# Economics Grade 12 Paper 2 NSC June 2017 Memo (Afrikaans)

> Grade 12 Economics Paper 2 memorandum from the NSC June Exam 2017 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-may-june-2017-memo-afr/4257207b-f046-42c6-beff-b3e61f37114a
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Economics
- Grade: Grade 12
- Document type: Memorandum
- Year: 2017
- Exam period: NSC June Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/economics) › [Economics Grade 12 Paper 2 NSC June 2017 Memo (Afrikaans)](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-may-june-2017-memo-afr/4257207b-f046-42c6-beff-b3e61f37114a)

## About this document

Economics · Grade 12 · NSC June Exam · 2017. Memorandum, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                       SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                                  EKONOMIE V2

                                        2017

                                 NASIENRIGLYNE

                                                                            PUNTE: 150

                       Hierdie nasienriglyne bestaan uit 16 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                   2                                   DBE/2017
                                      SSE – Nasienriglyne

AFDELING A (VERPLIGTEND)

VRAAG 1

1.1      MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

         1.1.1        A  verkoopprys
         1.1.2        C  positiewe
         1.1.3        B  heterogeen
         1.1.4        A  geknak
         1.1.5        A  eie belang
         1.1.6        C  Suid-Afrikaanse Reserwebank
         1.1.7        B  een
         1.1.8        C  kweekhuis-                                             (8 x 2)       (16)

1.2      PASITEMS

         1.2.1        D  vind plaas wanneer insette toeneem, terwyl uitsette toeneem
                      met minder as die persentasiestyging in insette

         1.2.2        F  ekstra inkomste wat die verkoper verdien as nog een eenheid
                      van 'n produk geproduseer en verkoop word

         1.2.3        A  tydsduur waar ten minste een produksiefaktor vasgestel is

         1.2.4        G  'n onderneming in 'n volmaakte mark sal oorweeg om deure
                      te sluit as GI = GVK

         1.2.5        I  uitwissing van uiterste armoede en hongersnood

         1.2.6        E  sluit die pryse van goedere en dienste uit wat gereeld
                      verander

         1.2.7        B  bestaan van fasiliteite en geriewe, byvoorbeeld paaie en brûe

         1.2.8        H  lisensie vir 'n besigheid om tot 'n gespesifiseerde limiet
                      te besoedel                                            (8 x 1)            (8)

1.3      GEE DIE TERM

         1.3.1        Subsidie 
         1.3.2        Prysleierskap 
         1.3.3        Eksternaliteit 
         1.3.4        Hiperinflasie 
         1.3.5        Besoedeling 
         1.3.6        Klimaatsverandering                                        (6 x 1)       (6)

                                                                TOTAAL AFDELING A:              30

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                   3                                   DBE/2017
                                      SSE – Nasienriglyne

AFDELING B

TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling

VRAAG 2: MIKRO-EKONOMIE

2.1      2.1.1       TWEE voorbeelde van gemeenskapsgoedere:
                     • Weermag 
                     • Polisiedienste 
                     • Straatligte                                               (2 x 1)       (2)

         2.1.2       Moeilik om vraag na geskoolde arbeid aan te pas:
                     • Dit neem tyd om werkers op te lei 
                     • Groter deel van die bevolking is ongeskoold 
                     (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord)            (1 x 2)       (2)

2.2      DATARESPONS

         2.2.1       Prys van sigarette:
                     R100                                                                      (1)

         2.2.2       Hoeveelheid gevra nadat belasting gehef is:
                     200                                                                       (1)

         2.2.3       Merietegoedere en niemerietegoedere:
                     Merietegoedere:
                     • Is hoogs gewens vir algemene welsyn maar nie hoog
                        aangeslaan deur die mark nie, bv. gesondheidsorg
                     • Die mark produseer minder as die verlangde hoeveelheid
                     • As mense die markprys sou moes betaal, sou minder verbruik
                        word 
                     Niemerietegoedere:
                     • Is hoogs ongewens vir die algemene welsyn van die samelewing
                     • Hierdie goedere word gewoonlik oorverbruik en voorsien
                     • Verbruikers is onbewus van die ware koste of negatiewe
                        eksternaliteite, siektes, ens. 
                     (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord)        (2 x 2)           (4)

         2.2.4        Verminder markmislukking:
                      Markmislukking kan verminder word omdat:
                      • Die belasting op sigarette die prys van die goedere verhoog wat
                         die aanbod na links sal skuif (AA na A 1 A 1 ) 
                      • Minder eenhede (200) gevra sal word by die nuwe ewewig (e 1 )
                         wat sosiaal meer aanvaarbaar is 
                      (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord)          (2 x 2)        (4)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                  4                                 DBE/2017
                                     SSE – Nasienriglyne

2.3      DATARESPONS

         2.3.1        Instelling wat antimededingende gedrag ondersoek:
                      Mededingingskommissie                                                 (1)

         2.3.2        EEN aspek negatief beïnvloed:
                      • Handelsuitvoere 
                      • Nywerheidsektor 
                      • Werkskepping                                                        (1)

         2.3.3        Rol van die Mededingingstribunaal:
                      Die Mededingingstribunaal aanvaar of verwerp die ondersoek en
                      aanbevelings van die Mededingingskommissie 
                      (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord)                      (2)

         2.3.4        Markoorheersing:
                      Markoorheersing is wanneer een of meer besighede 'n aansienlike
                      beheer in die mark het 
                      (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord)                      (2)

         2.3.5        Invloed van antimededingende gedrag op nywerheidsektor:
                      Gedrag sal die nywerheidsektor beïnvloed deur:
                      • Insetkoste van alle staalverwante vervaardigers in die
                         nywerheid te laat styg omdat pryse hoër as markpryse gestel
                         sal word (inflasie) 
                      • 'n Daling in handelsuitvoere van verwante nywerhede te
                         veroorsaak en indiensneming dus sal afneem 
                      (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord)      (2 x 2)         (4)

2.4     Produktiewe en toedelingsondoeltreffendheid:
        Produktiewe ondoeltreffendheid
        • Die besigheid produseer nie teen die laags moontlike koste nie 
        • Hulpbronne word nie doelmatig aangewend om die maksimum aantal eenhede
           te produseer nie 
        • Daar is geleentheid om die koste te verlaag sonder om minder te produseer of
           om produkte van 'n swakker gehalte te produseer                   (Maks 4)
        Toedelingsondoeltreffendheid
        • Wanneer hulpbronne nie aangewend word in die regte verhoudings nie en die
           produkmengsel nie aan die verbruikersvoorkeure voldoen nie 
        • Sommige produkte mag oorvoorsien word, terwyl ander produkte
           ondervoorsien word 
           (Ken 'n maksimum van 4 punte toe vir die blote opnoem van feite/voorbeelde)
        (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord)                      (Maks 4)            (8)

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                        5                                              DBE/2017
                                           SSE – Nasienriglyne

2.5     Grafiek om die ekonomiese verlies van 'n monopolie markstruktuur te
        illustreer.

                          EKONOMIESE VERLIES: MONOPOLIE 
        Prys 
        Inkomste                                       MK       GK 
        Koste
             P1               A
                        
                                                                             Puntetoekenning:
              D               B                             Korrekte trek en posisionering van GK-kromme – 1 punt
                                                            Korrekte trek en posisionering van MK-kromme – 1 punt
                                                            Korrekte aandui (area) van ekonomiese wins – 2 punte
                                                            Benoeming van asse                           - 1 punt
                                                            Benoeming op asse                            - 1 punt
                                                            Korrekte aandui van MK = MI                  - 1 punt
                                                            Korrekte opskrif                            - 1 punt
                                  E                                                                  Maks 8 punte
                              

                                      MI                   VV = GI
                  0          Q1                        Hoeveelheid
                                                                                                                    (8)
                                                                                                                    [40]

Kopiereg voorbehou                                                                       Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                   6                                   DBE/2017
                                      SSE – Nasienriglyne

VRAAG 3: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES

3.1      3.1.1        TWEE Wêrelderfenisterreine in Suid-Afrika:
                      • Mapungubwe 
                      • Die Sterkfonteingrotte 
                      • Robbeneiland 
                      • iSimangaliso Vleilandpark 
                      • Die Kaapse Fynbosstreek 
                      • Richtersveld Kulturele en Botaniese Landskap 
                      • Vredefortkoepel 
                      • UKhahlamba Drakensberg                                   (2 x 1)       (2)

         3.1.2        Bestuur die omgewing om volhoubaarheid te verseker:
                      Mense kan opgelei word deur:
                      • 'n Bewustheid van omgewingskwessies en hoe hulle aksies die
                         omgewing positief of negatief kan beïnvloed 
                      • 'n Bewustheid van die verskillende produkte wat herwin kan
                         word 
                      • Besighede wat organiese produkte vir die mark produseer 
                      • 'n Bewustheid van die vernietiging van die omgewing via
                         spuitkannetjies 
                      (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord)       (1 x 2)           (2)

3.2      DATARESPONS

         3.2.1        'n Kilowatt per uur (kWh) elektrisiteit in 2002:
                      20 sent                                                                  (1)

         3.2.2        Neiging van die gemiddelde prys van elektrisiteit:
                      Stygende 
                      (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord)                         (1)

         3.2.3        Geadministreerde prysinflasie:
                      Inflasie veroorsaak deur 'n styging in pryse van goedere wat deur
                      die staat of staatsaangestelde owerhede gereguleer word                 (2)

         3.2.4        Pryse bo die inflasieteiken:
                      Sodat Eskom in staat is om projekte, soos die uitbreiding van
                      infrastruktuur, te bekostig 
                      (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord)                         (2)

         3.2.5        NERSA reguleer elektrisiteitspryse in Suid-Afrika:
                      • Dit help verbruikers om relatief laer pryse te betaal in
                         vergelyking met geen regulering nie 
                      • Besigheid se produksiekoste styg teen 'n relatief kleiner
                         persentasie wat 'n beter geleentheid vir ekonomiese groei
                         toelaat 
                      (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord)     (2 x 2)             (4)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                  7                                  DBE/2017
                                     SSE – Nasienriglyne

3.3      DATARESPONS
         3.3.1        TWEE redes (doelwitte) vir binnelandse reise:
                      • Besoek familie en vriende 
                      • Vakansie 
                      • Besigheid                                      Enige (2 x 1)         (2)
         3.3.2        Binnelandse toerisme:
                      Binnelandse toerisme is wanneer mense binne die grense van
                      hulle eie lande reis. 
                      (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord)                       (2)
         3.3.3        Rede vir daling in vakansiereise tussen 2015 en 2016:
                      • Styging in inflasie 
                      • Die uitwerking van 'n swakker rand 
                      • 'n Styging in die algemene werkloosheid 
                      (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord)                       (2)
         3.3.4        Getal mense wat sakereise (besigheid) in 2016 onderneem het:
                       11  x 7,3 m 
                      100
                      = 803 000                                                             (4)
3.4      Toeken van eiendomsregte as 'n maatreël om die omgewing te
         ondersteun:
         • Toeken van eiendomsregte het bewaringseffek omdat mense omsien na
           dinge wat aan hulle behoort 
         • Gee mense eiendomsregte om plant- en dieruitwissing te voorkom 
         • Plante en diere kan bewaar word teen min koste vir belastingbetaler 
         • As eiendomsregte uitgebrei word na gemeenskaplike goedere, soos skoon
           lug, sal diegene wat ly a.g.v. besoedeling die besoedelaars kan aankla vir
           die reg om te besoedel (heffings) 
         • Dit is onprakties om privaat eiendomsregte uit te brei na lug. 
         • Die beginsel om besoedelaars te laat betaal om besoedeling te verminder,
           word soms deur regerings gevolg 
         (Ken 'n maksimum van 4 punte toe vir die blote opnoem van feite/voorbeelde)
         (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord)                     (4 x 2)        (8)
3.5      Gebruik inheemse kennisstelsels (IKS) om toerisme in SA te verhoog:
         Toerisme kan verhoog word deur:
         • Plaaslike kultuur, geskiedenis en omgewing by internasionale toeriste te
           bevorder 
         • Outentieke dorpervarings by kulturele dorpies, soos Shangana in
           Mpumalanga, aan toeriste te bied 
         • Kulturele betekenisvolheid van Wêrelderfenisterreine, soos Robbeneiland,
           te bevorder 
         • Toere in townships, bv. Soweto, laat toeriste by 'n sjebeen eet en drink
         • Toeriste wat in die kunste belangstel na feeste, soos die Nasionale
           Kunstefees in Grahamstad, te neem 
         (Ken 'n maksimum van 2 punte toe vir die blote opnoem van feite/voorbeelde)
         (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord)                    Maks (8)        (8)
                                                                                              [40]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                   8                                   DBE/2017
                                      SSE – Nasienriglyne

VRAAG 4: MIKRO-EKONOMIE EN KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES

4.1      4.1.1        TWEE omgewingsprobleme wat omgewingsvolhoubaarheid
                      beïnvloed:
                      • Biodiversiteitsverlies 
                      • Chemiese afval 
                      • Gevaarlike afval 
                      • Klimaatsverandering 
                      • Verlies van inheemse kennis 
                      (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord) (2 x 1)                 (2)

         4.1.2        Reaksie van produsent:
                      Die produsent sal die hoeveelheid verskaf verminder 
                      (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord)           (1 x 2)       (2)

4.2      DATARESPONS

         4.2.1        EEN van die vyf groot banke in SA:
                      • Standardbank 
                      • ABSA 
                      • Eerste Nasionale Bank (FNB) 
                      • Capitec 
                      • Nedbank                                                                (1)

         4.2.2        Wat verhinder toetrede tot die bankbedryf in SA?
                      Groot    belemmeringe       tot  toetrede/R250   miljoen         as
                      aanvangskapitaal- vereiste                                               (1)

         4.2.3        Oligopolie:
                      'n Markstruktuur waar slegs 'n paar verkopers funksioneer 
                      (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord)                         (2)

         4.2.4        Aard van die produk deur bankbedryf aangebied:
                      Dienste deur die banksektor aangebied, is heterogeen, bv.
                      verskillende beleggingsportefeuljes 
                      (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord)                         (2)

         4.2.5        Vergroot markaandeel:
                      Markaandeel kan vergroot word deur:
                      • Advertering van bank se produkte by potensiële kliënte 
                      • Verkoop van verskillende produkte teen mededingende pryse,
                        soos lenings en versekering 
                      • Aanbied van individu-gebaseerde rentekoerse op deposito's en
                        lenings 
                      • Aanbied om van die gemak van jou huis transaksies te doen,
                        bv. Internetbankdienste 
                      (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord)         (2 x 2)         (4)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                   9                                   DBE/2017
                                      SSE – Nasienriglyne

4.3      DATARESPONS

         4.3.1        Wêreldkonferensie oor Wildlewe:
                      Johannesburg                                                             (1)

         4.3.2        CITES se doelwit:
                      Om te verseker dat internasionale handel in wildspesies nie hul
                      oorlewing bedreig nie                                                    (2)

         4.3.3        Bewaring:
                      Die voortbestaan van die omgewing terwyl daar seker gemaak
                      word dat verandering simpatiek is oor die lewensgehalte van beide
                      huidige en toekomstige geslagte 
                      (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord)                         (2)

         4.3.4        Olifantstroping ('poaching'):
                      • Die voortdurende slagting van olifante sal 'n wanbalans in die
                         ekostelsel veroorsaak 
                      • Dit kan tot biodiversiteitsverlies lei 
                      (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord)                         (2)

         4.3.5        Bewaring van olifante:
                      • Lande      kan     ooreenkom        om     gemeenskappe       by
                        bewaringsaktiwiteite met formele organisasies te betrek waar
                        hulle dan 'n beloon word vir hulle pogings. 
                      • Ivoorhandel kan verban word. 
                      • Lang tronkstraf kan aan persone wat in ivoor handel dryf, opgelê
                        word. 
                      • Wettige handel in olifante kan gemoniteer word. 
                      (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord)          (2 x 2)        (4)

4.4      Redes vir groei in die toerismebedryf:
         • Styging in verbruikbare inkome laat mense toe om meer aan ontspanning
            en rekreasie te spandeer 
         • As gevolg van globalisering is mense goed ingelig oor lande en
            bestemmings 
         • Verbeterde kommunikasie verseker makliker reisreëlings 
         • Deur advertensies is mense bewus van reisbestemmings 
         • Verbeterde infrastruktuur, soos paaie en lughawens, moedig mense aan
            om te reis 
         • Mense het bewus geword van die belangrikheid van ontspanning en
            rekreasie 
            (Ken 'n maksimum van 4 punte toe vir die blote opnoem van
            feite/voorbeelde)
         (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord)                (2 x 4)               (8)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                               10                                   DBE/2017
                                   SSE – Nasienriglyne

4.5      Kostevoordeelontleding (KVO):
         • KVO lei tot objektiewe besluitneming deur koste en voordele teen mekaar
           op te weeg 
         • KVO word toegepas op daardie projekte waar 'n verwagting bestaan dat 'n
           aansienlike verskil tussen sosiale koste en voordele bestaan, met ander
           woorde die moontlikheid van 'n markmislukking 
         • Dit sluit 'n breër sosiale impak en eksternaliteite in die besluitnemings-
           proses in 
         • Dit word gebruik om finaal te besluit of daar met die projek voortgegaan
           moet word of nie 
         • Markseine wat die voortgaan of nie van die projek ondersteun, is afwesig.
           (Ken 'n maksimum van 2 punte toe vir die blote opnoem van
           feite/voorbeelde)                                                 (Maks 8)        (8)
                                                                                             [40]

                                                             TOTAAL AFDELING B:              80

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                    11                                        DBE/2017
                                        SSE – Nasienriglyne

AFDELING C

EEN van die twee vrae in hierdie afdeling
Die antwoord moet soos volg geassesseer word:

                                                                                          PUNTE-
                           STRUKTUUR VAN OPSTEL
                                                                                        TOEKENNING
Inleiding
Die inleiding is 'n laerorde-antwoord.                                                      Maks. 2
•    'n Goeie beginpunt is om die hoofterm, wat met die vraagonderwerp verband
     hou, te definieer.
•    Moenie enige deel van die vraag in jou inleiding insluit nie.
•    Moenie enige deel van die inleiding in die liggaam herhaal nie.
•    Vermy om in die inleiding te noem wat jy in die liggaam gaan bespreek.
Liggaam
Hoofdeel: Bespreek in detail/Diepgaande bespreking/Ondersoek/Bespreek krities/             Maks. 26
Analiseer/Vergelyk/Evalueer/Onderskei/Differensieer/Verduidelik
Addisionele deel: Gee eie mening/Bespreek krities/Evalueer/Evalueer krities/
Trek 'n grafiek en verduidelik/Gebruik die gegewe grafiek en verduidelik/Voltooi die
                                                                                           Maks. 10
gegewe grafiek/Bereken/Lei af/Vergelyk/Verduidelik/Onderskei/Interpreteer/
Debatteer kortliks/Hoe/Maak voorstelle
Slot
Enige hoërorde-slot behoort die volgende in te sluit:                                       Maks. 2
• 'n Kort samevatting van dit wat alreeds bespreek is, sonder om feite wat
     alreeds genoem is, te herhaal
• Enige mening of waardeoordeel van die feite wat bespreek is
• Addisionele ondersteuningsinligting wat die bespreking/analise versterk
• 'n Opponerende sienswyse met motivering, indien verlang
• Aanbevelings
TOTAAL                                                                                         40

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                              12                                 DBE/2017
                                  SSE – Nasienriglyne

VRAAG 5: MIKRO-EKONOMIE                                  40 PUNTE – 40 MINUTE
Markte is die ruggraat van ekonomiese aktiwiteite in enige land.
•   Vergelyk die markstruktuur van 'n monopolistiese mededinger met dié van
    'n volmaakte mark.                                                      (26)
•   Verduidelik, met behulp van 'n grafiek, hoe ekonomiese wins vir 'n volmaakte
    mededinger bereik word.                                                 (10)          [40]
INLEIDING
• 'n Mark is 'n instelling of meganisme wat kopers en verkopers van goedere en
    dienste byeenbring/
• 'n Markstruktuur is 'n raamwerk van hoe 'n mark georganiseer is/
• Monopolistiese mededinging is 'n markstruktuur met baie kopers en verkopers
    waar toetrede relatief maklik is maar die produk gedifferensieerd is/
• Volmaakte mededinging is 'n markstruktuur met baie kopers en baie verkopers 
(Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord)                         (Maks 2)
HOOFDEEL
(1) Aantal besighede 
    • Daar is 'n aantal verkopers in die volmaakte mark wat so groot is dat
      individuele markdeelnemers onbeduidend is in verhouding tot die mark as
      geheel  'n Voorbeeld van 'n volmaakte mark is die Sekuriteitebeurs of die
      produktemark 
    • 'n Groot aantal verkopers is aktief in die monopolisties mededingende
      mark  Voorbeelde van monopolistiese markte          is produsente van
      skoonmaakmateriaal, koeldranke, tandepasta, seep 
(2) Aard van die produk 
    • Alle produkte verkoop op die volmaakte mark is homogeen  Al hierdie
      produkte is identies met betrekking tot kwaliteit en voorkoms  en dit maak
      geen verskil aan 'n koper waar en by wie hy of sy die produk koop nie 
    • Produkte deur besighede in 'n monopolisties mededingende mark
      geproduseer, is heterogeen  Dit kan effens verskil m.b.t. voorkoms, vorm,
      grootte en smaak  Verskille kan denkbeeldig wees, bv. medisyne kan
      verskille handelsname hê, maar dieselfde basiese bestanddele 
(3) Toetrede en uittrede uit die mark 
    • Daar is volkome vryheid van toe- en uittrede van kopers en verkopers in die
      volmaakte mark  Toetrede is nie onderhewig aan enige beperkings in die
      vorm van wetlike, finansiële, tegnologiese of ander hindernisse nie 
    • Toetrede tot die monopolisties mededingende mark is maklik en vry  Daar
      is geen hindernisse, soos lisensies, permitte, patente of ander beperkings,
      nie 
(4) Markkennis 
    • Beide kopers en verkopers het volledige kennis van heersende marktoestande
      in die volmaakte mark  Daar word aangeneem dat kopers en verkopers
      instinktief weet van, bv. beskikbare hoeveelhede, prys waarteen die produk
      verkoop word 
    • Markinligting in die monopolisties mededingende mark is onvolledig  Die
      baie handelsmerke, verskeidenheid produkte, marginale verskille, ens.
      veroorsaak 'n gebrek aan inligting vir verkopers en kopers 

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                               13                                   DBE/2017
                                   SSE – Nasienriglyne

(5) Beheer oor die prys 
    • Daar is so baie besighede in die volmaakte mark dat die individuele besigheid
      so klein is en dat geen enkele besigheid beheer oor die prys van die produk
      uitoefen nie  Die prys word bepaal deur markkragte en die besigheid word
      beskou as 'n prysnemer 
    • Die individuele besigheid in die monopolisties mededingende mark het 'n
      mate van beheer oor die prys van 'n produk  Die beheer oor die prys hang
      heeltemal af van die sterkte van die handelsmerklojaliteit  Die besigheid kan
      beskou word as 'n prysbepaler 

(6) Samespanning 
    • Samespanning is nie moontlik onder volmaakte marktoestande nie  Dit is
      nie nodig dat besighede saamspan nie, omdat hulle geen beheer oor
      prysbepaling het nie  Boonop is die markaandeel van die individuele
      besigheid so klein en onbeduidend dat dit nie die mark of enige wyse kan
      manipuleer nie 
    • Samespanning kom nie voor in die monopolisties mededingende mark
      nie  Individuele besighede maak staat op handelsmerklojaliteit om pryse te
      bepaal  Pryse kan gemanipuleer word deur die sterkte van hul
      handelsmerklojaliteit  Pryse is normaalweg hoër in gevalle waar
      handelsmerklojaliteit groot is  Beheer oor die mark (uitset/lewering) is
      onderhewig aan handelsmerklojaliteit as gevolg van produkdifferensiasie 

(7) Bemarking 
    • Daar is geen behoefte aan 'n bemarkingstrategie in die volmaakte mark nie as
      gevolg van volmaakte markkennis 
    • 'n Bemarkingstrategie word toegepas in die monopolisties mededingende
      mark  Doelbewuste advertensieveldtogte word bekendgestel om
      handelsmerklojaliteit te skep 

(8) Winste 
    • Die besigheid kan ekonomiese winste in die kort termyn behaal, maar slegs
      normale winste in die lang termyn in die volmaakte mark 
    • Die besigheid kan ekonomiese winste in die kort termyn sowel as in die lang
      termyn in die monopolisties mededingende mark behaal 

(9) Vraagkromme 
    • Die vraagkromme vir die besigheid in die volmaakte mark is horisontaal 
    • VV = GI = MI 
    • Die vraagkromme vir die besigheid in die monopolisties mededingende mark
      se helling neig afwaarts van links na regs 
    • GI = VV 
    • Die MI-kromme lê onder die GI-kromme 
         (Ken 'n maksimum van 8 punte toe vir die blote opnoem van feite/voorbeelde)
                                                            18 punte vir besprekings
                                                          Aanvaar indien in tabelvorm
                                                                            Maks (26)

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                     14                                             DBE/2017
                                         SSE – Nasienriglyne

ADDISIONELE DEEL

Ekonomiese wins deur 'n volmaakte mededinger:

Prys 
Koste                                                  MK 
Inkomste

                                                           GK

                                    E
       P1                                                             MI 
                                                                    GI
       K
                                         B

           0                           Q1                       Hoeveelheid

                                             PUNTETOEKENNING

                       Korrekte trek en posisionering van kostekrommes = 1 punt
                       Korrekte trek en posisionering van inkomstekrommes = 1 punt
                       Aanduiding van ekonomiese wins (gebied) = 2 punte
                       Korrekte ewewigspunt (winsmaksimering) = 1 punt
                       Korrekte benoeming van asse = 1 punt
                                                                 Maks. Totaal 6 punte

• Die minimum punt van die korttermyn- gemiddelde koste (GK) is laer as die
  markprys P1 
• Die besigheid se winsmaksimeringspunt is waar MI = MK by punt E, en daarom sal
  die besigheid hoeveelheid Q1 produseer teen markprys P1 
• Totale inkomste is gelyk aan 0P1 x 0Q1 en totale koste is gelyk aan 0P2 x 0Q1 
• Totale inkomste oorskry totale koste, wat beteken dat die besigheid 'n wins maak
  wat voorgestel word deur area P1KBE 
• Die wins staan bekend as ekonomiese wins, 'n wins bykomend tot normale
  wins 
                                                                   Maks (6) vir grafiek
                                                           Maks (6) vir verduideliking
                                                                             Maks 10

SLOT

Terwyl die volmaakte mark nie bestaan nie, dien dit as 'n standaard dat onvolmaakte
markte, soos monopolisties mededinging, moet poog om te bereik             Maks (2)                        [40]

Kopiereg voorbehou                                                                      Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                15                                  DBE/2017
                                    SSE – Nasienriglyne

VRAAG 6: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES 40 PUNTE – 40 MINUTE
Die nadeel van 'n markekonomie word dikwels deur inflasie getoon.
• Bespreek die oorsake van kostedrukinflasie.                           (26)
• Gee die Minister van Finansies raad oor hoe om belastings as 'n instrument
    te gebruik om inflasie te bekamp.                                    (10)                [40]
INLEIDING
Inflasie is 'n volgehoue en aansienlike styging in die algemene prysvlak in 'n sekere
periode 
(Enige ander relevante inleiding)                                            Maks (2)
HOOFDEEL
Lone 
• Loonstygings wat hoër as produktiwiteit is veroorsaak 'n kostestyging vir
  produsente 
• Die een enkele belangrikste koste-item in enige ekonomie en dra amper 50% van
  die waarde by tot basiese pryse 
Sleutelinsette 
• As die prys van ingevoerde sleutelinsette styg, styg binnelandse produksiekoste
   ook 
• Produsente verhaal hierdie koste deur die pryse van hulle produkte te verhoog 
Winsmarges 
• Wanneer besighede hul winsmarges verhoog, verhoog hulle die produksiekoste en
  die prys wat die verbruikers moet betaal 
• Dit is omdat vervaardigers die hoër pryse moet verhaal wat hulle moet betaal deur
  hulle pryse te verhoog 
Produktiwiteit 
• As verskillende produksiefaktore minder produktief raak terwyl hul steeds dieselfde
   vergoeding ontvang, styg die koste om elke uitseteenheid te vervaardig 
Wisselkoersdepresiasie 
• As die rand depresieer teen die groot geldeenhede, sal invoere uit hierdie lande
  duurder wees 
• Produsente moet meer geld betaal vir dieselfde hoeveelheid produkte as voorheen;
  so verskuif hulle dikwels die styging/verhoging na die verbruikers 
Natuurrampe 
• Rampe, soos vloede en droogtes, beïnvloed die produksiekoste negatief 
• Voedselpryse is een van die wisselvalligste prysitems as gevolg van die uitwerking
  van weerveranderinge 
Diefstal deur werknemers/Winkeldiefstal 
• Baie besighede maak voorsiening vir verliese veroorsaak deur diefstal deur
   werknemers en winkeldiefstal wat die pryse van produkte verhoog 
• Installeringskoste van veiligheidsmaatreëls verhoog die insetkoste 
          (Ken 'n maksimum van 8 punte toe vir die blote opnoem van feite/voorbeelde)
                                                             18 punte vir besprekings
                                                                            Maks (26)

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                 16                                   DBE/2017
                                     SSE – Nasienriglyne

ADDISIONELE DEEL
Inflasie kan bekamp word deur:
• Verhoging van indirekte belasting wat die prys van spesifieke produkte sal verhoog
    en dus totale vraag sal verminder , bv. BTW 
• Verhoging van direkte belasting ten tyde van vraagtrekinflasie om verbruikbare
    inkomste en vraag te verminder , bv. persoonlike inkomstebelasting 
• Vermindering van korporatiewe belasting om produksie van goedere en dienste aan
    te moedig om aanbod te verhoog 
• Implementering of verhoging van 'n bobelasting op ingevoerde goedere om
    aankope van ingevoerde goedere te ontmoedig 
• Verhoging van aksynsbelasting (sondebelasting) wat sal bydra tot 'n verminderde
    vraag na niemerietegoedere                                          Maks (10)

SLOT
Dit is belangrik vir 'n land om verskeie maatreëls te implementeer om inflasie te beheer
aangesien die uitwerking daarvan vernietigend kan wees                        Maks (2)    [40]

                                                               TOTAAL AFDELING C:           40
                                                                   GROOTTOTAAL:             150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Economics P2 May June 2017 Eng](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-may-june-2017-eng/695f9083-05e8-422b-88cd-dd2a1d417b26) — Economics · QP · 2017 · Eng
- [Economics P1 May June 2017 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-may-june-2017-memo-afr/7f77f7c6-d257-4f04-959a-d7b20acf4acb) — Economics · Memo · 2017 · Afr
- [Grade 12 NSC Economics P2 Preparatory 2017 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-economics-p2-preparatory-2017-possible-answers/779e706d-0501-401b-86fa-ad09b22489ec) — Economics · Memo · 2017
- [Grade 12 NSC Economics P2 (Afrikaans) Preparatory 2017 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-economics-p2-afrikaans-preparatory-2017-possible-answers/bda96458-ebe4-44b9-92e5-333e776e1614) — Economics · Memo · 2017 · Afr
- [Economics P2 Nov 2017 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-nov-2017-memo-eng/75fe79dc-5067-4113-aa9a-b15a64821265) — Economics · Memo · 2017 · Eng
- [Economics P2 May June 2019 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-may-june-2019-memo-afr/846aeb3c-b8bb-4c9d-ab48-312d9bac1aa4) — Economics · Memo · 2019 · Afr

## More from Grade 12 Economics

- [ECONOMICS P2 GR12 QP JCT 2025 AFR D watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-gr12-qp-jct-2025-afr-d-watermark/3dba3588-624d-493b-bc60-00d7e2783cae) — QP · 2025 · Afr
- [Economics Grade 12 NSC P1 QP September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-12-nsc-p1-qp-september-2025-free-state/4def59dd-ebf4-4191-89e7-2b6d4609d6cc) — QP · 2025
- [Economics Grade 12 NSC P1 QP September 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-12-nsc-p1-qp-september-2025-mpumalanga/5449d7a4-548e-416d-91b4-1da462710798) — QP · 2025
- [Economics Grade 12 NSC P2 QP September 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-12-nsc-p2-qp-september-2025-mpumalanga/efbb0e99-1236-496b-bc64-5b31b3784493) — QP · 2025
- [Economics P1 May-June 2025 Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-may-june-2025-afr/e9c77643-7f83-42e3-b28d-cf84e96050ca) — QP · 2025 · Afr
- [Economics P2 May-June 2025 Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-may-june-2025-afr/4c93e067-5237-46b7-ab21-5c2cea219788) — QP · 2025 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
