# Economics Grade 12 P2 NSC June 2018 Question Paper (Afr)

> Grade 12 Economics Paper 2 question paper from the NSC June Exam 2018 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-may-june-2018-afr/391cdd04-2413-4ad0-95ba-6de0c30d890a
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Economics
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2018
- Exam period: NSC June Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 12

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/economics) › [Economics Grade 12 P2 NSC June 2018 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-may-june-2018-afr/391cdd04-2413-4ad0-95ba-6de0c30d890a)

## About this document

Economics · Grade 12 · NSC June Exam · 2018. Question paper, 12 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                      SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                                  EKONOMIE V2

                                        2018

                                                                   PUNTE: 150

                                                                     TYD: 2 uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                  2                                 DBE/2018
                                            SSE

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Beantwoord VIER vrae soos volg in die ANTWOORDEBOEK:

         AFDELING A: VERPLIGTEND
         AFDELING B: Beantwoord TWEE van die drie vrae.
         AFDELING C: Beantwoord EEN van die twee vrae.

2.       Beantwoord slegs die vereiste getal vrae. Addisionele antwoorde sal NIE
         nagesien word NIE.

3.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik is.

4.       Skryf die vraagnommer boaan elke antwoord neer.

5.       Lees die vrae aandagtig deur.

6.       Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.

7.       Laat 2–3 reëls tussen onderafdelings van vrae oop.

8.       Beantwoord die vrae in volsinne en maak seker dat die formaat, inhoud en
         konteks van jou antwoorde aan die kognitiewe vereistes van die vrae voldoen.

9.       Gebruik slegs swart of blou ink.

10.      Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

11.      Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                  3                                   DBE/2018
                                            SSE

AFDELING A (VERPLIGTEND)

VRAAG 1                                                       30 PUNTE – 20 MINUTE

1.1      Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
         Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
         (1.1.1 tot 1.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.9 D.

         1.1.1        Die aanbodkromme vir die individuele onderneming onder
                      volmaakte toestande se helling is …

                      A    negatief.
                      B    positief.
                      C    horisontaal.
                      D    vertikaal.

         1.1.2        'n Industrie met slegs twee produsente wat die mark beheer, staan
                      as 'n … bekend.

                      A    duopolie
                      B    monopolie
                      C    oligopolie
                      D    tripolie

         1.1.3        Openbare goedere word deur … verskaf en befonds.

                      A    markte
                      B    fabrieke
                      C    owerhede
                      D    maatskappye

         1.1.4        Die staat kan … instel om die beweeglikheid van arbeid te
                      verhoog.

                      A    belastings
                      B    armoede
                      C    inflasie
                      D    opleidingprogramme

         1.1.5        Die Suid-Afrikaanse Reserwebank is verantwoordelik vir die
                      implementering van … beleid.

                      A    fiskale
                      B    binnelandse
                      C    monetêre
                      D    buitelandse handels-

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                          4                                      DBE/2018
                                                    SSE

         1.1.6         Mense wat na Suid-Afrika vanaf ander lande reis, staan as …
                       toeriste bekend.
                       A     inkomende
                       B     instromende
                       C     interne
                       D     uitgaande
         1.1.7         Aardverwarming word veroorsaak deur die vrystelling van … in
                       die atmosfeer.
                       A     suurstof
                       B     koolstofdioksied
                       C     warm lug
                       D     koue lug
         1.1.8         Die instelling wat die verbruikersprysindeks maandeliks publiseer,
                       is …
                       A     die Departement van Finansies.
                       B     die Departement van Toerisme.
                       C     die Suid-Afrikaanse Inkomstediens.
                       D     Statistiek Suid-Afrika.                                        (8 x 2)       (16)
1.2      Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by die item in KOLOM A pas.
         Skryf slegs die letter (A–I) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.8) in die
         ANTWOORDEBOEK neer.
                       KOLOM A                                        KOLOM B
         1.2.1       Patent                     A         sluit produkte met wisselvallige pryse
                                                          uit
         1.2.2       Lang termyn
                                                B         toestand waar 'n land lae ekonomiese
         1.2.3       Handelsmerk                          groei, hoë werkloosheid en hoë inflasie
         1.2.4       Mededingingstribunaal                tegelykertyd beleef

         1.2.5       Kerninflasie               C         die eksklusiewe reg om 'n produk
                                                          te vervaardig
         1.2.6       Stagflasie
                                                D         oorloopeffek van 'n ekonomiese
         1.2.7       Eksternaliteit                       aktiwiteit op derde partye
         1.2.8       Kyoto Protokol             E         metode om kliënte-lojaliteit te bou deur
                                                          een produk bo 'n ander te verkies
                                                F         gee magtiging of verbied groot
                                                          samesmeltings en oornames
                                                G         internasionale ooreenkoms wat die
                                                          produksie van kweekhuisgasse beperk
                                                H         sluit produkte met wisselvallige pryse
                                                          in
                                                I         produksietydperk waar alle
                                                          produksiefaktore veranderlik raak
                                                                                           (8 x 1)        (8)

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                   5                                   DBE/2018
                                             SSE

1.3      Gee EEN term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term
         langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.6) in die ANTWOORDEBOEK neer.
         Afkortings, akronieme en voorbeelde sal NIE aanvaar word NIE.

         1.3.1        Som van al die individuele besighede wat 'n soortgelyke produk
                      produseer

         1.3.2        Die loonkoers wat deur die owerheid vasgestel word, waaronder
                      geen werkgewer sy/haar werkers mag betaal nie

         1.3.3        Die gekombineerde koste van goedere of dienste aan produsente
                      en verbruikers en die samelewing as 'n geheel

         1.3.4        'n Buitengewone prysstyging van meer as 50% per maand

         1.3.5        Die tipe toerisme wat die bywoning van konferensies, handelskoue
                      en uitstallings in ander lande behels

         1.3.6        'n Verskeidenheid plant- en dierspesies wat in 'n sekere omgewing
                      aangetref word                                             (6 x 1)        (6)

                                                                TOTAAL AFDELING A:              30

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                     6                                        DBE/2018
                                               SSE

AFDELING B

Beantwoord enige TWEE             van    die   drie   vrae   in   hierdie   afdeling    in   die
ANTWOORDEBOEK.

VRAAG 2: MIKRO-EKONOMIE                                            40 PUNTE – 30 MINUTE

2.1      Beantwoord die volgende vrae.

         2.1.1        Gee enige TWEE voorbeelde van veranderlike koste.                  (2 x 1)       (2)

         2.1.2        Hoe word verbruikers deur prysleierskap geraak?                    (1 x 2)       (2)

2.2      Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                     BANKKARTEL SLAAN SUID-AFRIKAANSE RAND HARD

         Drie Suid-Afrikaanse banke is by 'wydverspreide' samespanning betrek wat
         met die prysknoeiery ('price fixing') van die rand verband hou. Daar word
         beweer dat valutahandelaars Amerikaanse dollar in ruil vir die rand teen vaste
         pryse gekoop en verkoop het. Dit is gedoen deur vals verkope te maak om
         die vraag te verhoog, of samespanning deur ooreen te kom om vir bepaalde
         tydperke nie handel te dryf nie.

         Hierdie handelspraktyke het daartoe gelei dat die rand depresieer het.
         Gevolglik het dit Suid-Afrika se invoer- en uitvoerhandel direk geraak.

                                                          [Aangepas uit Businesstech.co.za, 2016]

         2.2.1        Identifiseer EEN manier in die uittreksel waarop banke
                      saamgespan het met betrekking tot die verhandeling van die dollar
                      vir die rand teen vasgestelde pryse.                                             (1)

         2.2.2        Na watter soort markstruktuur verwys die uittreksel?                             (1)

         2.2.3        Beskryf kortliks die term kartel.                                                (2)

         2.2.4        Verduidelik die siening van die mededingingsbeleid rakende
                      kartelvorming.                                                                   (2)

         2.2.5        Hoe sal kartelle in die banksektor Suid-Afrika se buitelandse
                      handel beïnvloed?                                      (2 x 2)                   (4)

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                   7                                  DBE/2018
                                             SSE

2.3      Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                     GEVOLG VAN MARKMISLUKKING: MAKSIMUM PRYSE

          Prys         V                                          A

          120                                    E

           70

                       A                                          V

                 0             50          100         150             Hoeveelheid

         2.3.1        Wat is die ewewigsprys in die grafiek hierbo?                           (1)

         2.3.2        Identifiseer die hoeveelheid goedere hierbo wat verskaf sal word
                      as 'n maksimum prys van R70 ingestel word.                              (1)

         2.3.3        Beskryf kortliks die term markmislukking.                               (2)

         2.3.4        Waarom sal 'n owerheid maksimum pryse van sekere goedere
                      instel?                                                                 (2)

         2.3.5        Gebruik die grafiek om die impak van maksimum pryse op die
                      mark te verduidelik.                                (2 x 2)             (4)

2.4      Bespreek kortliks meriete- en nie-meriete-goedere as 'n oorsaak van
         markmislukking.                                               (2 x 4)                (8)

2.5      Teken 'n volledig benoemde grafiek om die langtermynewewig van die
         monopolie te illustreer.                                                             (8)
                                                                                              [40]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                     8                                     DBE/2018
                                               SSE

VRAAG 3: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES 40 PUNTE – 30 MINUTE

3.1      Beantwoord die volgende vrae.

         3.1.1        Noem enige TWEE tipes besoedeling.                             (2 x 1)       (2)

         3.1.2        Hoe kan 'n verlaging in belastings met vraagtrekinflasie verbind
                      word?                                                     (1 x 2)            (2)

3.2      Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                         UITWERKING VAN INFLASIE OP DIE EKONOMIE

         Vir mense wie se inkome nie met die inflasiekoers tred hou nie, is die impak
         van inflasie besonder groot. Inflasie kan dit vir mense met 'n lae inkomste
         moeilik maak om vir basiese huishoudelike uitgawes, soos behuising en
         voedsel, te betaal. Wanneer pryse van hierdie goedere styg, neem die
         koopkrag van die verbruiker af. In Suid-Afrika word pryse as stabiel beskou
         wanneer die verandering binne die inflasieteikengrense plaasvind.

                                                              [Aangepas uit www.google.co.za]

         3.2.1        Identifiseer EEN item wat mense met 'n lae inkomste moontlik kan
                      sukkel om te bekostig wanneer inflasie hoog is.                              (1)

         3.2.2        Watter frase in die uittreksel impliseer 'n daling in die hoeveelheid
                      goedere deur die verbruiker gekoop?                                          (1)

         3.2.3        Beskryf kortliks die term inflasie.                                          (2)

         3.2.4        Hoe veroorsaak die optrede van vakbonde inflasie?                            (2)

         3.2.5        Hoe kan die owerheid belasting gebruik om inflasie te beveg?
                                                                                  (2 x 2)          (4)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                     9                                     DBE/2018
                                               SSE

3.3      Bestudeer die spotprent hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                Julle mense is vuil en baie
                                    onverantwoordelik!
                                  Kyk net wat julle alles
                                vernietig het! Julle het die
                                    plant- en dierelewe
                                 vernietig. Julle stel net in
                                      winste belang!
      Gevaarlike
        afval

                                      Julle is presies                          Chemiese
                                        dieselfde!                                afval

                                 OMGEWINGSPROBLEME

                                                                      [Bron: www.wikipedia, 2017]

         3.3.1        Identifiseer EEN omgewingsprobleem in die spotprent hierbo.                   (1)

         3.3.2        Identifiseer die frase in die spotprent wat met biodiversiteitsverlies
                      verband hou.                                                                  (1)

         3.3.3        Beskryf kortliks die term besoedeling.                                        (2)

         3.3.4        Verduidelik 'n maatreël wat deur die internasionale gemeenskap
                      aangeneem is om biodiversiteitsverlies te hanteer.                            (2)

         3.3.5        Hoekom word gevaarlike en chemiese afval as skadelik vir die
                      omgewing beskou?                                     (2 x 2)                  (4)

3.4      Onderskei tussen die verbruikersprysindeks (VPI) en die produksieprysindeks
         (PPI).                                                               (2 x 4)               (8)

3.5      Hoe kan die owerheid Suid-Afrika as 'n toeristebestemming bemark?                          (8)
                                                                                                    [40]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                   10                                     DBE/2018
                                             SSE

VRAAG 4: MIKRO-EKONOMIE EN KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES
                                          40 PUNTE – 30 MINUTE

4.1      Beantwoord die volgende vrae.

         4.1.1        Gee enige TWEE voorbeelde van wêrelderfenisterreine in
                      Suid-Afrika.                                     (2 x 1)                     (2)

         4.1.2        Hoekom is daar 'n hoë mate van interafhanklikheid tussen
                      sakeondernemings in 'n oligopoliemark?           (1 x 2)                     (2)

4.2      Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                             MONOPOLISTIESE MEDEDINGING

                                        Kitskoswinkels

                 Haarkappers                                         Regsfirmas

          Monopolistiese mededingers gebruik verskillende nieprysmededingingsmetodes,
          soos advertensies, verpakking en dienste, om klante te lok. Ekonomiese wins
          word op kort termyn gemaak en normale wins word op lang termyn gerealiseer.
                                                         [Aangepas uit News 24, September 2017]

         4.2.1        Gee EEN voorbeeld van monopolistiese mededinging in die
                      inligting hierbo.                                                            (1)

         4.2.2        Identifiseer EEN metode in die         inligting   hierbo     wat    in
                      nieprysmededinging gebruik word.                                             (1)

         4.2.3        Beskryf kortliks die term monopolistiese mededinging.                        (2)

         4.2.4        Hoe verskil 'n monopolistiese mededinger van 'n volmaakte
                      mededinger ten opsigte van markinligting?                                    (2)

         4.2.5        Hoekom verdien monopolistiese mededingers slegs 'n normale
                      wins op lang termyn?                                (2 x 2)                  (4)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                    11                                     DBE/2018
                                              SSE

4.3      Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

          WERKSGELEENTHEDE GROEI STEEDS IN DIE TOERISMEBEDRYF

                                                        Ek wil vir julle die
                                                         geskiedenis van
                                                        hierdie bergreeks
                                                        vertel. Ek doen al
                                                           vir baie jare
                                                          hierdie werk.

      'n Groot aantal mense in Suid-Afrika werk in die toerismesektor. Alhoewel
      werkverskaffingsvlakke in Suid-Afrika besig was om te daal omdat 'n
      werkloosheidkoers van 27,7% in 2017 ervaar is, was toerisme een van die paar
      sektore waar daar 'n styging in werksgeleenthede was. Die totale bydrae van
      vervoer en toerisme tot werkverskaffing in 2016 in die land was 1,5 miljoen
      werksgeleenthede.
                                                                    [Bron: www.google.co.za]

         4.3.1        Identifiseer die aantal werksgeleenthede wat in 2016 in die
                      toerismebedryf geskep is.                                                     (1)

         4.3.2        Wat was die algemene werkloosheidkoers in 2017?                               (1)

         4.3.3        Beskryf kortliks die term toerisme.                                           (2)

         4.3.4        Gee EEN rede waarom Suid-Afrika 'n groei in toerisme ervaar.                  (2)

         4.3.5        Hoekom is die toerismesektor suksesvol met die skep van
                      werksgeleenthede in Suid-Afrika?                  (2 x 2)                     (4)

4.4      Bespreek kortliks die redes vir 'n koste-voordeel-analise (KVA).             (4 x 2)       (8)

4.5      Gee die president van die Reserwebank raad oor hoe die monetêre beleid
         gebruik kan word om inflasie te bekamp.                                                    (8)
                                                                                                    [40]

                                                                  TOTAAL AFDELING B:                80

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                      12                                     DBE/2018
                                                SSE

AFDELING C

Beantwoord enige EEN             van   die    twee    vrae   in   hierdie   afdeling   in    die
ANTWOORDEBOEK.

Jou antwoord sal soos volg geassesseer word:

                                                                                         PUNTE-
                           STRUKTUUR VAN OPSTEL
                                                                                       TOEKENNING
Inleiding
Die inleiding is 'n laerorde-antwoord.                                                      Maks. 2
•    'n Goeie beginpunt is om die hoofterm, wat met die vraagonderwerp verband
     hou, te definieer.
•    Moenie enige deel van die vraag in jou inleiding insluit nie.
•    Moenie enige deel van die inleiding in die liggaam herhaal nie.
•    Vermy om in die inleiding te noem wat jy in die liggaam gaan bespreek.
Liggaam
Hoofdeel: Bespreek in detail/Diepgaande bespreking/Ondersoek/Bespreek krities/              Maks. 26
Analiseer/Vergelyk/Evalueer/Onderskei/Differensieer/Verduidelik
Addisionele deel: Gee eie mening/Bespreek krities/Evalueer/Evalueer krities/
Trek 'n grafiek en verduidelik/Gebruik die gegewe grafiek en verduidelik/Voltooi die
                                                                                            Maks. 10
gegewe grafiek/Bereken/Lei af/Vergelyk/Verduidelik/Onderskei/Interpreteer/
Debatteer kortliks/Hoe/Maak voorstelle
Slot
Enige hoërorde-slot behoort die volgende in te sluit:                                       Maks. 2
• 'n Kort samevatting van dit wat alreeds bespreek is, sonder om feite wat
     alreeds genoem is, te herhaal
• Enige mening of waardeoordeel van die feite wat bespreek is
• Addisionele ondersteuningsinligting wat die bespreking/analise versterk
• 'n Opponerende sienswyse met motivering, indien verlang
• Aanbevelings
TOTAAL                                                                                        40

VRAAG 5: MAKRO-EKONOMIE                                             40 PUNTE – 40 MINUTE

•   Bespreek volledig, sonder die gebruik van grafieke, die markstruktuur van 'n
    volmaakte mark.                                                    (26 punte)
•   Met behulp van 'n grafiek, verduidelik ekonomiese verlies van die volmaakte
    mededinger.                                                       (10 punte)                       [40]

VRAAG 6: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES 40 PUNTE – 40 MINUTE

•   Bespreek volledig die maatreëls wat deur die owerheid gebruik word om
    volhoubare ontwikkeling te verseker.                          (26 punte)
•   Evalueer hoe suksesvol die owerheid is om die omgewing in Suid-Afrika te
    beskerm en te bewaar.                                        (10 punte)                            [40]

                                                                     TOTAAL AFDELING C:                40
                                                                         GROOTTOTAAL:                  150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [ECONOMICS P2 QP SEPT2018 Eng R](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-qp-sept2018-eng-r/fb418164-fee3-4df0-aadc-178e890984ed) — Economics · QP · 2018 · Eng
- [ECONOMICS P2 QP SEPT2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-qp-sept2018-afrikaans/40b8038d-eb89-4d3e-86b1-b75479d96047) — Economics · QP · 2018 · Afr
- [Economics P2 Nov 2018 Eng](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-nov-2018-eng/16738739-9f23-4569-9bcb-c0b81011e34b) — Economics · QP · 2018 · Eng
- [Economics P2 Feb March 2018 Eng](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-feb-march-2018-eng/4a0147f8-f13e-4c79-a4e9-cbeb77edfdc9) — Economics · QP · 2018 · Eng
- [Economics P2 Feb March 2018 Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-feb-march-2018-afr/f2ad6b44-5e81-48d8-87e0-8447c94bf4cc) — Economics · QP · 2018 · Afr
- [Economics P2 May June 2017 Eng](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-may-june-2017-eng/695f9083-05e8-422b-88cd-dd2a1d417b26) — Economics · QP · 2017 · Eng

## More from Grade 12 Economics

- [Economics P2 Memo Afr watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-memo-afr-watermark/c9d66fa3-0b40-419d-a6f6-d862847d4e82) — Memo · 2025 · Afr
- [Economics P2 (English) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-english-june-2025-possible-answers/3df8bb66-2d0a-4b1b-89bf-509b303bfa3e) — Memo · 2025 · Eng
- [Economics P1 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-may-june-2025-mg-eng/f6c27985-fe67-48df-afba-d85bf5f76379) — Memo · 2025 · Eng
- [Economics P2 May-June 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-may-june-2025-mg-afr/4cc1190f-9c0a-43ea-98bc-3252875816a9) — Memo · 2025 · Afr
- [NW 12 ECONOMICS P2 QP ENG JUNE 2025](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-economics-2025-nw-june-exam-question-paper-paper-2-english/c80fc8cc-fc9d-44e9-a820-8736783a4556) — QP · 2025 · Eng
- [ECONOMICS QP.P1 GR 12 JUNE 2024 (Backup papers)](https://www.hlayiso.com/library/economics-qp-p1-gr-12-june-2024-backup-papers/cb8af277-aab9-4fba-8e76-5924dcaf1941) — QP · 2024

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
