondoeltreffendheid en toedelingsondoeltreffendheid.                        (2 x 4)         (8)

2.5      Trek 'n volledig benoemde grafiek om die ekonomiese verlies van 'n
         monopoliemarkstruktuur te illustreer.                                                      (8)
                                                                                                    [40]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                                 8                                     DBE/2017
                                                           SSE

VRAAG 3: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES 40 PUNTE – 30 MINUTE

3.1                      Beantwoord die volgende vrae.

                         3.1.1     Noem enige TWEE Wêrelderfenisterreine in Suid-Afrika.          (2 x 1)       (2)

                         3.1.2     Hoe kan mense geleer word om die omgewing op so 'n wyse te
                                   bestuur dat volhoubaarheid verseker word?           (1 x 2)                  (2)

3.2                      Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                       GEADMINISTREERDE PRYSINFLASIE

                                   Gemiddelde prys van elektrisiteit in Suid-Afrika
                                                    2002–2017

 Prys in sent per kW.h

                                                           Jaar
                                                                                           [Bron: Nersa]

Eskom monopoliseer Suid-Afrika se elektrisiteitsektor. Die besigheid wek elektrisiteit
op en gelei en versprei dit. Pryse wat deur Eskom verander word, word deur die
Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika (NERSA) gereguleer. Eskom het in
2016 NERSA se goedkeuring vir 'n verhoging van 14% gevra. 'n Styging van 9% is
uiteindelik toegestaan, wat steeds hoër as die inflasieteiken is.
                                                                          [Aangepas uit www.google.co.za]

                         3.2.1     Identifiseer die gemiddelde prys van 'n kilowatt per uur (kW.h)
                                   elektrisiteit in 2002.                                                       (1)

                         3.2.2     Watter neiging toon die gemiddelde prys van elektrisiteit, soos in
                                   die grafiek geïllustreer?                                                    (1)

                         3.2.3     Beskryf kortliks die term geadministreerde prysinflasie.                     (2)

                         3.2.4     Hoekom laat NERSA toe dat Eskom prysstygings bo die
                                   inflasiekoers het?                                                           (2)

                         3.2.5     Hoekom is dit belangrik        dat   NERSA elektrisiteitspryse in
                                   Suid-Afrika reguleer?                                      (2 x 2)           (4)

Kopiereg voorbehou                                                                         Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                    9                                     DBE/2017
                                              SSE

3.3      Bestudeer die tabel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                  REDES VIR BINNELANDSE TOERISME IN SUID-AFRIKA
                                       2015 EN 2016
            Redes vir (Doel van) reise                Reise onderneem
                                                 2015                 2016
         Besoek familie en vriende               66%                  70%
         Vakansie                                15%                   9%
         Besigheid/Sake                           8%                  11%
         Totale getal reise                   4,6 miljoen          7,3 miljoen
                                                                  [Bron: www.southafrica.net]

         3.3.1        Identifiseer TWEE redes (doel) in die tabel hierbo, waarom Suid-
                      Afrikaners binnelands gereis het.                                            (2)

         3.3.2        Beskryf kortliks die term binnelandse toerisme.                              (2)

         3.3.3        Wat is 'n moontlike rede vir die daling in vakansiereise tussen 2015
                      en 2016?                                                                     (2)

         3.3.4        Bereken die getal mense wat in 2016 sakereise (besigheid)
                      onderneem het. Toon ALLE berekeninge.                                        (4)

3.4      Bespreek kortliks die toeken van eiendomsregte as 'n maatreël vir 'n
         volhoubare omgewing.                                          (4 x 2)                     (8)

3.5      Hoe kan inheemse kennisstelsels (IKS) gebruik word om toerisme in
         Suid-Afrika te verhoog?                                     (4 x 2)                       (8)
                                                                                                   [40]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                     10                                   DBE/2017
                                               SSE

VRAAG 4: MIKRO-EKONOMIE EN KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES
                                           40 PUNTE – 30 MINUTE

4.1      Beantwoord die volgende vrae.

         4.1.1        Noem TWEE omgewingsprobleme wat omgewingsvolhoubaarheid
                      beïnvloed.                                       (2 x 1)                     (2)

         4.1.2        Hoe sal die produsent reageer as die owerheid 'n maksimum prys
                      op sy produk implementeer?                              (1 x 2)              (2)

4.2      Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                DIE 'GROOT VYF' IN SUID-AFRIKA
                                                   Die huidige bankbedryfsraamwerk
                                                   in Suid-Afrika is van so 'n aard dat
                                                   die oligopolie wat groter banke
                                                   geniet, uiters moeilik is om te
                                                   breek as gevolg van groot
                                                   toegangshindernisse vir
                                                   entrepreneurs wat daarin sou
                                                   belangstel. 'n Beduidende
                                                   toegangshindernis tot die
                                                   Suid-Afrikaanse bankbedryf is die
                                                   groot aanvangskapitaal-vereiste
                                                   van R250 m kontant vir 'n
                                                   banklisensie.
                                                                [Bron: www.bizcommunity.com]

         4.2.1        Identifiseer EEN van die vyf groot banke in Suid-Afrika.                     (1)

         4.2.2        Wat, volgens die uittreksel, verhinder dat enige entrepreneur tot die
                      bankbedryf in Suid-Afrika toetree?                                           (1)

         4.2.3        Beskryf kortliks die term oligopolie.                                        (2)

         4.2.4        Verduidelik die aard van die produk wat deur die bankbedryf
                      aangebied word.                                                              (2)

         4.2.5        Hoe ding banke mee om hulle markaandeel in Suid-Afrika te
                      vergroot?                                         (2 x 2)                    (4)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                     11                                     DBE/2017
                                               SSE

4.3      Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

         Die ooreenkoms van die Konvensie oor die Internasionale Handel in
         Bedreigde Spesies (CITES) is regtens bindend en het ten doel om te verseker
         dat internasionale handel in wildspesies nie hul oorlewing bedreig nie.

         Meer as 2 500 afgevaardigdes van meer as 180 lande het die konferensie in
         September 2016 in Johannesburg bygewoon, teen die neerdrukkende
         agtergrond van 'n 30%-daling in die getal Afrika-savanna-olifante in net sewe
         jaar, hoofsaaklik as gevolg van wildstroping ('poaching') wat deur sindikate in
         die Verre Ooste aangedryf word. Wildstroping is 'n groot bedreiging vir die
         omgewing. Omgewingsbewaarders is ook bekommerd dat ivoordiefstal besig
         is om deur suidelike Zambië na Botswana se Okavango Delta te beweeg, die
         blyplek van die wêreld se grootste olifantkuddes.

                                                              [Aangepas uit www.travel24.co.za]

         4.3.1        In watter stad is die wêreldkonferensie oor wildspesies gehou?                 (1)

         4.3.2        Identifiseer CITES se doelwit in die uittreksel hierbo.                        (1)

         4.3.3        Beskryf kortliks die term bewaring.                                            (2)

         4.3.4        Hoekom is olifantstroping ('poaching') 'n bedreiging vir die
                      omgewing?                                                                      (2)

         4.3.5        Hoe kan CITES tot die bewaring van olifante bydra?               (2 x 2)       (4)

4.4      Bespreek kortliks die redes vir groei in die toerismebedryf.                  (2 x 4)       (8)

4.5      Hoekom is 'n kostevoordeel-ontleding (KVO) nodig vir openbaresektor-
         projekte?                                                                                   (8)
                                                                                                     [40]

                                                                   TOTAAL AFDELING B:                80

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                      12                                         DBE/2017
                                                SSE

AFDELING C

Beantwoord enige EEN             van   die    twee    vrae   in   hierdie   afdeling   in    die
ANTWOORDEBOEK.

Jou antwoord sal soos volg geassesseer word:

                                                                                         PUNTE-
                           STRUKTUUR VAN OPSTEL
                                                                                       TOEKENNING
Inleiding
Die inleiding is 'n laerorde-antwoord.                                                      Maks. 2
•    'n Goeie beginpunt is om die hoofterm, wat met die vraagonderwerp verband
     hou, te definieer.
•    Moenie enige deel van die vraag in jou inleiding insluit nie.
•    Moenie enige deel van die inleiding in die liggaam herhaal nie.
•    Vermy om in die inleiding te noem wat jy in die liggaam gaan bespreek.
Liggaam
Hoofdeel: Bespreek in detail/Diepgaande bespreking/Ondersoek/Bespreek krities/              Maks. 26
Analiseer/Vergelyk/Evalueer/Onderskei/Differensieer/Verduidelik
Addisionele deel: Gee eie mening/Bespreek krities/Evalueer/Evalueer krities/
Trek 'n grafiek en verduidelik/Gebruik die gegewe grafiek en verduidelik/Voltooi die
                                                                                            Maks. 10
gegewe grafiek/Bereken/Lei af/Vergelyk/Verduidelik/Onderskei/Interpreteer/
Debatteer kortliks/Hoe/Maak voorstelle
Slot
Enige hoërorde-slot behoort die volgende in te sluit:                                       Maks. 2
• 'n Kort samevatting van dit wat alreeds bespreek is, sonder om feite wat reeds
     genoem is, te herhaal
• Enige mening of waardeoordeel van die feite wat bespreek is
• Addisionele ondersteuningsinligting wat die bespreking/analise versterk
• 'n Opponerende sienswyse met motivering, indien verlang
• Aanbevelings
TOTAAL                                                                                         40

VRAAG 5: MIKRO-EKONOMIE                                            40 PUNTE – 40 MINUTE

Markte is die ruggraat van ekonomiese aktiwiteite in enige land.

•   Vergelyk die markstruktuur van 'n monopolistiese mededinger met dié van
    'n volmaakte mark.                                                      (26)
•   Verduidelik, met behulp van 'n grafiek, hoe ekonomiese wins vir 'n volmaakte
    mededinger bereik word.                                                 (10)                       [40]

VRAAG 6: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES 40 PUNTE – 40 MINUTE

Die nadeel van 'n markekonomie word dikwels deur inflasie getoon.

•   Bespreek die oorsake van koste-druk-inflasie.                           (26)
•   Gee die Minister van Finansies raad oor hoe om belastings as 'n instrument te
    gebruik om inflasie te bekamp.                                           (10)                      [40]

                                                                     TOTAAL AFDELING C:                40
                                                                         GROOTTOTAAL:                  150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Economics P2 May June 2017 Eng](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-may-june-2017-eng/695f9083-05e8-422b-88cd-dd2a1d417b26) — Economics · QP · 2017 · Eng
- [GR12 ECON P2 Sept2017 QP Eng](https://www.hlayiso.com/library/gr12-econ-p2-sept2017-qp-eng/ee07c430-a1b8-4462-a224-b9f4533baf78) — Economics · QP · 2017 · Eng
- [Grade 12 NSC Economics P2 (Afrikaans) Preparatory 2017 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-economics-p2-afrikaans-preparatory-2017-question-paper/498eaf17-b8bb-4092-a221-96afe7bd7aa2) — Economics · QP · 2017 · Afr
- [Economics P2 May June 2016 Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-may-june-2016-afr/ea2530ca-e3d2-4f30-8d5c-897bfb78e5c1) — Economics · QP · 2016 · Afr
- [Economics P2 June July 2015 Eng](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-june-july-2015-eng/37d6ea0b-132e-48c2-aaaf-c24c21c986df) — Economics · QP · 2015 · Eng
- [Economics P1 May June 2017 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-may-june-2017-memo-afr/7f77f7c6-d257-4f04-959a-d7b20acf4acb) — Economics · Memo · 2017 · Afr

## More from Grade 12 Economics

- [Economics P2 Memo Afr watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-memo-afr-watermark/c9d66fa3-0b40-419d-a6f6-d862847d4e82) — Memo · 2025 · Afr
- [Economics P2 (English) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-english-june-2025-possible-answers/3df8bb66-2d0a-4b1b-89bf-509b303bfa3e) — Memo · 2025 · Eng
- [Economics P1 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-may-june-2025-mg-eng/f6c27985-fe67-48df-afba-d85bf5f76379) — Memo · 2025 · Eng
- [Economics P2 May-June 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-may-june-2025-mg-afr/4cc1190f-9c0a-43ea-98bc-3252875816a9) — Memo · 2025 · Afr
- [NW 12 ECONOMICS P2 QP ENG JUNE 2025](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-economics-2025-nw-june-exam-question-paper-paper-2-english/c80fc8cc-fc9d-44e9-a820-8736783a4556) — QP · 2025 · Eng
- [ECONOMICS QP.P1 GR 12 JUNE 2024 (Backup papers)](https://www.hlayiso.com/library/economics-qp-p1-gr-12-june-2024-backup-papers/cb8af277-aab9-4fba-8e76-5924dcaf1941) — QP · 2024

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
